deur Dan Roodt
[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]
Hou van Dan Roodt se Facebookblad
Vandag is 14 Augustus, oftewel GRA-dag. Elke jaar op dié datum probeer ek besin oor die stand van ons taal, ter herinnering aan die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op dié dag in 1875.
Van kleins af het ek grootgeword met die besef van die belangrikheid van dié dag. In ons huis was daar ‘n boek met swart en wit foto’s rondom die Eerste en Tweede Taalbewegings in Afrikaans, genaamd “Plate-atlas by die Afrikaanse letterkunde”. Dit bevat insgelyks faksimilees van die eerste uitgawe van Die Patriot en ander vroeë Afrikaanse publikasies. Hier en daar het ek al van die foto’s en afdrukke ingeskandeer en op die internet geplaas. Dis trouens iets wat ons behoort te doen: om ‘n omvattende aanlyngeskiedenis van Afrikaans en die Afrikanerbewegings op te bou.

Die funeste oorgawe van mnr. FW de Klerk in 1994, maar ook die verengelsing van die Afrikaner-elite, kan beskou word as een van die groot rampe wat ons getref het. Trouens, vanoggend toe ek opstaan en dink, “dis vandag GRA-dag”, dwaal my gedagtes ook onwillekeurig na “sir FW” wat aan Brittanje en aan Engels die grootste geskenk in hul koloniale geskiedenis besorg het: die vestiging van Engels as Suid-Afrika se enigste amptelike en openbare taal.
Die taalbepalings van die huidige grondwet, soos omtrent alles wat Roelf Meyer bewimpel het, is eintlik ‘n grap. Die maak voorsiening vir elf amptelike tale maar in die fynskrif staan dit die regering vry om self te bepaal wat die amptelike taal sal wees. Soos in ‘n akademiese artikel deur Theodorus du Plessis uitgewys is, is die “taalvoorskriftelikheid” van die 1910- en 1983-grondwette afgeskaf en is ons oorgelewer aan ‘n vaagheid en onbepaaldheid rondom taal wat “regsgronde skep… vir die vestiging van Engels as supra-ampstaal en van ’n nuwe vorm van taalhiërargie”.
Trouens, dis by my ‘n ope vraag wie se minagting vir Afrikaans die grootste is, dié van die tradisionele Afrikaanshaters onder die Britse kolonialiste – waaronder ook die “rooi kolonialiste” van die afgelope aantal dekades – of dié van sir FW de Klerk, lord Koos Bekker en die res van die ryksmeelopers.
Gister op Twitter het ek genoem dat ons in die huidige stryd sal oorwin om die volgende redes:
- Ons vyande se propaganda word deur die werklikheid ontken.
- Hul enigste ID is haat vir ons, niks van hul eie. (Met ander woorde, die huidige soort kwasi-Engelse identiteit in Suid-Afrika berus op ‘n anti-Afrikaner-gevoel en bevat geen eie inhoud of positiewe selfdefinisie nie.)
Ons kan dus uitsien na ‘n tyd wanneer dié dwingelandy met sy geweld en taaldiskriminasie net ‘n aaklige herinnering sal wees. Die vraag is egter hoe Afrikaans dan as openbare en amptelike taal herstel sal word?
Die taalwette van Quebec, wat insgelyks die Franse taal in Noord-Amerika teen die omliggende oorheersing van Engels moet beskerm, bied aan ons ‘n nuttige studie-onderwerp. Daar bestaan ‘n sogenaamde “Handves van die Franse taal” (Charte de la langue française) wat van Frans die amptelike taal van die Quebec-provinsie maak. Omdat die Kanadese grondwet verhoed dat Frans die enigste amptelike taal van die provinsie mag wees, is enkele toegewings aan Engels gemaak:
- Wette word in ‘n Engelse en Franse weergawe gepubliseer, met albei tekste wat as amptelik erken word;
- Mense mag die howe in Engels aanspreek;
- Die uitsprake van howe is in die amptelike taal (dus Frans) beskikbaar of in Engels indien een van die partye daarom sou vra.
- Die handves van die Franse taal is nie op die Indianereservate van toepassing nie.
Verder staan die handves vyf grondliggende taalregte aan alle Quebecane toe:
- Die reg van alke persoon om in Frans met allle vertakkings van die regering, professionele verenigings, werknemersverenigings, en sake-ondernemings wat in Quebec gevestig is, te kommunikeer.
- Die reg van elke persoon om Frans in vergaderings te praat;
- Die reg van werkers om hul werk in Frans te verrig;
- Die reg van verbruikers om in Frans ingelig en bedien te word;
- Die reg van elkeen wat vir onderwys in Quebec kwalifiseer, om hul onderrig in Frans te ontvang.
Wat die aanbring van openbare tekens, reklame en dergelike betref, word die taalhandves deur die Kanadese howe só geïnterpreteer dat meertalige openbare tekens vertoon mag word, met dien verstande dat die Frans oorheers. In die praktyk beteken dit dat enige Engelse boodskap altyd vergesel moet word deur ‘n Franse boodskap wat aansienlik groter is. Iewers het ek gelees dat die Engelse letters net 30% so groot soos die Franse letters mag wees. Dit klink heel billik, hoewel die Engelse letters na my smaak nog ‘n bietjie te groot is.
Groot dele van Suid-Afrika waar Afrikaans die meerderheidstaal of die lingua franca is, kan met sulke wetgewing weer verontengels word. Afrikaners kan egter een stap verder gaan en die gebruik van Engelse tekens geheel en al in sulke gebiede verbied.
Selfs in hierdie Engelse Suid-Afrika met sy uitheemse kultuur, verskyn daar steeds Afrikaanse inligting op een bepaalde gebied: op medisinale verpakkings. Dit is omdat die wet wat onder die ou regering ingestel is nog nooit deur die ANC herroep is nie. Selfs Afrikaansvyandige maatskappye volg hierdie wet slaafs na, wat aantoon in welke mate taalwetgewing ‘n maklike en doeltreffende manier is om ‘n bepaalde taal te bevorder.
Ek het min vertroue in die taalpatriotisme van Afrikaners. In elk geval is dit moeilik om aanmekaar op openbare plekke, in restaurante en elders, op Afrikaans aan te dring wanneer ‘n groot aantal Afrikaners reeds gekondisioneer is om die huidige taalhiërargie (Engels bo) te aanvaar.
Die toekoms van Afrikaans sal bepaal word deur die huidige Afrikanerbeweging wat hom veral teen geweld in die vorm van volksmoord en etniese suiwering verset. Die uitwissing van Afrikaans maak deel van daardie volksmoord uit. Dit beteken ook dat mense soos me. Barbara Creecy van die Gautengse onderwysdepartement, wat besig is om Afrikaanse skole in die provinsie te probeer verengels, reguit van volksmoord aangekla behoort te word.
Afrikaners sal moet leer om soos die Quebecane, die Vlaminge en ander hul taalregte op te eis. Dis immers waarvoor die G.R.A. in 1875 gestig is. Dis onbegryplik dat Afrikaners onder die invloed van sir FW, die media en akademici, hul grootse tradisie van taalstryd grotendeels laat vaar het.
[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]










Die politiek in Frankryk raak warm – met betogings en verbete bekgevegte in die media, selfs appels swaai op straat. Net enkele dae gelede het so ‘n vuisslanery tussen linkse en regse jongelinge in die middestad van Parys naby die groot afdelingswinkel Printemps op die dood van Clément Méric (19) uitgeloop. Méric was ‘n linkse aktivis wat blykbaar aspris loop skoor soek het met ‘n groepie verregse “skinheads”.
Eergisteraand is een van die kosbare historiese katedrale,
Die linkse regering van mnr. François Hollande vrees die opkoms van Franse nasionale trots en konserwatiewe aktiviste wat hul skerp teen homoseksuele huwelike, maar ook misdaad deur Arabiere en swartes, uitspreek. Daarom het die regerende Sosialistiese Party net gister in reaksie op die dood van die linkse student aangekondig dat hy ‘n verregse jeugbeweging, die Jeunesses Nationalistes Révolutionnaires gaan “ontbind”. Op Twitter het regse Franse onmiddellik teruggekap en gevra: “Wanneer ontbind Hollande die gekleurde bendes wat ons teister?”
Ná Méric se dood het die oorwegend linksgesinde hoofstroommedia in Frankryk onmiddellik die skuld op die regse politikus en leidster van die Front National, mev. Marine Le Pen, probeer pak. Sy het haar egter dadelik van mnr. Serge Ayoub se verregse Revolusionêre Nasionalistiese Jeug gedistansieer en gesê dat haar party “geen nabye of verre verband met dié gewelddaad het nie”.
Die opkoms van die Front National is op sigself ‘n merkwaardige gebeurtenis in die Franse en Europese politiek. Frankryk is naas Duitsland die belangrikste land in Wes-Europa, asook een van die vyf permanente lede van die VN-veiligheidsraad. Franse meningsopnames is in die algemeen besonder akkuraat en daarom kan ‘n mens die 21 persent steun wat mev. Le Pen tans by die kiesers geniet baie ernstig opneem. Trouens, haar steun het dié van president Hollande verbygesteek en maak haar nou die tweede gewildste leier in die land, ná die vorige liberale president, Nicolas Sarkozy. Indien ‘n presidentsverkiesing nou gehou sou word, sou sy bo die sosialistiese Hollande deurdring tot die tweede ronde, iets wat reeds in 2002 gebeur het toe haar vader, mnr. Jean-Marie Le Pen, in die tweede ronde teen mnr. Jacques Chirac te staan gekom het.
Anders as in 2002, het die Front National egter nou ‘n hoofstroomparty geword wat besig is om sy verregse beeld af te skud. Dit is die party van konserwatiewe Katolieke wat neerhalend deur linkses “cathos fachos” (Kato-fasciste) genoem word, maar ook die Franse werkersklas wat eens op ‘n tyd die Kommunistiese Party ondersteun het. Daarom beskuldig die regs-liberale koerant, Le Figaro, mev. Marine Le Pen daarvan dat sy in haar sorge oor die Franse fabriekswerker ‘n “ekstreemlinkse diskoers” besig.
Te midde van die oorverhitte nasionale debat oor homoseksuele huwelike het ‘n regse intellektueel, skrywer en historikus, Dominique Venner (78), op 21 Mei in die wêreldberoemde Notre Dame-katedraal in Parys met ‘n vuurwapen selfmoord gepleeg. In sy selfmoordbrief wou hy mense oortuig om dit as ‘n “daad van politieke verset teen Franse dekadensie” te sien.
Dog Sondag twee weke gelede op 26 Mei (nogal my verjaardag!) het Franse konserwatiewes vir ‘n opskudding gesorg toe daar ongeveer ‘n miljoen mense in die strate van Parys onder die vaandel van “La manif pour tous” teen homoseksuele huwelike betoog het. Die reusebetoging is veral deur ‘n oplewing van Franse patriotisme gekenmerk, met derduisende blou, wit en rooi vlae wat deur die betogers geswaai is.
Frankryk was oor seksuele kwessies nog altyd baie liberaal en daarom vermoed ‘n mens dat die werklike teiken van konserwatiewe misnoeë nie soseer die homoseksuele is nie, maar die algemene politieke korrektheid van die linkses en die hoofstroommedia wat hul waardes in die gewone mense se kele afdruk. “Ons is blanke Franse met gesinne, waarom word ons stemme nooit gehoor nie?” was eintlik wat “La manif pour tous” wou sê.
Frankryk is een van ons stamlande. Sonder die Franse Hugenote sou daar nooit manjifieke wynplase in die Boland gewees het en waarskynlik geen Afrikaanse taal nie. Want die hoeveelheid Franse vanne tydens die vroeë Afrikaanse taalbewegings is eenvoudig verstommend: Du Toit, Meurant, Cachet, noem maar op. Daardie Hugenote het hul eie geliefde Latynse taal in ons land verloor, maar Afrikaans des te vuriger omhels!
Daarom moet ons nie die Franse bydrae tot Afrikanerskap onderskat nie, hoewel ons ‘n Germaanse taal praat en oor meer Nederlandse en Duitse gene beskik. Dit het my egter nog altyd verstom hoe geredelik Nederlanders en Duitsers verengels. In die VSA was daar tot sestig persent Duitsers in sommige deelstate wat sekerlik Duitssprekend kon gebly het; nietemin het al daardie miljoene Duitse immigrante in Amerika sonder slag of stoot verengels.
Sekerlik is daar op die huidige oomblik dergelike interessante verwikkelinge in ons ander stamlande (Nederland, Duitsland, Skotland) ook. Skotland wil van die Verenigde Koninkryk afstig om ‘n volwaardige land te word. Maar die Skotte is oorwegend links en het lankal hul eie Keltiese taal vir Engels verruil. Nasionalisme en patriotisme bly vanweë die Nazi-geskiedenis in Duitsland gestigmatiseer en die Duitsers maak jag op hul eie mense wat maar hoegenaamd patrioties of te krities oor immigrasie en Turkse Moslems begin raak. In Duitsland waag jong pro-Duitse betogers dit net snags met maskers en fakkels op straat, op die gevaar van inhegtenisname deur die polisie af.
Ironies genoeg is die regse beweging in Nederland deur ‘n briljante homoseksuele intellektueel, Pim Fortuyn, van stapel gestuur. Ná die sluipmoord op Fortuyn, het Geert Wilders se Party vir die vryheid (PVV) die vaandel begin dra en in 2010 op 15 persent kiesersteun kon staatmaak, wat intussen tot 10% teruggesak het. Die PVV word gekenmerk deur sy teenkanting teen Islam en immigrasie. Anders as die Front National en La manif pour tous, vry die PVV eintlik na homoseksuele steun omdat hy Nederlandse homo’s daaraan herinner dat ‘n verislamiseerde Nederland hulle kwalik gaan verdra.
Nederland is ‘n land wat byna geen invloed in Europa uitoefen nie en skaar hom gewoonlik by Duitsland sover dit monetêre aangeleenthede betref. Daarteenoor kan Parys, vanweë sy grootte en gewig binne die sentralistiese Franse stelsel, steeds aanspraak daarop maak dat hy die intellektuele sentrum van Europa is.
In Mei 1968 was die Franse op die voorpunt van die linkse omwenteling in Wes-Europa met die beroemde studenterevolusie, maar sedert die sewentigerjare het ‘n kentering plaasgevind. Franse intellektuele, skrywers en meningsvormers het al meer krities begin raak oor sosialisme, multikulturalisme en wat hulle as “Westerse masochisme” sien. Aanvanklik het dit “die nuwe filosofie” geheet, maar deesdae word daar openlik van “patriotisme” gepraat.
Flip Buys (
Ontmoet Retina Zeyheri, veldplant. Nie ‘n asemrowende blom nie – so ‘n dieporanje kloktrossie wat ondertoe hang soos die lelle onder ‘n kaalnekhoenderhen se kinnebak. Die stam is bros en besaai met wit dons. Die blare is groot, tabakplantagtig. Alles inaggenome lyk dit nie na ‘n baie intimiderende plant nie. En tog, hier waar ek in die Oos-Vrystaat bly, benader ‘n saaiboer hierdie stuk flora met die grootste ontsag. Hulle noem hom die ploegbreker.