Twee middeljarige mans is dood nadat ‘n ligte vliegtuig in Matibidi, Mpumalanga, neergestort het, het paramedici gesê.
“Die mans het reeds gesterf voor die helikopter van die provinsiale nooddienste op die toneel aangekom het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.
‘n Mediese helikopter in Nelspruit is na die toneel ontbied om te help, maar by hul aankoms is ontdek dat die twee mans reeds aan hul beserings omgekom het.
Die ligte vliegtuig het neergestort in ‘n gebied van modder en digte bosse naby Potholes in Matibidi. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk word ondersoek. – Sapa

Innige meegevoel aan hulle naasbestaandes en familie.
Wil ook net byvoeg dat die “potholes” selfs ‘n invloed het op lugverkeer.