ANC-lid voor vir gewapende roof

repressive_laws’n ANC-wyksraadslid van Middelburg laai glo niksvermoedende vroue langs die pad op om hulle met ‘n vuurwapen af te dreig en te beroof.

Die ANC-lid en haar man verskyn volgende week in die hof op aanklagte van aanranding en gewapende roof, het die City Press berig.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle vroulike rylopers geleenthede aangebied het op die snelweë tussen Middelburg en Springs om hulle met ‘n sneller teen die kop te besteel as hulle inklim.

Een van die klaers het volgens die polisie die agbare wyksraadslid in Middelburg herken ná die voorval, en het toe vasgestel dat haar aanvaller ook ‘n ANC-ampsdraer is.

Nog ‘n vrou wat so afgedreig en beroof is, het die twee se motorregistrasienommer neergeskryf en dit aan die polisie oorhandig.

Die man en vrou is twee weke gelede in hegtenis geneem en sal Woensdag in die Springs-landdroshof verskyn.

20 thoughts on “ANC-lid voor vir gewapende roof”

  1. Kan enige mens nog ryloop vandag ? Veral vroumense ? Nou is dit nie eers meer veilig vir swart velle nie ! Ek moet erken, flink gedink met die neerskryf van die motorregistrasienommer. Laat dit vir julle ‘n les wees. My vryheid is in die wiele gery, my mense word uitgemoor, julle het bra lig afgekom hiervan.

    Nog ‘n bewys, meer skelms en potensiële moordenaars in die ANC ! Wat gaan gebeur met hierdie makker en sy vrou ? Tikkie oor die vingers en hy behou sy pos ?

          1. Ek gaan beslis jou gat skop maat!!! Vrydag my AMPER kwaad gehad nê! Jy kry een moerse houtlepel en ‘n besem vir jou verjaardag, dan kan jy stir soos jy wil! SIESA!!!

          2. hau, isch, ek gaan JuliAss se jy raak aggro, ons gaan djou plaas en huis kom haal, ekka gaan Wiekus stuur om jou te help bokse pak, en sy dogters aan jou seuns voorstel. oppas!!

      1. Jy nou weer soos ‘n renoster met ‘n seer horing Witbeer ? Bitter min OC’s dra bra’s my bra. 😉 Die korrekte woord is, buustelyfies, maar hulle dra gewoonlik dubbelloop slingervelle. Loop mos en dril van vettigheid.

          1. Skerp!!!! maar het jy nog nie gesien hoe grou hulle in daai tiete om die beursie in die hanne te kry nie??? Partykeer selfoon ook. Jy moet net mooi blaai anders mis jy dit!

Maak 'n opvolg-bydrae