Veertien skole sluit weens bendegeweld in Kaapstad

manenbergVeertien skole in Manenberg, Kaapstad, sal gesluit word vir die volgende twee dae as gevolg van bendegewelddreigemente, het die LUR vir onderwys, Donald Grant, gesê.

“Ongelukkig word die veiligheid van ons leerders en opvoeders voortdurend bedreig in Manenberg. Sommige van ons opvoeders het na berig word by [die] sentrale dienskantoor vir diens aangemeld in plaas van hul skole,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Grant het gesê die besluit om die skole te sluit is na aanleiding van advies van onderwysers.

Provinsiale regeringsleiers sal Donderdag met ‘n verteenwoordigende groep van hierdie onderwysers ‘n pad vorentoe bespreek.

Grant het gesê sy departement ‘n groot deel van die hulpbronne en ondersteuning aan Manenberg gegee sedert die uitbreek van die bendegeweld.

“Die departement het alles in sy vermoë gedoen om leerders en onderwysers te beskerm in die skool, maar dit kan ongelukkig nie vrede en veiligheid in die gemeenskap verseker nie,” het hy gesê.

“Ons beamptes en opvoeders is nie wetstoepassers nie. Wetstoepassing is die verantwoordelikheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.”.

Grant het gesê skole en die departement het staatgemaak op die polisie om orde te handhaaf. – Sapa