Rapport verhoog borgskap van Hertzogprys tot R50 000

Volgens ‘n berig in dié koerant, het Rapport sy borgskap van die Hertzogprys, Suid-Afrika se prestigeprys vir Afrikaanse letterkunde, meer as verdubbel. Sedert 2003 het Rapport R20 000 tot die Hertzogprys bygedra. Die koerant sê dat hy dit “nou met ’n stewige R30 000… tot R50 000 (verhoog) het”. Die volgende Hertzogprys vir Afrikaanse prosa

Lees verder: Rapport verhoog borgskap van Hertzogprys tot R50 000

Polisie het joernaliste ‘onwettig afgeluister’

Die polisie het ‘n ondersoek voltooi na misdaadintelligensiebeamptes wat aan die onwettige meeluistering van twee Sunday Times-joernaliste se telefone, asook die voormalige polisiehoof, Bheki Cele, deelgeneem het, berig die koerant. DIe voormalige baasspioen in Kwazulu-Natal, maj.gen. Deena Moodley en die koverte inligtinginsamelingsbeamptes, kolonel Dumisani Zulu en kaptein Bongani Cele, word daarvan verdink dat hulle die

Lees verder: Polisie het joernaliste ‘onwettig afgeluister’

Rugby en die Afrikaner

Jy sal hom vind daar waar hy deur die strate van menige Westerse stad drentel – veral in Statebondshoofstede soos Londen, Dublin en Sydney. En in die stede en dorpe van Suid-Afrika is hy ‘n algemene gesig… die eensame, groot Afrikanerman wat die Springboktrui met geregverdigde trots dra. Dis asof die dra van die nasionale

Lees verder: Rugby en die Afrikaner

Pik Botha: ‘ANC het ’94-ooreenkoms verbreek’

Regstellende aksie soos dit tans toegepas word, was nie deel van die bedoeling van die ooreenkoms wat iin 1994 spesifiek tussen die toentertydse regerende party, die NP, en die ANC bereik is nie. Só sê Pik Botha, die voormalige minister van buitelandse sake wat Donderdag aan ‘n debat oor regstellende aksie in Pretoria deelgeneem het.

Lees verder: Pik Botha: ‘ANC het ’94-ooreenkoms verbreek’

Die Afrikaanse Taalraad en Trantraal-mengeltaal

deur Leon Lemmer Daar word dikwels beweer dat die mens in Afrika ontstaan het. Daar is egter groot eenstemmigheid dat beskawing, dus gesofistikeerde of ontwikkelde kultuur, hetsy Westers of Oosters, op ander kontinente ontwikkel het. Daar is selfs diegene wat dink dat die beste mense wat oorspronklik in Afrika gewoon het, die insig gehad het

Lees verder: Die Afrikaanse Taalraad en Trantraal-mengeltaal

Boeremag-aansoek van die hand gewys

Die Hoë Hof in Pretoria het ‘n aansoek deur die Boeremag-aangeklaagdes van die hand gewys om ‘n spesiale vermelding van ‘n onreëlmatigheid in die hofrekord te laat aanbring, het die The Citizen Saterdag berig. Regter Eben Jordaan het Vrydag die aansoek deur die 20 aangeklaagdes van die hand gewys. Hulle is verlede jaar aan hoogverraad skuldig bevind.

Lees verder: Boeremag-aansoek van die hand gewys

Dodetal in Egipte styg verder

“Hel“, “slagting“, “chaos“ is hoe die sogenaamde Dag van Woede in Egipte beskryf word in hoofopskrifte van dagblaaie regoor die wêreld. Nagenoeg 90 mense is gedurende die jongste skermutselings in die land dood. Egipte word toenemend deur die internasionale gemeenskap veroordeel en massa-optredes teen die Egiptiese weermag word oor die wêreld gehou. Die dodetal in

Lees verder: Dodetal in Egipte styg verder

Vavi sal ‘intelligensie sameswering’ teen hom beveg

By ‘n inligtingsessie by ‘n hotel in Braamfontein, Johannesburg, het Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi gesê sy skorsing uit die vakverbond was die suksesvolle “afsluiting” van ‘n lang veldtog deur sy politieke vyande, en moontlik “boef-elemente” in die intelligensie-gemeenskap. Vavi het gesê hy sal regstappe neem om sy onlangse skorsing uit die federasie te keer

Lees verder: Vavi sal ‘intelligensie sameswering’ teen hom beveg

Taxibestuurder wat Zuma-skildery takel, skuldig

‘n Taxibestuurder van Limpopo, Louis Mabokela is skuldig bevind aan moedswillige saakbeskadiging. Hy het verlede jaar ‘n skildery van president Jacob Zuma in die Goodman gallery in Rosebank beskadig. Die Hillbrow landdroshof het bevind dat Mabokela doelbewus die skildery, waarop die president met ontblote geslagsdele uitgebeeld word, beskadig het. Hy is tot ses maande tronkstraf

Lees verder: Taxibestuurder wat Zuma-skildery takel, skuldig

Selfoondiewe teiken restaurante in Pretoria

Polisie vermoed dat ’n swart man en vrou restaurante teiken om kliënte se selfone te steel in Pretoria. Dit kom nadat ’n eienaar van ’n bekende kettingrestaurant in Jeanlaan, Centurion twee verdagtes, wat moontlik ’n selfoon gesteel het, op sy sekuriteitskameras geïdentifiseer het. Volgens Hannes Bezuidenhout het dié verdagtes naby ’n kliënt gesit. Terwyl die

Lees verder: Selfoondiewe teiken restaurante in Pretoria