deur Leon Lemmer Die standaardweergawe van die gebeure in Sharpeville in 1960 is dat blanke polisiemanne sonder waarskuwing op ongewapende en vreedsaam betogende swartes geskiet het. Die geykte weergawe van die Soweto-onluste in 1976 is dat swart skoolkinders spontaan in opstand teen Afrikaans as onderrigtaal gekom het. Nelson Mandela vertel in sy outobiografie dat duisende
Hein Boonzaaier kry ontslag weens ‘gebrek aan getuienis’
Mnr. Hein Boonzaaier, een van die aangeklaagdes in die sogenaamde “Bloemfontein-4-terreursaak” het vandag ontslag gekry in die Bloemfonteinse landdroshof weens ‘n gebrek aan enige getuienis teen hom. Die staat het die saak teen hom teruggetrek. Volgens mnr. Boonzaaier, het hy op Geloftedag, 16 Desember 2012 met sy hond in sy tuin gaan stap. Hy woon
Lees verder: Hein Boonzaaier kry ontslag weens ‘gebrek aan getuienis’
Staat sal nie Marikana-slagoffergesinne bystaan nie
Die Menseregte-kommissie het Donderdag ‘n beroep op President Jacob Zuma gedoen om die kommissie se sperdatum van 31 Oktober uit te stel sodat die kommissie sy werk kan voltooi. Die MRK se verteenwoordiger by die kommissie sê ‘n gebrek aan befondsing het die werk van die kommissie ontwrig. Die hoofregsverteenwoordiger van die mynwerkers, advokaat Dali
Lees verder: Staat sal nie Marikana-slagoffergesinne bystaan nie
Meer as twee-derdes van Ramphele se rykdom van SEB
Meer as twee–derdes van die Agang–leier Mamphela Ramphele se R55–miljoen kom van SEB-transaksies. Ramphele, wat die huidige SEB-beleid uitgekryt as ‘n “mislukking” op die Agang–webwerf, het R40–miljoen van bemagtigingstransaksies gemaak, het The Star berig. “Die manier waarop SEB toegepas word misluk in sy primêre doel van transformasie van die ekonomie, maar het ‘n hoë koste
Lees verder: Meer as twee-derdes van Ramphele se rykdom van SEB
N2 weer gesluit weens oproer
Die N2 naby Khayelitsha op die Kaapse Vlakte is vir verkeer gesluit weens ‘n protesoptrede. Die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa sê die protesgangers bestook ook voertuie met klippe. Die gedeelte van die pad wat geraak word is tussen die R300 en Mew-weg. Die polisie monitor die situasie. Intussen hou die polisie en verkeersbeamptes steeds die
Vrystaatse burgemeesters met afdanking gedreig
Burgemeesters in die Vrystaat is deur die ANC met afdanking gedreig indien hulle nie hul pligte uitvoer nie. Thabo Meeko, woordvoerder van die ANC in die Vrystaat, het gesê burgemeesters het vroeër dié maand briewe onderteken wat die ANC toestemming gee om hulle af te dank indien hulle nie hul werk doen nie. Hy sê
Vermeende babaverkragter weer voor
‘n Plaaswerker van Ceres wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n vier maande oue baba en ‘n sewejarige seun verkrag het, sal Donderdag weer in die hof verskyn. Die man het na bewering by ‘n wendyhuis ingegaan terwyl die kinders geslaap het, en hulle daarna ontvoer en verkrag, berig Eyewitness News. Die 25-jarige man is
Ligte vliegtuig stort neer in Mpumalanga
Twee middeljarige mans is dood nadat ‘n ligte vliegtuig in Matibidi, Mpumalanga, neergestort het, het paramedici gesê. “Die mans het reeds gesterf voor die helikopter van die provinsiale nooddienste op die toneel aangekom het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. ‘n Mediese helikopter in Nelspruit is na die toneel ontbied om te help, maar
SA ontplooi soldate in DRK na Veiligheidsraad se goedkeuring
Suid-Afrikaanse soldate gaan in die suide van die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi word nadat die hoof van die Verenigde Nasies se missie in die DRK die beskerming van burgerlikes beveel het. Die ontplooiing is deur president Jacob Zuma goedgekeur. Zuma het gister in Angola aangekom om vredespogings met die president van die DRK,
Lees verder: SA ontplooi soldate in DRK na Veiligheidsraad se goedkeuring
Zille storm uit vergadering oor SANW nie ontplooi word
Die emosionele uitbarstings van die Wes-Kaapse premier, Helen Zille is al bekend agv haar energieke Twitter-vingers. Zille het Donderdag weer vir ongelukkigheid gesorg nadat sy uit ‘n vergadering met die minister van polisie Nathi Mthethwa gestorm het. Die vergadering is belê om hernude bendegeweld te bespreek op die Kaapse Vlakte. Mthethwa se woordvoerder, Zweli Mnisi,
Lees verder: Zille storm uit vergadering oor SANW nie ontplooi word
