praag.co.za

‘Aanvallers praat nie, skiet net’

Written by

in

,

shooting“Hulle het niks gepraat nie. Toe hulle in die kombuis kom het hulle hom net geskiet. Sommer net.”

Willem Swanepoel se dogter, Karien van der Berg van Harry Gwalastraat in Dennesig, Middelburg, sukkel om die woede en hartseer te onderdruk. Sy het haar pa verloor nadat hy geskiet is tydens ’n rooftog by hul huis op die Elandspruit-plotte. Iemand wat sy as “sagmoedig en oopkop” beskryf.

“Hoekom moes hulle die sneller trek? Net omdat hulle kan. Hy was nie ’n aggressiewe man nie.”

Mnr. Swanepoel (57) is Sondagoggend in die maag geskiet toe hy in drie swart aanvallers vasgeloop het. Sy vrou, Marinda, het op die tweede vloer van hul huis wakker geword van die slag en haar man hoor skree.

Sy is met die trappe af om hom te hulp te snel, maar is deur die rowers teruggedwing slaapkamer toe. Daar is sy met rekenaarkabels en haar man se skoenveters vasgebind. Een van die rowers het haar deur die gesig geslaan.

Die aanvallers het aanhoudend vir geld en kos gevra.

Hulle het mnr. Swanepoel na die badkamer gesleep en hom daar gelos. Hy het die heeltyd by hulle gesmeek: “Vat alles en gaan net.”

Sy dogter sê dat die groot aantal bloed op die vloer aandui dat hy moontlik verder mishandel is. “Mens kan nie so baie bloed uit ’n wond uit bloei nie. Ons moet maar wag vir die outopsie om seker te maak.” Die projektiel is by sy maag in en onder sy linkerboud uit.

Die aanvallers het die Swanepoel-egpaar se hele huis leeggedra. Hulle het hul buit agterop mnr. Swanepoel se werksbakkie gelaai. Daaronder was ’n rekenaar, kluis, wapens en juwele.

“Hulle het alles gevat. Selfs die Sunlight en die wasgoed seep. Hulle het die yskas leeggemaak. Die yskas het hulle gelos maar ook net omdat hy te groot was om te laai” sê Innus van der Berg, Karien se man.

Nadat die rowers fort is het mev. Swanepoel daarin geslaag om haarself los te wikkel. “Tot vandag toe weet sy nie hoe sy dit reggekry het nie want hulle het haar styf vasgemaak. Die merke sit nou nog daar. Dit was net genade van Bo.”

Sy is af na haar man en het hom in ’n plas bloed aangetref. Mev. Swanepoel het na die naaste bure, wat dieselfde naweek hul intrek gekry het, gehardloop vir hulp.

Karien en haar man het teen 02:30 ’n oproep gekry. Hulle het hul na die plot gehaas en oppad soontoe die ambulans gebel.

“Die ER24 kar het seker vyf minute na ons daar gestop en die polisie kort daarna.”

Mnr. Swanepoel is eers na die Middelburg-hospitaal geneem, maar van daar oorgeplaas eMalahleni toe omdat hy ’n dringende operasie nodig gehad het.

Na die operasie het dit gelyk asof alles beter gaan. Hy kon Sondag met sy familie praat en ’n verklaring by ’n polisieman aflê.

Mev. Van der Berg was oppad om haar pa te besoek toe die hospitaal bel en sê dat hulle dringend moet kom. Mnr. Swanepoel het in ’n koma verval en is kort daarna oorlede.

Sy voertuig is Maandag in Vosman (eMahalaleni) naby ’n treinspoor by ’n hostel teruggevind. Polisiemanne is nog besig om die voertuig te deursoek vir leidrade.

Dinsdag moes sy haar pa se lyk gaan uitken: “In die hospitaal het my pa sleg gelyk. Hy was bleek en sy oë was ingesink. Maar Dinsdag was dit anders. Hy lyk vreedsaam en gelukkig. Hy is nou waar hy moet wees.”

Mev. Swanepoel gaan nie terug na die huis waar haar man vermoor is nie. Sy moes Woensdag alleen hul 37ste huweliksherdenking vier, met die letsels op haar lyf steeds sigbaar.

“Vandag is nie ’n goeie dag vir my ma nie.”

Mnr. Swanepoel se begrafnis vind Saterdag om 11:00 in Klerksdorp plaas. Iemand wat met die familie in verbinding wil tree kan mev. Van der Berg bel by 083 330 0912.

• Enigiemand met inligting oor die misdryf, of wat dalk iets verdags gesien het, kan die bevelvoerder van die Middelburg speurtak, kolonel Filla Mahlangu by 076 942 5455 of die ondersoekbeampte, sersant Lekgeng, by 076 536 6028 bel.

Comments

23 responses to “‘Aanvallers praat nie, skiet net’”

  1. Trippie Trip Avatar
    Trippie Trip

    Voel of ek kan MAL raak van woede !
    Hulle het hom geskiet WANT HULLE KAN !!! Jy is REG !!!
    DIE BLIXEM ALLEEN WEET, ONS HET DIE DOODSTRAF SO NODIG IN HIERDIE “NUWE VERBETERDE SUID-AFRIKA” !
    Verskoon my taalgebruik !!!!
    Mense, al is jy hoe sagmoedig, HOU JOU VUURWAPEN AAN JOU LYF – wees te alle tye op jou hoede, waaksaam EN SKIET OM VREK TE SKIET !
    My hart bloei vir hierdie gesin wat voor ‘n oop graf moet gaan staan !
    HAAT HIERDIE GEMORS MET ‘N PASSIE, so groot, dis onbeskryfbaar !

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Rooikop boetman is ook die Bxm in.
      Ek kry die idee die doel is moord en die buit is betaling daarvoor. Hulle teiken veral die mans want hulle weet die mans kan terugveg. Wag egter vir die dag dat die vroue wapen gaan opneem teen julle dan gaan julle hoes.

      1. Keelvol Avatar
        Keelvol

        As ons, ons vroue van dag een bewapen het, sou…
        Elke vrou moet haar reg opneem om haarself
        en haar familie te verdedig, selfs hand tot hand.
        Soos by voorbeeld om eerste vir die oe te gaan.

      2. leana Avatar
        leana

        Rooikop hierdie dinge maak ALMAL die blixem in. Dit kan en MAG nie so voortgaan nie.
        Drie weke terug is kennise van my se dogter vermoor ook naby Middelburg. Verlede week is ander kennise van my se broer vermoor in Newcastle. Dan praat ek nie eens van vriende en familie wat beroof is in hulle huise nie. My eie seun en sy gesin is 2 jaar terug met vuurwapens aangehou en beroof 3 uur in die oggend. Hulle was van die gelukkiges wat nie vermoor of beseer is nie. Polisie trek net skouers op, want selfs hulle staan magteloos en toekyk.

  2. Peter Vonk Avatar
    Peter Vonk

    ??? maar die wiel draai.Sterkte mev Swanepoel.

  3. Willy Avatar
    Willy

    Hierdie braaksels laat my met magtelose woede! Nadat daar gesmeek was het die gemors geen genade nie. Ek wens hulle vrek! Geen maar geen reg op lewe nie. As daar so iets is soos reïnkarnasie, spaar my asb om weer na hierdie siek wêreld te kom. My wense aan die familie is dat daar genesing sal kom. Weet die pad vorentoe gaan moeilik wees maar moet net nie gaan lê nie.

  4. Riempies Avatar
    Riempies

    Filla Mahlangu het julle nie speurders wat die saak kan ondersoek nie – daar is soveel herkenbare goed gesteel – ai as julle hulp nodig laat weet my ek sal plan sien.

  5. Grobbie Avatar
    Grobbie

    Hulle dag sal kom. Die hiernamaals is baie erger as hierdie piesangrepubliek se sogenaamde regstelsel.

  6. Keelvol Avatar
    Keelvol

    Nou het jy nie meer n keuse as om eerste te skiet en seker te maak nie.
    Wat se julle liberales hieroor?
    Wees regs en gewapen of word semuur vrek geskiet.

    1. Trippie Trip Avatar
      Trippie Trip

      Hartseer van die saak, BAIE mense het hul vuurwapens ingehandig !

      1. Keelvol Avatar
        Keelvol

        Kry wat grooter is…

        1. Maggie Avatar
          Maggie

          Waar kry jy een wat groter is en wat se wapen sal dit wees ek verneem dit is ook byna onmoontlik om ‘n lisensie vir vuurwapens te kry. Ek het een bitter nodig en sal graag die beste raad wil he.

          1. Keelvol Avatar
            Keelvol

            Jou eerste stop moet by jou naaste skiet klub wees – kyk rond vir skiet
            bane. Dit is waar die klubs saam trek. Daardie mense sal jou op die regte pad sit, selfs help met al die
            papier werk…

            Maak n familie sport daarvan – leer die kinders en neem aan kompetisies deel sodat jou self vertroue gereed is vir die dag wat jy dit nodig het.

  7. Seg Net Avatar
    Seg Net

    Zuma laat die mense van die land, of indien jy dit nie wil doen nie, jou eie party se mense, in ‘n referendum vir of teen die doodstraf stem. Ons belowe om daarna dit nooit weer op te haal, indien dit regverdig geskiet nie. Hierdie paffer moorde op Blankes is mos nie normaal nie. Kan of wil julle dit nie nisien nie. Hoeveel paffers word deur Blankes per jaar vermoor? Een of twee?
    Is daar nie ‘n party wat ten gunste van die doodstraf is en dit vir almal wil seg nie? Ek glo daar is baie mense wat vir julle sal stem. Die vraag is nie wanneer is genoeg genoeg nie, maar wat gaan ons of kan ons daaraan doen? Ek weet nie.

    Dan is hier net iets wat ek nie kan verstaan nie. Wie is hierdie gas of “geust” wat vir mense so stem. Ek sien vir party sommer ‘n paar binne ‘n minuut of wat. Gee hulle dit vir hulleself of wat gaan aan. Op N24 was daar ook so ‘n probleem en het baie onenigheid veroorsaak. Jy of julle wat skuldig is weet wie jy of julle is. Hou op daarmee dit is nie die manier om dinge te doen nie en wys net jou swak maniere. Hoeveel gaste lewer hier kommentaar? Moet nie vir my seg mense lees net en gee net ‘n hou van iemand se kommentaar so aanmekaar nie sonder om kommentaar te lewer nie. Almal kry een of twee maar sekere mense sommer ‘n helse klomp, maak nie sin nie. Moet tog nie dat die onsmaaklikheid van N24 ook hier plaasvind nie. Ek het ‘n versoek gerig dat mens moet registreer, om daardie funksie soos “HOU VAN” en “HOU NIE VAN ” te gebruik. Dit sal hierdie probleem oplos.
    Kom ons is nie kinders nie.

    1. Boer se roer Avatar
      Boer se roer

      die dood straf sal net op ons eie mense gebruik word soos bv. die wat van hoogs veraad aan gekla word. hierdie gelieg van polisie KAMSTIGE gewone misdaad en die res van die blankes wat dit self as net dit sien moet ent kry. wittes moet besef dat hulle hoof doel is net dit wat MANDELA hulle beveel het met sy gesing van “kill the farmer kill the boer”
      ons moet ons eerder maar almal self bewapen en as die bliksem ongenooid in ons huis betrap hom maar self die doodstraf gee

      1. Seg Net Avatar
        Seg Net

        Boer jy is reg ek het hierdie selfde argument al aangehaal. Dit is so dat die doodstraf in die hande van die anc teen die Blankes gebruik sal word. Mens raak net so deblixem in dat mens na enige iets gryp as mens van sulke dade lees of hoor.

  8. Richard Avatar
    Richard

    Solank die polisiediens in shambles is, en solank mense net vloek en skreeu voor die rekenaar en tv, wel dan gaan daar niks gebeur, dis so eenvoudig soos dit. Ek was ook al ‘n paar keer betrokke by “stop misdaad” en ander aksies. Ongelukkig is mense baie apaties. Wil eerder Rugby op ‘n Saterdag kyk, of as dit in die week is, dan is daar allerlei verskonings – “Ek kan nie verlof neem nie, wil nie my verlof mors nie, gaan daar swartes wees? dis te warm,” Ag ek kan so baie opnoem.

    In die VSA en Europa maak mense en “wittes hul stemme gewoonlik dik ook sake – selfs radikaal veral in Europa waar van daardie optogte self ons “swart” optogte na ‘n kindertuin lyk. Dis al taal wat die Anc regering verstaan. maar nou ja wittes in Suid Afrika het dit baie gemaklik, en gee nie regtig om oor misdaad nie.

    1. Keelvol Avatar
      Keelvol

      Ons weet van jou “ander aksies”
      Sies man!

      1. Daniel Maartens Avatar
        Daniel Maartens

        .

    2. Seg Net Avatar
      Seg Net

      Richard gaan jy more op Heidelberg wees?

  9. Nico Avatar
    Nico

    Ek lees tans The Black Book of Communism deur Stephane Courtois et al. Ek wonder of die plaas moorde nie ‘n vorm van ‘dekulakization’ is nie. Wat dink julle?

    1. Shannon Avatar
      Shannon

      In beginsel is wat die bolshiviste doen en die massas hier doen die selfde. Eers genoemde verskil egter in 3 opsigte van lg. :

      1. Dit was georkestreer en bestuur.
      2. Dit het uiteindelik opgehou, en
      3. Dit was hoofsaaklik gebaseer op klasse verskil en nie op rasse verskil nie.

      In Suid Afrika is wat jy sien meer natuurlik eerder as gemanipuleer.

      Dit sal nooit werklik ophou en `n stabiele samelewing tot stand bring nie. In Suid Afrika is die uiteindelike doel nie om die bevolking te neutraliseer nie maar eerder om dit te suiwer.

      Dit is `n fout om Afrika in historiese Europese terme te probeer opsom. Wat jy hier in SA sien is uniek. Maar uniek slegs in die sin dat die syfers hier omgekeer is. In die res van die wêreld is dit nog anders om en dus kan die weste nog nie begryp wat aan die gang is nie – wat in die RSA gebeur, gebeur eintlik wêreld wyd.

      Die oplossing is nie om tot `n skikking te kom nie. Die oplossing is om eerstens bg. (die uiteinde doel) te begryp, en tweedens om dit wat jou vyand op jou toepas, op hom van toepassing maak – klandistiene uitwissing.

      1. Liezel Avatar
        Liezel

        Absoluut waar, in die res van die wereld is dit nog andersom en daarom kan hulle nie verstaan nie.
        Ek het iewers gelees dat teen 2050 of so, die swart bevolking in die VSA meer as die blankes gaan wees. Kannie onthou of dit Hispanics insluit nie.

        Dit maak my bly ek leef nou en nie in 100 jaar of vorentoe nie. Dis erg genoeg nou en die wereld populasie styg net. En dis die verkeerde lot wat baie kinders kry.

Leave a Reply