praag.co.za

Motors: klasbestes 2015 (deel 3): viertrekdubbelkajuitbakkies

Vandag is die dubbelkajuitbakkie amper meer van ‘n status simbool as ‘n Mercedes-Benz. Ons het na al die handrat- viertrekdubbelkajuitbakkies in die plaaslike mark gaan kyk. Van die vervaardigers se produkte is nou al lank in die tand terwyl ander baie onlangs plaaslik bekend gestel is. Daar is 11 verskillende bakkies om van te kies en almal – van die Duitsers tot die Indiërs – het produkte in hierdie segment.

Die keuse is tussen die Isuzu KB, Ford Ranger, Toyota Hilux, VW Amarok, Nissan Navara, Foton Tunland, GWM Steed 5, Mazda BT50, Mahindra Scorpio,Tata Xenon en Mitsubishi Triton.

Hier is ons bevinding van watter een van die klompie die beste kopie in Suid Afrika is. Hierdie is nie ‘n vergelyking om die beste verkoper of selfs die beste 4×4 aan te wys nie. Die doel van hierdie vergelyking is om vir u die lesers te wys dat as u met u eie geld so ‘n voertuig sou wou aanskaf, wat die beste waarde vir u geld sou wees. Ons gebruik vervaardigersyfers en vergelyk alles van grootte tot waarborg en werkverrigting. Daar is 15 verskillende vervaardigersyfers wat in ag geneem is. Hier is ons bevinding.

1

Mazda BT 50 3.2 DK 4x4 SLE (147KW)  R453 900
Mazda BT 50 3.2 DK 4×4 SLE (147KW)
R453 900

2

Isuzu KB300 D-Teq DK 4x4 LX (130KW)  R498 100
Isuzu KB300 D-Teq DK 4×4 LX (130KW)
R498 100

3

Ford Ranger 3.2 DK 4x4 XLT (147 KW)  R504 900
Ford Ranger 3.2 DK 4×4 XLT (147 KW)
R504 900

4

Nissan Navara 2.5 dCi DK 4x4 LE (140 KW)  R495 500
Nissan Navara 2.5 dCi DK 4×4 LE (140 KW)
R495 500

5

VW Amarok 2.0 BiTDi DK Hiline 4Motion (132 KW)  R501 200
VW Amarok 2.0 BiTDi DK Hiline 4Motion (132 KW)
R501 200

6

Foton Tunland 2.8 DK 4x4 Lux (120 KW)  R389 950
Foton Tunland 2.8 DK 4×4 Lux (120 KW)
R389 950

7

Toyota Hilux 3.0D-4D DK 4x4 Raider Legend 45 (120 KW)  R505 400
Toyota Hilux 3.0D-4D DK 4×4 Raider Legend 45 (120 KW)
R505 400

8

Mitsubishi Triton 2.5 DI-D 4x4 DK (131 KW)  R429 900
Mitsubishi Triton 2.5 DI-D 4×4 DK (131 KW)
R429 900

9

Tata Xenon XT 2.2 4x4 (110 KW)  R279 495
Tata Xenon XT 2.2 4×4 (110 KW)
R279 495

10

GWM Steed 5 2.0VGT DK 4x4 Lux (110 KW)  R289 900
GWM Steed 5 2.0VGT DK 4×4 Lux (110 KW)
R289 900

11

Mahindra Scorpio Pick-up 2.2CRDe DK 4x4 Adventure (89KW)  R304 995
Mahindra Scorpio Pick-up 2.2CRDe DK 4×4 Adventure (89KW)
R304 995

Hier was ook ‘n hele paar verrassings. Die topverkoper-Ford Ranger in hierdie segment kon slegs die derde plek op die ranglys behaal terwyl die baie gewilde Toyota Hilux, wat alom as die markleier beskou word, slegs die sewende plek kon behaal. Ons vermoed die lojaliteit wat kopers teenoor Toyota koester, speel ‘n baie groot rol in die verkope van die Hilux. Die Foton Tunland met sy 2.8 Cummings-enjin lê sesde en ander bekende vervaardigers soos die Mitsubishi Triton kon slegs die agtste plek haal. Die gevorderdste voertuig hier, die VW Amarok, moes ook met die vyfde plek tevrede wees ná die Nissan Navara wat eersdaags deur die splinternuwe Navara vervang gaan word.

Die feit dat die Mazda BT50 die wenner is spreek ook daarvan dat dit net soos die Ford ‘n uitsteklende voertuig is; maar anders as die Ford, verkoop die Mazda nie baie goed nie. Ons vermoed dit het baie met bemarking te doen. Wat die Isuzu KB aanbetref, is die bakkie net so onder die radar, maar stof hy die Ranger uit om tweede plek in te neem. Die baie goeie waarborgtyd tesame met die kraglewering en grootte van die bakkie het die deurslag gegee. Wat Tata, GWM en Mahindra aanbetref, dink ons hulle het baie goed gevaar en is beslis ‘n kykie werd wanneer in hierdie segment  vir ‘n voertuig gesoek word. Die taai Mahindra kom baie oudmodies voor, maar wat ruimte en rygerief aanbetref, troef die Indiër selfs die Japannese!

Comments

6 responses to “Motors: klasbestes 2015 (deel 3): viertrekdubbelkajuitbakkies”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Ek het so twee jaar gelede ‘n Amatrok (die 2 deur) aangeskaf op ‘n spesiale aanbieding (dit was so dig by R70k af op ‘n nuwe een se prys – so wie kla?)
    Ja al die goetertjies wat kan breek en stories wat mens hoor maak jou partykeer maar skrikkerig maar ek kan getuig dat dit ‘n lekker ryding is. Baie spasie, goed gebalanseerd en dit het amper genoeg krag (vir loodvoet kan jy nooit genoeg gee nie – veral nie as jy van ‘n warm golf af opgradeer nie). Die uitmuntendste van die voertuig is die brandstofverbruik. met loodvoet en al. In die stad as ek mooi ry kry ek die dieselverbruik af na onder 7.5l/100km en op die ooppad teen minder as 120km/h is dit dieselfde. Natuurlik oor dit dan raak die lorrie dors. Met ‘n enorme laairuim, 1.5ton draevermoë en gemaklike rit sit ek elke dag met ‘n glimlag oor my lorrie.

  2. Bokkeman Avatar
    Bokkeman

    Ek sou baie graag ‘n tabel wou sien met al die feite oor elke voertuig, en die forumule gebruik om elkeen se rangsyfer uit te werk, en sodat ek ook my eie vergelykings kan tref. Byvoorbeeld: krag in kW is slegs een aspek van verrigting – die gewig van die voertuig is natuurlik die ander belangrike aspek in die berekening van die deurslaggewende “power to weight ratio”

    1. Andre Avatar
      Andre

      Die syfers wat gebruik word is alles die vervaardigers se eie syfers.
      1. Prys (R)
      2. Kraglewering (KW)
      3. Wringkrag (NM)
      4. Brandstofverbruik ( l/100km)
      5. CO2 uitlaatgas vlakke (g/km)
      6. Versnelling (0-100km/u)
      7. Verrigting (km/u)
      8. Aktiewe Veiligheid ( A-ABS, B-EBD, C-Stab, D-Glybeheer)
      9. Pasiewe Veiligheid (Hoeveelheid lugsakke)
      10. Groote (A-Lengte, B-Hoogte, C-Breedte)
      11. Vervaardiger waarborg (A-Tyd en B-km afstand)
      12. Diensplan (A-Tyd en B-km afstand)
      13. Onderhoudsplan (A-Tyd en B-km afstand)
      Elke voertuig kry punte in elke kategorie. Dus as daar 3 voertuie is en voertuig A se prys is R200 000, B R205 000 en C R198 000 dan sal voertuig C 1 punt verdien, voertuig A 2 en voertuig B 3. Vir CO2 vlakke en l/km is laer altyd beter. Aan die einde word al die punte bymekaar getel en die voertuig met die munste punte is die wenner in die kategorie.
      Hierdie is slegs ‘n aanduiding uit vervaardiger syfers van watter voertuig bied die meeste vir die verbruiker. As motorjoernalis voeg ek dan ‘n algehele punt by uit my spesifieke ervaring van elke voertuig wat ook bydra tot die totale punte stand van die voertuig.

      1. Bokkeman Avatar
        Bokkeman

        Dankie, Andre! Sinvol.
        Die Mazda se goeie plasing is ‘n aangename verrassing. Ek was nog nooit juis ‘n aanhanger van die Ford/Mazda stal nie totdat ek so twee jaar ‘n winskopie van ‘n 2006 BT-50 gekoop het, en ek is uiters beindruk met die voertuig. Selfs die ouer 2.5 diesel trek soos ‘n stoomtrein (perdewaens met twee perde in – geen probleem!). Ons was onlangs met vakansie saam met vriende die Gamkaberg hier by Calitzdorp uit. Volgens SANPARKS is die roete “streng 4×4”, maar gelukkig gaan hierdie 4×2 met sy hoë suspensie op ‘n afstand deur as 4×4 en het die Mazda ‘n kans gekry om homself goed te bewys teen die gruis-bestrooide steiltes uit.
        As dit tyd word vir opgradeer sal die Mazda bo-aan die kortlys begin…

        1. Andre Avatar
          Andre

          Bokkeman, daar is soveel goeie voertuie beskikbaar in die plaaslike mark. As almal net ‘n berekende sinvolle besluit wil maak oor wat om te koop en ophou om teen “groot” name vas te staar sal vervaardigers soos Mazda ook meer voertuie van die hand sit. Verkoopsyfers in Suid Afrika is geensins ‘n ware weerspieëling van hoe goed of hoe swak ‘n spesifieke voertuig is nie. Maar ons mense hier aan die suid punt van Afrika is so gestel op status, veral as dit by motors kom dat ons baie keer vasstaar teen of die Duitse drie of die Japanese Rolls Royce!

  3. african4 Avatar
    african4

    Ek het n 2014 Isuzu dubbelkajuit 4×4.

    Ek ry al vir lank bakkies en my enigste opmerking oor die Isuzu is.

    WOW!

Leave a Reply