By die hof gister het ʼn skare betogers gepoog om by Johan Nel uit te kom en ʼn hek is van sy spore geruk terwyl uitroepe van “Ons wil Nel hê!” gehoor is. Swart politici wat die hofsaak bygewoon het, was Phenye Vilakazi, ANC-LUR vir vervoer, paaie en gemeenskapsveiligheid, Patrick Chauke, ANC-LP en Buti Manamela van die Young Communist League (YCL).
Vilakazi het buite die hof gesê voorkomende maatreëls moet ingestel word om aanvalle soos dié by Skielik te voorkom.
“Hierdie was ’n rasse-aanval. Hy het uit die huis waar hy saam met wit mense woon, gegaan na ’n plakkerskamp. Ons moet koelkop bly. Voorvalle soos dié verhoed integrasie.”
Die woedende skare het probeer verhoed dat die vangwa met Nel daarin van die hof wegry. Plakkate met “Hang hom!” is vertoon. Van die betogers is met busse aangery sodat dit voorkom asof daar ʼn georkestreerde poging is om die Nel-geval vir politieke doeleindes uit te buit.
Binne die hof het landdros Kleynhans gevra dat Nel ʼn regverdige verhoor gegun word en die toehoorders aan die grondwet herinner. Buite die hof was daar egter ʼn voortdurende gejil van die moordlustige, wraaksugtige swart skare hoorbaar.
Nel se prokureur, Frikkie Pretorius het gesê dat ʼn kriminoloog, ʼn sielkundige en ʼn psigiater in diens geneem sou word in ʼn poging om Nel tot Weskoppies, ʼn psigiatriese inrigting in Pretoria, vir waarneming toegelaat te kry.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.