ANC-lid voor vir gewapende roof

repressive_laws’n ANC-wyksraadslid van Middelburg laai glo niksvermoedende vroue langs die pad op om hulle met ‘n vuurwapen af te dreig en te beroof.

Die ANC-lid en haar man verskyn volgende week in die hof op aanklagte van aanranding en gewapende roof, het die City Press berig.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle vroulike rylopers geleenthede aangebied het op die snelweë tussen Middelburg en Springs om hulle met ‘n sneller teen die kop te besteel as hulle inklim.

Een van die klaers het volgens die polisie die agbare wyksraadslid in Middelburg herken ná die voorval, en het toe vasgestel dat haar aanvaller ook ‘n ANC-ampsdraer is.

Nog ‘n vrou wat so afgedreig en beroof is, het die twee se motorregistrasienommer neergeskryf en dit aan die polisie oorhandig.

Die man en vrou is twee weke gelede in hegtenis geneem en sal Woensdag in die Springs-landdroshof verskyn.

Vermeende reeksverkragter Madiba se hofsaak begin

SAPDDie hofsaak van ‘n vermeende reeksverkragter en moordenaar begin vandag in die hooggeregshof in Middelburg in Mpumalanga.

Die 29-jarige Peter Madiba staan tereg op 18 aanklagte van verkragting en moord.

Die voorvalle het in 2012 plaasgevind op ‘n aantal plase naby Groblersdal in Limpopo.

‘n Polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi sê een van die slagoffers was ‘n twee jaar oue meisie wat verlede jaar vermoor is.

Volgens Mulaudzi gaan van die slagoffers, die polisie en kenners tydens die hofsaak getuig. – Sapa

‘Aanvallers praat nie, skiet net’

shooting“Hulle het niks gepraat nie. Toe hulle in die kombuis kom het hulle hom net geskiet. Sommer net.”

Willem Swanepoel se dogter, Karien van der Berg van Harry Gwalastraat in Dennesig, Middelburg, sukkel om die woede en hartseer te onderdruk. Sy het haar pa verloor nadat hy geskiet is tydens ’n rooftog by hul huis op die Elandspruit-plotte. Iemand wat sy as “sagmoedig en oopkop” beskryf.

“Hoekom moes hulle die sneller trek? Net omdat hulle kan. Hy was nie ’n aggressiewe man nie.”

Mnr. Swanepoel (57) is Sondagoggend in die maag geskiet toe hy in drie swart aanvallers vasgeloop het. Sy vrou, Marinda, het op die tweede vloer van hul huis wakker geword van die slag en haar man hoor skree.

Sy is met die trappe af om hom te hulp te snel, maar is deur die rowers teruggedwing slaapkamer toe. Daar is sy met rekenaarkabels en haar man se skoenveters vasgebind. Een van die rowers het haar deur die gesig geslaan.

Die aanvallers het aanhoudend vir geld en kos gevra.

Hulle het mnr. Swanepoel na die badkamer gesleep en hom daar gelos. Hy het die heeltyd by hulle gesmeek: “Vat alles en gaan net.”

Sy dogter sê dat die groot aantal bloed op die vloer aandui dat hy moontlik verder mishandel is. “Mens kan nie so baie bloed uit ’n wond uit bloei nie. Ons moet maar wag vir die outopsie om seker te maak.” Die projektiel is by sy maag in en onder sy linkerboud uit.

Die aanvallers het die Swanepoel-egpaar se hele huis leeggedra. Hulle het hul buit agterop mnr. Swanepoel se werksbakkie gelaai. Daaronder was ’n rekenaar, kluis, wapens en juwele.

“Hulle het alles gevat. Selfs die Sunlight en die wasgoed seep. Hulle het die yskas leeggemaak. Die yskas het hulle gelos maar ook net omdat hy te groot was om te laai” sê Innus van der Berg, Karien se man.

Nadat die rowers fort is het mev. Swanepoel daarin geslaag om haarself los te wikkel. “Tot vandag toe weet sy nie hoe sy dit reggekry het nie want hulle het haar styf vasgemaak. Die merke sit nou nog daar. Dit was net genade van Bo.”

Sy is af na haar man en het hom in ’n plas bloed aangetref. Mev. Swanepoel het na die naaste bure, wat dieselfde naweek hul intrek gekry het, gehardloop vir hulp.

Karien en haar man het teen 02:30 ’n oproep gekry. Hulle het hul na die plot gehaas en oppad soontoe die ambulans gebel.

“Die ER24 kar het seker vyf minute na ons daar gestop en die polisie kort daarna.”

Mnr. Swanepoel is eers na die Middelburg-hospitaal geneem, maar van daar oorgeplaas eMalahleni toe omdat hy ’n dringende operasie nodig gehad het.

Na die operasie het dit gelyk asof alles beter gaan. Hy kon Sondag met sy familie praat en ’n verklaring by ’n polisieman aflê.

Mev. Van der Berg was oppad om haar pa te besoek toe die hospitaal bel en sê dat hulle dringend moet kom. Mnr. Swanepoel het in ’n koma verval en is kort daarna oorlede.

Sy voertuig is Maandag in Vosman (eMahalaleni) naby ’n treinspoor by ’n hostel teruggevind. Polisiemanne is nog besig om die voertuig te deursoek vir leidrade.

Dinsdag moes sy haar pa se lyk gaan uitken: “In die hospitaal het my pa sleg gelyk. Hy was bleek en sy oë was ingesink. Maar Dinsdag was dit anders. Hy lyk vreedsaam en gelukkig. Hy is nou waar hy moet wees.”

Mev. Swanepoel gaan nie terug na die huis waar haar man vermoor is nie. Sy moes Woensdag alleen hul 37ste huweliksherdenking vier, met die letsels op haar lyf steeds sigbaar.

“Vandag is nie ’n goeie dag vir my ma nie.”

Mnr. Swanepoel se begrafnis vind Saterdag om 11:00 in Klerksdorp plaas. Iemand wat met die familie in verbinding wil tree kan mev. Van der Berg bel by 083 330 0912.

• Enigiemand met inligting oor die misdryf, of wat dalk iets verdags gesien het, kan die bevelvoerder van die Middelburg speurtak, kolonel Filla Mahlangu by 076 942 5455 of die ondersoekbeampte, sersant Lekgeng, by 076 536 6028 bel.

Afrikanerman (67) wreed vermoor in Middelburg

Moord op MiddelburgMnr. Johannes Jakobus (Jan) du Toit is vanoggend in sy huis deur twee mans met ‘n mes aangeval en vermoor. ‘n Foto van die plas bloed is intussen op Facebook geplaas (hiernaas).

Mev. Anna Maria du Toit is insgelyks aangeval en is in die Midmed-hospitaal opgeneem. Volgens bure van die egpaar het honde in die buurt deur die nag geblaf en daar is ook vreemde swartes in die straat opgemerk. Die bure het ook agterna harde slae soos plofgeluide gehoor. Volgens ‘n ooggetuie het een van die aanvallers oor ‘n muur gespring.

Die moordenaars het deur ‘n venster aan die voorkant van die huis ingebreek. Gerugte in die dorp wat per selfoon versprei het, wil hê dat mev. Du Toit ook baie wreed aangerand is en dat albei haar ore afgesny is. Tans is sy egter buite gevaar in die Midmed-kliniek en daar word bloot van ‘n “wond aan haar oor” gepraat.

Die aanval het in die vroeë oggendure in die voorstad Dennesig plaasgevind. Daar was ‘n hewige worsteling alvorens die aanvallers oor die voorste muur gevlug het.

Sedertdien is die hele Middelburg in rep en roer en blykbaar is alle mobiele alarms op die dorp uitverkoop.

Familie en vriende van die egpaar wat die huis gaan skoonmaak het, het die foto op Facebook geplaas.

Фільчаков прокурор

Bank in Middelburg beroof

Rowers het by ‘n Absa-bank in Middelbrug ingebreek en met ‘n onbekende bedrag geld gevlug, het die polisie Sondag gesê.

Volgens kaptein Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het die rowers Saterdag omstreeks middernag toegang tot die perseel verkry deur die agterste hekke.

Hulle het glo die sekuriteitsdeure afgebreek en die bank ingegaan.

Daar is by twee van die kluise ingebreek.

“Ons vermoed dit was ‘n interne rooftog. Hierdie verdagtes het geweet wat om waar te doen,” het Hlathi gesê.

Die rowers het die alarm ontkoppel en sekuriteitskameras verwyder.

 

розвиваючі ігри для дітей 2-3 роківtopcargo