Ligte vliegtuig stort in Midrand neer

Twee insittendes van ‘n ligte vliegtuig is Woensdagoggend in Midrand is beseer hulle neergestort het.

Verteenwoordigers van die plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel

Volgens ER24 het hulle vanoggend vroeg naby Krugerlaan ‘n ligte vliegtuig onderstebo in die veld naby die lughawe aangetref.

Die twee mans, in hul dertigs, het om die beskadigde vliegtuig geloop toe die paramedici opdaag.

“Hulle was baie gelukkig en is net lig beseer. Albei is na die Sunninghill-hospitaal vir waarneming geneem,” lui die verklaring.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

Vliegtuigongeluk in Richmond eis 2

richmond‘n Ligte vliegtuig se wrakstukke is vroeg Donderdagoggend op ‘n suikerriet-plaas buite Richmond in KwaZulu-Natal opgespoor.

Die vliegtuig het Woensdagmiddag van radarskerms af verdwyn. ER24 se woordvoerder Werner Vermaak het gesê die vliegtuig het vermis geraak kort nadat hy van die Oribi-lughawe in Pietermaritzburg opgestyg het.

Albei die insittendes van die vliegtuig is in die ongeluk dood.

Swaar reën en mis in die gebied het die polisie en reddingswerkers se soekpogings in die wiele gery en die soektog is eers afgelas.

‘n Woordvoerder vir die KwaZulu-Natalse polisie, kaptein Thulani Zwane sê een van die oorledenes se selfoon was deurentyd aangeskakel.

Die polisie het die sein gebruik om die wrak se posisie te trianguleer wat na die ongelukstoneel gelei het.

Ligte vliegtuig val buite Stellenbosch

pineta‘n Man is dood toe ‘n ligte vliegtuig Donderdagmiddag naby die La Pineta-restaurant buite Stellenbosch neergestort het.

Die vliegtuig het in ‘n aarbeiveld neergestort.

Sover wil dit voorkom asof slegs die vlieënier aan boord was.

Die rede vir die ongeluk word deur die relevante owerhede ondersoek. – ER24

Ligte vliegtuig stort neer in Mpumalanga

er24Twee middeljarige mans is dood nadat ‘n ligte vliegtuig in Matibidi, Mpumalanga, neergestort het, het paramedici gesê.

“Die mans het reeds gesterf voor die helikopter van die provinsiale nooddienste op die toneel aangekom het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.

‘n Mediese helikopter in Nelspruit is na die toneel ontbied om te help, maar by hul aankoms is ontdek dat die twee mans reeds aan hul beserings omgekom het.

Die ligte vliegtuig het neergestort in ‘n gebied van modder en digte bosse naby Potholes in Matibidi. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk word ondersoek. – Sapa