praag.co.za

Pagad ontken bande met Iran

Written by

in

,

Pagad, People Against Gangsterism and Drugs, sal aanstons ‘n mediakonferensie in Kaapstad hou oor bewerings dat hy bande met Iran het.

Sekere intelligensie-agentskappe het dié organisasie sowel as skynbaar ander onverwante Suid-Afrikaanse organisasies genoem as fasiliteerders vir Iranse intelligensie-aktiwiteite.

Pagad en die Ahl ul-Bait Foundation, ‘n Sjia-instituut, het die bewerings ten sterkste ontken.

Al Jazeera het intussen berig dat Pagad se nasionale koördineerder Abdus Salaam Ebrahim gesê het die groep het nog nooit enige ondersteuning ontvang nie. “Dit maak nie saak of dit Iran of Irak of Saoedi-Arabië is nie. Ons het nooit die ondersteuning van enige een ontvang nie,” het hy gesê.

Al Jazeera het ‘n dossier – Operasionele Doelanalise – gelek wat opgestel is deur Suid-Afrika se Nasionale Intelligensie-agentskap in Januarie 2010. Dit was gemik teen Iranse agente.

Volgens Al Jazeera, het die SA Staatsveiligheidsagentskap gesê Iranse spioene is individue wat “hoogs gemotiveerd is en moeilik om te werf”.

Hulle skyn “beleefd”, “verdraagsaam” en “oortuigend” te wees “maar pas voortdurend teenintelligensiemaatreëls toe”.

Die Guardian het gesê die dokumente wys dat Iran Suid-Afrika se leierskap genader het om internasionale sanksies deur Westerse lande te omseil.

Professor Mike Hough, afgetrede hoof van die Instituut vir Strategiese Studies aan die Universiteit van Pretoria, het gister gesê dat Suid-Afrika se bande met Iran nog nooit geheim was nie.

Ten opsigte van die spekulasie oor Iran se befondsing vir terreur organisasies, het Hough gesê ‘n direkte skakel tussen Iran en Pagad is nog nooit vasgestel nie.

Geen Pagad-lede is ooit aangekla vir die bom wat in Kaapstad in 1998 in die Planet Hollywood ontplof het nie.

Comments

5 responses to “Pagad ontken bande met Iran”

  1. Ratel Avatar
    Ratel

    Die kommentaar deur Al Jazeera op die verskillende gelekte dokumente is eintlik meer insiggewend as die informasie wat in die dokumente vervat is.
    As ‘n mens die AL Jazeera kommentaar ontleed is dit duidelik dat die Al Jazeera ondersoekeenheid nie juis vreeslik beindruk is met die intelligensie wat in die dokumente vervat is nie maar eerder meer geinteresseerd is oor die onderstrominge en woelinge en die afwesigheid van operasionele vernuf en kennis binne die bedryf van SASS en NIA. Hulle beskryf die dokumente as deurspek met spelfoute, feitefoute en taalfoute.
    Maar dit is te verwagte. Volgens ‘n kennis waarmee ek gesels het was NI (Nasionale Intelligensiediens, voordat dit die Nasionale Intelligensie Agentskap, NIA, geword het) eens ‘n gedugte Intelligensiediens, een van die beste in die wereld en wat met MOSSAD, BND, CIA en MI6 kon meeding. Toe vind die samesmelting tussen NI en Umkontho plaas. Ewe skielik moes in die topstrukture van NI plek gemaak word vir sogenaamde ANC operateurs wie se opleiding en vernuf nie getoets kon word nie omdat hulle “opleiding” in ander lande plaasgevind het, en hulle is op sterkte van wat oor hulle bekend was maar ook wat hulle oor hulleself beweer het, in poste aangestel. Baie daarvan was uitvoerende en bestuursposte.
    Soos met die weermag, die polisie, Eskom en elke liewe ander departement waar hulle aangestel is, het NI verval tot die sirkus van vandag, waar die bates van die Diens eerder as ‘n privaat agentskap van die trogvarke aangewend word. Die paar blankes wat in die Diens oor is is te min om die verotting te keer.
    ‘n Mens weet nie of jy moet lekkerkry en of jy moet huil nie.

      1. FR2P Avatar
        FR2P

        An obsession with personalities seems to be a built-in characteristic of American thinking for some reason and you see it in the political leadership, the media and intelligence all the time. Milosevic is the problem, Saddam Hussein is the problem, Ahmadinejad, Qaddafi, Assad, bin Laden, Putin, Zuma… If we can only get this guy out, all will be well and fine. Agang’s hyped leader was another case in point. But the Americans never learn, they force the Bad Guy out, they get total chaos and then they try to shift the blame. Wash, rinse, repeat. They’ve put their chips on black in SA. You never meet the same people twice in the American intel community. The CIA combines intelligence with operations. The British warned them against doing this because they start confirming what they want to believe. They also laugh at OSINT. With these handicaps, how is it possible not to fail?

    1. Guest Avatar
      Guest

      Compartmentalisation?

      Obsession with personalities?

      Over-impressed by collection techniques?

      Often re-written to conform to expectations?

  2. Ratel Avatar
    Ratel

    In elke land werk dit so dat daardie land se regering en verskeie staatsinstellings, plus nog ‘n hele rits semistaatsintellings en besighede, die kliente van daardie land se Intelligensiedienste is. Hulle is die instellings wat op die einde van die dag deur die Intelligensiedienste ondersteun word.
    Wanneer ‘n land R 30 miljoen (ek dink dit is die bedrag wat genoem is) betaal aan ongetoetste en ongekeurde “konsultante” wat vrye toegang tot die regering se binnekringe en dus ook die Intelligensiediens se verslae verkry, is dit nie ‘n groot wonder dat die land se geheime op die straathoeke rondle nie.
    Hoeveel van hierdie sogenaamde konsultante is nie vreemde dienste se agente nie?

Leave a Reply