Georganiseerde misdaadsindikate wat Durbanse hawens gebruik, gaan beteken dat die stad die middelpunt van dwelmhandel in Suider-Afrika word, het RSG berig.
Die direkteur van die Internasionale Narkotika Beheerraad, Lochan Naidoo, het die organisasie se jaarverslag in Durban bekendgemaak.
Dagga, heroïen, crack, tik en kokaïen is die dwelmmiddels wat die meeste in Suid-Afrika gebruik word.
Dit is die eerste keer dat Durban genoem word in die raad se ontleding oor dwelmhandel regoor die wêreld.
Naidoo sê hulle kry die afgelope tyd al hoe meer berigte van beslagleggings by die Koning Shaka-lughawe van kokaïene wat uit die Golf-state afkomstig is.
Hy sê bouwerk aan die Durbanse hawe en die onvermoë om te bepaal wanneer vermeende dwelmbesendings verwag word bemoeilik sake.
Volgens Naidoo word lande waar dwelmhandel plaasvind uiteindelik dwelmverbruikers.
In gesprek met het maandblad van het Vlaams Belang zegt Geert Wilders dat hij droomt van een Vlaams-Nederlandse unie, of in ieder geval ‘nauwe samenwerking’:
“We dromen allemaal wel eens van een Vlaams-Nederlandse unie of nauwe samenwerking. Maar de eerste stappen zullen door de Vlamingen zelf gezet moeten worden. Zij zullen er eerst voor moeten zorgen – áls ze dat willen en steeds meer Vlamingen willen dat ook blijkbaar – dat ze los komen van Wallonië. Het is aan de Vlamingen om hun zelfbeschikkingsrecht op te eisen. En daarna zien we wel.”
Vervolgens merkt het VB op dat Thierry Baudet voor een Vlaams-Nederlandse confederatie is met de florijn als munt. Ook daar voelt Wilders wel iets voor:
“Dat lijkt me een hartstikke mooi idee, maar ik denk dat het gevecht van morgen nog belangrijker is. We moeten samen knokken tegen ‘Brussel’, tegen de Europese Unie, zodat we niet verder opgeslokt worden. We moeten onze soevereiniteit bewaken of heroveren. En intussen kunnen de Vlaamse ‘patriotten’ ook proberen los te komen van België. Dat zijn de gevechten die we nú moeten voeren. Het gaat niet alleen om zelfbeschikking, maar ook om ons bestaansrecht!”
Als het aan de PVV-leider ligt vindt er de komende jaren dus een afsplitsing plaats van Brussel én een anschluss met Vlaanderen. Want natiestaat. Blijkbaar is groter dan wél beter.
Hoewel er meer Nederlandse en Vlaamse politici zijn die zich voor een dergelijke unie hebben uitgesproken is hier tot nu toe niets van gekomen. Op zich vreemd aangezien een meerderheid van het Nederlandse volk het ook wel ziet zitten:
Het ANP meldde op 21 augustus 2007 dat uit onderzoek van TNS NIPO [12] (in opdracht van RTL Nieuws) blijkt dat ruim 85 procent van de Nederlanders een intensievere samenwerking met Vlaanderen wel ziet zitten. Sterker nog, bijna twee op de drie Nederlanders zijn vóór een samenvoeging van de twee gebieden. Meer dan 60 procent van de Nederlanders denkt dat beide landen beter worden van een fusie.
Natuurlijk is dit in Nederland niet bepaald een groot issue. Veel mensen vinden dat Vlaanderen eigenlijk bij Nederland hoort, maar de gemiddelde Nederlander is nou niet meteen druk bezig om een unie op te zetten tussen die twee gebieden. Het zal daarom interessant zijn om te zien of Wilders dit idee de komende jaren desondanks op de nationale agenda probeert te zetten, of dat de PVV’er hier alleen maar zo positief over sprak omdat hij met het Vlaams Belang in gesprek was, voor wie dit een bijzonder belangrijk onderwerp is. Elke stem telt immers, ook in Europa.
Hoe dan ook, het moge duidelijk zijn: de PVV is anti-EU, maar pro-Vlaams-Nederlandse volksunie.
Die Withuis het ‘n amptelike foto vrygestel van Barack Obama waar hy telefonies met Wladimir Poetin gesels oor die krisis in die Oekraïne. Die gesprek het 90 minute geduur.
Die Amerikaanse president het verkies om met sy naweek-uitrusting van denim heel loslit te poseer.
Ontleders meen die foto van die ontspanne das- en paklose leier is gemik daarop om die wêreldkrisis te de-eskaleer, nadat China Rusland teen die VSA oor die kwessie ondersteun het.
Amerika se wêreldleierstatus berus daarop dat hulle lande isoleer. China en Rusland wat saamstaan is ‘n nagmerrie vir die VSA se buitelandse beleid van verdeel en heers.
Die Oekraïne, een van die voorste uitvoerders van koring en mielies op die planeet, staar ontwrigting in die gesig weens die ingryping van sekere Westerse lande met oliebelange wat tot ‘n staatsgreep in die land gelei het.
Dié ingryping kan die opkomende globale voedselkrisis verder vererger.
‘n Gaspyplynkaart illustreer grafies waarom Westerse oliebelange die Russiese energiereus Gazprom as ‘n werklike probleem beskou. ‘n Groot mededingende gasveld loop onder Sentraal-Europa se pyplynnetwerk en boorputte kan onmiddellik gasverkope aan Duitsland en aan ander bestaande Gazpromkliënte beteken. ‘n Prysoorlog sal Gazprom se beheer oor die Europese mark en daarmee Russiese invloed knou.
Die mate waartoe die VSA se multinasionale olie- en gasmaatskappye direk Russiese ondernemings in die verskaffing aan die EU teiken, is merkwaardig. Chevron, Exxon en ander is baie prominent in die opkomende buitelandse skaliespel.
Dat skalie-ontginning onnoembare skade aan waterarm, ongerepte plekke sal aanrig, beteken vir hierdie gulsige multinasionale maatskappye minder as niks.
Die mededinging wat die Oekraïne met skaliegasontwikkeling vir Rusland kan skep, is ‘n faktor wat Anglo-Amerikaanse belange dwing om Oos-Europa te destabiliseer.
Poetin se streeksambisies word gerugsteun deur ‘n sterk energiediplomasie. Sy binnelandse politieke posisie berus op stabiele pryse om die staat se begroting te finansier.
Daarbenewens beskik hy oor ‘n revolusionêre konserwatiewe ideologie met ‘n yslike internasionale aantrekkingskrag in verskeie godsdienstige, politieke en ekonomiese sfere. Barack Obama beskik tans oor sy slagoffervelkleur en sy ondersteuning vir gayregte.
Poetin het sy internasionale status verder verhoog deur sy onlangse diplomatieke oplossing vir Sirië. Russiese sagte mag berus ironies genoeg vandag op al die fondamente waarop goeie Westerse waardes geskoei is.
Rusland het nie troepe ingestuur in die Oekraïne nie. Poetin maak gebruik van kontraktniki (goedbetaalde professionele vrywilligers) om ‘n greep op die situasie te behou.
Dieselfde hoogsopgeleide kontraktniki is die mense wat die Moslemopstand in die Kaukasus met groot sukses onderdruk het.
Poetin sal nie sommer openlik ingryp in die Oekraïne nie, maar onder druk van die nasionalistiese Russe se eie interne politiek sal die Krim se mense ook nie aan hul eie lot oorgelaat word nie.
Suid-Afrika spog met 11 landstale wat blykbaar daagliks in geen hof tot hul reg kom nie en regspleging benadeel. Dié opspraakwekkende leemte in Maandag tydens die Oscar Pistorius-moordverhoor aan die wêreldmedia ontbloot.
Die gehalte van tolkwerk in howe is van kardinale belang, aangesien stemming en inhoud wat oorgedra word hoogsgespesialiseerde taalvaardige tolke vereis en hul rol om getuienis vas te lê mag selfs die verskil tussen lewenslange tronkstraf en kwytskelding beteken.
Die gehalte van die tolk op die eerste dag van die Oscar Pistorius-moordverhoor was “skandalig” het ‘n regsgeleerde aan Beeld gesê.
Die tolkwerk van Afrikaans na Engels in die hooggeregshof in Pretoria is as “pateties” beskryf.
Die getuienis van die staat se eerste getuie, Michelle Burger, ‘n buurvrou van die moordaangeklaagde paralimpiese atleet was in Afrikaans.
Volgens Jacques Steenkamp, ervare misdaadverslaggewer, het die eerste tolk nie kans gesien om voort te gaan met al die internasionale media-aandag wat op die verhoor gefokus is nie.
Die tolk wat Burger se getuienis van Afrikaans na Engels moes vertaal, het ‘n paar keer Burger se woorde verdraai, en veral ‘n beskrywing van die tye tussen die vier skote, verkeerd weergegee.
Dit het die getuie Burger, wat gelukkig Engels magtig is, ‘n paar keer genoop om self in Engels aan regter Thokozile Matilda Masipa te probeer verduidelik wat sy eintlik gesê het.
Dit is ook nie duidelik waarom ‘n regter gekies is wat nie Afrikaans verstaan nie, terwyl daar talle sulke regters is.
Die regsgeleerde het aan Beeld gesê die gehalte van tolke in diens van die departement van justisie wat van Afrikaans na Engels moet tolk is ‘n skande en regslui word daagliks in howe gekonfronteer met dié bedenklike kwaliteit van diens.
Met die oë van die wêreld op Suid-Afrika se regstelsel gerig, sou ‘n mens ten minste verwag dat die tolk gekwalifiseer is vir die belangrike taak om geregtigheid te laat geskied.
Veral ook in die lig van die vorige gebaretolkfiasko by Mandela se gedenkdiens, toe ‘n skisofreen allerlei bobbejaanstreke voor internasionale staatshoofde en media uitgehaal het, is die versuim onverstaanbaar.
Woorde wat verkeerd getolk word plaas onregverdige druk op die getuie, die regspan en die regter en kan ‘n regverdige verhoor kelder, het die regsgeleerde, ‘n strafregdeskundige, aan Beeld gesê.
“Wanneer jou woorde verkeerd in die hof getolk word, ontstaan daar onmiddellik ‘n onreëlmatigheid wat gronde gee vir ‘n hersieningsaansoek teen die billikheid van die verhoor. In wese veroorsaak dit dat die regter ‘n verkeerde afleiding maak van dit wat die getuie sê en dit kan tot ‘n verkeerde bevinding lui,” het hy verduidelik.
Nog ‘n regsgeleerde het aan Praag gesê die agteruitgang van die ander landstale duur al die afgelope twintig jaar deurdat openlike voorkeur aan Engels gegee word en Suid-Afrikaners wat nie Engels magtig is nie, word ontsettend daardeur benadeel.
Dit is uiters kommerwekkend dat dit daagliks in Suid-Afrikaanse howe afspeel sonder dat die kwessie hoegenaamd aandag geniet.
Tony Yengeni, oud-MK en lid van die ANC se uitvoerende komitee, sal Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof tereg te staan op ‘n aanklag van dronkbestuur.
Yengeni is op die oomblik uit op R500 borgtog.
Hy is in Augustus verlede jaar in Groenpunt in hegtenis geneem.
Yengeni is hoof van die ANC se politieke skool
Dit is die tweede klag van dronkbestuur teen hom. In November 2007 is hy in Goodwood, Kaapstad ook in hegtenis geneem vir dronkbestuur. Die saak is uitgegooi omdat daar met bloedmonsters gepeuter was.
Yengeni is voorheen skuldig bevind aan bedrog toe hy afslag op ‘n luukse motor tydens die tenderproses vir ‘n omstrede wapentransaksie bekom het.
Michael Woerfel van EADS was ook in die bedrogsaak betrek terwyl Yengeni lid van ‘n parlementêre komitee was.
Yengeni moes verslag oor transaksie doen. Die saak teen Woerfel is teruggetrek omdat Yengeni onskuldig bevind is op die aanklagte ivm Woerfel.
Yengeni is na die Pollsmoor-gevangenis naby Kaapstad gestuur in 2006, maar byna onmiddellik na die meer moderne Malmesbury-gevangenis oorgeplaas.
Hy is op parool vrygelaat op 15 Januarie 2007 ná die voltooiing van ‘n skamele vier maande van die vier-jaar vonnis.
Inwoners van Kanyamazane en Pienaar in Mpumalanga beweer dat die water vergiftig is, nadat hulle die naweek op ‘n plundertog teen buitelanders gegaan het.
Oproeriges het die hoofpad in die gebied met brandende bande en klippe versper in die voortslepende xenofobiese geweld.
Die oproer het begin toe ‘n Somaliër verlede week ‘n 20-jarige man doodgeskiet het.
Die oorledene is Sondag begrawe, Ná die begrafnis het inwoners die buitelanders se winkels ingevaar, gevandaliseer, besteel en aan die brand gesteek.
Hulle het vyf winkels wat aan buitelanders behoort geplunder en vier afgebrand. Nege mense is tot op hede in hegtenis geneem ivm openbare geweld.
Die Mbombela munisipaliteit sê hulle ondersoek die bewerings dat die water ook vergiftig is.
Buitelandse en plaaslike beleggers het die oorlaaide paaie van Alexandra in Johannesburg Maandag aangedurf om te verneem van die ekonomiese orde na die verkiesing.
Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters het beleggers uit Brittanje en Amerika ontmoet om die party se beleid ten opsigte van die nasionalisering van myne en banke en die herverdeling van grond uiteen te sit.
Julius Malema het uit die vergadering met beleggers gestap oortuig daarvan dat die EFF die mag sal oorneem van die regerende party.
“Hulle [ beleggers ] het besef dat die EFF ‘n lewensvatbare alternatief is, en ons het hulle saggemaak,” het hy gesê.
“Hulle kyk na of hulle miljarde aan risiko blootgestel sal wees, en ons het verduidelik dat ons nie hul maatskappye met geweld sal vat nie.”
Die beleggers wou egter nie na afloop van die vergadering met die media praat of hulself identifiseer nie.
“Dit is ‘n deurlopende betrokkenheid by politieke organisasies. Ons het met ander organisasies voorheen geskakel,” sê een van die beleggers.
Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder het die maatskappye geïdentifiseer as onder meer Investec, JP Morgan, Autonomy Capital, Coronation en Micro Synergy .
Malema het gesê die beleggers se grootste kommer is gesentreer rondom die manifes van die EFF.
“Ons het vir hulle gesê dat ons bereid is om te praat oor persentasies, maar ons sal nie ‘n kompromie oor die staat se beheer van minerale hulpbronne aanvaar nie.”
Malema het gesê hy is ongemaklik met die geloofwaardigheid van die Onafhanklike Verkiesingskommissie.
Hy het aangehaal oor bewerings wat gemaak is van kieserbedrog tydens die onlangse tussenverkiesings in Tlokwe in Noordwes.
“Ons wil ‘n skoon OVK hê wat nie bevooroordeeld is nie. Verkiesings het die potensiaal om ‘n burgeroorlog te veroorsaak.”
Die Zimbabwiese president Robert Mugabe het sy stem gevoeg by die lande wat Oeganda se drakoniese anti-gay wette steun, het die staatsmedia Maandag berig.
Hy het ook gesuggereer dat homoseksuele in sy eie land ook uitgesonder sal word.
Hy het die Weste gekritiseer dat hulle hulp aan Kampala wil weerhou nadat president Yoweri Museveni ‘n wetsontwerp wat homoseksualiteit verbied in die Oos-Afrikaland onderteken het.
“Hulle [die Weste] wil ons vertel … dit is ‘n skending van menseregte. Dit is wat hulle reg nou doen aan Museveni,” het Mugabe gesê.
“Die menslike reg wat jy het as ‘n man is om met ‘n ander vrou te trou, nie om met ‘n ander man te trou nie. Ons weier,” het Mugabe die naweek by die troue van sy enigste dogter, Bona gesê.
Mugabe het vroeër gesê dat homoseksualiteit nie van Afrika is nie en het gays en lesbiërs beskryf as erger as varke en honde.
“Dit is ‘n verskriklike wêreld waarin ons is, ‘n verskriklike wêreld waar mense dinge wil doen wat hulle voel hul eie belange sal verbeter as hulle dit doen.”
Mugabe het gesê tot onlangs was hy nie bewus van die bestaan van ‘n vereniging van homoseksuele in Zimbabwe nie en het gewaarsku dat hy wil weet wie behoort tot die groep .
Gays en lesbiërs van Zimbabwe ( Galz ) is al lank in die land bedrywig ten spyte van Mugabe se uitbarstings teen homoseksualiteit.
Die polisie het die Galz-kantore al by verskeie geleenthede deursoek en aanklaers het klagtes teen die vereniging gebring weens die feit dat dit ‘n ongeregistreerde organisasie is. Maar ‘n landdros het verlede week die klag van die hand gewys.
Dieselfde geslag huwelike word in Zimbabwe verbied.
In die jongste plaasmoord, is die egpaar, Eckard (76) en Elizabeth Schutte, en hul seun Lutz (33), so erg vermink dat die polisie nie met sekerheid kan sê hoe hulle vermoor is nie.
Die polisie se woordvoerder sê die gesin kon doodgeslaan gewees het. Hulle is waarskynlik geslaan, gesteek, opgekap en verbrand.
Die skokkende wreedheid van die moord op die Schutte-egpaar, Eckard en Elizabeth en hul seun Lutz in KwaZulu-Natal het die gemeenskap van Richmond geruk.
Die vader se nek en bors is oopgekap en die moeder se kop is met ‘n swaar voorwerp verbrysel. Al drie is aan die brand gesteek. Al drie het ook steekwonde gehad.
Die aanvallers het met ‘n voertuig en wapens weggekom. Hulle verkeer steeds op vrye voet.
Volgens die polisie het hulle geen inligting oor moontlike verdagtes nie, maar hulle is reeds as swart beskryf., en ‘n getalryke bende. Die aanval en moorde toon al die tekens van ‘n etnies gedrewe haatmisdaad teen blankes.
Daar is in 2014 reeds vyftig blanke slagoffers vermoor in rasgedrewe aanvalle.
‘n Buurman van die oorledenes het gesê die seun, Lutz, het Saterdag uit Duitsland in Suid-Afrika aangeland om sy vader te verras met sy 77ste verjaarsdag op Sondag.
Sy moeder het hom Saterdag by die lughawe gaan haal. Die moordenaars het hulle tuis ingewag waar mnr Schutte vermoedelik toe al reeds vermoor is.
‘n Ander seun van die egpaar, Stefan, het die lyke ontdek toe hy vir die verjaarsdagviering opdaag.
Sommige skole in Limpopo het nog nie hul handboeke ontvang vir die 2014-skooljaar nie, het Rapport Sondag berig.
“Hulle [die onderwysdepartement] maak ‘n bohaai oor die radio om te sê dat die boeke afgelewer word, maar dit is nie so, en dit is ‘n probleem,” het Sipho Mothobuka gesê. Hy is die skoolhoof van Laerskool Moloketla, een van die skole wat geraak word.
‘n Wiskunde-onderwyser by die skool, Daniel Ramatladi , het gesê onderwysers gskryf soms die hele handboek op die bord.
Moloketla Primêre was een van agt skole in die Capricorn en Mopani-distrikte in Limpopo wat joernaliste besoek het om te bepaal of handboeke afgelewer is vir die 2014-skooljaar.
Die mediaspan van Rapport se susterkoerant, City Press, het bevind dat daar ernstige tekorte aan handboeke in alle grade en vakke is, alhoewel dit nie naastenby so erg soos die tekorte in die provinsie in 2012 is nie.
Die skole wat nog steeds wag op handboeke is Moleketla Laerskool , Khethapoye Laerskool , Thaphane Laerskool , Modumela Sekondêr, Kabelo Sekondêr en Moremotse Sekondêr.
Elia Mhlanga, ‘n woordvoerder vir die departement van basiese onderwys, het gesê die tekorte kan ‘n gevolg van die migrasie van studente tussen die verskillende provinsies aan die begin van die jaar wees.
‘n Groot aantal joernaliste van Westerse mediamonopolië het die staatsaanklaer in die Oscar Pistorius-moordverhoor ingewag kort voor agtuur Maandagoggend by die Hooggeregshof in Pretoria.
Die sirkus in die hofsaal sal regstreeks op televisie en radio uitgesaai word. Die saak trek wêreldwyd aandag en groot gedeeltes van die hofverrigtinge sal te siene wees soos dit ontvou.
Die 27-jarige Olimpiese atleet se hofverrigtinge begin om tienuur. Buite-uitsendingseenhede en tente het soos paddastoele in Madibastraat in die Pretoriase middestad verrys.
Die verkeersowerhede in Pretoria het motoriste gewaarsku dat hulle verkeersontwrigtings in die omgewing van die Hooggeregshof te wagte kan wees. Die saak is vir ten minste drie weke op die hofrol geplaas.
Die wit gestremde sportster se skuld of onskuld sal afhang van hoeseer die regter die onaanvaarbare hoë vlakke van misdaad in Suid-Afrika in ag neem.
Pistorius voer aan dat hy Reeva Steenkamp as ‘n inbreker aangesien het toe hy haar op 14 Februarie, Valentynsdag, verlede jaar in sy huis doodgeskiet het.
Die staatsaanklaer Gerrie Nel sal die staat se saak lei teen die atleet wat teregstaan vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp.
Meer as 300 plaaslike en internasionale joernaliste sal die saak volg. Die minister van Sport, Fikile Mbalula het intussen gevra dat die reg sy gang gaan. Hy sê elke aangeklaagde is onskuldig totdat hy of sy skuldig bewys kan word.
Die verdediging se advokaat, Barry Roux, en sal teen Nel te staan kom. Die saak sal deur die swart regter Thokozile Masipa gehoor word.
Reeva se pa, Barry Steenkamp, sal weens gesondheidsredes nie die verhoor bywoon nie. Ander familielede, waaronder haar ma, June, sal wel teenwoordig in die hofsaal wees.
Pistorius se regspan onderhandel nog met die Steenkamps oor ‘n multimiljoenrand-eis wat die Steenkamps teen die atleet ingedien het weens ‘n verlies aan inkomste.
Joernaliste is gevra om nie te praat met die regter of die regslui betrokke in die Hooggeregshof in Pretoria nie.
‘n Woordvoerder van die Kantoor van die Hoofregter, Lulama Luti, het aan die media gevra om nie met hulle te praat nie en verslaggewers beveel om nie foto’s van die hofsaal te neem met selfone of tablette nie.
Nathi Ncube, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het aan die media in die openbare galery gesê hulle sal nie die meriete van die saak bespreek nie.
Verskeie winkels wat aan Somaliërs behoort, is by Pienaar naby Nelspruit geplunder. Die aanvalle het gevolg op die dood van ‘n 20-jarige man, wat na bewering aan die hand van ‘n winkeleienaar gesterf het.
Die plundering het begin nadat die slagoffer begrawe is. Een van die Somaliese winkel-eienaars Ali Mohamed sê die polisie doen nie genoeg om hulle te beskerm nie.
Mohamed sê hulle het die saak drie dae gelede by die polisie aangemeld, maar niks word gedoen nie.
Hy sê die polisie daag altyd eers op nadat die winkels reeds geplunder is. Die eienaar se verteenwoordiger voeg by dat die mense wat dit doen, skoolgaande kinders is.
Mpumalanga se polisiewoordvoerder, Jabu Ndubane, het die bewering ontken. “Ons het nie versuim nie maar die winkels is te veel en ons het ‘n paar ander eenhede versoek om ons te kom help hier by die stasie.”
Ndubane het beklemtoon dat hulle die Somaliese winkeleienaars voor die begrafnis gevra het om uit te beweeg, maar hulle het nie.
’n ANC-wyksraadslid van Middelburg laai glo niksvermoedende vroue langs die pad op om hulle met ‘n vuurwapen af te dreig en te beroof.
Die ANC-lid en haar man verskyn volgende week in die hof op aanklagte van aanranding en gewapende roof, het die City Press berig.
Hulle word daarvan aangekla dat hulle vroulike rylopers geleenthede aangebied het op die snelweë tussen Middelburg en Springs om hulle met ‘n sneller teen die kop te besteel as hulle inklim.
Een van die klaers het volgens die polisie die agbare wyksraadslid in Middelburg herken ná die voorval, en het toe vasgestel dat haar aanvaller ook ‘n ANC-ampsdraer is.
Nog ‘n vrou wat so afgedreig en beroof is, het die twee se motorregistrasienommer neergeskryf en dit aan die polisie oorhandig.
Die man en vrou is twee weke gelede in hegtenis geneem en sal Woensdag in die Springs-landdroshof verskyn.