Piet Croucamp se algemene probleem met Afrikaners

Die probleem met blanke Suid-Afrikaners – kode vir Afrikaners – is dat hulle veralgemeen, verduidelik “politieke ontleder” en dosent, dr. Piet Croucamp, en hy sê dit sonder dat die lagwekkende ironie op enige waarneembare manier by hom registreer, en daar het ons dit, die woord, verkry vanuit die hoogte, per bromponie afgelewer, uitgedink onder ‘n kopdoek van die soort wat gewild is onder fiktiewe seerowers en kombuisbediendes.

Daar is nie ruimte vir ironie in sy uitsprake nie, nie soos hy dit sien nie, want, en hier’s die ding: Piet Croucamp is ‘n liberalis en liberaliste is ernstige mense, deurdronge soos hulle is met verontwaardiging en die vaste sekerheid oor wat ander mense moet doen. ‘n Liberale “politieke ontleder” is te verhewe om self aan politieke prosesse deel te neem – dit is vir die prole. Die goeie doktor is daar om kommentaar te lewer, baie soos ‘n bioloog wat opmerkings maak oor bakterieë wat hy deur ‘n mikroskoop dophou.

Piet Croucamp het baie raad vir die bakterieë. Hulle moet ‘n afkeer hê van segregasie, byvoorbeeld, maar daar is nie ‘n “ons” in sy “renons” nie, daarom gaan sy seun nie skool in Diepkloof nie, maar by Laerskool Louw Geldenhuys. So, as onse Piet eers begin  veralgemeen oor blankes wat veralgemeen kan hy in die algemeen nie ophou om te veralgemeen nie.

Die algemene Afrikaner is in die algemeen te bang vir algemene dinge, beduie hy volgens ‘n berig in Beeld, aan ‘n AHI kongres. Self, lei ons af, is die kopdoekridder nie bang vir “Zuma en Malema, wat ná Mandela se dood gaan gebeur, die instroming van onwettige immigrante, nasionalisering en regstellende aksie” nie. Wat is daar nou te vrese aan die finale aftakeling van die ekonomie, swart-teen-swartburgeroorlog, swart-teen-witburgeroorlog, hongersnood en volksmoord? Mense wat teëstribbel om in hulle beddens vermoor te word, is gewoonweg kortsigtig. Hulle sien eenmaal nou maar net nie die “groot prentjie” nie.

Wat is hierdie “groot prentjie?” vra jy die liberalis. Hy weet nie, maar die groot prentjie is gewis belangrik en liberaliste het besitsreg daaroor. Een ding waarvan hulle ewe seker is, is dat blanke mense verkeerd is. Waaroor? Dit maak nie saak nie. Hulle is net verkeerd. En hoekom is hulle verkeerd? Want hulle is blank. Maklik.

Swart mense is “in die algemeen gematig en het gewone middelklasbehoeftes. Hulle ontwikkel weerstand teen swak landbestuur. Aktivisme verloor momentum.” Natuurlik, Dok, en dis hoekom tweederdes van hulle volgende jaar weer vir die ANC gaan stem, al daardie goeie gematigde swart middelklasmense.

“Die regse element onder wittes is waarskynlik groter as die linkse element onder swartes,” postuleer hy sonder om te blik of te bloos. Hy weet dit is só want hy het op sy eie al die blanke regses en al die swart linkses gaan tel en afgetrek en gemaal en gedeel. Of hy sou moes, as hy nie ‘n liberalis was nie, maar nou is hy een so hy mag veralgemeen. Niemand verwag in  elk geval dat die liberalis hom aan waarheid en werklikheid sal steur nie.

Daar is darem wel uitsprake wat hy op statistiek baseer, soos byvoorbeeld dat ‘n vrou se kans statisties groter is om deur haar man vermoor te word as deur ‘n swart mens. Jip. Dis wat die doktor sê, en as die doktor so sê, hoe kan dit anders wees? So, kou weer aan hierdie brokkie: Meer vroue, blank en swart, word deur hulle blanke mans vermoor as wat in die – errr – algemeen deur swart mense vermoor word. Tyd het net nie toegelaat dat Croucamp vir die gehoor kon wys waar hy dié statistiek raakgeloop het nie. Boonop het ‘n blanke vrou die gerusstelling om te weet wanneer sy wel deur ‘n swart man vermoor word, dat dit darem nie deur haar  man is nie.

Regstellende aksie, sê hy, en hy kan praat want hy is mos ‘n liberalis wat nie sy pos deur regstellende aksie verloor het nie, “berokken wit mense ook min skade”. Net 5,7% van hulle is werkloos (en dis vir die doeleindes van die gesprek onnodig om te noem dat honderdduisende van dié wat nie werkloos is nie in Australië, Nieu-Seeland, Kanada, die Midde-Ooste en Brittanje werk. Heeltemal onnodig.) Croucamp voel ook nie gelei om te meld dat die werklike roes van regstellende aksie te sien is in slaggate, riool in die strate, grootskaalse vermorsing, ineenstorting van gesondheidsdienste en onderwys en veiligheidsmagte en staatsinstellings en die mynbedryf en landbou en die omgewing en… wel, eintlik alles nie.

Maar bekommer julle nie, kleingelowiges, is sy oproep. Al wat moet gebeur, is dat “wit grond”, (natuurlik nie syne nie, want hy is ‘n liberalis) oorgedra moet word na swart mense en húlle sal dan in een helder oomblik ontkiem in woekerende, wakker, winsspuwende entrepreneurs en – siemsallabiem! – die ekonomie is gered en daar is oor die algemeen vrede in die algemene Republiek van Paradyszanië.

“Moenie vir die regering wag om dinge te laat gebeur nie,” sê hy. “Maak byvoorbeeld self voorsiening vir jou kind se onderwys.” Soos vermoedelik om hulle Laerskool Louw Geldenhuys toe te stuur.

“Tegnologie,” gaan hy voort, “gaan die verskil maak tussen arm en ryk.” En natuurlik, as daar ‘n verskil tussen arm en ryk is, weet ons, moet blankes vir swart mense geld gee.

Hy reken “ons land het tegniese mense met sakevaardighede nodig”. Dis nou mense heeltemal anders as kopdoekdraende “politieke ontleders”. Nou is dit ook so dat ons sulke “tegniese mense met sakevaardighede” het. Weens regstellende aksie werk hulle in Auckland, Sydney en Londen.

Volgens Croucamp, berig Beeld, is die “kleinsakesektor die antwoord om werkloosheid te bekamp”. En hiér het hy gerusstellende nuus: “Die staat besef nou dat mense wat die ekonomie kan bevorder, in staat gestel moet word om meer werk te skep.” Ja, wel, nou, kyk, as die ANC so besluit sal dit mos so wees. Waarvoor is die algemene blanke dan so in die algemeen bekommerd?

Maar miskien is Croucamp tóg reg. Miskien kan daar iets goeds selfs uit regstellende aksie kom. Laat UJ gerus ‘n swarte as “politieke ontleder” en dosent aanstel – met of sonder ‘n jaarlikse kopdoektoelaag. Die vet weet, hy kan nie swakker wees as die huidige aanstelling nie – oor die algemeen.

[followbutton username=’GustavSVenter’ count=’false’ lang=’en’ theme=’light’]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Riempies

    Die skade wat mense soos Piet Craucamp gewetenloos
    aan die Afrikaner psige doen is onmeetbaar.

    Hoe kom mense soos hy in n posisie om die Afrikaner
    te kondisioneer tot gewilligheid om sy slagaar bloot te le vir die ondergang van
    sy Afrikanervolk – die volgehoue swart op blanke volksmoord, afneem van – sy
    eiendom – sy skole – al sy tersiere intigtings – en die toeganklikheid van
    opleiding – reg op werk om sy brood te verdien – sy veiligheid – taal – kultuur
    sy menswaardigheid?

    Glo die mens Piet Craucamp werklik dat wit en swart
    dieselfde is – dieselfde kan bereik – oor die selfde beginsels beskik – die
    selfde standaarde handhaaf nog meer – dat swart en wit in vrede saam kan leef?
    of is die prys van gewetensvernietiging en die seepkissie indoktrinasie van sy
    Afrikanervolk en hulle jeug as prys vir sy pos vir hom regverdigbaar?

  • Arnieann

    Piet Kroukramp is in ‘n permanente toestand van geboorte pyne.
    In daardie toestand bestaan die wêreld en sy werklikhede glad nie. Die gille van pyn wat hy uiter om geboorte aan ‘n miskraam te verkondig, kan kwalik meer as simpatie van die aanhoorder wek.
    Hy sal die persoon wees wat daardie miskraam ook nog sal moet grootmaak. Daardie baba sal die res van sy lewe op Piet se rug ry.
    Kom ons kyk hoe hy dìt gaan hanteer.

  • Marinda Hibbers Pretorius

    Ai,ai,ai,..arme, pietie croucamp…julle mense moet tog net onthou dat die arme verlore siel geen, absoluut GEEN SKEPPER het nie (sy eie geloofsoortuiginge) so dit kan nie anders dat die ou sal gal braak so ver as wat hy gaan, hy word omring deur donkerte, daar is geen lig naby hom “what so ever”.kom ons gee hom `n sekonde se stilte, ter simpatie

  • Carl Wessa

    Bravo Gustav!

  • gas

    LOL ek het nou lekker gelag! Gustav vir president!

  • hb

    Liewe donner. Ek het geweet pietie is van die pad af, maar nie geweet hy is so’ verdwaal nie!!

  • steve hofmeyr

    My laaste kriteria vir Afrikanerskap is die sigbaarheid van sy vyande in eie geledere http://maroelamedia.co.za/wp-comments-post.php

    • Pollie

      daardie link wil nie oopmaak nie!

  • Cobus

    Klomp armsalige siele van PRAAG. Regte narre en gwharre wat steeds glo SA behoort aan die blanke…..en daarmee saam glo daar is iets soos ‘n Jesus en feetjies en dwergies.

    • Riempies

      Sjoe maar jy is grof – een van Naspers gekondisioneerdes?

      • sjert

        Rieme
        Cobus klink meer na die sot wat soggens op Radio Sonder Mense perdedrolle as vye prober smous.

    • Riana

      LOL, ek dink Gustav het so meesterlik gewys wie eintlik die dom gwarre is wat nooit onder normale omstandighede vir hul menings gevra sou word nie. Dis net omdat hulle anti-Afrikaans is dat Radio sonder Mense hulle gebruik.

      • Marmer

        Die bose quattrologie FW de Klerk-Solidariteit met
        hulle-Radio-Pretoria-RSG-kondisionerings-funksie.

        RSG dien en onderhou nou hoofsaaklik die
        Kleurlinggemeenskap deur Kleurlinge.

        • Dieannerou

          Die SABC se fokus program op sondae aande ook, gaan net oor die kleurlinge en hulle dwelm probleme maar Jonathan Jansen wil voorskriftelik vir die afrikaner wees.

    • Arnieann

      Dit is nie net wat ons glo nie.
      Dit is wat ons weet.
      Kies die plek en tyd, en bring jou maatjies saam, dan kyk ons aan wie se kant is Jesus.
      Ek twyfel egter aan die guts van lafaards soos jy.

      • renier

        Weer eens baie goed gestel !!

    • Apostle Gideon Prinsloo

      Cobus, Dit lyk my jy leef in n droom wereld net soos jou ou vriend Piet Croucamp. En o ja, jy maak n bespotting van on Afrikaners wat glo in Jesus Christus, maar in Psalm 14:1 word mense soos jy beskryf as dwase wat in julle harte se dat daar nie n God is nie. En vir jou inligting Cobus, die Afrikaners is nie so n dom en oningeligte en ongeleerde groep mense nie maar onder die geleerdste van die mense in Suid Afrika terwyl meeste wat die ANC ondersteun ongeleerd is en meeste wat Julius Malema ondersteun ook ongeleerd is en dropouts is uit dies skole, want dit is mos makliker om dom mense the beheer en te manipuleer.En wie is verantwoordlik vir die stan van gebrek aan onderwys onder baie van die swart mense? Die ANC self wat vir die mense gese het, “Vryheid voor onderwys, nie die Afrikaner “Arpartheid” soos liberaliste soos jy, Piet Croucamp and die ANCe ons probeer maak glo nie. En is dit nie genoeg nie gaan die ANC onder Mandela en vernietig een van die mees effektiewe onderwys stelsels in die wereld end word die huidige onderwystelsel van Suid Afrika n lagwekkende gespot van die wereld gekep deur die ANC. Wie beskuldig die ANC en die liberaliste soos jy, Cobus en jou vriend Croucamp en die ANC. Natuurlik, beskuldig weer die Afrikaners en apartheid, skyf die blaam, baie maklik. Want die enigste taal wat jy en Piet Croucamp en ander liberaliste saam met die ANC en die DA ken is leuens op leuens

  • Charlotte Joyce Hamilton

    Hierdie Piet droom van padda eiers wat gaan pik, of miskien moet ek eerder se hy is in die bol gepik!!!!!! Ou Piet, jy gaan met ‘n moerse skok wakker geruk word. En ou Cobus, ek dink jy moet jou oe oopmaak en sien wie eintlik die armsalige gwarre is. MMMMM snaaks, jy klink soos een! Te bang om jou werklike identiteit hier te plaas? Banggat!

  • Adriana Stuijt

    Baie lekker gelag oor hierdie trefsekere opsomming van ‘n dom man se denkpatrone. Baie dankie!

  • Albert Brenner

    Netjies verwoord Gustav.

    Croukamp is een van die grootse adders in die Afrikaner Volk se geledere.

    Hier is sy eie woorde;

    “My political instinct has an aversion to Afrikaner politics and I made it clear from the outset that the term Afrikaner is ideologically charged. I think people who describe
    themselves as Afrikaners do not feel themselves as part of South Africa and their objectives do not correspond with the Constitution of the country. As far as I’m concerned, Afrikaners are virtually by definition – with rare exceptions – intolerant and probably also racists. I am convinced that being Afrikaans is as obsolete as a smoke signal and that South Africa would be better served without Afrikaners…”

  • sjert

    Goeie artikel.
    Maar tog wonder ek of ons moontlik te veel aandag, tyd en ruimte vermors aan patete soos Croukamp en sy pelle wat via Naspers en RSG oor ons Afrikaners aan’t kwyl gaan.
    Om op die snert te reageer, ontvang hulle en hul uitsprake groter erkenning as dit wat die armsaliges se pogings eintlik regverdig.
    Dat die propagandiste van Radio Sonder Mense van die siele gebruik maak om Afrikaners om die bos te probeer lei is ‘n feit. Maar ek betwyfel dit dat die meerderheid van ons volksgenote hulle veel aan die siele se blatante propaganda steur.
    Om hul invloed te oorskat, is eintlik ‘n belediging vir die meerderheid nugter denkende Afrikaners van hierdie droewe land.

  • jas stegmann

    Albert Brenner se aanhaling oor Croucamp se minagting vir Afrikaners en blykbaar dan ook Afrikaans verwys. Hoe is dit dan dat die Afrikaanse Handelsinstituut vir Croucamp ‘n platform bied? Die AHi is dalk al goed op dié webwerf geroskam maar is dit nie tyd dat daar weer na hierdie organisasie gekyk word, daar in 1996 en met Jacko Maree nog aan die stuur van sake, ‘n organisasie wat hom daarop geroem het sy uitgangspunt is “sinergie”; dis nou in “sinergie” met die land se kommuniste en kommunistiese heersers. Ja, natuurlik het die AHi later ‘n afgevaardigde so reg uit die stal van die ANC as voorsitter gekry (Mathews Phosa). Sjert se punt, dat ‘n mens nie te veel aan hierdie uitspieëls aandag moet gee nie, werk saam met die emosie. Daar is egter ‘n diepgaande proses aan die gang waarin die Afrikaner deeglik na sy teenstaanders, ook hulle wat die naam Afrikaner dra (maar dit as ‘n oneer beskou!) kyk, en die AHi moet maar ook sy beurt kry. Bv: Hennie Klerck was op sy dag, daar in die verskiet, ook ‘n voorsitter van die AHi. En dit was Klerck se (in Suid-Afrika) Saatchi & Saatchi wat 1992-referendumveldtog vir die ja-stem gevoer het. Dus: Ou jakkalse, ou vere, ou streke.

  • Boerseun.Z.A.R

    Croucamp is a joke.

  • De Juur

    Piet Clontcramp is maar net nog ‘n vervloekte wit liberalis wat verkieslik (tesame met sy hele nageslag) spoedig deur sy dierbare aap-naastes omsingel en wreedaardig uitgemoor moet word. Hoe gouer hoe beter. Daar is niks om vir hom te sê nie. Hy moet net vrek. Dis al. Vrek net uit, al julle wit liberale -gemors. Ek sing elke keer halleluja wanneer ek hoor van nóg ‘n wit liberalis wat deur hulle dierbare kroeskop boggom-naastes uitgemoor is. Good riddens… and don’t come back…

  • De Wet

    Netjies gepen Gustav.

    Maar dit help nie om die man te probeer analiseer nie. Hy leef in sy eie klein (en self geskepte) droomwêreld en het boonop verdaal in daardie ivoortoring in die wes-kaap. So moenie worry, elke hond kry sy dag, en ‘n liberalis kry twee!

  • jas stegmann

    Nee wat, dit was ‘n opbouende analise. So goed dat Piet nie meer ‘n kopdoek dra nie, hy loop nou kous oor die kop.

  • Nicolaas Kruger

    Piet Croucamp stel hoe hy n Suid Afrikaner sien en hoe sleg hul is en dan doen hy presies dit wat hy vrekondag Afrikaners doen hy veralgemeen en plaas almal in een boksie as afrikanners so wat is hy dan.

  • Vanoggend het ek so ‘n stukie van Piet Croucamp op RSG gehoor en hy herhaal maar net presies waarvoor Gustav hom hier kritiseer. Hy sê ook alle linkses is slim en alle regses dom. Ek veronderstel Malema is slim, want hy het mos op TV gesê hy is ‘n “marxis-leninis”.

  • jas stegmann

    Dit skeel maar min dat regs gelyk is aan dom. Net so lank dié dommes politiek verstandig optree. Dit sal uiteraard in Piet se guns getel het as hy meer van daardie slimmigheid van hom binne sy kopdoek bymekaar kon kry en dit nie so daarbuite laat ronddryf nie.

  • AsPatat

    Piet dra nou te lank daai kopdoek..Sy brein is gemuf..

  • jas stegmann

    Volgens
    ‘n vroeë opmerking in hierdie reaksie sou die
    Johannesburg-Universiteit se dosent dr. Piet Croucamp ‘n regse
    politieke uitgangspunt met dom gelyk stel.

    Behalwe
    dat so ‘n slim/dom-opname wat politieke voorkeure betref baie
    moontlik nog nie in ons land en nie eens onder Blanke, wat nog te
    skryf anderkleurige, kiesers gedoen is nie, lyk so ‘n aanname niks
    meer as narre-politiek uit die mond van ‘n politieke ontleder wat van
    beter hoort te weet.

    Met
    so ‘n standpunt is dr. Croucamp besig om die min geloofwaardigheid
    wat hy as ontleder oor het, ook by die venster uit te smyt. Hierdie
    waarnemer het, hoewel in ‘n teenoorgestelde (dom!) politieke kamp, in
    die verlede vir dr. Croucamp oor sekere waarnemings en standpunte
    krediet kon gee, hy is alles behalwe ‘n muur wat skeef hang en net
    met ‘n stampie grond toe gehelp kan word.

    Oor
    dr. Croucamp se kopdoek… Dis sekerlik sy keuse, soos ‘n sigaar
    Churchill s’n was en Che Guevarre ‘n beret en kamoe in sy openbare
    verskynings verkies het. As die vere dan die voël moet maak.

    Hierdie
    waarnemer het tussen 1986 en die 1992 -referendum as werwer in
    verkiesings en tussenverkiesings gewerk. Van gegoede stadsraadwyke
    soos die Strand (Kaapse Skiereiland), Waterkloof (Pretoria), Maitland
    (Volksraadtussenverkiesing), Hercules (Pretoria; stadsraad- en
    Volksraadverkiesing). En nog meer.

    Dit
    wil lyk of die progressiewe geneigdheid van kiesers in plekke soos
    Waterkloof ‘n deurslaggewende woord vir dr. Croucamp se slimmes wat
    links sou wees spreek. Maar dan verloor hy uit die oog dat Waterkloof
    se kiesers in daardie stadium nie te lank gelede nie die NP gesteun
    het in ‘n tyd toe die NP nog “regs” was.

    ‘n
    Kiesafdeling soos Maitland was ‘n interessante een. Maitland het van
    alle soorte Blankes gehad, stinkrykes in hul seekantwonings, maar ook
    brandarmes in munisipale huisies. En dan weer rykes in Bothasig. In
    die werwingsgesprekke kom jy weldrae agter hoe die politieke wind
    waai, regs of links. In daardie Maitlandse tussenverkiesing het die
    KP-kandidaat (Theunis Kruger) ‘n verbysterende swaai na regs teen die
    voormalige SWA-adminstrateur (Pienaar) bewerkstellig. En hoe
    teleurgesteld is jy as werwer as jy merk dat dit juis daardie minder
    gegoede Afrikaner, die eerste slagoffer in die NP se sogenaamde
    hervormingsinisiatiewe van destyds is wat hardnekkig links in die
    politiek hou.

    Die
    selfde teleurstelling was jou voorland in plekke soos Hercules. Dit
    moes vir elke inwoner van Hercules, dalk werksaam by Yskor, dalk op
    die spoorweg, glashelder gewees het dat ‘n stem vir die NP ‘n stem
    vir Afrikanerwerkloosheid sou wees. En gaan kyk maar in hoeveel
    duisende het hulle steeds vir die NP gestem.

    Maar
    hierdie oefening om te sien of regs is dom is, kan uitgebrei word,
    die uitslag heeltemal strydig met die oppervlakkige vermoede. Want
    dom en arm linkses is daar oorgenoeg. Gaan voer gerus (as u die tyd
    daarvoor het), ‘n gesprek met daardie arm wit bedelaar op die hoek
    van straat, vis oor ‘n moontlike politieke standpunt van hom of haar.
    Die kans dat hy dom en links is is net so goed as dat hy dom en regs
    is.

    ‘n
    Politieke verdelingslyn tussen dom en slim is dus maar net nog ‘n
    liberale mite, die ding is veel ingewikkelder, dr. Croucamp.

  • Andre Smit

    Soos n skelm tweede-handse voertuig verkoper een dag vir my gese het ” Daar word elke dag n ‘p’ gebore “

  • cashan

    Idioot.Gaan sit saam met onverkoopde huisgenote.

  • chris

    Gustav – absoluut histeries!!!-briljant …!!!

    http://www.onsensitiewewoord.co.za/

    Joh. 7:49 : Maar hierdie skare wat die TORAH nie ken nie, is VERVLOEK!

    [= ook Lk 16:31;
    2Tm 4:3; 2Ths 2:3, 10; 2Pt 2:15]

    Private
    military operatives hired to ‘work’ the Boston marathon with black
    backpacks

    Learn
    more: http://www.naturalnews.com/#ixzz2To64OlE5

  • renier

    Bwa ha ha. Fantasties. Kon nie beter nie ha ha!!!!