Kallie Kriel verloor debat teen Pieter du Toit en Johan Pienaar op RSG

Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van Afriforum, het verlede week ‘n debat met die Naspers-propagandis Pieter du Toit en die linkse fanatikus Johan Pienaar op RSG gevoer. Alhoewel Kallie die debat verloor het, het hy soos gewoonlik ‘n paar houe ingekry wat na “regses”, “blanke rassiste”, “nasionaliste” en selfs die einste hier op Praag gemik is.

Die gesprek waaroor hierdie artikel handel kan dmv hierdie skakels geluister word: Skakel 1 of skakel 2.

Organisasies soos Afriforum is ideologies bankrot. Hulle leiers lewe nog in ‘n tydvak toe blanke Suid-Afrikaners deur veelrassige krieketwedstryde op DSTV gepaai kon word. Hulle het geen benul van “meme magic” of “Hail Pepe” of “Top Kek” nie. Dit is ‘n organisasie wie se manifes nie ‘n toekoms buite die eenheidstaat kan voorstel nie. Dit is ‘n organisasie wat dink die ineenstorting van die Nasionale Party en die daaropvolgende verafgoding van Nelson Mandela tel onder die mees positiewe gebeure van die twintigste eeu.

Kallie het onthul dat een van die barometers waarmee sy organisasie hulle eie moraliteit meet, is ‘n aanval deur regse webtuistes. Ek vermoed hy verwys na die einste, omdat daar nie ander Afrika-geleë regse webtuistes is waarvan ek bewus is nie. Dalk die mediamasjien van meestervideovervaardiger Jan Lamprecht (AKA History Reviewed Channel), maar hy het nog nooit iets oor Afriforum gesê nie.

Kriel het meer as een keer gesê dat Afriforum alle vorms van blanke “rassisme” en dus volksnasionalisme verwerp. Kriel voldoen aan die woordeboekdefinisie van ‘n kloekserwatief (cuckserwative in Engels). Donald Trump se beweging het al die kloekserwatiewe figure uit regse politiek in Amerika verjaag. Ons kan amper aankondig dat die hele “neokonserwatiewe” beweging van die Bush-era nog verder verlinks het en nou ‘n tuiste by Trotskiïstiese partye soos die Demokrate in die VSA of die Tories in Engeland gevind het.

Veroordeel jou organisasie die stryd van blankes in ander lande Kallie? As jy sê “ons weet ons doen iets reg as regse webtuistes ons aanval” dan beteken dit mos julle opponeer direk die oorlewingstryd van die Westerse beskawing? Of hoe?

My persoonlike gevoelens oor die Broederbond en die post-Februarie-1990-Afrikanerelite(waaronder Afriforum natuurlik tel) is baie meer radikaal as Dr Dan s’n. Dus sal ek hierdie denkrigting maar hier laat.

Toe Kallie se rug teen die muur is, verwys hy na ‘n irrelevante skrywe deur die kleurlingaktivis Rhoda Kadalie. Ernst Roets het ook ‘n obsessie met die gematigde swart skrywer Thomas Sowell. Dit lyk my Afriforumbestuurders voel hulle mag slegs die fundamentalistiese anti-blanke aspekte van liberalisme teenstaan as hulle self swart denkers aanhaal.

Pieter du Toit het al in die verlede geweier om hom van swartmagbewegings te distansieer. Hy het in Maart 2016 in ‘n Twittergesprek oor Frantz Fanon onthul dat Nasperskantore volgeplak is met plakkate van hierdie swart nasionalis. Swart nasionalisme word dus omhels terwyl wit nasionalisme as die poësie van Satan beskou word.

Johan Pienaar het halfpad deur die gesprek ingebel en die diskoers oorheers. As altregse kyk ek ook objektief na sake en dit is tog waar dat Afriforum onnodig vir Pienaar gedurende 2016 hof toe gesleep het. Dit wys vir my dat organisasies wat maak asof hulle namens blankes optree net so vasbeslote is om ons ras se geboortereg op spraakvryheid totaal en al te verwyder. Pienaar is baie verder links as du Toit, en besit dus oor die vermoëns om sy opponente te stoomroller. Hy verwys na uitsprake van regter Mogoeng Mogoeng — omdat die Zuma-aangestelde regter Mogoeng nou glo verhef is om namens Suid-Afrikaners oor moeilike politieke, filosofiese en selfs geestelike kwessies te besluit.

‘n Behoorlike antwoord aan die anti-Steve-fanatikus en professionele agitator Pienaar sou wees om uit te wys dat die oorweldigende meerderheid grondgebiede op planeet Aarde nie onder die jurisdiksie van die ANC se boendoehowe val nie. Kallie kon gesê het dat hy hom so min steur aan die doen en late van Mogoeng as wat Oos-Europeërs hulle steur aan die uitsprake van imams in Saoedi-Arabië.

Tydens 2014 het Dan in ‘n rubriek, Piet Croucamp, Pierre de Vos en die honde van Karl Marx, geskryf:

“Ek voel my hoegenaamd nie deur die grondwet gebind nie en weier byvoorbeeld om te aanvaar dat ek en my nageslag aan regstellende aksie onderworpe moet wees omdat een of ander NP-amptenaar iewers dertig of veertig jaar gelede iemand sou te nagekom het.”

Die Suid-Afrikaanse grondwet is volgens my ‘n ideologiese instrument wat die onderdrukking en semantiese teistering van die blanke en veral die Afrikaner goedpraat. Die Joodse kommunis Albie Sachs het vir meer as ‘n dekade op hierdie regbank gesit. Die regter Chris Jafta, wat na bewering ongekwalifiseerd is om in so ‘n hof te dien, het in die einste “Afriforum v Tshwane”-saak gesê dat belangrike aspekte van die Afrikaner se geskiedenis “op die ashoop van geskiedenis hoort”. Let wel, in Suid-Afrika van die 2010s is dit nie ‘n dronk bergie wat hierdie stelling gemaak het nie, maar ‘n regter in die hoogste hof van die land.

In die laaste 10 minute skel Pieter iets wat Vicky (waar sy hier in die koue sit) kliphard laat lag het. “Kallie probeer om Trump se styl op Twitter na te boots.” Anders as papbroekige aktiviste is Donald Trump ‘n aggressor op Twitter. Hy is ‘n meestertrol en ‘n woordsmous soos min. Anders as Afriforum is die milisie van sy beginsels nie in ‘n verdedigende formasie geposisioneer nie.

Dan Roodt het 38 keer meer volgelinge as Kallie Kriel op Twitter, maar hy kry 38 keer minder mediadekking in Suid-Afrika.

Dr Dan het in die herfs van 2015 sy toetrede na die altregs gemaak tydens ‘n verskyning op Red Ice Radio. Red Ice word in altregse kringe as die platform van mondigwording gesien. Hy het dit opgevolg met ‘n toespraak in die lente by Jared Taylor se American Rennaissance-konferensie. Dan was dus in ‘n kamer waar hy meet gesagsfigure soos Paul Ramsey en Richard Spencer bladgeskud het. Richard Spencer is vinnig besig om een van die belangrikste politiese figure ter wêreld te word. Hy het onlangs tydens ‘n gesprek met Mike Enoch en Andrew Anglin (wat albei twee van die grootste altregse webblaaie ter wêreld bedryf) bevestig dat hy die ivoortoring van die filosofie gaan verlaat en self as leiersfiguur binne identitêre politiek begin optree. Sy NPI-stigting het pas ‘n kantoor in Washington geopen en hulle sal elke tweede maand ‘n voorlegging aan die Trump-administrasie maak. Aan watter internasionale administrasie maak Afriforum voorleggings? (Sogenaamde pleidooie voor die VN tel nie, omdat die ANC sowel as meeste ander lande — insluitend Israel, Iran en Saoedi-Arabië — hulle nie aan die VN steur nie)

Ek moet krediet gee aan die kleurlingaanbieder Lynette Francis. Sy het kalm gebly en die debat met grasie gemodereer. Naspersaanbieders het ‘n lang geskiedenis van aggressie; net soos die hoofstroommedia in Westerse lande.

Pieter maak die stelling dat Suid-Afrikaners by “alle dele van die grondwet móét inkoop”. Wát?! Hierdie absurde stelling verdien ‘n artikel op sy eie… Miljoene Amerikaners “lobby” al sedert die 1990s teen die 2de Wysiging van die Amerikaanse Grondwet. Moet hierdie Amerikaners gearresteer word, Pieter? Moet die Engelse skryfster JK Rowling in die tronk gesmyt word omdat sy vir die laaste 9 maande onophoudelik pleit dat die Brexit-referendum omgekeer word? Baie apolitiese sektore van die aanlyngemaanskap glo dat die huidige liberalisme daagliks al hoe meer totalitêr begin raak. Selfs die Suid-Afrikaanse glansfiguur Gareth Cliff het laasweek vir man-kind en etnomasochis, Frans Cronje gesê dat hy hom nie meer as ‘n “linkse” beskou nie. Volgens meeste altregse leiers is die linkse spektrum in die Weste nou openlik Bolsjewisties.

Pieter praat van Afriforum se “ou Verwoerdiaanse denke”. Sê my bietjie Pieter, sal jy die regime van Wladimir Poetin as ‘n Verwoerdiaanse regime beskryf? As dit die geval is, dan sit jy en jou soort met ‘n groot probleem, want weergawes van Meneer Poetin se denke word meer en meer gewild in (voorheen) blanke lande.

— Vicky

Dan Roodt as rubriekskrywer vir ‘altregse’ blad in VSA aangestel

Dr. Dan Roodt van PRAAG is gister as tweeweeklikse rubriekskrywer vir die “altregse” Amerikaanse webblad, AmRen.com, aangestel. American Renaissance, soos dit bekendstaan, het onlangs die nuus gehaal in die Washington Post, New York Times en ander hoofstroom- Amerikaanse media weens die vermeende invloed daarvan op die veldtog van mnr. Donald Trump, die Republikeinse presidensiële kandidaat.

“Die gereelde rubriek sal my die geleentheid bied om Amerikaanse lesers in te lig oor wat in Suid-Afrika aangaan, veral hoe politieke en sosiale gebeure die Afrikaner- en blanke minderheid raak,” se Roodt. “Amerikaners stel al hoe meer in ons situasie belang omdat dit vir hulle leidrade verskaf oor waarheen hul eie land op pad is soos wat die demografie stadigaan kantel en hulle uiteindelik ‘n magtelose minderheid in hul eie land mag word, presies dít wat ons in Suid-Afrika geword het.”

Dan Roodt het onlangs ‘n artikel oor die skadukant van die Soweto-onluste, veral die moord op die Joodse maatskaplike werker, dr. Melville Edelstein, in American Renaissance gepubliseer. Hy was ook in Mei vanjaar ‘n spreker by die AmRen-konferensie wat naby Nashville, Tennessee gehou is en waar hy ‘n hele aantal eksemplare van sy opstel, Raiders of the Lost Empire, verkoop het. “Dis nogal ironies,” sê Roodt, “maar soms lyk dit asof die Amerikaners meer belangstel in wat ek oor Suid-Afrika te sê het as ons eie mense wat al so in ‘n staat van volslae breinspoeling verkeer dat hulle nie meer buite die heersende propaganda kan dink nie. Aan die ander kant is die aanslag op die Westerse beskawing totaal, en konvergeer ons situasie en dié van Amerikaners en Europeërs toenemend. Daarom sien ek my bydraes tot Amerikaanse of Europese publikasies as aanvullend by my plaaslike skryfwerk en aktivisme. Dis belangrik vir Afrikaners dat ons uitwaarts moet beweeg en nie, soos in die verlede, ons tot ons eie parogiale probleme moet beperk nie. Uiteindelik het die ANC-SAKP ons vanuit die buiteland oorwin, en dit is ook in die buiteland wat die stryd gedeeltelik gevoer sal moet word.”

 

Dan Roodt: Vanuit Amerika, met liefde

Ná my warrelwindbesoek aan Amerika, waartydens ek seker 50 000 km ver gevlieg het, voel ek opgewonde oor die toekoms. Die VSA is ‘n energieke land waar ook diegene aan die regterkant van die politieke spektrum kliphard besig is om te organiseer om hul land “terug te vat” by die bont versameling linkses, feministe en LGBT-aktiviste wat dit tans beheer, om nie van die huidige swart president Barack Obama te vergeet nie.

My verjaardag op die vliegtuig.
My verjaardag op die vliegtuig

Nog nooit op ‘n oorsese reis is ek met soveel warmte en toegeneentheid ontvang nie. Vanaf die eerste aand toe ek om tien oor nege by die lughawe van Nashville, Tennessee deur ‘n plaaslike sakeman verwelkom is, tot die uiteindelike afskeid, het die Amerikaners so te sê die rooi tapyt vir my uitgerol. “Suidelike gasvryheid,” noem hulle dit. Vandaar dus my titel, wat so effens slaan op daardie Ian Fleming-titel uit toeka se dae, From Russia, with love. Ek vind dit taamlik gepas, want die skrywer van die James Bond-rillers en ek is op dieselfde dag, 26 Mei, gebore – iets wat ek op die vliegtuig tussen Frankfurt en Johannesburg moes vier!

Veral die Amerikaanse jongmense hou Suid-Afrika met ‘n valkoog dop en voel dit eens met ons in ons stryd teen verswelging deur ‘n multikulturele massa. Net vanoggend sien ek ‘n twiet raak van ‘n jeugdige Amerikerin wat ek by die American Renaissance-konferensie ontmoet het.

Karl Marx en Friedrich Engels het mos geskryf dat kommunisme “‘n gees is wat by Europa spook”. Net so is Donald Trump tans ‘n gees wat by Amerika spook. En só het dit gebeur dat die jaarlikse konferensie van American Renaissance naby Nashville, Tennessee tot ‘n rekordgetal van 300 mense van regoor die wêreld aangegroei het, waarskynlik weens die wêreldwye toename in “immigrasiebewustheid” wat deur Trump se presidensiële veldtog ontketen is. Onder die konferensiegangers was daar Britte, Switsers, ‘n Australiër, Finne, asook Amerikaners vanuit die meeste state in die VSA. Daar was ook ongeveer 20 mediaverteenwoordigers, waaronder joernaliste van die Wall Street Journal, Dagens Nyheter in Swede, Voice of America, BuzzFeed, Talking Points Memo, Red Ice, Vice en die Political Cesspool. Op pad terug Nashville toe vanaf die Montgomery Bell Nasionale Park naby Burns, Tennessee, waar die konferensie gehou is, kon ek en die joernalis van die Wall Street Journal uitvoerig notas uitruil. Maar meer daaroor later.

Namens American Renaissance, het mnr. Jared Taylor gesê: “Nog nooit het ek so optimisties gevoel nie; nog nooit was daar so ‘n sterk wind in ons seile nie.”

Die konferensie is gehou in die idilliese Montgomery Bell Nasionale Park vol groen bome en kronkelende staproetes nie te ver van Nashville af nie. Die konferensie het die geleentheid gebied vir intellektuele, aktiviste en gewone mense om te beraadslaag oor sake soos immigrasie, die toekoms van die Westerse beskawing, identiteit en selfs sakegeleenthede. ‘n Vrienskaplike gees het die meeste van die gesprekke gekenmerk en Saterdagaand was daar ‘n partytjie ná die tyd wat tot in die vroeë ure van Sondagoggend aangehou het. Ek het 2 selfoonvideo’s by die partytjie geneem: een van ‘n gesprek met twee jong Amerikaners waarin hulle hul belangstelling en meegevoel met Afrikaners uitspreek, en nog een waarin twee jonge Suiderlinge ‘n bekende volksliedjie sing. Meer en meer kom ek onder die indruk van hoeveel ons en die Suiderlinge in gemeen het: ‘n eeu of meer gelede ‘n oorlog verloor, serdertdien geteiken deur die liberale media, met verlies van hul skole, universiteite, instellings en middestede. Ook hul Konfederasievlag waarop hulle so trots is, word as deur liberale en swartes as ‘n “simbool van rassisme” beskou.

Vyf jaar gelede in 2011 moes die konferensie afgestel word nadat linkse bomdreigemente aan die konferensiehotel in Charlotte, Noord-Carolina gerig is. Sprekers het agterna in die geheim in ‘n ander hotel in Charlotte vergader, van waar verrigtinge gestroom is en toesprake op video opgeneem is. Ek het ook by daardie konferensie gepraat, en hoe het die tye nie verander nie! Vanjaar het slegs drie linkse betogers in die park opgedaag met een van hulle wat ‘n plakkaat vertoon waarop kapitalisme en rassisme gelykgestel word. Dit klink amper soos iets wat die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty so gereeld kwytraak. Koferensiegangers het die betogers met hul selfone afgeneem, met ‘n enkele parkpolisieman wat tussen die slordige betogers en die welgeklede deelnemers aan die konferensie staan. Die omgekeerde korrelasie tussen die aantal konferensiegangers en betogers kan gesien word as ‘n aanduiding van hoe die politieke klimaat in die VSA verander het, met Trump se mediagedrwe gees iewers in die agtergrond.

Soos iemand ná die konferensie opgemerk het, was dit moontlik tot dusver die mees kosmopolitiese en internasionale vergadering van sy soort, met vyf uit die tien sprekers wat nie net nie-Amerikaans was nie, maar ook nie Engels as moedertaal praat nie. Ek (Afrikaans), Filip de Winter en Anke Van dermeersch (Vlaams), Ruuben Kaalep (Esties) en Fernando Cortés (Meksikaans-Spaans) tel onder die nie-Engelssprekendes. Jared Taylor, die leier van American Renaissance en ‘n trotse Suiderling “sonder enige Yankee-bloed in sy familie”, is ook uniek in dié sin dat hy vlot Japannees praat omdat hy in daardie land grootgeword het, asook Frans vanweë die tyd toe hy in Parys by “Science-Po” gestudeer het. Dus was die sprekers ‘n mengsel van Europeërs uit die Ou en Nuwe Wêreld, wat ‘n hartstog vir hul gemeenskaplike erfenis deel, asook ‘n intense besorgdheid oor die toekoms van die blanke, Westerse beskawing.

Interessant is dat sjiek geklede swartvrou ook die konferensie bygewoon het en selfs sjokolade aan ‘n paar van ons uitgedeel het. Ek het dit boeiend en ietwat ironies gevind. Maar, soos spreker ná spreker herhaal het, is geeneen van ons “rassisties” in die stereotipe sin nie; dit is bloot dat ons multikulturalisme en die gedwonge integrasie van onversoenbare kulture en rasse verwerp. Swart nasionalisme is reg, net soos elke ander vorm van nasionalisme.

My algemene indruk is dat die Amerikaners, veral in ‘n suidelike staat soos Tennessee ons baie goedgesind is

Die Joods-Amerikaanse skrywer en Nobelpryswenner wat ek destyds as student gelees het, Saul Bellow, verwys in een van sy romans na die woord “sensibiliteit… wat groot geraak het”. Wel, drie woorde wat “groot geraak het” by die konferensie was identitarian, cuckservative en Alt Right aangesien hulle in sowel die toesprake as in gesprekke oor ontbyt of aandete gehoor is. In Afrikaans sou mens hulle kon vertaal as: identitêr, koekserwatief en altregs. “Identitêr” het aanvanklik in Frankryk gewild geraak en het kennelik die Atlantiese oseaan oorgesteek, terwyl “koekserwatief” en “altregs” tuisgemaakte VS-skeppings is.

Die hunkering om ou of hoofstroom- konseratiewe idees, wat as “koekserwatief” gekenteken word, af te skud, lyk asof dit ‘n nuwe “sensibiliteit” (dankie, mnr. Bellow) na regs definieer. Soos die videowoernaler Paul Ramsey of RamzPaul soos hy op YouTube bekend is Saterdagaand in sy praatjie verduidelik het, is die beweging radikaal, parmantig, vernuwend, oneerbiedig, soms aanstootlik, maar doeltreffend. Dit beskik oor voorgangers in die Amerikaanse “paleokonserwatiewe” beweging, of dalk die Europese “Nuwe Regs” (nouvelle droite) van die sewentiger- en tagtigerjare, dog dit is wesentlik ‘n nuwe verskynsel. Anders as die Amerikaanse “koekserwatiewe” wat hul aan feminisme en politieke korrektheid onderwerp, skram altregs nie daarvan weg om oor geslags- en selfs rasseverskille te praat nie.

Ruuben Kaalep
Ruuben Kaalep

Die jong Estiese politikus en aktivis, Ruuben Kaalep, het die gehoor aan sy lippe gehad oor Estiese nasionalisme in ‘n toespraak wat met intensiteit en digterlike taal gelaai was. Sy plaaslike jeugbeweging het, soos hy dit gestel het, “in ‘n Sowjet-stylstudentekoshuis begin”. Vanaf dié beskeie begin, het dit deur betogings en nagmarse met fakkels aangegroei. Die ou heidense simbool van die Estlanders was ‘n reusepadda wat hul vyande in veldslae verorber het, wat dan later – op tipies altregse wyse – aan die internetmeem Pepe die Padda (Pepe the Frog) gekoppel is. Aangaande die hoofstroompolitiek het Kaalep onder dawerende applous verklaar: “Die hele politieke klas moet geëlimineer word.”

Fernando Cortés het hom voorgestel deur te sê dat hy “‘n Meksikaanse identitêr is wat hier is om met Amerikaanse identêre te praat”. Hy het aan die gehoor uitgelê hoe emigrasie na die Verenigde State deur sy landgenote die belang van multinasionale maatskappye en hul behoefte aan goedkoop arbeid dien, terwyl Meksiko in ‘n toestand van armoede en wydverspreide korrupsie gelaat word. Kortom, oorgrensmigrasie is net so sleg vir Meksiko soos vir Amerika. “Wallstraat besluit wat die Meksikaanse peso die volgende dag werd sal wees”, en sonder ‘n stabiele geldeenheid is spaar of ekonomiese vooruitgang moontlik nie.

Volgens Cortés “neem transnasionale maatskappye Meksikane in diens op sesmaandekontrakte wat $6 per dag betaal. Daar bestaan slegs ‘n plan van die regering en ondernemings om ‘n derdewêreldstaat in Meksiko in stand te hou… Die Meksikaanse regering word deur skelms beheer.”

Die Amerikaner James Edwards en aanbieder van die radioprogram “The Political Cesspool het die hoofstroommedia weens hul politieke korrektheid gekasty. “Net om te oorleef, word vandag as ‘n blanke heerssugtige begrip gesien,” het hy gesê. Mnr. Edwards het gekla oor ‘n Sweedse realiteits-TV-program wat hom eenkeer uitgenooi het om die tradisionele Suidelik-Amerikaanse oogpunt te verteenwoordig. Ná agt uur se verfilming, is hy presies 36 sekondes lugtyd gegun.

Edwards het lede van die pro-Westerse beweging as “makelaars in gesonde verstand” beskryf. Hy het ander aangemoedig om by die beweging aan te sluit deur te sê: “Ek het nog nooit ‘n vriend (as gevolg van my aktivisme) verloor nie. Dit het my vriendekring vergroot. Ek sal vir hulle gaan oorlog maak en hulle sal vir my gaan oorlog maak. My raad is: Raak op enige manier wat jy kan betrokke. Raak deel van die stryd.”

Die Brits gebore skrywer en aktivis Peter Brimelow het gepraat oor “Die Trump-tsoenami en die toekoms van die Amerikaanse nasie”. Brimelow was een van die eerste meningsvormers wat voorspel het dat Trump hom vir die Amerikaanse presidentskap, die magtigste politieke pos ter wêreld, verkiesbaar gaan stel. Hy het herhaal wat hy in sy toespraak by verlede jaar se American Renaissance-konferensie gesê het, naamlik dat ‘n enkele toespraak die politieke klimaat vir ‘n hele tydvak kan verander. Voorbeelde van sulke toesprake sou wees Joseph McCarthy s’n in 1950 oor kommuniste in die Amerikaanse departement van buitelandse sake en Enoch Powell se “Riviere van bloed”-toespraak in 1968. Hoewel Powell uiteindelik gedwing is om die Britse Konserwatiewe Party te verlaat, word daar steeds na sy beroemde toespraak verwys, selfs vandag. Trump se stelling oor die bou van ‘n muur op die grens tussen Meksiko en Amerika het insgelyks die immigrasiedebat in sy land verander, met duisende ondersteuners wat by sy politieke vergaderings sing: “Bou die muur! Bou die muur!”

Volgens Brimelow, “kan een vonk die vuur verskaf. Dit kan een vonk of een politikus wees… Verlede jaar het ek gesê net een toespraak is nodig. Nou sê ek dit kan een verkiesing wees wat die Amerikaanse vulkaan kan laat uitbars.”

Aan die ander kant is Brimelow bekommerd oor die verkiesing van Hillary Clinton as president aangesien “daar ‘n duidelike gevaar van ‘n immigrasieoplewing is indien sy sou wen”. Maar die blanke Amerikaanse kiesers kan moed skep uit die feit dat daar “sewe-en-dertig keer meer blanke as Hispaniërkiesers is”. Etniese en rassestempatrone gaan die toekoms van die Verenigde State bepaal. Terwyl die aantal blanke stemme gedurende die laaste twee verkiesings eintlik afgeneem het, was daar egter in sommige Suidelike state soos Texas sterk steun vir die Republikeinse Party, met 70% van blankes in Texas wat vir die GOP (“Grand Old Party” soos die RP ook genoem word) stem. “Indien blankes op Suidelike vlakke sou stem, sou Trump ‘n wegholoorwinning behaal,” het Peter Brimelow voorspel.

Tydens die dinee Saterdagaand het Brimelow, uitgewer van die webblad vdare.com, my gevra of ek ook bereid sou wees om artikels vir sy blad by te dra, net soos ek al vir American Renaissance gedoen het. Daartoe het ek onmiddellik ingestem, want hierdie is ‘n Amerikaans-Europese beweging met die Afrikaner wat vir die eerste keer in ‘n lang tyd weer deel van ‘n belangrike Westerse denkrigting word. Ons oorlewingstryd hier, asook dié van blanke Amerika en Europa, is één stryd en meeste mense sien dit ook so in.

Jared Taylor het gepoog om te verklaar waarom blankes regoor die wêreld “vir hulself lieg oor ras”. Hulle ignoreer die mees ooglopende maatskaplike verskynsels, soos misdaad of akademiese onderprestasie deur nie-blankes, eenvoudig om die etiket na te kom. “Blankes lieg om hulself om die bos te lei. Blankes is vreesbevange om rassiste genoem te word,” het hy gesê. In dieselfde trant het hy die “Black Lives Matter”-beweging in die VSA as ‘n “spul leuens” (pack of lies) beskryf.

Waar akademici ook al rassekwessies bestudeer, vind hulle “die waarheid te warm om aan te raak”, volgens Taylor. Hy het die geval genoem van professor Putnam van Harvard wat aanvanklik wou bewys dat rassediversiteit groter vertroue tussen mense kweek. Toe hy egter navorsing op voetsoolvlak begin doen, vind hy presies die teenoorgestelde, dat “diversiteit” eintlik gemeenskapsvertroue vernietig. Individue binne ras- of kultureel homogene groepe vertrou mekaar, terwyl die teenoorgestelde onwaar is. Putnam het aanvanklik gepoog om sy bevindinge weg te steek, nog ‘n leuen, maar toe dié uiteindelik uitlek, is hy gedwing om die waarheid te publiseer. As Amerikaanse Suiderling, stel Jared Taylor dit ondubbelsinnig: “Die Suidelike geveg is die geveg van Europa, die VSA en die hele blanke wêreld.”

Aangesien ek direk ná Taylor gepraat het, sou sy sin ‘n goeie inleiding vir my toespraak kon wees daar ek gepoog het om te wys op die parallelle tussen wat in Suid-Afrika en elders in die Westerse en blanke wêreld gebeur. Die Nederlandse Party vir die Vryheid-lid, Martin Bosma, het verlede jaar ‘n boek gepubliseer waarin hy juis beskryf hoe die Afrikanervolk van Suid-Afrika as die “kanarie in die steenkoolmyn” beskou kan word, die eerste Westerse volk wat in ons tyd kon uitsterf as gevolg van multikulturalisme en rasseoorheersing deur swartes.

Ek het uitgewys hoe, tot en met die tweede wêreldoorlog, Suid-Afrika nog altyd deel van die Westerse stelsel was, met ons eerste minister wat beide huise van die Britse parlement in 1942 toegespreek het, met Lloyd George en Winston Churchill wat hul gemeenskaplike bewondering vir hom uitspreek en die hele skare Britse politici wat vir hom hande klap en “He’s a jolly good fellow” sing. Kort daarna het Suid-Afrika egter in onguns verval, en pleks daarvan dat sy bygestaan is om haar rasse- en etniese probleme op te los, is sy verguis, aangeval en geboikot.

Ek het na die eietydse Suid-Afrika as “‘n soort antirassistiese Sowjetunie” verwys, waar dit eenvoudig taboe is om die waarheid oor ras te praat. Daar is gereelde heksejagte teen akademici, skrywers en gewone mense wat dit durf waag om oor swart geweld, korrupsie en onverdraagsaamheid teenoor Europese kultuur en gebruike te kla. Teenoor diegene wat daaraan dink om Suid-Afrika te verlaat, het ek in my toespraak gewaarsku dat hulle deur mev. Merkel in Europa of mev. Clinton in Amerika met dieselfde nonchalance verraai kon word as wat mnr. FW de Klerk ons gedurende sy sogenaamde “onderhandelings” met die ANC en die SAKP verraai het.

Hoewel ons Afrikaners kanaries in ‘n gevaarlike multikulturele eksperiment is, is ons nog nie dooie kanaries nie aangesien ons vir ons eie oorlewing werk, met ‘n renaissance van gewilde musiek, film en die totstandkoming van klein sakeondernemings. Ek het ‘n beroep op die gehoor by in Montgomery Bell Nasionale Park gedoen om met ons handel te dryf en saam met ons te werk om ons eie etniese ekonomie te bou buite die beperkinge van regstellende aksie en rassekwotas in die handel waaraan ons gedurig onderwerp word.

Die twee sprekers van die Vlaamse patriotiese party, die Vlaams Belang, het die gehoor oor die toenemende oorheersing van Islam in België, waaronder die verdrukking van vroue, ingelig. Mnr. Filip de Winter het gesê: “Jy kan nie ‘n eerstewêreldland met ‘n derdewêreldbevolking hê nie. Die Westerse wêreld word binnegeval.” Hy het ook die toelating van Turkye tot EU-lidmaatskap as “suiwer waansin” beskryf. Europa is ‘n swak prooi vir ‘n aggressiewe Islam, die roofdier.

anke_van_dermeersch
Anke Van dermeersch

‘n Ander spreker van die Vlaams Belang, me. Anke Van dermeersch, was ‘n vorige Mejuffrou België en is tans senator in daardie land. Sy het ‘n organisasie Vrouwen tegen Islamisering gestig; dié lei media- en inligtingsveldtogte wat provokatiewe plakkate insluit waarin die vryheid en skoonheid van Europese vroue gevier word. Senator Van dermeersch het verder verduidelik dat “individualisme, materialisme en selfverheerliking die grootste vyande van familiewaardes en daarom ook ons demografie” is. Sy is sterk gekant teen die VN se voorstel dat miljoene Afrika-immigrante na Europa uitgenooi moet word om vir die vrugbaarheid onder die vervangingskoers te vergoed, en dit as “‘n kruipende, aanhoudende volksmoord van Europeërs” beskryf.

In sy afsluitingstoespraak het die veteraan- VS-aktivis en regsgeleerde Sam Dickson vir Angela Merkel daarvan beskuldig dat sy “die ergste verraaier in die geskiedenis van Duitsland is. Sy beskik oor geen land nie.” Hy het die gehoor daaraan herinner dat “die woord ‘rassis’ ‘n semantiese wapen is wat deur die wrede kommunis Leon Trotski in die 1930’s uitgevind is”.

Kort ná die konferensie het Ruuben Kaalep op Engels getwiet:

Ek kon nie anders as om saam te stem, dit ‘n “hou van” te geen en te hertwiet nie.

Opsommenderwys is daar ‘n paar dinge wat my omtrent die kongres bybly:

  • Amerikaners stel oor die algemeen meer in ons Afrikaners as in die Engelssprekende blankes belang, omdat ons heelwat waardes en ervaringe met hulle deel, hoewel hulle bereid sou wees om alle blankes in ons land by te staan.
  • Vanweë my eie en PRAAG se werk, word Afrikaners en by uitbreiding Suid-Afrika gesien as deel van die internasionale “altregse beweging” wat ten doel het om die hele Westerse/Europese wêreld (waarby Rusland ingegrepe is) op ‘n nuwe konserwatiewe, pro-blanke koers te plaas. Ons stryd is hulle s’n, en andersom. Almal verstaan dit. Donald Trump, maar ook Marine Le Pen, Geert Wilders en ander is by verstek die “altregse politici” wat deur ‘n magtige intellektuele en maatskaplike beweging gerugsteun word.
  • Indien dit reg beplan word, kan ons en veral die Amerikaners gesamentlike projekte aanpak om byvoorbeeld blanke armoede in ons land uit te wis, werk te skep, handel te dryf, of selfs om onsself te beveilig. Oor en oor het van die kongresgangers my gevra: “Do you have the right to own guns?” Solank ons gewapen is en oor ‘n goeie inkomste beskik, is daar niks wat die ANC of EFF kan doen om ons uit die land te verdryf nie. Ons sal ons ook teen misdadigers kan verweer. Ongelukkig sukkel baie van ons mense ekonomies, is ongewapen en daarom weerloos teen aanvalle. Dis wat reggemaak moet word.
Prof. James Otteson
Prof. James Otteson

‘n Plek soos Nashville, Tennessee wat nie eens onder die toptienstede in Amerika figureer nie, is welvarend, skoon, goed georganiseer en dinamies. Daar is vier universiteite, streeksbanke, asook allerlei konserwatiewe dinkskrums waarvan ek Dinsdagaand ‘n lesing te Cool Springs net buite Nashville gaan bywoon het. Die titel van die lesing was “The end of socialism” en prof. James Otteson van die Wake Forest-universiteit het ‘n boeiende ontleding aangebied oor waarom sosialisme en staatsinmening meermale misluk terwyl privaat onderneming gewoonlik slaag. Agterna het hy my sy visitekaartjie gegee en daar was ook ander mense by die lesing wat gretig was om met my te gesels, eposadresse uit te ruil, ens.

My algemene indruk is dat die Amerikaners, veral in ‘n suidelike staat soos Tennessee ons baie goedgesind is en graag sal wil sien dat ons oor en weer saamwerk teen verswelging deur die derde wêreld, of deur swart demografie in Suid-Afrika. Die boodskap dat die hele blanke bevolking wêreldwyd bedreig word, word oral gehoor en daarom bestaan daar ‘n nuwe behoefte aan blanke solidariteit, ongeag taal, kultuur of land. Almal wat deel is van die blanke, Europese beskawing moet saamwerk om dit te red, waar ons ons ook al mag bevind.

Sondagoggend was ek so half en half gestrand by Montgomery Bell Nasionale Park, totdat ‘n Ierse ingenieur uit Kalifornië wat so begeester is ná my toespraak dat hy sommer hierheen wil emigreer om ons te kom help om die stryd te stry, my ‘n geleentheid aanbied. Tien minute later sê hy, nee, hier is ‘n joernalis van een van Amerika se grootste koerante wat my sal aanry dan kan ons sommer in die motor op pad Nashville toe gesels. Dis Amerika: dinge gebeur vinnig en spontaan. Hier in Suid-Afrika sal hoofstroomjoernaliste nie eens my eposse beantwoord nie, want nog te sê my ‘n geleentheid aanbied en agterna vir my ‘n bier in die sentrum van Nashville koop. Intussen het die man my Washington toe genooi. Ek dink as ek meer tyd in die VSA deurbring, kry ek nog ‘n afspraak met die president, veral as daardie president se naam dalk binnekort Donald Trump is!

Bygesê: die Amerikaners is gou om uit te vind of jy oor ‘n goeie opvoeding beskik, oor hul eie en die wêreldpolitiek kan saamgesels en beoordeel jou daarvolgens. Anders as by ons, waar onderlinge nyd en afguns dikwels hoogty vier, verleen die Amerikaners geredelik erkenning aan talent of kennis as hulle dit teëkom.

Vir ‘n dag of twee het ek by ‘n gesin in Green Hills, ‘n voorstad van Nashville, tuisgegaan wat my ook bederf het deur my rond te ry en allerlei besienswaardighede te gaan wys, onder meer die lewensgetroue replika van die Parthenon (hier bo). Die dame se ma was Afrikaans en haar pa ‘n Engelsman van Natal, maar sy het op Potgietersrus grootgeword, daar in Afrikaans skoolgegaan en ook op Tukkies gestudeer. Haar man is in Kanada gebore, en het ‘n tyd lank by Wits klasgegee alvorens hulle uit die land weg is. Hul twee seuns wat tans op universiteit is, het in Amerika grootgeword en praat Engels. Maar hulle is baie gretig om hul Afrikaans te verbeter en daarom het ek vir hulle twee Afrikaanse films met Engelse onderskrifte laat kry, wat vir hulle verdere blootstelling aan die taal sal gee. Só leef die Afrikaanse belangstelling in Nashville, Tennessee, waar daar blykbaar ook ander Afrikanergesinne woon.

Terug in Suid-Afrika lees ek al weer die vervelige, voorspelbare, polities korrekte gesanik van Piet Kopdoek en ander in Rapport en wonder: bly ons op dieselfde planeet? Besef mense nie dat die wêreld daarbuite, in Europa – maar veral ook in die magtige VSA – besig is om met rasse skrede te verander nie?

Politieke korrektheid, witskuld, swart oorheersing, dis alles so… iets wat tot gister behoort. Ons is besig om ‘n nuwe tydvak binne te gaan. Dis opwindend, interessant, en vol belofte.

As ek mense hier by ons net dít kan laat verstaan, dan is alles wat ons doen al die moeite werd.

‘Die oorlog teen Afrikaans’: nuwe Dan Roodt-artikel op Amerikaanse webblad

Dr. Dan Roodt van PRAAG het einde verlede week ‘n artikel, The War on Afrikaans, op die invloedryke Amerikaanse webblad American Renaissance gepubliseer oor die aanvalle op Afrikaans wat tans by verskeie kampusse in die land plaasvind. Die redakteur van die webblad is mnr. Jared Taylor, ‘n Amerikaanse intellektueel wat in Japan grootgeword en aan die Yale-universiteit gestudeer het. Hy was redelik onlangs in die nuus as een van die ondersteuners van Donald Trump se veldtog om president te word.

American Renaissance beywer hom vir blanke of Westerse belange wêreldwyd en daar is gereelde wisselwerking tussen dié organisasie en Europese politieke partye wat teen immigrasie gekant is, soos die Vlaams Belang, Nederlandse PVV en ander. Senator Anke Vandermeersch van België is genooi om by die eersdaagse American Renaissance-konferensie naby Nashville, Tennessee, te praat. Die konferensie word van 20 tot 22 Mei gehou. Dr. Dan Roodt is ook een van die genooide sprekers, maar omdat die Obama-administrasie nie van pro-blanke groepe soos American Renaissance hou nie, word visumaansoeke vir sprekers nie maklik toegestaan nie. Dr. Roodt se visumaansoek is aanvanklik deur ‘n swart Amerikaanse amptenaar by die Amerikaanse konsulaat in Johannesburg afgekeur en is vir “verdere administratiewe verwerking” na Washington verwys.

“Dis vir my ongelooflik dat voormalige terroriste soos Tokyo Sexwale of Albie Sachs geredelik visums vir die VSA bekom, terwyl ek wat nog nooit by enige politieke geweld betrokke was nie, blykbaar nou persona non grata in Amerika geword het,” sê Roodt. “My vorige Amerikaanse toeristevisum was vir tien jaar geldig en ek het alle voorwaardes stiptelik nagekom.  ‘n Mens hoop dat mnr. Donald Trump president sal word, waarna dié openlike diskriminasie teen ons Afrikaners beëindig behoort te word.”

Dr. Dan Roodt het ook in ‘n epos aan die Amerikaanse konsulaat geskryf dat hy “geen voorneme het om ooit na die VSA te emigreer nie en dat hy oor familie-, taal- en kulturele bande met Suid-Afrika beskik wat na die vroeë agtiende eeu teruggevoer kan word”. Boonop beskik hy oor geen misdaadrekord nie. Hy vind dit dus uiters vreemd dat die Amerikaanse konsulaat tot dusver weier om sy toeristevisum te hernieu.

Indien hy nie toegelaat word om die VSA te besoek nie, sal dr. Dan Roodt die organiseerders van die American Renaissance-konferensie vra om ‘n video-opname van sy voorgenome referaat voor die gehoor te speel.

“Selfs nie eens die magtige Amerika moet toegelaat word om ons stil te maak nie,” sê hy. “Ons saak is reg en ons kan dit teenoor enigiemand stel, selfs teenoor president Obama en die Demokratiese aanspraakmaker, senator Hillary Clinton. Ons is ‘n inheemse volk wat deur vreemdelinge oorheers word wat ons skole, universiteite, museums en biblioteke strydig met internasionale reëls verwoes en ons boonop seggenskap in die besteding van ons belastings weier, hetsy op munisipale, provinsiale of nasionale vlak.”

Dr. Dan Roodt is gewoond daaraan om teen ‘n establishment te baklei. “Kyk, in die ou dae het die NP-Broederbond-establishment in Suid-Afrika ook die lewe vir ons moeilik gemaak,” sê hy. “Jy kon nêrens in Afrikaans werk kry nie en is oral uitgesluit of verguis, of jy nou regs of links was. Die arme HNP-mense is oral soos muishonde behandel en Jaap Marais is vir ‘n malmens uitgekryt toe hy gewaarsku het oor die gevaar van ‘n NP-oorgawe aan die ANC en SA Kommunisteparty. En tog is al sy voorspellings bewaarheid! Hoewel ek nie veel met Breyten Breytenbach se idees saamstem nie, dink ek nie hulle moes hom agt jaar in die tronk laat sit het nie. Waarvoor? Tans poog Piet Croucamp, wat deel is van die huidige ANC-Afrikaner-establishment om alle Afrikaners sáám te vervolg, of dit nou ek, Breyten Breytenbach, Louise Mabille of wie ook al is. Kallie Kriel en Flip Buys van Soliforum werk saam met die FW de Klerk-stigting om ons stemme dood te maak, maar ons trotseer dit alles. Ons sal die huidige polities korrekte owerheid in die VSA ook trotseer, want uiteindelik móét trotse Europeërs en Afrikaners wêreldwyd seëvier. Ons het ons nog nooit permanent deur Arabiere, Turke, Meksikane of Zoeloes laat oorheers nie. Ons werk saam met Amerikaners, Franse, Nederlanders, Duitsers, Swede, Italianers, Pole, Hongare, Engelse en wie ook al om die dwingelandy van politieke korrektheid en oorgawe aan die derde wêreld teen te staan. Die stryd in Suid-Afrika is deel van die groter stryd om Westerse en Europese oorlewing.”

‘n Paar Amerikaners het voorgestel dat Roodt na Meksiko vlieg en dan ongesiens die Rio Grande oorsteek, soos wat onwettige immigrante uit dié land na die VSA maak.

Dan Roodt: Kan ‘n Trump-presidentskap die ANC tot ‘n val bring?

Kan Donald Trump die volgende Amerikaanse president word? En watter gevolge sou dit vir Suid-Afrika inhou? Ons weet dat Jan Smuts gesê het dat ons land se toekoms “altyd in die buiteland bepaal sal word” en gedagtig aan FW de Klerk se halsoorkopoorgawe onder buitelandse druk, was dit nog nooit so waar soos oor die afgelope twintig of dertig jaar nie. Onder Clinton en Obama was daar Amerikaanse ingryping in vele lande, met “regimeveranderings” in Noord-Afrika en in Oos-Europa. Donald Trump mag baie krities begin kyk na Suid-Afrika se ekstreemlinkse, antiwit bewind wat gereed maak om die land in dieselfde rigting as Zimbabwe te stuur.

Terwyl vele hoofstroommeningsvormers hulle nog enkele maande gelede doodgelag het vir Donald Trump, lyk die Amerikaanse miljardêrsakeman al hoe meer onstuitbaar. Met gisteraand se benoemingsverkiesings in Mississippi en Michigan onder sy gordel, is Trump besig om sy Republikeinse teenstanders soos Ted Cruz, Marco Rubio en John Kasich al hoe verder in die stof agter te laat. Terwyl ek hierdie rubriek skryf, wil dit lyk asof Trump in Mississippi selfs meer as 50% van die stemme kan inpalm, wat sou beteken dat hy al die afgevaardigdes in dié deelstaat by sy totaal sou kon voeg. Dit sou ‘n ramp-in-die-kleine vir sy mededingers beteken, veral vir Ted Cruz wat die enigste is wat nog naastenby by Trump kan kers vashou wat afgevaardigdes betref. Aanstaande week op 15 Maart vind sogenaamde “wenner-vat-als”-benoemings in Florida en Ohio plaas, met Trump wat in meningsopnames reeds met agt persentasiepunte of meer in die groot deelstaat Florida voorloop. Marco Rubio, die Republikeinse establishment se gunstelingkandidaat, wie se tuisstaat dit is, loop gevaar om heeltemal uit die wedren geknikker te word indien Trump Florida sou wen.

Trump is ‘n nuwe verskynsel: ‘n regse of konserwatiewe kandidaat wat ondanks die honende vyandigheid van die hoofstroommedia en selfs die grootbase en geldskieters binne sy eie party, toenemende kiesersteun monster. Invloedryke Amerikaanse koerante soos die New York Times, Washington Post en die Los Angeles Times, het reeds herhaaldelik venynige aanvalle op Trump geloods. Hulle het hom ‘n “rassis” en “fascis” genoem, asook met Hitler en Mussolini vergelyk. Onder blanke kiesers in Suid-Afrika sou so ‘n mediabelastering sekerlik die doodskoot vir enige kandidaat gewees het, maar sy meesal blanke Amerikaanse kiesers steur hulle nie meer aan die media nie. Hoe meer hy deur die ultraliberale New York Times, asook die TV-kanale soos CNN of selfs die konserwatiewe Fox News aangeval word, hoe meer stem hulle vir hom.

Dieselfde hoofstroommeningsvormers wat tot onlangs voorspel het dat Trump nie eens die eerste paar rondtes van die benoemingstryd sou oorleef nie, voorspel tans dat hy as Republikeinse presidentskandidaat nie ‘n kat se kans teen Hillary Clinton in die presidentsverkiesing staan nie. Hoewel Hillary in die Demokratiese benoemingstryd redelik ver voorloop teenoor haar onmiddellike teenstander, die linkse Bernie Sanders, lyk sy tog kwesbaar. Benewens die oorweldigende steun wat Clinton onder swart kiesers in die Suide van Amerika geniet, iets wat haar tot dusver bevoordeel het, lyk sy glad nie so sterk in die res van Amerika nie. So pas het die nuus bekendgeraak dat Clinton gisteraand teen Sanders in Michigan verloor het. Toe Sanders begin voorloop met die stemtellery, is daar gehoop dat die stemme uit die swart gebiede van Detroit dalk tot Clinton se redding kon kom. Toe nie. Hoewel haar neerlaag nie veel aan haar afgevaardigdevoorsprong bo Sanders gaan verander nie, besorg dit aan hom ‘n klinkende morele oorwinning wat sy ondersteuners nuwe moed gee. Die knaende welslae van ‘n buiteperd soos Sanders, wat nes Trump ‘n anti-establishmentkandidaat binne Demokratiese verband is, dui egter op groot gapings in Hillary Clinton se steunbasis wat haar in ‘n toekomstige stryd teen Donald Trump duur te staan mag kom. Trouens, sommige van Bernie Sanders se linkse kiesers mag selfs hul stemme vir Trump uitbring. Ander Sanders-kiesers dui in meningspeilings aan dat hulle eerder buite stemming sou bly indien Sanders nie as Demokratiese kandidaat aangewys word nie.

Gestel egter die hoofstroommedia se ergste nagmerrie word waar en Trump bestyg die Withuis ná 8 November vanjaar? Hy het belowe dat hy sal ophou met Amerika se onnodige oorloë in ander wêrelddele, soos Noord-Afrika en die Midde-Ooste, asook konstruktief saam met Rusland sal werk. Die burgeroorlog in Sirië mag dalk sodoende beëindig word.

Waarskynlik het die herhaalde aanvalle op Trump as “rassis” taamlike simpatie by hom gewek vir ander mense en groepe wat insgelyks deur die links-liberale media verguis word. Soos Afrikaners, byvoorbeeld? Trump het reeds hier en daar te kenne gegee dat hy nie van Robert Mugabe hou nie, weens sy konfiskering van blanke boere se bates in Zimbabwe. Met die Effers en ANC wat Mugabe in soveel opsigte na-aap, mag Trump se argwaan jeens dié groepe insgelyks toeneem.

Onder Trump se presidentskap sal daar onluste in die meeste Afro-Amerikaanse buurte uitbreek. Daarvoor sal Hillary en die linkse media sorg. Die huidige rassepolarisering in Suid-Afrika sal dus insgelyks in die VSA weerspieël word.

Die Suid-Afrikaanse media volg reeds die meer linkse Amerikaanse en Britse media slaafs na. Hulle is tans erg anti-Trump en sal met Trump as president oorgaan tot volslae anti-Amerikaanse histerie. Waarskynlik sal die Effers die “rassistiese” Amerikaanse ambassade in Pretoria probeer beset, soos hulle tans met Tukkies probeer doen.

In ‘n wit-swart gepolariseerde wêreld sou dit vir Donald Trump sin maak om die lot van Afrikaners en blankes as ‘n kaart in sy Amerikaanse en globale pokerspel te gebruik. Waarom nie ook minderheidsregte aan Afrikaners toeken soos wat Afro-Amerikaners in die VSA geniet nie? Of selfbeskikking in eie gebiede, selfs ‘n volkstaat nie?

Dit mag waar wees dat die Afrikaner hom in sy lot onder die ANC berus en nie in vryheid belangstel nie. Immers stem feitlik alle Afrikaners vir die ANC Lite, die DA met sy swart leier wat ook links en regs sy eie blanke kiesers van “rassisme” beskuldig. Agri SA pas vrywillig “grondhervorming” toe en die senate van die Afrikaanse universiteite stem keer op keer ten gunste van verengelsing en die etniese suiwering van hul eie kampusse van bleekvellige studente en dosente. Ek verkeer dus onder geen illusie dat Afrikaners ooit self teen die ANC en EFF sou wou opstaan nie. Maar net so willoos as wat die dom, konformistiese Broederbond-NP-groepering van destyds aan die SAKP en ANC oorgegee het, sal hulle enige ander Amerikaanse oplossing wat van buite af op die land afgedwing word, aanvaar. In elk geval is dié mense nie meer ‘n faktor nie, hoewel Naspers, Afriforum en Solidariteit seker kliphard teen Donald Trump en Amerika se “rassisme” sal skree.

“Los ons uit. Ons wíl deur die ANC regeer word!” sal die krete weerklink. Maar net soos wat ‘n klein minderheid blanke, meesal Joodse, kommuniste sonder enige kiesersteun – die SAKP het in die veertigerjare konstant sy deposito’s verloor waar hy in verkiesings gestaan het – uiteindelik die land met buitelandse steun oorgeneem het, mag ‘n handjie vol stoere Afrikaners in mnr. Trump hul “troefkaart” sien. Danksy al die artikels op PRAAG se Engelse webwerwe, ons besoeke aan die VSA en skakeling met pro-wit groepe wat almal bankvas agter Trump staan, is daar reeds voorbrand gemaak vir Afrikaans-Amerikaanse samewerking.

Die huidige Amerikaanse ambassadeur in Pretoria heet Patrick Gaspard. Nou die dag sien ek hom in sy koeëlvaste, twaalfsilinder-BMW raak en ‘n paar dae later weer saam met sy vrou in die Sandton City-winkelsentrum. Daar is ‘n soort ongemaklike oomblik as ons mekaar herken. Sonder enige rede het hy my op Twitter versper, waarskynlik omdat hy daarvan bewus is dat ek tot die gehate Afrikanervolk behoort. Gaspard is in die Kongo gebore en het agterna in Chicago by Obama se linkse, antiblanke versetsgroepe betrokke geraak, daarom is hy met die ambassadeurskap in Suid-Afrika beloon. Vir seker sal hy onder mnr. Trump nie lank hou nie. Inteendeel, mnr. Trump mag dalk net iemand soos Jared Taylor van American Renaissance aanstel. Nie net is Taylor ‘n leiersfiguur in die pro-blanke beweging in die VSA nie, maar hy dra ook uitvoerig kennis van Suid-Afrika, plaasmoorde en antiwit diskriminasie. Soos Trump, word hy gereeld deur die liberale media in die VSA vir ‘n “rassis” uitgekryt, al het hy nog nooit in sy lewe die woord “nigger” gebruik nie. Die ANC en die Effers sal seker ‘n floute vang, maar met Trump in die Withuis, sal enigeen nog omgee wat die narre wat hul in ons land as politici voordoen, dink?

Die hele gespuis wat De Klerk – gesteun deur die verraderlike plaaslike en oorsese media – oor ons aangestel het, moet weg. Daar moet opnuut oor politieke oplossings vir Suid-Afrika gedink word. Sogenaamde “swart meerderheidsregering” lei regstreeks na korrupsie, geweld en armoede. Trump is ‘n sakeman en dus kan hy nie korrupsie, geweld en armoede as begeerlike uitkomste vir “regering” sien nie.

Soos Richard Spencer, nog een van die jong, pro-Westerse intellektuele in Amerika en ‘n persoonlike vriend van my, oor Trump gewiet het:

Min Afrikaners besef dit nog, want sotte soos Leopold Scholtz of Max du Preez het dit nog nie vanaf hul preekstoele in ‘n Media24-koerant aangekondig nie, maar Trump het reeds die wêreld verander. As hy in die Withuis kom, gaan die poppe dans.

Die feit dat die meeste Afrikaners dus vir hul eie “Obama”, Mmusi Maimane, stem, behoort ons min te skeel. Demokrasie het in Suid-Afrika nog altyd baie min getel. Dis bloot ‘n sirkus wat aandag van die werklike magsverhoudinge en buitelandse invloed aflei. Soos die skerpsinnige Smuts ingesien het, word ons lot buite ons grense bepaal.

Die aardbewing as Trump in die Withuis kom, sal tot hier gevoel word. Die handjie vol Afrikaners wat nog lojaal teenoor ons eie mense en die Westerse beskawing staan, moet regmaak daarvoor. Daar is ‘n groot golf op pad, selfs ‘n tsoenami. En dié keer is dit ‘n wit tsoenami!

Binnekort drink ons dalk groentee – dis wat ek deesdae drink, nie meer koffie nie – in die Amerikaanse ambassade by Pretoriusstraat 877 saam met mnr. Jared Taylor. Ons sal nie eens ons probleme aan hom hoef te verduidelik nie, want hy verstaan dit reeds. Daar moet meer as een manier wees om van die ANC en die Effers, sonder geweld en te veel bohaai, ontslae te raak. As hulle almal net van die misdade en korrupsie wat hulle reeds gepleeg het, aangekla word, sal daar nie genoeg plek op Robbeneiland of in Polssmoor wees om hulle almal aan te hou nie.

Op die Britse Guardian se webblad het daar nou die dag ‘n interessante artikel verskyn oor die versweë rassedinamiek wat die Amerikaanse politiek dryf: American crossroads: Reagan, Trump and the devil down south: How the Republican party’s dog-whistle appeal to racism, refined by Richard Nixon and perfected by Ronald Reagan, led inexorably to Donald Trump. Volgens die skrywer, Ben Fountain, wat uiteraard vanuit ‘n linkse oogpunt skryf, is die politiek selfs in Reagan se dae gekenmerk deur “gekodeerde” rasse-elemente. Die blanke Suide, wat erg onder swartes en die sogenaamde “desegregasie” gely het, het in 1948 die Demokratiese Party weens sy toenemende liberalisme verlaat en Republikeins begin stem. Hierna moes die Republikeinse Party voortdurend op ‘n subtiele manier ‘n pro-blanke sein uitstuur, sonder dat die media dit kon opvang. Die skrywer haal vir Lee Atwater – destyds ‘n strateeg in die Reagan-Withuis – aan waar hy die sogenaamde “suidelike strategie” só opsom:

You start out in 1954 by saying ‘nigger, nigger, nigger’. By 1968, you can’t say ‘nigger’ – that hurts you. Backfires. So you say stuff like, uh, forced bussing, states’ rights and all that stuff. You’re getting so abstract now you’re talking about cutting taxes, and all these things you’re talking about are totally economic things and a byproduct of them is blacks get hurt worse than whites. And subconsciously maybe that is part of it. I’m not saying that. But I’m saying that if it is getting that abstract, and that coded, that we are doing away with the racial problem one way or the other. You follow me – because obviously sitting around saying ‘We want to cut this’ is much more abstract than even the bussing thing, and a hell of a lot more abstract than ‘nigger, nigger’.

In die VSA, nes in Suid-Afrika, draai alle politiek rondom ras. Terwyl dit in die verre verlede gegaan het oor swart “burgerregte” in die Amerikaanse Suide, het dit tans te make met blanke oorlewing in ‘n “gekleurde wêreld”, dít wat Lothrop Stoddard en ander Amerikaners in die twintigjare voorspel het in boeke soos The Rising Tide of Color Against White World-Supremacy.

Die ANC-SAKP is wesentlik ‘n terroriste-organisasie wat nooit Suid-Afrika moes regeer het nie. Mev. Thatcher was reg toe sy gesê het dat hul ondersteuners in die Weste kranksinnig was. Sy en mnr. Reagan was die enigste Westerse leiers wat helder genoeg was om te kon insien op watter ramp radikale, linkse en antiblanke regering in Suid-Afrika sou afstuur.

Donald Trump volg so reg in Reagan se voetspore. Hier van die kantlyn af, behoort Afrikaners hom toe te juig, al is ons net ‘n klein groepie. Die res van Suid-Afrika, en veral natuurlik die Verraaierkaners, sal ons altyd met dieselfde teerkwas van “fascisme” en “rassisme” toetakel as waarmee hulle Trump probeer swartsmeer.

Maar soos wat iemand nou die dag twiet:

Inderdaad raak verguising as “rassis”, “fascis” en “Nazi” deesdae op ‘n manier deel van die blanke identiteit. Selfs liberale en linkse blankes word gereeld as “rassiste” uitgeskel.

Met sy geniale sin vir bemarking, het Trump dit ingesien en die “reserweweermag van armblankes” waarvan Ilana Mercer praat, tot sy mees lojale ondersteuners verhef. Hulle is gewoond daaraan om beledig te word, dus hoe meer die media Trump beledig het, hoe meer kon hulle met hom identifiseer. Hoewel Trump nog niks gesê het wat as openlik pro-blank geïnterpreteer kan word nie, het hy aan die ander kant ook nog niks kwytgeraak wat as antiblank getipeer kan word nie. Anders as mev. Clinton, byvoorbeeld, wat gereeld tirades teen “rassisme” en “blanke bevoorregting” lewer.

Trump sal moet vasbyt. Maar vir die eerste keer sien ek ‘n sprankie hoop op die horison raak. ‘n Trump-Withuis gaan die wêreld verander. En dalk Suid-Afrika daarmee saam. Selfs Europa sal nie ongeskonde gelaat word nie en die nuwe regse partye op die Vasteland mag dalk net vinniger groei. Donald Trump in die Withuis, Marine Le Pen in die Élysées, Geert Wilders aan bewind in Nederland… almal goeie vriende van Wladimir Poetin. Kan u u so iets voorstel?

Onthou net: U het dit hier vir die eerste keer gelees.

Karakterisering van Amerikaanse swartes

Jared Taylor is aan Praag-lesers bekend as die outeur van White identity: racial consciousness in the 21st century (2011). Hy is ook die redakteur van die webtydskrif American Renaissance. Taylor skryf gesaghebbend oor rasse-aangeleenthede. Hy erken dat sy kennis grootliks op studeerkamerinligting gegrond is. Ten einde ‘n groter mate van balans te verskaf, bestaan sy jongste boek, Face to face with race (Oakton: New Century Foundation, 2014, 172p; Amazon Kindle $7.92), uit 14 essays wat voorheen in American Renaissance gepubliseer is. Daarin boekstaaf blanke Amerikaners hulle eerstehandse ervaring van veral swartes. Weens owerheidsmaatreëls en teistering voel die meeste outeurs verplig om skuilname te gebruik, gevolglik verwys ek dan bloot na “die outeur”.

FaceCoverOm die Amerikaanse opset te verstaan, is dit nodig om te besef dat daardie swartes demografies ‘n minderheid is (dikwels op 12% gestel), dus soortgelyk aan dié van blankes in Suid-Afrika. Swart Amerikaners geniet oordadige minderheidsregte, terwyl letterlik geen sodanige regte aan Suid-Afrikaanse blankes gegun word nie. Hierdie verskil in behandeling kan toegeskryf word aan die feit dat die meerderheid blanke Amerikaners gebreinspoel is om skuldig oor die destydse verslawing en segregasie van swartes te voel, terwyl die swart meerderheid in Suid-Afrika (en die klein groepie blankes wat mandaatloos namens al die blankes oorgegee het) geen grondwetlike erkenning gegee het aan die positiewe bydrae wat blankes oor eeue gelewer het nie.

Soos in Amerika word slawerny voortdurend in Suid-Afrika misbruik om blankes moreel te veroordeel, terwyl die voorouers van die plaaslike swartes in werklikheid nooit slawe was nie. Die era van kolonialisme, rasse-segregasie en apartheid word voorgestel asof dit net so erg, of erger, as slawerny was. Dat slawerny destyds ekonomies voordelig vir Amerika was, kan nie ontken word nie. Die hedendaagse swart Amerikaners is egter glad nie trots op die positiewe bydrae wat hulle voorouers destyds gelewer het nie. Hulle verwyt hedendaagse blankes vir die wyse waarop hulle wit voorouers destyds ledigheid by swartes bestry het en die swartes eis buitensporige vergoeding vir wat hulle voorouers glo destyds nie ontvang het nie.

Amerika het deesdae ‘n multi-etniese bevolking by uitnemendheid. Die blankes is ‘n vinnig krimpende meerderheid. Voor die middel van hierdie eeu sal die blankes ‘n minderheid in die Amerikaanse bevolking wees, “by replacing the founding stock of Europeans with an Afro-Asiatic-Mestizo mix” (Kindle 74). Dít vanweë “natuurlike” aanwas en die voorkeur wat aan nie-wit immigrante gegee word. In voorbereiding op blanke minderheidstatus word soveel moontlik regte aan etniese minderhede toegeken in die (ydele) hoop dat blankes vorentoe, wanneer nie-wittes in die meerderheid sal wees, ook so sagkens behandel sal word. Die voortreflikheid van die staatkundige bestel wat die Amerikaners wêreldwyd propageer, naamlik demokrasie (in die sin van een mens, een stem), met sy veronderstelling van gelykheid (bv dat alle mense ewe goed is), word steeds nie algemeen deur blanke Amerikaners bevraagteken nie.

In die Weste is die era waarin ons leef met liberalisme deurweek. Die skade wat swart Amerikaners in die samelewing aanrig (in hulle eie etniese groep en daar buite) word meesal nie net nie verreken nie, maar ingevolge politieke korrektheid doelbewus verdoesel. “The propaganda mill is always working to show things as they are not” (310). Op ‘n soortgelyke manier word die “vergrype” van kolonialisme beklemtoon, maar die weerslag van kolonialisme, naamlik die toestroming van immigrante uit die Derde Wêreld na veral Europa, met uiters destruktiewe gevolge vir Europese kultuur en beskawing, word grootliks verswyg. Van Amerika word gesê: “Popular music, movies, sports and television are largely black oriented” (225). In Suid-Afrika word dit duidelik in die massamedia weerspieël.

Wat van swart Amerikaners gesê word, geld nie noodwendig Suid-Afrikaanse swartes nie, soos ek hierbo met verwysing na slawerny aangetoon het. Elke leser moet maar self besluit in hoeverre wat hier volg op plaaslike swartes van toepassing is. Die uiteensetting steun noodwendig op veralgemening. Alle swartes is nie sleg nie. Insgelyks is alle wittes nie goed nie. As iets wat negatief is deesdae van ‘n etniese groep (veral swartes) beweer word, word dit stereotipering genoem. Die waarheid wat onder oë gesien moet word, is dat sodanige veralgemening op ‘n beduidende getal gevalle kan berus en in daardie mate geldig is.

In Taylor se boek word beweer dat Amerikaanse swartes geneig is om bv meer luidrugtig, uittartend, aggressief, gewelddadig en misdadig as ander etiese groepe, soos blankes, Latynse Amerikaners (bv Meksikane), Asiate en Indiane, te wees. “Blacks are different by almost any measure to all other people. They cannot reason as well. They cannot communicate as well. They cannot control their impulses as well” (2011). “Blacks are, in many ways, childlike, and this is illustrated by the often superficial quality of their emotions. They are easily provoked into violence and mayhem” (2430). Al die nie-wit etniese groepe is geneig om dislojaal teenoor die Amerikaanse staat te wees.

Columbus Day word in nie-wit geledere geminag “because Columbus was a ‘genocidal racist'” (170), maar van alle Amerikaners word verwag om Martin Luther King Day te gedenk. Aan blanke Amerikaners word daar nie erkenning gegee of respek betoon nie. “I cannot remember even once being thanked or complimented by a black client” (1839). Daar word selfs op blankes gespoeg. Wittes het skynbaar ‘n besondere kapasiteit om uittarting en vernedering met passiwiteit te verduur. Swartes voel vere as hulle oortredings begaan en sal nie verskoning vra nie. Daar is by hulle geen skaamte nie. “They cannot view things from the perspective of others … They do not understand the pain they are inflicting on others” (1961). “It was never their fault” (1805). “It is aways someone else’s fault” (1843). Blankes word gehaat, “the hatred of those who blame the white race for every failure of their own race” (1624).

Blykbaar distansieer al die ander nie-wit groepe hulle van die swartes. Dit is eintlik net blankes wat swart-gedienstig is of aan hulle lippediens bewys. “I have seen whites go on their knees before blacks – and apologize for slavery, white privilege, blacks in prison, the poor state of black neighborhoods, AIDS, drugs in their community, etc” (162). “It seems that ‘white privilege’ is an extremely powerful concept that makes some people believe they deserve humiliation. It leads to a bizarre form of cultural suicide, and an inability to defend one’s own interests” (229). Blankes wat hulle in swart woongebiede begewe, kan in lewensgevaar wees, want swartes beskou dit as uitsluitlik hulle terrein. Baie swartes verkies segregasie: “Keep Harlem Black” (208). “Most blacks believed that segregation on equal terms was better than integration” (544).

Die outeurs van die essays was in baie gevalle aanvanklik polities verlig maar dure ondervinding het hulle gefrustreerd gemaak en tot ander insigte laat kom. In hierdie sin kan kritici beweer dat die boek ‘n eensydige beeld voorhou. Ek beperk my aandag tot ‘n aantal hoogte- of laagtepunte in Taylor se boek. Van die inligting, bv oor toestande in Amerikaanse tronke, is van so ‘n bedenklike aard dat ek nie kans sien om daaroor op ‘n openbare forum soos Praag te skryf nie. Wat nie algemeen besef word nie, is die mate waarin blanke Amerikaners daagliks (bv op straat) aan verbale rassisme deur swartes blootgestel word, terwyl blankes in Suid-Afrika dadelik van rassisme beskuldig word as hulle sekere benaminge vir swartes, bruines of Asiate gebruik. Daar is egter geen benaming vir blankes wat nie maar geuiter mag word nie. Dubbele standaarde geld nie net in Amerika nie, maar ook in Suid-Afrika.

Amerikaanse swartes word uitgebeeld as werksku. Hulle kom dikwels laat by die werk aan, verdwyn gedurende die dag of gaan vroeg huis toe. In werktyd word geëet, gesels, geraas, geslaap. “By their very presence, blacks upset the rhythm and flow of work” (728). “Then there are the guys who claim to have had deaths in the family, but who forget, and claim multiple deaths for the same person” (716). “For most of the blacks, work of any kind was an imposition to which they submitted as seldom as possible. They never took the slightest interest in it, and had no concept of taking pride in what they did. Their lack of concern for what might happen out in the ‘white man’s world’ was breathtaking” (423). Later verwys hierdie outeur na swartes se “God-given right not to work” (457). Die redes hiervoor is dat werk op ‘n raskwotastelsel aan swartes toegeken word en dit weens owerheidsmaatreëls uiters moeilik is om hulle te ontslaan. Sy gevolgtrekking: “So long as there are enough whites to maintain standards and set the tone, we can continue to be a First-World country despite a certain number of non-whites. But past the tipping point the jungle rushes in” (461).

Verskeie van die outeurs verwys na swartes se onvermoë om toelatingseksamens te slaag. Daar word dan onderrigprogramme net vir hulle ingestel en selfs dan word die eksamen wat nie-swartes moet slaag, omseil. “The ironworkers test has been completely watered down” (749). Wat soms in die praktyk gedoen word, bv in die boubedryf en weermag, is om swartes in andersins nie-swart groepe te versprei. “With a mixed pair, the white or Indian guy has to do all the thinking and most of the work” (707). “Many of the blacks have a chip-on-the-shoulder attitude about the job and about whites. In my opinion, they strike a pose to hide the fact that they don’t have what it takes as a group to do the work. I can’t imagine what their day must be like, always walking around wondering if someone doesn’t like them, never able to lose themselves in the work. This work has so much to offer, but it’s up to each man to get out of it what he can” (758). Sy nogal optimistiese gevolgtrekking is: “People are fed up with all this nonsence and slowly they will first take back the workplace and then their society” (770).

“Affirmative action always has costs. Usually, they are lower standards, poor performance, bad morale, and lost profits” (773). Dit is ‘n geval van mense “hired and promoted beyond their capabilities” (790). “Diversity destroys trust” (1359). “Nearly every major problem, accident, or scandal I saw in the service had a black or Hispanic at the bottom of it” (1305).

In America word buite-huwelikse kinders “outside kids” genoem. “Black men are good at making children but not at supporting them, and this can be a terrible burden under laws written with white people in mind” (1856). “The average black client will not pay child support unless it is deducted from his paycheck. Many refuse to work, or leave a job to avoid paying. Job turnover is very high among blacks, and the court system has a hard time keeping up with them. Some blacks quit on purpose, and move to another job so as to keep one step ahead of the collections” (1865).

Naas die twee hoofstukke oor tronktoestande is die een oor New Orleans, toe die orkaan Katrina in 2005 daar skade aangerig het, die ontstellendste. Min mense besef dat twee-derdes van die inwoners van hierdie stad swart is. Namate sake-ondernemings en die huise van blankes ontruim is, is hulle gepunder. Swartes het hierdie natuurramp aangegryp as ‘n maklike misdaadgeleentheid. Hulle het ook die reddingspogings in die wiele gery deur brande te stig, skuilings af te breek en op reddingsvliegtuie en -bote te skiet.

Die laaste hoofstuk in die boek handel oor Suid-Afrika. Die outeur was 12 jare lank ‘n dosent aan universiteite in Papoea-Nieu-Guinee en swart Afrika voordat hy hom in Johannesburg gevestig het. Van swartes as individue sê hy: “I do not dislike them” (2344). Ongelukkig is hierdie essay reeds in 1998 gepubliseer. Die inligting is dus verouderd, want dit weerspieël toestande in die nuwe Suid-Afrika toe Nelson Mandela die president was, dus voor die groot inploffing plaasgevind het.

Die outeur vestig die aandag op die agteruitgang van die hospitale: “Prior to 1990 … they were vastly superior to anything you would find in black Africa” (2456). Ook: “The black schools under apartheid were infinitely better than the general chaos and mayhem that passes for ‘black education’ now” (2477). Die Universiteit van die Witwatersrand “has traditionally been the leading university in South Africa, and deservedly so. But the push, for at least the last ten years, has been to turn it into an African university, that is to say, one with no standards, very little teaching, no significant research, and that issues meaningless paper degrees. The paradox is striking. Blacks go to Wits because it is white. Yet these same students (or at least a very vocal minority among them) and the black government are doing their best to turn white universities black, which they cannot fail to know means their ruin. Indeed, one suspects that it is the very contrast between white success and black failure that they wish to eliminate” (2494).

Daar word gepoog “to manipulate (unjustified) white guilt” (2464). “Nelson Mandela recently told international investors that industrialized countries ‘owe us that support, not as a question of charity, but because we are entitled to it. Our region was subjected to the most brutal form of exploitation in the colonial era which robbed us of our recources'” (2469). Ek wei nie uit oor die ander sake waarmee alle Praag-lesers bekend is nie. Die outeur het waargeneem en tot hierdie gevolgtrekking gekom: “My own view is that South Africa will gradually sink towards the level of the rest of the continent, though it is unlikely to reach the same depths, given a continuing white presence” (2532). Hy wys op “the common black failure to understand the nature of wealth creation: To them it is just sitting there waiting to be taken, not something that requires sacrifice, hard work, discipline and foresight” (2549).

Die outeur haal ‘n swart Amerikaanse sielkundige soos volg aan:

“Black people are inclined to regard the white man as superior … they do indeed feel that the white man is intrinsically better” (2357). Die outeur skryf: “One discovery I made living in black Africa is that virtually all blacks unaffected by liberal egalitarian ideology not only recognize this inequality but are not in the least bothered by it!” (2362). “Perhaps because of this, among themselves, blacks often seem consumed by a need to feel superior and to achieve ‘status.’ From a black point of view, the best way to do this is to make someone else (feel) inferior to you, since if he is inferior you must be superior. This helps explain much of the callous and often brutal behavior of black[s] …When they find themselves in even the most petty positions of authority, many blacks lord it over their underlings in the most extravagant manner” (2366).

“Black criminal propensities were previously held in check by slavery, segregation, apartheid, and strict tribal custom. Remove these constraints and pathologies assert themselves” (2389). “Blacks have a sheep-like mentality, are overawed by authority, and are therefore easily cowed” (2426). “In general, Africans simply cannot manage. They are incapable of running any large establishment and lack the discipline, organization and cooperation necessary to control crime. Although this may sound harsh I believe they also lack the necessary morality. Police will obviously be more effective if they are morally outraged by crime and feel, viscerally, that it is bad. I would doubt there are many African police, at any level, who feel this way” (2397).

“South Africa should, of course, be a lesson for America. Both countries are making the same mistake, which is to assume that there is no such thing as racial differences. It is a mistaken assumption that prevents recognition of the fundamental paradox of black-white relations. Blacks want to live in white neighborhoods, go to white schools and hospitals because they are white. Yet these objects of their desire will remain desirable and superior only as long as they remain white. A few blacks can live in a white neighborhood or go to a white school without seriously affecting it, but as soon as their numbers approach predominance, the very things that made the blacks want to go there cease to exist and blacks find themselves in the very situation they sought to flee: black slums, broken-down black schools, hell-hole hospitals, etc. Blacks can enter into these white structures only if their numbers are controlled; but that is impossible so long as everyone assumes that the very idea of fundamental racial differences is somehow shameful and morally abhorrent” (2574).

As die outeur se hipotese, dat rasse (bv wittes en swartes) verskil, korrek is, hou dit in Amerika nie dadelik of gou sulke ernstige nadele in as in Suid-Afrika nie. Die nie-wittes sal oor sê drie dekades in die meerderheid in Amerika wees, maar die swartes sal steeds ‘n minderheid in daardie nie-wit komponent wees. In Suid-Afrika vorm die swartes reeds ‘n alles verswelgende en vinnig groeiende meerderheid. Weens die beleid van gedwonge integrasie en sosiale manipulasie, waarvolgens die demografie oral op elke gebied en iedere vlak weerspieël moet word, is daar geen moontlikheid dat enige entiteit, hetsy skool, universiteit, woonbuurt, sake-onderneming, ens, wesenlik wit mag wees nie. Die toekoms is dus swart, oftewel: Dit is nag. Dit is die prys wat Afrikaners betaal vir algemene, ongekwalifiseerde stemreg in ‘n eenheidstaat weens die verraad van ‘n klein groepie blanke Afrikaanssprekendes.

Laastens bespreek ek die mooiste opstel in die bundel. Denis Ruiz het in idilliese omstandighede grootgeword in die blanke woonbuurt Fairview Village in Jersey. Sedert die sestigerjare mag Amerikaanse woonbuurte nie uitsluitlik wit gehou word nie. Die regering subsidieer swartes om dit vir hulle moontlik te maak om daar te woon. Die resultaat is dat hierdie buurt 45% swart geword het. Saam daarmee het verval ingetree en is dit nie meer veilig om daar te woon nie. Eiendomswaardes het getuimel. “The neighborhood where I grew up is now a wasteland” (2045).

Oor die blanke inwoners sê Ruiz:

“They wanted to live among their own people. They wanted to live in a white community. Now, I see this as the highest form of self-determination: people defining their own community, deciding what comes into their collective lives, determining their own standards. It doesn’t matter if their standards don’t seem rational or moral to someone else. People have a right to decide who they will live with. This is not a matter of rationality or of morality. It is simply human. It’s not that they have ill will toward anyone; it’s just that they know what atmosphere they like” (2036).

Ruiz woon nou op ‘n ander plek. Toe hy daar ingetrek het, was dit ‘n blanke gebied. Sedertdien was daar transformasie en is hierdie omgewing ook geruïneer.

“I have to either stay and feel trapped or get out” (2083). Dan spreek hy tot die siel van Afrikaners: “I feel that I am all the time planting and that I am never going to get the harvest, that I am never going to live in a true community” (2087).

Amerikaanse webwerf resenseer Roodt-boek

Die invloedryke konserwatiewe Amerikaanse webblad American Renaissance het so pas dr. Dan Roodt se eboek-essay, Raiders of the lost Empire, geresenseer onder die titel, Snuffing out South African identity. Die resensent is dr. F. Roger Devlin, ‘n bekende filosoof, akademikus en skrywer in die VSA wat homself Afrikaans vanaf ‘n CD in sy motor geleer het.

Sy gevolgtrekking aan die einde is:

The Afrikaner people are clearly under attack from all sides: from blacks who resent them, from English-speakers who envy and despise them, and from the larger white world that will never forgive them for taking the measures they found necessary to build a European society in Africa. Their stark numerical disadvantage–they are perhaps 5 percent of South Africa’s population–means the stakes are higher and the crisis sharper for them than for other European peoples. But they are a heroic people, and if they rally to spokesmen like Dan Roodt, they will surely have a future.

Hoewel Raiders of the lost Empire heelwat kritiek teen veral linkse Engelssprekendes en verloopte Afrikaners uitspreek, meen Devlin dat Roodt nie anti-Engels is nie:

Dr. Roodt is not hostile to the English language; he has an extensive knowledge of English literature which would put many native speakers to shame. What he opposes is English as a “killer language”–a term recently coined for “a language so dominant that it tends to wipe out all others.” Language is an important ingredient of identity for black and white South Africans alike, and Dr. Roodt believes that “killer English” is partly to blame for the: “lack of identity [which] drives the need for drugs, for drink, prostitution, gambling and the vast spectrum of vices consuming South Africa, at once the most decadent and the most criminal of countries in the world. The corollary of deracinated English is that there is a constant process of identity-seeking and whether one finds one’s identity in drugs, golf, adopting a ‘posh’ British accent, or radical politics, is a matter of choice or chance.”

Maar lees gerus self die resensie op American Renaissance en koop die eboek hier op praag ($3 of R30) of op Amazon Kindle ($4.99): Raiders of the lost Empire: South Africa’s ‘English’ identity.

 

American Renaissance besin oor Amerika in 2034

Die konserwatiewe Amerikaanse webblad onder redaksie van mnr. Jared Taylor, American Renaissance, het onlangs ‘n reeks artikels deur bekende konserwatiewe denkers en aktiviste geplaas waarin hulle poog om te voorspel hoe die VSA oor 20 jaar daar gaan uitsien.

Die reeks van tien opstelle heet Race and America in 2034 en vertoon ‘n algemene pessimisme wat nie aan Afrikaners onbekend is nie. Die meeste skrywers voel dat die linkse establishment in die vorm van die akademici, die media en die Demokratiese Party volledig in beheer van die land verkeer, met min vooruitsig op verandering. Kulturele marxisme is vandag in die VSA net so ingeburger soos Marxisme-Leninisme in die voormalige Sowjetunie. ‘n Nimmereindigende, onverklaarde oorlog op blanke gesinne sal woed, met die belange van swartes, immigrante, Spaanssprekende kleurlinge, gays en feministe wat voorrang sal geniet. Demografies het die VSA reeds die kantelpunt bereik en word daar jaarliks ‘n meerderheid nie-blanke babas in die land gebore.

Sommige skrywers soos Paul Gottfried hoop dat, indien dinge nóg slegter gaan en daar meer geweld op en diskriminasie teen blankes kom, hulle “wakker sal skrik” en dalk in opstand sal kom. Ons ervaring in Suid-Afrika, met die mees antiblanke wetgewing en beleid ter wêreld, spreek egter van die teendeel. Dit wil voorkom asof blankes maklik gekondisioneer kan word om tweederangse burgerskap te aanvaar, met die meeste mense wat net aan hul eie belang dink en poog om die stelsel ter wille van hul eie oorlewing te pypkan.

Die jong aktivis Richard Spencer, met wie ek al namens praag ‘n uitgebreide potgooi-onderhoud gevoer het, meen dat blanke Amerikaners deur siklusse van “passiwiteit en ongemaklike tevredenheid”, asook woede, gaan soos die karakter Howard Beale in die 1976-film, Network. Ná elke siklus keer hulle egter tot passiwiteit terug.

Mnr. Jared Taylor plaas sy hoop op blanke enklawes wat in landelike en voorstedelike gebiede in die VSA tot stand sal kom, asook op die huidige oplewing in nasionalistiese politiek in Europa. Hy voorspel dat daar oor 20 jaar drie Europese lande mag wees wat deur nasionalistiese partye regeer mag word, met koalisies waarin sulke partye dien in vyf ander lande.

Ondanks die gebrek aan klinkklare oplossings in die reeks artikels, verteenwoordig Race and America in 2034 ‘n interessante oefening in toekomskunde waarin Afrikaners heelwat van ons eie situasie sal herken, met die verskil dat ons natuurlik veel later in die proses van vervreemding, geweld en marginalisering as die blanke Amerikaners verkeer.

Miskien is dit nodig dat ons ook ‘n slag besin oor waarheen Suid-Afrika en Afrikaners op pad is?

Dan Roodt op Classic FM 102.7

Dr. Dan Roodt, skrywer, aktivis en uitgewer van praag.co.za, sal vanaand om 7-uur ‘n gas wees van David Gleason se State of the Nation-program op die Johannesburgse radiostasie, Classic FM wat vanaf 102.7 regstreeks uitsaai.

Die program bestaan uit vier segmente van 15 minute elk en dr. Roodt sal tydens die segment oor politiek aan die woord wees, tesame met die swart rubriekskrywer Aubrey Matshiqi. Die onderwerp is “Suid-Afrika sedert Mandela se vrylating”.

Luisteraars wat buite die Gautengse uitsaaigebied van Classic FM val, kan lewendig op die internet daarna luister by http://www.classicfm.co.za/

Môreaand vlieg dr. Roodt na Washington waar hy die tweejaarlikse konferensie van American Renaissance, ‘n pro-blanke dinkskrum en aktivistiese beweging onder leiding van mnr. Jared Taylor, sal toespreek oor die onderwerp: “The white man’s burden: how the colonial mentality brought down European civilization”. Die konferensie is byna-byna gekanselleer nadat linkse groepe in Washington doodsdreigemente aan die hotelbestuur naby die lughawe gerig het. Ter elfder ure  is die konferensie na ‘n ander hotel naby die Capitol in Washington verskuif. Die Capitol Skyline Hotel by 10 I Street Southwest, Washington, DC 20024, het hom bereid verklaar om die konferensie te huisves, ongeag dreigemente en moontlike betogings deur militante linkse groepe.

Mnr. Craig Bodeker, die maker van ‘n suksesvolle dokumentêre film, A Conversation about Race, sal insgelyks die American Renaissance-konferensie toespreek oor sy wedervaringe tydens en ná die vervaardiging van die film.

entertaining gamesАлександр Фильчаков