praag.co.za

Kaptein Piet Croucamp se spekskietery

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

‘n Engelse woord vir ‘n seerower, “buccaneer”, is van die Franse term “boucanier” afgelei. Laasgenoemde verwys na die gewoonte van Franse jagters op Karibbiese eilande soos Haïti om vleis van wildevarke te rook op ‘n houtraam, en is ook die stam van die Engelse woord “bacon”.

Die fiktiewe kaptein Jack Sparrow, uit die rolprente Pirates of the Caribbean, se oorspronklike beroep is dus baie minder romanties as wat dit mag klink. Daardie groot intellektueel van die Universiteit van Johannesburg, dr Piet Croucamp, wat lyk na die liefdeskind van Koos Kombuis en Jack Sparrow agv sy gewoonte om met ‘n belaglike kopdoek aan in die openbaar te verskyn, het varkjagtery egter een stappie verder geneem, en boucaniers sommer tot ‘n volk verhef.

Want sien, kaptein Jack Croucamp reken hy is g’n Afrikaner nie, want Afrikaners bestaan volgens hom nie as etniese groep nie. Op Afriforum se werf Maroelamedia.co.za, nogal. O, die ironie dat hy dit in Afrikaans, die taal van die Afrikanervolk, moes doen, op ‘n werf wat aan ‘n Afrikaner-organisasie behoort!

Volgens kaptein Croucamp bestaan daar g’n so ‘n ding soos ‘n Afrikaner as ‘n etniese groep nie, laat staan nog ‘n Afrikanervolk. Afrikanerskap, volgens kaptein Croucamp, is bloot ‘n “lelike ideologiese konstruk”. Nie net bestaan Afrikaners as volk of dan etniese groep nie, maar ook is baie van ons van ‘n lae intelligensie, en kru-rassisties. Seg ‘n volwasse man wat soos ‘n seerower aantrek, maar dan van ons verwag om hom ernstig op te neem. Só dom is ons, dat ons glad nie eens begryp wat op die Praagwerf geskryf word nie. Dit is net intellektuele met kopdoeke wat werklik kan begryp wat Fransi Phillips skryf.

Ek moet daarom ook sommer onmiddellik jammer sê, my kaptein, sou jy hierdie lees, want ek weet jy gaan ‘n probleem hê met my gebruik van die term Afrikaner as ‘n naam vir my volk. Volgens jou is dit mos ‘n blote ideologiese konstruk en ‘n rookskerm vir rassisme. Beskou “Afrikaner” dus maar as my oningeligte, dom, rassistiese naam vir blanke, Afrikaanssprekende inwoners of voormalige inwoners van Suider-Afrika, wat meestal Protestantse westerlinge is en die eiesoortige, inheemse Afrikanerkultuur aanhang. Laasgenoemde is egter ‘n hele mondvol om elke keer van voor af te moet tik, en al beskou jy wat kaptein Croucamp is dit as ‘n blote sosiale konstruk, lyk laasgenoemde vir my na die definisie van nie net ‘n etniese groep nie, maar ook inderdaad na die teksboekdefinisie vir ‘n volk.

Wat sal ek egter weet? Nie net dra ek nie ‘n kopdoek nie, maar het ek ook ‘n regte werk en hou ek my lyf nie akademikus, wie se salaris deur Afrikanerbelastingbetalers betaal word, in die sagte sogenaamde wetenskap van die sosiologie, nie.

Wat kaptein Croucamp egter nalaat om te doen, in sy kwasi-intellektuele tirade op die bogenoemde werf, wat kennelik net deur kopdoekdraers begryp kan word, is om ons ou dom, rassistiese Afrikaners in te lig aan watter nasie hy wat kaptein Croucamp is, dan kwansuis behoort. Kaptein Croucamp praat Afrikaans. Hy is blank. Hy het net een eggenoot, sover ek bewus is, en sy kind woon selfs ‘n Afrikanerlaerskool by. Hy dans nie soos Helen Zille op die Afrika-manier op verhoë nie. Duidelik is hy dus nie, soos president Zuma, ‘n Zoeloe nie.

So terloops: President Zuma, anders as kaptein Croucamp, is nie verward oor wie en wat hy is nie. Hy is ‘n tradisionele Zoeloe. Hy is gemaklik in sy eie vel en tussen sy veelvuldige vrouens en kinders. Wonderlik hoe bevrydend dit moet wees om nie so hooggeleerd te wees soos kaptein Croucamp nie, en dus nie aan intellektuele angs en identiteitskrisisse blootgestel te moet wees nie.

Daarom, as dom, rassistiese Afrikaner, wag ek as’t ware op die kaptein (jammer, Elsa Joubert), om ons in te lig oor watter etniese groep kaptein Croucamp aan behoort. Sou hy sê hy is ‘n Suid-Afrikaner, vra ek hom mooi om vir ons te verduidelik hoe sou mens ‘n Suid-Afrikaner by ‘n VN-vergadering uitken? Watter taal praat hy? Is hy lig of donker van vel? Wat is sy kultuur? Aanbid hy voorvadergeeste of is sy godsdiensbegrip meer verwant aan Calvyn se sienings? Slag hy beeste in sy agterplaas tydens begrafnisse of bak sy vroulief melktert? Wees asseblief so gaaf, kaptein Croucamp, en verskaf dan vir ons die naam van die volk waaraan jy behoort, asook ‘n definisie van daardie volk, verkieslik in woorde van net een lettergreep elk, sodat selfs ek dit kan verstaan.

Al wat ek kan dink is dat kaptein Croucamp homself sien as ‘n etniese boucanier, maar dit klink vir my heeltemal te veel na ‘n spekskietery.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Lees ook Gustav Venter se rubriek: Piet Croucamp se algemene probleem met Afrikaners

Comments

81 responses to “Kaptein Piet Croucamp se spekskietery”

  1. Nog-A-Mens Avatar
    Nog-A-Mens

    Die probleem is dat jy nie ‘n Afrikaner kan wees nie as jy gay is, al voldoen jy aan die definisie van Afrikanerskap. Afrikaners erken nie gay persone as deel van die “tribe” nie. Ek het die vraag gevra, en die antwoord was duidelik volgens Godswoord is gay mense uitgesluit van Afrikanerskap.

    1. JvNk Avatar
      JvNk

      Dis nie hoe ek my Bybel lees nie. Homoseksualiteit en ander sondes word wel in die Bybel veroordeel, maar daar is nie ‘n stuk waarvan ek weet wat sê dat sondaars nie deel mag wees van ‘n volk nie, want anders was daar geen volke hoegenaamd nie, want mense sonder sonde bestaan nie.

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      AG liewe genade tog alweer n gekerm oor
      diskriminasie en spesiale regte vir Gays – Julle lig julleself uit die
      Afrikanervolk uit – ek kan my net voorstel dat hetroseksuele mense elke dag n
      gekerm opsit oor hulle hetroseksueel is en nou op spesiale regte aanspraak maak,
      en dit in almal se persoonlike spasie opdruk.

      Dit is mos kranksinnnig – wat het die volgende
      persoon te doen met jou seksualiteit? Kry perspektief dat dit gaan om mense nie
      om hulle seksuele voor of afkeure nie en funksioneer soos n mens. Hou jou
      skaapkamersake privaat – niemand anders stel daarin belang nie. Die Bybel gee
      duidelike riglyne daar rondom maak dit vir jouself uit en moet nie nader mense
      verplig om namens jou te besluit omdat jy self nie kan nie – dit is jou private
      saak en as jy n gelowige is nogsteeds jou saak tussen jou en jou
      Saligmaker.

      1. jas stegmann Avatar
        jas stegmann

        Terug na die eintlike onderwerp en weg van mense wie se borste baie maklik toetrek en goed in mense se persoonlike spasie opdruk en onnodig sensitief is in sekere areas, dis weer goed geantwoord, Manfred.
        Maar Piet die Boekanier sal nie leer nie, hou gerus maar enige spasie, persoonlik of onpersoonlik, waar Piet die Boekanier opduik, hy sal maar telkens op jingoïsties Engelse manier afgaan, ure lank en boeke vol, oor hierdie nie-bestaande Afrikaners.
        Dis maar hoe Piet en sy medestanders wys gemaak is deur geeste aan die UJ soos Albert Venter.
        Hulle is soos Abdoel en nog ‘n gammat op die see, in hul skippie en lekker voor en Abdoel vra vir die gammat wat hy gaan doen as daar ‘n “stormpie” opkom, dan sê skipper Gammat dan gooi hy ‘n “ankertjie” uit, dis nou nie ‘n ankertjie brandewyn nie, so nooit, dit drink ‘n mens.
        Maar Abdoel is onkeerbaar beswaard oor die moontlikheid van ‘n storm en hy vra seker tien maal: “en as daar nog ‘n stormpie opkom?”
        Maar steeds, of al harder, vermoed Abdoel onraad en wat hy wel in die volgende woorde verwoord: “En waar kry jy al die ankertjies!”
        Gammat wat daar op die oop en nat see droog antwoord: “Waar jy al die stormpies kry!”
        Maw, elke keer as ons denkbeeldige Afrikaners ‘n stormpie vir Piet die Boekanier veroorsaak, gooi vir hom ‘n ankertjie uit soos dié een waarmee jy ons vanoggend vergas het. En wie weet, dalk red een van jou ankertjies nog Piet die Boekanier se lewe.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Jas Stegman – baie dankie vir die kompliment om my Manfred te noem maar ek is sommer maar net Riempies en nie naastenby op die vlak van bekwaamheid met insigtelike bewoording soos Manfred nie. 😉

          1. jas stegmann Avatar
            jas stegmann

            Ag, vat maar die kompliment! Ek verseker jou dis goed bedoel. As Piet die Boekanier net ook ‘n paar goeie bedoelings wil vat. En hy gee darem lang definisies van wat hy as niks beskou. Terloops (en hierdie is nou nie ‘n definisie van ‘n Italianer nie), hoe boer jy met niks? Jy plant macaroni, dan kom net die gaatjies op.

          2. Riempies Avatar
            Riempies

            Nee maar dankie vir die kompliment – ek kry hoeka so min daarvan – Ek wonder of ons boere al probeer het om macaroni te plant want so waaragtig hulle sal hom maak opkom en groei.
            Boer maak n plan het nie sonder rede in die volksmond geland nie 😉

          3. renier Avatar
            renier

            Riempies, skies ek gebruik hierdie forum maar ek weet nie hoe anders. Dit smaak my ek en jy sal baie dik stukke gesels. As jy wil, mag ek jou e-pos adres kry. Myne heet vantonder.renier@gmail.com Vreeslik dankie

      2. Matt Heyns Avatar
        Matt Heyns

        Die Bybel (mites+metafore+allegorië+leuens)
        is die naam van daai sexy bikini girl wat in enige bed sal slaap. Haar naam is Venus. Sy is n klein dogter van die son god Apollo. So, the most precious heritage of the heathen temples (Churches/Circe) became clothed with a cover on which is a name derived from a goddess.

        1. Marthinus Wessels Avatar
          Marthinus Wessels

          Ek dog jou naam is Ken Warnigh.

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Noem hom sommer “Ra”

          2. Marthinus Wessels Avatar
            Marthinus Wessels

            Ra-ai die skisofreen.

        2. Riempies Avatar
          Riempies

          Haai nooit nie Matt is jy seker? jy klink vir my so half deurmekaar!

        3. De Juur Avatar
          De Juur

          Matt Heyns = Ken Warnigh = Jas Stegman = Volken Idioot.

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Hehehe!!!
            Lekker gelag vir dìe een.
            Hierdie identiteitlose Afrikaners het darem humor.

        4. renier Avatar
          renier

          Oe jy is verdwaal…..!!!

      3. renier Avatar
        renier

        Ek wou nou lekker lag maar moes myself weerhou. Dis darem seker ‘n ernstige saak….mooi gestel Riempies….(bwa ha ha)

    3. Marthinus Wessels Avatar
      Marthinus Wessels

      Hoe voldoen jy aan die definisie van Afrikanerskap as jy homoseksueel is? En dan wil ek by jou weet WAT is die definisie van Afrikaner wees?

    4. De Wet Avatar
      De Wet

      Het julle NIA manne nie beter dinge om met julle tyd aan te vang nie ?

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        De Wet die manne kry ook maar nie baie stimulasie
        deur gesprek met hulle meerderes nie gun hulle maar n bietjie saam gesels in goeie geselskap terwyl hulle hulle opdragte uitvoer om ons verraderlik te probeer verlei in die afrgrond van die tronke in.

        1. De Wet Avatar
          De Wet

          Ja, ek sien die slange is listig… ons moet hulle fyn dophou.

    5. Renier Avatar
      Renier

      Shame ou. Ek voel jou pyn maar ek kan nie help om met Mathinus Wessels hieronder saam te stem nie. Sterkte!

  2. gas Avatar
    gas

    Manfred, ek sien NI het hieronder weer toegesak op Praag met hulle verdelingstaktiek oor ‘n onderwerp wat niks te make het met Spekkop Piet nie. Jy moet asseblief ophou om sulke uitstekende menings te skryf. Hierdie arme agente se breine gaan binnekort heeltemal uitbrand van al die kortsluitings wat jy veroorsaak. Have a heart, ou!

  3. Seg Net Avatar
    Seg Net

    Daar is twee geslagte, deur die Here geskape, met ‘n sekere doel. Indien dit nie sou moes gewees het nie sou daar slegs een geslag geskape gewees het.
    Homoseksueel is sonde, skandelik en hoort nie in enige Christelike gemeenskap met morele waarde nie.

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Croucamp probeer so hard om die teenoorgesteld van Verkramp te wees.

  5. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Was daardie seerower skepe nie ook vervuil van rotte nie???/

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Genade Arnie het julle manne se skersinnigheid nie einde vandag nie ek het al pyn op my maag van al die lag!!!!

      1. Albert Brenner Avatar
        Albert Brenner

        Het nou lekker gelag, dankie 🙂

      2. Gas Avatar
        Gas

        Nee man met ‘n ‘n deurtrekker aan. Studente het mos ‘n paar jaar gelede die ou siel geterg deur ‘n deurtrekker in sy klas aan te trek.

        1. Arnieann Avatar
          Arnieann

          Word ‘n deurtrekker ook ‘n “Stertriem” genoem??

    2. Tine Avatar
      Tine

      Wie teken so oulik?

      1. Arnieann Avatar
        Arnieann

        My broer se skoonseun.
        Woon hier naby my.

        1. Albert Brenner Avatar
          Albert Brenner

          Lyk my ons het Praag se Zapiro ontdek.

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Hy wil graag spot met die manne wat ons haat.
            Hy wag vir voorstelle en persone om die gek mee te skeer.
            Laat hoor gerus van julle.

          2. Albert Brenner Avatar
            Albert Brenner

            Pokkel-dwerg Anton van Niekerk… en sy `gevleulde` lesenaar asseblief 🙂

          3. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Stuur sy besonderhede en inligting vir my asb.
            arnieann@lantic.net

          4. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Met of sonder ‘n neus wat bloei???
            En ‘n onderstebo lessenaar?? Hehe.

          5. Riempies Avatar
            Riempies

            Nee waar sy mammie sy gebrande boudjies salf smeer en poeier gooi terwyl hy bloumoord skreeu vir sy bottel.

  6. Kaptein Péter Avatar
    Kaptein Péter

    As jule Piet Croucamp se artikel mooi lees sal julle agterkom hy disassosieer homself nie van Afrikaners as sulks nie, maar van die misbruikte vorm van die naam Afrikaner wat onder andere rassisme en vêr regse politiek insluit.

    1. JvNk Avatar
      JvNk

      Piet Seerower skryf: “Die konsep “Afrikaner” het waarskynlik lankal nie meer die nominale inhoud van ‘n etniese groep nie.”

      Dus, doodreg, ja, hy disassosieer homself nie van Afrikaners nie, want volgens ou Kopdoek Piet bestaan Afrikaners as etniese groep nie eens nie. G’n mens weet aan watter etniese groep Piet Kopdoek homself wel sien behoort nie – miskien is hy ‘n ANCkaner of ‘n Guptatopiër.

  7. Albert Brenner Avatar
    Albert Brenner

    Regtig netjies geskryf Manfred… het lekker gelag.

    “…Kaptein Croucamp,… verskaf dan vir ons die naam van die volk waaraan jy
    behoort…“

    Croucamp behoort aan die Volk van Golum. Hierdie unieke volk word gekenmerk deurdat dit wat hulle sê en doen, altyd hemelsbreed van mekaar verskil.

    Soos byvoorbeeld Pik Botha, n ingeskrewe lidmaat van die ANC… wat die Ring van Mag (die ANC) skel, maar dit nooit sal laat vaar nie.

    http://www.youtube.com/watch?v=TxYyIphFggc

    http://www.youtube.com/watch?v=wJEHTCOMxnE

    1. Dan Roodt Avatar

      Wat interessant is in hierdie twee video’s is dat op die ouer video sien Pik Botha die ANC as die vyand maar in die nuwe video verwys hy na die “regse Afrikaners” as die vyand tydens die tydvak van oorgawe aan die ANC. So pas lees ek so bietjie rond en bont oor Carl Schmitt se onderskeid tussen Feind en Freund, wat volgens hom die uiteindelike bepaler van kollektiewe identiteit is.

      Piet Croucamp is eintlik ‘n volgeling van hierdie Nasionale-Party-denke in sy terminale fase van selfmoord, oorgawe en dekadensie. Hy beskou die patriotiese of kultuurgetroue Afrikaner as die vyand terwyl die ANC vir hom die “vriend” is.

      1. Albert Brenner Avatar
        Albert Brenner

        Ek stem saam. Dit blyk of Croucamp die Afrikaner in terme van hostis sien, maar terselfde tyd ook die Afrikaner as inimicus voorhou… wat eintlik redelik skisofreenies is want hy is self n Afrikaner.

        Maar gesien in die lig dat Croucamp se geliefde `Suid Afrikaanse Volk` (m.a.w. Mandelatopiane in Mandelatopia) eitlik nie bestaan nie… en dus geen werklike politiese identiteit het nie, moet hy noodgedwonge n vyand `konstrueer/vind` om sy voel-goed skimbeeld `volk` bymekaar te probeer hou.

        Soos Schmitt tereg gesê het,

        „Solange ein Volk in der Sphäre des Politischen existiert, muß es, wenn
        auch nur für den extremsten Fall – über dessen Vorliegen es aber selbst entscheidet – die Unterscheidung von Freund und Feind selber bestimmen. Darin liegt das Wesen seiner politischen Existenz.“

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      Pik Botha het nie eens genoeg integriteit om self gif te drink nou dat sy verraderlikheid so uitgewys word nie. Hier waar hy die arme Afrikaners so belieg het hulle nie n idee gehad dat hy wat Pik Botha is in opdrag van Kissenger sy skoothondjie mede veraaier Roelf Meyer – al twee jaar
      terug opdrag gegee om ons weermag aan die ANC terroriste te oorhandig. Hierdie arme mense het niks geweet daarvan dat hulle nie eens meer n weermag het nie.

      Hierdie twee sal swaaaaaar doodgaan baie swaar.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Ek wil nog die volgende byvoeg:

        Naspers moet maar nog n keer dink as hulle dink dat hulle vir Pik Botha – FW de Klerk Roelf Meyer of enige van die ander veraaiers in die openbaar weer n voet wil gee om die opstandige Afrikaners onder beheer te kry – ons ou volkie is naief – nie onnosel nie.

        Nou die dag se Pik Botha storie het nie by ons verby gegaan nie – ons wag vir julle.

  8. De Juur Avatar
    De Juur

    Kom ons kry sy naam net reg : Kaptein Gatcramp.

    1. De Wet Avatar
      De Wet

      Tegnies gesproke, GatKramp , , ,

    2. Davy Jones Avatar
      Davy Jones

      Nee.. Kaptein Kopdoek. Hy kon nog nie ‘n skip steel nie – intussen ry hy sy Harley. Lekker “cool”. (En daai foto met die hand voor die mond en skelm ogies het niks te doen met leuens uitdink nie – hy check een van die eerste-jaar “skirts” uit en wonder of sy hou van “bikes”? Die kopdoek is om die bles weg te steek – hy kan dit aanvaar as hulle hom “Oom” noem – net seblief nie “Nee Oom” nie.

      Sy haat vir Afrikaners is gebasseer op die feit dat die “regses” en “verkramptes” – (soos hy nou die oggend op RSG die gesprek weggeswaai het van die onderwerp :”Die nuwe partye se moontlike impak op die 2014 rasse sensus, -ag sorrie, verkiesing” – na 20 minute toe hy sy eerste “gap” kry, en toe sommer sy “labelgun” uitpluk vir Dan, Steve en Sunette) – IS DAT:

      Die feit dat die feite van vandag die “regses” en “verkramptes” vindiseer maak sy ego sleg seer. So hy projekteer bloot sy selfhaat, en frustrasie met sy eie gebrekkige insig op diegene wat nog altyd geweet het wat gaan gebeur. En dit beinvloed sy “cool” geit en aftrek by die “skirts” geweldig baie..

  9. Chris Avatar
    Chris

    Wat net vir my baie interessant is dat al hierdie liberale drek daar uit die omgewing vandie homoseksuele hoofstad van die wereld kom.Wonder of daar dalk n konneksie is tussen homo en libtard?

    1. Dan Roodt Avatar

      Piet Croucamp kom van Suidwes af en besit blykbaar nog ‘n plaas daar wat hy nie aan Swapo geskenk het nie.

  10. renier Avatar
    renier

    Aag man!! Manfred, om jou skrywes te lees is lekkerder as ‘n goeie fliek! Verduidelik net gou asb, jy praat van “kopdoek” die en “kopdoek” daai. Jy het ook Koos Kombuis se naam genoem. Ek is nie so goed bekend met die Croucamp kerel nie. (het ek iewers aan die slaap geraak?)
    Elk geval, jy maak ‘n baie baie goeie en belangrike punt. As die spul selfhaters dan nou nie Afrikaners is nie, wat sou hul hul self noem? Dis nogal redelik belaglik is dit nie…..?

    1. Manfred Delport Avatar
      Manfred Delport

      Antwoord die foto jou vraag? Lyk soos ‘n kruis tussen Jack Sparrow en Rodin se “Die Denker”, nie waar nie?

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Manfred – dit is waar hy staan soos iemand wat diep dink – die hand voor sy mond egter se hy dink skelmstreke uit?

        1. Manfred Delport Avatar
          Manfred Delport

          Riempies – Filosofiekafee op Kerkplein is ‘n gawe plek. Hulle laat alle menings toe – selfs libgestremdes s’n.

        2. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Dit laat my dink aan “O die donkie”
          “Hy staan en dink waar die muishond stink”

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Dit is nou n paslike metafoor hehehe

    2. Rifrug Avatar
      Rifrug

      Nee, Renier … jy het nie aan die slaap geraak nie … GatKramp … skuus ek bedoel Croucamp is ‘n professor by die Universiteit van Johannesburg wat BAAIE nonsens praat oor Afrikaans en Afrikaners. So lyk die aap…

      1. Wim Kotze Avatar
        Wim Kotze

        …klaarblyklik besig om sy vinger af te lek nadat hy die tor terug gesit het.

      2. Eric Bornman Avatar
        Eric Bornman

        proffie het te veel van “daai goeters” in die groen bottel langs hom ingekry…. by watter “biker gang” is hy lid?

    3. Riempies Avatar
      Riempies

      Jy moet nou asseblief nie die indruk skep dat mens hulle as deel van die Afrikanervolk wil beskou nie – in so n geval wil ek dan liewer n Filistyn word.

      1. renier Avatar
        renier

        Presies korrek. Soos iemand eendag aan my genoem het….as die Pous (of Tutu) ‘n christen is, dan is ek definitief NIE een nie

  11. renier Avatar
    renier

    He he he. Dankie Mnr Delport!!!!

  12. renier Avatar
    renier

    Dankie Rifrug. Ek verstaan…he he he.
    Het nou net die onderstaande skakels ingegaan en na Pik gekyk. Amper gekots. Lees eendag Adv PJ Pretorius se boek “Volksverraad”
    Nie ‘n lekker lees storie nie maar vol feite. Dis is angswekkend hoeveel mense in gesag (ministers, presidente, ens ens) deel van die illuminati is/was

    My (huidige) persepsie is dat NIEMAND vertrou kan word. Geld praat baie hard

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Ongelukkig moet ek met jou saamstem.

      ‘n Groot deel van die Afrikaner se voorgeslagte is egter in die geldmag vasgelê – is dit nie maar wat die VOOC van destyds was nie? Die groot maatskappy wat goed elders gaan haal het om in Europa te verkoop.

      Die res van ons volk het gebeur toe die hugenote en ander vervolgdes hier aangeland het. Daar was ook ‘n klompie wat vryburgers wou wees.

      Selfs baie van die wat noord getrek het was blykbaar vrymesselaars, kyk ook hoeveel joiners het in die vyrheidsoorlog vir vergoeding teen hulle landsgenote gespioneer en bakley – so hierdie liefde vir blink goetertjies was nog altyd deel van ons volk. Die voorspoed van die jare 60 en 70 (dalk nog vroeër) het hierdie kraaie beheer oor hulle volksgenote gegee (Die res was ongelukkig te naief om te weet wat regtig aan die gang is). Hierdie kraaie het dan ook so lafhartig opgetree en die Afrikaner wat onder hulle voogdyskap beland het, vir die wolwe gegooi.

      Ons moenie op prinse vertrou nie – dit is wat ons gedoen het en die lag daarvoor betaal. Ons durf nie weer iemand anders as onsself met ons volk se vryheid vertrou nie – dit is bloot te kosbaar.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Jy laat my nuou dink aan Langenhoven se gespot met sy vrou wat nou ook met die ryk volstruisveer boerdery bure wou kompeteer om ook n lady companion en n huisie by die see wou he. Met die het hy toe n ou trem en n olifant Harry gekoop dat sy sommer enige plek kon gaan vakansie waar haar gemoed en wil haar heen gevoer het en dan was daaar ook genoeg pakplek vir Engela (hulle dogter) se klere. 😉

        Rykdom was van vroeg af die Afrikaner se status en ondergang.

  13. De Wet Avatar
    De Wet

    Piet Croucamp soek net publisiteit om aandag af te lei van sy swak akademiese prestasie, want die man het in 2009 laas iets intellektueels bygedra tot die samelewing. So ek is bevrees sy politieke toertjies gaan nie help om sy luiheid weg te steek nie. Ek stel voor hy word “bevorder” vanaf lektor na junior lektor (verkieslik op proef).

    http://www.uj.ac.za/EN/Faculties/humanities/departments/politics/about/Staff/Pages/DrPietCroucamp.aspx

  14. Riempies Avatar
    Riempies

    Ek vind dit skreeusnaaks van hierdie “geleerdes” se
    gespring op n seepkissie en gepratery oor politiek dat die spoeg so spat – wat
    vir my nog meer amuseer is hulle lyftaal van ongefundeerde eie belangrikheid en
    almal se kitaar is ingestel op een snaar wat uitgesaai word vir die blankes met
    die swartes in die oog en agterkop.
    Hierdie einste Piet kopdoek het my al laat
    lag vir sy lyftaal dat ek amper nie my asem kon terugtrek nie. Lyftaal kan nie
    lieg of weggesteek of beheer word nie.

  15. Johan van Wyk Avatar
    Johan van Wyk

    Tot en met 1902 het die Boerevolk geheers oor Transvaal, Stellaland en die Vrystaat.
    Die Britte het geheers oor Natal en die Kaap, insluitend Kimberley.

    Vanaf 1902 tot en met 1961 het die Britte geheers oor die hele Suid Afrika.
    Vanaf 1961 tot en met 1994 het die sg. Afrikaner geheers oor die hele Suid Afrika.
    Vanaf 1994 heers die zulu oor die hele Suid Afrika.

    Volgens Croucamp moet die Boer nou destinct wees en so ook die Afrikaner.
    Die Brit is darem nog nie destinct nie.

    O die evolusie darem.
    Wat se tipe klasse gee Croucamp nou weer?

    Die Boer het geheers oor sy area vir 64 jaar.
    Die Brit vir 59 jaar.
    Die Afrikaner vir 33 jaar.

    Die Afrikaner moet dan sekerlik die jongste volk wees in geskiedenis wat destinct geword het.

  16. Ook deur die Volk verwerp Avatar
    Ook deur die Volk verwerp

    Die lesers van hierdie webwerf ly aan lesersbegrip-gebrek
    sindroom.

    Dit is tog duidelik dat Piet hom distansieer van die tipe
    definisie van Afrikaner wat rassistiese, diskriminerende en die
    negatiewe van nasionalisme propageer.

    Baie van die lesers is baie krities teenoor Kaptein Piet, maar hy
    is die enigste persoon waarvan ek weet wat Kolonel Eugene de Kock in
    die tronk besoek en wat poog om hom vrygelaat te kry. As daar enige
    persoon is wat ooit geveg het om die ANC aan bande te le, en die
    gruwelooslike organisasie se terreurdade te beveg, was dit Eugene. Hy
    verdien alle nie ANC ondersteuners se ondersteuning. Sy familie
    behoort deur nie ANC ondersteuners onderhou te word.

    Kom ek stel dit duidelik, geen een van julle groot bekke het
    soveel gedoen soos Eugene in die ou Suid-Afrika om die ANC se
    geweldadige optrede te beveg nie, julle het nie een die ballas om te
    doen wat hy gedoen het nie. Julle is nie een bereid om te veg vir
    Eugene se vrylating nie, julle sal ook nie geld insamel om sy familie
    te versorg nie, en nog minder sal julle Eugene in die tronk besoek of
    groete en ondersteuning briewe en kaartjies aan hom stuur nie.

    So hou julle bekke oor Piet.

    1. De Juur Avatar
      De Juur

      Ag jinne ou Aapzaniese uitwerpsel… Ou Eugene het al self probeer gatkruip by jou geliefde kroeskop boggom-boeties en homself ontbloot as ‘n closet-liberalis wat kwansuis teen rassisme en apartheid gekant is. So, wie de vólk gee nou ‘n vólk om, huh ? Geen wonder jou doek-draende agtermekaar-pêl Cêptain Gatcramp is dik boesemvrinne met Eugene nie. Miskien besoek hy hom in die selle om so saam-saam ‘n ou gladde sepie op te tel, soos ware “double adaptors”, nê. Ou “anti-homofobiese” purper-rokkie -draende Tutu Baboontu met die gangsta bling-bling om sy primaat nek sal baie trots op julle tweetjies wees. So… gaan vlieg byvoorbaat in dzhou mhoúrr in.

      1. Ook deur die Volk verwerp Avatar
        Ook deur die Volk verwerp

        Jy bewys net my punt. Eugene moet op eie stoom sy eie vrygheid bewerkstellig. Jy en jou wit boggom-familie slaap lekker en vreet aan die vrugte van die nuwe Jerusalem; welke prys het jy betaal vir die voorreg ou Hoofman van alle Wit Boggoms? Dit is te danke aan ouens soos Eugene dat jy en jou ongeletterde mede Afrikaner-boggoms elke dag hier op die Net ‘n klomp strontium kan kwyt raak, in julle BMW’s ry en drink pramfien en klippe drink, en drome droom en gesigte sien van ‘n volkstaat, dit is sekerlik van al die aaptwak wat julle rook.

        Jy het lekker in Europa gesit en aaptwak rook terwyl ouens soos Eugene sy lewe gewaag het en sy reg om saam met sy familie te wees toe en nou, sodat jy met sagte poefter-handjies jou lewe kan uitlewe.

        In elk geval is die meeste moffies meer van ‘n man as wat jy ooit sal wees, en meer van ‘n vrou as wat jy ooit sal kry om in jou belang te stel.

        1. De Juur Avatar
          De Juur

          Hahaha… en jy, die edele verwerpte agtergeblewende liberale klontkop skryf seker daar op jou pramfien aangedrewe ‘comptuah’ vanuit jou sink kaja in downtown Soweto, nê ? Jy bly seker nie in ‘n wit apartheids-paleis met hoë mure en elektriese heinings omring – á la “gekoopte apartheid-styl” nie, nê ? En jou kinders gaan seker nie na ‘n wit (privaat) skool nie, nê ? En jy stoot seker elke dag jou draadkar na die plaaslike shebeen toe, nê ? Jy besit seker geen moderne voertuig nie, nê ? En jy loop seker steeds kaalvoet met ‘n gatriem in die veld, nê ? Hahaha… Tipiese grootbek wit tweegesig liberale klont !

      2. Johan van Wyk Avatar
        Johan van Wyk

        Verkeerd – Eugene was nog nooit ‘n volksman soos jou denkwyse dink nie. Hy was ‘n doener, nie vir geld nie, doener.
        Sy naaste vriende was swartes, nie wittes nie. Betekende nie dat hy met swartes geslaap het soos jy nou sal dink nie. Hy het verkies om met sy askari’s te werk, harde swart manne, met shavi. Jy weet seker wat shavi beteken.

        Hierdie selfde shavi swartes hardloop vandag nog steeds, hulle is nerens welkom nie. Inteendeel is hulle nog “wanted”. Nie in moord dossiere nie, maar in werklikke lewe deur Umkonto We Sizwe.

        Eugene was ‘n soldaat – is hy nog steeds een? Nie vir my of vir jou of vir enige ander volk nie.

        Jy ken mos nou maar goed die ou boekies wat ons almal moes doktorieen – Ruiter in Swart, Grensvegter – Rocco de Wet, Kid Colt en vir die vrouens Tanya die Vegter en vele ander.

        Alle manne wou Grensvegters word, die terroris op sy allie laat kyk. Vrouens wou helde versorg – begin dink voordat jy weer skryf.

        1. De Juur Avatar
          De Juur

          Aanhaling : “Sy naaste vriende was swartes, nie wittes nie. ” Nou maar dis presies die tipe wit gemors wat my walg. So… vólk hom en vólk sulke wit gemors en vólk jou ook. Laat hy daar sit toty hy die dag groet. Ek voel ‘n veer. Ek het geen tyd vir kffferboeties nie. Vlieg in dzhou mhoúrre in. Ek stel nie belang in jou vervelige cacstories nie.

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      Ook-deur-die-Volk-verwerp –

      Dit is tog duidelik dat ons Afrikaners ons distansieer van die tipe
      definisie van jou en Piet wat rassistiese, diskriminerende en die
      negatiewe nasionalisme jeens die Afrikanervolk propageer.

      Jy en Piet beide ly ernstig aan identiteits begrip-gebrek sindroom.

      Soos Staal Burger gese het – Gaan weg —— Gaan ver weg!

      Naskrif: Hoeveel het jy ingesamel vir Eugene de Kock en wat doen jy vir sy familie?

      Gaan terug op jou geskiedenis spore en gaan soek na jou identiteit wat jy of jou voorgeslagte erens verloor en alleen dan – as jy dit opgespoor het kwalifiseer jy om hier te praat.

    3. Johan van Wyk Avatar
      Johan van Wyk

      Ken jy vir Eugene de Kock?

      Ek ken hom wel. Daar is nie veel moeite wat hy moet doen om die arme drommel Piet Croucamp se gedagtes te vat nie. Inteendeel kan my 9 jarige seun dit ook doen.

      Dat hy nou in kompetisie is met Eugene en hom een keer ‘n week gaan besoek, maak hom nou nie vryheidsvegter vir Eugene nie. Inteendeel het hy sy match gevind of anders gestel, iemand gevind wat hy nie kan ontrafel nie. Iemand soos Eugene wat in een sin agt dinge vertel kan ook nie ontrafel word nie.

      Hier is een van daardie tipe sinne – ons moet die graaf vat, nie vergeet om kerse te vat nie, hulle sal nie daarvan hou nie, sien julle stiptelik by die grondpad – punt. Ontleed dit. Piet sal nou al twintig jaar vat om dit te verstaan – graaf, kerse, hou nie, grondpad – Piet sal dit geniet om in sy geselsskap te wees.

      Nou terug na die werklikheid. Ons werk was om die terroriste te stop. Die terroriste se werk was om die blanke bewind te vernietig met terrorisme. Zuma, Maharaj, Nyanda se werk was om konflik te veroorsaak. Hulle was selfs gevang deur Eugene se span dat hulle Nelson Mandela wou dood maak. Die wapens was in Nyanda se voertuig gevind in Natal, die einste wapens wat Nelson moes vermoor. Die blaam sou op die blankes van Suid Afrika gesit word. Bandopnames met die moord beplannings is ook opgeneem. Die bewyse is en was volop.

      Zuma het in ‘n bos weggekruip soos ‘n bobbejaan toe ons hom uittrek. Hy was ons bandiet, Nelson was ons bandiet, hy het selfs ons karre gewas, vang, hier is vir jou ‘n siggaret. Dankie Baas.

      Nou dink jy regtig dat Piet vir Eugene gaan besoek om hom te bevry – regtig! Nee ou mater, hy doen ‘n studie oor prime evil. Naam wat Zuma aan hom gegee het! Vertel hy wat Piet is dan aan Zuma wat die man gaan doen as hy vrygelaat gaan word. Natuurlik. Vertel hy van die samesweringsdossier wat Zuma, Nyanda en Maharaj teen hulle het in verband met die moord op Nelson se beplanning. Ja hy sou – het Piet dit al vir sy guru Zuma vertel – ja.

      Die dossier was gebruik vir baie van ons om buite te kan loop vandag. Waar is hierdie dossier – vra jou vriend Piet. Hy is dan daar om Eugene te bevry – hoe lank nou al – tien jaar se besoek een keer ‘n week. Nie regtig besig met bevryding nie – hy het in Eugene sy match gevind. Hy wil selfs so bietjie prime evil wees.

      Verdien Eugene om in C-Max of enige ander tronk te wees – nee. Kon hy al uitgekom het. Ja. Hoekom is hy dan nog binne – vra vir Piet, Zuma betaal.

      1. Pangolin Avatar
        Pangolin

        Dat Croucamp ‘n dubbele agenda met Kol de Kock het, is waarskynlik nie te betwyfel.

        Die feit dat Namibië die oud-kolonel sal verwelkom indien hy die landswette gehoorsaam en ophou om lelike dinge te doen, is waarskynlik reeds deur Croucamp met die buurland beding, want “as Eugene uit die tronk kom,” wil die gawe doktor hom graag op sy plaas in die Suide laat woon.

        Nou wonder ek net of die kolonel in vrede daar sal “aftree” en of hy nie straks regstreeks in ‘n lokval van sy vorige vyande gaan instap nie? Sal Piet Croucamp sy veiligheid onvoorwaardelik kan waarborg??

  17. […] Aan die een kant wil dit lyk asof Croucamp bloot dinge sê om polemiek te bedryf of om mense die harnas in te jaag. Eintlik beledig hy Afrikaners en verwag dan een of ander reaksie van ons. Ek dink Gustav Venter het hom reeds ‘n week of wat gelede op hierdie vlak geantwoord in Nou wie’s nou dom, hû?, asook Manfred Delport in Kaptein Piet Croucamp se spekskietery. […]

  18. […] Aan die een kant wil dit lyk asof Croucamp bloot dinge sê om polemiek te bedryf of om mense die harnas in te jaag. Eintlik beledig hy Afrikaners en verwag dan een of ander reaksie van ons. Ek dink Gustav Venter het hom reeds ‘n week of wat gelede op hierdie vlak geantwoord in Nou wie’s nou dom, hû?, asook Manfred Delport in Kaptein Piet Croucamp se spekskietery. […]

  19. […] Aan die een kant wil dit lyk asof Croucamp bloot dinge sê om polemiek te bedryf of om mense die harnas in te jaag. Eintlik beledig hy Afrikaners en verwag dan een of ander reaksie van ons. Ek dink Gustav Venter het hom reeds ‘n week of wat gelede op hierdie vlak geantwoord in Nou wie’s nou dom, hû?, asook Manfred Delport in Kaptein Piet Croucamp se spekskietery. […]

Leave a Reply