Taxibestuurder wat Zuma-skildery takel, skuldig

Waardetoevoeging?
Waardetoevoeging?

‘n Taxibestuurder van Limpopo, Louis Mabokela is skuldig bevind aan moedswillige saakbeskadiging.

Hy het verlede jaar ‘n skildery van president Jacob Zuma in die Goodman gallery in Rosebank beskadig.

Die Hillbrow landdroshof het bevind dat Mabokela doelbewus die skildery, waarop die president met ontblote geslagsdele uitgebeeld word, beskadig het.

Hy is tot ses maande tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is. Die landdros het gewaarsku dat indien Mabokela voortaan aan ‘n soortgelyke oortreding skuldig bevind word, hy beslis tronk toe sal gaan.

Mabokela hou vol dat hy niks verkeerd gedoen het nie en bloot Zuma se waardigheid beskerm het.

Die skildery is glo sowat R100 000 werd, maar is nou méér werd nadat dit beskadig is. – RSG

9 thoughts on “Taxibestuurder wat Zuma-skildery takel, skuldig”

          1. Mens wonder altyd wat sy geweet het. Ek het stories gehoor dat hy reeds voor die oorname ‘n verhouding gehad het en dat diesulkes wat regtig in beheer was vir hom gesê het “of jy gee oor of ons vertel jou vrou”. Hoe waar dit is weet ek nie maar sal my ook nie verbaas nie.

  1. Die skuldigbevinding maak dit onwaarskynlik dat hy ooit erkening of ten minste mede-erkening vir “die werk” sal kry.. hy sou bv ‘n geldelike eis kon ingestel het vir sy waardetoevoeging, maar iets omtrent die Goodman naam se my hulle deel nie sulke meevallertjies sonder ‘n geveg nie.

Maak 'n opvolg-bydrae