Geweld weer uitgebreek buite die Unisa-hoofkampus Woensdag nadat swart studente blokkades opgerig het en paaie versper het in weerwil van ‘n hofbevel wat sulke optrede verhoed.
Die situasie is tans gespanne en die polisie is in die gebied ontplooi.
Volgens berigte is die hele gebied om die universiteit met klippe besaai. Verkeer is erg geraak tussen die Fonteine-sirkel en Sunnyside.
Studente van die EFF saai chaos omdat hulle glo gekant is teen die uitkontraktering van dienste deur die universiteit.
Motoriste is gewaarsku om die gebied te vermy en paaie is steeds gesluit.
Dit het tot reuse verkeersopeenhopings gelei sedert die protes begin het.
Die universiteit het verlede week ‘n interdik bekom om betogers te weerhou van geweld, intimidasie en om te verhoed dat hulle die akademiese program te ontwrig.
“Na aanleiding van dade van intimidasie, die uitjaag van personeel en gaste van die Unisa-perseel, gewelddadige gedrag en skade aan eiendom deur die protesterende werkers en studente, het die bestuur van Unisa ‘n interdik asook ‘n bevel teen die deelnemers aan die protesaksie gekry,” het die universiteit se woordvoerder Martin Ramotshela vroeër gesê.
Dit het egter nie die betogers verhoed om weer te begin met ontwrigtende gedrag op die hoofkampus van Unisa nie.
Protesoptrede kom steeds voor naby die Daspoort-tonnel in Pretoria-Wes wat vroeër vanoggend deur ontevrede inwoners van die Gomora-woongebied versper is.
Van der Hoffweg en Bremerstraat is steeds gesluit waar rommel en bande aan die brand gesteek is.
‘n Polisiehelikopter sirkel oor die gebied.
Volgens berigte het talle skole in die weste van die stad vanoggend hul leerders huis toe gestuur uit vrees vir hul veiligheid.
Die spanning by universiteite is ‘n georkestreerde en kunsmatige poging deur duistere politieke magte en die EFF om ‘n rewolusionêre klimaat te skep.
Geweld het uitgebreek by TUT se Soshanguve-kampus en Noordwes-universiteit se Mahikeng-kampus waar geen Afrikaans of ‘n wit studenteraad ‘n kwessie is nie.
Die EFF hou egter vol dat rassisme onder wit studente by verskeie universiteite ‘n probleem is.
‘n LP van die party, Thembinkosi Rawula het in die rassebat gesê dié kwessie is deel van ‘n volgehoue siklus wat ‘n omgewing van ongelykheid skep, en daardeur gaan swart drome glo verlore.

En so duur die oefeninge voort om te sien hoe vinnig hulle die paaie kan versper sodat wanneer hulle begin moeilikheid maak, hulle seker maak dat geen witmens dit lewendig uit die stad maak nie. Dit is die enigste logiese verklaring wat ek vir hierdie geweld het –
Beide Fonteine en Daspoort tonnel is strategiese deurgange.
korrek