Boko Haram se verklaarde samewerking met die Islamitiese Staat (ISIS) in Irak en Sirië, het vrese aangewakker dat die dodelike insurgensie in die noordooste van Nigerië ’n internasionale dimensie sou aanneem.
Dit was boonop ‘n amptelike verklaring deur die wêreld se dodelikste terroriste-organisasies, berug vir hul blindelinge slagting van tienduisende mense.
Kommer het voorheen geheers oor die potensiële invloei van buitelanders wat gewerf word na lande rondom die Tsjadmeer wat die plaaslike konflik kan laat toeneem, het AFP berig.
Die SANW het nietemin verklaar dat hulle spesiale magte na die streek sal stuur teen Boko Haram.
Boko Haram is egter oënskynlik na ‘n jaar se samewerking aansienlik swakker en in wanorde gedompel ná die militêre teenoffensief.
Hul se leier, Abubakar Shekau, het voorts slegs twee oudio-boodskappe opgeneem sedert hy op 7 Maart trou gesweer het aan ISIS.
Nigerië se weermag het sedertdien sy aanslag teen Boko Haram versterk en duisende mense onder Boko Haram se beheer, bevry. Verlede week het dosyne rebelle glo vanweë hongersnood in die militante se geledere oorgegee.
Ontleders beskou die sogenaamde alliansie eerder as ‘n propaganda-skuif. Boko Haram het ten tyde van die aankondiging gesukkel teen hul streekmagte en ISIS moes territoriale terugslae trotseer.
“Niks het in die Boko Haram-kamp verander sedert die aankondiging nie,” het ’n Nigeriese veiligheidsontleder, Abdullahi Bawa Wase, gesê.
“Geen ISIS-vegters het opgedaag nie en die organisasie kon ook nie daarin slaag om ISIS-wapens en kontant te bekom nie, iets wat baie mense gevrees het die geval sou wees.
“In teendeel, Boko Haram is swakker as voor die aankondiging. Dit blyk uit die drastiese afname in dodelike aanvalle. Selfs die vlaag selfmoordbomaanvalle het afgeneem,” het hy gesê.
Die aankondiging en die daaropvolgende nuwe handelsmerk van Boko Haram as die Islamitiese Staat se Wes-Afrika-provinsie, (ISWAP) het glo verdeeldheid in die Boko Haram-hiërargie veroorsaak.
Sommige veiligheidsraadgewers voorspel dat Boko Haram vanjaar eerder as ’n kriminele streekbedreiging, soortgelyk aan die Lord’s Resistance Army in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, sal word.
Die Minister van Verdediging, Mansur Dan Ali, het verklaar dat Suid-Afrika sy spesiale magte sal stuur om die land te help in die stryd teen Boko Haram.
Dan-Ali het het tydens ‘n vergadering met sy Suid-Afrikaanse eweknie, Nobise Mapisa-Nqakula, in Abuja op Maandag, gesê besprekings oor die ontplooiing van die spesmagte het reeds ‘n gevorderde stadium bereik.
Hy het gesê die reëling sal binnekort afgehandel word.
Die minister het gesê die ontwikkeling is ‘n opvolgstap na ‘n Memorandum van Verstandhouding in 2013 tussen die twee lande onderteken is.
“Dit is ‘n baie goeie ding dat Suid-Afrika wat ons noue bondgenoot is, kom help in die ontwikkeling van ons industriële kompleks, wat die verdedigingsindustrie van Nigerië is.
Mapisa-Nqakula het gesê die samewerking tussen die twee lande sal lei tot sterker bande.
Intussen het die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, genl Zakaria Shoke, gesê dat hulle bereid is om saam te werk met die Nigeriese weermag.
In Januarie vandeesjaar het Britse soldate in Nigerië aangekom om die Nigeriese weermag teen die Moslem-insurgente op te lei.
President Jacob Zuma sal vandag en môre in Nigerië wees vir ‘n staatsbesoek.
Zuma en die Nigeriese president, Muhammadu Buhari sal poog om politieke en ekonomiese betrekkinge tussen die lande te verbeter.
Hy sal na verwagting Nigerië se Nasionale Vergadering, sowel as die Suid-Afrika-Nigerië sakeforum toespreek.
Zuma en sy Nigeriese ampsgenoot, Muhamadu Buhari, sal onder meer die Nigeriese boete van bykans R61 miljard aan MTN bespreek.

SANW vir Boko Haram aanvat? Nee – eerder gaan opleiding doen as jy my vra.
watter spesmagte? Is hul almal nie al afgetree of uitgeskop vanwee velkleur nie?
Was presies my vraag, Corrupt. Het ons dan Spes Magte en is dit die “nuwe generasie” in welke geval die manne wat doodskiste bou solank hulle “toolbelts” moet nadersleep of, hoogs onwaarskynlik, is dit nog van die “ou generasie” se manne in welke geval Boko Haram et al solank moet begin gate grou. Myns insiens, SA se kismakers gaan geld maak, want ek dink dis eersgenoemde
Ja, hierdie spesmagte kan nie eers ‘n nat poep uit ‘n papiersak red nie. Waarheen met ons weermag, skiet mekaar in Lesotho, REGTIG, spesmagte????
korrek – dink die cadres speel sony play-station en nou is hulle spesmagte
Boko haram is nie n spul onopgeleide rebelle soos in Sentaal Afrika Republiek nie , die dodetal aan SANDF kant kan hierdie keer groter wees.
Wil die regering Boko haram na SA lok soos die USA die kameeljokkies na Europa toe gelok het???Die ANC is nie eers opgewasse teen die EFF nie wat nog van die klomp wat nie eers huiwer om selfmoordbomme laat afgaan???
Die beste manier om die oorsaak van ekonomiese chaos te verbloem is om politieke en militêre chaos te veroorsaak. Ek is bevrees dinge gaan baie gou, baie lelik raak.
hu