Die politieke lesse van Paul Kruger

Toespraak gelewer by die Gautengse provinsiale vergadering van die VF+ op 10 Oktober 2009.

Dit het nou al ‘n gemeenplaas geword om Kruger se spreuk, “Haal uit die verlede wat goed is en bou jou toekoms daarop”, aan te haal. Maar hierdie woorde is ook en veral van toepassing op Kruger se lewe en dade self.

Van die oomblik dat hy op 10 Oktober 1825 op die plaas Bulhoek in die wyk Brakrivier gebore is totdat hy sy laaste asem op 14 Julie 1904 te midde van die Switserse Alpe te Clarens uitgeblaas het, het hy ‘n lang en gebeurvolle lewe gehad. Soos Kruger se grootste biograaf, D.W. Krüger, kan mens op verskeie tydperke en aspekte van Kruger se lewe fokus. Tog is dit nodig om uit dié groot en interessante verskeidenheid enkele kernbeginsels te distilleer wat ons vandag dalk van hulp kan wees.

Paul Kruger
Paul Kruger

Niemand kan ontken dat die Afrikaner vandag in ‘n uiters benarde posisie verkeer nie. Gestroop van alle politieke mag en invloed, asook demografies aan die kwyn as die laaste oorblywende blanke minderheid in Afrika, wil dit voorkom asof die Afrikaner se tyd op dié vasteland uitgespeel is. Maar nou is die interessante ding dat die pioniersgemeenskap in Kruger se tyd alte dikwels voor enorme krisisse te staan gekom het wat op die oog af dodelik kon wees. ‘n Mens dink maar aan die moorde by Bloukrans en Weenen, waardeur Kruger as kind getraumatiseer is. In sy eie woorde beskryf hy dit so:

„Maar watter verskriklike tonele het ons nie in die ander laer gesien nie. Daar het die lyke van ons mense gelê wat deur ‘n ander afdeling van die Zoeloeleër vermoor is en in hulle bloed gebaai het. Die veld was wit van die vere wat die moordenaars uit die beddegoed van die waens geskud het. Daar was skape wat lewendig oopgesny is en manne, vroue en kinders op die gruwelikste wyse gefolter, vermoor, deursteek en keelaf gesny. Die aasvoëls, wat soos hulle vertel het, so ‘n Zoeloe-impi orals gevolg het, het reeds begin om die dooies te verskeur. Daar het moeders dood gelê asook sterwendes nog met die kleintjies aan die bors gedruk. Ander het met verstyfde arms hulle kinders, deurboor met assegaaie wat die lyke aanmekaar gehou het, omklem. Baie lyke is op die verskriklikste manier mishandel en geskend, en klein kindertjies het gelê waar die barbare hulle neergegooi het, nadat hulle die harsings teen die wawiele uitgeslaan het.”

Hoewel hierdie tonele vir die res van sy lewe bygebly het en hy ook vele ander oorloë en verskrikkings deurgemaak het, het hy nooit bang of moedeloos geraak nie.

Ek sou dus sê dat die eerste Kruger-beginsel sou wees: Hou altyd moed.

‘n Tweede aspek van Kruger se ingesteldheid was sy idealisme en vryheidsin. Hy het tydens die Groot Trek grootgeword en was altyd onder die indruk van al die opofferings wat daar gemaak is om uiteindelik vryheid in ‘n eie staat te verwerf. Daarom, toe Shepstone in 1877 die Transvaal geannekseer het, was hy een van die weiniges wat onmiddellik daarteen gekant was en uiteindelik daarin geslaag het om ‘n verwarde en verdeelde volk aan sy kant te kry. Selfs onder sy eie amptenare en in die leierskorps was daar diegene wat die anneksasie as ‘n fait accompli beskou het en bloot oor die voorwaardes van Britse regering wou onderhandel, maar hy het nooit opgehou glo dat die verlore vryheid weer herwin kon word nie.

‘n Ander aspek van Kruger se idealisme was die feit dat hy byna nooit aan homself gedink het nie en altyd bereid was om goed en bloed vir sy volk op te offer. Die feit dat Kruger so lank geleef het, was eintlik ‘n wonderwerk, want hy het keer op keer in ekspedisies teen swart stamme sy lewe gewaag.

‘n Ander aspek van sy idealistiese opofferings in diens van die Afrikaner, was die feit dat hy byna altyd finansiële probleme gehad het en op ‘n keer selfs geld by die staat moes leen om sy gesin te onderhou. Eers op ‘n betreklik laat tydstip in sy lewe het deur grondspekulasie ‘n ryk man geword en was dié tydvak van finansiële swaarkry verby.

‘n Derde Kruger-beginsel is sy nastreef van die eenheidsprinsiep. Een rede vir Kruger se sukses as politikus in sy tyd, benewens sy eerlikheid en opregtheid, was dat hy die Transvaal se leuse, “Eendragt maakt magt” tot op die letter uitgeleef het. Kruger was vroeg in sy loopbaan as kommandant-generaal getuie van die broedertwis en burgeroorlog-in-die-kleine in die vroeë 1860s wat tussen verskillende politieke en godsdienstige faksies in die Transvaal uitgebreek het en moes self op mede-Afrikaners skiet om dood te skiet. Waarskynlik het hierdie gebeure hom bygebly en het hy voortdurend probeer om mense eerder saam te bind as om hulle te verdeel.

Terloops, die spreuk “Eendragt maakt magt” was geensins oorspronklik nie, maar is na Romeinse tye terug te voer. Dit is ook in Nederland in die sewentiende eeu gehoor. Ná die Belgiese revolusie van 1830 het mense dit veral in Frans gebesig as “L’union fait la force”.

In die vierde plek sou mens seker Kruger se geloof kon noem. Kruger het feitlik net Die Bybel en koerante gelees. Op ‘n keer toe hy en die twee Nederlanders, Bok en Jorissen, op pad Londen toe was, het hy hulle op die dek van die skip oor die heelal hoor praat, die ontsaglike omvang daarvan, die afstande tussen die sterre, asook die geskatte ouderdom daarvan wat deel van die wetenskaplike debat in die negentiende eeu uitgemaak het. Kruger het hom terstond van die geselskap onttrek met die woorde: “As ek langer hierna moes luister, sou ek my Bybel in die see moes gooi.”

Hoewel Kruger in dié opsig amper ‘n mistikus was, het dit hom nie verhoed om praktiese politiek te bedryf nie. Omdat hy ook ‘n Dopper was en dikwels weens sy kerkverband onder skoot gekom het, het hy nooit gepoog om van godsdiens ‘n politieke kwessie te maak nie. Trouens, in ‘n hoë mate het daar destyds in die ZAR godsdiensvryheid bestaan en het Kruger nie geaarsel om grond vir ‘n Joodse sinagoge beskikbaar te stel en om goeie verhoudinge met alle godsdiensgroepe te handhaaf nie.

Sy geloof het hom egter ook in staat gestel om in moeilike tye op God te vertrou in die sekere wete dat daar iewers vorentoe uitkoms moes wees.

Die vyfde eienskap van Paul Kruger se staatsmanskap was sy kombinasie van oorlog en diplomasie. Dis amper asof Kruger die beroemde slagspreuk van Von Clausewitz, “Oorlog is die voortsetting van politiek met ander middele”, uitgeleef het. Kruger, die dapper kommandant-generaal en held van vele veldslae, het altyd vrede nagestreef, maar het aanvaar dat sekere situasies net met geweld opgelos kon word. Hoewel hy vlot Tswana gepraat het en oor die algemeen goed met swartes klaargekom het, het hy telkens opgeruk om oorlogsugtige of misdadige swart stamme te gaan straf. Teenoor die Engelse het Kruger presies dieselfde benadering gehad. Eers wanneer alle pogings om deur onderhandeling vryheid te verkry misluk het, het hy en die res van sy burgers hulle tot wapengeweld gewend.

Indien die Afrikaner hom vandag in die wildernis bevind, is dit moontlik omdat hy in die onlangse verlede ‘n beleid van “vrede ten alle koste” nagestreef het, iets wat natuurlik op die lange duur tot ‘n besonder netelige onvrede kan lei, ‘n soort oorlog wat in die naam van vrede verder gevoer word. Aan die ander kant het ‘n figuur soos Hitler geweld as primêre politieke metode aangewend en daardeur ewe klaaglik misluk as wat die onlangse geslag pasifistiese Afrikanerleiers misluk het.

Kruger was ook ‘n visioenêre leier wat besef het dat enige volk oor ‘n droom moet beskik wat die moeite werd sou wees om na te jaag. Vir die grootste deel van sy lewe was hy gelukkig genoeg om in ‘n vrye, onafhanklike en soewereine volkstaat te woon. Nietemin het hy ‘n grootse visie aan sy volk voorgehou wat op die vooraand van die Eerste Vryheidsoorlog só verwoord is:

“Met vertroue lê ons ons saak oop vir die hele wêreld. Hetsy ons oorwin, hetsy ons sterf: die vryheid sal in Afrika rys soos die son uit die môrewolke, soos die vryheid verrys het in die Verenigde State van Noord-Amerika. Dan sal dit wees van Zambezi tot aan Simonsbaai: Afrika vir die Afrikaner.”

Hierdie visie vir die toekoms sou moontlik die sesde Kruger-beginsel genoem kon word. Weereens, as ons dink aan die mislukkings van Afrikanerpolitiek in die onlangse verlede, dan kan ons sien dat daar ná die dood van dr. Verwoerd geen werklike toekomsideaal nagestreef is nie. Daar is bloot op ‘n ad hoc-wyse voortgeploeter totdat ons ideologies in ‘n hoek vasgekeer en tot oorgawe gedwing is.

Vir Kruger was vryheid en soewereiniteit ononderhandelbaar. Nie net was hy bereid om sy boerdery te laat vaar en daarvoor keer op keer geld te bedel, op ‘n skip te klim en in Londen met die Britse regering te probeer onderhandel nie, maar in laaste instansie was hy ook bereid om sy eie lewe vir volksvryheid op die spel te plaas.

Kruger toring vandag nog soos ‘n kolos bo ander, mindere figure in die Afrikanergeskiedenis uit, vanweë die ses beginsels wat ons reeds genoem het en wat ek nou kortliks herhaal:

1. Hou altyd moed.

2. Idealisme en vryheidsin.

3. Streef te alle tye eenheid na, oftewel “eendragt maakt magt”.

4. Behou die geloof, of in D.F. Malan se beroemde woorde: “Glo in jou God, glo in jou volk, glo in jouself.”

5. Kombineer politieke middele soos militêre mag en diplomasie en moenie bloot op pasifisme en onderdanigheid steun nie.

6. Hou ‘n toekomsvisie aan die volk voor, al lyk dit soms onhaalbaar, selfs vergesog.

Die geskiedenis, soos die meeste dinge op aarde en in die heelal, is siklies van aard. Seisoene kom en gaan soos wat die aarde om die son wentel. Daar is geboorte, groei, wasdom en dood. Telkens in Kruger se tyd en daarna, het die Afrikaner soos ‘n feniks uit die as verrys.

Indien ons die ses Kruger-beginsels nakom, is vryheid en ‘n grootse toekoms weereens vir ons moontlik.

Onder selfs moeiliker omstandighede as vandag, toe ons volk uit ‘n paar duisend arm, landelike pioniers bestaan het, het ons dit reggekry om ons vryheid en onafhanklikheid teenoor die supermoondheid van daardie tyd, die Britse Ryk, te handhaaf. Hoeveel te meer is dit nie vandag moontlik vir ‘n paar miljoen Afrikaners met veel groter rykdom en middele as destyds nie?

Krugerdag – én Kruger – verdien om nog lank gevier te word!

 липецк ремкомплектылобановский александр фото

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Gas

    ‘n Tydige draai in ons geskiedenis.

  • Rooikop

    Dis is goed om weer herhinder te word aan die dade van hierdie man.

    “vryheid en soewereiniteit ononderhandelbaar” – dit is waarnaa ons streef.

  • Karel Combrinck

    Enkele opmerkings in alle beskeidenheid, want uiteraard deel ek ten volle die sentimente wat bo uitgespreek word. Vir my wil dit voorkom asof daar ‘n belangrike verskil is tussen die lewe en stryd van Pres. Kruger, en ons situasie vandag. Hy was, soos die artikel beklemtoon, deurgaans aan die kant van Afrikanervryheid en het tot sy dood die moed gehad om daarvoor te veg. Selfs ten spyte van sy militêre nederlaag teen die Britte se imperiale hordes het hy as mens en as leier nie geknak nie en was hy moreelgesproke nog steeds ‘n oorwinnaar. Wat is die posisie egter vandag? Behalwe vir enkelinge soos ons hier op Praag het die Afrikanervolk volslae gekapituleer. Die groot verskil met Pres. Kruger is dat hulle hierdie keer sonder stamp of stoot, eerloos en skandelik oorgegee het. Hoe laat ‘n mens ‘n volk herleef wat homsef verag omdat hy veragtelik was? Die vraag is nou net of die oorgawe onherroeplik en onomkeerbaar is. As ons na die implikasies en gevolge van die oorgawe kyk, dan lyk dit amper so.

    Dankie vir die mooi artikel ter herinnering aan Paul Kruger se geboortedag op 10 Oktober. Dankie ook dat u positief bly en moed hou.

    • In 1877 het die hele volk ook gekapituleer en Shepstone se anneksasie aanvaar. Veral die winkeliers op die dorpe het gedink dat hulle nou baie meer klandisie gaan kry en het dit verwelkom. Net Paul Kruger het dit nie aanvaar nie en het man-alleen daarteen begin agiteer, ook twee keer Engeland toe gegaan om daarteen beswaar te maak.

      Dit het die hele geskiedenis verander en op die eerste vryheidsoorlog uitgeloop.

  • RSA PATRIOT

    Gelukkige Krugerdag liewe vriende! Een van my groot helde! Mag ons Oom Paul se naam vir altyd onthou!

  • Andy

    Dankie Karin,
    hierdie was nou n baie nodige stuk inligting wat ek glo op die regte tyd deurgegee is om van kennis te neem.
    Ek vermoed dat die emosionele toestand (kurwe) van die afrikaner begin geweldig te daal en bevind hom op n baie gevaarlike laagtepunt.
    Ek mag moontlik heeltemal verkeerd wees en die pot totaal missit, maar dit is die indruk wat ek kry wanneer ek deur n koerant /tydskrif blaai en briewe en kommentare lees.
    Kan jy dalk vir ons lesers sê wie hierdie toespraak gelewer het? Ek sal dit baie waardeer.
    Weereens baie dankie, en weet dit, dit was geen toeval dat jy juis nou (hierdie jaar) hierdie toespraak deurgee aan ons lesers nie.
    Dit is n bestiering van Bo.

  • Susan

    Dit is die tragedie van ons jeug dat hulle nie meer blootgestel word aan die geskiedenis van die Afrikanervolk wat hierdie land ontwikkel en gebou het nie.

    Ons kinders leer van gefabriseerde geskiedenis van die swartes wat nie een aks van hierdie land gebou het nie asof dit die waarheid,is. Hierdie kranksinnige toedrag van sake moet reg gestel word. Die leuen dat ons die swartes sleg behandel het moet reg gestel word. Die waarheid is dat elke swart stam van die Afrikaner regering miljoene hektaar gekry het on daar hulle self uit te leef, hulle kon ook hulle grond ontwikkel het soos die blankes, maar hulle het nie. Dit is nie die Afrikaner se skuld nie dat hulle niks gedoen het op hulle eie grondgebied nie. Hierdie waarheid moet aan wit en
    swart vertel word.

    Wat hierdie wit en swart kinders en jongmense ook moet leer is waarom daar apartheid ontstaan

    het en dat die swartes en hulle gedrag self die rede daarvoor was. Die swartes was nooit slawe nie hulle het hulle arbeid aangebied teen vergoeding en hulle is betaal vir die werk wat hulle vir ons Afrikaners gedoen het. Die Afrikaner het vir hulle goeie huise gebou en vir hulle gratis eerste wereld mediese dienste gegee.

    Laat ons die waarheid vir n slag propageer. Ons het vir die swartes beter gesorg as hulle eie ANC regering, wat nie vir hulle eie mense omgee nie en nog vandag steeds verwag dat die blankes, van wie alles afgeneem is, vir hulle moet sorg.