Niël Barnard se outobiografie ontbloot NP-rugstekery

Die spioenbaas, Niël Barnard, se outobiografie Geheime Rewolusie – memoires van ‘n spioenbaas, wat pas by Tafelberg verskyn het, is ‘n teleurstellende boek en sal slegs aanklank vind by diegene wat nie toegang tot die internet of ander eietydse nuusbronne het nie. Dit is veral gerig op ‘n bejaarde gehoor wat slegs Naspersnuus moet verteer.

Lees verder: Niël Barnard se outobiografie ontbloot NP-rugstekery

Britse politikus wat Afrikaners steun uit party geskors

‘n Britse politikus en kandidaat vir UKIP in die huidige parlementêre verkiesing in dié land, is uit sy party geskors, onder andere omdat hy simpatie vir Afrikaners en blanke Suid-Afrikaners uitgespreek het. In ‘n aanlynonderhoud het mnr. Jack Sen, die kandidaat vir Wes-Lancashire, gesê dat “Westerse regerings die etniese suiwering van mense van Europese afkoms

Lees verder: Britse politikus wat Afrikaners steun uit party geskors

Van foefies en fopspene

Onder die foefiebelonings waarmee die linkses mekaar probeer gelukkig hou, is die ere-doktorsgraad seker die gunsteling. Dis eintlik vreemd dat De Klerk, nuttige idioot by uitstek, nog nie so’n foefietoekenning ontvang het nie. Of het hy dalk waarvan ek nie weet nie? Beslis het hy ‘n fopspeentoekenning in die vorm van ‘n halwe Nobelprys gekry

Lees verder: Van foefies en fopspene

ISIS gaan van krag tot krag

Die Islamitiese Staat (ISIS) is die mees suksesvolle radikale Islamitiese groep wat groot dele van die grondgebied in die ooste van Sirië en oral in die noorde en weste van Irak ingeneem het. ‘n Verslag wat aan die VN se Veiligheidsraad in Julie verlede jaar voorgelê is deur ‘n VN-waarnemersmissie (UNDOF), toon dat dat Israel

Lees verder: ISIS gaan van krag tot krag

MRK afgeraai om Zoeloekoning te ondersoek

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie, Mathole Motshkega het probeer om die voorsitter van die Menseregtekommissie, Lawrence Mushwana af te raai om voort te gaan met die ondersoek na uitsprake van koning Goodwill Zwelithini. Die ondersoek word gedoen ná bewerings dat uitsprake van die koning bygedra het tot xenofobiese geweld, het RSG berig.

Lees verder: MRK afgeraai om Zoeloekoning te ondersoek

Polisie in Thabazimbi ontplooi na xenofobiese geweld

Die polisie op Thabazimbi in Limpopo is op hoë gereedheid nadat winkels van buitelanders die afgelope twee dae aangeval, geplunder en aan die brand gesteek is. Polisiewoordvoerder Ronel Otto sê elf mense is gearresteer en sal aangekla word van openbare geweld, huisbraak en die besit van gesteelde goedere. Xenofobiese aanvalle het versprei na Limpopo waar

Lees verder: Polisie in Thabazimbi ontplooi na xenofobiese geweld

Staatsaanklaer in hof oor bedrog

‘n Staatsaanklaer van die Galeshewe landdroshof in Kimberley verskyn weer op 22 Mei in die hof op ‘n aanklag van bedrog, nadat hy glo tussen R1500 en R2500 omkoopgeld gevra het om ‘n saak terug te trek. Dit spruit uit ‘n beweerde voorval op 3 April, terwyl Anele Kohlani betrokke was by ‘n aanrandingsaak. Noord-Kaapse

Lees verder: Staatsaanklaer in hof oor bedrog

Nigerië nader Internasionale Strafhof oor SA se xenofobie

‘n Nigeriese menseregte-organisasie het die Internasionale Strafhof (ICC) in Den Haag genader om ‘n klag van haatspraak teen die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini te ondersoek. Dié hof ontvang maandeliks duisende sulke klagtes wat tans op niks uitloop nie. Na vele klagtes teen slegs Afrika-staatshoofde ontvang is, is die instelling gekritiseer as ‘n politieke instrument sonder regskrag,

Lees verder: Nigerië nader Internasionale Strafhof oor SA se xenofobie

Wits tree op teen Hitler-liefhebber

Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van die Witwatersrand, Professor Adam Habib, het gevra dat daar ondersoek ingestel word na die voorsitter van Wits se Studenteraad, Mcebo Dlamini. Dlamini het die naweek in ‘n Facebook-inskrywing gesê hy is ‘n groot bewonderaar van Adolf Hitler en dat alle wit mense ‘n element van Hitler in

Lees verder: Wits tree op teen Hitler-liefhebber

Mosie slaag om provinsie Kotane te noem

Die ANC in die provinsiale wetgewer in Noordwes het sy meerderheid gebruik om ‘n mosie goed te keur om die naam van die provinsie na Moses Kotane te verander. Kotane, ‘n veteraan van die ANC, se oorskot is verlede maand in Moskou opgegrawe en in sy tuisdorp Phela herbegrawe. Die Speaker van die provinsiale wetgewer,

Lees verder: Mosie slaag om provinsie Kotane te noem