praag.co.za

Tunisë en Libië raak by grens slaags

Written by

in

,

Tunisiese veiligheidsmagte het die week met gewapende soldate naby die grens met Libië slaags geraak, minder as ’n week nadat vyf militante wat oor die grens gekom het, deur veiligheidsmagte doodge­skiet is.

Die gewapende mans het probeer om ’n pos van die nasionale wag en weermagbarakke in die dorp, Ben Guerdane, aan te val toe die gevegte uitgebreek het.

Minstens vier burgerlikes is in die gevegte gewond.

Die gevegte het omstreeks 04:30 uitgebreek en teen dagbreek het dit steeds gewoed. Troepe in die grensgebied is op ’n hoë gereedheidsgrondslag sedert ’n Amerikaanse lugaanval op 18 Februarie ’n opleidingskamp van die Islamitiese Staat (ISIS) groep in Libië gebombardeer het.

Altesaam 18 Tunisiese militante is in die aanval dood.

Minstens vier van die vyf militante wat verlede Woensdag naby Ben Guerdane dood is toe hulle hul vaderland vanuit Libië binnegesypel het, was Tunisiërs.

Dodelike aanvalle op buitelandse vakansiegangers verlede jaar het die Tunisiese toerismebedryf ’n ernstige knou toegedien.

Die skermutselinge het vrese laat ontstaan dat die geweld in Libië kaan oorspoel na hul buurland.

Comments

2 responses to “Tunisë en Libië raak by grens slaags”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Ghadaffi het gesê hy hou daardie wêrelddeel aanmekaar – as hy gaan dan gaan daar chaos wees – hy was reg.

    1. Mattewis Kat Avatar
      Mattewis Kat

      Nog ‘n bydrae tot “wêreldvrede” deur die VSA en sy lakeie gelewer. Hulle sê mos as jy kan steel kan jy moor. In ‘n groter prentjie impliseer dit seker ook dat indien jy massamoord op jou eie mense in Arkansas kan uitoefen, kan jy dit op globale skaal ook doen?

Leave a Reply