PRAAG betuig dank aan Nederlandse parlement ná mosie teen SA grondgryp

Deel op

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) spreek sy dank uit teenoor die Nederlandse Tweede Kamer wat ‘n mosie aangeneem het waarin die ANC se rassistiese grondgrypplan teen blanke boere gekritiseer word.

Die regerende VVD, asook die Forum voor Democratie van mnr. Thierry Baudet, Partij voor de Vrijheid onder mnr. Geert Wilders, die SGP, CDA, CU en 50Plus het die mosie gesteun, terwyl die linkse partye daarteen gestem het.

“Nederland het hiermee vir die eerste keer die kordon van politieke korrektheid rondom Suid-Afrika verbreek,” het dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, gesê. “Tereg het die Nederlandse parlement ingesien dat die ANC-terroristebewind se grondonteieningsplan teen internasionale menseregtebeginsels indruis en daarom verwerplik is.”

“Nederlanders is, soos Afrikaners, ook boere en besef daarom watter mate van toewyding en finansiële risiko’s by boerdery betrokke is. Dat die ANC-terroristebewind eenvoudig met ‘n pennehaal boere se grond wil onteien, spreek van dieselfde soort waansin as dít wat die ewe radikale, afrosentriese bewind van Zimbabwe genoop het om dié land ekonomies te vernietig,” het Roodt gesê.

PRAAG hoop dat alle EU-lande, asook die VSA, Kanada en Australië die voorbeeld van Nederland sal volg en mosies teen die anti-blanke rassisme, menseregteskendings en beplande grondeiening van die ANC-terroristebewind sal aanneem.Die bewoording van die mosie, wat deur mnre. Martijn van Helvert, van die Christen-Democratisch Appèl en Kees van der Staaij, van die Staatkundig Gereformeerde Partij ingedien is, lui soos volg:

De Kamer,
gehoord de beraadslaging,
constaterende dat de regering en de meerderheid van het parlement in Zuid-Afrika over willen gaan tot landonteigening van blanke boeren zonder compensatie en daartoe een grondwetswijziging die daartoe in voorbereiding is, niet eens nodig achten;
constaterende dat zowel de Universele Verklaring van de Rechten van de Mens als het Afrikaans Handvest voor de Mensenrechten willekeurige ontneming van eigendom verbieden en al helemaal op basis van huidskleur;
verzoekt de regering, bilateraal en in internationale fora, duidelijk stelling te nemen dat de voorgenomen landonteigening van blanke boeren in
Zuid-Afrika, zonder compensatie, in strijd is met de mensenrechten, en druk uit te oefenen op Zuid-Afrika om ervan af te zien, en gaat over tot de orde van de dag.
Van Helvert
Van der Staaij

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.