praag.co.za

Rapport verhoog borgskap van Hertzogprys tot R50 000

Written by

in

,
Tekening van genl. JBM Hertzog
Tekening van genl. JBM Hertzog

Volgens ‘n berig in dié koerant, het Rapport sy borgskap van die Hertzogprys, Suid-Afrika se prestigeprys vir Afrikaanse letterkunde, meer as verdubbel.

Sedert 2003 het Rapport R20 000 tot die Hertzogprys bygedra. Die koerant sê dat hy dit “nou met ’n stewige R30 000… tot R50 000 (verhoog) het”.

Die volgende Hertzogprys vir Afrikaanse prosa sal op Vrydag 13 September aan die Stellenbosse skryfster, Ingrid Winterbach, oorhandig word vir haar roman Die aanspraak van lewende wesens by wat as “’n glansgeleentheid in Stellenbosch” beskryf word.

Rapport ondersteun blykbaar “al sedert 1994 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns om die land se topskrywers te vereer”.

Die prys, wat na genl. J.B.M. Hertzog, vernoem is, het in 1914 tot stand gekom ná ‘n lastersaak wat ‘n Engelssprekende teen die generaal aanhanging gemaak het en waarvoor die publiek spontaan geld ingesamel het. Hertzog het ná sy hofsaak die oorblywende geld vir ‘n Afrikaanse literêre prys geskenk.

Dr. Dione Prinsloo, uitvoerende hoof van die SA Akademie, sê “die vreugdevure brand hoog”.

“Ons is ongelooflik opgewonde en geweldig dankbaar. Die Hertzogprys is immers dié prys in die Afrikaanse letterkunde.”

Die nuut aangestelde redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, sê: “Die letterkunde hou ons eerlik, of minstens eerliker. Daarsonder loop ons die gevaar om nie meer onsself of ons omgewing of mekaar te kan lees nie, of mekaar mis te lees en mis te verstaan.”

Die Eugene Marais-prys vir debuutwerk, wat Rapport insgelyks borg, word vanjaar aan Hennie Nortjié vir sy debuutbundel,

Die Eugène Maraisprys vir debuutwerk (wat ook deur Rapport geborg word) word vanjaar aan Hennie Nortjé vir sy poësiedebuut, In die skadu van soveel bome, toegeken. Dié prys bedra R5 000.

Comments

4 responses to “Rapport verhoog borgskap van Hertzogprys tot R50 000”

  1. Johan van Wyk Avatar
    Johan van Wyk

    Daar was werklik net twee persone wat nie hulself wou verryk nie. Dit is nou in Politieke verband.

    Die een was ‘n Boer genaamd Hertzog en die ander wens ek was ook ‘n Boer genaamd PW Botha.

    Louis Botha het selfmoord gepleeg oor sy verraad!
    Ons wag nou vir Roelf Meyer, FW de Klerk en ander om dieselfde pad te stap.

    1. Leon Lemmer Avatar
      Leon Lemmer

      Jan Smuts het in ‘n sinkhuis in Irene afgetree. Vergelyk Smuts se huis met Jacob Zuma se Nkandla.

      1. Gas Avatar
        Gas

        Verwoerd se vrou het hul kinders se klere gemaak en hy het baie van sy amptelike besoeke met sy eie motor gedoen. Geen blou ligte, ens nie. Ian Smith het op ‘n fiets in Salisbury se strate gery. Apartheid het baie swartes ryk gemaak. Wat sou die bankbalans van die Mandelas en Tutus gewees het sonder Apartheid.

  2. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Raport probeer om verlore aansien terug te wen met die koerant boikot. Hierdie gaan nie die laaste van hulle reddings poging wees nie.
    Seker hoekom hulle ‘n nuwe besem gekoop het.
    “Window dressing”

Leave a Reply