ANC-lid voor vir gewapende roof

repressive_laws’n ANC-wyksraadslid van Middelburg laai glo niksvermoedende vroue langs die pad op om hulle met ‘n vuurwapen af te dreig en te beroof.

Die ANC-lid en haar man verskyn volgende week in die hof op aanklagte van aanranding en gewapende roof, het die City Press berig.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle vroulike rylopers geleenthede aangebied het op die snelweë tussen Middelburg en Springs om hulle met ‘n sneller teen die kop te besteel as hulle inklim.

Een van die klaers het volgens die polisie die agbare wyksraadslid in Middelburg herken ná die voorval, en het toe vasgestel dat haar aanvaller ook ‘n ANC-ampsdraer is.

Nog ‘n vrou wat so afgedreig en beroof is, het die twee se motorregistrasienommer neergeskryf en dit aan die polisie oorhandig.

Die man en vrou is twee weke gelede in hegtenis geneem en sal Woensdag in die Springs-landdroshof verskyn.