praag.co.za

Hoof van ANC-politieke skool weer voor vir dronkbestuur

Written by

in

,
Yengeni by minister Fikile Mbalula se inisiasie
Yengeni by minister Fikile Mbalula se inisiasie

Tony Yengeni, oud-MK en lid van die ANC se uitvoerende komitee, sal Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof tereg te staan op ‘n aanklag van dronkbestuur.

Yengeni is op die oomblik uit op R500 borgtog.

Hy is in Augustus verlede jaar in Groenpunt in hegtenis geneem.

Yengeni is hoof van die ANC se politieke skool

Dit is die tweede klag van dronkbestuur teen hom. In November 2007 is hy in Goodwood, Kaapstad ook in hegtenis geneem vir dronkbestuur. Die saak is uitgegooi omdat daar met bloedmonsters gepeuter was.

Yengeni is voorheen skuldig bevind aan bedrog toe hy afslag op ‘n luukse motor tydens die tenderproses vir ‘n omstrede wapentransaksie bekom het.

Michael Woerfel van EADS was ook in die bedrogsaak betrek terwyl Yengeni lid van ‘n parlementêre komitee was.

Yengeni moes verslag oor transaksie doen. Die saak teen Woerfel is teruggetrek omdat Yengeni onskuldig bevind is op die aanklagte ivm Woerfel.

Yengeni is na die Pollsmoor-gevangenis naby Kaapstad gestuur in 2006, maar byna onmiddellik na die meer moderne Malmesbury-gevangenis oorgeplaas.

Hy is op parool vrygelaat op 15 Januarie 2007 ná die voltooiing van ‘n skamele vier maande van die vier-jaar vonnis.

 

Comments

8 responses to “Hoof van ANC-politieke skool weer voor vir dronkbestuur”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    Hierdie kader gaan ook NIKS oorkom nie, merk my woorde. As jou vel swart is, kom jy weg met moord.

    1. StalinX Avatar
      StalinX

      Soos daar gese word:”Alles wat reg was is nou verkeerd, en alles wat verkeerd is, is nou reg!”

      1. Rifrug Avatar
        Rifrug

        Jesaja 5:20 Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis …

  2. Willy Avatar
    Willy

    Hy word van dag een soos beskermde wild behandel. Hier gaan ook niks van kom nie.

  3. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    wat leer hulle by die ANC skool?

    1. Gas Avatar
      Gas

      Die voorvel vastrap

      1. Eric Bornman Avatar
        Eric Bornman

        he he he he he wie trap hom vas? wha ha ha ha

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        Is dit die beste waarmee jy voor die dag kon kom?

Leave a Reply