Die hofsaak van ‘n vermeende reeksverkragter en moordenaar begin vandag in die hooggeregshof in Middelburg in Mpumalanga.
Die 29-jarige Peter Madiba staan tereg op 18 aanklagte van verkragting en moord.
Die voorvalle het in 2012 plaasgevind op ‘n aantal plase naby Groblersdal in Limpopo.
‘n Polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi sê een van die slagoffers was ‘n twee jaar oue meisie wat verlede jaar vermoor is.
Volgens Mulaudzi gaan van die slagoffers, die polisie en kenners tydens die hofsaak getuig. – Sapa
