Polisie sê hulle is nie genoeg om plundery te stop

lootingpienaarVerskeie winkels wat aan Somaliërs behoort, is by Pienaar naby Nelspruit geplunder. Die aanvalle het gevolg op die dood van ‘n 20-jarige man, wat na bewering aan die hand van ‘n winkeleienaar gesterf het.

Die plundering het begin nadat die slagoffer begrawe is. Een van die Somaliese winkel-eienaars Ali Mohamed sê die polisie doen nie genoeg om hulle te beskerm nie.

Mohamed sê hulle het die saak drie dae gelede by die polisie aangemeld, maar niks word gedoen nie.

Hy sê die polisie daag altyd eers op nadat die winkels reeds geplunder is. Die eienaar se verteenwoordiger voeg by dat die mense wat dit doen, skoolgaande kinders is.

Mpumalanga se polisiewoordvoerder, Jabu Ndubane, het die bewering ontken. “Ons het nie versuim nie maar die winkels is te veel en ons het ‘n paar ander eenhede versoek om ons te kom help hier by die stasie.”

Ndubane het beklemtoon dat hulle die Somaliese winkeleienaars voor die begrafnis gevra het om uit te beweeg, maar hulle het nie.

Nelsaak laat rassehaat opvlam

Image

Woedende skare

Die skietvoorval te Skielik naby Swartruggens is besig om rassehaat te laat opvlam. Die ANC-burgemeester van die plaaslike munisipaliteit het by ʼn herdenkingsdiens vir die slagoffers gesê: “Mense wat wit is het hul witheid gebruik om ons te vermoor hoewel ons dieselfde is.”

By die hof gister het ʼn skare betogers gepoog om by Johan Nel uit te kom en ʼn hek is van sy spore geruk terwyl uitroepe van “Ons wil Nel hê!” gehoor is. Swart politici wat die hofsaak bygewoon het, was Phenye Vilakazi, ANC-LUR vir vervoer, paaie en gemeenskapsveiligheid, Patrick Chauke, ANC-LP en Buti Manamela van die Young Communist League (YCL).

Vilakazi het buite die hof gesê voorkomende maatreëls moet ingestel word om aanvalle soos dié by Skielik te voorkom.

“Hierdie was ’n rasse-aanval. Hy het uit die huis waar hy saam met wit mense woon, gegaan na ’n plakkerskamp. Ons moet koelkop bly. Voorvalle soos dié verhoed integrasie.”

Die woedende skare het probeer verhoed dat die vangwa met Nel daarin van die hof wegry. Plakkate met “Hang hom!” is vertoon. Van die betogers is met busse aangery sodat dit voorkom asof daar ʼn georkestreerde poging is om die Nel-geval vir politieke doeleindes uit te buit.

Binne die hof het landdros Kleynhans gevra dat Nel ʼn regverdige verhoor gegun word en die toehoorders aan die grondwet herinner. Buite die hof was daar egter ʼn voortdurende gejil van die moordlustige, wraaksugtige swart skare hoorbaar.

Nel se prokureur, Frikkie Pretorius het gesê dat ʼn kriminoloog, ʼn sielkundige en ʼn psigiater in diens geneem sou word in ʼn poging om Nel tot Weskoppies, ʼn psigiatriese inrigting in Pretoria, vir waarneming toegelaat te kry.

подоконник купить спбДанильченко Юрий Брониславович