Onrus by Bloemfontein bedaar

Die situasie in Heidedal by Bloemfontein waar chaos Woensdag geheers het, blyk terug na normal te wees.

Dit volg na ‘n beweerde bendegroep genaamd die AmaRomans, amok veroorsaak het en skole op hol gehad het en met geweld gedreig het.

Skole is ontwrig toe bendelede net na 08h00 Wonesdagoggend skole in Heidedal probeer binnegaan het om leerders na bewering te beroof.

Volgens inligting wat aan OFM-nuus verskaf is, het die geweld in Fase6 begin voor dit na Heidedal oorgespoel het.

Polisie is ontplooi om die situasie onder bedwang te bring, maar nie voor die Heidedal-gemeenskap ‘n lid van die publiek, wat vir ‘n bendelid aangesien is, ernstig aangerand het nie.

Vrystaatse polisewoordvoerder, Joy Xaba, sê alles is onder beheer en geen nuwe voorvalle is aangemeld of verdere arrestasies is gemaaak nie. Een person is dood tydens gister se oproerigheid en ‘n ander ernstig beseer.

Zille storm uit vergadering oor SANW nie ontplooi word

zazille2Die emosionele uitbarstings van die Wes-Kaapse premier, Helen Zille is al bekend agv haar energieke Twitter-vingers.

Zille het Donderdag weer vir ongelukkigheid gesorg nadat sy uit ‘n vergadering met die minister van polisie Nathi Mthethwa gestorm het. Die vergadering is belê om hernude bendegeweld te bespreek op die Kaapse Vlakte.

Mthethwa se woordvoerder, Zweli Mnisi, het gesê Zille het die vergadering vroeg verlaat, met die verskoning dat sy ‘n afspraak met die minister van menslike nedersettings Connie September het.

“Die minister was hier teen 10:30 vir die geskeduleerde vergadering om 11:00. Maar ons moes lank wag vir die premier om te kom,” het hy gesê.

Die vergadering is belê nadat Zille ‘n ope brief aan die minister van polisie gerig het waarin sy vra dat die SANW ontplooi word in warm kolle soos Manenberg.

By die vergadering het Mthethwa gesê dat sosio-ekonomiese toestande op die Kaapse Vlakte agter die geweld sit en dit moet verbeter word.

Maar Zille het haarself glo gewip en gesê troepe moet dadelik ingeroep word om die strate te patrolleer.

Zille het haarself skielik verskoon om blykbaar vir September te gaan ontmoet. Mthethwa en sy amptenare moes daarna ontdek dat sy by inligtingsessie joernaliste by die parlement toegespreek het.

Zille se woordvoerder, Zak Mbhele, het ontken sy Donderdagmiddag uit die vergadering gestorm het. – timeslive.co.za

Veertien skole sluit weens bendegeweld in Kaapstad

manenbergVeertien skole in Manenberg, Kaapstad, sal gesluit word vir die volgende twee dae as gevolg van bendegewelddreigemente, het die LUR vir onderwys, Donald Grant, gesê.

“Ongelukkig word die veiligheid van ons leerders en opvoeders voortdurend bedreig in Manenberg. Sommige van ons opvoeders het na berig word by [die] sentrale dienskantoor vir diens aangemeld in plaas van hul skole,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Grant het gesê die besluit om die skole te sluit is na aanleiding van advies van onderwysers.

Provinsiale regeringsleiers sal Donderdag met ‘n verteenwoordigende groep van hierdie onderwysers ‘n pad vorentoe bespreek.

Grant het gesê sy departement ‘n groot deel van die hulpbronne en ondersteuning aan Manenberg gegee sedert die uitbreek van die bendegeweld.

“Die departement het alles in sy vermoë gedoen om leerders en onderwysers te beskerm in die skool, maar dit kan ongelukkig nie vrede en veiligheid in die gemeenskap verseker nie,” het hy gesê.

“Ons beamptes en opvoeders is nie wetstoepassers nie. Wetstoepassing is die verantwoordelikheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.”.

Grant het gesê skole en die departement het staatgemaak op die polisie om orde te handhaaf. – Sapa

Gedenkdiens vir polisieslagoffers van Kaapse bendegeweld

drugsct‘n Gedenkdiens sal Maandag in Kaapstad gehou word vir die vier polisielede wat in die jongste voorvalle van bendegeweld in die Kaapse Skiereiland doodgeskiet is.

Nog ‘n polisielid is steeds in die hospitaal. Die polisie sê verskeie leidrade word opgevolg om die skuldiges vas te trek.

In die heel jongste voorval is ‘n 34-jarige polisielid verlede week deur twee onbekende mans by sy huis in Montclair in Mitchellsplein afgemaai.

Die nasionale polisiekommissaris Riya Phiyega sal na verwagting ‘n krans by die Khayelitsha polisiestasie lê, waarna ‘n diens later in Kuilsrivier gehou sal word.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het vroeër gesê die polisie oorweeg ‘n meesterplan om die dwelmprobleem op die Kaapse Vlakte te pak. Mthethwa sê Philippi is as ‘n loodsprojek aangewys.

Hy het ook gesê die Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille, steun hom in die benadering, wat behels dat maatskaplike ontwikkeling, gesondheid, onderwys en die polisie in ‘n vennootskap saamwerk.

Mthethwa sê hy is tevrede met die polisie se stryd teen dwelms in die Wes-Kaap, maar die hoë voorkoms van bendegeweld moet aandag kry.

Nie die minister of De Lille het verduidelik hoe die twee probleme geskei kan word nie, aangesien bendegeweld en dwelms nou verwant is.

De Lille se woordvoerder, Solly Malatsi, het bevestig dat die DA en ANC verlede maand in verband met die anti-dwelmveldtog oorleg geplaag het.

Hy sê Mthethwa het ook ingestem om met die provinsiale regering oor die saak saam te werk.

President Jacob Zuma sê buitengewone ingrypings is nou nodig om bendebedrywighede te bekamp. Hy het op Botshabelo, oos van Bloemfontein gepraat as deel van die ANC se veldtog vir volgende jaar se algemene verkiesing.

Die president sê bendelede wat gemeenskappe terroriseer is simbolies van ‘n ongesonde gemeenskap. Hy het slagoffers van bendegeweld in die gebied besoek en belowe om met die polisie te praat sodat stappe gedoen kan word.

Bendegeweld in Chicago het met 40% toegeneem sedert Obama verkies is

> on September 28, 2009 in Chicago, Illinois.‘n Amerikaanse Kongreslid, Bobby Rush, is een van vele swart Ametrikaanse leiers wat dweep met Trayvon Martin, die swart tiener se dood. Martin is deur ‘n bruin buurtwaglid Gerorge Zimmerman geskiet nadat Martin vir Zimmerman aangerand het, en hy hom uit selfverdediging geskiet het.

Rush is ‘n kongreslid wat die mees gewelddadige stad in Amerika verteenwoordig. Chigaco is die stad waarin meer as 500 mense dood is verlede jaar, 74 persent van hulle Afro-Amerikaans, en 80 persent van die moorde verteenwoordig, volgens die polisie, bendemoorde.

Bendes het toegeneem in Chicago met 40 persent sedert die VSA se eerste swart president verkies is.

Daar is egter geen federale program om dit te stop nie en geen politieke wil nie. Niemand wil ‘n eerlike gesprek daaroor te hê nie, maar ‘n kongreslid wat se eie distrik in totale chaos verkeer, wat ‘n “hoodie” as ‘n simboliese daad dra, het geen raad met die bendes in sy eie distrik nie, behalwe om wittes daarvoor aanspreeklik te hou.

Bendegeweld teister Brasilië

Brasilië se president het Maandag belowe om dwelmhandelaars die stryd aan te sê na ‘n naweek van chaos waarin 21 mense in Rio de Janeiro dood is, slegs twee weke nadat die stad die bod vir die 2016 Olimpiese Spele gewen het.

“Ons sal alles doen wat nodig is en alle nodige opofferings maak sodat ons die gemors kan skoonmaak wat hierdie mense in Brasilië aanvang,” het president Luiz Inacio Lula da Silva aan verslaggewers in Sao Paulo gesê.

Polisie in Rio het gesê dat die dodetal van die naweek se gevegte tussen mededingende bendes van 14 na 21 gestyg het nadat nog lyke in die Morro dos Macacos (“Monkey Hill”) krotbuurt, waar die skietery ook ‘n polisie-helikopter afgeskiet het, gevind is.

Twee van die ses amptenare het Saterdag gesterf nadat die helikopter ‘n rukkerige landing op ‘n sokkerveld gemaak het. ‘n Derde amptenaar, wat ernstige brandwonde opgedoen het, het Maandag gesterf.

Volgens Silva gaan die regering meer befondsing aan staatsowerhede gee om die dwelmbendes teen te werk wat baie van Rio se 1000 agterbuurtes beheer.

Hulle gaan ook aan die polisie ‘n koeëlvaste helikopter gee.

Hy het niks genoem oor sekuriteitsmaatreëls vir die Olimpiese Spele nie, maar het wel gesê dat Brasilië weet dat “hulle tyd nodig het om die probleme van die bendes, georganiseerde misdaad en die dwelmhandelaars in Rio de Janeiro op te los.”

Ander Brasiliaanse amptenare het gesê dat die gebeure hulle voornemens versterk het om Rio ‘n veiliger plek te maak voor die Olimpiese Spele en voor 2014, wanneer Brasilië die Wêreldbeker Sokkertoernooi gaan aanbied.

 

betting bonus no depositАлександр Фильчаков Васильевич