praag.co.za

Tag: mrk

  • Klagtes oor droogte stroom in by MRK

    Klagtes oor droogte stroom in by MRK

    Klagtes dat die gebrek aan water skendings van menseregte is, stroom in by die SA-Menseregtekommissie in die Vrystaat.

    Die kwaai droogte het damme se watervlakke tot krisisafmetings laat daal.

    Die Vrystaat is een van die eerste provinsies wat as droogtegebied verklaar is. Inwoners in verskeie dorpe in die provinsie se krane het intussen drooggeloop.

    Die Kommissie se Buang Jones sê hoewel die provinsiale kantoor in Bloemfontein gedurende die vorige boekjaar meestal klagtes oor onwettige inhegtenisneminsg en ongelykheid ontvang het, is klagtes oor menseregteskendings wat met die wydverspreide droogte verband hou, aan die instroom.

    Jones sê die klagtes wat by hulle kantore ingehandig word, gaan meestal oor ernstige watertekorte.

  • Facebook-woede: ‘Ons regering is ‘n klomp Kaffirs’

    Facebook-woede: ‘Ons regering is ‘n klomp Kaffirs’

    Sanco (South African National Civic Organisation), het aangesluit by die koor van klaers oor ‘n rassistiese Facebook-inskrywing wat na bewering deur gebruiker Matthew Theunissen geplaas is.

    Theunissen is briesend oor die besluit van Fikile Mbalula, minister van Sport, dat die voorregte van sportfederasies opgeskort sal word om vir internasionale toernooie te bie as gevolg van ‘n gebrek aan verswarting.

    In ‘n Facebook-boodskap het Theunissen skryf: “So nie meer sportbyeenkomste vir Suid-Afrika nie… Ek was nog nooit meer trots om te sê dat ons regering ‘n klomp Kaffers is nie… Ja ek het dit gesê, so gaan fok julleself julle klomp fokken swart dose”.

    Sanco het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gedoen om dié haatspraak te ondersoek ná die opmerking.

    “Sulke aanstootlike rasseuitbarstings sal nie net versoening, nasiebou en maatskaplike samehorigheid ondermyn nie, maar is gruwelik, uitdagend en polariseer rasseverhoudings,” het Sanco se woordvoerder Jabu Mahlangu gesê.

    Mahlangu het dit beskryf as skokkend dat daar jong professionele mense is wat rassevooroordeel en “haat” omhels.

    “Hy behoort op ‘n swartlys geplaas te word deur alle individue en organisasies wat nie-rassigheid aanhang en die register behoort toeganklik te wees vir ambassades vir keuring tydens visumaansoeke,” het hy gesê.

    Theunissen het glo intussen sy Facebook-profiel gesluit. Sy kommentaar het woede ontlok op Twitter.

    Volgens sy CV, kom die 26-jarige van Kaapstad, en het hy ‘n meestersgraad in omgewingsbestuur van die Universiteit Stellenbosch en werk tans in waterhulpbronbestuur.

    Pogings om Theunissen te kontak was onsuksesvol.

  • TUT-kampus sluit weens voortslepende oproer

    TUT-kampus sluit weens voortslepende oproer

    Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguve-kampus moet vandag uit die koshuise weens voortgesette onrus en oproer.

    Dit volg nadat die universiteitsbestuur aangekondig het dat die kampus buite Pretoria tot 5 April sal sluit.

    Hulle het tot vanmiddag twee-uur tyd om hul koshuise te verlaat.

    `n Woordvoerder van die universiteit, Willa de Ruyter, sê die besluit is geneem weens die voortgesette geweld, intimidasie en aanvalle op die Soshanguve-kampus.

    De Ruyter sê die studente is gevra om teen twee-uur uit die koshuise te wees.

    Sy sê die universiteit sal nie die studente fisies uitgooi nie, maar dit is nie duidelik hoe hulle gedwing sal word om te gaan nie.

    Die visepresident van die TUT se studenteraad, Sthembiso Shandu het intussen ‘n beroep op studente gedoen om nie hulle koshuise te verlaat nie.

    Intussen sal ‘n spesiale debat vandag in die Nasionale Vergadering oor rassisme gehou word.

    Rassistiese aanmerkings op sosiale media en rasse-spanning by universiteite sal bespreek word. Die parlementêre debat sal fokus op sporadiese rassevoorvalle by verskeie universiteite.

    Dit volg nadat President Jacob Zuma in sy staatsrede gesê het mense in die land moet saamwerk om rassisme uit te roei.

    Die ANC, DA en EFF beskuldig mekaar aanhoudend oor en weer van rassisme wat gelei het tot die oordrewe kollig op die verskynsel.

    Zuma het ook aangekondig dat vanjaar se Menseregtedag op 21 Maart opgedra sal word aan die stryd teen rassisme.

    In nog ‘n verwikkeling wat volg op studentegeweld het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het die VN se menseregtekomitee versoek om menseregteskendings in Suid-Afrika te ondersoek.

    Hulle sê hulle is bekommerd oor die gebruik van geweld téén oproeriges.

    Die MRK sê `n verslag wat die regering aan die VN verskaf het, is onvoldoende en verouderd.

    Die kommissie beveel aan dat die VN-komitee die regering vra vir nuwe inligting oor stappe wat gedoen word om die kwessies in die verslag aan te spreek.

  • MRK oorval met rassisme-klagtes

    Die meeste klagte wat by die menseregtekommissie gelê word, is in verband met rassisme, veral in die Vrystaat.

    Kommissaris Mohamed Ameermia, verantwoordelik vir dié provinsie asook Noordwes, sê dit is kommerwekkend dat daar na 21 jaar van demokrasie nog steeds soveel klagte oor rassisme instroom.

    Hy sê die MRK kan egter nie die stryd alleen stry nie en dit het tyd geword dat almal hande vat en mekaar respekteer.

    Hy sê die kommissie het vanjaar saam met die onderwysdepartement ‘n massiewe opvoedingsprogram onder matrikulante van stapel gestuur. Dié veldtog moet nou glo verder uitgebrei word.

  • MRK afgeraai om Zoeloekoning te ondersoek

    Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie, Mathole Motshkega het probeer om die voorsitter van die Menseregtekommissie, Lawrence Mushwana af te raai om voort te gaan met die ondersoek na uitsprake van koning Goodwill Zwelithini.

    Die ondersoek word gedoen ná bewerings dat uitsprake van die koning bygedra het tot xenofobiese geweld, het RSG berig.

    Motshekga wat volhou dat hy in sy persoonlike hoedanigheid praat, sê as hy Mushwana was sou hy die saak as afgehandel beskou het.

    Mushwana het bevestig dat personeel van die kommissie onder druk geplaas word weens die ondersoek.

    President Jacob Zuma het intussen gesê streekleiers van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is tevrede met die wyse waarop Suid-Afrika op die xenofobiese geweld in die land gereageer het.

    Die president het by ‘n buitengewone beraad van die SAOG in Harare, Zimbabwe gesê Suid-Afrika sal verslae oor die aanvalle aan die SAOG, die Afrika Unie en die Verenigde Nasies stuur.

    Leiers van die streekorganisasie het gesê dat die industralisering van die streek sal help om die probleem van ekonomiese migrasie op te los.

    Zuma sê daar is ooreengekom dat industralisasie deel van die oplossing is. Hy sê ‘n strategie wat deur die SAOG goedgekeur is sal bydra tot die visie van ‘n vreedsame en vooruitstrewende Afrika.

    Die beraad het Woensdagaand tot ‘n einde gekom.

    Die KwaZulu-Natalse spesiale verwysingsgroep oor migrasie en gemeenskapsintegrasie sê intussen hulle het reeds met sakeleiers en handelaars van Inanda en KwaMashu, noord van Durban beraadslaag.

    Die voormalige VN hoë kommissaris oor Menseregte, Navi Pillay is die voorsitter van die groep wat aangestel is om navorsing te doen oor die oorsake van xenofobiese geweld in die provinsie.

    Pillay sê ‘n voorlopige verslag sal binne drie maande aan die premier van KwaZulu-Natal, Senzo Mchunu voorgelê word. Die groep moet ook ‘n herintegrasie plan saamstel en aan die premier voorlê.

  • MRK ontvang dreigemente oor ondersoek teen Zoeloe-koning

    City Press het berig dat dreigemente om die Mensregtekommissie (MRK) in Durban af te brand ontvang is as die kommissie met sy ondersoek teen die Zoeloe-koning, Goodwill Zwelithini, sou voortgaan.

    Veiligheid by die MRK moes dringend verskerp word ná die dreigemente van geweld.

    Zwelithini het by ‘n byeenkoms buitelanders met miere en luise vergelyk en hulle aangeraai om hul tasse te pak en te gaan in sy toespraak verlede maand in Pongola, KwaZulu-Natal.

    Hy het egter ‘n “Derde Mag” en die media blameer vir aanhitsing van geweld.

    ‘n Georkestreerde veldtog is in Afrikalande teen suksesvolle Suid-Afrikaanse maatskappye opgemerk.

    Volgens City Press is die MRK aangeraai om dadelik op te hou met hulle ondersoek om te verhoed dat die MRK-kantoor aan die brand gesteek word met werknemers binne-in. MRK-personeel word glo dopgehou.

    Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, het bevestig dat die kommissie dreigemente ontvang het.

    Mangena het gesê Zwelithini speel geen rol in die dreigemente nie en die koning het glo sy volle samewerking aan die MRK gegee.

    Die regering sê intussen hulle gaan nie sy hoë kommissaris in Nigerië terug roep nie, ten spyte van Abuja wat sy ambassadeur uit Pretoria ontbied het.

    Suid-Afrika het Nigerië se besluit gekritiseer en sê Nigerië het nooit aangedui dat hy die kwessie van xenofobiese geweld met Suid-Afrika wil bespreek nie.

    ‘n Woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, Clayson Monyela sê hulle gaan die kwessie met Nigerië se nuwe regering bespreek, wat aanstaande maand ingehuldig word.

  • Zuma se seun wil van buitelanders ontslae raak

    President Jacob Zuma se seun, Edward, het ter ondersteuning van koning Goodwill Zwelithini se omstrede oproep beaam dat buitelanders uit Suid-Afrika gedeporteer behoort te word.

    “Ons moet bewus wees dat as ‘n land sit ons op ‘n tydbom van hulle [buitelanders] wat die hele land oorneem.

    “Die rede waarom ek dit sê is omdat sommige van die buitelanders werk vir private sekuriteit maatskappye waar hulle in diens geneem word vir goedkoop arbeid. Hierdie maatskappye hardloop weg vir die nakoming van Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing,” sê die president se oudste seun.

    ‘Buitelanders moet die land te verlaat’

    Zuma het aan Nuus24 in ‘n onderhoud gesê hy het ten volle saamgestem met Zwelithini se sentimente dat “buitelanders die land behoort te verlaat.”

    Zwelithini het na bewering dié kommentaar gelewer by ‘n morele herlewingsbyeenkoms in Pongola, KwaZulu-Natal, twee weke gelede.

    Die Zoeloe-koning het glo gesê dat buitelanders die aard van Suid-Afrikaanse samelewing aantas omdat hulle voordeel trek uit die swak en ongedissiplineerde gedrag van inheemse swartes.

    Zwelithini het ook glo gesê: “Ons moedig alle buitelanders aan om hul tasse te pak en te gaan.”

    Ten spyte van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie wat tans die Zoeloe-koning se uitsprake ondersoek, het Zuma junior gesê as ‘n burger van Suid-Afrika, het hy ten volle saamgestem met die koning.

    Hy het gesê sommige buitelanders het nie wettige dokumentasie wat hulle toelaat om in die land te wees nie.

    Voormalige soldate ‘n gevaar

    Die tydbom, sê Zuma, is dat sommige buitelanders gewapen is en ‘n paar van hulle was voorheen soldate in hul eie lande.

    “In Suid-Afrika moet jy ‘n wapenlisensie kry om ‘n wapen te dra. Waar is hulle lisensies? Ons kan nie die moontlikheid van ‘n staatsgreep in die toekoms uitsluit nie. Die regering moet almal wat onwettig in die land is uitskud. Hulle moet weg,” het Zuma gesê.

    Hy het gesê buitelanders is die oorsaak van Suid-Afrika se dwelmprobleem.

    “Hulle is die rede waarom daar is so baie dwelms in die land is. Hulle voorsien en verkoop die dwelms aan gemeenskappe in ons land. Neem Radovan Krejcir byvoorbeeld wat in die land gekom het, want hy het geweet dat hy misdaad kan pleeg en daarmee wegkom,” het Zuma gesê met verwysing na die Tsjeggiese voortvlugtige tans in aanhouding.

    “Ek praat nie net oor buitelanders uit Afrika-lande nie, ek praat ook oor Asiërs en Europeërs. Hulle is ‘n ware sekuriteitsbedreiging vir die land en die polisie kan hulle nie vang nie, want hulle kan nie opgespoor word nie, want sommige van hulle het nie behoorlike dokumentasie nie,” het Zuma gesê.

  • Dankie tog vir die MRK en die Gelykheidshof!

    Soweto is in ligte laaie. Diegene wat die hoofstroommedia jeugdiges noem, is op ‘n plundertog gemik teen uitlanders; diegene wat nie die plaaslike bevolking se taal, etniese herkoms of velkleur deel nie. Somaliërs, asook winkeleienaars uit Pakistan word geteiken. ‘n Bejaarde Malawiese man is op ‘n grusame wyse vermoor en vermink, wat herinner aan hoe Sjaka se krygers hul vyande se mae oopgesny het om hulle geeste vry te laat. Ander inwoners van Soweto, in wat herinner aan hoe Idi Amin die Indiese winkeleienaars uit Uganda verjaag het, verwys na die buitelanders as “honde” wat moet voertsek.

    Die probleem, of dan verskoning wat aangevoer word, is die vreemdelinge se sukses as die eienaars van klein ondernemings in die lokasies. Daar is immers geen maatskaplike toelaes in Somalië of Pakistan nie, en dus moet die mense werk om te oorleef, iets wat nie ‘n vreeslik gewilde konsep onder die plaaslike bevolking is nie. In die Engelse pers word ene Joseph Mthethwa, ‘n inwoner van Soweto, aangehaal. Mnr Mthethwa analiseer die oorsaak van die geweld as volg: “They have brains, they can do things that we can’t . . . they are starving us of business.”

    Inderdaad.

    Laat ek dus opsom: Mense word geteiken omdat hulle ‘n ander taal praat, van ‘n ander etniese groep is, en ook omdat hul velkleur verskil. Hulle winkels word geplunder, selfs deur lede van die besonder effektiewe SAPD, wat in 80% van alle misdade op die toneel is, voordat die misdaad eens aangemeld is. Mense word ook vermoor deur die bendes. Klink vir my baie na rassistiese haatmisdaad, nie waar nie? Om mense honde te noem, is duidelik rassistiese haatspraak. Maar nee, dit is glo “xenofobie.” Die hoofstroommedia weier dus om swart rassiste en rassisme op sy naam te noem. Swartes kan mos nie rassiste wees nie? Nee! Dis te erg vir die lyer aan die geestelike ongesteldheid bekend as politieke korrektheid om te aanvaar! Selfs die term xenofobie word egter bevraagteken. ‘n ANC-politikus beweer gister dat hierdie rassistiese haatmisdaad nie eens xenofobie is nie, maar glo gewone misdaad. Nes plaasaanvalle ook glo niks behalwe gewone misdaad is nie.

    Gelukkig het ons hier, in die wonderlike, nie-rassige NSA, instansies wat geskep is om presies na hierdie soort rassistiese haatmisdaad te kyk. Enige redelike mens sou dink dat die Menseregtekommissie, asook die Gelykheidshof, hulself vir jare lank sou kon besig hou met hierdie soort ding. Al die elemente van dít waarvoor beide instansies gestig is, is immers hier teenwoordig: Growwe skendings van menseregte. Haatspraak. Openlike rassisme en die aanblaas van etniese haat. Rassistiese haatmisdade en geweld.

    Maar nee, redelikheid is nie iets waarvan mens een van hierdie twee instansies kan beskuldig nie. Met twee Joodse vervolgers (let wel: Nie aanklaers nie, want hierdie is ‘n blote heksejag) aan die spits, is die MRK en Gelykheidshof besig met ‘n veel belangriker saak: Die ondersoek na Sunette Bridges se uitlatings op Facebook. Me Bridges se sonde was om na plaasaanvallers as barbare te verwys. Van haar volgelinge het op haar Facebook-blad gereageer, en daarom is die heksejag teen haar van stapel gestuur, in wat slegs as ‘n boendoehof beskou kan word, ‘n instansie met die doel om eensydig op sogenaamde blanke rassiste jag te maak. Wat is ‘n paar dooie uitlanders, ‘n brandende lokasie en grootskeepse etniese geweld nou, vergeleke met ‘n Facebook-inskrywing? Met matelose arrogansie het die Indiese voorsittende beampte vir me Bridges na Kaapstad gedaag, ipv om die sitting in Gauteng, waar die slagoffer van die heksejag woon, te laat plaasvind: “Ons sal hierdie blanke rassis wys wie is baas!”

    Ek wil daarom my innige dank teenoor die Gelykheidshof en die MRK betuig. Danksy julle edele optrede, wat rassistiese geweld en haatmisdaad in Soweto ignoreer, en eerder gevaarlike blanke sangeresse se Facebook-inskrywings aan die kaak wil stel, slaap ons almal veiliger in die aand.

  • Eienaar met aparte toilette sê jammer

    Die eienaar van ‘n kantoorgebou in Louis Trichardt het om verskoning gevra omdat kleedkamers by sy besigheid op grond van velkleur geskei is, het RSG berig.

    Die Menseregtekommissie se bestuurder in Limpopo, Victor Mavhidula sê die eienaar van die gebou het die gebruik reeds gestaak.

    Die eienaar van ‘n ander besigheid word intussen ook ondersoek vir dieselfde diskriminasie.

    Mavhidula sê die MRK is bekommerd oor toenemende berigte van rassisme en vra die publiek om dit aan te meld.

  • Medunsa-boikotters dreig studente met dood

    Die minister vir Hoër Onderwys en die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommisie se hulp is ingeroep deur Afriforum Jeug nadat boikotters studente gedreig het.

    Die organisasie voer aan dat studente wat nie aan die klasse-boikot by Medunsa in Garankuwa wil deelneem nie doodsdreigemente ontvang.

    Die woordvoerder van die organisasie, Henk Maree sê rassistiese aanmerkings word gemaak teen nie-swart studente wat klasse wil bywoon.

    Afriforum Jeug eis ‘n ondersoek na die optrede en dat die veiligheid van studente gewaarborg word. Die universiteitbestuur het studente gister ingelig dat die kampus tot verdere kennisgewing gesluit is, maar geen redes is verskaf nie.

    Daar word egter bespiegel dat studente Maandag begin dreig het om klasse te boikot totdat aanklagte teen vyf studente, wat vroeër die maand in hegtenis geneem is, teruggetrek word.

    Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie stel intussen ondersoek in na redes waarom Afrikaanssprekende studente by die Landboubestuur-kampus in kennis gestel is dat hulle hul eksamen in Engels moet aflê.

    Die burgerregte-organisasie, Afriforum, dreig met regsoptrede indien die universiteit nie redes kan verskaf nie. Die universiteit sê studente wat vanjaar onderrig in Afrikaans ontvang het, sal wel toegelaat word om hul eksamen in Afrikaans af te lê.

  • MRK bevind teen wit mans

    Die Menseregtekommissie het die joernalis Nechama Brodie, die navorser Lisa Vetten, die webblad Africa Check en prof. Naeema Abrahams van die Mediese Navorsingsraad gelyk gegee nadat Sunette Bridges ‘n klag teen hulle ingedien het.

    Africa Check is berug vir eensydige “ondersoeke” wat ‘n bepaalde agenda nastreef.

    Bridges het vroeër vanjaar ’n lys van vermoorde wit vroue as deel van ’n klag teen ’n groep akademici by die Menseregtekommissie ingedien. Steve Hofmeyr het haar ondersteun.

    Die academici het bevind dat wit Suid-Afrikaanse vroue ‘n groter kans staan om deur hul liefdesmaat vermoor te word as deur ‘n onbekende swart man.

    Verkragting en moord het dramaties toegeneem in Suid-Afrika sedert 1994 maar die span se ondersoek was spesifiek gerig teen wit mans, nie ‘n noemenswaardige persentasie van die algehele bevolking nie.

    Luidens ’n brief deur die MRK het Bridges-hulle aangedring dat “alle verklarings in die openbaar teruggetrek moet word”; “dat Brodie en Vetten verskoning aan alle wit Suid-Afrikaanse mans moet maak”; “dat Africa Check behoorlike studies oor vroulike moorde moet handhaaf”; en dat “hulle moet ophou om sulke verklarings oor wit Suid-Afrikaanse mans te maak”.

    Die MRK het bevind dat die klagte ongegrond is. Die bevinding bevestig egter dat die hoë moordkoers waarskynlik te danke is aan swart mans wat vroue van alle rasse vermoor, aangesien die moordkoers vir wit mans baie laer is as vir swart mans.

  • ‘Afrikaans is ‘n kanker wat vernietig moet word’

    ‘Afrikaans is ‘n kanker wat vernietig moet word’

    makgoba
    Malegapuru Makgoba

    Uitlatings van die rektor van die Universiteit van KwaZulu-Natal, prof. Malegapuru Makgoba, wat luidens ‘n mediaberig gesê het Afrikaans is ‘n ‘kanker wat vernietig moet word’, kan nie geduld word nie en die Vryheidsfront Plus gaan ‘n klag hieroor by die Menseregtekommissie indien, sê adv. Anton Alberts, die VF plus se parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys.

    Prof. Makgoba se uitlatings oor Afrikaans het verlede jaar ook opslae gemaak toe hy in die media gesê het dit is ‘n ‘sterwende taal’ by die universiteit en dat hy beplan om die departement vir Afrikaans-Nederlands te sluit.

    Adv. Alberts sê prof. Makgoba se beweerde uitlatings is tekenend van die totale aanslag teen Afrikaans op alle vlakke van onderwys in Suid-Afrika. Onlangs het prof Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, in ‘n toespraak voorgestel dat Engels die enigste onderrigtaal op skoolvlak moet wees.

    “Ironies genoeg het Afrikaans by die universiteit van Kwazulu-Natal vanaf 2011 tot 2012 gegroei wat bewys dis allermins ‘n sterwende taal soos wat prof. Makgoba sou aandui.

    “Dit blyk verder dat Afrikaans inderwaarheid by ander universiteite in die land waar dit gedoseer word, besig is om te groei eerder as om te kwyn.

    “Daar word berig hoe daar byvoorbeeld in 2006 by die Noordwes-Universiteit 50 eerstejaarstudente, 22 tweedejaars en 11 derdejaars was. Hierdie jaar is dit onderskeidelik 119, 45 en 27.

    “Wat ons dus sien, is dat Afrikaans op hierdie vlak besig is om te groei ten spyte van die groot aanslag teen die taal.

    “Indien Afrikaans mettertyd wel uit die hoër onderwys gedwing word om eentaligheid te bewerkstellig, sal ‘n geestelike verarming van die Afrikaanse gemeenskap plaasvind wat tot nadeel van die hele land se wees.

    “Pogings om Afrikaans te vertrap is boonop in stryd met die Grondwet wat veeltaligheid en die gelykheid van al die amptelike landstale bepleit,” sê adv. Alberts.

  • Staat sal nie Marikana-slagoffergesinne bystaan nie

    Staat sal nie Marikana-slagoffergesinne bystaan nie

    Gesinslede van die Marikana-slagoffers
    Gesinslede van die Marikana-slagoffers wag vir beter dae

    Die Menseregte-kommissie het Donderdag ‘n beroep op President Jacob Zuma gedoen om die kommissie se sperdatum van 31 Oktober uit te stel sodat die kommissie sy werk kan voltooi.

    Die MRK se verteenwoordiger by die kommissie sê ‘n gebrek aan befondsing het die werk van die kommissie ontwrig.

    Die hoofregsverteenwoordiger van die mynwerkers, advokaat Dali Mpofu, het Maandag aangekondig dat hulle nie weer aan die kommissie se werksaamhede gaan deelneem voordat hulle befondsing bekom het nie.

    Verskeie howe, waaronder die Konstitusionele Hof, het Mpofu se aansoek dat die staat gedwing moet word om die mynwerkers se regskoste te betaal, van die hand gewys.

    Die minister van Justisie, Jeff Radebe het ook gesê die regering gaan nie vir privaat-regsverteenwoordiging by die kommissie betaal nie. – RSG

  • DA dien honderde klagtes by MRK in

    Die Demokratiese Alliansie beplan om 351 klagtes teen die ANC-Jeugleier, Julius Malema by die Menseregtekomissie (MRK) in te dien, omdat hy ‘skiet die boere’ gesing het.

    Die name van die 351 boere is deur die DA in die Noordwes versamel. Hulle klagtes sal na verwagting Donderdag aan die MRK oorhandig word.

    “Die mense wat in die landbou sektor werk en hulself met die term ‘boere’ identifiseer, is nie rêrig geïnterreseerd in politiek nie. Dis hoekom dit so ongereeld is om só ‘n heftige reaksie van hulle te kry,” het Leandi Erasmus, die DA se provinsiale direkteur gesê.

    “Ons word oorval met oproepe deur boere wat vrees vir hul plase en families.”

    Teen Woensdagmiddag het altesaam 351 boere klagtes teen Malema ingedien.

    Die DA beplan om 351 individuele klagtes te lê. Elke klag sal gaan oor die feit dat Malema gesê het ‘boere’ moet geskiet word omdat hulle ‘verkragters’ is. Só ‘n verklaring deur Malema stel baie mense se lewens in gevaar.

    Die Sowetan het berig dat Malema ‘skiet die boere’ gesing het, toe hy onlangs studente by die Universiteit van Johannesburg toegespreek het.

    Malema staar ook verskeie hofsake voor die gelykheidshof in die gesig omdat hy die liedjie gesing het.

    Die ANC sowel as die Jeugliga en AfriForum was verlede week in ‘n woordewisseling betrokke omdat AfriForum probeer het om ‘n lys met 1600 name van mense wat in plaasaanvalle gesterf het, aan Malema te oorhandig.

    play cluedo onlineФільчаков Олександр Васильович