Die gedrag van die Britse ambassadeur, Sir Kim Darroch, wat president Donald Trump van die VSA beledig het, is ‘n klap in die gesig van alle Westerlinge. ‘n Mens hoef nie met alles wat mnr. Trump sê saam te stem nie, maar ten minste het hy al sy kommer uitgespreek oor plaasmoorde in Suid-Afrika en is hy gekant teen onwettige immigrasie na die VSA en ander ontwikkelde lande.
Darroch se kleinlike, beledigende en agterbakse gedrag is onverskoonbaar. Só ook dié van die Britse regering wat hom aanvanklik onvoorwaardelik gesteun en toe sy bedanking aanvaar het.
Nie lank gelede nie, het ‘n Britse Konserwatiewe politikus, Jacob Rees-Mogg, sy land se konsentrasiekampe in die voormalige Boererepublieke verdedig en daarmee sy minagting vir die Afrikanerbevolking van Suid-Afrika duidelik gemaak.
Die meerderheid Afrikaners steun mnr. Trump en vind hom die mees simpatieke figuur sedert mnr. Ronald Reagan, ten minste wat Suid-Afrika betref.
Robin Renwick en Julius Malema
‘n Ander voormalige Britse ambassadeur in Washington, Baron Robin Renwick, werk nou saam met anti-blanke en anti-Westerse ekstremiste in Suid-Afrika soos Julius Malema wat aktief ‘n globale blanke volksmoord propageer.
In solidariteit met die Trump-beweging in die VSA, asook om ons afkeer van Britse ekstreemlinkse voorstanders van blanke volksmoord in Suid-Afrika en elders te betoon, waaronder Jacob Rees-Mogg, Robin Renwick en die hele Arbeidersparty, verbind ons as Afrikanervolk ons tot ‘n ekonomiese boikot teen Groot Brittanje en alle Britse maatskappye wat in Suid-Afrika teenwoordig is, soos Vodacom en BP (Britse Petroleum).
Ons doen verder ‘n beroep op almal in Europa, Amerika en elders ter wêreld wat teen volksmoord, terreur en die ekstreemlinkse bedreiging vir ons beskawing gekant is, om ons boikot teen Brittanje te steun.
Ons sal binnekort ‘n volledige lys van Britse maatskappye en produkte publiseer wat wêreldwyd geboikot moet word.
Tot die bitter einde toe!
Dr. Dan Roodt
Stigter, PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiekgroep)
Mede-stigter, Groep van 63
Hoe later, hoe kwater, soos hulle sê. As ek daagliks waarneem hoe die radikalisering van Suid-Afrika sedert die De Klerk-Meyer-oorgawe van 1994 verloop, dan wonder ‘n mens waar dit alles gaan eindig (of juis nie). Want op ‘n manier was dit alles só voorspelbaar; ons ouers en grootouers het presies geweet hoe die Bantoesamelewing lyk en selfs binne die naïewe geledere van die Nasionale Party was daar plek-plek genoegsame kennis van marxisme en afromarxisme sedert 1960 in Afrika om te kon voorspel hoe die “Volksrepubliek van Azanië” uiteindelik daar sou uitsien. Immers was die ANC-SAKP se sogenaamde “Vryheidsmanifes” niks anders as ‘n kommunistiese visie vir ons land met ‘n liberaal-demokratiese sousie bo-oor nie. “Die grond sal aan diegene behoort wat dit bewerk,” staan mos daarin.
Of juis nie bewerk nie, want volgens beskikbare statistieke het 90% van plase wat onteien of aan Bantoeboere oorgedra is, misluk.
Die hele debat oor die ANC se huidige grondgrypplanne is egter al oor en oor in die media en op sosiale media gevoer. Soos Breyten Breytenbach met die spraakvryheid van die vorige bedeling in 1973 egter kon sê:
“Ek is partydig. Ek kies kant. Omdat dit vir my gaan om die totstandkoming van leefbare omstandighede in ons gemeenskap. Omdat dit vir my gaan om ’n soeke na, ’n óópmaak na ’n samelewing waarin elkeen van ons en almal van ons sy regmatige aandeel kan hê, waarbinne ons op gelyke voet verantwoordelikheid vir mekaar kan aanvaar.”
Vergeet vir ‘n oomblik van die res van Breytenbach se stel linkse idees. Waarvan hy hier praat, is “om kant te kies” en “leefbare omstandighede in ons gemeenskap”. Waarskynlik het hy hier aan die multikulturele samelewing gedink, wat op daardie stadium — soos sosialisme in die negentiende eeu — nog grotendeels ‘n verre droom op die horison was. Vandag het ons egter daaglikse ervaring van die onreg, wreedheid en verontmensliking van so ‘n “multikulturele utopie”. Eintlik “distopie”. Veral dan ook onder onverbiddelike Bantoe-oorheersing, waaroor hier onder meer.
Soos Fransi Phillips dit onlangs op Facebook gestel het:
SA is ‘n simbool van die grootsheid van multikulturalisme. Nou moet die res volg. So, ons het eintlik nogal ‘n belangrike plek in die hele opset. Maar dis lekker dat hulle nou eerstehands begin voel wat dit is waaraan ons blootgestel is. Ons moenie die kans laat verbygaan nie.
Ons multikulturele distopie is presies die teenoorgestelde as die “leefbare omstandighede” waarna Breytenbach in 1973 verwys het. Eerder verstaan ons nou sy woorde as “leefbare omstandighede binne ‘n volksgemeenskap of volkstaat”, want solank as wat ons aan die chaos, wanorde, diefstal, korrupsie, geweld en volksmoord – ja, volkmoord – van die huidige Suid-Afrika blootgestel is, sal ons omstandighede nooit “leefbaar” wees nie. Oral om ons word dood en verwoesting gesaai, soos die moord op my vriendin Anette Kennealy onlangs. Terloops, en ‘n mens moet dit seker nie te hard sê nie, maar Annette was in weerwil van haar liberale en dikwels Engelssprekende vriendekring, self ‘n soort “rasrealis” in die Amerikaanse sin. Sy was op ‘n stadium ‘n DA-stadsraadslid op Louis Trichardt en in haar openbare uitsprake het sy nooit, sover ek onthou, enigiets omstrede kwytgeraak nie. Sy het my egter aangemoedig om Robert Ardrey se boeke oor die “territoriale imperatief” te lees en op ‘n keer veelseggend aan my gefluister: “Hulle is ‘n ander spesie.”
Suid-Afrikaanse Bantoes maak nie bloot blankes dood nie, maar ook die res van hul “broers” uit Afrika. Ons kan boeke skryf oor die redes daarvoor, of dit nature is of bloot nurture, maar dis ‘n futiele oefening. Ons moet die werklikheid in die oë kyk, asook die territoriale imperatief erken waarvan Annette gepraat het. Robert Ardrey se boek is hier iewers op my rak, maar vir die doeleindes van dié artikel haal ek kortliks die opsomming op die Engelse Wikipedia aan:
The Territorial Imperative develops the theses originally introduced in African Genesis: A Personal Investigation into the Animal Origins and Nature of Man, which was published five years earlier. In African Genesis, Ardrey posited that man originated in Africa instead of Asia, that he is driven by inherited instincts to acquire land and defend territory, and that the development of weapons was a fundamental turning point in his evolution. The Territorial Imperative further explores these ideas with a special emphasis on man’s distinct preoccupation with the concept of territory. It goes on to elucidate the role that inherited evolutionary instinct, particularly the so-called “territorial imperative”, plays in modern human society in phenomena such as property ownership and nation building. (My kursivering.) https://en.wikipedia.org/wiki/The_Territorial_Imperative
In vandag se Rapport, die koerant wat jare lank die lofsanger van elke uitgediende liberale leuen en cliché was, skryf die motorjoernalis Jaco Kirsten so ewe hoe lekker hy in Amerika leef nadat hy finaal geëmigreer het. Maar hy is darem nog “hartseer”. Op ‘n manier erken diegene wat emigreer dat blankes aan die verkeerde kant van die territoriale imperatief in ons land verkeer; die land is deur die “ander ras” of die “ander spesie” (die onderskeid tussen die twee is arbitrêr, biologies gesproke) verower en daarom moet ons nou padgee.
In een van die Disqus-kommentare by die Jaco Kirsten-artikel skryf ‘n leseres, Katrien H, die skroeiende woorde:
“Ek huil net om van die afskeid te lees. Daar is geen manier hoe ek sal (kan) weggaan nie maar net die gedagte breek my hart in stukke. Ons is vasgegroei aan Afrika. Dit sit in ons bloed. Tog word die wit mense hier deur meeste ander stamme gehaat. Daar is geen werklike oplossing nie. Ons moes nooit hier gewees het in die eerste plek nie. Maar nou is ons.”
Julius Malema se EFF verteenwoordig die meer radikale faksie van die ANC. Die twee partye se grondbeleid (hul territoriale imperatief) stem egter ooreen en hulle werk saam om blanke boere van hul grond te verdryf, onder meer deur die beplande grondonteiening sonder vergoeding. Hierdie beleid het reeds wêreldwyd opslae gemaak, veral in Westerse lande soos ons stamland, Nederland, waar die Tweede Kamer dit onlangs as ‘n menseregtevergryping veroordeel het.
Geen swart Afrikaland het hom tot dusver teen grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika uitgespreek nie, waarskynlik omdat soortgelyke beleide in Afrika sedert onafhanklikwording male sonder tal op ons vasteland toegepas is. In elk geval is die hele Suider-Afrika, met die hulp en finansiële ondersteuning van linkse Westerse regerings, deur afromarxistiese terreurbewegings (“bevrydingsbewegings” heet die amptelike eufemisme) oorgeneem, wat in mindere of meerdere mate verwoesting gesaai en die eiendom van blankes met geweld of deur wetgewing of ‘n kombinasie van die twee afgevat het.
Dit is feite, soos hulle sê. Soos ek egter gister getwiet het,
As die Afr hoofstroommedia een ding reggekry het sedert 1990, is dit om weg te steek hóé radikaal die ANC/SAKP werklik is. #Grondgryp binnekort, maar ook soos by alle marxiste is #volksmoord altyd ‘n opsie teen “fasciste”, “koelakke” ens.
Die hoofstroommedia hou heeltyd die ANC aan ons voor as ‘n “politieke party” wat eintlik “redelik” en “sakevriendelik” sou wees. Sy radikale leier, Ramaphosa, wat self tot die beleid van grondonteiening besluit het, word voortdurend op sy voornaam in berigte vermeld: “Cyril dit, Cyril dat,” ens. Dit herinner sterk aan die persoonlikheidskultus rondom Stalin wat ewe seer as ‘n “vriendelike omie” en “Oom Joe” aangebied is. Intussen ken ons die geskiedenis van Stalin se massa- en volksmoorde, maar ook die radikale ideologie van die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty haarfyn.
Kortom, verwoord Katrien H. hier bo die ANC-SAKP se siening van ons baie goed: Ons is “indringers”, “gronddiewe”, “kolonialiste van ‘n spesiale tipe” wat “nooit hier moes gewees het in die eerste plek nie”.
Swartes, selfs in die VSA, hou graag die gedagte van “Afrika vir die swartman” voor, wat natuurlik ‘n bevestiging van hul territoriale imperatief sou wees. Al hoe meer Europeërs begin ook die idee propageer dat Europa eintlik ‘n vasteland vir Europeërs behoort te wees en nie deur Moslems en swartes oorgeneem behoort te word nie. ‘n Agt-en-sestigerjarige dame in Swede wat op Facebook geskryf het dat alle Afrikane uit haar land gesit behoort te word – iets wat Malema en vele ander byna daagliks by ons betreffende blankes verwoord – is egter deur ‘n Sweedse aanklaer vervolg en sy is tot ‘n boete en gemeenskapsdiens gevonnis.
In Afrika heers daar geen taboe op die verwoording van die territoriale imperatief nie, dog in Europa wel, blyk dit. Soos wat die mengkultuur egter op ‘n breukspul afstuur, voorspel ek dat daar nie meer genoeg howe en tronke in Europa gaan oorbly om die sensuur teen massa-immigrasie op Europeërs te bly handhaaf nie.
Genoeg is al gesê oor die hopeloosheid en agterbaksheid van ‘n vorige geslag sogenaamde “Afrikanerleiers” wat dít bloot in naam was en geensins ons belange op die hart gedra het nie. Roelf Meyer is bloot gevlei deur die aandag van Britse joernaliste uit Londen en het geen flenter omgegee om ons hele volk se toekoms op die altaar te plaas nie. Aldus oorlede Chris Louw, wat dit alles destyds gevolg het.
Dog ‘n veel groter probleem is ons gebrek aan ‘n antwoord op radikale afromarxisme en anti-blanke rassehaat wat die grondslag van amptelike beleid in Suid-Afrika verteenwoordig. Soos die Nederlander en die Vlaming, is die Afrikaner as Dietser minder ideologies en meer pragmaties ingestel. Insgelyks oor die afgelope week het die oorblywende Afrikaanse dagblaaie in die Naspersstal, Beeld, Burger en Volksblad, ‘n patetiese pleidooi gelewer dat die DA met die ANC moet “saamwerk” om ‘n bestuurskrisis in die groot “metropole” af te weer.
Die onderskeid tussen pragmatisme, enersyds, en verraad of meelopery andersyds is dikwels baie vaag. Hierdie soort nihilistiese pragmatisme bied egter vir ons géén oplossing nie en moet met die minagting verwerp word wat dit verdien.
“Afrika vir die swartman,” is ‘n radikale idee, sowel vanuit ‘n ideologiese as ‘n biologiese oogpunt. Die ANC en EFF het reeds besluit dat Suid-Afrika aan die swartman (sal) behoort; vandaar hul meedoënlose plundering van ons staatsbates wat oor vier eeue opgebou is, asook ons universiteite, ons skole, ons grond en ons eiendom.
Die ANC-SAKP se beleid is naakte Bantoe-imperialisme. Niks minder nie. Vanuit hul voormalige tuislande en van oorkant ons grense is die suidelike Bantoe besig om ons land stukkie vir stukkie te verower met die doel om uiteindelik ‘n Suid-Afrika sónder blankes en veral sónder Afrikaners tot stand te bring.
In die aangesig van dié groteske territoriale imperatief, word duisende van ons mense tereg met vrees vervul. Ons is ontwapen deur die De Klerk-Meyer-oorgawe, demografies oorspoel, ontredderd en veral sonder enige visie of teenplan.
In ‘n essay wat ek jare gelede aangehaal het, het Carel Boshoff IV op ‘n keer gesê: “Een revolusie roep ‘n ander op.” Dit is baie waar. Maar ook: “Een radikalisme roep ‘n ander op.”
Daar is geen pragmatiese of selfs demokratiese — wat dit in ons tyd ook al mag beteken — antwoord op naakte Bantoe-imperialisme, anti-blanke en anti-Westerse haat nie. In elk geval stel die Bantoe-imperialis kwalik belang in dialoog met die Afrikaner, wie se taal, kultuur, identiteit en geskiedenis hy verafsku en sonder omhaal wil vernietig. Panyaza Lesufi, die ANC se onderwysminister in Gauteng, is onomwonde daaroor dat daar nóg vir Afrikaans nóg vir die Afrikaner enige plek in “sy skole” is. Eens “ons skole”, deur ons gebou en met ons belastinggeld betaal, maar nou, ná die revolusie en Afrikaneroorgawe: “Bantoe-eiendom”.
Die ANC en sy bondgenoot, die EFF, se slagspreuk is wesentlik: “Suid-Afrika vir die swartman!” Daar is al vele kere parallelle getref tussen Zimbabwe en Suid-Afrika en dit is tog helder dat dieselfde beleid gegrond op haat vir die blanke, asook die Bantoe-territoriale-imperatief, hier by ons ontplooi word.
Die kreet dat Suid-Afrika uitsluitlik Bantoe-eiendom is, is ‘n rasbiologiese kreet. Soos Jaco Kirsten wat besluit het om “pad te gee”, betrek dit die primitiewe dele van die brein, ‘n oorblyfsel uit die reptieltydperk, soos die breinstam en die amigdala. Dis ‘n geval van: “veg of vlug”! Sommige “vlug” of het reeds gevlug, maar ander van ons “veg” of probeer, sy dit dan op ‘n geringe manier en met die karige middele tot ons beskikking, weerstand bied.
By elke begrafnis, soos dié van Annette Kennealy onlangs, waar ons van iemand afskeid moet neem wat deur die rasende swartman neergevel is, word ons daaraan herinner dat ons in ‘n oorlog verkeer. Dis ‘n ander tipe oorlog as dié waaroor ons in Westerse geskiedenisboeke lees; dit is nooit behoorlik verklaar nie (hoewel die ANC in die tyd vóór 1994 herhaaldelik teenoor ons oorlog verklaar het en terreur op ons burgerlikes op allerlei maniere gepropageer en selfs uitgevoer het), maar dit maak dit nie minder uitmergelend en vernietigend nie. Dit stem ooreen met die tegria-oorloë wat die eerste Europese reisigers, soos byvoorbeeld Mungo Park, in Afrika ontdek het. Park skryf in Travels in the interior districts of Africa:
The wars of Africa are of two kinds, which are distinguished by different appellations ; that species which bears the greatest resemblance to our European contests, is denominated killi, a word signifying “to call out,” because such wars are openly avowed and previously declared. Wars of this description in Africa commonly terminate, however, in the course of a single campaign. A battle is fought, the vanquished seldom think of rallying again the whole inhabitants become panic-struck, and the conquerors have only to bind the slaves, and carry off their plunder and their victims. Such of the prisoners as, through age or infirmity, are unable to endure fatigue, or are found unfit for sale, are considered as useless, and I have no doubt are frequently put to death…
The other species of African warfare is distinguished by the appellation of tegria, “plundering or stealing.” It arises from a sort of hereditary feud which the inhabitants of one nation or district bear towards another. No immediate cause of hostility is assigned, or notice of attack given; but the inhabitants of each watch every opportunity to plunder and distress the objects of their animosity by predatory excursions. These are very common, particularly about the beginning of the dry season, when the labour of the harvest is over, and provisions are plentiful. Schemes of vengeance are then meditated. The chief man surveys the number and activity of his vassals, as they brandish their spears at festivals, and, elated with his own importance, turns his whole thoughts towards revenging some depredation or insult, which either he or his ancestors may have received from a neighbouring state.
Wars of this description are generally conducted with great secrecy. A few resolute individuals, headed by some person of enterprise and courage, march quietly through the woods, surprise in the night some unprotected village, and carry off the inhabitants and their effects before their neighbours can come to their assistance.
Dit is helder dat die tipe oorlog waarin Suid-Afrika tans verkeer van Mungo Park se tegria-tipe is. Die hoofman, “elated with his own importance”, dink aan al die “onregte van die verlede” en moedig dan sy onderdane aan om te gaan roof en plunder, asook die vyand in onverwagse aanvalle uit te moor, soos tydens plaasmoorde byvoorbeeld.
Maar hoe troef ons die radikale visie van die Bantoe-imperialis, met ons eie, ewe radikale siening vir die toekoms? Op die vooraand van die eerste vryheidsoorlog, kon Paul Kruger begeesterd uitroep:
“Met vertroue lê ons ons saak oop vir die hele wêreld. Hetsy ons oorwin, hetsy ons sterf: die vryheid sal in Afrika rys soos die son uit die môrewolke, soos die vryheid verrys het in die Verenigde State van Noord-Amerika. Dan sal dit wees van Zambezi tot aan Simonsbaai: Afrika vir die Afrikaner.”
Of dalk in ons tyd: Suid-Afrika vir die Afrikaner? Op die oog af lyk dit onmoontlik, om die land te herower, daar waar ons in die aanloop tot die ’94-oorgawe, “oorwin” is en vandag telkens daaraan herinner word dat ons ‘n “magtelose minderheid”, “ongewenste setlaars” of “sommer niks” is nie. Maar toe die Litaus-gebore Joe Slovo en sy medekamarade sonder enige openbare steun in die 1940’s en 1950’s daarvan begin droom het om ons land met hul frontorganisasie, die ANC, te verower, was dit ewe vergesog en “belaglik”. Nietemin het hulle, weliswaar met die geluk en FW de Klerk aan hul kant, daarin geslaag!
Die geskiedenis is vol vreemde wendings, iets wat die meeste van ons in ons leeftyd ervaar het. Ek het in Oktober 1989 nog die Berlynse Muur op ‘n besoek gesien. In die 1980’s het die meeste gewone Afrikaners nie eens van die ANC se bestaan geweet nie, wat nog te sê die idee dat hulle die land kon inpalm… ‘n Klein groepie radikale onder aanvoering van die bysiende kommunis, Joe Slovo, het dit egter reggekry.
Winnie en Nelson Mandela, Joe Slovo
Niks is ontmoontlik nie! Maar ‘n mens kort ‘n doelwit, ‘n teiken. In vorige eeue en selfs in die twintigste eeu, is groot ryke oor geslagte heen opgebou. ‘n Prins of vorstehuis het ‘n visie verwoord en daarna het die hele volk saamgewerk om dit te verwesenlik. Vandag kan ons steeds dieselfde doen.
In meer praktiese terme sien ek dit só ontvou:
Al is ons ‘n klein groepie “ware Afrikaners” of “Boere”, sweer ons trou aan ons volk en sy toekoms. Ons aanvaar dat dit ‘n lang en swaar stryd gaan wees om weer vryheid te verkry, met die juk van Bantoe-imperialisme wat swaar op ons druk, swaarder nog as die eertydse Britse imperialisme.
Ons skep enklawes in Suid-Afrika, “kastele” waar ons vroue, kinders en oumense veilig kan wees. Dit gebeur reeds: Orania, Kleinfontein, veiligheidsbuurte met Afrikanermeerderhede.
Ons skep die Wolkstaat waarvan ons voorheen gepraat het: eie virtuele ekonomie, eie handel met onsself en met die buiteland, finansiële bates in die buiteland waar die Bantoe-imperium hulle nie kan plunder nie.
Ons skakel virtueel by ons stamlande in Europa in en begin waar doenlik die euro as betaalmiddel tussen Afrikaners gebruik. Elke Afrikaner moet oor ‘n buitelandse rekening beskik en glad geen kontant of spaargeld in die “getransformeerde” Suid-Afrikaanse banke laat rondlê nie.
Ons sien om na mekaar. Alle armes, werkloses, siekes, ens., moet op ‘n sentrale register geplaas word soos dit in Europa gedoen word en planne moet gemaak word om na elkeen om te sien, werk te skep, hier of in samewerking met Europeërs, Amerikaners en Afrikaneremigrante wat steeds ons saak goedgesind is.
Ons verdedig ons teen die alledaagse aanvalle, rooftogte, plundering en plaasmoorde kragtens die selfverdedigingsbeginsel in Romeins-Hollandse reg: se defendendo.
Ons bestee minder aan selfone en motors, en meer aan veiligheid. Elke Afrikanergesin moet oor handwapens, jaggewere (die “long guns” waarvan die Amerikaners praat) en selfs, waar moontlik, semi-outomatiese wapens beskik. Alles binne die wet, natuurlik.
Ons versterk die Afrikaanse kultuur, veg waar moontlik hofsake oor verengelsing en internasionaliseer die taalstryd. Voortdurend moet ons dit duidelik maak dat die onderdrukking van Afrikaans net ‘n onderdeel van die groter volksmoord is wat die geradikaliseerde Bantoe-marxis tans op ons uitvoer. Verder skep ons verwoed in Afrikaans: boeke, toneelstukke, films, video’s, musiek… ‘n hele Afrikanerrenaissance soos laas in die 1930’s gebeur het!
Ons troef die ANC-SAKP se propaganda dat “Suid-Afrika wel Bantoegebied is” met argumente, boeke en artikels wat die teendeel bewys. Ons ontken dat die Bantoestamme op enige grondgebied buite die ou tuislande of die omringende “nasionale state” soos Swaziland, Lesotho, Botswana, Zimbabwe, ens. geregtig is. Alle vorme van “grondhervorming” en grondgryp moet met hand en tand beveg word. Ons was éérste hier, in 1652. Laat hulle die teendeel bewys. Op skrif.
Ons boikot selektief anti-Afrikaanse of anti-blanke maatskappye soos Spur, Toyota, DSTV en die res, asook die kleiner munisipaliteite waar dienste in elk geval nie meer gelewer word nie.
Soos wat die stryd tussen ons en die Bantoe-imperium voortwoed, sal ons wel punte begin aanteken. In elk geval is die openbare maatskappye soos Eskom, Transnet, SAL, Denel, ens., asook die munisipaliteite, reeds bankrot gesteel en sal die ekonomie al swaarder begin trek.
Ons moedig ‘n toeristeboikot deur buitelanders, tesame met verbruikersboikotte van Suid-Afrikaanse goedere in die buiteland aan. Dít alles sal die ekonomiese druk op die Bantoeryk verhoog en hy sal minder belastings in, asook weens sy beperkter staatsmiddele minder van ons bates kan plunder.
Soos wat die druk toeneem, kan ons begin om bepaalde gebiede in die land waar ons in die meerderheid verkeer, onafhanklik te verklaar en die vlae van volkstate te hys. Al word sulke state nie aanvanklik universeel erken nie, sal hulle nie meer belastings aan die Bantoeryk hoef te betaal nie en kan ons sodoende groter beheer oor ons eie finansiële en ander hulpbronne verkry. Gebiede moet ook gekonsolideer word in een of twee groter Afrikanerrepublieke wat soortgelyk aan die ou Boererepublieke sal saamwerk en ‘n gemeenskaplike verdedigingstelsel sal instel.
Afhangend van die omstandighede by daardie punt, behoort ons egter nie op te hou nie. Onthou: “Een radikalisme roep ‘n ander op.” Net soos wat die ANC-SAKP ons almal by ons werkplekke, aan die universiteite en in skole wil vervang – die “Groot Vervanging” waarvan daar insgelyks in Europa sprake is – moet ons op die duur alle swartes laat vervang met ‘n beleid van BEB, oftewel “blanke ekonomiese bemagtiging”. Ons sal blankes invoer uit ander wêrelddele om arbeid hier te kom verrig en geen enkele Bantoe meer in diens neem nie, iets wat reeds met welslae in Orania toegepas word.
Sodoende sal die twee onversoenbares, die Afrikanerkultuur en die Bantoekultuur, op ‘n natuurlike wyse uitmekaar groei en elkeen in sy eie gebied teregkom. Anders as in Verwoerd se tyd, sal dit nie by wyse van patriargale blanke staatsbeleid gebeur nie, maar meer organies en in reaksie op ‘n radikale kultuurkonflik wat reeds deur die Bantoe-imperialiste ontketen is — en voortaan onstuitbaar is. Dit is ‘n proses wat by wyse van aantrekking en afstoting sal gebeur: die verwerping van Afrikaans en die Europese wêreldbeskouing deur die afrosentriese, geradikaliseerde Bantoe veroorsaak dat hy sy rug op ons keer, terwyl ons op ons beurt ons rug op die Bantoe en sy imperiale gebiedsuitbreiding, asook sy sug na oorheersing keer en selfbeskikking nastreef.
Dis nie nodig om ‘n lykskouing by die NP-beleid van destyds onder Malan, Strijdom en Verwoerd te hou nie. Maar in die 1960’s was die wêreld nog nie reg vir gebiedskeiding en die “afsonderlike ontwikkeling” van kulture nie. Tans is veral die Westerse wêreld, sowel die Noord-Amerikaners as die Europeërs, uiters ontvanklik daarvoor. Europa se vrees vir Islamisering en die Amerikaanse weerstand om deur immigrasie vanoor die Mexikaanse grens — waaronder ook swartes uit Afrika! — oorspoel te word, skep ‘n natuurlike bondgenootskap tussen ons en die res van die Weste.
In die aangesig van korrupsie, geweld, volksmoord op boere, asook die uiterste vorme van Bantoevermetelheid tans, beskik ons reeds oor die “morele hoëgrond”, soos dit genoem word.
Die herowering van Suid-Afrika, dít wat op Spaans die reconquista genoem word, moet met ongekende ywer nagestreef word, totdat die rug van die Bantoebesetting finaal gebreek is. Selfs dán moet dit nog nie ophou nie, en moet Suid-Afrika as ‘n integrale deel van die Westerse en Europese stelsel herstel word – soos dit tot onlangs toe was!
Tydens die klassieke reconquista, het dit die Spanjaarde 780 jaar geneem om van die Arabiere in hul land ontslae te raak. Vir seker gaan dit nie so lank neem om die oorheersing van die suidelike Bantoe in ons land vir goed te beëindig nie.
Ek verstout my om te sê: Ons kan nie anders as om te oorwin nie.
Om die leuse van Hoërskool Linden in Johannesburg, een van die skole wat Lesufi die Bantoe-imperialis van Gauteng, tot niet wil maak, lui:
Toe die dogter van Nelson Mandela en Suid-Afrika se ambassadrise in Denemarke twiet dat wit boere in Suid-Afrika “bewe” omdat hul grond binnekort deur haar party gekonfiskeer sou word, het die gewilde sanger Steve Hofmeyr op Zindzi Mandela gereageer deur te sê dat sy belasting haar salaris betaal en dat hy daarom teoreties haar “baas” is.
Vir sy feitelike akkuraatheid sal Hofmeyr aangekla word van “haatspraak”, meer spesifiek crimen injuria, ‘n ou vorm van kriminele laster in Suid-Afrika wat die afgelope paar jaar gebruik is om hoofsaaklik blankes vir “haatspraak” te vervolg.
Die land se regerende party, die ANC, het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle aangekondig het dat hulle ‘n aanklag van crimen injuria teen Steve Hofmeyr by ‘n polisiekantoor sal aanhangig maak vir “sy rassistiese en onmenslike uitbarstings op sosiale media wat getuig van barbarisme, rassisme en toksiese manlikheid “.
In een van haar twiets het Zindzi Mandela daarna verwys dat sy in Denemarke “op wyn en etes getrakteer word” en op Engels gesê:
“Terwyl ek hier op wyn en etes getrakteer word .. wonder hoe ek hoe dit in die wêreld van bewende gronddiewe gaan. #OnsGrond.”
Die regerende ANC het ‘n beleid aangeneem wat alle landbougrond wat aan wit boere behoort as “gesteelde grond” beskou op grond daarvan dat wit mense, selfs as hulle grond van ‘n vorige verkoper gekoop het, dit nie regtig besit nie omdat hulle nie rasse-Afrikane is nie.
In vorige gevalle waar witmense skuldig bevind is aan haatspraak teen ‘n swart persoon, het hulle boetes van sowat R150 000 (Penny Sparrow) of tot drie jaar tronkstraf (Vicki Momberg) ontvang.
Aanvanklik het die ANC aangekondig dat hulle Donderdag die aanklag teen Hofmeyr sou aanhangig maak, maar hulle het nou ‘n verklaring uitgereik dat dit eers op Maandag 24 Junie sal plaasvind.
Volgens die ANC toon Hofmeyr se twiet “wit arrogansie en is ‘n handboek-voorbeeld van wit bevoorregting wat in die kiem gesmoor moet word”.
‘n Regskundige, Albert Murphy, het die regerende party ‘n grap genoem. “Die beweerde kriminele aanklagte wat die ANC teen Steve Hofmeyr wil instel op grond van ‘n twiet van hom oor Zindzi Mandela, is ‘n klug!
“Daar is absoluut niks misdadigs aangaande die twiet nie en geen aanklaer wat sy sout werd is, sou voortgaan met daardie klagtes nie. Die ANC is ‘n grap. ”
Mandela se twiets uit Denemarke op 13 en 14 Junie 2019 het soortgelyke rassedreigemente as dié van die ANC self bevat (op Engels):
“When you came here without land you found the original people making fire. Next you’ll claim you taught us. Just like Chris Barnard learnt the basics of heart surgery from his Black gardener. What you’re good at is fantasy.”
“Dear Apartheid Apologists, your time is over. You will not rule again. We do not fear you. Finally #TheLandIsOurs”
“Miss all these trembling white cowards, shem [I pity them]. Botha, Potgieter, Thieving Rapist descendants of Van Riebeeck, etc: how are you my babies?”
Dit is opmerklik dat 84 persent van swart grondeise in Suid-Afrika in stedelike gebiede geliasseer word en 93 persent van grondeisers verkies finansiële vergoeding eerder as grond.
Zindzi Mandela se rassistiese twiets het ‘n opskudding in die land veroorsaak. Maar die Nelson Mandela-stigting se Luzuko Koti het aan die Johanneburgse Engelstalige dagblad The Star gesê: “Ons het nooit gesê ons wil Zindzi Mandela ontmoet om haar twiets te bespreek nie.”
Maar toe Koti later met die Afrikaanse Sondagkoeranant Rapport praat, het hy gesê: “Ons wil met me. Mandela ontmoet en verstaan wat haar standpunt is.”
Gedurende die onlangse parlementêre verkiesing het die Vryheidsfront Plus sy aantal stemme meer as verdubbel tot 414 844 om sy aantal setels in die nasionale vergadering tot op 10 te staan te bring. Dr. Dan Roodt het met ‘n veteraanverteenwoordiger van die party gesels.
Terwyl ‘n provinsiale raadslid van die EFF in Mpumalanga onlangs gedreig het om “die Witwolf se tande uit te slaan”, lag die VF Plus se verteenwoordiger in die wetgewer, Werner Weber, lekker daaroor. “Ek hoop hy sit langs my,” sê Weber. PRAAG het ‘n onderhoud met hom gevoer oor die party se vertoning in die onlangse verkiesing, asook sy toekomstige beleid.
Die VF + het beter gedoen as wat verwag is. Waaraan skryf u dit toe?
Werner Weber: Die koerante het dit gesê. Na my mening, het ons nie so goed gedoen as wat ek verwag het nie.
Was die DA ooroptimisties?
Werner Weber: Ja, die Die DA was ooroptimisties.
Daar was negatiewe reaksie van Collen Sedibe van die EFF op Twitter wat dreig om u tande uit te slaan. Verteenwoordig die VF+ en die EFF twee teenoorgestelde pole in die Suid-Afrikaanse parlement en politiek?
Werner Weber: Ek is nie oortuig dat hy uit sy hart uit praat nie. Om politieke redes maak hulle asof hulle die witmense haat. Ek ervaar nie sulke gevoelens van swartmense op straat nie.
Dink u die EFF is ook nie so anti-wit as wat hulle voorgee nie?
Werner Weber: Hulle verteenwoordig nie die gesindheid van swartmense nie. Daar is baie min plekke met soveel swartmense soos Piet Retief en ek ervaar hoegenaamd nie daardie gesindheid hier op ons dorp nie.
Oorspronklik is die VF gestig om selfbeskikking vir die Afrikaner te verkry. Maak dit nog deel van die party se grondwet en doelstellings uit?
Werner Weber: Onomwonde, ja! ‘n Mens moet byvoeg dat selfbeskikking verskillende fasette het. Ek kan sonpanele op my dak sit en self elektrisiteit opwek; dit is ‘n vorm van selfbeskikking. Om my eie hospitaal te hê, is ‘n vorm van selfbeskikking. ‘n Eie tuisland is die toppunt van selfbeskikking, maar nie die enigste nie.
Is dit nog die party se strewe om ‘n tuisland vir Afrikaners te verkry?
Werner Weber: Indien moontlik.
Wat dink die VF van die groei onder Europese patriotiese of behoudende partye?
Werner Weber: Daardie partye het ‘n baie sterk gevoel van nasionalisme, en dit verskil weinig van die gesindheid in die VF Plus, want ons is ook patriotte. Ons het ook Afrikanernasionalisme wat vir ons baie belangrik is. Ons vra nie verskoning vir dít wat ons is nie, glad nie. Ons is trots op wat ons is en moedig almal aan wat Afrikaners is en selfs witmense om trots te wees op hulle identiteit.
Is daar enige toenadering tussen sulke partye en die VF Plus?
Werner Weber: Die Duitse AfD het ‘n afvaardiging gestuur na die parlementêre koukus van die VF Plus en hulle het ontmoet. Dit was omtrent so ‘n jaar of 18 maande gelede.
Het die VF enige besoeke aan Europa gebring?
Werner Weber: Daar was so ‘n besoek, maar ek was nie by die gesprek nie.
Hou die VF dop wat in die EU-verskiesings gebeur?
Werner Weber: Ek persoonlik hou dit dop.
Hoe lyk Suid-Afrika se toekoms onder die ANC?
Werner Weber: Ek is geneig om die positiewe raak te sien, maar daar is baie meer negatiewe vooruitsigte as positiewes.
Hoe voel u byvoorbeeld oor die huidige ekonomiese situasie?
Werner Weber: Ek is van mening dat die ANC se finansiële plan nie volhoubaar is nie en dat hulle hul finansieel gaan vasdraai. Hulle planne is net nie volhoubaar nie. Daar is geweldige uitgawes aan sosiale programme. Hul munisipale plan is ook nie uitvoerbaar nie. Een of ander tyd wag daar baie groot moeilikheid.
Werk die demokrasie goed in SA?
Werner Weber: Ek is van mening dat die demokratiese formaat nie ontwerp is vir ‘n land soos SA met verskillende gemeenskappe nie. Dit het sy ontstaan in Engeland gehad wat oor ‘n homogene bevolking beskik het. Dit is uiters onbillik vir minderheidsgroepe. Die ANC sal altyd in beheer wees, en swartes sal altyd in beheer wees.
Is ANC-regering goed vir die breë massa swartmense in SA?
Werner Weber: Op die kort termyn, uitstkend. Maar dis nie volhoubaar nie. Nie finansieel nie. Daar is te veel maatskaplike toelaes, asook oormatige salarisse vir staatsamptenare. Die geld sal opraak, een of ander tyd.
Wat sal dan gebeur?
Werner Weber: Wat dan sal gebeur? Wat met enige besigheid gebeur! Uitgawes sal besnoei moet word en hulle sal vir die massas moet sê julle kry minder geld.
Is die VF Plus steeds ‘n Afrikanerparty of is dit nou ‘n party vir al die minderhede in SA?
Werner Weber: Die party se hooffokus is steeds die Afrikaner want hy het uit die Afrikaner ontstaan. Maar daar word teen alle minderhede gediskrimineer en dus is dit ons missie om alle minderhede te beskerm.
Is die media deesdae vriendeliker teenoor die VF Plus?
Werner Weber: In die laaste drie weke voor die verkiesing het die media baie duidelik gewys hulle veg teen die VF Plus en vir die DA. Hulle wil een groot opposisieparty hê, hulle glo nie in kleiner partye wat ‘n koalisie kan vorm nie.
Hoe sou ‘n ideale SA lyk vir die VF Plus?
Werner Weber: Dis ‘n baie moeilike vraag. Eerstens moet alles op meriete geskied. Ons wil ‘n vreedsame samelewing hê. Ons sou wou hê dat daar weggedoen word met regstellende aksie en swart bemagtiging. Ook dat die ANC se grondplan geskrap word. En dat daar nie teen minderhede gediskrimineer moet word nie.
Ek glo dat as ons normale kapitalistiese stelsel in SA kon implementeer met gelyke geleenthede vir almal sou dit ook beter met ons gaan.
Ek wil byvoeg oor ‘n tuisland: ‘n tuisland is ons strewe, maar dit is nie die oplossing vir almal nie. Die meeste van die witmense en Afrikaners sal nog altyd in die land aanbly. Ons strewe moet ook wees om geregtigheid te verkry vir diegene wat nie in die tuisland sal beland nie. Die res van die mense in die land het ook regte en ons sal vir hulle regte moet opstaan.
Dis baie moeiliker om ‘n tuisland te bekom terwyl die ANC regeer. FW de Klerk moes dit vir ons verkry het. Dis baie moeilik nou want die ANC wil dit nie vir ons gee nie. Ons het eintlik die geleentheid in 1994 verpas.
Soos by alle volkere wat vir lang tye oorheers of beset is, het dié vraag al telkemale in die verlede tydens krisistye na vore gekom. Tans, met die juk van die ANC-terroristebewind wat al swaarder op ons druk, tesame met die onderdrukking van ons kultuur, ervaar vele van ons mense nogmaals ‘n identiteitskrisis. Andersins verkeer ons natuurlik in die tydvak van sogenaamde “identiteitspolitiek” wat regoor die wêreld gevoer word en waardeur die identiteit van veral blanke Europeërs of Westerlinge aangeval of verguis word terwyl dié van swartmense of Moslems opgehemel word. Ons sien dit ook in die taamlik absurde “akademiese” diskoerse rondom ‘n begrip soos “witheid”. In Nederland het van die media begin om die woord “blanke” te onderdruk ten gunste van “witte” wat blykbaar oor meer negatiewe konnotasies beskik, sodat witskuld in die hand gewerk kan word.
Die voormalige Beeld-joernaliste Mandy Rossouw
Afgesien van tye in die negentiende eeu toe die koloniale Britse bewind met alle geweld gepoog het om die Nederlands- of Afrikaanssprekende bevolking aan die Kaap te verengels, was daar nog nooit ‘n tydvak in die geskiedenis toe die staat, maar ook privaat magte en kragte soos die hoofstroommedia, so hard gepoog het om die Afrikaneridentiteit aan te val, verdag te maak of te verguis nie. Ek onthou dat ‘n joernaliste van die dagblad Beeld, Mandy Rossouw (sy is intussen oorlede) my op ‘n keer geskakel het en van “rassisme” beskuldig het bloot omdat ek die term “Afrikaner” gebruik het. Ek was heeltemal uit die veld geslaan, maar het agterna by nadenke vermoed dat sy gemeen het dat Afrikanerskap in 1994 deur die revolusionêre oorname van die ANC-SAKP as’t ware afgeskaf is en dat enigeen wat aanhou om die blote woord te gebruik ‘n soort taboe oortree.
In Rapport van 21 April 2019 laat Tim du Plessis hom insgelyks kragtens die heersende ideologie negatief uit oor die Afrikaneridentiteit:
Dié klas rebellies begin dikwels as taalaktivisme vir Afrikaans. Piekfyn met my. Dan volg intree vir die Afrikaanse kultuur. Ook reg, mits dit inklusief is, soos die ATKV dit deesdae doen.
Maar dan op ‘n kol kom jy agter ons ywer is nou vir ‘Afrikaner’. En dis waar jy my verloor. Want van hier af is dit ‘n kort sprongetjie na ‘wit’.
Hiermee verwoord Du Plessis die amptelike sensuur wat daar in die Naspersmedia — deesdae bekend as Media 24 — rondom die begrip “Afrikaner” bestaan. Oor die afgelope dekade of twee is die woord vervang met die neologisme, “Afrikaanse” wat onmiddellik ietwat vroulik op die oor val, soortgelyk aan “Nederlandse”. Dog ‘n “Afrikaanse” is geen vroulike Afrikaner nie, maar veronderstel om ‘n soort samevoeging van alle Afrikaanssprekende identiteite te wees, blank en bruin. ‘n Joernalis van Die Burger, die Kaapse koerant, het my selfs vertel dat hy en ander ‘n omsendbrief per e-pos van die bestuur ontvang het waarin hulle aangesê is om die gebruik van die woord “Afrikaner” te vermy, tensy die konteks dit genoodsaak. Ons sien dus dat die term “Afrikaanse” met ‘n hoë mate van sosiogeniëring gepaard gaan, wat nie vreemd is aan totalitêre, linkse samelewings nie.
In dié verband was die ANC en sy alliansievennoot, die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, nog altyd uiters vyandig teenoor die inheemse blanke bevolking en veral die Afrikaner. Die party se beleid het in die 1930’s beslag gekry toe dit deur Oos-Europese immigrante met ‘n internasionalistiese identiteit oorheers is. Hiervolgens is die Afrikaner gesien as ‘n “kunsmatige skepping” van die vyandelike klas, die kleinburgery of petite bourgeoisie soos daar gewoonlik op Frans daarna verwys word. In die huidige Suid-Afrikaanse tydvak, wat so intens deur ‘n linkse hegemonie gekenmerk word, het dié kommunistiese vooroordeel uit die vroeë dekades van die vorige eeu tot ‘n nasionale dogma verhard. Sowel die vorige ANC-president, Jacob Zuma, as die huidige, Cyril Ramaphosa, het reeds die datum 1652 as ‘n uiters negatiewe jaar op die kalender gekenmerk toe die Nederlanders aan die Kaap geland het en begin het “om grond te steel”. Logies gesproke, hoort ons dus nie hier nie, synde beide vreemdelinge in die land ná byna vier eeue én “fasciste” wat verseg om ‘n globale, proletariese, Engelse kultuur aan te neem soos wat die SAKP sou verkies.
Dog nie net Afrikanerskap staan in die spervuur nie. Ook die Afrikaanse taal, spesifiek die standaardtaal, gee deesdae aanstoot. Daar was die Afrikaans-must-fall-beweging op sommige kampusse, tesame met verklarings deur die hoof van Radio sonder grense (RSG) dat Standaardafrikaans toenemend deur “Kaaps” of ‘n nuwe standaardtaal met ‘n “Kaapse” grondslag vervang sou word. Verskeie taalkundiges, veral vanaf die Potchefstroomkampus van die Noordwes-universiteit, het ook begin om die Wes-Germaanse oorsprong van Afrikaans te bevraagteken en dit as ‘n soort “Khoisan-dialek” voor te stel. Kortom, en in weerwil van die taal se benaming wat na die Afrika-vasteland verwys, word Afrikaans as “te eurosentries” gesien en moet daarom soos die meeste ander dinge verafrikaniseer word deur ‘n Khoisan-identiteit daaraan toe te dig.
Dit bring my by die hooftema van dié rubriek, naamlik die spanning wat daar heers tussen die Europese oorsprong van die Afrikaner en sy heimat in Afrika, “oor ons ewige gebergtes, waar die kranse antwoord gee,” soos dit in “Die Stem” deur C.J. Langenhoven besing word. Die blote noem van “Die Stem” is egter in die huidige tydsgewrig op sigself omstrede, soos mnr. Steve Hofmeyr al telkemale ondervind het, want dié volkslied word insgelyks deur beide die links-liberale en kommunisties-radikale groeperings in Suid-Afrika verwerp.
In dieselfde trant wys die titel van dié rubriek heen na ‘n boek deur die links-liberale politikus, Frederik van Zyl Slabbert, wat sy omhelsing van liberale Engelsheid of Britsheid ten spyt, halsstarrig volgehou het om hom as “Afrikaner” te tipeer. Die teks wat ek in gedagte het is Afrikaner, Afrikaan (Tafelberg, 1999), ‘n vreemde mengsel van saamgeflanste teorie en outobiografie waarin hy die begrip “Afrikaner” letterlik opvat en so min of meer aan dié van “Afrikaan” of swartman — met al die teenstrydighede wat daaruit voortvloei — gelykstel.
Om verskeie redes verafsku ek die soort Engelsgesinde Prog-liberalisme van Slabbert en spreek dit vanself dat my eie begrip van Afrikanerskap reëlreg van syne verskil. My eie siening van Afrikaneridenteit sluit aan by die klassieke tradisie wat in 1707 met Hendrik Bibault se tussenwerpsel teenoor ‘n landdros, Ik ben een Africaander! begin het, en dwarsdeur die negentiende en twintigste eeue deur ‘n swetterjoel geskiedkundiges, skrywers, kunstenaars, argitekte, filosowe en politieke denkers ontwikkel is, waaronder N.P. van Wyk Louw.
Maar, en dis die tweede polemiese invalshoek van my argument, afgesien van my afwysing van die Afrikaner-Afrikaan-begrip, hiermee wil ek insgelyks kritiek lewer op ‘n soort gemoedelike siening van Afrika wat in die verlede deel uitgemaak het van ons identifikasie met die vasteland. In die tyd van Afrikaans must fall en Kill a Boer, kill a farmer, moet ons vereenselwiging met Afrika — dieselfde Afrika wat ons verwerp en aanval, hetsy kultureel, hetsy fisiek — noodwendig onder die loep kom. Daarmee saam moet ons herbesin oor ‘n bepaalde “Afrika-romantiek” wat ons idee van Afrikanerskap in die verlede gekleur het, en wat vir seker by Van Wyk Louw en ander teenwoordig was.
Die huidige tydvak, asook ons volslae magsverlies en oorheersing deur aggressiewe, dikwels vyandige Afrikane, dring hierdie herbesinning aan ons op. Maar ook, en juis as gevolg van Europa en Amerika se immigrasieprobleme, tesame met die opkoms van ‘n wêreldwye anti-blanke of anti-Westerse vyandigheid, bevind ons en ons stamlande ons toenemend in dieselfde bootjie. Vir die eerste keer sedert die vroeë vyftigerjare byvoorbeeld, heers daar toenemende solidariteit tussen Afrikaners en die inwoners van die Lae Lande, sowel Nederlanders as Vlaminge. In Duitsland, Frankryk, Italië en Swede vlam daar ook belangstelling op in die penarie waarin ons ons bevind, met gepaardgaande simpatie. Dít alles noop ons om ons te heroriënteer sover dit ons Europese wortels aanbetref.
Aangaande die term “Eurokaner”, het ek dit helaas nie gemunt nie. ‘n Klompie jare gelede het ek ‘n internetgesprek met ‘n jong Fransman gevoer waartydens hy ewe kripties aan my gesê het: “Afrikaner, Eurokaner, dis een en dieselfde ding.” Dit het my nogal verras en sedertdien het die woord my bygebly. Ek dink dat hy daarmee wou uitdruk dat, soos Ilana Mercer ook al geskryf het, álle blankes nou in die spervuur verkeer. (Ilana Mercer: Why hatred of whites is here to stay.)
Dit is dan die eerste, taamlik breë definisie van ‘n Eurokaner: iemand van Europese afkoms wat weens nyd en ressentiment deur ander gehaat word.
Feitlik alle nuus in Suid-Afrika is ANC-nuus. Die regerende terroristebeweging (ek dink die woord “party” is ietwat onvanpas) het soveel beheer oor die hoofstroommedia in ons land dat sy mediaverklarings feitlik klakkeloos as “die waarheid” (prawda!) gepubliseer word. Gister het Nathi Mtetwa die ou dodesel by Pretoria-sentaal besoek om daar hul opgehangde “kameraad”, Solomon Mahlangu, as martelaar op te hemel. Onder andere het hy gesê dat “Jan van Riebeeck vir sy dood verantwoordelik was”. In ‘n koor gee News24, City Press en veral Rapport die stellings van Mthethwa weer.
Die hoofstroommedia skep veral die indruk — presies wat hul ANC-base verlang — dat Solomon Mahlungu “onskuldig deur die wrede apartheidsbewind tereggestel is”. Nêrens word in vandag se mediaberigte vermeld dat Mahlangu medepligtig was aan ‘n terreuraanval op ‘n pakhuis van die John Orr-afdelingswinkel op 13 Junie 1977 nie. In daardie aanval het Mahlangu en sy medeterroris, Monty Motloung, twee onskuldige, ongewapende blanke mans, Rupert Kessner en Kenneth Wolfendale, doodgeskiet en twee ander, Peter Hartogh en Robert Bagg, gewond.
Dit is dalk belangrik om te wys op die leuenagtige propaganda van die ANC-bewind. Of om die groteske korrupsie, diefstal en oneerlikheid aan die kaak te stel waaraan hy en sy kaders hul oor die afgelope 25 jaar van tirannie skuldig gemaak het.
Maar, en dis die punt van dié stuk, eintlik voed ons die ANC se propaganda en opgeblase selfverheerliking deur hoegenaamd aandag daaraan te gee. Die ANC-ministers en -amptenare lieg soos tandetrekkers; wat anders kan ons verwag? Hulle steel soos die legendariese Siciliaanse mafia nooit kon nie; dis tog alles “deel van die pakket”, nie waar nie?
‘n Bejaarde man wat ek eens geken het en ‘n hoë pos in die vorige staatsadministrasie beklee het, het op ‘n keer aan my gesê dat hy sy intekening op Beeld opgesê het want hy kon al die politieke berigte op die voorblad van dié liberale koerant nie meer verdra nie. Nie soseer vanweë die politieke strekking nie, maar omdat dit meesal oor die ANC en sy swart potentate gehandel het. “Dis nie nuus nie. Dis alles net kafferkaskenades,” het hy dit pront gestel. Hy is intussen oorlede, dus kan niemand hom soos Vicki Momberg hof toe sleep vir crimen injuria nie en vir seker keur ek nie sy rassistiese taalgebruik goed nie. Maar die woord “kaskenades” som ons verdrukker en oorheerser, die ANC, se doen en late nogal goed op!
Volgens die HAT, beteken
“kaskenade” ‘n “ondeunde streek, kattekwaad; prettige gedoente: Allerhande kaskenades aanvang, uithaal. As ons die seuns nie keer nie, gaan hul kaskenades handuit ruk. Die kaskenades van Uilspieël. (Uit Frans: gasconnade).
Nou sal die leser seker uitroep: “Maar die ANC se kaskenades het lankal handuit geruk! Meer as handuit, hulle het klaar die land vernietig!”
Goed en wel. Al wat liberale joernalis is, skryf deesdae ‘n boek oor die korrupsie by Eskom. Of Zuma se kaskenades. Of die Guptas s’n. Of Ace Magashule. Of wie ook al.
So pas het RW Johnson, elkeen se gunsteling- liberale Engelsman vandat hy ANC-kritikus geword het, nóg ‘n boek gepubliseer waarin hy ons nog iets vertel wat ons reeds geweet het: Die verrotting het reeds onder Mandela en Mbeki begin. Die boek se naam is blykbaar Fighting for the dream (Jonathan Ball, 2019). En natuurlik publiseer Rapport vandag ‘n lang uittreksel daaruit. Want wat ontnugterde Engelsmanne oor die ANC skryf, is baie belangriker as wat Afrikaners dink.
Vandaar dus my pleidooi: om ons rug te keer op die ANC en sy kaskenades en selfs op RW Johnson. Dis nie belangrik nie. Laat ons nie ons verdrukker en besetter verder met ons kosbare Afrikaneraandag vereer nie.
Wat Afrikaners dink, hoe hulle voel, wat hulle ervaar, hul ekonomiese, veiligheids- en ander probleme, is oneindig belangriker as die jongste een of twee miljoen rand wat ‘n ANC-politikus in ‘n swart plastieksak vir ‘n kontrak of tender ontvang het. Totdat ons van die verdrukker ontslae is, is ek bevrees, gaan korrupsie, geweld en onreg daaglikse voortduur.
Overgezet synde: Ons moet fokus op die oplossing, nie op die probleem nie. Die hoofstroommedia, die alwetende Engelse en die babbelende akademici fokus op die probleem van ANC-kaskenades, nie op hoe ons vir altyd daarvan ontslae kan raak nie.
Ek wil nou nie weer in ‘n rassedebat betrokke raak nie, maar iets wat ek raaksien, is dat die swartman, en veral die swart politikus of “leier” hou van aandag. Selfs: hulle gedy op aandag. Kyk maar vir Malema. Hy dra ‘n baret en ‘n rooi uniform sodat mense hom moet raaksien. Daarteenoor is ons Afrikaners stemmige mense. Meer nog as ons Nederlandse en Vlaamse broers, is ons deur die Engelse beïnvloed om stemmig, selfs stoïsyns, te wees. In dele van Londen sal jy nie ‘n werk kry as jou das te uitspattig van kleur is nie. Ten minste, só sê hulle. In ons ou Weermag en in die ou Afrikaanse skole, was onberispelike netheid en stemmigheid ‘n voorvereiste. Jy het nie in die rye gepraat nie. Of getoitoi nie.
Pieter Mulder het mos op ‘n stadium in ‘n boektitel gevra: “Kan Afrikaners toi-toi?” Ek sou sê: Nee. Ons het nog nooit getoi-toi nie, en ons gaan ook nie begin nie. Op die vlak van buitebande brand en luidrugtig wees, is die swartman ons een voor. Kom ons erken dit maar. Net soos ons op soveel ander vlakke, dié van organisasie, welvaartskepping, eerlikheid, korrupsieloosheid, patriotisme, die ander groepe rondom ons voor is.
Terloops, die woord “toi-toi” verskyn reeds in my leergebonde, 2000-uitgawe van die HAT (die enigste wat ek ooit gebruik aangesien die meer onlangse woordeboeke begin het om Engelse woorde in Afrikaans in te voer) en word só omskryf:
toi-toi ww. (getoi-toi) (waarskynlik uit Xhosa) ook toyi-toyi Militante dans, veral tydens ‘n optog uitgevoer, waardeur die skare opgesweep (kan) raak.
Dog ook die toi-toi verteenwoordig ‘n vorm van ekshibisionistiese kaskenade, van luidrugtig wees, van raakgesien te word. Die korrupte ANC-politikus of Eskom-amptenaar in sy duur Duitse motor en ontwerpersklere vestig insgelyks die aandag op hom- of haarself. Vertoon is waarom dit gaan.
Deur die aandag van die toi-toiende skare of politikus met sy blouligbrigade en gesteelde miljoene te weerhou, is dalk ‘n meer doeltreffende manier om die vyand te bestry as met goed beredeneerde argumente of eindelose beroepe op Westerse sedes en norme, wat in elk geval geïgnoreer gaan word.
Op ‘n manier word Afrikaans en Afrikaners reeds deur die ANC-terroristebewind (en sy Engelse meelopers) geïgnoreer. Ons en ons taal en ons geskiedenis en ons plekname maak nie meer saak nie en het opgehou bestaan. Slegs Engels en ANC-name (soos dié van die mislukte klein terroris, Solomon Mahlangu) is in tel.
Kom ons verhang die bordjies. Al wat saak behoort te maak, is ons eie doen en late, ons eie aktiwiteit en georganiseerde pogings om ons vanuit dié korrupte dwingelandy te bevry.
Laat die vyand en sy potsierlike kaskenades geïgnoreer word. Soos die regter aan die advokaat sonder ‘n toga gesê het: “Ek sien u nie.”
Ons hoef nie die beleefde aanspreekvorm “u” vir die ANC of selfs vir sy hoofnar, Cyril Rampokker self, te gebruik nie. Ons hoef bloot te sê: “Ons sien julle nie.” Julle maak nie meer saak nie. Al steel julle ons geld, al dreig julle ons met volksmoord, ons sien dit nie eens meer raak nie, want ons verwag niks anders van julle nie.”
Aan die ander kant, verdien elke poging om die Afrikanersaak te bevorder, hoe gering ook al, ons aandagtige belangstelling. Dit is nuus! Dáároor moet berig word en rubrieke geskryf word. Gedurig moet ons mekaar aanmoedig om oplossings te bedink vir die vele penaries waarin ons ons bevind: die gebrek aan energie (Eskom), werkloosheid of armoede onder Afrikaners, duur vervoer, die onderdrukking van Afrikaans deur die staat en universiteite, ens.
‘n Boer maak ‘n plan. Dit het ons al oor en oor bewys. Ons het Suid-Afrika uit die barre veld opgebou tot ‘n land wat vele Europese lande met ou, gevestigde beskawings verbygesteek het.
Soos ‘n swart advokaat nou die dag honend reageer op ‘n twiet deur Gustav Venter, is ons moontlik in die laat tagtigerjare en vroeë negentigerjare deur die vyand verslaan of tot oorgawe gedwing:
Kom ons aanvaar dit só: Ons is oorwin en tans word ons land deur die ANC-terreurbeweging wat vanuit Engeland, Oos-Duitsland, Angola, Tanzanië, Zambië en elders opgeruk het, beset. Trouens, alles — die geplunder, die onderdrukking van ons kultuur, die verkragting van ons vroue en meisies — dui op ‘n besetting.
Presies hóé ons die besetter weer oor die grense gaan terugjaag tot in Engeland, Duitsland, Angola, Tanzanië en Zambië is tans nie só belangrik nie. Die groot vraag is of ons steeds oor die wíl daartoe beskik.
Indien wel, kan ons mos nie daarin berus dat die ANC-terroristebewind wat tans ons land van ‘n kant af besteel — iets wat selfs in kleurige terme deur sy liberale pleitbesorgers beskryf word — ‘n wettige en legitieme regering verteenwoordig nie. Hulle is net ‘n spul linkse rampokkers wat ons oorheers en verdruk.
Van nou af aan moet ons hulle ignoreer. Hulle is bloot ‘n plaag wat bestry en nie erken moet word nie.
Ons behoort nie langer hul kaskenades met ons aandag te vereer nie. Los dit maar vir liberale Engelse soos RW Johnson.
Hoeveel Porsches Khulubuse Zuma verongeluk het of hoeveel R500 000’e Andile Ramaphosa in sy rekening van Gavin Watson se Bosasa-maatskappy ontvang het, kan my nie verder skeel nie.
Al wat vir my saak maak, is of ons eie mense vordering maak of nie.
Dis geen wonder ons is so arm nie! Diegene wat ons geld maandeliks vat met buitensporige pryse en fooie:
Selfoondienste.
Internetdienste.
Elektrisiteit vanaf “Shittypowa” (City Power as jy in Johannesburg bly) of Eksdom, nou weer met 10% verhoog!
Eiendomsbelasting (jou R2m-huis waardeer die ANC-munisipaliteit teen R4m).
BTW (onlangs verhoog na 15%).
Brandstof (word volgende week met R1,25 per liter verhoog, waaronder die heffings/belastings).
Bankfooie en rente. Ek het die heel goedkoopste rekening by FNB wat veronderstel is om R5.80 per maand te kos. Wel, verlede maand vra hulle my toe R98 aan bankfooie! Dit word seker aan swart sokker geskenk, as dit nie die sakke van die FNB-bestuur vul nie. Soos daardie Michael Jordaan, vorige hoof van FNB, wat so bly was toe Afrikaans by Tukkies afgeskaf is.
Kospryse. Dit styg aanmekaar, maar ons boere wat dit produseer kry seker een of twee persent daarvan; die res gaan aan die supermarkte en middelmanne.
Belastings. As jy ‘n salaris verdien, is jy in ‘n hoek, want jou werkgewer trek elke maand LBS af en betaal dit oor aan die sg. “SARS” wat tans staak en dit namens die ANC-bewind invorder; en hulle beskou jou belastings as hul persoonlike sakgeld. Ons maatskappybelasting is van die hoogste ter wêreld. Dan nog kapitaalwins- en dividendbelasting. As jy rook of drink, kry ek jou klaar jammer, maar jy is verál ‘n ANC-melkkoei.
Vervoer (sien 6 hierbo). Ons het min of geen openbare vervoer nie, ten spyte van al die hoë belastings. Die Gautrein is van die duurste ter wêreld. Tussen Pretoria en Johannesburg kos dit naby aan R3000 per maand. In die meeste wêreldstede kan jy vir omtrent ‘n R1000 per maand oral heen ry waar jy wil met busse, treine, moltreine, trems, ens. Onthou: hulle salarisse is 3 tot 4 keer hoër as ons s’n! Jou alternatief is ‘n Toyota wat jy gaan finansier teen buitensporige rente en waarvan die waarde begin daal sodra jy dit by die handelaar in ontvangs neem. En Toyota het so pas vir Steve begin boikot. Jy kan begin fiets ry, maar jy sal jou lewe waag tussen roekelose bestuurders en, anders as in Nederland, is daar geen fietspaaie nie.
Mediese fondse. Die hospitale (openbaar en privaat) gaan agteruit, medici emigreer, maar jy moet duisende rande per maand aan ‘n mediese fonds bestee, ingeval ‘n taxi in jou vasry en jy in die intensiewe sorg opeindig. Want taxi’s kan ry soos hulle wil en die verkeerspolisie stel net belang in tjôtjô.
Versekering. Amper vergeet ek van dié outjie! Jy het motorversekering, huisversekering, huisinhoudversekering, lewensversekering, want niks is veilig nie. Daar is inbraak, diefstal, motorkapings, gewapende roof en moord. En die versekeringsmaatskappye betaal net hoë bonusse en salarisse aan hul besture uit, of gaan SEB-transaksies van miljarde met ANC-verbinde “sakemanne” aan. Meneer, mevrou, mejuffrou… dis jóú geld wat daar verkwis word!
Wat bly oor? Geen wonder ons trek soos armblankes aan en raak oorgewig van ‘n witbrood-en-Coke-dieet nie. Enige koopkrag wat ons gehad het, is “onteien sonder vergoeding”.
As ons nie al hierdie parasiete van ons afskud nie, gaan ons en ons gesinne nie kan oorleef nie…! En dis moontlik. Ons moet net buite die kassie begin dink. Ons voorouers het feitlik sonder geld hierdie hele land gebou, want hulle kon planne maak. Ons kan ook!
Een van die voorste intellektuele van die Franse “Nieu-Regs” (nouvelle droite), wat later sy eie idees oor die lot van die Weste ontwikkel het, is pas dood. Dan Roodt kyk na die man en sy idees en vergelyk hom met Jean-Paul Sartre aan die linkerkant van die politieke spektrum.
Guillaume Faye het tussen 6 en 7 Maart gesterf. Hy het ‘n aantal geskrifte agtergelaat wat nou behoorlik gelees kan word, aangesien ons die geleentheid kwyt is om hom bloot ‘n vraag te stel by een van sy talle openbare lesings regoor die wêreld. Ek het hom twee keer in Amerika tydens 2006 en 2012 ontmoet, en het dadelik ‘n affiniteit met sy ikonoklastiese intelligensie aangevoel.
‘n Profeet word nie in sy eie land geëer nie, soos die spreekwoord lui, en miskien was dit ook die geval met Faye. Kort ná die aankondiging van sy dood was ek geskok om ‘n paar minagtende opmerkings oor hom te lees deur sommige voormalige kollegas en vriende uit die dae toe hy lid was van die Franse nouvelle droite (Nieu-Regs), veral die GRECE. Laasgenoemde akroniem staan vir Groupement de recherche et d’études pour la civilisation européenne en word meestal geassosieer met sy stigter Alain de Benoist, wat later vir Guillaume Faye as ‘n “ekstremis” getipeer het.
Liberale of linkses sal waarskynlik dieselfde ding van De Benoist self sê. Die Engelse Wikipedia beskryf GRECE as “‘n etnonasionalistiese dinskrum”. De Benoist was nog altyd baie versigtig om hom nie nasionalisties te noem nie; in ‘n onderhoud met BuzzFeed het hy hom as ‘n ondersteuner van Bernie Sanders en Jean-Luc Mélenchon (die verlinkse Franse politikus) beskryf. In dieselfde onderhoud sê hy: “Een van sy bitterste gevegte was met Guillaume Faye, wat in die middel van die 80’s met De Benoist gebots het, aangesien Faye die soort oordrewe rassistiese posisies begin inneem het wat De Benoist wou agterlaat.”
Die R-woord, wat ten minste een keer in elke linkse toespraak of publikasie voorkom. As ons nou daarna kyk, is die posisies van De Benoist en Faye van dieselfde orde, en verteenwoordig ‘n poging om die Europese en Westerse identiteit te red. Albei was onverbiddelik gekant teen die laissez-faire immigrasie wat deur Links en immigrasioniste gepredik is. Maar dalk wou Faye, altyd die avant-gardistiese voorloper, verder gaan en die argument tot sy uiteinde voer, waar dit polities onkorrek word.
Baie Franse intellektuele van sy geslag het openlik ‘n oproep op Marxistiese revolusie gedoen, selfs pedofilie, soos Daniel Cohn-Bendit, die Europese LP en voormalige Maoïstiese studenteleier van die Mei 1968-opstand in Parys. Op die een of ander manier word mense en veral die media nie daardeur ontstig nie. Jean-Paul Sartre, wat miljoene boeke verkoop het wat die Westerse mens as eensaam, alleen en absurd uitbeeld, het selfs linkse terroriste verdedig. Hy en sy metgesel, Simone de Beauvoir, het hulself laat afneem saam met Fidel Castro en Ché Guavara wat duisende mense koelbloedig doodgeskiet het. Oënskynlik is dit as bewonderenswaardig en glansryk beskou.
Daarom vergelyk ek Guillaume Faye met Sartre: hy was ‘n betrokke intellektueel wat die wêreld wou verander. Ek het ‘n aanhaling gevind van Faye in ‘n onderhoud oor Nietzsche wat hierdie siening ondersteun:
“Dit is baie vreemd, want die publisiteitsbewuste wie se ideologie, polities korrek en konformisties, is presies die teendeel van Friedrich Nietzsche se filosofie. In werklikheid het die pseudo-Nietzscheans ‘n ernstige filosofiese fout begaan: hulle het beweer dat Nietzsche ‘n teenstander van die gevestigde orde was, maar het voorgegee dat hy nie verstaan dat dit hul eie orde was nie: die egalitarisme wat uit ‘n sekulêre interpretasie van die Christendom gekom het. Christelike morfiese van binne en buite. Maar hulle het geglo (of het geneig om te glo) dat Nietzsche ‘n soort anargis was, terwyl hy ‘n onverbiddelike nuwe orde voorgestel het. Nietzsche was nie soos sy nabootsers ‘n rebel in pantoffels nie, maar ‘n revolusionêre visioenêr. “
Faye het volkome begryp dat die stryd tussen Links en Regs in die Weste oor die afgelope twee eeue teruggevoer kon word na twee stelle idees, verpersoonlik deur twee figure wat so verskillend was soos Karl Marx en Friedrich Nietzsche. Aan die een kant, die klem op opsweping, jaloesie, sosialisme, wat diegene met talent of skoonheid straf, met wit skuldgevoelens en andersyds Nietzsche se klem op teling en afkoms, aristokratiese waardes en smaak, ‘n amorale onskuld.
Faye betrek ook Nietzsche se idee van die “goeie Europeër” wanneer hy praat van sy eie Europese of Westerse nasionalisme, wat alle Europese volke omhels as die nasionale komponente van een beskawing. Hy het gedink dat “eng nasionalisme” tot die wêreldoorloë van die twintigste eeu gelei het en was nie skaam om te sê dat hy ‘n Italianer of ‘n Duitser as sy landgenoot en sy broer beskou het nie, maar nie ‘n Afrikaan of Arabier wat die Franse nasionaliteit gehad het nie.
Sulke uitsprake het Faye in konflik gebring met die Franse owerhede en linkse NRO’s wat hom van “rassisme” beskuldig het. Ná die publikasie van sy boek, La colonisation de l’Europe, is hy met 300 000 Franse frank (sowat R600 000) beboet omdat hy durf waag het om die idee te betwis dat dit moontlik was om miljoene derdewêreldimmigrante in Frankryk te integreer.
In daardie boek verklaar hy onomwonde dat Islam onversoenbaar met Europa is. Hy verwerp die gedagte dat die Magreb of Noord-Afrika ooit deel van Frankryk kan word soos sommige sosialiste al aangevoer het. “Die Magreb het niks om tot Europa by te dra nie, geen ekonomiese of geopolitieke voordeel nie. So ‘n huwelik sou wees soos om jou aan ‘n parasitiese struktuur te verbind. “(La colonisation de l’Europe, p. 41.)
Faye sien egter ook die hand van Amerika om Europa nader aan Islam te dwing en die kunsmatige kloof tussen “Westerlinge” en “Slawe” in stand te hou. ‘n Swak Europa verseker die wêreldwye hegemonie van die VSA.
Aan die ander kant onderskei Faye tussen daardie Moslems van min of meer Europese afkoms, soos die Turke en die Afrika- of Midde-Oosterse Moslems. Hy verwys na Duitsland, wat tot voor sy besluit om Midde-Oosterlinge te verwelkom, veel minder immigrasieprobleme soos misdaad en onluste as Frankryk gehad het. “Wat bewys dat dit nie die wetlike status van vreemdeling te wees wat die immigrant onassimileerbaar maak nie, dit is sy etniese oorsprong. Die Turke van Duitsland, wat vreemdelinge is, veroorsaak veel minder probleme en kos die Duitsers baie minder as wat die Afro-Arabiere die Franse staat kos, en laasgenoemde beskik grotendeels oor Franse burgerskap! “(La colonisation de l’Europe, p. 42.)
‘n Bietjie na die negentiende-eeuse bioloog Georges Cuvier met sy leer van “katastrofisme” waardeur hy die evolusie van die aarde verduidelik het, heg Faye veel waarde aan katastrofes of rampe. Hy voorsien ‘n komende ramp wanneer immigrasie, rassevermenging en die finale verowering van die Weste deur die Derde Wêreld sal lei tot ‘n ineenstorting van die beskawing, veral in Europa, maar moontlik selfs op wêreldwye skaal.
Sy leer van “archeofuturisme” bied ‘n uitweg uit die komende ramp. Terwyl die mensdom terugkeer na sy primitiewe, stamgebonde voorgeskiedenis soos wat in Afrika en dele van Asië tot die twintigste eeu geheers het, sal ‘n elite-minderheid tegnologie kan aanwend om ‘n nuwe beskawing te skep. Daarom het die Engelse vertaling van sy boek Archeofuturisme die onderskrif: “Europese visioene vir ‘n postrampspoedige tydvak.”
Aan die begin van die tweede hoofstuk van Archeofuturisme verklaar hy: “Slegs radikale denke is vrugbaar, want dit is die enigste wat in staat is om gewaagde idees te skep om die heersende ideologiese orde te vernietig en ons in staat te stel om onsself van die bose kringloop van ‘n mislukte stelsel van beskawing te verlos. ”
‘n “Toeloop van rampe” sal Europeërs in ‘n nuwe Donker Tyd dompel, en die moderne uitwis — iets wat in elk geval ‘n soort Protestantse en Angelsaksiese uitsondering was. Hy noem die moderne ‘n “pirriese oorwinning”, wat die kiem van sy eie vernietiging in hom omdra. Hy onderskei agt “ramplyne” wat die moderne sal oorweldig:
Metastase van die Europese sosiale weefsel, in wese die demografiese kolonisering van die noordelike halfrond wat die ontwikkelde sentrums huiseves deur die globale Suide.
Ekonomiese en demografiese krisis, met die verspreiding van armoede en werkloosheid, wat reeds in Frankryk en Suid-Europa gebeur, en wat ‘n “Derdewêreld-Europa” tot gevolg het.
Die chaos van die Suide, wat van groot Derde Wêreld-stede soos Rio de Janeiro, Lagos, Kinshasa, Meksikostad, Koeala Loempoer, ensovoorts, versprei waar ‘n gewelddadige misdadige onderklas saamleef met ‘n superryk elite wat beskerm word deur gewapende private waarmagte.
‘n Wêreldwye ekonomiese krisis, wat gekenmerk word deur dalende markte, depresiasie van geldeenhede, nie-terugbetaling van soewereine skuld, soos ons reeds gesien het, maar nog nie op ‘n heel rampspoedige skaal nie.
Die oplewing in fundamentalistiese godsdienstige fanatisme, veral van Islamiste, maar ook van sommige Hindoes.
‘n Konfrontasie tussen Noord en Suid op teologiese en etniese gronde, met die rassebegronding van alle politiek. “Paradoksaal genoeg het egalitêre kosmopolitisisme gelei tot geglobaliseerde rassisme,” skryf Faye.
Die onophoudelike besoedeling van die planeet.
Die verspreiding van kernwapens, veral in Asiatiese lande.
Sodra die rampspoed sy hoogtepunt bereik, met die ineenstorting van moderne stelsels, sê Guillaume Faye dat “die mensdom sal terugkeer na die argaïese waardes wat suiwer biologies en menslik is (dws antropologies): die skeiding van geslagsrolle; die oordrag van etniese en volkstradisies, spiritualiteit en priesterlike organisasie; sigbare en strukturele maatskaplike hiërargieë; die aanbidding van voorvaders; rites en toetse vir inisiasie; die herstelling van organiese gemeenskappe (van die familie tot die volk); die deïndividualisering van die huwelik (egverbintenisse moet die sorg van die hele gemeenskap betrek en nie net van die egpaar nie); ‘n einde aan die verwarring tussen erotiek en eggenootskap; die prestige van die krygerkaste; ongelykheid wat sosiale status betref … ”
Benewens sy pessimisme oor die toekoms van die moderne, sal Guillaume Faye onthou word vir sy vurige oproep tot die stryd, met die titel Waarom ons veg: ‘n manifes vir die Europese weerstand. Dit is vir die eerste keer in die oorspronklike Frans in 2001 gepubliseer, en roep mense van ‘n gemeenskaplike Europese beskawing op om te verenig teen die vele bedreigings wat hulle in die gesig staar. Faye sê:
“Ek was nog altyd ‘n ‘nasionalis’ – nooit ‘n ‘Franse nasionalis’ nie, maar eerder ‘n ‘Europese nasionalis’. Ten spyte van haar drome van grootsheid (wat haar ontwyk het), is Frankryk te klein. Om te bestaan, om onsself te verdedig, om ons in ‘n toenemend moeilike wêreld te verweer, is dit nodig om op ‘n groter vlak as ‘n vastelandse blok te hergroepeer. “
Maar enige verwarring met die soort kosmopolitiese “Europeanisme” van die EU-politikus Guy Verhofstadt, word gou deur Faye reggestel. Sy Europa, soos hy dit stel, sou “die Pentagon se nagmerrie wees… ‘n etnosentriese Eurosiberia. Dit is ‘n langtermyn-unie van Wes-en Sentraal-Europese volkere met die Russiese Federasie – ‘n unie vry van Islamisering, Amerikaanse hegemonie en nie-Europese kolonisasie. ”
Elders in dieselfde manifes verwys hy na Europa se Prometheaanse vermoë om bo dodelike uitdagings uit te styg:
“Mens moet altyd hoop. Ons mense beskik nog oor enorme hulpbronne. Ten spyte van die voortdurende ondermyning, moet die tragiese kreatiwiteit van die Europese beskawing nog geblus word. “
Hier is ‘n video (in Engels) van ‘n toespraak wat deur Guillaume Faye in 2012 gelewer is by die American Renaissance-konferensie naby Nashville, Tennessee.
Suid-Koreane regoor die wêreld, waaronder in New York (sien foto), het gister hul onafhanklikheidsbeweging van ‘n eeu gelede gevier. ‘n Sewentienjarige meisie, Joe Gwan-soen, het dit op 1 Maart 1919 begin. Sy is later deur die Japannese bewind destyds in Korea aangehou en doodgemartel. Ná die tweede wêreldoorlog is Korea in twee verdeel en die Suide het onafhanklik geword.
Ek hou van Koreane: hulle is beleefd, nederig, hardwerkend en eerlik, met konserwatiewe waardes. Sommige Koreaanse disse is heerlik en ek eet gereeld swart rys met kimtsji (‘n soort sauerkraut met ‘n pikante smaak).
In 1957 was Suid-Korea armer as Ghana. Vandag beskik die land oor die elfde grootste ekonomie ter wêreld, met ‘n BNP van $1,6 triljoen — meer as 4 keer groter as Suid-Afrika s’n.
Dis ook ‘n baie veilige land om te besoek, met een van die laagste moordsyfers ter wêreld (50 keer laer as SA s’n). Ek was nog nooit in die Verre Ooste nie, daarom wag ek nog vir ‘n geleentheid om Korea en/of Japan aan te doen!
Omdat Koreane trots op hul ras, erfenis en identiteit is, beskryf sommige polities korrekte Westerlinge hulle as “rassisties” en “chauvinisties”. Ek dink ek sou daarmee kon saamleef. Immers is ek self trots Afrikaans.
En mag ons eendag weer vry wees, al martel hulle party van ons dood, soos vir die Suid-Koreaanse heldin, Joe!
Die ander vraag is: Sou Noord- en Suid-Korea kon herenig, soos Oos- en Wes-Duitsland in 1990? Dit is ‘n kwessie wat iewers in die agtergrond sweef terwyl Donald Trump met Kim Jong-Oen oor kernwapens en die opheffing van VS-sanksies teen Noord-Korea probeer onderhandel.
In 1989 toe die Berlynse Muur ineenstort, het die Franse Sosialistiese president, François Mitterand, alles in sy vermoë gedoen om die hereniging van Duitsland te keer. Hy het tereg gevrees dat Duitsland met sy groot bevolking van 80 miljoen mense weer kon begin om Wes-Europa ekonomies en andersins te oorheers. Dog hy kon dit nie keer nie, omdat Duitsers aan weerskante van die ideologiese grens tussen kommunisme en kapitalisme, wat deur die Muur versinnebeeld is, gevoel het dat hulle bymekaar hoort.
Noord- en Suid-Koreaanse atlete onder een vlag tydens die 2018-winterspele
Die verdeling tussen Noord- en Suid-Korea het in 1945 begin toe Japan uit die land gesit is en die ou Sowjetunie die Noorde beset het en die VSA die Suide. Op die oog af lyk die verdeling selfs sterker as die destydse tussen Oos- en Wes-Duitsland. Albei lande is vandag in wese ook kliëntstate van twee groot moondhede: China en die VSA. Nogtans het die twee Koreas ‘n gesamentlike damesyshokkiespan na die 2018- Olimpiese winterspele in die Pyeongchang-graafskap, Suid-Korea, gestuur. Die spanne van albei lande het insgelyks onder een vlag wat ‘n herenigde Koreanse skiereiland voorstel, aan die openingseremonie deelgeneem.
‘n Verenigde Korea sou ‘n formidabele moondheid wees: die Noorde beskik oor kennis van kernwapens, waaroor die huidige geskil met die VSA gaan, terwyl die Suide een van die wêreld se mees welvarende ekonomieë verteenwoordig, net ‘n kortkop agter Kanada op die wêreldranglys. ‘n Herenigde Korea sou dus ‘n groter ekonomie as Kanada, ‘n G7-land, hê en ‘n gepaardgaande militêre slaankrag wat dit van Amerikaanse beheer sou verlos.
Waarskynlik is dit in sowel China as die VSA se belang om Korea verdeeld te hou, ten einde dit beter van buite af te kan manipuleer. Jonger Suid-Koreane aanvaar dat hul land vir altyd in twee gedeel sal wees, terwyl ouer mense dit steeds betreur.
In Koreaanse films en TV-reekse word die unieke aard van die Koreaanse taal, kultuur en identiteit egter steeds daagliks gevier.
Vergeleke met die dekadensie van die Weste, is Suid-Korea omtrent ewe konserwatief as Noord-Korea, waar die inwoners gereeld in die Westerse media as “robotte” beskryf word.
Tienermeisies in die Noord-Koreaanse weermag, wat in die Britse media as ‘robotte’ beskryf is
Soos hul Oosterse bure, Japan en China, het die Suid-Koreaanse “robotte” insgelyks al bewys met watter ywer, dissipline en toewyding hulle ondernemings kan bedryf en samelewings sonder misdaad of verval in stand kan hou. Samsung is maar een bekende voorbeeld daarvan, ‘n maatskappy wat met ingenieursvernuf en skeppende bemarking die Amerikaanse Apple dikwels die loef afsteek.
Ons moet egter verby stereotipes kyk, asook die groot ideologiese “meesterverhale” wat aan ons voorgehou word. Ten eerste moet ons die stereotipe beeld wat ons van onsself het, en wat grotendeels deur ons vyande tot stand gebring is, beveg.
In weerwil van verwoestende oorloë, verdeling en besetting, het die Koreane in ‘n groot mate daarin geslaag en pluk vandag die vrugte daarvan, met toenemende sukses en onafhanklikheid.
Hulle onthou egter steeds vir Joe Gwan-soen, ‘n soort vroulike Jopie Fourie. Dis nodig dat ons ook ons helde en heldinne uit die verlede eer, ten einde die stryd om vryheid en onafhanklikheid in die hede te kan aanpak.
Afrikaners en veral jongmense, verkeer tans met hul rug teen die muur. Die ANC se wetgewing maak dit byna onmoontlik om werk te kry by groot maatskappye, wat nog te sê in die staatsdiens wat slegs vir swartes gereserveer is. Wat is die oplossing?
In hierdie video wat aanvanklik intyds via Facebook gestroom is, doen Dan Roodt oplossings aan die hand oor hoe Afrikaners vir hulself werk kan skep, veral vir jongmense wat deur regstellende aksie en SEB geraak word.
In die politiek word daar gepraat van die Overton-venster, dít wat op ‘n gegewe oomblik in ‘n land as polities aanvaarbaar beskou word, aldan nie. In die tagtigerjare onder PW Botha is die ANC as ‘n terreurorganisasie beskou en kommunisme of die nasionalisering van grond of ander eiendom sonder vergoeding was nie deel van die hoofstroompolitiek nie. Die handjie vol mense wat sulke idees gepropageer het, is deur die destydse Veiligheidspolisie dopgehou en is as ‘n gevaar vir die samelewing gesien.
Sedertdien het die Overton-venster in ons land natuurlik radikaal na links beweeg: voormalige terroriste word as “helde” geloof. Afrikaans word aan universiteite verbied. Swart politieke partye wat openlik geweld of oorlog teen blankes aanhits, word as “hoofstroom” beskou en die media berig oor hulle asof dit die normaalste ding op aarde is.
Hier is ‘n diagram wat die Overton-venster (vernoem na ‘n Amerikaanse politieke wetenskaplike Joseph P. Overton) voorstel.
Tot redelik onlangs, was dit in Europa onaanvaarbaar om oor immigrasie te praat; dit is as ‘n “verregse onderwerp” beskou. Die eerste politikus in Nederland wat uitsprake oor immigrasie gemaak het, Hans Janmaat, is allerweë verguis en het heeltemal buite die Overton-venster geval. Sedertdien het die politieke gesprek min of meer oral in Europa na regs verskuif en word daar wel oor immigrasie debat gevoer, selfs deur linkse partye.
Sowel die EFF as die BLF sou verkies dat daar geen blankes in Suid-Afrika meer woon nie; soms sê hulle dit selfs openlik, maak dreigemente of sing “Kill a Boer, kill a farmer”. In die geval van Julius Malema, sing hy “Kiss a Boer”, maar maak dan geluide asof skote afgaan, sodat almal verstaan dat hy “Kill a Boer” bedoel. So pas hierdie naweek, het Julius Malema met “oorlog” gedreig en sy “vegters” soos hy hulle noem, tot optrede opgeroep.
Die hoofstroomjoernalis van Naspers en City Press, Ferial Haffajee, het ‘n boek geskryf met die titel What if there were no whites in South Africa? Die titel het geen beroering veroorsaak nie, want eintlik is ‘n Suid-Afrika heeltemal sonder blankes reeds ‘n aanvaarbare idee. Onder die EFF of BLF of ‘n koalisie van die twee, kan dit baie maklik — soos in Zimbabwe — beleid word.
Wat vandag dus as ekstreem, “ondenkbaar” en radikaal beskou word, kan môre of oormôre as redelik gesien word en selfs as regeringsbeleid aanvaar word. Dit is die punt van die Overton-venster en veral van ‘n verskuiwing in die openbare mening. Sedert 1994 het die ANC, die SAKP en hul meelopers die meeste media in Suid-Afrika oorgeneem en het hul eens radikale, ondenkbare idees die heersende ideologie in ons land geword.
Kom ons maak ‘n vinnige lysie van enkele sodanige radikale idees wat tans beleid is of wat beleid onder die ANC-bewind bepaal:
Blankes en veral Afrikaners het die swartes se grond gesteel, vandaar Ramaphosa se “onteiening sonder vergoeding”.
Afrikaners het geen reg op eie skole, universiteite of enige ander instellings nie.
Engels is die enigste amptelike taal van Suid-Afrika, hoewel daar in naam “elf amptelike tale bestaan”.
Afrikaners is nie eintlik Suid-Afrikaners nie, synde nie-swart en nie-Engels. Hulle word as “immigrante” of “setlaars” maar net verdra, tot verdere kennisgewing.
Die oranje-blanje-blou en Die Stem deur C.J. Langenhoven, wat eens nasionale simbole was, gee aanstoot en moet selfs verbied word.
In dieselfde asem, gee Afrikaans insgelyks aanstoot, oral waar dit in die openbaar of in instellings gepraat of geskryf word.
Die swart stamme was “voor ons hier”, dus is hulle “inheems” en ons nie.
Enige sweem van rassisme of “haatspraak” jeens swartes is onaanvaarbaar en selfs strafregtelik vervolgbaar. Boerehaat, daarenteen, is heel aanvaarbaar.
Suid-Afrika is “net nog ‘n Afrikaland” wat op die Afrikamanier regeer sal word.
Staatsdepartemente en -ondernemings soos Eskom, SAL, Transnet, ens., “behoort aan swartes” en kan daarom na hartelus geplunder word deur middel van tenders, hoë salarisse, bonusse, ens.
As Afrikaland moet Suid-Afrika van sy Westerse en veral Afrikanererfenis ontslae raak.
Natuurlik kan die Overton-venster in Suid-Afrika nóg verder na links verskuif sodat die EFF en Malema eintlik die “sentrum” verteenwoordig en die ANC die regtervleuel. Die beleid van etniese suiwering jeens Afrikaans wat die ANC reeds op ‘n verdoeselde wyse voer, sal dan meer openlik geskied en mense sal moontlik uit hul huise gesmyt word om plek te maak vir EFF-ondersteuners, ‘n bietjie soos dit onder kommunisme in Oos-Europa gedoen is.
Maar gestel die teenoorgestelde gebeur, om een of ander wonderbaarlike rede? ‘n Deus ex machina red ons van gewisse ondergang? Hoe sou die teenbeleid lyk om die ANC, EFF en BLF se radikale idees en beleide ongedaan te maak?
Anders gestel: Duidelik verteenwoordig ‘n Suid-Afrika sonder blankes vir die swart partye aan die linkerkant van die politieke spektrum ‘n ideaal om na te streef. Vandaar ook die idee van “verafrikanisering” wat op alle gebiede moet geskied, veral by die universiteite, maar ook elders, in die media, die reklamewese, letterkunde, kultuur en mode.
Op ‘n diplomatieke vlak het Suid-Afrika ook reeds ‘n anti-Westerse land geword. By die Verenigde Nasies het die ANC-bewind net in 18% van gevalle dieselfde stem as die VSA uitgebring; meesal skaar die land hom by die res van Afrika, die Arabiere, China en ander nie-Westerse groeperings.
Die radikale ideaal van ‘n “afrosentriese” Suid-Afrika is voor ons oë besig om verwesenlik te raak. Maar wat is die ideaal wat óns nastreef? Selfs al lyk dit tans onhaalbaar en ondergaan ons bloot ANC-beleid soos dié van ‘n besettingsmag wat op ons afgedwing word sonder dat ons ooit daartoe ingestem het, moet ons tog weet wat vir ons nastrewenswaardig sou wees?
Al dring ons bloot op gelyke regte met die swartman (en kultureel met die Engelssprekende) aan, sou dit reeds as uiters vermetel, “ondenkbaar” in Overton se taal, gesien word. Vir elkeen van bogaande radikale idees wat tans regeringsbeleid bepaal, sou ons ‘n ewe radikale teengedagte kon voorstel.
Tot dusver het ons gesien hoe redelikheid in Suid-Afrika sneuwel; eintlik is daar geen middelgrond nie. Vele ontleders uit die verre verlede, waaronder MTW Arnheim in sy boek South Africa after Vorster, het dit al oor en oor gese: óf die swartman gaan oorheers, óf die blanke. Overgezet synde: óf Suid-Afrika gaan ‘n Afrikaland word, óf ‘n Westerse land. Voorheen was ons ‘n Westerse land wat byna universeel as sodandig erken is; tans is ons op die glybaan na wat al hoe meer na oer-Afrika lyk. Privaat besit sal afgeskaf word en, soos in Zimbabwe, Mosambiek of ander Afrikastate, sal almal ewe arm wees, afgesien van ‘n klein ryk elite in die regering en ‘n verwante sakesektor wat ‘n korrupte, spandabele bestaan sal geniet.
Natuurlik, is ons reeds halfpad daar, op pad na die Afrika-norm toe.
Niks word deur kommuniste so verafsku soos ‘n sogenaamde “kontrarevolusionêr” (Engels: counter-revolutionary) nie. Teenrevolusionêr is waarskynlik beter Afrikaans. Enigiets wat die Afrikaner voorstel, al is dit bloot om ons oorlewing te verseker, sal uiteraard as “teenrevolusionêr” gesien word en afgemaak word as “regsheid”, “rassisme” en dergelike meer. Die media, asook die universiteite, ondersteun die revolusie ten volle en sal daarom soos wilde honde enige dissidente geluide uitsnuffel en tronkstraf of erger oor die ketters afroep.
Omring deur radikalisme en ekstremisme, moet ons egter die waagmoed aan die dag lê om ‘n alternatiewe ideaal na te streef. Of bloot te formuleer, wat op sigself al moeilik genoeg is.
As ons nou na bogaande stel genommerde begrippe kyk, kan ons vir elkeen ‘n teenvoorstel (ek sou selfs sê: teëgif) opper:
Die swartes (en die radikale Engelse, soos byvoorbeeld Gavin Watson en sy familie van Bosasa-faam) het ons land gesteel.
Ons het die reg op eie instellings soos universiteite, skole, selfs hospitale waar ons volgens eie standaarde behandeling mag ontvang.
Afrikaans, synde die inheemse Westerse taal, behoort tot die enigste amptelike taal verhef te word (iets waarvoor selfs die ou NP nie kans gesien het nie).
Afrikaners is die ware Suid-Afrikaners; die res is bloot immigrante. Die feit dat ons weens ‘n sameloop van omstandighede in die minderheid verkeer, maak geen verskil aan dié beginsel nie.
Die ANC se stel kommunistiese simbole gee aanstoot en moet verbied word, terwyl die oranje-blanje-blou en Die Stem in ere herstel behoort te word. Elke persoon in uniform, wit of swart, behoort trou aan die Prinsevlag te sweer, anders behoort hy afgedank te word en selfs sy burgerskap te verloor.
Ons verdraagsaamheid teenoor Engels is uitgebuit om die huidige situasie van taalverdrukking en die aanstig van Afrikaanshaat (veral deur die Engelse media) te skep. Daarom moet Engels op sy plek gesit word deur Afrikaans die enigste amptelike taal te maak. Of Engels kan ‘n “amptelike taal” wees in die huidige sin, maar sonder enige gebruik deur die staat, die howe, die universiteite, in die openbaar of wat ook al.
Die punt dat ons Suid-Afrika in 1652 gestig het en ontwikkel het, moet oor en oor beklemtoon word. Die res is bloot immigrante of “migrante” in dieselfde sin as wat die woord in Europa gebruik word. Óns is inheems, nie hulle nie.
Daar moet ‘n einde aan die hele “rassisme”-partytjie gemaak word. Soos in die VSA met sy eerste wysiging aan hul grondwet, moet daar spraakvryheid wees en Afrikaners behoort te kan sê en te kan skryf wat hulle wil, selfs al gee dit aanstoot. Aan die ander kant moet Boerehaat of oproepe tot volksmoord teen Afrikaners strafbaar gemaak word deur sulke persone uit die land te verban.
Suid-Afrika moet herstel word as ‘n Westerse land, met Westerse norme van eerlikheid, orde en wetsgehoorsaamheid. Elke voertuig moet by die rooi lig stilhou, niemand moet op straat urineer sonder ‘n stywe boete nie, ens. Korrupsie en diefstal uit die staatskas moet taboe wees.
Die staat sal verklein moet word en die huidige bankrot staatsondernemings sal óf gelikwideer óf reggeruk moet word. Die staat moenie langer ‘n bron van rykdom vir die swart elite of enige ander elite wees nie.
Suid-Afrika se Westerse identeit, waaronder veral sy Afrikanererfenis, moet in alle opsigte herstel word. Daar moet weer operas in die Staatsteater gehou word. Die ANC se kommunistiese temaparke, Mandela-standbeelde en dergelike meer moet afgebreek word en Engeland toe gestuur word of op die ashoop verbrand word. Vergeet van “Afrika-wetenskap”, “Afrika-filosofie”, ens.; dit kan alles ten noorde van die Limpopo beoefen word.
Alhoewel dié voorstelle bloot die spieëlbeeld van die huidige ideologie verteenwoordig, kan ons sien dat hulle tans buite die ekstreem-linkse Overton-venster val. Enige sprake van ‘n terugkeer tot Afrikaans, asook Afrikaner- of Westerse norme, sal met ‘n koor van verontwaardiging, hoon en selfs haat begroet word.
Vele mense, wat die huidige radikale beleid van die ANC as “normaal” ervaar, sal meen dat dié gedagtes “te radikaal” is en dat “die koeël deur die kerk is”, sodat die land nooit meer sal kan terugkeer na sy verlore Afrikaner- en Westerse identiteit nie.
Dog een radikalisme roep ‘n ander op. Vuur moet met vuur beveg word. Al lyk dit tans na wensdenkery om bloot van ‘n beter toekoms te droom, kan ‘n mens nie vorder as jy nie weet waarheen jy op pad is nie.
Hoe dit verwesenlik kan word, is ‘n ander saak. Ek troos my egter daaraan dat ‘n mens wel die middele en die metodes sal vind om by jou doelwit uit te kom, solank jy maar oor ‘n doelwit beskik! Tans strompel ons doelloos rond en word volkome deur vyandelike denke beheer.
Op sigself was die ANC en die SAKP nog nooit ‘n magtige organisasie nie. Was dit nie vir die Skandinawiese lande, die ou Oos-Duitsland en Sowjetunie, asook Afrikanerverraad nie, sou hy nooit die land in 1994 kon verower het nie.
Indien die Verenigde State van Amerika of sy president in die persoon van mnr. Donald Trump sou besluit dat die ANC afgesit sou moes word, sou die huidige bewind nie ‘n week staande bly nie. Saddam Hoesein, Moeammar Ghaddafi en vele ander het ook rekordgetalle stemme ontvang, maar dit het Amerika nie gekeer om korte mette van hulle te maak nie.
Een manier om ‘n einde aan die ANC-bewind te maak, sou dus wees om die Amerikaanse openbare mening teen hom te laat draai, iets wat in ‘n mate reeds aan die gebeur is.
Maar dis sekerlik nie die enigste nie.
Ons moet besef dat die radikale partye en bewegings in dié land ons ondergang en selfs ons dood soek; ons kan nie anders as om ons eie denke aan te pas om meer doeltreffend weerstand te kan bied nie.
Volgens ‘n vriend het die digteres Ina Rousseau Stellenbosch iewers ‘n “klein skilderytjie” genoem. Dié frase kom egter nie voor in haar beroemde gedig “Sondag op Stellenbosch”* waarin landelike rus vooropgestel word nie. Ook DJ Opperman het Stellenbosch op ‘n keer in ‘n TV-onderhoud as “pastoraal” beskryf. Met sy skatryk magnate en veelbesproke, eertyds Afrikaanse universiteit oefen dié dorp egter ‘n geweldige invloed op Afrikaans en die Afrikaner uit.
‘n Mens hoef maar net Leon Lemmer se artikels op dié webblad te lees om dit te besef. Terwyl die ANC-revolusie die res van die land, veral Pretoria en Johannesburg, maar ook Bloemfontein en ander kleiner plekke, met volle geweld en radikalisme getref het, is Stellenbosch grotendeels ongeskonde gelaat. Dit oorleef as ‘n soort idille van ‘n Afrikanerwêreld wat was en ietwat ironies deur Ina Rousseau hier onder beskryf word: “Die grootmense praat voetbal; kinders staan/
verveeld op stoepe rond, eet stukkies koek.”
‘n Transvaler het ná die ontdekking van goud in die ou ZAR gesê: “Die ontdekking van die Witwatersrandse goudvelde is die eerste bylslag aan die wortel van ons onafhanklikheid.”
Goud was ‘n wonderlike geskenk aan die Transvaal, maar ook ‘n vloek wat tot oorlog met Brittanje sou lei. Die Uitlanders sou hulle in die Goudstad vestig, waar hulle tot vandag toe voortgaan om ons en ons taal te ondermyn. Iewers in ‘n toespraak het Thabo Mbeki dit as’t ware bevestig: dat hy en die Uitlanders nou in beheer was. “Never again shall you be called Uitlanders,” het hy aan die welgestelde Engelse inwoners van Johannesburg gesê.
In die huidige tydvak is Stellenbosch soos goud: Afrikaans word nog steeds daar gepraat en sover ek verstaan, kan mens steeds sekere vakke aan die Universiteit van Stellenbosch in Afrikaans loop. Die dorp, geleë aan die voet van die Helderberg met sy wingerde daar rondom, is verruklik. Elke student wat sy universiteitsdae op Stellenbosch deurbring, is bevoorreg.
Met sy Kaaps-Hollandse geboue en eeue oue geskiedenis, verteenwoordig Stellenbosch ‘n unieke stuk Afrikaneridentiteit: Ons is Nederlanders, Duitsers en Franse wat inheems aan die land geraak het en ons spreektaal as kultuurtaal ontwikkel het.
Eintlik voel ek jaloers op elke Matie: Pleks van ‘n studentikose verblyf in ‘n manskoshuis waar ek dalk met Christo Wiese, Johann Rupert, Jannie Mouton, Koos Bekker of Markus Jooste (wel, Jooste is nou minder gewild, maar op ‘n stadium was hy die land se mees flambojante magnaat en perde-eienaar) bevriend kon geraak het, moes ek in Braamfontein tussen Jode en Engelse aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer. Daar het ek die koue winde van Boerehaat en minagting aan eie bas ervaar. Bietjie later het ek in die letterlike Europese koue moltreine en ronkende RATP-busse gehaal om aan die Universiteit van Parys se berugte agtste kampus (Paris VIII-Vincennes) in die destydse kommunistiese dorp St. Denis my studies in die filosofie voort te sit. My dosente was wêreldberoemd, maar die plek was vol graffiti en die lesingsale se stoele dikwels stukkend. In teenstelling met die Calvinistiese netheid en orde van Stellenbosch.
Nietemin is ek vandag bly dat ek nooit aan Stellenbosch gestudeer het nie. My studentedae sou sorgvryer, eenvoudiger, meer Afrikaans-nasionaal gewees het, maar dalk sou ek soos Anton van Niekerk, Willie Esterhuyse, Wim de Villiers, Philip Spies of enige van die “Stellenbosse denkers” wat Leon Lemmer só gereeld op dié blad kritiseer, geraak het.
Soos dit vir my lyk, het hulle Afrikaans en Stellenbosch soos ‘n goue geskenk ontvang. Hulle neem dit as vanselfsprekend aan; daarom kan hulle ook voorstel dat dit afgeskaf word of tot “Kaaps” omvorm word. Terloops, selfs die emiritus-professor van Afrikaanse taalkunde aan Potchefstroom, Wannie Carstens, wat Afrikaans as ‘n “kreoolse taal” sien, het aan Stellenbosch gestudeer.
In Afrikaans en aan Stellenbosch is hulle geborge, daarom voel hulle gerus om enige grondwetlike of finansiële geborgenheid vir ons taal vir hul eie belang en om polities korrekte redes te verwerp. Wat my betref, aan die ander kant, is ek nog nooit — behalwe in my kinderdae — deur Afrikaans geborge nie. Meesal moes ek my weg in die vyandelike Rooitaal, of in Frans, vind. In Stockholm praat ek geradbraakte Sweeds, in Warskou het ek geleer om op Pools dankie te sê, “dziękuję”. Hoewel ek feitlik my lewe lank (behalwe my jare in Parys, Frankryk) in Johannesburg woon, voel ek my ‘n volslae vreemdeling hier. Eintlik voel ek my meer in ballingskap hier as byvoorbeeld in Frankryk. (Ten minste, en ondanks ongebreidelde immigrasie en islamisering, is daar nog iets samehangends Fráns aan Frankryk, veral op die platteland.) Al waarmee ek my egter hier kan identifiseer, is die Afrikaanse naam (maar wat deur die munisipaliteit verengels is as “Joburg”) en ‘n mooierige ou gebou hier en daar in die middestad, wat dikwels deur ‘n Afrikaanse argitek ontwerp is, maar wat nou besig is om tot ‘n derdewêreldvlak te verval.
Dalk ken ek minder skinderstories oor die gesiene mense van Stellenbosch. Maar in die Afrikaansvyandige Johannesburg en in Europa het ek veel meer van die vyand se denke geleer: die kommunisme en marxisme in al sy gedaantes, die noodsaak vir rasvermenging, die Westerse beskawing wat moet plekmaak vir die “mengkultuur”, ‘n gewilde (en selfs polities linkse) Sweedse term. Kennelik begin Stellenbosch toenemend soos Johannesburg dink, maar dis blykbaar ‘n langsame proses, al tastend in die duister en gelei deur ‘n onhebbelike Afrikanerkonformisme. Met dié verskil: die Stellenbossers wil nou konformeer teenoor die denke van die Afrikaner se vyande… en voel selfs gesofistikeerd as hulle dit klakkeloos na-aap.
My verbintenis met die Afrikanervolk is ononderhandelbaar. Daar kan geen sprake wees dat ek daarvan afskeid gaan neem nie. Spies is op twee maniere op soek na ‘n toekoms: deur die omstandighede in die land te verander én deur die Afrikaner te verander.
Met sy gevoel kan ek my eenhonderdpersent vereenselwig. Vir seker gaan ek nie afskeid neem van my Afrikanerskap om ‘n spul skatryk en bedorwe Stellenbossers — eintlik ís daar ‘n “Stellenbosse mafia”! — ter wille te wees nie. Ek gaan ook nie die taal wat ek praat verander om in te pas by die “Kaapse plan” om van Afrikaans ‘n nuwe kreools te maak wat vir bepaalde bruin “intellektuele” aanvaarbaar sou wees nie. As boetedoening vir apartheid, moet Standaardafrikaans geslag word. Nee, nee, en nogmaals nee!
Trouens, die hele “bruin probleem” in Afrikaans is iets wat grotendeels op Stellenbosch uitgedink is. Hier in die Transvaal is daar ook bruines, maar omdat hulle self ‘n minderheid is, word hulle ewe erg deur die heersende ANC-swartmag verdruk en kom hulle dikwels in Eldoradopark, Eersterust en ander plekke fisiek daarteen in opstand. Geen noordelike bruine sou vir ‘n oomblik verwag dat die Afrikaner sy taal sou moes prysgee vir een of ander verwronge polities korrekte “nasiebou”-projek nie.
Die Transvaalse bruine is feitlik onbeskaamd rassisties en vele verwys na ons ANC-heersers as “kaffers”, behalwe hulle word nooit daarvoor Gelykheidshof toe gesleep nie. Die punt is egter: anders as wat die Stellenbosse mafia propageer, is daar geen behoefte, nóg by Afrikaners, nóg by die bruin gemeenskap, om tot “een volk” te versmelt nie. Om Bart Nel te parafraseer: “Ek is ‘n Afrikaner, en ek is nog hý.”
Huis Afrikaans is veel groter en mooier en waardevoller as wat Stellenbosch ooit kan wees. Ek verstout my om te sê: Indien Stellenbosch môre afbrand, sal Afrikaans en die Afrikaner steeds bestaan. Sonder Stellenbosch mag ons selfs gedy, want die soort denke wat voortdurend uit die US en omgewing sypel, is omgewe van ‘n onwelriekende geur van verraad. Ons wat lojaal teenoor volk en taal is, herken dit vir wat dit is: die soveelste hensoppery, oorgawe aan Engels en Engelsheid. Waarvoor? Om ons vyande te plesier?
By verre die meeste Afrikaners woon steeds in die Transvaal. Al droom ons van ‘n nuwe republiek in die Suid-Kaap, of die Noord-Kaap, oorleef ons steeds hier tussen die mynhope van Johannesburg, die fabrieke van die Oos-Rand, die kwasi-Amerikaanse chaos van snelweë en pakhuise wat die sentrum van dié provinsie by Midrand tipeer. Pretoria met sy voorstede en buurtwagte wat patrolleer, is paraat, asof in voorbereiding op die Suid-Afrikaanse burgeroorlog wat soveel mense voorspel. Die afskuwelike en niksseggende naam wat die ANC aan die middelpunt van Transvaal gegee het, Gauteng, benoem op ‘n manier die geweld en verval waaraan ons elke dag blootgestel word. Tesame met, natuurlik, Engels. Want Johannesburg is in beheer. Dis steeds die Ewige Uitlander wat regeer. Die ANC en veral die SAKP was skeppinge van die Uitlander, van die linkse Engelssprekende wat ons land en ons kultuur verwerp en poog om ‘n ander in die plek daarvan te stel, ‘n soort Afro-Engeland waar jy jou lewe nie seker is nie, maar steeds ‘n duur Mercedes mag ry of ‘n Louis Vuitton-handsak met R300 000 se omkoopgeld aan kontant daarin van Bosasa mag ontvang.
Die paradoks is daarom: die toekoms van Afrikaans lê nie by die verlinkste Stellenbosssers, wat halfdronk van die wyn en die welvaart van hul witterige en steeds eurosentriese provinsie oor die kim staar nie, maar by ons hier “aan die buitekant”. Ons is die ontheemdes en onterfdes, die verdruktes en verwerptes. Wits het ‘n swartman na die Universiteit van Pretoria oorgeplaas wat alle Afrikaans vanaf 1 Januarie 2019 op daardie kampus verbied het. Dis ons werklikheid, mooi swart en wit, nie die halfwas-Afrikaans met Engels wat stadig oorneem soos op Stellenbosch nie.
Ek geniet Leon Lemmer se skrywes terdeë en sonder hom sou ek veel minder geweet of verstaan het van wat op Stellenbosch aangaan, die treurige ondergang wat daar met die samewerking van die Afrikanermafia op die dorp gepleeg word. Maar dalk heg ons te veel waarde aan Stellenbosch, die dorp wat dalk te “vermoeid van al die rus”, soos Ina Rousseau sê, mag wees om weerstand te kan bied.
Die Transvaal was deur ons geskiedenis die toneel van opstand en rebellie. Dit is hier waar Paul Kruger die streep getrek het. Ons moet ook nie die Hollanderonderwysers vergeet nie; dit is hulle wat vir ons ‘n suiwer identiteit los van Engels gegee het, anders as in die Kaap waar die lyn tussen Afrikaner en Engelsman dikwels vaag is.
Verraad oor ‘n glasie wyn staan my nie aan nie; ek drink nie eens meer wyn nie. Alkohol is gif. So dikwels as daar neerhalend na die “regse Afrikaner” verwys word, word brandewyn en Coke mos bygesleep.
Ons moet net onthou waar die brandewyn vandaan kom. Op ‘n nugter dag sal ons dalk besef dat die bedwelming vanuit Stellenbosch iets is wat ons van ons sal moet afwerp indien ons ooit vry wil wees. Of bloot net wil oorleef, want die juk van die vyand raak by die dag swaarder.
*Sondag op Stellenbosch
(Ina Rousseau)
In hempsmoue lê mans koerant en lees,
die vrouens raas en maak komkommerslaai
terwyl hul toesien dat die vleis nie brand —
half-elf word daar ‘n kerkdiens uitgesaai.
Smiddags na die rus kom vragte mense aan
uit Wellington, Grabouw en Klapmuts op besoek.
Die grootmense praat voetbal; kinders staan
verveeld op stoepe rond, eet stukkies koek.
Saans lui die kerkklok luider; dogters keer
humeurig met hul naweektassies terug;
die vrouens gaan die wasgoed vir die meid sorteer,
die mans maak gou ‘n visstok heel, en sug.
Die kinders sit aan somme nors en swoeg;
mans wonder waar hul skoon slaappakke is —
die vrouens moet die tafel dek vir môre vroeg;
die mans gaan slaap, vermoeid van al die rus.
Tans publiseer Netwerk24 enkele meningstukke deur jongmense, wat ‘n interessante blik op hul denke — of gebrek daaraan — bied. As mens 20 is, dink jy gewoonlik dat jy meer weet as jou ouers en dosente. En natuurlik dat jy meer modern, ingelig en belese as hulle sou wees.
In dié trant skryf Shanté Kroukamp op 18 Januarie 2019:
“Die diep gewortelde afkeur (sic) in die liberale, korrupte en ‘te groot vir hul skoene’ jeugdiges van vandag hang soos ‘n rookwolk om elke ouer tannie en oom terwyl hulle vas glo dat die wêreld soos hulle dit leer ken het, op sy kop gedraai is.”
Hier begaan sy ‘n enorme denkfout — een van vele, ongelukkig — naamlik om te dink dat die vorige geslag Afrikaners “meer konserwatief of behoudend” was as die huidige. Inteendeel, die politieke, sedelike en ander standpunte van die vorige Afrikaner-elite was feitlik deur die bank liberaal en anglosentries.
Ons geslag, asook dié onmiddellik voor ons, het die Afrikanertradisie gesloop en ondermyn, iets wat regstreeks tot die eerlose oorgawe van die Nasionale Party gely het. Dink maar aan figure soos Van Zyl Slabbert, André P. Brink, Leon Wessels, Koos Bekker en les bes, FW de Klerk wat, toe hy moes kies tussen die KP en die SAKP, toe kies hy die SAKP.
Koos Kombuis het ‘n paar mooi liedjies geskryf, maar hy was ook ‘n hopeloos linkse daggaroker. In die mate waartoe daar iets soos ‘n Suid-Afrikaanse tydsgees bestaan en ons nie maar steeds ‘n blote kolonie van die VK en die VSA is nie, is ons altyd so half ‘n dekade of twee agter die res van die wêreld. Toe die Amerikaanse jeug lankal die term “yuppie” gemunt het om die soort ambisie en geldelike aspirasies van die tagtiger- en negentigerjare uit te druk, was daar steeds hippies met lang hare en kombi’s wat in Kaapstad ‘n soort ersatz weergawe van die Amerikaanse sestigerjare volvoer het.
Terloops, een van die sterkste aanklagte teen die dekadensie van die sestigerjare is natuurlik die beroemde roman deur Frankryk se mees vertaalde skrywer, Michel Houellebecq: “Elementêre deeltjies” (Les particules élémentaires in die oorspronklike en Elementaire deeltjes in Nederlands.) Dit val dan ook op dat, terwyl Shanté Kroukamp ‘n “nuwe identiteit” vir die Afrikaner bepleit, haar foto in die Naspersorgane pryk waar sy ‘n Jimi Hendrix-T-hemp dra. Hendrix was seker dié simbool van die Amerikaanse dwelm-en-seks-kultuur van die sestigerjare wat deur Tom Wolfe in sy briljante Electric Kool-Aid Acid Test vasgevang is en is self aan ‘n oordosis dwelms of slaappille dood op 18 September 1970, lank voordat Kroukamp gebore is.
‘n Mens wonder: moet die Afrikaner se “nuwe identiteit” dus by die Amerikaanse hippiebeweging gesoek word? Kroukamp beskou die Afrikaanse rolprentbedryf as, soos sy dit stel, “een van (die) dryfkragte van bevryding en progressiwiteit”. Sy verwys na ene Christiaan Olwagen, wat regisseur was van die rolprent Johnny is nie dood nie, wat gewy is aan die lewe van die sanger Johannes Kerkorrel. Onder andere het Kerkorrel ‘n taamlik cliché-gelade liedjie oor Hillbrow geskryf, die eertydse woonstelbuurt van Johannesburg, maar wat tans tot ‘n krotbuurt met vullis op die sypaadjies en die stank van riool op straat verval het.
Kerkorrel se estetiese konstruksie, indien mens dit so sou kon benoem, het vir alle praktiese doeleindes in duie gestort. Dit is agtergehaal deur die revolusie wat iewers tussen Afromarxisme en ‘n Idi-Amin-agtige korrupsie vasgevang is.
Die onlangse geskiedenis herinner mens aan NP van Wyk Louw se beroemde woorde:
Miskien sal ons ook sterwe en iewers ruggelings stort,
dat hierdie helder aarde in ons verdonker word.
Miskien sal niemand later mooi dinge van ons weet
en nêrens sin te kry wees in al ons stryd en leed,
Ek is bevrees daar is geen sin in mejuffrou Kroukamp se betoog nie. Die Universiteit van Pretoria en veral sy Fakulteit van Geesteswetenskappe het al te naby aan derdewêreldstatus gewentel vir haar om hoegenaamd ‘n begrip van die Westerse tradisie te hê, waarvan die Afrikanertradisie ‘n afsplintering verteenwoordig. Al wat ek raaksien, is iets soos ‘n oneindige herhaling van die vorige geslagte se nihilisme, dekadensie en uiteindelike domheid. As ons effens terugstaan, weg van die propaganda en wensdenkery oor die toekoms, was die geslag van FW de Klerk, Van Zyl Slabbert en hul geesgenote wonderbaarlik onnosel. Hulle het geen benul gehad van waarmee hulle besig was, of selfs bloot wat op die spel was nie. Vandag word dit daagliks in ons ingehamer — met elke plaasmoord, elke universiteit of skool wat onder dwang verengels en verwoes word.
So kom ons om, so kom ons om. Elkeen behoort sy mea culpa te doen. Aan my kinders en elke jong Afrikaner vra ek namens ons geslag om verskoning, dat ons so naïef en sleg was, dat ons nooit teen oorheersing opgestaan het totdat dit te laat was nie. My hart bloei vir elke jongmens wat vandag vervreem in ‘n gewelddadige, korrupte land moet woon waar Angelo Agrizzi van Bosasa kontant in plastieksakke aan direkteurs-generaal van staatsdepartemente aflewer.
Ek dink nie die “Afrikaanse rolprentbedryf” — in die mate waartoe so iets bestaan buite enkele voorspelbare romantiese sepies om — gaan binne die afsienbare toekoms ‘n film begin maak wat iets van ons werklikheid weerspieël nie. Daardie regstellende direkteurs-generaal met hul duur skoene en nog duurder motors in die departementele parkeergarage wat die afspraak vir ‘n Checkerssak vol note nakom… dis mos ‘n land om op trots te wees, die toonbeeld van “liberalisme en progressiwiteit”!
Ek wil ook nie voorgee dat ek alles weet nie; immers het ek aan ten minste twee universiteite gestudeer, wat eerder ‘n nadeel by ‘n mens se begrip is as enigiets anders. Redelik onlangs het ek via minder bekende Franse denkers van die eerste helfte van die twintigste eeu egter ‘n heel ander perspektief op “tradisie” verkry as die soort gemeenplasige, neerhalende manier waarop Shanté Kroukamp die woord gebruik as sy sê:
“Alhoewel blinde volgelinge van norme en eng gekondisioneerde mense tradisies en kultuur preserveer, moet dit nie aangemoedig word nie.”
Eng gekondisioneerde mense? Niks in haar betoog oortuig my dat mejuffrou Kroukamp haar oopstel vir enigiets buite die benepe, koloniale soort Britse kultuurmarxisme wat van ons universiteite besit geneem het en wat klakkeloos (en anglisisties) in Afrikaans nagepraat word nie.
Daar is ‘n groter wêreld daarbuite: die Europese Vasteland met sy veelheid van tale, Japan, Korea… kulture en volkere wat tradisies oor honderde en selfs duisende jare onderhou het. Trouens, kan ‘n mens jou ‘n beskawing of selfs net skoonheid sónder tradisie voorstel?
Ongelukkig bly daardie ryke verskeidenheid van kulture en idees vir ons duister, ewe duister as ons eie geskiedenis en tradisie wat deur die revolusie verteken en verrinneweer is. Ons is te besig om Zimbabwe te word om daarop ag te slaan.
Maar hopelik sal mejuffrou Kroukamp ook eendag soos die uitvoerende bestuurders van ons “demokrasie” met ‘n Checkerssak vol note beloon word vir haar slaafse navolging van die heersende, “progressiewe” ideologie…
Toevallig vang my oog die enigsins uitlokkende opskrif van u rubriek in Beeld, “Engels ook nodig vir Afrikanerskap”. Dis die tipe sin wat teen my hele wese indruis, wat ‘n bespotting van ons hele geskiedenis maak.
Ek stem saam met Andries Hendrik Potgieter wat, toe die Engelse Natal bereik, liewer weggetrek het omdat hy “nooit Brits wou word nie”. Hy het ook gesê dat hy van die see wou wegkom, want “waar die see is, is Engelse”. Hy het uitgewyk Noorde toe, en het onder andere Potchefstroom gestig, wat na hom vernoem is.
Anders as Iere, Skotte en Walliesers, is Afrikaners deur Engelse verower, maar ons het ons taal behou. Soos Hennie Aucamp en vele ander gesê het, verteenwoordig dít die wese van ons identiteit.
Afrikanerskap is geheel en al onversoenbaar met Engelsheid. Jaap Steyn, nog ‘n groot Afrikaner wat meer as enigiemand anders gedoen het om die taalstryde van die verlede op te teken, was ook bekommerd dat Afrikaners se Engels reeds “te goed” is.
My eie kinders het nooit ‘n woord Engels tuis gehoor nie; ons het nimmer enige poging aangewend om die Rooitaal aan hulle oor te dra nie. Wel het ek soggens op pad skool toe gepoog om aan hulle Frans te leer, waarin hulle nie belanggestel het nie, iets waaroor hulle nou baie spyt is. Nietemin het hulle elkeen ‘n onderskeiding in Engels-“Huistaal” aan hul Afrikaanse hoërskool ontvang. Vir my is dit geen aanduiding van hul taalvermoë nie — waarmee sekerlik niks skort nie — maar van die mate waartoe Afrikaners onder die ANC-terroristebewind so omgewe is van Engels dat ons gedwing word om moedertaalsprekers van die taal te word.
U verhaaltjie van die Egiptenaar is eintlik niksseggend. U reaksie op die eentalige spreker van Arabies verraai egter meer aangaande uself as oor hom. In Junie vanjaar was ek in ‘n hotel in Pole waar die man agter die toonbank insgelyks slegs Pools kon praat. Ek het ook Engels probeer, Frans en selfs geradbraakte Duits, maar hy kon slegs sy moedertaal praat. Eerder as wat dit vir my na ‘n probleem gelyk het, soos vir u, was dit vir my verfrissend. Dit het my selfs hoopvol gestem. Eureka! Hier was ‘n uithoek van Europa waar Engels nog nie ingedring het nie!
Engels is soos onkruid; dit neem oor en verdring ander plante. Twintig jaar gelede kon min mense in Parys, selfs in toeristiese dele, Engels praat. Deesdae is Franse en dikwels ook die Noord-Afrikaanse immigrante waarvan ons so baie hoor, gretig om met toeriste Engels te praat. Dis nie meer Frankryk nie; dit raak nou Disneyland met ‘n replika van die Eiffeltoring.
U skryf: “Dié van ons wat Engels magtig is, kan dus ons sterre dank, want die hele wêreld is vir ons toeganklik.”
Watter illusie is dit nie! Ek kan amper sê: Net iemand soos u wat aan ‘n plattelandse universiteit soos dié van Potchefstroom in Afrikaans gestudeer het, kan so ‘n stommiteit kwytraak. As u net Afrikaans en Engels ken, is die wêreld beslis nie vir u toeganklik nie. Die meeste opgevoede Europeërs praat vier of vyf tale: Duits, Frans, Italiaans, Spaans, dalk Russies of ‘n Skandinawiese taal. Dit is die “meertalige sprekers” waarvan u praat, nie Afrikaners in ons land wat gedwing word om Engels te aanvaar omdat ons polities en kultureel oorheers is en word nie.
Wat weet u van Korea of Japan? Dis twee welvarende Oosterse lande waarvan die produkte die wêreld oorspoel en in menige Westerse tale bemark word, maar wat elkeen oor ‘n eie, byna hermeties verseëlde kultuur beskik. Om Japannees of Koreaans te bemeester, is soveel meer van ‘n uitdaging as Engels, die taal wat jy saam met jou eerste pakkie kougom inkry.
Nog iets: In alle Europese tale word ‘n magdom boeke oor en weer tussen daardie tale vertaal, selfs uit Oosterse tale. Behalwe in Engels. Die Engelse leser wil liefs ‘n speur- of liefdesverhaal lees. Of ‘n “sakeboek” in die trant van: “Hoe om vinnig ryk te word.” Daarom bly Engelse salig onbewus van wat daar in ander tale gepubliseer en gedink word… Maar vir u verteenwoordig Engels “die sleutel tot die heelal”.
U skryf:
“Ons moet daarteen waak om die jeug in te perk omdat ons bang is ons kultuur gaan verlore.
Vanweë ons emosionele band met Afrikaans sal Engels altyd ons tweede taal bly. Die verwerwing van dié taal is egter noodsaaklik vir diegene wat wil tred hou met die res van die wêreld se vooruitgang.”
“Die jeug in te perk…?” Bestaan daar nog so iets in Suid-Afrika? Met ‘n dwelmhandelaar of twee op die straathoek van elke skool, prostitusie (letterlik en figuurlik) ‘n eerbare beroep en internetpornografie vir elfjariges? In watter dekade leef u presies?
“Vooruitgang” is ‘n groot woord. Ons kan seker gaan kers opsteek by Hegel en sy Russies-Franse dissipel Alexandre Kojève, en dit van daar af neem. Met al die Eskom-grappies kan ons dalk ook vra: “Wat het ons voor kerslig gehad? Elektrisiteit.” Ons probleem, asook dié van ander wêrelddele, is eerder: agteruitgang, verval, verlaging van opvoedingstandaarde, e.d.m. Daarvoor gaan die grote Engels ons niks help nie, want die agteruitgang in Engelstalige lande is juis soveel sneller as in daardie state wat meer van die Angel-Saksiese Empaaier geïsoleer is.
Probeer gerus, soos ek vir ‘n paar maande vanjaar gedoen het, in ‘n plattelandse Franse dorpie gaan woon en in Engels kommunikeer. Ten eerste sou dit uiters onbeskof wees, om mense in hul idilliese, gekoesterde bestaan waar hulle en hul voorouers al eeue lank woon, met Engels aan te val. Ten tweede praat mense gewoon nie Engels nie. Hul kultuurtaal, opvoedingstaal, wetenskapstaal, kommunikasietaal, universiteitstaal, ens., ens., is Frans en sal vir die afsienbare toekoms Frans bly.
Tensy mev. Theresa May besluit sy is nou moeg vir die Brexit-debakel en sy Frankryk binneval en verower en Engels die enigste amptelike taal maak, soos die ANC in Suid-Afrika gemaak het! Hoewel, met die verdeeldheid wat tans in Engeland heers, kan ek my kwalik voorstel dat ‘n nuwe oorlog teen Frankryk ‘n groot sukses gaan wees…
Terloops, vele van my Afrikaanse vriende sê altyd: “Ek praat net Engels in selfverdediging.” Dis vir my gesond; dit getuig van standvastigheid en van ‘n geborgenheid in jou eie kultuur.
En Brexit gaan vir seker ‘n invloed op die toenemende hegemonie van Engels as kommunikasietaal in Brussel hê. As Engeland nie meer lid van die Europese Unie is nie, is daar nog enige rede om Engels te gebruik? Ek voorspel dat die taalnasionalistiese Franse dan hul stemme gaan begin dik maak om Frans ‘n hoër status te gee. Daarbenewens verteenwoordig Duitssprekendes byna 100 miljoen EU-inwoners. Waarom moet Duitsers en Oostenrykers vir lief met Engels neem as hulle bloot hul eie taal kan gebruik, die taal waarin die moderne wetenskap, ingenieurswese en kwantumfisika uitgedink is? Die Britte koop tog Duitse motors, nie die omgekeerde nie?
Eintlik is Afrikaans, Nederlands en Duits standaardtaalvariante van dieselfde taalkontinuum wat uit letterlik dosyne dialekte bestaan… Dit is moontlik om dieselfde boek in Duits, Nederlands en Afrikaans te lees en telkens nuwe elemente daarin te ontdek. Onlangs het ek dit besef toe ek die Nederlandse vertaling van Spengler se Ondergang van die aandland begin lees het. Geen Duitse boek vertaal ooit goed na Engels nie… behalwe miskien Das Kapital?
Anders as die Nederlanders en die Skandinawiërs, wat Engels ook gretig aanleer, beskik Afrikaners, Franse, Duitsers en Russe oor ‘n geskiedenis van konflik met Engeland. Is dit voorstelbaar dat die Russe ooit hul taal met sy grootse letterkunde, operas en wat nog, vir Engels sou prysgee?
Dit bring my by ‘n verdere punt: hoewel sommige Afrikaners (soos u en ander joernaliste) tans sterk onder Engelse of Angel-Saksiese invloed verkeer, was dit nie altyd so nie. In die verlede was ons politici, skrywers, akademici en wetenskaplikes trots op hul Europese herkoms en het moeite gedoen om met hul eweknieë in Europa te skakel. Jan Rabie het tydens sy verblyf in Parys in die 1950s soveel Franse boeke gekoop dat hy dikwels nie geld vir kos had nie, en koolblare by die mark gaan optel het om sop van te kook, om nie van honger om te kom nie. Het ons honger na Europa nou ‘n honger na Engels geword?
Die Afrikaner is óók, en by uitstek, Eurokaner… Ons het dit tydens die Anglo-Boereoorlog gesien toe die hele Europa kant gekies het téén Engeland. Vandag gebeur dit weer, want al hoe meer Europeërs word met afgryse vervul deur hierdie o so Engelse bestel, met sy korrupsie, plaasmoorde, taal- en rassediskriminasie. Telkens as ek Europa toe gaan, kom ek Europeërs teë wat hier vir militêre diens wil aanmeld om ons van die ANC en sy Engelse hanteerders te bevry!
Die “nuwe” Suid-Afrika, hierdie gewelddadige Klein Engeland, het hom tot vyand van die Weste verklaar. Ons kultuur verbied en onderdruk hy in die naam van sy afkeer van “eurosentrisme”. Hoe lank nog voordat ons Afrikaners, tesame met ons mede-Westerlinge, teen hierdie haatdraende kwasi-Engelse bewind met sy rassehaat, taalhaat, kultuurhaat, elke haat wat daar is, opstaan?
Engels is die antitese van Afrikanerskap. Dis so simpel soos dit, soos ‘n Vlaamse vriend altyd sê. En dis nie ‘n anglisisme nie, eerder ‘n gallisisme, aussi simple que ça.
My pleidooi sou wees dat ons liewers van Engels moes vergeet. As ek daar in Pole of in Frankryk vedwyn, of selfs in Stockholm tuisgaan, probeer ek vergeet dat ek Engels ken. Ek poog eerder om ‘n paar woorde van die plaaslike taal aan te leer, die mense beter te leer ken. In die geval van Frans is dit vir my lekker om byna heeltemal met die plaaslike inwoners te versmelt en om deur hulle as ‘n eweknie of ‘n gelyke aanvaar te word.
Engels is geen kortpad na kennis of ervaring nie. Inteendeel, dit weerhou baie Afrikaners van ‘n meer intieme omgang met ander tale en kulture. Ons word soos Amerikaanse toeriste wat net harder skree as hulle nie deur die plaaslike inwoners begryp word nie.
Daar is ook niks so vervelig soos ‘n Engelse boekwinkel nie. As jy een Exclusive Books of WH Smith gesien het, het jy almal gesien. Dit sê iets oor die oppervlakkigheid van Engelse. Dít wat Nietzsche en ander Europese intellektuele in die negentiende eeu oor Engelse geskryf het, geld steeds: hulle is oppervlakkige sedeprekers. Ervaar ons dit nie ook elke dag in ons land nie? Die aanhoudende gesanik en sedelesse van Engelse (en hul Afrikaner-na-apers natuurlik).
Dog ook: snobisme. Daar is min dinge wat Engelse so beïndruk soos geld. Lees: baie geld. Is dit daarom toevallig dat snobisme so ‘n wesentlike kenmerk van die Suid-Afrikaanse samelewing geword het?
Op die Europese Vasteland het mense agting vir vernuf, kultuur, kennis, styl. Dit gaan nie bloot om rykdom en vertoon nie. Die gemiddelde ANC-politikus of -tenderpreneur jaag ook maar eintlik die Engelse droom na: om ryk en vernaam te wees, iemand waaroor die poniepers in Londen sou skinder.
Saam met Hendrik Potgieter sou ek kon uitroep: Dank God dat ek nie Engels is nie! Afrikaans en my half-Europese identiteit as Afrikaner het vir my soveel deure oopgemaak, insigte gegee, my verryk en my oortuig dat ‘n mens altyd dieper na ‘n probleem moet kyk.
Ongelukkig is dit so dat baie Afrikaners vandag, juis vanweë Engels, oppervlakkig, vulgêr en snobisties geraak het. “Ek ry ‘n BMW,” soos oorle Johannes Kerkorrel gesing het. Nie dat dié arme siel ‘n begrip van enigiets gehad het nie, want hy wou ook maar graag ‘n Engelse Johannesburger wees. En moenie so seker wees dat die half-Engelse Afrikaner steeds ‘n “emosionele band” met sy taal koester nie. By die reünies van my matriekjaar is ek altyd verstom oor hoeveel van die stoere Boere wat destyds sulke swak punte in die Engelse klas gekry het, hul bloedjies na St. Johns, St. Stithians en dergelike meer gestuur het sodat hulle deesdae met Afrikaans sukkel! Maar goed, dis Johannesburg. In Pretoria is dit heeltemal anders gesteld. Johannesburg en Pretoria is soos twee stede in verskillende lande, met verskillende tale en kulture. Wanneer werp Pretoria die juk van Johannesburg af?
In Afrikaans het debat helaas verdwyn. Op tipies Engelse wyse word daar in die blaaie van Beeld, Die Burger en ander Nasperspublikasies vandag vir ons gepreek. Die nuwe evangelie van ANC-gedienstigheid word aan ons verkondig. Daar is niks van die Nederlandse, Franse of Italiaanse voorliefde vir argumenteer, meningsverskil en “oop gesprek” soos Van Wyk Louw dit getipeer het nie.
Diegene wat verskil, word gesnobeer. Geen teenargument word aangebied nie, maar hulle verwys neerhalend na jou “grys skoene” en ander sinnelose slagspreuke wat hulle by Engelse gehoor het.
Om Engels magtig te wees, vervul my helaas met geen “dankbaarheid” nie. Ek het my jeug verspil tussen Engelse op die Wits-kampus en dat ek min of meer sonder letsels en sonder om ‘n dwelmverslaafde te word daaruit ontsnap het, is ‘n wonderwerk. Ek het niks by dom Engelse geleer nie en moes heelwat dinge afleer. Eers toe ek die Europese denktradisie kon bemeester, het dit vir my gevoel asof ek vir die eerste keer mens word. Die helder, skoon lug van my aangenome Franse departement, Cantal, die ou kastele en ruïnes, die aristokratiese sweem wat oor alles hang, dít alles laat my my as Afrikaner beter verstaan.
Die Afrikaner is ‘n Protestantse aristokraat wat steeds, na soveel eeue, vervolg word…
Ons is Amsterdam, maar ook La Rochelle. En die Hanse. Daar waar ek vroeër vanjaar gestaan het, op die stadsplein van Bremen, die Hansestadt, met die bankadvertensie op die bushalte in die plaaslike dialek, wat lyk op Afrikaans, dít het iets in my geroer. Vanuit die Lae Lande met hul kanale en die Oossee met sy Hansestede het ons gekom en aan die Kaap het ons en ons taal uitgespoel. Maar Germane het ons gebly. (Al dig Breyten Breytenbach nou ook wát oor “Ek is Germaans en wreed”; ek wonder wat sê hy nou oor die wreedheid van die swartman?)
Engels is ‘n saai kreools; dis vol Franse woorde wat verkeerd uitgespreek word. Veel eerder sou ek meer Duits wou geken het, of Pools of Sweeds magtig wou wees. Of Italiaans of Spaans. In my motor luister ek knaend Italiaanse liedjies. Dis so vrolik en sjarmant, so anders as die gehyg en gekreun van Amerikaanse kletsrymers of die dekadente nihilisme van Britse popsangers. Wat wou Pink Floyd en die Beatles regtig vir ons sê, behalwe dat dit ‘n lyding is om Engels te wees? Engelse hou van niemand nie, geen ander volk nie, selfs nie eens van ander Engelse nie. Hulle munt uit in meer of minder subtiele beledigings. Ongelukkig is die Afrikaner met sy byna Skandinawiese opregtheid en ongekunsteldheid kwalik teen Engelse beledigings bestand.
Wat u sê oor Afrikaners wat Engelse onderwysers in vreemde lande word, is eintlik afgryslik. Want u laat na om te noem dat hulle weens hul velkleur nie in Suid-Afrika werk kan kry nie. Vanweë die nivellering wat die verderflike Britse en Afro-marxiste op ons land afgedwing het, is alle onderwys en onderwyssalarisse tot ‘n derdewêreldvlak verlaag. Afrikaanse onderwysers moes eintlik R100 000 per maand verdien het, soos vele van hul Noord-Europese eweknieë. Dan sou elkeen in ons land ‘n leraar by sy plaaslike Afrikaanse skool wou geword het, pleks dat hy of sy ontheemd rondflenter agter ‘n paar dollar aan.
Dis nog iets van Engelse: hulle is altyd ontheemd en ontwortel, swerwers na nêrens. Die “ewige Engelsman” wat vandag in Suid-Afrika, môre in Australië en oormôre in Kanada of die VSA gaan bly. Hy beskik oor geen werklike vaderland nie.
Die Afrikaner is van ‘n ander stoffasie. Hy is geanker, gewortel, geplant. Dit pols deur ons Europese bloed; “bloed en yster, bloed en grond”, soos FPK in hul liedjie “Brand Suid-Afrika” sing. Of “Ons vir jou Suid-Afrika!” soos CJ Langenhoven dit in “Die Stem” verwoord het. Noudat ons land afgeneem is en binnekort ons plase, is ons taal voorlopig al wat oorbly. Dis ons ark waarmee ons dié stormagtige oseaan sal moet bevaar.
Die moderne Britse Ryk het as ‘n seerowersprojek teen Spanje onder Elizabeth I begin. Daar sal altyd see- en struikrowers wees.
Daarom sal ons ark voortdurend bedreig word. Ek vra u egter mooi, moenie met u ode aan Engels, die rol van seerower speel nie.