Pagad, People Against Gangsterism and Drugs, sal aanstons ‘n mediakonferensie in Kaapstad hou oor bewerings dat hy bande met Iran het. Sekere intelligensie-agentskappe het dié organisasie sowel as skynbaar ander onverwante Suid-Afrikaanse organisasies genoem as fasiliteerders vir Iranse intelligensie-aktiwiteite. Pagad en die Ahl ul-Bait Foundation, ‘n Sjia-instituut, het die bewerings ten sterkste ontken. Al Jazeera
Australië verskerp anti-immigrasiebeleid
Australië gaan sy immigrasiewette verskerp en toeslaan op groepe wat haat aanhits ingevolge ’n rits teen-terrorisme maatreëls wat gister ingestel is om die bedreiging van plaaslike terrorisme die hoof te bied. Eerste minister Tony Abbott het die maatreëls in die nadraai van Desember se dodelike aanslag op ’n kafee in Sydney se besige Martin Place
Grondgryp teen wittes tref Zim opnuut
‘n Nuwe vlaag van grondgryp teen wittes in Zimbabwe dreig. Daar is hernieude druk om wit Zimbabwiërs gewelddadig van hul grond te vervreem, het Sapa berig. Ten minste 20 wit grondeienaars is die afgelope weke aangesê om hul plase te verlaat, het die Zimbabwiese Commercial Farmers’ Union (CFU) aan Sapa gesê. Boere word ‘n maand
Spioenasie-herrie oor SA se verhouding met Israel, Iran
‘n Spioenasieherrie het losgebars nadat Al Jazeera inligting uitgelek het oor Suid-Afrika se verhouding met Israel en Iran. In ‘n intelligensieverslag van 128 bladsye, getiteld “Operasionele Doelanalise,” wat deur Suid-Afrikaanse spioene opgestel is, is die profiele van beweerde Iranse netwerke gelys, sowel as die van tuiniers en huiswerkers by die Iranse ambassade. Dié onthullings kom
Lees verder: Spioenasie-herrie oor SA se verhouding met Israel, Iran
Minister ontken dat hy Shaik-paroolaansoek ontvang het
Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, sê hy het nie persoonlik ‘n aansoek ontvang van die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik om sy mediese parool te verander na gewone parool nie. Die Ministerie het egter bevestig dat die aansoek is deur die mediese parool adviesraad aan die departement gestuur is. Shaik is in Maart 2009
Lees verder: Minister ontken dat hy Shaik-paroolaansoek ontvang het
Namibiese NG sinode sê nee vir Belhar
Die sinode van die NG Kerk in Namibië het Saterdag ’n buitengewone vergadering gereël om die wysiging van artikel 1 van die Kerkorde te bespreek én om daaroor te stem. Dié wysiging is egter nie deur die sinode aanvaar nie, het die Republikein berig. Die voorgestelde wysiging van artikel 1 is daarop gemik om die
Poetin vra dat internasionale gemeenskap Krim erken
Die leiers van Frankryk en Duitsland is werklik op soek na ‘n skikking wat sal help om ‘n einde aan die konflik in die ooste van die Oekraïne te bring, het die Russiese president Wladimir Poetin gesê in sy jongste onderhoud. Tydens ‘n onderhoud met Rossiya 1 TV-kanaal oor die deurbraak van die Minsk-ooreenkoms waarvan
Lees verder: Poetin vra dat internasionale gemeenskap Krim erken
TUT gee R60 miljoen aan oproerige studente
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het 60 miljoen rand bewillig vir studentehulp om sodoende om ‘n einde te bring aan betogings by al sy kampusse, het RSG berig. Studente het verlede maand met gewelddadige betogings begin toe daar aangekondig is dat staatsubsidies uitgeput is. Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema het vanjaar 463-miljoen rand aan die
Balju lê beslag op 30 munisipale voertuie
Daar is op 30 munisipale voertuie van die Ngaka Modiri Molema distriksmunisipaliteit in Mafikeng beslag gelê deur die balju van die Noordwes hooggeregshof. Die munisipaliteit skuld diensverskaffers miljoene rand. Die beslaglegging volg nadat twee kontrakteurs regstappe gedoen het teen die munisipaliteit weens sy versuim om te betaal vir dienste wat gelewer is. Die munisipaliteit is
Motors: klasbestes 2015 (deel 3): viertrekdubbelkajuitbakkies
Vandag is die dubbelkajuitbakkie amper meer van ‘n status simbool as ‘n Mercedes-Benz. Ons het na al die handrat- viertrekdubbelkajuitbakkies in die plaaslike mark gaan kyk. Van die vervaardigers se produkte is nou al lank in die tand terwyl ander baie onlangs plaaslik bekend gestel is. Daar is 11 verskillende bakkies om van te kies
Lees verder: Motors: klasbestes 2015 (deel 3): viertrekdubbelkajuitbakkies
