Suide stem nuwe sanksies teen Noord-Korea

Suid-Korea het die week ’n reeks nuwe, eensydige sanksies teen Noord-Korea aangekondig. Dit sluit onder meer ’n beroep op burgers in om Noord-Koreaanse restaurante in die buiteland te boikot. Die nuwe maatreëls volg nadat die Noorde onlangs ’n kerntoets uitgevoer en ’n langafstand-vuurpyl getoets het, het AFP berig. ’n Lang lys name van Noord-­Koreaanse individue

Lees verder: Suide stem nuwe sanksies teen Noord-Korea

Tunisë en Libië raak by grens slaags

Tunisiese veiligheidsmagte het die week met gewapende soldate naby die grens met Libië slaags geraak, minder as ’n week nadat vyf militante wat oor die grens gekom het, deur veiligheidsmagte doodge­skiet is. Die gewapende mans het probeer om ’n pos van die nasionale wag en weermagbarakke in die dorp, Ben Guerdane, aan te val toe

Lees verder: Tunisë en Libië raak by grens slaags

Inwoners van Calais kla oor ‘katastrofiese ekonomiese insinking’

Inwoners van die Franse hawestad, Calais, het Franse vlae omhoog gehou tydens betogings in Parys. Hulle vra dat die migrantekamp, bekend as die “Oerwoud”, afgebreek word en sê hulle lewens word negatief beïnvloed deur die teenwoordigheid van die migrante. ‘n Afvaardiging van ongeveer 500 inwoners van die Franse gemeente van Calais was Maandag in Parys

Lees verder: Inwoners van Calais kla oor ‘katastrofiese ekonomiese insinking’

Situasie by Unisa gespanne met klipgooiers

Geweld weer uitgebreek buite die Unisa-hoofkampus Woensdag nadat swart studente blokkades opgerig het en paaie versper het in weerwil van ‘n hofbevel wat sulke optrede verhoed. Die situasie is tans gespanne en die polisie is in die gebied ontplooi. Volgens berigte is die hele gebied om die universiteit met klippe besaai. Verkeer is erg geraak

Lees verder: Situasie by Unisa gespanne met klipgooiers

Lyk by laerskool: Polisie, veiligheidsmaatskappy beskuldig mekaar

‘n Moord word ondersoek nadat ’n lyk Maandagoggend by Laerskool Wonderboom-Suid in Pretoria gevind is. Polisiewoordvoerder adjudant-offisier Hero Gumbu sê die oorsaak van die man se dood is nog onbekend en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die Gauteng departement van onderwys is nie bewus van die voorval nie. ‘n Veiligheidsmaatskappy-woordvoerder sê hulle

Lees verder: Lyk by laerskool: Polisie, veiligheidsmaatskappy beskuldig mekaar

Dan Roodt: Kan ‘n Trump-presidentskap die ANC tot ‘n val bring?

Kan Donald Trump die volgende Amerikaanse president word? En watter gevolge sou dit vir Suid-Afrika inhou? Ons weet dat Jan Smuts gesê het dat ons land se toekoms “altyd in die buiteland bepaal sal word” en gedagtig aan FW de Klerk se halsoorkopoorgawe onder buitelandse druk, was dit nog nooit so waar soos oor die

Lees verder: Dan Roodt: Kan ‘n Trump-presidentskap die ANC tot ‘n val bring?

TUT-kampus sluit weens voortslepende oproer

Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguve-kampus moet vandag uit die koshuise weens voortgesette onrus en oproer. Dit volg nadat die universiteitsbestuur aangekondig het dat die kampus buite Pretoria tot 5 April sal sluit. Hulle het tot vanmiddag twee-uur tyd om hul koshuise te verlaat. `n Woordvoerder van die universiteit, Willa de Ruyter,

Lees verder: TUT-kampus sluit weens voortslepende oproer

Speaker wat oor sy vrou ry se moordverhoor uitgestel

Die moordverhoor van die bruin speaker van die Kara Hais-munisipaliteit in Upington, Thomas Basson, is tot Vrydag uitgestel. Basson het na bewering met sy voertuig oor sy vrou gery. Hy is aanvanklik in hegtenis geneem op `n aanklag van strafbare manslag, maar die aanklag is nou na moord verander. Basson het tydens sy inhegtenisneming verlede

Lees verder: Speaker wat oor sy vrou ry se moordverhoor uitgestel

DA-leier beboet oor versuim om borgskappe te verklaar

Mmusi Maimane, DA-leier, is skuldig bevind omdat hy versuim het om sy borgskappe te verklaar, het ‘n parlementêre subkomitee oor etiek en ledebelange bevind. Hulle het aanbeveel dat Maimane beboet word. Maimane is saam met nog ‘n DA-LP, Makashule Gana, skuldig bevind. Hulle is glo per brief ingelig dat hulle teen die straf kan appelleer.

Lees verder: DA-leier beboet oor versuim om borgskappe te verklaar

SA se spesmagte wil ISIS en Boko Haram aanvat

Boko Haram se verklaarde samewerking met die Islamitiese Staat (ISIS) in Irak en Sirië, het vrese aangewakker dat die dodelike insurgensie in die noordooste van Nigerië ’n internasionale dimensie sou aanneem. Dit was boonop ‘n amptelike verklaring deur die wêreld se dodelikste terroriste-organisasies, berug vir hul blindelinge slagting van tienduisende mense. Kommer het voorheen geheers

Lees verder: SA se spesmagte wil ISIS en Boko Haram aanvat