‘n Plaaswerker van Ceres wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n vier maande oue baba en ‘n sewejarige seun verkrag het, sal Donderdag weer in die hof verskyn.
Die man het na bewering by ‘n wendyhuis ingegaan terwyl die kinders geslaap het, en hulle daarna ontvoer en verkrag, berig Eyewitness News.
Die 25-jarige man is ‘n week gelede in hegtenis geneem en verskyn vir die tweede keer in die Ceres-landdroshof.
Hy staan tereg op aanklagte van verkragting en ontvoering. Dit is nie bekend of hy om borgtog gaan aansoek doen nie.
Intussen het die Rooikruis-kinderhospitaal Donderdag gesê die baba is in ‘n stabiele toestand nadat sy ‘n vyfde operasie ondergaan het. – EWN
