praag.co.za

Plan om selfoonseine in tronke te versper

Written by

in

,

Planne deur die Departement van Justisie om selfoonversperrings in Suid-Afrikaanse tronke te installeer, is, na wat berig word, in ‘n gevorderde stadium.

Dit SABC berig dit sal gevangenes verhinder om selfone wat ingesmokkel word, in die gevangenis te gebruik.

Die Departement het die aankondiging gedoen tydens die besoek van die Minister van Justisie, Michael Masutha, aan die St Albansgevangenis in Port Elizabeth. Die besoek is deel van Masutha se besoek aan al die regsdienste.

‘n Woordvoerder van Korrektiewe Dienste, Zacharia Modise, sê hulle moet toestelle installeer om selfone op te spoor, maar ook om die selfoonsein in die gevangenisse te versper.

Modise sê hulle wag vir goedkeuring van die verspreidingsowerheid OKOSA, waarna hulle sal begin om die toestelle te installeer, veral in korrektiewe sentrums waar daar ernstige oortredings plaasvind soos ondermeer in St Albans, in Johannesburg en in Pollsmoor.

Comments

7 responses to “Plan om selfoonseine in tronke te versper”

  1. david ras Avatar
    david ras

    Eers die parlement, nou die gevangenisse ! Wat is volgende ? Logies gesproke– niemand sal ooit weet watse wandade en marteling daar op gevangenes gepleeg word nie. Dan praat mens nie eens oor die beheer oor die burgery se kommunikasie middele nie . Hoelank nog voordat ‘n individu se selfoon geblokkeer kan word deur die ANC se Gestapo ?
    Vryheid van spraak is onlosmaaklik deel van onbelemmerde kommunikasie. Anders lieg hierdie veelgeroemde Grondwet.

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      “Eers die parlement, nou die gevangenisse !”

      hmm, beide, m.u.v. de anc sakp politieke gevangenen in deze ‘vrije democratische rechtstaat’ , criminelen die in het geding zijn, David.
      Aftappen deed dit schrikbewind in de gefaalde staat zoals bekend overigens ook al in de Boeremag zaak alsof dat geen mensenrechten en een geloofwaardig juridisch proces in de weg staat…..

      1. david ras Avatar
        david ras

        Ja jy is reg Hans. Die Boeremag se klagtes oor afluistering is ewe netjies deur die Agbare Regter verwerp, sonder motivering as ek destyds reg verstaan het. Wat van die skending van die gevangenes se regte geword het, sou ek ook graag wou weet.
        Dit laat mens wonder oor die Mangaung saak , en wie weet waste gekonkel is daar oor Clive Derby Lewis ook ?

  2. Selbeer Avatar
    Selbeer

    n IT Maatskapy in Centurion al n gereime tyd besig met die toestelle, in opdrag van korrektiewe dienste, waarom nou eers die toestemming?
    Wonder wat Miles Budu hoervan gaan se, seker wer homself aan n staats instansie vas ketting.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Ek ken ook mense wat sulke stelsels wettiglik bou vir al wat ‘n regering in die wêreld is. Die gebruik van sulke toestelle bly ‘n probleem aangesien dit mense se veiligheid kan benadeel.

      Die ander kant is ook waar. Vir minder as ‘n honderd rand kan jy ‘n toestel aanmekaarslaan om al die selfoon en GPS seine te blok in ‘n 5km radius. Jy moet net sorg dat jy nie naby die ding is as hulle jou kom soek nie. Hierdie is die tipe goed wat kapers gebruik.

    2. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      haha, en u moet straks weer selfoonbereik ‘ontberen’

      1. Selbeer Avatar
        Selbeer

        he he ek sel, ek sel,..

Leave a Reply