Blade wil korrupsie in NFSAS pak

Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding gaan met ‘n forensiese ondersoek begin na die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema om korrupsie uit te roei, het RSG berig.

Die Minister, Blade Nzimande, het die inligting op ‘n nuuskonferensie voor sy Begrotingspos in die Parlement bekendgemaak.

Nzimande sê hy is van mening dat daar korrupsie in die verspreiding van die finansiële hulpskema vir behoeftige studente by tersiëre instellings is.

Hy sê ‘n voorlopige verslag sal na verwagting teen die einde van Oktober gereed wees.

TUT gee R60 miljoen aan oproerige studente

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het 60 miljoen rand bewillig vir studentehulp om sodoende om ‘n einde te bring aan betogings by al sy kampusse, het RSG berig.

Studente het verlede maand met gewelddadige betogings begin toe daar aangekondig is dat staatsubsidies uitgeput is.

Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema het vanjaar 463-miljoen rand aan die TUT toegeken, teenoor die 633-miljoen rand verlede jaar.

Die Universiteit het van sy eie geld beskikbaar gemaak aan meer as vyf duisend studente wat nou met hulle studies kan voortgaan.

Die vise-kanselier, professor Lourens van Staden sê die Universiteit het meer as 74.000 studente en dié geld is slegs vir behoeftige, maar verdienstelike studente.

Oproer by TUT brei uit

Oproer oor studentelenings by die TUT, die Tshwane Universiteit van Tegnologie, het na Ga-Rankuwa, Emalahleni en die Pretoria-kampusse uitgebrei.

Werksaamhede by die TUT se Soshanguve Noord- en Suid-kampusse is reeds weens die voortslepende studente-onrus opgeskort.

Die universiteitsbestuur het Woensdag met studenteleiers vergader oor hulle griewe, maar studenteleiers het die universiteit se voorstelle verwerp

Swart studente kla dat hulle nie beurse ontvang nie.

Die Studente-organisasie Cosas het verlede week die universiteit se bestuur daarvan beskuldig dat hulle nie genoeg doen om behoeftige studente te help nie.

Die universiteit moes in September verlede jaar van sy kampusse sluit na geweldpleging. Swart studente hulself tot vandalisme en brandstigting gewend oor studente-befondsing en klasse ontwrig.

Agttien voertuie is aan die brand gesteek tydens die oproer wat byna drie weke geduur het.

Swart studente in Oos-Kaap ontwrig klasse oor NSFAS-beurse

midlandsKlasse by al drie kampusse van die Midlands Kollege in die Oos-Kaap is ontwrig nadat meer as 1.300 studente Maandagaand uit die koshuise gesit is.

Die studente is uitgejaag weens onvoldoende befondsing deur die nasionale studentehulpskema, die NSFAS.

Studente van die Grahamstad-kampus is blykbaar omstreeks middernag aangesê om hulle koshuise te ontruim.

Die kampusbestuur het gesê het die skema sal nie hulle verblyf en reiskoste betaal nie.

Die kampusse by Uitenhage en Graaff-Reinet word ook daardeur geraak.