Verslag van die Volkstaatraad

Na aanleiding van huidige nuwe belangstelling in die ontwikkeling van ‘n Afrikanerstaat het ek dit goed gedink om die Bestuursopsomming van die verslag uit my dik verslagbundel te skandeer en dit hier onder ter insae te gee vir die wat daarmee gemoeid is. Ons sal later by die kaarte uitkom, want hierdie historiese artikel is alreeds te lank.
Weens gebrek aan inligting word daar te dikwels minagtend na die VSR verwys omdat hulle nie ‘n volkstaat kon bewerkstellig nie. Die kwessie van ‘n Afrikanerstaat, sy ligging, die kwessie van selfbeskikking, die uiteenlopende behoeftes van Afrikaners in verskillende streke, politieke oortuigings en vakdissiplines, meelopend met volkeregtelike beginsels en VN protokolle oor die regte van minderheidsvolke, was allles in ag geneem. Die taakgroepe het bestaan uit kundiges soos streeks – en dorpsbeplanners, regsgeleerdes, bygestaan deur buitelandse volkeregkundiges van vier buitelandse universteite, argitekte, onderwysers en opvoedkundiges, ingenieurs, ‘n kernwetenskaplike, ‘n vakunie leier, ‘n generaal wat hoof was van die SA Weermag se logistieke beplanning, ‘n voormalige hoof van die speurdiens, akademici asook ‘n politikus.

By die beoordeling van hierdie verslag moet breër gekyk word as die leser se eie eng behoeftes, want daar kan nie meer as een soewereine volkstaat tot stand gebring word nie en daar bestaan meer as dertig faksies onder Afrikaners. Maar niks verhoed dat verskeie outonome gebiede verklaar kan word waar Afrikaners hul selfbeskikkingsreg kan uitoefen nie.

Baie van u mag met hierdie verlag verskil, maar ek wil graag ‘n wenk aan die hand doen dat ‘n Afrikanerowerheid hierdie verslag sal implementeer in al die gebiede waar Afrikaners bereid is om opofferings vir selfbeskikking te maak.

 

Die strategiese benadering moet dus op implementering op nasionale sowel as streeksvlak gerig wees. Die geskiedenis het bewys dat ‘n politieke party nie by magte is om binne parlementêre reëls iets omtrent ‘n volkstaat gedoen kry nie.
Moet dus nie verder tyd, geld en energie vermors om na moontlike gebiede te kyk (die waar) nie, maar beplan liewer die “hoe” en “deur wie”.

 

BESTUURSVERSLAG BEVATTENDE DIE FINALE BEVINDINGE EN

AANBEVELINGS VAN DIE VOLKSTAATRAAD
Die Volkstaatraad verwys terwille van volledigheid en duidelikheid na die volgende verslae waarop hierdie bestuursverslag gebasseer is:
1. Samevattende verslag van die Volkstaatraad se werksaamhede soos tot op 22 Maart 1999;
2. Die gebiedsverslae van die vier Taakgroepe ten aansien van Pretoria¬Centurion-Wonderboom, Bosveld, Oos-Transvaal en Noodwes-Kaap, asook die verslag van die Taakgroep oor Kulturele Selfbeskikking;
3. Die sewe ander Raadsverslae en vyf monografië.
In die lig hiervan word die volgende bevindinge en aanbevelings namens die Volkstaatraad onder die aandag van die Regering gebring:
1. BEVINDINGE OOR SELFBESKIKKING
1 . 1 As grondslag vir aanbevelings ten opsigte van die inwerkingstelling van selfbeskikking vir Afrikaners, het die Volkstaatraad ondersoek na die teorie en praktyk van selfbeskikking ingestel en die volgende bevind:
1 . 1 . 1 Die begrip word gewoonlik in staatkundige verband gebruik as ‘n teorie oor die verhoudinge tussen ‘n volk en sy staat. ‘n Reg van selfbeskikking dui nie op gewone menseregte nie, maar op ‘n gemeenskaplike reg wat op volke van toepassing is. ‘n Reg van selfbeskikking is op alle volke, wat van hulle bestaan en identiteit bewus is en dit wil bewaar, van toepassing. Elke volk kies self hoe hy sy reg wil uitoefen: ten aansien van die buiteland: as ‘n soewerein onafhanklike staat, afgeskei van die moederstaat, of deur aansluiting by ‘n ander volk en staat; of intern: in die vorm van selfregering, streekregering, of inlywing as ‘n plaaslike korporasie met munisipale of kulturele bevoegdhede.
1.2 Selfbeskikking as regsbeginsel word as ‘n norm van die volkereg erken. Die Verenigde Nasies beskou dit as ‘n voorvereiste vir menseregte; ‘n basis vir vrede, ontwikkeling en samewerking tussen state; die grondslag waarop nuwe state ontstaan en -waarop die internasionale gemeenskap funksioneer. Dit word beskou as ‘n dwingende bepaling, soortgelyk aan die verbod van seerowery, slawerny en volksmoord, wat deur die stategemeenskap en deur owerhede afsonderlik in hulle gebiede gestand gedoen het.
1.3 Die . internasionale gemeenskap aanvaar dat gemeenskappe, minderhede, inheemse bevolkings en ander groepe, wat aan sekere maatstawwe voldoen, op selfbeskikking as ‘n groepsreg geregtig is. Dit .stel” hulle in staat om hulle politieke lotgevalle te bepaal, asook om die regering waaronder hulle wil woon, te kies.
1 .4 Daar is ‘n noue verband tussen demokrasie, menseregte en selfbeskikking. Hedendaagse eise om selfbeskikking moet beoordeel word in die lig van die uitwerking wat die weiering of toestaan van derglike eise op die strewe na vrede, samewerking en ontwikkeling gaan hê. Nuwe owerhede se verbintenis tot grondwetlike demokrasie, tot nakoming van hulle tussenstaatlike verpligtinge en tot die handhawing van menseregte speel ‘n beduidende rol in hierdie beoordeling. Enkelinge en gemeenskappe het min te wen by menseregte tensy die staatkundige bedeling waaronder hulle lewe demokraties is, en aan selfbeskikking uitdrukking gee. Verontregting of inkorting van mense-, kulturele GO taalregte, lei tot aansprake op selfbeskikking. Volgens sommige skrywers is die vooruitsigte op welslae vir aansprake wat op menseregte rus, gunstiger as die wat op die herstel van een of ander geskiedkundige soewereiniteit rus.
1.5 Die belangrikste kenmerke waaraan ‘n gemeenskap moet voldoen om aanspraak op selfbeskikking te maak, is die van taal, afkoms, identiteit, selfhandhawing, ‘n historiese wil en vermoë om as ‘n afsonderlike gemeenskap voort te bestaan.
1.6 Volke en gemeenskappe het behoefte aan beskerming wat hulle taal, kultuur, onderwys en grond betref. Hulle verlang ook ‘n deurslaggewende aandeel in wetgewing wat op hulle betrekking het.
1 .7 Daar is ‘n beduidende neiging in plurale state om minderheidsvolke en gemeenskappe te erken en interne selfbeskikking aan hulle toe te ken.
Teen die agtergrond van die voorafgaande het die Raad bevind dat alle Afrikaners nie eenders of ewe sterk oor selfbeskikking voel nie.
* Sommige is tevrede met kulturele beskerming en gelyke burgerskap.
* Sommige wil grondgebiedsoutonomie hê Daar is diegene wat die een of ander vorm van selfregering wil hê om die voortsetting van hulle kultuur, taal en onderwys te verseker. Hulle reken dat die idee van eksterne selfbeskikking onprakties is en sal interne reelings vir die beskerming van hulle reg op identiteit, byvoorbeeld selfregering in ‘n provinsie of streek aanvaar.
* Baie beklemtoon soewereiniteit om hulle eie bydrae tot ontwikkeling, mededinging en internasionale vrede en sekuriteit op hulle eie manier te lewer. Hulle beweer dat dit hulle oogmerke is om ‘n alternatief vir apartheid te vind en nie om dit te laat voortbestaan nie. Hulle is besorg daaroor dat hulle wil om hulleself te bevry van apartheid, hulle aanvaarding van onderhandeling as die wyse waarop hulle ideaal bereik kan word, hulle instemming om mag oor te gee en aan die demokratiese prosesse deel te neem, nie beloon is op die wyse wat deur die Akkoord wat op 23 April 1994 tussen die ANC en die destydse Nasionale Party Regering en die Vryheidsfront onderteken is, beoog word nie.
2. BEVINDlNGE OOR TOEPASSING VAN SELFBESKIKKING
Om uitvoering aan die Afrikaners, wat oor Suid-Afrika verspreid woon, se reg op selfbeskiking te gee, het die Raad vyf taakgroepe gevorm om verwessenliking van die Afrikaner se selfbeskikking onder andere in bepaalde gebiede te ondersoek. Hierdie taakgroepe het die volgende bevindinge en aanbevelings gemaak:
Die volgende bevindinge is die resultaat van navorsing en ondersoeke wat deur die Noordwes-Kaap Taakgroep van die Volkstaatraad onderneem is:•
• Die Noordwes-Kaap is ,’n gebied wat volhoubare territoriale selfbeskikking moontlik maak. ‘n Belangrike rede is dat daar min bevolkingsdruk van nie¬Afrikaners van buite is.
• Met ‘n betreklike klein ekonomie, sonder sterk gevestigde strukture wat op vreemde arbeid berus, en ‘ n beleid van Afrikanervolkseie arbeid, kan ‘n ekonomie gebou word wat selfbeskikking sal maak.
• Die gebied beskik benewens die Olifants- en Doringrivier oor die grootste waterbron in Suid-Afrika, die Oranjerivier, wat sedert die bou van die Gariep¬ en Vanderkloofdam, ‘n bestendige lewering van water verseker. Die gebied het boonop toegang tot die see wat onder andere die moontlikheid van ‘n diepseehawe inhou.
• Die gebied bied geleenthede om Afrikaner-vestigings soos Orania tot stand te bring waar Afrikaners met die Regering se goedkeuring van meet af beheer oor hulle eie sake op die vlak van plaaslike regering kan he of geleidelik kan verkry.
2.2 Bosveldgebied (Kyk kaart2)
Bevindinge:
Na oorweging van alle inligting met betrekking tot die skepping van ‘n Afrikaner-territorium in die Bosveldgebied, kom die programkoordineerder tot die volgende bevinding:
2.2.1 In die grootste gedeelte van die Bosveldgebied is die Afrikaner nog nie in die meerderheid nie. Slegs in enkele gebiede is daar ‘n Afrikanermeerderheid. Alvorens daar nie ‘n Afrikanermeerderheid in ‘n beduidende gedeelte van die gebied is nie, kan territoriale selfbeskikking nie slaag nie.
2.3 Oos Transvaal (Mpumalanga)
Die Taakgroep van Oos- Transvaal het drie kantonne afgebaken waarin die Afrikaners as ‘n meerderheid voorkom. Die drie kantonne is in die kaart aangedui as I, 11 en Ill. (Sien kaart 6) Hierin woon byna 200 000 Afrikaners of te wel 80% van die totale Afrikanerbevolking van die Mpumalanga Provinsie.
2.3.1 Bevindinge
2.3.3.1 Die taakgroep van die Raad het bevind dat die behoefte en nodigheid van selfbeskikking vir die Afrikanergemeenskap van Oos¬Transvaal (Mpumalanga) ‘n dwingende werklikheid is. Die navorsingsresultate oor persepsies van selfbeskikking toon ‘n duidelike behoefte vir groter beheer oor sake wat die gemeenskap raak. Trouens, ‘n meningopname wat in November 1998 in die Dos-Transvaal, Bosveld en Pretoria-Centurion uitgevoer is, het aan die Hg gebring dat steun vir selfbeskikking in Oos-Transvaal effens gunstiger is as in die ander gebiede. Ongeveer 80% van die respondente het hulle ten gunste van selfbeskikking in die algemeen en 72% ten gunste van territoriale selfbeskikking uitgespreek.
2.3.3.2 Die Maputo-korridor ontwikkelingsprojek bied groot geleenthede vir ekonomiese bemagtiging vir Afrikaners.
2.3.3.3 Sommige of gedeeltes van die aangeduide territoriale gebiede of •• kantonne” kan met tyd tot outonome gebiede ontwikkel en hierdie ontwikkeling sal deur migrasiepatrone, ekonomiese en politieke ontwikkeling en ander realiteite beïnvloed word.
2.3.3.4 Die daarstelling van ‘n provinsiale Afrikanerraad moet dringend aandag kry. Hierdie Raad sal so verteenwoordigend moontlik moet wees en tot ‘n legitieme spreekbuis van dip Afrikanergemeenskap in Oos- Transvaal ontwikkel word.
2.3.3.5Die totstandkoming van ‘n ekonomiese ontwikkelingskorporasie met die ontwikkeling van ekonomiese bemagtigingsprojekte en geleenthede as doel vereis verdere ondersoek. Dit sal die samewerking vereis van Afrikaner -ekonomiese en -belange, -organisasies in die provinsie.
2.3.3.6 Verdere ondersoek is nodig na die voorgestelde Handves van Afrikanerregte, sy versoenbaarheid met die Grondwet en die volkereg, en die gebruik daarvan in onderhandelinge om die regte van minderhede. Die aanwending van die dokument as ‘n algemene Handves van Minderhede behoort aandag te kry.
2.3.3.7 Die opstel van ‘n strategie vir onderhandeling vir minderheidsregte moet dringend aandag kry.
2.4 Die Pretoria-Centurion-Wonderboom-gebied
Die Pretoria-Centurion-Wonderboom-gebied Taakgroep het die volgende bevinding gemaak:
2.4.1 Historiese aanspraak
Die Pretoria-Centurion-Wonderboom-gebied was histories die hoofstad van die ZAR. Dit is ‘n gebied waarin ander groepe geen historiese regte het nie, hetsy op grond van besetting of op grond van bewoning of op grond van gemeenskapskepping. Hierdie gebied behoort aan die Afrikaner en hier kan hy volkeregtelik sy reg op selfbeskikking uitoefen. Afgesien van die tydperk 1902 tot 1 91 0 het die Afrikaner vir meer as honderd-en-veertig jaar soewereiniteit oor die grootste deel van die gebied van die voormalige ZAR uitgeoefen. Ingevolge die reg op selfbeskikking wat erkenning in die Volkereg geniet, beteken dit dat die Afrikanervolk die sterkste reg op territoriale selfbeskikking binne die historiese gebied van die voormalige ZAR het. Immers, in hierdie gebied het hy sy eie staat gehad, het hy volkeregtelike erkenning as vrye volk geniet en het hy sy vryheid as individu geniet waama hy so lank gestreef het.
2.4.2 Demografiese aanspraak
Selfs net uit ‘n getalle-oogpunt, blyk die Afrikaner se reg op hierdie gebied onaanvegbaar. Dit is die grootste konsentrasie Afrikaners in Suid-Afrika. Die 1996-sensus toon dat daar reeds ‘n gebied in Pretoria-Centurion¬Wonderboom is waar Afrikaans deur 66,4% van die totale bevolking gepraat word. Die proses van verafrikaansing van ‘n deel van Pretoria soos voorgestel, duur steeds voort. Volgens syfers wat in Desember 1998 van Statistiek Suid-Afrika verkry is, is daar reeds dele binne die voorgestelde gebied waar Afrikaans in elkeen van die 140 opnemersgebiede deur meer as 50 % van die inwoners gepraat word. In totaal bevat hierdie opnemersgebiede reeds 389,656 Afrikaanssprekendes (72,6%) teenoor net 138,920 (27,4%) wat een van 26 ander tale praat. Volgens die wetenskaplike opname, soos beoordeel deur prof L Schlemmer, ‘n deskundige op die gebied van marknavorsing, blyk dit dat 76% van die Afrikaners in Pretoria etniese territoriale selfbeskikking ondersteun.
Die gedagte van Pretoria as hoofstad mag slegs geïmplementeer word indien dit met die selfbeskikkingsreg en historiese aansprake van die Afrikaner versoenbaar is. Dit is niks ongewoons dat ‘n staat se hoofstad ‘n bepaalde gefedereerde deelstaat binne ‘n federasie uitmaak nie. Selfs al sou Pretoria die hoofstad van Suid-Afrika word, kan dit nogtans ‘n deelstaat in ‘n gefedereerde Suid-Afrika wees. Dit beteken dat sy Afrikanerkarakter nie daardeur ingeboet hoef te word nie. Die Afrikaners bly steeds op outonomie binne hierdie historiese
2.4.4 Streeksoutonomie
Streeksoutonomie veronderstel dat die mense wat op selfbeskikking geregtig is, beperkte owerheidsfunksies oor ‘n bepaalde gebied en sy mense verkry. Die gebied vorm steeds volkome deel van die metropolitaanse gebied (die RSA). Die gebied moet egter sy eie owerheidsorgane kry wat wetgewende, regsprekende en uitvoerende bevoegdhede het. Streekoutonomie vir die Pretoria-Centurion-Wonderboom-gebied behoort dus naas die provinsies te bestaan in die vorm van ‘n tiende provinsie. Dit spruit voort uit die feit dat die Afrikaner in die gebied ‘n bevolkingsgetal het wat sodanige status regverdig, dat die gebied se ekonomiese posisie sodanig is dat dit op dieselfde vlak as sommige van die ander provinsies kan funksioneer en dat die mense owerheidsbevoegdhede kan uitoefen. In die lig van die vryheid wat die Afrikaner in hierdie gebied gehad het, sal enigiets minder as dit nie die Afrikaner se strewe na selfbeskikking kan bevredig nie. Magte waaroor streeksoutonomie verkry moet word, sluit die volgende in: onderwys, gesondheid, welsyn, landbou, plaaslike regering, provinsiale polisiemag, openbare media, provinsiale vervoer, provinsiale howe en die bevoegdheid om ‘n eie grondwet vir die streek op te stel. Wetgewing kan onmiddellik aangeneem word wat vir streeksoutonomie vir die Afrikaner voorsiening maak. In die verband het die Raad reeds die aangehegte wetsontwerp voorberei naamlik Die Wet op die Bevordering van Selfbeskikking vir die Afrikaner en die Regte van Minderheidsvolke in die Republiek van Suid-
Afrika.
2.4.5 Die Belgiese model as voorbeeld
Ooreenkomstig die Belgiese model kan ‘n eentalige Afrikanergebied in Pretoria (en waarby aansluit die “hinterland” van die Rayton¬Bronkhorstspruit-gebied wat steeds ‘n Afrikanermeerderheid vorm) afgebaken word soos in die meegaande kaart (Kaart ) aangetoon sodat die afgebakende gebied binne Suid-Afrika kan funksioneer. Die parallel met Brussel is daarin geleë dat net soos België in verskillende eentalige gebiede sowel as ‘n tweetalige gebied verdeel is, Pretoria ook verdeel kan word in ‘n eentalige Afrikanergebied en ‘n meertalige gebied.
2.5 Kulturele selfbeskikking
2.5.1 Kulturele selfbeskikking vir die Afrikaner is belangrik omdat hy sy besondere identiteit wil uitbou en beskerm sonder om die regte en belange van ander volke aan te tas en dat die konsep kulturele selfbeskikking toepaslik is vir ‘n volk wat nog nie oor outonomie in ‘n eie gebied of gebiede beskik nie.
2.5.2 Artikels 185, 186 en 235 van die Grondwet maak in beginsel kulturele en territoriale selfbeskikking moontlik, en kulturele selfbeskikking kan deur middel van vrywillig ingestelde rade vir gemeenskappe wat ‘n behoefte daaraan het, uitgeoefen word.
2.5.3 Vrywillig ingestelde rade vir die Afrikaner as ‘n groep met ‘n eie identiteit, kan ‘n praktiese meganisme ter bevordering en beskerming van sy regte en belange wees.
2.5.4 Daar bestaan ‘n noue verband en wisselwerking tussen kulturele en territoriale selfbeskikking en dat kulturele selfbeskikking nie teenstrydig met territoriale selfbeskikking is nie, maar kan dit juis bevorder en ondersteun.
2.5.5 Die begrip kultuur vanuit die Afrikaner se huidige situasie moet so wyd as moontlik gedefinieer word ten einde voorsiening vir wesenlike magte en bevoegdhede vir vrywillig ingestelde rade vir die Afrikaner te maak.
2.5.6 Kultuur-etniese maatstawwe sal geld vir die verkiesing en instelling van kultuurrade vir die Afrikaner.
3. AANBEVELINGS:
Die volgende aanbevelings word ten opsigte van die vier aangeduide gebiede en kulturele selfbeskikking gemaak:
Die Taakgroep se aanbevelings vir optrede deur die Regering en ondersteuners van die voorstelle is soos volg:
• Volkstaat-ontwikkeling in Noordwes-Kaap word aanbeveel as deel van die verwesentliking van Afrikaners se vryheidstrewe en vir vrede en stabiliteit in Suid-Afrika.
• Die gebied soos in die aangehegte kaart (sien kaart 1) omlyn, word voorgestel as ‘n gebied waarin ‘n Afrikaner-volkstaat tot stand kan kom. Die uiteindelike begrensing van die volkstaat sal deur ‘n verskeidenheid faktore soos Afrikaners se voorkeure vir vestiging en die omvang van Afrikaner-immigrasie bepaal word.
• ‘n Program om ordelike vestiging en maatskaplike ontwikkeling in die gebied te bevorder, moet toegepas word.
• Die Ontwikkelde program vir onderwys met ‘n Christelike en Afrikanervolkseie grondslag moet die basis van ‘n uitgebreide onderwys bedryf uitmaak.
• ‘n Grondwetlike program sal die grondslag uitmaak van onderhandelings met die regering op alle vlakke en die internasionale gemeenskap met die oog op ‘n volkstaat in die Noordwes-Kaap.
• Bestaande instellings moet uitgebou en nuwe instellings tot stand kom om ‘n volledige onderbou vir staatsontwikkeling te skep. Stappe moet oor die korttermyn gedoen word om Afrikaner-outonomie op plaaslike vlak, veral in die Orania-omgewing, tydens die nuwe afbakening van plaaslike regerings te verseker.
• Ontwikkeling moet voorlopig op kort en medium termyn moontlikhede konsentreer soos: die skepping van ‘n nuwe groeipunt, toerisme¬ontwikkeling, stedelike uitbreiding en intensiewe landbou en akkerbou¬ontwikkeling.
• Dringende stappe is nodig om kapitaal vir ontwikkeling te bekom en ondernemingskap te bevorder.
• Die Regering moet verseker dat bestaande en toekomstige wetgewing ruimte laat vir die uitvoering van hierdie voorstelle.
3.2 Die Bosveldgebied
Na aanleiding van die gevolgtrekkings wat die Bosveldtaakgroep hierbo gemaak het, word aanbeveel:
3.2.1 Dat die Regering ‘n verkose raad of liggaam vir die gebied (soort gelyk aan die huidige distriksrade) erken;
3.2.1.1 Dat die Raad met die volgende magte beklee moet word, naamlik: 3.2.1.2 die bevoegdheid om self belasting te kan hef en invorder; en 3.2.1.3 die bevoegdheid om oar sake soos onderwys, paaie, landbou, veiligheid, grondgebruike, besluite te kan neem.
3.2.2 Dat die Regering ‘n beleidsrigting sal volg om territoriale selfbeskikking vir die Afrikaner binne die Bosveldgebied te bevorder;
3.2.3 Dat die Regering wetgewing sodanig moet verander dat die uitoefening van voormelde magte bevoegdhede binne die Bosveldgebied verwesentlik kan
3.2.4 Dat die Regering voldoende finansiële ondersteuning moet verleen om die daarstelling van die voorgestelde Raad te bemagtig om die voorgestelde take te kan uitvoer.
3.3 Oos-Transvaal (Mpumalanga)
Die Taakgroep se aanbevelings vir optrede deur die Regering en ondersteuners van die voorstelle is soos volg:
3.3.1 Dit is noodsaaklik dat die werk van die Taakgroep voortgesit word; en dat die provinsiale regering die Taakgroep erken en finansiëel en andersins ondersteun.
3.3.2 Die daarstelling van ‘n provinsiale Afrikanerraad moet dringend aandag kry en die Regering word versoek om dit as sodanige Raad te erken en finansiëel te ondersteun.
3.3.3 Die totstandkoming van ‘n ekonomiese ontwikkelingskorporasie met die oog op ontwikkeling van ekonomiese bemagtigingsprojekte en geleenthede vereis verdere ondersoek.
3.3.4 Verdere ondersoek is nodig na die voorgestelde Handves van Afrikanerregte, sy versoenbaarheid met die Grondwet en die volkereg, en die gebruik daarvan in onderhandelinge om die regte van minderhede. Die aanwending van die dokument as ‘ n algemene Handves van Minderhede behoort aandag te kry.
3.3.5 Die daarstelling van staatkundige strukture vir die ontwikkeling van die aangeduide gebiede tot outonome kantonale deelstate. Die korridor ontwikkeling vorm ‘ n belangrike vereiste en gemeenskaplike projek.
3.4 Pretoria-Centurion-Wonderboom-gebied

 

Die Taakgroep vir die Pretoria-Centurion-Wonderboom-gebied beveel die volgende aan:
3.4.1 ‘ n Afrikanergebied behoort in Pretoria afgebaken te word soos in die kaart (kaart ) aangetoon, sodat die afgebakende gebied as ‘n outonome gebied binne ‘n gefedereerde Suid-Afrika kan funksioneer.
3.4.2 Wetgewing behoort so gou doenlik aangeneem te word soos hierbo en in bylae A voorgestel wat vir streeksoutonomie vir die Afrikaner in die Pretoria-Centurion-Wonderboomgebied voorsiening maak. Hierdie outonome gebied behoort die staatkundige magte te hê in ooreenstemming met die aard van streeksoutonomie wat in die bevindinge uiteengesit is.
3.4.3 Die meertalige gebied van Pretoria behoort soos op die kaart aangetoon, staatkundig te funksioneer in ooreenstemming met die Brusselmodel soos in die verslag van die Pretoria-Centurion-¬Wonderboom-taakgroep van die Volkstaatraad uiteengesit is. Dit behels dat die verskillende taalgroepe staatkundig erken moet word en dat maatrëels ingebou moet word wat sal verhoed dat een taalgroep ‘n ander staatkundig oorheers.
3.5.1 Rade vir die Afrikaner wat op vrywillige grondslag op die plaaslike en provinsiale vlak tot stand kom, behoort as spreekbuis en waghondstruktuur vir Afrikanergemeenskappe op die betrokke owerheidsvlak erken te word.
3.5.2 Die bogenoemde rade, behoort geldelike en ander ondersteuning van die owerheid te ontvang, soos reeds die geval is met sekere nie¬reg eri ng sorga ni sa sies.
3.5.3 Dat sodanige rade deur middel van wetgewing gemagtig word om kulturele magte en bevoegdhede ten aansien van die Afrikaner namens die uitvoerende gesag uit te oefen.
3.5.4 In die lig van die bogenoemde moet die regte van die gemeenskappe genoem in artikel 185, so spoedig moontlik duidelik uiteengesit word.
1. Dat die Regering die verwesenliking van Afrikanerselfbeskikking in die vier aangeduide gebiede aanvaar;
2. Dat die regering die nodige wetgewing so gou as moontlik aanneem om die aanbevelings van die vyf Taakgroepe in ooreenstemming met die aanbevelings uit te voer;
3. Dat die Regering dringend aandag moet skenk om deur middel van wetgewing • n verteenwoordigende Afrikanerraad in te stel ten einde uitvoering van die voorstelle te verseker.

джип на радиоуправлениилобановский александр компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.