‘n Nuwe vlaag van grondgryp teen wittes in Zimbabwe dreig. Daar is hernieude druk om wit Zimbabwiërs gewelddadig van hul grond te vervreem, het Sapa berig.
Ten minste 20 wit grondeienaars is die afgelope weke aangesê om hul plase te verlaat, het die Zimbabwiese Commercial Farmers’ Union (CFU) aan Sapa gesê.
Boere word ‘n maand gegun om hul grond te verlaat, en word ook sonder amptelike dokumente van die ministerie van grondsake gedreig.
Die afsettings is glo hoofsaaklik in Matebeleland-Suid.
Dit volg nadat die Zimbabwiese minister van grondsake, Douglas Mombeshora, aan Bloomberg gesê het dat wit boere op kleiner plase behoort te boer.
Pres. Jacob Zuma het soortgelyke waarskuwings in sy staatsrede aan wit boere gerig met konsepwetgewing wat plaaslike boere sal dwing om slegs 12 000 ha grond te besit. Dié lappies grond is nie kommersieel lewensvatbaar nie.
Plase moet glo “formeel geregistreer word om te voorkom dat hulle afgesit word”. Volgens die Wêreldbank se 2011-verslag, leef sowat 72% van Zimbabwiërs reeds onder die broodlyn.
Van die sowat 4 000 kommersiële boere wat in 2000 70% van Zimbabwe se kos geproduseer het, is daar nou slegs tussen 300 en 400 oor en die land ly honger. Zimbabwe is ‘n netto invoerder van kos.
Die Zimbabwiese koerant Newsday het verlede maand berig wit boere gaan slegs 90 dae kry om hul plase te ontruim en die hoeveelheid grond wat elke boer mag besit, gaan beperk word.
Hans van der Merwe, hoofbestuurder van Agri SA, beweer dat Suid-Afrika oor “wetgewing beskik wat keer dat grond net gevat word” en dat daar teen die EFF opgetree word as hulle dit oortree.

Zummie en Moegapie dink en doen eenders, voer Agenda21 se planne uit.
Een van die dae sal hulle n paar boere in Zim moet swart verf om nog “wittes” af te jaag, daar kan nie veel meer oor wees nie.
Dieselfde gaan hier gebeur. Elke keer word die wêreld weer gepaai net oom oor ‘n paar maande/jare weer met dieselfde getref the word. Die spul gaan nie stop voor delaaste witte uit Afrika is nie.
Die enigste troos wat ek het is dat hulle die Sjinese inlaat. Die Sjinese gaan nog die hele Afrika ontset van die inboorlinge – kolonialisasie op ‘n heel ander skaal.
“en dat daar die EFF opgetree word as hulle dit oortree”
Daar kort ‘n ‘teen’ in die sinsnede …
‘n Mens kan maar net wonder wat daai 20 wit grondeienaars gedoen het om so lank op hul plase te bly. Het seker allerhande dinge onder die tafel deur gedoen en die kat in die donker geknyp. Dit terwyl hulle ewe vroom aan almal vertel het hoe goed dit gaan in Zimbabwe en watter goeie plan Mugabe se grondhervorming nou eintlik is. Gelukkig het ons nie sulkes hier by ons nie. Of hoe?
Ja swaer, nee glad nie sulkes hier nie. Ook nie by Aapgri nie. Aapdriaan Baason laat my dink aan Peter Sellers wat Dr. Strangelove in die fliek gespeel het as hy sukkel om homself te keer om ‘n Nazi saluut aan sy gierige buitelandse base te gee elke keer as hy sien hoe kom grondgryp nader om die gehate Boere van hul plase af te jaag.
Sodra Europa se moeilikheid eskaleer, gaan hulle Mugarbage se bakhand ignoreer, dan gaan die plaas onteiening hulle lelik in hulle………daai plek…….byt