Dan Roodt: En sê nou ons vervang SA Engelse met Europeërs?

Tydens my onlangse Europese reise het ek heelwat tyd gehad om te dink. Dikwels was ek alleen, wagtend op ‘n stasie of lughawe, of besig om iewers op die Franse platteland vir my aandete te voor te berei met slegs die TV as geselskap met berigte oor suiwer Franse aangeleenthede waarin die res van die mensdom kwalik sou belangstel.

Daar is ‘n Franse skrywer wat taamlik bekend op sosiale media is en ook dikwels as “verregs” afgemaak word. Hoewel, deesdae word enigiemand wat nie die ondergang van sy land of van die Westerse beskawing klakkeloos aanvaar nie, deur die hoofstroommedia as “verregs” gestigmatiseer. Renaud Camus, die betrokke Franse skrywer, het egter die frase “die Groot Vervanging” (le grand remplacement) beroemd gemaak sodat dit dwarsdeur Europa weerklink. In ‘n neutedop kom dit daarop neer dat die totale Europese of blanke bevolking deur immigrante, veral Moslemimmigrante uit Noord-Afrika, vervang gaan word. Dit is waarop die beleid van die Europese Unie te Brussel, asook vele linkse regerings op die Vasteland, neerkom.

In Suid-Afrika het ons natuurlik iets soos “transformasie” wat gedefinieer kan word as die “vervanging van blankes deur gekleurdes”. Dié beleid het ook Afrikaners, wat voor 1994 in groter getalle werksaam in die staatsdiens en staatsondernemings as Engelssprekendes was, veel harder as blanke Engelssprekendes getref. Vele Engelse was ook ten gunste van dié beleid om Afrikaners deur ander te laat vervang. Tans bevorder die Engelse media en akademici soos dr. Ruth Hall en prof. Ben Cousins die beleid om Afrikanerboere op hul eie grond deur swart boere te laat vervang.

Dog veel verder terug in ons geskiedenis was daar nog altyd ‘n beleid om Afrikaners deur ander, veral Engelse, te laat vervang. Ná die tweede vryheidsoorlog het Lord Milner sy bes probeer om soveel Engelse immigrante na die ou Boererepublieke te laat kom ten einde ons, wat juis demografies deur die volksmoord in die konsentrasiekampe verswak is, onder te ploeg.

Die huidige transformasie- en vervangingsbeleid beskik oor ‘n onderliggende veronderstelling waarvoor die meeste Afrikaners blind is: nóg die liberale Engelse, nóg hul lakeie of bondgenote onder die anderskleuriges (swart, bruin en Indiër), beskou ons as “Suid-Afrikaners” in die huidige sin van die woord. In die twintiger- en dertigerjare van die vorige eeu het rasegte Engelse aanstoot geneem aan die term “Suid-Afrikaner” wat veral deur genl JBM Hertzog bevorder is. Een Engelsman, Leonard Barnes, het selfs ‘n boek daarteen gepubliseer waarin hy Hertzog as die “Caliban van Afrika” verguis het. Die volle titel van sy publikasie was: Caliban in Africa: an impression of colour madness. In ‘n ander werk, The New Boer War, het Barnes bepleit dat Engeland die Britse kolonies rondom Suid-Afrika moet versterk en saam met swartes moet werk om Suid-Afrika tot ‘n val te bring.

Barnes en vele ander het geglo dat almal in ons land Britte moes wees — onderdane van die Britse Ryk — en dat enige “Suid-Afrikaanse” identiteit dus uit die bose was. Daarom is dit tans so ironies dat die term “Suid-Afrikaner” wat ten eerste deur Hertzog, die gehate “Caliban” (half-mens, half-monster en slaaf), verkondig is, vanaf 1994 toegeëien is om ‘n nuwe, eksklusief Engelse, identiteit te skep. Tans word Suid-Afrika gesien as “net nog ‘n Afrika-land” en “net nog ‘n vorige Britse kolonie met Engels as enigste voertaal”.

‘n Hele nuwe geslag Boerehaters en -vervolgers is besig om na vore te tree. Die veldtog op die kampus van die Universiteit van Pretoria, “Afrikaans must fall”, is geesdriftig deur die meerderheid Engelse verwelkom en die volgende stap, om Afrikaanse skole te verbied, lê net om die draai. Panyaza Lesufi, die fanaties anti-Afrikaanse LUR vir onderwys in Gauteng, het by Hoërskool Vereeniging en elders gepoog om Afrikaanse onderwys die doodskoot toe te dien.

Erger as Lesufi, wat bloot soos ‘n ANC-terroris (wat hy eintlik maar is) optree, is sy sikofante en napraters onder die hoernaliste. Daar is bekendes en gehates soos Adriaan Basson en Max du Preez wat maar altyd die logika agter elke magsgreep jeens Afrikaans en Afrikaners insien en probeer goedpraat. Maar die anti-Afrikaanse koor beskik oor meer as een stem, om ‘n musikale metafoor in te span. In sommige van die Engelse koerante wat minder deur ons mense gelees word, dikwels ook met betaalmure sodat hulle minder toeganklik is, word daar egter ‘n verbete veldtog teen ons taal en kultuur deur betaalde haatskrywers gevoer.

Onlangs is daar so ‘n sarsie in die Business Day afgevuur deur twee individue, Neels Blom en Hans(ie) Pienaar. Albei is uit huis uit Afrikaans, maar het nou Engels omhels soos die “Franskiljons” (om ‘n term by die Vlaminge vir Fransgesindes te leen) Frans omhels het. Blom, wat toevallig saam met my op skool was, destyds die Hoër Seunskool Helpmekaar, is nou so Engels dat hy ‘n soort politieke “vlieghengelrubriek” in die Business Day bedryf waarin hy gereeld gal oor Afrikaans en Afrikaners braak.

In sy mees onlangse skryfsel — dit rym met opdrifsel, so iets wat na mens toe aangedryf kom soos ‘n dooie, vrot vis — vaar hy teen Afriforum uit wat saam met die Zoeloekoning wil werk om grondgryp in Suid-Afrika te voorkom. (“Cold, calculated unity in a cause that has no substance”, Business Day 15 Oktober 2018.) Hy beskryf hulle en veral hul ondersteuners as “waansinnige nasionaliste” (delusional nationalists). Maar natuurlik is die o so Engelse gepeupel in dié land met hul Afrikaanshaat wat al dansend soos om ‘n teregstelling tydens ‘n halssnoermoord uitgespuug word, heel “rasioneel”.

Ek het al daaraan gedink om ‘n boek te skryf met die titel: Ken u vyand. Want die rede waarom die Afrikaner sy huidige ondergang beleef, waarom ons stadig maar seker óf tot emigrasie gedwing óf gewoon doodgemaak word, hang saam met ons onbewustheid sover dit ons vyande en hul planne aanbetref.

Die Engelse politieke leierskap in Suid-Afrika het nog nooit vir lief geneem met Afrikaners nie. Daarmee bedoel ek dat hulle nóg ons bestaansreg erken nóg ons reg om in die land te wees. Dit kom daarop neer dat Jan van Riebeeck se koms in 1652 ‘n fout was, maar nie Sir David Baird s’n in 1806 nie. Suid-Afrika moes ‘n “Klein Engeland” word. Toe Elizabeth II die land in 1947 per trein besoek het, het sy blykbaar opgemerk: “It is just like England.”

Juis dít is deel van ons probleem. Want ‘n groep Britte wat nie kommunisme en marxisme in hul eie land deurgevoer kon kry nie, wil dit in Suid-Afrika doen. Die mees ekstreme Engelse idees wat in London of Oxford uitbroei, word in ons land toegepas. Ons is die Frankenstein-monster binne ‘n Britse eksperiment.

Hier bo het ek genoem dat Afrikaners tans nie as “Suid-Afrikaners” beskou word nie. Die Engelse akademici en joernaliste bestee baie energie daaraan om te bewys dat ons nie werklik hier hoort nie, ons besittings (soos plaasgrond) by die swartes gesteel het en “deur apartheid bevoordeel is”. Trouens, die feit dat alle Afrikaners nie in plakkerskampe of selfs in konsentrasiekampe verkeer nie, is ‘n wonderwerk-in-die-kleine.

In ‘n privaat e-pos het ek aan Neels Blom van die Business Day gevra of hy wel Afrikaners as Suid-Afrikaners sou erken. In ‘n sarkastiese antwoord het hy teruggeskryf:

“Maar siende jy klaarblyklik onseker is oor jou Afrikaner-identiteit, Afrikaners is na my mening Suid-Afrikaners, by uitstek.”

Hoe kan iemand wat elders in die Business Day betoog het dat Engels die enigste opvoedingstaal in Suid-Afrika moet wees, vanaf laerskool tot universiteit, so iets sê? Ek vermoed dat Blom bedoel dat ons reeds gekoloniseer en verengels, en daarom deur die Engelse “reënboognasie” geassimileer is.

Toe ek op skool en universiteit was, het Engelse wat domheid in ‘n gesprek wou aandui, met ‘n gemaak Afrikaanse aksent begin praat. Met al die briljante swartes wat ons deesdae regeer, het dié gewoonte lyk my so effens verminder; nietemin sal geen Engelsman waag om domheid deur middel van ‘n swart Engelse aksent te illustreer nie, want dit sou mos rassisties wees. Wat my so aangaande uitbarstings van Boerehaat in die Engelse media fassineer, is hoe die Engelse onbewuste daardeur vir oomblikke sigbaar word, soos ‘n gordyn wat vir ‘n sekonde oopwaai.

Waarskynlik sou die Engelse redaksie van Business Day dit nie self waag om etniese haat jeens Afrikaners te verkondig nie. Maar as twee verloopte Afrikaners soos Neels Blom en Hans(-ie) Pienaar dit doen, is dit mos aanvaarbaar, nie waar nie? Ek meen egter dat sowel Blom as Pienaar bewustelik of onbewustelik aanvoel dat hul anti-Afrikaanse uitlatings groot byval by Engelse sou vind. Dis soos daardie Afrikaanse aksent wat jy namaak om domheid aan te dui: daardeur raak jy lid van die “Engelse klub”.

In Pienaar se geval, vaar hy uit teen die Gelofte van Bloedrivier en noem dit:

“…the document that has been at the centre of the racist version of Afrikaner nationalism, which brought us apartheid, decades of minority rule and untold misery for generations of nonwhites.” (“Afriforum strikes a strange chord when it comes to uniting Afrikaners”, Business Day 17 Okt. 2018.)

Eintlik is Bloedrivier ‘n klad op die geskiedenis, volgens Engelse historici. Die Zoeloes moes ons eerder almal daar uitgemoor het, man, vrou en kind. Dan sou Suid-Afrika mos van die negentiende eeu af suiwer Engels gewees het, nie waar nie? Geen Boererepublieke nie, geen Paul Kruger of Christiaan de Wet nie.

Nog iets: Anders as Afrikaners wat hulle vandag oor die Gelofte en hul pioniersgeskiedenis moet skaam, is Engelse trots op hul koloniale geskiedenis. Selfs linkse Engelse skryf met ademlose bewondering oor Lord Alfred Milner of Kitchener. Ditto Neels Blom en Hans(-ie) Pienaar. Britse kolonialisme herinner aan gholf op Woensdaemiddae, asook jenewer-en-tonikum, nie aan tienduisende swartes wat in die myne weens onveilige toestande gesterf het nie. En natuurlik vlieghengel. Laasgenoemde sport word gewoonlik in Skotland beoefen, dus weet ek nie of dit suiwer Engels is nie. Maar as jy vlieghengel met Boerehaat as aas kan beoefen, het jy ‘n wenresep.

Geen koloniale Britse naam is al ooit deur die ANC in Suid-Afrika, sover ek weet, verander nie. Rondom die erg linkse en marxistiese Universiteit van die Witwatersrand, is daar Empireweg en die Koningin Elizabeth-brug. Die Britse Ryk rym heel goed met Marx en Lenin.

Rassesegregasie is elders in die Britse Ryk en in die Amerikaanse Suide ewe geesdriftig as hier by ons beoefen. In die 1970s het die Amerikaanse presidentskandidaat en goewerneur van Alabama, George Wallace, steeds apartheid tussen blank en swart bepleit. Hy is tot vandag toe beroemd vir sy uitspraak: “Segregation now, segregation tomorrow, segregation forever.” Daaroor swyg die plaaslike Engelse en twee opperste joiners soos Blom en Pienaar in alle tale, veral in hul geliefde Rooitaal.

Terloops, die liberale sanger Neil Young, het ‘n liedjie teen Alabama geskryf, iets wat later deur die Suidelike rockgroep Lynyrd Skynyrd beantwoord is met die beroemde nommer, “Sweet Home Alabama”. Hulle was nie skaam om vir hul kultuur en identiteit op te staan nie.

Nêrens elders in die Westerse wêreld (Kanada, België, selfs Brittanje waar Wallies, Iers en Skots erkenning geniet) sou ‘n situasie geduld word waar een taal ‘n ander oorheers soos in Suid-Afrika nie. Engelse werk saam met swartes, Indiërs en daardie afskuwelike bruines waaroor Leon Lemmer al male sonder tal geskryf het om ons taal en kultuur dood te maak.

Afrikaans se heil lê by Europa, asook by die konserwatiewe deel van Amerika. Hoewel Amerikaners Engelssprekend is, is hulle nie hatig op ander tale nie, anders as Engelse. Ek ken ‘n Amerikaner wat vir homself Afrikaans vanaf CD’s in sy motor geleer het. Tans heers daar groot belangstelling in Afrikaners by die meer regse Amerikaners wat ook meesal Trump-ondersteuners is. Hulle het gesien hoe Detroit onder swart bestuur van ‘n ryk, welvarende en stylvolle stad tot ‘n misdaadgeteisterde hool verval het, daarom het hulle begrip vir wat ons in Suid-Afrika deurmaak. As deel van PRAAG se nuwe media-inisiatief, gaan ons video’s van die middestede van Johannesburg en Pretoria maak om aan die wêreld te toon hoe “vooruitgang” onder “progressiewe Engelse regering” in Suid-Afrika lyk.

Daar is maar 1,6 miljoen Engelse in Suid-Afrika, waarvan ‘n miljoen of so rasegte Britte is. Die res bestaan uit verengelste Afrikaners, Grieke, Portugese, Italianers en ander immigrante. Hulle word deur geen gemeenskaplike identiteit of nasionalisme gebind nie. Sommige is ons wel goedgesind, het Afrikaans geleer en ons kultuur van te kuier en die buitelewe te geniet hul eie gemaak. Maar ons moet aanvaar dat die meerderheid stedelike Engelse, veral in Johannesburg en Kaapstad, hul Boerehaat in samewerking met die ANC tot nuwe hoogtes gaan voer.

Indien die Afrikaner polities en ekonomies weer kon opstaan, sou ons hulle egter geredelik kon vervang. Daar is miljoene Europeërs wat ons goedgesind is, waardering vir ons kultuur het en graag na Suid-Afrika sou wou emigreer indien ons daarin sou kon slaag om die juk van die ANC (en linkse Engelse en hul Afrikanermeelopers) van ons af te werp.

Die Afrikaner se grootste stryd is in eie geledere, om die ou spreuk wat uit die Nederlands-Spaanse oorlog van die 1500s dateer, te verwesenlik: Eendracht maakt macht. Afrikaners se verhouding tot Engelse was dwarsdeur ons geskiedenis ‘n verdelende faktor. Ook om daardie rede moet ons ons geledere teen teen die linkse Engelse van Johannesburg en Kaapstad sluit.

Wat Blom en Pienaar betref, verdien hulle om teen ‘n muur gesit en doodgeskiet te word. Jan Smuts, wat saam met Bram Fischer en Beyers Naudé een van die min Afrikaners is wat ooit deur Engelse geëer is, het as Boeregeneraal geen genade teenoor verraaiers betoon nie en hulle voor die voet laat fusilleer.

Die nasate van die Britsgesinde Sappe sal dus kwalik omgee om só te sterf, volgens die Smuts-metode.

Leon Lemmer: ‘Die opkoms en ondergang van die NG Kerk’

Jean Oosthuizen is ‘n joernalis wat by die Perskor-koerante en die SABC gewerk het voordat hy in 2002 Kerkbode se nuusredakteur geword het. Hy is in 2013 ontslaan. Die volgende boek van hom is op 1 Oktober gepubliseer: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk (Kaapstad: Penguin Books, 2018, 245p, R260; Amazon Kindle $14). Daar is veral drie temas: anti-apartheidspolitiek, kritiek op die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk en empatie vir homoseksualiteit.

Soos in die geval van mede-joernaliste soos Harald Pakendorf en Ton Vosloo wek Oosthuizen die indruk dat hy ‘n oer-kritikus van apartheid is. Die Nasionale Party (NP), die Afrikaner-Broederbond en die NG Kerk word, soos dikwels sedert 1994, “die onheilige drie-eenheid” genoem (bv Kindle 58). Eersgenoemde het verdwyn terwyl die ander twee besig is om te kwyn en dalk te verdwyn. Die historiese NG Kerk word ook “die Nasionale Party in gebed” genoem (bv 66). “Die Nasionale Party [het] saam met die NG kerk in die bed geklim … om apartheid tot sy uiterste en dwaasste konsekwensies deur te voer” (117). Talle ander geykte terme en frases word gebruik, wat toon dat die outeur goed oor hierdie drie onderwerpe ingelig is. Die bibliografie dui op ‘n mate van belesenheid, maar nie op diepsinnige of omvattende navorsing nie.

Baie van die inligting is tydens die bywoning van byeenkomste (bv sinodesittings) en onderhoude bekom, asook uit (vertroulike) briefwisseling wat aan die outeur “gelek” is. Oosthuizen het ‘n grief teen die NG Kerk. In daardie sin kan die boek ‘n griefskrif genoem word. “Ek sou eers later in my lewe besef dit is geen sonde om anders te dink as almal om jou nie” (4493). Ek skryf egter nie in besonderhede oor Oosthuizen se persoonlike geskil met die kerk nie en bepaal my eerder by kwessies van meer algemene belang. By geleentheid is Oosthuizen as “veeleisend en dikvellig” beskryf (2055). Die Kerkbode-direksie het glo “geen agting vir joernalistieke beginsels óf die waarheid” nie (219). “Dit is geen akademiese of historiese boek nie en sekerlik ook nie altyd objektief nie. Dit is my persoonlike reis met die kerk en sy mense vanuit mý perspektief” (89).

Heelwat klem word gelê op die “profetiese stem” (bv 74) wat die kerk veronderstel is om te hê. Hierdie stem klink op wanneer die kerk iets sê of doen waarvan Oosthuizen hou, maar die kerk verloor sy profetiese (voorspellende, progressiewe) stem wanneer hy iets sê of doen waarvan die outeur nie hou nie. Dan word die kerk sonder meer van die najaging van eiebelang beskuldig en ongenuanseerd met apartheid vergelyk (74). Die waardes waaroor Oosthuizen hoog opgee, is bv eerlikheid, geregtigheid, en menswaardigheid (74). Later word deursigtigheid bygevoeg (2225). Hulle is almal sekulêre/wêreldse/hiermaalse waardes omdat die outeur “reeds afskeid geneem [het] van die Christelike geloof soos wat dit in die ekumeniese belydenisse gedefinieer word” (97). Sommige van die gebeure wat by Oosthuizen spook, word herhaaldelik opgehaal. Die standpunte waaroor hy sterk voel, word oormatig verduidelik.

Oosthuizen se perspektief is myns insiens gebrekkig. Byvoorbeeld, in hoe ‘n mate is die volgende veralgemenings geldig: “Dit was duidelik dat my kerk nie in die waarheid belangstel nie en dat sy eie belange swaarder weeg as waarheid en geregtigheid” (2232), “Die kerk bied nie regtig ‘n veilige ruimte om eerlik oor geloof te praat nie” (2331) en “Wanneer die NG Kerk se geskiedenis in oënskou geneem word, kan dit in een sin opgesom word: ‘n Kerk van verspeelde kanse en ‘n huis wat byna van die begin af tot vandag nog in vele opsigte in homself verdeel is” (269). Hy gaan dan voort om juis die groot mate van eenstemmigheid in die kerk uit te wys: “Die NG Kerk sal onder andere onthou word vir sy reuse-aandeel aan apartheid, maar ook vir die neo-Calvinisme, patriargie en homofobie wat vandag nog springlewendig is in die kerk. Rassisme kom steeds in talle kerkrade en selfs sommige sinodes voor, al het die NG Kerk apartheid reeds in 1986 op papier probeer afsweer” (274). ANC-kornuite beweer graag dinge het in 1652 begin skeefloop. Oosthuizen stem saam: “Die gereformeerde geloofsoortuiging wat Van Riebeeck aan die Kaap wou vestig, het saadjies van selfregverdiging en selfvernietiging in hom gedra” (288). Hy sê dit onder meer omdat die kerk tydens die Hollandse bewind aan die staat onderhorig was (295). Maar selfs wanneer die kerk hom selfstandig ag, kan die mode-politiek gevolg word, bv soos wat die NG Kerk sedert 1986 van pro- na anti-apartheid omgeskakel het.

“In 1857 besluit die sinode van die NG Kerk dat die Nagmaal weens ‘die swakheid van sommige’ afsonderlik aan wit en bruin mense bedien moet [!] word” (323; ook 349, 371) – “kan word” is nader aan die waarheid. Oosthuizen haal hierdie besluit woordeliks aan. Daarvolgens verkies die sinode “dat onze ledematen uit die Heidenen, in onze bestaande gemeenten opgenomen en ingelijfd worden … maar waar deze maatregel, en [in?] gevolge van die zwakheid van sommigen, die bevordering van de zaak van Christus onder die Heidenen, in den weg zoude staan, de gemeente uit de Heidenen opgerigt, of nog op te rigten, hare Christelike voorregten in een afzonderlik gebouw of gesticht genieten zal” (371). Dit is baie duidelik dat afsonderlike nagmaalbediening en afsonderlike kerklike byeenkomste en kerke ingevolge hierdie besluit nie verpligtend nie maar opsioneel was. Oosthuizen, Allan Boesak en diesulkes verkies egter om dit anders voor te stel.

Hulle hou veral daarvan om die 1857-besluit uitsluitlik oor die politieke boeg te gooi deur die voorstanders van apartheid as swakkelinge uit te beeld en integrasioniste as brawe mense wat kultuur- en ander verskille ontken. Die besluit het glo verband gehou “met kleurgevoelens en vooroordele” (379; ook 468). Dit is ‘n voorbeeld van hoe destydse probleme eensydig vertolk word om eietydse propaganda en aktivisme teen die NG Kerk en Afrikaners te dien. Die 1857-besluit verwys in werklikheid enersyds (ook/veral) na sommige bruin lidmate se beperkte vermoë om preke in (Hoog)Hollands te verstaan en andersyds na veral bruin lidmate wat aanstootlik vuil, onnet geklee en gesuip by die kerk opgedaag het. Byvoorbeeld, dit is ‘n historiese feit dat ‘n bruin vroulike lidmaat destyds ‘n beroering in die gemeente Malmesburg veroorsaak het toe sy nagmaal wou gebruik terwyl sy erg besope was.

“Met die totstandkoming van die NG Sendingkerk [in 1881] is die eenheid in die NG Kerk finaal [! – ook 379 ] verbreek. Nie op grond van belydenis- of geloofsverskille nie, maar op grond van ras. Met die verloop van tyd ontstaan daar vanuit die NG Kerk die Familie van NG Kerke waar wit, swart, bruin en Indiër dieselfde God in verskillende kerke volgens die kleur van hulle vel moes aanbid” (331). Oosthuizen gooi die ontstaan van hierdie vier verskillende kerkgenootskappe uitsluitlik oor die boeg van ras en velkleur, terwyl dit by uitstek om (groot) kultuur- (bv taal-) verskille gaan. As daar nie kultuurverskille was nie, sou daardie verskillende kerkgenootskappe nie bestaan het nie. Met verwysing na die 1986-besluit (die oopstelling van die kerk vir alle rasse – 338), skryf hy “van die NG Kerk wat meer as drie dekades later in wese steeds ‘n blanke kerk is” (338), wat daarop kan dui dat dit om veel meer as verskil in velkleur gaan. Die gemeentes is steeds “lelieblank” (683). Die predikante is “nog feitlik almal spierwit en hoofsaaklik mans” (691). Tog is daar in baie NG Kerk-gemeentes ‘n meer progressiewe gees as by die behoudende byeenkomste van die uitsluitlik blanke Afrikaanse Protestantse Kerk (APK), wat in 1987 deur Willie Lubbe (1922-2017) gestig is. (Ek het Lubbe as ‘n voortreflike akademikus en intellektueel geken.)

Tydens die Hollandse bewind het rassevermening, volgens Oosthuizen, “op ‘n redelike groot skaal voorgekom” (349). Op grond van omvattende navorsing het Hans Heese egter bevind dat Afrikaners slegs sowat 7% nie-blanke bloed het. “Die sterk kleurgevoel wat die Afrikaner later gekenmerk het, het eers teen die einde van die 18de eeu ontstaan” (349). Dit val saam met die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795. Dit is algemeen bekend dat die Britte, anders as die Franse en veral die Portugese en Spanjaarde, rasseskeiding in hulle kolonies voorgestaan het. Apartheid was ‘n uitvloeisel hiervan. Oosthuizen verwyt die Britte nooit hiervoor nie. Hy kasty uitsluitlik die NG Kerk en die Afrikaners. Op ‘n soortgelyke eensydige manier word die maatreëls wat die NP-regering met die oog op die selfbehoud van die blankes getref het, gedemoniseer, maar nie die onbeskaafde gedrag van die ANC/UDF wat ruimskoots uiting in bv vandalisme en terrorisme gevind het nie.

“Die woord ‘apartheid’ het sy ontstaan in 1929 uit die geledere van die NG Kerk gehad” (344). Ds Jan Christoffel du Plessis van Bethlehem het by ‘n konferensie in Kroonstad oor sendingwerk gepraat van “apartheid wat ons gedragslyn nog altyd gekenmerk het” (395). “Du Plessis het ‘apartheid’ bedoel as ‘n teenvoeter vir die integrasiebenadering van die Engelse sendelinge wat na sy mening bekeerlinge probeer kry deur hulle die Westerse beskawing en godsdiens te laat naboots” (402). “In politieke kringe is die woord ‘apartheid’ eers in 1943 vir die eerste keer in Die Burger gebruik. In 1944 was dr DF Malan die eerste man wat dit in die Parlement gebruik het” (387). Wat Oosthuizen blykbaar te kenne wil gee, is dat die NG Kerk die NP met apartheid vooruitgeloop het. “Die kerk het [in 1935] by die regering begin aandring op wetgewing wat huwelike tussen blankes en gekleurdes verhinder en om aparte woonbuurte, skole en kolleges te skeLeon Lemmer: ‘Die opkoms en ondergang van die NG Kerk’p” (410); klaarblyklik om maatskaplike wrywing te voorkom of verminder. Ton Vosloo verskaf egter ‘n nie-NGK- en nie-NP-oorsprong vir die term “apartheid”: “Die woord apartheid is reeds in 1919 deur Jan Smuts in ‘n toespraak gebruik” (Praag 31.08.2018).

Oosthuizen gaan verder: “Die Nasionale Party het die kerk se standpunt gebruik as regverdiging vir sy rassebeleid om op almal ‘n bepaalde identiteit af te dwing” (402). Dit is myns insiens ‘n verwringing van die waarheid. Die beleid van apartheid/afsonderlike ontwikkeling het aan iedere etniese groep sy kultuureie gegun en dit ook bevorder. In die nuwe Suid-Afrika word sover moontlik ‘n enkele identiteit, naamlik swart Afrikanisme met Engels as voertaal, aan almal opgedring. Minderheidsregte word misken onder die voorwendsel dat dit gaan om die bou van ‘n Suid-Afrikaanse nasie wat naatloos by die res van swart Afrika moet inskakel, maar nie by Noord-Afrika se Egiptenare, Arabiere en Berbers nie. “Dit was veral na die Nasionale Party se beleidsoorname in 1948 dat die NG Kerk apartheid al hoe meer uit die Bybel probeer regverdig het” (439). “In die uitvoering van sy besluite het die kerk niks [!] anders gedoen as om rassisme te legitimeer nie” (446). Hiermee word apartheid sonder meer rassisme genoem. Retories kla Oosthuizen oor “die pyn, leed en vernedering” wat die NGK-gesteunde apartheid tot gevolg gehad het “in die miskenning van ander se menswaardigheid” (417). Nêrens opper hy egter beswaar teen die rassediskriminasie wat die ANC-regering met soveel oorgawe ten koste van veral die blankes bedryf nie.

Wat van al die goeie dinge wat die NG Kerk ontfermend oor baie dekades vir swartes en bruines gedoen het, bv die groot finansiële offers wat baie lidmate gebring het? “Ongelukkig is dit dikwels op ‘n paternalistiese manier gedoen waar daar meerderwaardig neergekyk is op ander rasse” (446). Dit sluit in: “Die meerderwaardigheid waarmee Christen-sendelinge ander mense gewoonlik [!] bejeen” (453). Die sendelinge het die Christelike godsdiens weliswaar hoër as ander godsdienste geag (461). Hoe dan anders? Waarom sou ‘n sendeling die Christelike godsdiens uitdra as hy nie gedink het dit is ‘n beter opsie nie? Die gelykverklaring van mense en godsdienste het eers weens die post-modernisme inslag begin vind. Die beterweter Desmond Tutu verkondig bv ‘n grenselose ekumenisiteit waarvolgens alle gelowiges van alle godsdienste hemel toe gaan.

As Oosthuizen omsigtiger geformuleer het, sou hy meer lesers van sy standpunt kon oortuig. Hy beweer die NG Kerk, wat aparte kerke vir wit, bruin en swart mense voorgestaan het, “nooit [!] probleme gehad het dat Afrikaners en Engelse saam aanbid nie” (498). Sou Engelse tydens en kort ná die Anglo-Boere-oorlog welkom in die Afrikaners se kerke gewees het? Oosthuizen is sekerlik bewus van die gevalle waar daar in dieselfde dorp afsonderlike kerke vir Nattes en Sappe was. Hy hou van die Cottesloe-besluite in 1960 wat deur die Wêreldraad van Kerke (WRK) ten koste van die NG Kerk en die NP aangestig is om apartheid verwerplik voor te stel. Daar was onder meer “ernstige kritiek teen werkreservering” (505). Waarom spreek Oosthuizen nie kritiek uit teen die huidige raskwotas en die buitensporige statutêre voorkeur wat swartes by aanstelling en bevordering in die openbare en private sektor geniet nie? Die NG Kerk het glo “op roemlose en eerlose wyse voor politieke druk geswig” toe hy hom ná die Cottesloe-beraad aan die WRK en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) onttrek het (519). Was die NG Kerk se latere herverbintenis met hierdie twee liggame nie ook weens teenoorgestelde politieke druk en eweneens roemloos en eerloos nie? In sowel die WRK as die SARK moet die NG Kerk bereid wees om groot verdraagsaamheid teenoor marxiste, veral kulturele marxiste, aan die dag te lê. In heeltemal te veel opsigte word deesdae aan kulturele marxisme toegegee.

In 1982 het Allan Boesak en diesulkes hulle sin gekry toe die NG Kerk tydens die Ottawa-beraad van kettery beskuldig is en sy lidmaatskap van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke opgeskort is (542). Boesak het hierna lank (1983-1990) as die president van hierdie instansie gedien, wat heelwat van die onverkwiklike aard van die Wêreldbond weerspieë1. Dit was nie genoeg stank vir dank van die kant van die NG Sendingkerk nie. Hierdie kerkgenootskap het apartheid ook tot kettery verklaar (549). In 1986 is die Belydenis van Belhar, die produk van twee blankes, Dirkie Smit, aangestig deur Jaap Durand, aanvaar (549). Boesak en sy bruin mede-aktiviste is nie in staat om so ‘n dokument op te stel nie. (Dit herinner aan die Vryheidsmanifes van 1955 wat deur ‘n Jood vir misbruik deur veral swartes opgestel is.) Hierdie mense het dit teen beweerde rassediskriminasie soos gepleeg deur blankes gehad. Hulle aanvaar egter ‘n belydenis waarvolgens God ten gunste van sommige diskrimineer, naamlik “die noodlydende, die arme en die veronregte.” Almal is dus nie in God se oë gelyk nie. Hy het witbroodjies, met as eintlike bedoeling dat daardie witbroodjies nie wit is nie.

Een van die irriterendste aspekte van die boek is dat Oosthuizen bly neul oor die NG Kerk wat nog nie kerkeenheid bewerkstellig het nie (bv 593, 683, 746). Die NG Kerk word verwyt vir liefdeloosheid (586), maar dit is die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) (die opvolger van die NG Sendingkerk) wat liefdeloos van die NG Kerk verwag om die Belydenis van Belhar onvoorwaardelik te aanvaar voordat gesprekke oor kerkeenheid kan begin. Dit is ook misleidend om die VGK voor te stel as ‘n mede-Afrikaanse Kerk (bv 593) omdat daar in die VGK toenemend voorkeur aan Engels as kerktaal gegee word. As kerkeenheid werklikheid sou word, sal die VGK hoogs waarskynlik aandring op Engels as amptelike, bv sinodale, voertaal. Dit sou ‘n verdere terugslag vir Afrikaans wees; iets wat sekerlik deur Afrikaners teengestaan behoort te word. Die eenheid van die Afrikaanse susterkerke (NG Kerk, Gereformeerde Kerk en Hervormde Kerk) lyk vir my veel meer wenslik en dalk makliker haalbaar as om eenheid by die NG Kerk met sy dogterkerke, soos die militant-neigende (oftewel hardegat) VGK, te bewerkstellig. Toenemende sekularisasie en gevolglike kerkafvalligheid kan die eg Afrikaanse kerke mettertyd tot groter en self volle eenheid verplig. Die APK sal heropname teenstaan tensy weg van kulturele marxisme beweeg word.

Die transformasie van die NG Kerk van ondersteuner van apartheid/afsonderlike ontwikkel tot aanvaarder van rasse-integrasie en -vermenging kan aan die hand van sy amptelike publikasies geskets word. In Ras, volk en nasie in die lig van die Skrif (1974) ondersteun die NG Kerk apartheid as skriftuurlik gegrondves (483). In Kerk en samelewing (1986, hersien in 1990) word “‘n 180-grade-draai” gemaak (571) en word apartheid deur die algemene sinode, onder die voorsitterskap van Johan Heyns (1004), as ‘n dwaling afgewys (490, 586). “Die NG Kerk het uiteindelik ook sy seile na die wind gespan” (649). Dit het die NG Kerk “byna 80 000 lidmate gekos” (4095) en aanleiding tot die stigting van die APK gegee, wat slegs blanke lidmate het (586). Die 1990-herbekendstelling van die 1986-verslag was een van vele geleenthede waarby die NG Kerk verskoning vir sy ondersteuning van apartheid gevra het (593). Willie Jonker het hom toe mandaatloos (623) aangematig om verskoning namens die NG Kerk en Afrikaners te vra, want die kerk “het apartheid op sy afgelope sinode tot sonde verklaar” (615). In 1998 het die algemene sinode van die NG Kerk “uiteindelik formeel erken dat apartheid wesenlik verkeerd was” (600). Hierdie verootmoediging en vernedering van die NG Kerk was voldoende om hertoelating tot die Wêreldbond te verkry. Laasgenoemde word sedert 2010 die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke genoem (600). In 2016 is die NG Kerk ook tot die Wêreldraad van Kerke hertoegelaat (600).

Weens sy assosiasie met hierdie twee wêreldinstansies breek die NG Kerk enersyds weg van sy tradisionele rol as volkskerk vir Afrikaners (951) en omarm hy andersyds internasionalisme met sy talle onverkwiklike modestrome, waarvan kulturele marxisme ‘n prominente voorbeeld is. Dit lei tot groter inskiklikheid jeens bv feminisme en homoseksualiteit, dus verskynsels wat tradisioneel deur Afrikaners as volksvreemd beskou is. Daar is ook ‘n (sterk) element van ANC-gedienstigheid te bespeur. Sedert 1994 weerhou die NG Kerk hom bv in groot mate van kritiek op die vergrype van die huidige regering, al spits hy hom, soos talle ander kerkgenootskappe, deesdae eerder op hiermaalse as hiernamaalse kwessies toe; die skepping van “hemel op aarde” (2860).

Die radikale frontverandering van die NG Kerk is ten minste deels verantwoordelik vir die groot uittog van lidmate; weglooplidmate genoem (3062). “Die verlies aan NG lidmate [is] meer as twee keer soveel as wat die ander twee Afrikaanse susterkerke lidmate saam het” (3071). “Die NG kerk [het] in ‘n tydperk van 25 tot 30 jaar ‘n derde van sy lidmate verloor” (3093). “Die werklikheid is dat die NG Kerk sy identiteit drasties sal moet aanpas en verander as hy wil oorleef” (3124). Chris Jones, ‘n groot voorstander van homoseksualiteit, beweer selfs: “Die NG Kerk het té veel in apartheid belê om geloofwaardig te kan voortbestaan” (3258). Die NG Kerk het onmiskenbaar deel geword van die transformasie en ontaarding wat Afrikaners sedert 1994 daagliks met soveel troostelose trauma ervaar. Desnieteenstaande skryf Oosthuizen hoogs oordrewe: “Die NG Kerk kon ná 1994 feitlik geen vordering maak om te hervorm nie” (739). Die eintlike ding wat myns insiens aan Oosthuizen se siel (of wat ook al) haper, is dat die NG Kerk nie volgehou het met die seën wat hy in 2015 oor homoseksualiteit uitgespreek het nie.

Oosthuizen hou van die ontgogeling wat die vernietiging van die “eksklusiewe en ‘godgegewe’ tuiste-ideologie vir die witman in Afrika” veroorsaak (731). Skynbaar verkies hy lewensruimte vir homoseksuele bo lewensruimte vir Afrikaners. Die “onheilige drie-eenheid” (die NP, Broederbond en NG Kerk) het Afrikaners op ‘n skandalige manier in die steek gelaat. Van sowel die oud-terroris, Nelson Mandela, as die ondersteuner van terrorisme, Beyers Naudé, is ‘n groot ophef by die algemene sinode van die NG Kerk in 1994 gemaak (608). Dinge soos hierdie word deur Oosthuizen “‘n vars bries” in die NG Kerk genoem (608, 3472); oor hoeveel onskuldige lyke daardie bries waai, maak blykbaar nie saak nie. Hy onderskei twee groepe lidmate: “Die kerk kies om weens sy behoudende aard die meer fundamentalistiese groep ter wille te wees ten koste van sy denkende lidmate” (3139). “Die stryd in die Gereformeerde Kerke is in wese ‘n stryd tussen die fundamentaliste en die kritiese denkers” (3198). “Die ekstreme fundamentaliste is ‘n luidrugtige groep godsdiensregses” (3206). “Hulle is baie sterk gekant teen homoseksualiteit … Baie van hulle is ook polities ver-regs. Hul standpunte getuig oor die algemeen van groot onverdraagsaamheid” (3214).

‘n Voorbeeld van Oosthuizen se “vars bries” wat in die NG Kerk waai, is “toe die kerk in 2015 homoseksualiteit volledig aanvaar het” (608). Ook in hierdie opsig het die kerk rondgespring. Oosthuisen maak gewag van die kerk se “skisofreniese beleid teenoor homoseksuele” (3161). Hy noem dit “die NG Kerk se wipplankryery oor gay verhoudings” (3348). “Die kerk het sekere mense oor die jare uitgestoot na die skadu’s en donker kolle van die lewe, net om dan self die lig te formuleer en daardie mense terug in die lig te probeer kry” (709). Daar is ‘n teologiedosent aan die Universiteit Stellenbosch, Julie Claassens, wat die bevordering van menswaardigheid as doseeropdrag het (3169). Sy is so deurdrenk met humanisme, militante feminisme en radikaal linkse politiek dat sy die NG Kerk van “zero moraliteit” beskuldig (3169, 3191). Oosthuizen hou van hierdie oordrewe stelling, veral in die konteks van homoseksualiteit. Die kerk het volgens hom bv “die metafoor geword van die kruis en vernedering wat gay mense en vroue vandag nog dra” (716). My perspektief op hierdie saak, globaal gesien, met Amerika as sprekende voorbeeld, is dat swartes eerste en daarby gewelddadig hulle vermeende regte (eerder as verpligtinge) suksesvol opgeëis het. Daarna het vroueregte op die rug van regte vir swartes gevolg, wat op sy beurt deur regte-aansprake deur talle groepe, insluitende homoseksuele, gevolg is.

Dit was tydens die algemene sinode in 1986 dat “die kwessie van homoseksualiteit vir die eerste keer regtig op die NG Kerk se agenda was en deur die kerk afgewys is as in stryd met God se wil” (1011). Hierna het die kerk sy standpunt geleidelik verander. Een van die woelgeeste is Frits Gaum. In sy resensie van Oostuizen se boek spreek Gaum kritiek oor sekere sake uit, maar hy is nie beswaard oor Oosthuizen se pro-gay standpunt nie (Rapport, Weekliks, 21.10.2018, p 13). Oosthuizen skryf: “Toe dit bekend word dat sy seun Laurie Gaum homoseksueel is, het Gaum se standpunt oor homoseksualiteit ook [dus soos sy politiek] ‘n 180-grade-omkeer gemaak” (1011). “Of Gaum so gayvriendelik sou geword het as sy eie seun nie gay was nie, is iets waaroor ‘n mens seker net kan spekuleer. Ek twyfel” (1018). My perspektief op hierdie saak is dat sekere groepe in die Suid-Afrikaanse samelewing veral in die jare tagtig druk uitgeoefen het dat apartheid afgeskaf moet word. Byvoorbeeld, sake-manne wou hê dat die handelsboikotte opgehef moet word, sodat hulle vryelik handel kon dryf. Sportsterre wou hê dat die sportboikotte opgehef moet word, sodat hulle internasionaal in sport kon meeding. Dit het om eie belang gegaan. Diesulkes het skynbaar nie ‘n hel omgegee as die blanke politieke bewind deur ‘n verswelgende, onbekwame, korrupte swart bewind vervang word nie. Wat my sedert 1994 opgeval het, is dat homoseksuele geneig is om die nuwe plaaslike politieke bedeling nie net te verwelkom nie, maar dit ook entoesiaties te ondersteun. Die nuwe opset word deur hulle as bevrydend ervaar.

Vóór die ondergang van blanke politieke beheer in 1990/94 was daar ‘n binêre benadering tot seksualiteit. Daar was twee geslagte, mans en vroue. Sedertdien is mense nie net gelyk verklaar nie, maar ook al hoe meer as eenders beskou. Die onderskeid tussen die twee geslagte het vloeibaar geword. Die twee tradisionele geslagte word steeds in ‘n mate aanvaar, maar daarnaas is erkenning gegee aan al hoe meer kombinasies daarvan of tussenin-variëteite: LGBTIQ+ (“lesbian, gay, bisexual, transgender, intersex, queer, etc”). (Die situasie van Afrikaans het op ‘n soortgelyke manier verander. Naas Standaardafrikaans moes daar skielik buitensporige erkenning gegee en onregverdigbare waardering betuig word aan talle variëteite, bv die brousel- of mengeltaal Kaaps, wat nie eens duidelik van Engels onderskeibaar is nie.) Soos in die geval van ras en etnisiteit is die werklikheid van ‘n vaste seksuele identiteit al hoe meer bevraagteken. Omdat ons groot era van vryheid na bewering in 1994 aangebreek het, het sommige mense vry gevoel om self te besluit wat hulle in seksuele opsig is en selfs om dit periodiek na goeddunke te verander. In die buiteland het dit enersyds gelei tot vrye besluite oor watter openbare toiletgeriewe individue gebruik en andersyds, in die jongste tyd, tot die afskaffing van afsonderlike toiletgeriewe vir die twee geslagte. Die tradisionele onderskeid word, soos apartheid, as iets ongewens beskou.

Terwyl ek besig was om hierdie rubriek te skryf, is berig dat André Bartlett op 16 Oktober tot moderator van die Hoëveld-sinode van die NG Kerk verkies is. Hy het toe lomp geformuleerd gesê: “As leier het ek nou ‘n rol om te help om die rol van die kerk in sy eie tyd te herdefinieer” (Netwerk24, 16.10.2018). Soos Chris Jones is Bartlett ongekwalifiseerd ten gunste van homoseksualiteit. Dit is sekerlik een van die hoofopsigte waarin hy die NG Kerk verder gaan herdefinieer. Ek het reeds breedvoerig oor Bartlett se standpunt geskryf en gaan dit nie hier herhaal nie (Praag 16.12.2017), behalwe die volgende twee aanhalings: “Die hedendaagse propagering van die voortreflikheid van gayverhoudings en die buitensporige uiterstes waartoe gegaan word om diesulkes te beskerm en simpatie vir hulle te wek, bring mee dat homoseksualiteit ‘n gesogte modeverskynsel geword het wat deur sommige heteroseksuele nagevolg word” en “‘n Saak wat glad nie afdoende in die openbare diskoers verreken word nie, is die mate waarin homoseksuele gedrag vir heteroseksuele afstootlik kan wees.”

Elsabé Brits, ‘n joernalis wat artikels oor die wetenskap in Die Burger skryf, roem daarop dat sy ‘n vrou het. SJ (Fanie) Naudé, ‘n Afrikaanse skrywer, verwys in ‘n onderhoud na “my man” (Rapport, Weekliks, 23.09.2018, p 12). Wanneer ek so iets lees, is dit asof daar diep binne in my iets van die rak af val. Dit maak seer. Oosthuizen verwys dikwels goedkeurend na Bartlett se uitsprake. Dit is myns insiens moontlik dat Oosthuizen se benadering tot homoseksualiteit een van die hoofredes vir sy stekerige verhouding met die NG Kerk is. Diegene wat op die snypunt van die byderwetse (bv linkse, liberale, humanistiese, progressiewe, marxistiese) politiek wil wees, is geneig om (sterk) pro-gay te wees.

Hoofstuk 11 het “Homoseksualiteit” as opskrif. Die eerste paragraaf lui: “Die NG Kerk se verdediging en propagering van apartheid, die minderwaardige rol wat vroue oor ‘n lang tydperk in die kerk gespeel het en tot ‘n groot mate nog steeds speel, asook die onmenslike manier waarop die kerk lidmate van die LBGT-gemeenskap behandel, sal waarskynlik in die geskiedenis opgeteken staan as drie van die grootste menseregteskendings in die kerk se geskiedenis” (3343). In werklikheid is die kerk in hierdie opsigte deur die konserwatisme van die meerderheid lidmate teëgehou. Oosthuizen gaan dan voort: “Teenoor die standpunt van 1986 – waarin homoseksualiteit as ‘n afwykende vorm van seksualiteit beskou is en selfdegeslagverhoudings gevolglik afgekeur is as in stryd met God se wil – was daar in 2007 se verslag ‘n grondliggende beweging tot ‘n meer simpatieke verstaan van homoseksualiteit as ‘n variant binne die spektrum van seksuele oriëntasie-moontlikhede; dus ‘n beweging in die rigting van insluiting” (3348); dus die versugting na modieuse inklusiwiteit. Homoseksualiteit is nie meer as “‘n patologies afwykende seksuele oriëntasie” beskou nie (3355). In 1986 het die kerk, na aanleiding van ‘n 1980-verslag, tussen kern- en pseudo-homoseksualiteit onderskei, dus aangebore en aangeleerde gayheid. Hierna was die neiging om, soos in die politiek, sulke verskille te ignoreer en alle homoseksuele met dieselfde mate van simpatie te benader. Oosthuizen verwys net enkele kere na kernhomoseksualiteit (3413, 4117).

In 2004 het die NG Kerk die tradisionele standpunte gehandhaaf dat die huwelik ‘n verbintenis tussen ‘n man en ‘n vrou is en homoseksuele leraars selibaat moet bly (3355) omdat homoseksuele dade sonde is (3420). Die kerk het “voortgeploeter” (3355, 4059) tot in 2015 toe ‘n taakspan aanbeveel het “dat gayverbintenisse in die kerk bevestig mag word … al word dit nie ‘n huwelik genoem nie” (3363). Dalk kan ‘n mens sê so ‘n burgerlike verbintenis transformeer ‘n huwelik tot ‘n homolik. Wat vir my ontstellend is, is dat die NG Kerk se dosenteraad hierdie voorstel eenparig gesteun het, asook dat gay predikante nie selibaat hoef te wees nie (3384). Die vorige sinode-besluite raak glo “die diepste menswees” van teologie-studente (3384), terwyl dit seker vir min maar enkele luidrugtige gevalle geld. Die “skriftuurlike eis” van medelye word deur Oosthuizen opgehaal (3391), asook “die Skrifboodskap van Christus oor die menswaardigheid van alle mense en die aanvaarding van alle mense” (3398). Homoseksualiteit is al hoe minder as “‘n gruwel voor God” beskou (3427). “In die oë van al hoe meer mense het die NG Kerk se beheptheid met seks en hul bemoeienis met ander mense se private doen en late op seksuele gebied al hoe belagliker geword” (3435). Hiervolgens moet wat in die binnekamer van ‘n lidmaat gebeur ‘n nie-kerklike saak wees wat nie “deur die kerkpolisie afgeloer word” nie (3442).

In 2015 het die NG Kerk tot “‘n dapper besluit” gekom (3457). “Teen al my verwagtings in het die sinode besluit gays mag trou, hoewel dit nie ‘n huwelik genoem sou word nie. Dieselfde sou vir dominees geld” (3457). “Skielik het die NG Kerk weer integriteit gehad. Gewone mense het nie meer so hardop vir die kerk gelag nie. Daar was weer hoop” (3465). Is dit gewone mense wat nie meer vir die kerk uitgelag het nie en weer hoop gehad het of eerder/hoofsaaklik homoseksuele? “Menswaardigheid het skielik ‘n nuwe betekenis in die NG Kerk gekry” (3472). Oosthuizen het hieroor ‘n artikel met die opskrif, “NG Kerk het sy Rubicon oorgesteek,” geskryf (3465). “Drie weke ná die NG Kerk se historiese besluit om gays as volwaardige lidmate te aanvaar, swig die kerk se leiers onder druk vanuit konserwatiewe gemeentes en slaan hulle soos handomkeer bollemakiesie. Hulle verloën hul profetiese roeping en skort die sinode se besluit op, hangende die uitslag van verskeie appèlle wat beswaarde lidmate daarteen ingedien het” (3486). Besware het “voortgetier” (3501) en die kerk soos “‘n tsunami” oorspoel (3508). Die kerk se leierskap “het verkies om liewer al die pad terug oor die Rubicon te retireer eerder as om profetiese leierskap aan die dag te lê” (3522). Hierdie soort profetiese leierskap is soortgelyk aan die “waagmoed” en “staatsmanskap” wat aan politieke leiers toegedig word as hulle swartes bevoordeel en blankes benadeel.

“Die kerk se agteroorbollemakiesie het ‘n paleisrevolusie in die kerk ontketen” (3522). Daar is besluit “om vir die eerste keer in die NG Kerk se geskiedenis ‘n buitengewone algemene sinode te hou” (3544). Dit het in November 2016 plaasgevind. “In minder as ‘n jaar het die NG Kerk ‘n volledige U-draai gemaak oor homoseksualiteit” (3559) deur ‘n “omkeerbesluit” te aanvaar (3567). Die Bybeltekste wat hulle uitdruklik en ondubbelsinnig teen homoseksualiteit uitspreek, word deur André Bartlett “proeftekste” genoem. Hierdie term laat dit klink asof hier voorlopige of hipotetiese stellings gemaak word. Kortom, Bartlett redeneer daar staan nie wat daar in die Bybel staan nie. In werklikheid is hierdie tekste dik spykers in die doodskis van gay lewenswyses. Oosthuizen kom in hierdie opsig met ‘n ander pro-gay benadering as Bartlett vorendag: “Dit help nie om die gaydebat met Bybelversies te probeer wen deur die homofobiese teksverse daaroor met ander versies te probeer troef nie … Die kerk moet liewer reguit vir sy lidmate sê die Bybel is ‘n versameling antieke boeke met goeie én slegte raad wat deur mense geskryf is” (3641). “Deesdae word daar gepraat van ‘n tentatiewer Skrifgebruik wat groter klem plaas op die konteks van Skrifuitsprake” (4044). Dan word die klem, soos in die hedendaagse politiek, op medemenslikheid, verdraagsaamheid en die Bybelse liefdesgebod geplaas en homoseksualiteit op grond daarvan vergoeilik. Dit kom glo neer op ‘n “wegbeweeg … van ‘n meer fundamentalistiese Skrifgebruik na ‘n meer verantwoordelike een” (4059).

In die laaste hoofstuk skryf Oosthuizen: “As ek vandag om my kyk na al die mure van vooroordeel wat deur die kerk tussen mense gebou word, raak ek van voor af opstandig” (4493). “Mure van rassevooroordele, seksuele vooroordele, geslagsvooroordele en allerlei ander oordele en vooroordele: die Roomse Gevaar, die Rooi Gevaar, die Swart Gevaar, die Gay Gevaar” (4501). “Die gewaande swart en rooi en pienk gevare hoef nie meer agter elke bos te skuil as jy hulle nie toelaat om daar te wees nie” (4546). Hy laat dit klink asof ons nie in gevaarlike tye en in ‘n gevaarlike land woon nie.

Leon Lemmer: ‘n Lofrede vir Nelson Mandela uit Stellenbosch

“Die veroordeling van Afrikaans as ‘n struikelblok vir die US [Universiteit Stellenbosch] het teen 1995 uit Afrikaanse geledere op Stellenbosch momentum gekry. Willie Esterhuyse het in ‘n artikel getiteld ‘Can South Africa afford five Afrikaans universities’ [The Times Higher Education Supplement, 24.02.1995] Afrikaanse onderrig aan Stellenbosch bestempel as ‘n struikelblok om swart studente te trek” (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans: ‘n Besondere verhouding, 1911-2011, Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, p 63). Dus, toe die nuwe Suid-Afrika nog nie ‘n jaar oud was nie, het Esterhuyse op eie inisiatief in ‘n buitelandse tydskrif die verengelsing van die Afrikaanse universiteite (Oranje-Vrystaat, Potchefstroom, Pretoria, Randse Afrikaanse Universiteit en Stellenbosch) bepleit. Sedertdien het drie van hierdie universiteite, asook die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), verengels terwyl Afrikaans as onderrigmedium op Potchefstroom en veral Stellenbosch sterk afgeskaal is. Elke keer as een van hierdie universiteite verder verengels het, het ek my afgevra hoe Esterhuyse dit met sy gewete (veronderstellend dat hy een het) kan versoen. In sy jongste boek verskaf hy indirek ‘n antwoord: Soos die Nasionale Party (NP) se hoofargitekte van die nuwe Suid-Afrika (FW de Klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de Villiers) het Esterhuyse besluit om pleks van hom te verootmoedig en as selfgeprese voorbereider van die 1990/94-ramp verskoning te vra, eerder sy oë vir die tragiese werklikheid van die nuwe Suid-Afrika te sluit en dinge hoogs eensydig “reg” te probeer skryf.

Esterhuyse was as US-dosent nie die enigste Afrikaanssprekende op Stellenbosch wat die afskaling van Afrikaans bepleit het nie. Gerhard van Niekerk was jare lank ‘n US-raadslid en het hom in woord en daad vir die verengelsing en verswarting van die US beywer, soos duidelik uit Kapp se genoemde boek blyk. Die US was eens “‘n bastion van Afrikaners se taalnasionalistiese maneuvers” (p 255), maar hierdie twee linksgesindes, wat albei op Stellenbosch woon, het gehelp om hieraan ‘n einde te maak. As geesgenote het hulle byeengekom en die volgende boek geskryf: Die tronkgesprekke: Nelson Mandela en Kobie Coetsee se voorpuntdiplomasie (Kaapstad: Tafelberg, 2018, 264p, R280; Amazon Kindle $23). “Die dokumentasie waarop hierdie publikasie steun, kom uit die omvangryke Kobie Coetsee-versameling wat by die Universiteit van die Vrystaat se argief gehuisves word. Die dokumente is sonder enige voorskrif of bepaling oor die gebruik daarvan aan die argief oorhandig” (p v). Die outeurs is albei Afrikaanssprekende blankes wat eerder nuwe Suid-Afrikaners as Afrikaners wil wees. In hierdie boek is daar dieselfde neiging tot oordrywing en venyn as in een van Esterhuyse se ander boeke: Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van apartheid (2012). Baie van die wanklanke in hierdie boek klink ook in Esterhuyse se jongste boek op.

Enersyds poog die outeurs om Nelson Mandela se gewaande ikoniese status in groter mate te verheilig. Ikoon: “iemand/iets wat merkwaardig/besonders/navolgingswaardig is; beroemde persoon wat deur baie mense bewonder word” (HAT). Sulke ongekwalifiseerde, buitensporige bewondering sal die outeurs sekerlik nie vir enige blanke opdiep nie. Andersyds word probeer om nuwe “bevrydingshelde” te skep. Vir die outeurs maak die moeilikheidsgraad van hierdie projek nie saak nie; solank hulle eie onmeetlike verligtheid bly skitter. Kortom: Vir Afrikaners behoort dit ‘n onsmaaklike boek te wees om te lees. Ek skryf aanvanklik oor algemene aspekte, insluitende die loftuitinge vir Mandela, en daarna oor die nuwe “bevrydingshelde” wat die outeurs probeer skep, hoewel hulle reeds in embriovorm in Eindstryd voorkom.

Ek het bly wonder of die outeurs dan nie raaksien wat sedert 1994 in Suid-Afrika gebeur nie. Verbly die outeurs hulle oor die waarheid? Sien hulle werklik ‘n suksesvolle, vooruitstrewende staat? Maak die verval van ons stede en eens pragtige dorpe glad nie saak nie? Is die nalatenskap van die ANC se terreur vir hulle mooi? Is finansieel-ekonomiese rommelstatus ‘n trotse prestasie of ‘n verdoemende wanprestasie? Vind Esterhuyse se geneul oor die “sistemiese” gebreke van die ou Suid-Afrika geen weerklank in die nuwe Suid-Afrika nie? Is wat met Afrikaners en Afrikaans gebeur, weens die verraad van FW de Klerk en sy groepie medepligtiges, werklik so onbelangrik dat dit ignoreerbaar is? Weens ANC-gedienstigheid het die outeurs hulle hart verhard. Wanneer die oorgangsgeskiedenis van Suid-Afrika – van ‘n beskaafde, Europese land tot net nog ‘n agterlike Afrika-land – vorentoe herskryf word, gaan Esterhuyse en Van Niekerk se insig en bydraes heel waarskynlik deur minstens sommige historici verdoem word. Nêrens gee die outeurs blyke dat die sogenaamde wêreldmening verkeerd kan wees of dat hulle die huidige plaaslike modepolitiek krities benader nie. Dit is myns insiens beter om jou siel, soos Faust, aan die duiwel te verkoop as om, soos die twee outeurs, jou siel aan die ANC te verkwansel. Die ANC is immers ‘n hedendaagse, plaaslike, destruktiewe, immorele mag.

In 1964 is Mandela weens hoogverraad tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy het tereg die doodstraf verwag. Die outeurs se kommentaar op die vonnis is: Dit “laat ‘n wrang smaak in die mond vanuit die perspektief van vandag” (8). Hulle vertolking is dat Mandela “in die tronk was vanweë ‘n geregverdigde vryheidstryd” (183). Moes eerder toegelaat gewees het dat Mandela sy bomplant- en terreurveldtog ongesteurd voortsit? Soos die outeurs bewonderend aantoon, was daar geen moontlikheid dat Mandela geweld sou afsweer alvorens swartes die politieke mag oorneem nie. Die outeurs verwys na “die berugte Hoogverraadverhoor”, “die gehate Bantoe-onderwyswet” en “die berugte wette oor die afkondiging van ‘n noodtoestand” (20). John Vorster “was die vader van drakoniese maatreëls soos aanhouding-sonder-verhoor” (22). Vorster en PW Botha [“deurdrenk met ‘n veiligheidskultuur” – 25] was glo “fanaties veiligheidsbewus” (24). Dit is gegrond op hulle “konstruk-van-die-vyand” (24), asof terrorisme en kommunisme geblyk het nie werklik vernietigende magte te wees nie. Vorster en Botha het glo “alle [!] geloofwaardigheid” verloor (35). Die rassediskriminasie in bv regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging ontlok geen beswaar by die outeurs nie. Mandela is glo “by uitstek die wêreldsimbool van vryheid, geregtigheid en martelaarskap” (8). Vryheid vir wie? Sekerlik nie vir die blankes nie. Suiwer rassisties word daar deesdae soveel moontlik teen blankes gediskrimineer. Is enigeen dag en nag vry om op enige plek veilig in die nuwe Suid-Afrika te wees?

Mandela word naas “Madiba” (11) dikwels “Prisonier 913” genoem; dalk om ‘n nuwe handelsmerk te help vestig. Hy bestuur glo “sy eie vrylatingsproses informeel en later selfs formeel” (8). “Hy bestuur sy eie vrylating op ‘n berekende en takties-strategiese wyse en nie Botha of De Klerk nie” (63). Herhaaldelik word die begrip “voorpuntdiplomasie” verduidelik asof dit moeilik is om gesprekke agter die skerms (1), oftewel agteraf gekonkel, te verstaan. “Prisonier 913 was hierin ‘n meester” (8). Mandela het vóór die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party doelbewus geweld as dié middel tot politieke mag gekies en hom ongetwyfeld aan terreurdade en hoogverraad skuldig gemaak, maar die skuld hiervoor word op apartheid en die NP afgeskuif. Die outeurs etiketteer Mandela nooit as ‘n terroris nie. “Hy was, as vryheidsvegter en versetsleier, in ‘n sin die ‘produk’ van die NP, wat uiteindelik die NP ‘oorneem’ en na sy graf stuur” (9). Mandela en die ANC se “sleuteldoelwit” was “bevryding” (eintlik swart oorheersing) en daarvoor is hulle geïnspireer deur mooi klinkende “sleutelwaardes” soos “nie-rassigheid, gelykheid, geregtigheid” (9). Daarteenoor is daar die blankes/Afrikaners: ‘n Skynheilige, magsugtige en moreel onaanvaarbare minderheidselite” (144). Het ons nie-rassigheid beërwe of word daar deesdae ten gunste van swarte en ten koste van bruines, Asiate en veral blankes suiwer op grond van ras gediskrimineer? Hierdie opset druis vanselfsprekend in teen gelykheid en geregtigheid, maar die outeurs swyg hieroor.

“Pogings om dié rasse-ideologie [segregasie] aanvaarbaar te maak met argumente oor etnisiteit (volk) en vorme van selfbeskikking, kon nooit die kernbeginsel van sy ideologie verdoesel nie: rassesegregasie, soos dit voorgeskryf en deurgevoer is deur die NP-regering. Vir die teenstanders van apartheid, soos die ANC en Mandela, was dié stelsel ‘n vorm van praktiese en strukturele gewelddadige rassisme” (15). Op grond van hierdie redenasie word gewelddadigheid dwarsdeur hierdie boek eerder aan apartheid/die NP/blankes as aan die swartes/ANC/UDF en ander terreurgroepe toegedig. Byvoorbeeld: “Op 21 Maart 1960 word dit met koeëls, bloed en lyke geïllustreer by Sharpeville” (21). Die outeurs opper beswaar teen die gebruik van sambokke deur die polisie (38) maar nie teen AK47-gewere en landmyne deur die ANC nie. Die weermag en veiligheidspolisie reik glo “bombastiese verklarings” uit en daar is “militêr geïnisieerde moordbendes,” want dit gaan om “wit-beheer-tot-elke prys” (45). “Die Botha-regering se valke [het] net één oplossing gehad …: Koeëls en kruit om te bewys wie is militêr die meerdere” (138). Sulke uitsprake word nie gebalanseer met die ANC se uitgesproke onderneming [“staatsug” genoem – 90] om die land gewelddadig tot in die grond af te breek ten einde die politieke mag te bekom nie. Waarom nie? Omdat die outeurs hulle ongekwalifiseerd aan die kant van die ANC en teen die blanke bewind skaar. Vir hulle maak dit skynbaar nie saak hoeveel Suid-Afrika aan (Europese) beskawing inboet nie.

Die NP-ondersteuners word as onnosel uitgebeeld: Toe Pik Botha in 1986 die moontlikheid van ‘n swart president noem, het “pandemonium” uitgebars. “Niemand [!] in NP-kringe het nog ooit [!] so ver gedink nie” (46).Vir die vergoeiliking van Mandela se terrorisme pas die outeurs hulle dubbele standaarde toe: By “georganiseerde verset” is Mandela “die leidende lig [!] en uiteindelik ook die internasionaal mobiliserende simbool” (21). Aanvanklik slaag Mandela daarin om “uit die kloue [!] van die veiligheidspolisie” te bly (21). Die outeurs kom darem met ‘n toegewing: rasse-segregasie/apartheid “was nie eens ‘n outentieke Afrikaner-affêre [! – let op die woordkeuse] nie … nie die produk van Verwoerd se rassistiese politieke drogbeelde [!] nie” (15). In ‘n ander konteks word daar later van “‘n manne-affêre” geskryf (62). As verligtes is hierdie twee outeurs dus ook ondersteuners van die feminisme.

Dit was die Britte wat met rasse-segregasie in Suidelike Afrika begin het. Toe “oud-dominee Malan” (16) en die NP in 1948 hulle apartheidsbeleid ingestel het, is “beoog die handhawing en beskerming van die blanke bevolking as ‘n suiwer blanke ras” (17). Dít word sonder meer “blatante rassisme” genoem (17), terwyl blankes myns insiens die onvervreembare reg op selfbehoud het en blankes ook self mag bepaal wat hulle is of wil wees. Die ANC, daarenteen, bepleit rasvermenging. By “Malan en sy NP” was daar glo bloot “die skyn van rassetoleransie” (17). “Malan, wat soos ‘n tipiese oudmodiese en konserwatiewe predikant gedink het dat volkereverskille ‘n goddelike verordening is en dat Afrikaners ‘n spesiale roeping het, reken selfs [!] dat die regering se beleid een van ‘goodwill to the Bantu (swart mense)’ is” (19).

Een van die valse argumente wat volgens die outeurs al “holrug gery” is, is: “Onderhandelinge word deur elemente in die ANC as ‘n taktiek beskou om álle mag deur middel van geweld oor te neem” (28). Daar behoort myns insiens geen twyfel te wees nie dat die ANC, ten spyte van herhaaldelike valse beloftes deur bv Mandela, onderhandelinge en onverminderde gewapende stryd gelyktydig bedryf het. Eintlik erken die outeurs dit by implikasie: “Die verbode ANC doen in die middel 1980’s iets wat strategies slim was: Hulle begin om oor onderhandeling as nóg ‘n pilaar van die vryheidstryd te praat” (35). Die ANC se gesplete tong blyk ook baie duidelik uit die myns insiens gesaghebbendste boek oor Suid-Afrika se oorgangsgeskiedenis (dalk eerder ondergangsgeskiedenis), Anthea Jeffery se A People’s War: New light on the struggle for South Africa (2009). Maar dit is juis hierdie boek wat (doelbewus) nie deur Esterhuyse en Van Niekerk in hulle bronnelys (256-157) vermeld word nie; ook nie in Esterhuyse se genoemde vorige boek nie.

Die karakterisering van die ANC as ‘n “terroriste-organisasie onder beheer van kommuniste” word in dieselfde asem verwerp; ook dat die ANC se strategie ‘n “twee-fase-revolusie” is (28); dus, waarop ook al tydens die onderhandelinge ooreengekom is, onderhewig aan hersiening is, bv die eiendomsreg van blankes. John Kane-Berman het baie duidelik aangetoon wat die ANC met hierdie Nasionale Demokratiese Revolusie beoog, naamlik uiteindelik ‘n kommunistiese staat (Praag 23.06.2017). Esterhuyse en Van Niekerk, daarenteen, doen moeite om Mandela as ‘n nie-kommunis en kommunisme as glad nie gevaarlik nie voor te stel. Die kommuniste sou glo “nooit … daarin slaag om die ANC te domineer nie” (147). Dat die ANC hom nie gebonde voel aan wat in 1990/94 ooreengekom is nie, blyk reeds uit die verskil tussen die 1993-oorgangsgrondwet en die 1996-grondwet. Die 1993-bepaling dat die status van Afrikaans nie ingekort sou word nie, is goedsmoeds uit die 1996-grondwet gelaat (JC Steyn, Ons gaan ‘n taal maak, Centurion: Kraal Uitgewers, 2014, p 525, 527). Die outeurs sal hulle allermins hieroor verknies. Hulle het immers hulle dislojaliteit teenoor Afrikaans in die US-konteks bewys.

Oor PW Botha se Rubicon-toespraak in 1985 skryf die outeurs hoogs oordrewe: “Die Durban-toespraak was ‘n erge katastrofe, waarskynlik een van die ergste wat die land nog ooit getref het” (40). Hoekom? “Die skare [het] Botha entoesiasties toegejuig … vir sy versekering dat hy nie bereid was om wit Suid-Afrikaners en ander minderheidsgroepe op ‘n pad van selfmoord en abdikasie te lei nie” (40). Botha se gesonde standpunt was: “‘n Een-mens-een-stem politieke bedeling vir Suid-Afrika is ‘n resep vir rampspoed. Afrikaners en bruin mense … ‘sal ondergaan as die ANC en die swart meerderheid oorneem'” (36). Maar dit is presies wat die outeurs verlang; dat na Mandela en die ANC se pype gedans moet word.

Een van Esterhuyse se helde was die naïewe Jan Steyn (1928-2013) van Stedelike Stigting-faam, waarvan Esterhuyse deel was. Steyn se insig was: “Mandela is die Afrikaners se enigste [!] redding. Hoe gouer hy vrygelaat word, hoe beter sal dit met Afrikaners se toekoms gaan” (49). Gaan dit sedert 1994 beter met die Afrikaners of word hulle lewens en eiendom deurlopend bedreig? Die outeurs se bewondering vir Mandela is grenseloos: “Sy legitimiteit, oftewel aanneemlikheid as binnelandse nasionale transformasieleier, het mettertyd ook binne die totale Suid-Afrikaanse samelewing die openbare aanneemlikheid of legitimiteit van alle Afrikanerleiers oorskry, of dié leiers nou polities, kerklik, kultureel, akademies, media-gerig of sakelui was” (57). Mandela was “die persoon oor wie die hele [!] wêreld gepraat het” (64). Hy was “‘n soort swart Moses wat van die berg afkom om sy volk te verenig en wonderbaarlik te verlos van hul ‘onderdrukkers'” (68). En die Afrikanervolk? Die outeurs gee geen blyke dat hulle oor die huidige onderdrukking van Afrikaners of ander blankes begaan is nie. PW Botha het tereg gevra: “Hoe kan Afrikaners mag met die swart meerderheid deel sonder om ingesluk te word” (76). Deesdae is daar geen effektiewe magsdeling nie. Daar is verswelgende swart oorheersing. Maar dit is wat hierdie twee outeurs harteloos goedpraat.

As iemand dit waag om Mandela se vrylating teen te staan, soos JF Otto van die gevangeniswese, omdat Mandela weier om geweld af te sweer, word sodanige standpunt ‘n “politieke misgeboorte” genoem: “Otto skiet die idee van die vrylating van Prisonier 913 in vlamme af” (59), waarmee die outeurs die indruk probeer versterk dat dit eerder die “apartheidsregime” as die ANC is wat gewelddadig is. Hulle dink dat dit wonderlik sou gewees het as die geweldsvertroetelende Mandela reeds in 1982 vrygelaat is. Oor die weerstand teen Mandela se loslating op die land word geskryf: “Die soort denke … was … verstommend” (60). Daar was “‘n obsessie met veiligheid as alleensaligmakende strategie” (61). Wat het gebeur toe FW de Klerk doelbewus PW Botha se sekuriteitsmaatreëls afgeskaal het? Terroriste met hulle wapentuig het op groot skaal die land binnegedring; dermate dat De Klerk ‘n burgeroorlog voorsien het as hy nie aan die ANC se eise toegee nie. Sou die twee outeurs Vorster en PW Botha se “obsessie met veiligheid” veroordeel het as hulle gesinne deur ANC-terroriste uitgewis is?

Die volgende woorde van Mandela word goedkeurend aangehaal: “The ANC is not, and never has been, a communist organisation” (69). Die waarheid was en is: Die ANC is deels ‘n kommunistiese instansie. Besluitneming is dikwels deur kommunistiese simpatieë oorheers. Mandela se bekendste en skandaligste leuen word sonder teenspraak aangehaal: “I have fought against white domination, and I have fought against black domination” (70). Vir twee Amerikaanse joernaliste, John Carl Thomas en John Lofton, lieg Mandela in 1985 soos volg: “‘n Ánder beleidsrigting is ingeslaan na ‘n vorm van magsdeling-sonder-etniese-oorheersing” (151), waarmee hy verswelgende swart ras-oorheersing probeer verdoesel. Hy wou glo gelyke geleenthede vir almal skep. Maar waar is die voorbeelde van Mandela se weerstand teen swart oorheersing? Hieroor behoort geen twyfel te wees nie: Mandela het in sy doelwitte geslaag, naamlik swart oorheersing en die vernietiging van gelyke geleenthede vir nie-swartes. Vandaar Mandela se verwerping van groepregte, federalisme, tuislande vir minderheidsgroepe, blanke vetoreg en bowenal sy aandrang op gelyke stemreg vir alle volwasse landsburgers in ‘n eenheidstaat. Reeds in 1980 het Mandela laat blyk: “As die ANC aan die bewind kom, sal daar plek vir wit mense wees – ‘maar nie as besitter van die politieke mag nie'” (71). Hoedanig is daardie “plek” wat die ANC goedgunstiglik aan die blankes gun? Tweedeklasburgerskap, sonder enige waarborg dat blankes/Afrikaners se kultuur, veiligheid en selfs eiendomsreg beskerm word. Hoeveel beter sou die nuwe Suid-Afrika nie gewees het nie as die blankes (of as alternatief: die blankes, bruines en Asiate) (minstens) die helfte van die politieke mag behou het nie? In plaas daarvan is daar snel toenemende swart verswelging gerugsteun deur hoë “natuurlike” aanwas (sonder enige veldtog om geboortebeperking aan te moedig) en die ongebreidelde toename in meesal onwettige inkommers. De Klerk en sy groepie medepligtiges se mandaatlose oorgawe aan swart mag is een van die onnoselste gebeure (indien nie dié alleronnoselste gebeurtenis nie) in die annale van die mensdom.

Weens die omvang daarvan is dit prakties ‘n onbegonne taak om al die loftuitinge vir Mandela hier weer te gee. Ek volstaan met ‘n aantal van hulle. Mandela “het internasionaal én nasionaal die gesig van bevryding én die boosheid van apartheid geword … Mandela is tans [1987] Suid-Afrika se mees invloedryke en magtige leier” (104). Hy word beskryf as “wit Suid-Afrika se mees gevaarlike terroris en die wêreld se mees ikoniese vryheidsvegter” (105). Toe Mandela ‘n operasie ondergaan het: “As hy iets ernstigs oorkom, wat gaan van die land word?” (118). Dit is darem diep tragies as ‘n land se toekoms van iemand soos Mandela afhang. PW Botha “is klaarblyklik geïrriteerd met die versoeke van talle buitelandse leiers en meningsvormers om met Mandela ‘n gesprek te voer. [Dan volg hierdie stekie:] Daar was vermoedelik minder versoeke om met hom, die staatspresident, gesprek te voer” (122). “Prisonier 913 [was] ‘n politieke skaakspeler van formaat” (129). Daar was “Mandela se bereidwilligheid om aan kontakvorming en gesprek deel te neem ten einde vrede en stabiliteit in die land te verseker” (130). Het ons nou vrede en stabiliteit?

“Die enorme mistasting van regeringsleiers was dat hulle van mening was dat Prisonier 913 op daardie tydstip [1985] nog nie ‘n onaantasbare beeld as ‘n internasionale simbool van ‘n vryheidstryd, menseregte en demokrasie gehad het nie” (133). Die gevange Mandela is nie toegelaat om die begrafnis van sy seun en later sy ma by te woon nie. Dit het “die onmenslikheid van die apartheidstelsel bekragtig. Die idee dat apartheid ‘n misdaad teen die mensdom en teen menslikheid is, het strategies en takties gesproke in dié tye wyer inslag begin vind. Dit was vanuit ‘n morele en menseregtelike perspektief gesien, ‘n briljante skuif” (136). “Mandela as koninklike heer [!] toon nie net takt om [Helen] Suzman te antwoord nie, maar ook deursigtigheid én openhartigheid” (139). Volgens Suzman is Mandela “die land se enigste hoop” (143) – in Amerika is dieselfde van Barack Obama gesê. Volgens Mandela is daar “geen organisasie in Suid-Afrika wat só daartoe verbind is om probleme vreedsaam [!] te skik as juis die ANC nie” (143-144) – solank daar nie van Mandela en die ANC verwag word om geweld af te sweer nie. “Prisonier 913 was natuurlik ‘n uitgeslape strateeg én taktikus” (184), “‘n strategiese en taktiese denker by uitnemendheid” (185), “intelligent soos hy was” (191).

“Mandela is baie eerlik” (186). Hy het bv onvoorwaardelike vrylating verlang. Maar daarna is allerhande ononderhandelbare voorwaardes gestel voordat met grondwetlike onderhandelings begin sou word (231). Mandela het gesê: “Alvorens ‘n gesprek kan plaasvind moet die president meer positief ten opsigte van die eise wat hulle gestel het, reageer” (241). Daar word verwys na “die morele gehalte van sy insigte en leierskap” (205). “Die vermoë van ‘n inspirerende verbeelding het Mandela tot ‘n fyn kuns ontwikkel” (251). “Sy verbeelding was ook nie bloot polities nie, maar veral moréél geïnspireer” (252). “Mandela was egter nie ‘n moralis nie. Hy was ‘n strategies-pragmatiese denker” (253). Die blanke politieke magsoorgawe is “een van die grootste suksesverhale in die geskiedenis” (253). Oliver Tambo, Nelson Mandela en Thabo Mbeki “skiet nie met Russiese gewere nie, maar met woorde. Woorde, en nie gewere nie, wen uiteindelik die stryd om ‘n inklusiewe demokrasie in Suid-Afrika” (254). ‘n Mens vra jou af: Kan dit ooit verkeerd wees om ons eie Nelson Mandela te verheerlik? Kortom, volgens die outeurs kan en mag daar nie enige twyfel wees dat Nelson Mandela die allerwonderlikste mens was nie.

Ek gaan nou oor tot die bespreking van Esterhuyse en Van Niekerk se nuwe bevrydingshelde.

Winnie Mandela (1936-2018) geniet, soos Nelson Mandela, ikoniese status (58). Sy was ‘n “‘effektiewe verlengstuk van Mandela.’ Dit was ook die rede waarom die SA veiligheidspolisie haar met toegewyde ywer vervolg, geterroriseer en sielkundig probeer breek het” 68). Let op: Terwyl die outeurs nie enige ANC-kameraad as ‘n terroris etiketteer nie, word terrorisme wel aan die destydse veiligheidsmagte toegedig. Winnie was soos Nelson ‘n mobiliserende “simbool vanweë haar aktivisme, haar gemeenskapsbetrokkenheid, haar openlike uitdaging van die stelsel en die vervolging, brutaliteit en fisieke leed wat haar vanuit owerheidsweë aangedoen is” (211). “Haar aktivistiese rekord is indrukwekkend” (213). Lede van die veiligheidspolisie het hulle glo skuldig gemaak aan “obsessionele staatsterreur teen haar” (213). Die polisie het hulle na bewering skuldig gemaak aan “ongevoeligheid, onmenslikheid, kwaadwilligheid en selfs berekende moedswilligheid” jeens die Mandela-gesin (215). Winnie het “aan eie lyf en gees groteske onmenslikhede” ervaar (220). “Sy was ‘n besonder bedrewe openbare spreker” (214). Winnie se moraliteit word soms hoog aangeslaan: “Tot haar krediet én persoonlike integriteit moet gesê word dat Winnie Mandela dié toenadering [gesprekvoering met Nelson Mandela] van [Kobie] Coetsee nie aan die groot klok gehang het nie” (93). Die outeurs hou van die volgende parasitiese “uitdaging”/eis wat Winnie haar aangematig het om aan ‘n blanke skoolkind te stel: “Bring honderd wit skoolkinders wat honderd swart skoolkinders vir kos en klere sal ‘aanneem'” (103).

Die outeurs doen moeite om Kobie Coetsee (1931-2000) as ‘n onbesonge held van die oorgangs/ondergangsgeskiedenis staan te maak omdat hy aanvanklik sonder goedkeuring met die gevange Mandela in gesprek getree het. “Mandela kry by Coetsee ‘n versekering wat hy broodnodig gehad het, naamlik dat hy ‘n beduidende rol sal kan speel in die normalisering van toestande in Suid-Afrika” (93). Daardie “normalisering” het na Mandela se vrylating verskerpte terrorisme ingesluit. Wat Coetsee gedoen het, word “‘n slim skuif” genoem (96). Hy word beskryf as “‘n baie komplekse mens” (100). Maar in Niël Barnard se boek, Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge (Kaapstad: Tafelberg, 2017, 328p, R280; Amazon Kindle $25,30),* “kom Coetsee sleg daarvan af” (100). Daar is al vroeër verwys na Coetsee se onverklaarde “afwesigheid” (83). Hy het ‘n “reputasie gehad dat hy nie van harde werk gehou het nie” (106).

[* Niël Barnard noem Coetsee het “ewiglik laat by vergaderings opgedaag” (p 32). Verder: “Coetsee sal waarskynlik vir twee dinge onthou word: dat hy met ‘n hospitaalbesoek in 1985 die eerste NP-politikus was wat die gevangene Nelson Mandela ontmoet het en dat hy met sy latere jakkalsdraaie tydens die onderhandelinge reg in die hande van die ANC gespeel het” (34), bv sy uitspraak dat “geweld en onderhandeling onlosmaaklik verbind is” (90). Wat Coetsee ter bevoordeling van Mandela en die ANC gedoen het, is wat hom in die oë van Esterhuyse en Van Niekerk geliefd maak. Barnard skryf: “Sommige van ons het gewonder of die feit dat hy selfs by die president met moord wegkom, beteken het dat hy die staatshoof op ‘n ongemaklike plek beet het. Van Coetsee het PW Botha volgens die Britse joernalis Anthony Sampson gesê: ”n Snaakse klein mannetjie. As jy my vra wat hy in my kabinet gedoen het, ek weet nie. Ek het altyd gevoel, nadat ek met hom oor Mandela gepraat het, dat dit ‘n geval was van verwarring wat net vererger'” (35).

Barnard was ten gunste daarvan dat “algemene amnestie aan almal aan weerskante van die spreekwoordelike loopgrawe toegestaan word … Coetsee het hom onmiddellik heftig teen algemene amnestie verset” (51). FW de Klerk kon ook nie oortuig word nie omdat hy blykbaar in die waan verkeer het dat hy beheer in die nuwe Suid-Afrika sou behou. “Coetsee het klaarblyklik gemeen dat met die toestaan van algemene amnestie die kans verspeel sou word om die ANC oor sy menseregtevergrype aan die pen te laat ry. Op die ou end het dit tragies geboemerang en net mooi die teenoorgestelde van wat hy voorsien het, het gebeur. Die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) is ingestel waar tydens dié se sittings die sondes van hoofsaaklik die veiligheidsmagte maand ná maand uitgeryg en aan die groot klok gehang is. Coetsee het geskitter in sy afwesigheid by die WVK, waar hy sy dapper standpunte volledig kon verduidelik het” (51-52). Sowel Coetsee as De Klerk moet dus ernstig verkwalik word omdat amnestie nie aan veral die veiligheidsmagte toegestaan is nie. Barnard verwys in hierdie konteks na Coetsee se “bontpratery … dit was min mense beskore om te verstaan wat Kobie Coetsee met sy abrakadabra wou bereik. Wat ek duidelik was, is dat Coetsee die kwessie van amnestie as ‘n troeflaart in die onderhandelinge wou gebruik om sy eie beïnvloeding van die skikkingsproses te anker. Daar het egter niks van gekom nie” (93). “Ek kan steeds moeilik my wrewel oorkom oor Coetsee se slimmighede wat ons amptenare op die ou end weerloos gelaat het. Sy beterweterigheid het ons, soos voorheen, duur te staan gekom” (95-96). De Klerk het erken: “Die manier waarop ons die kwessie van amnestie hanteer het, was waarskynlik ons grootste mislukking gedurende die onderhandelingsproses” (95). Esterhuyse en Van Niekerk swyg egter hieroor.

Volgens Barnard het Coetsee in ‘n stadium “skielik as ‘n kenner van menseregte ontpop… Hy het die manier gehad om sekere sake vir homself toe te eien waarna dit in ‘n doolhof verdwyn het waar dit maande of jare lank stof vergader het sonder dat hy die saak afgehandel het. Indien dit wel weer te voorskyn gekom het, was dit onherkenbaar vervorm” (82). “Coetsee was reg toe hy later opgemerk het dat dit lyk of die vordering met die onderhandelinge die produk van geweld en massa-aksie was en dat die persepsie bestaan dat die Regering die wil en vermoë verloor het om by sy standpunte te hou. Dié persepsie was in die kol, maar waar was hy as ‘n senior Kabinetslid om die vaandel van vasberadenheid hoog te hou en dié persepsie om te keer?” (91). Coetsee het andersins “‘n ontwrigtende rol gespeel”: “Niemand kon agterkom waarmee hy eintlik besig was nie” (248).]

“Daar is min twyfel dat Coetsee homself beskou het as ‘n magsbemiddelaar (power broker) tussen die apartheidsregime en ‘n nuwe gedemokratiseerde bedeling” (Esterhuyse en Van Niekerk, p 105). Terwyl die grondwetlike onderhandelinge aan die gang was, was sowel Coetsee as De Klerk in buite-egtelike verhoudings betrokke. Hulle kon hulle gate uit (in?) geniet, terwyl hulle eerder die wesenlike bedreigings van die Swart Gevaar en die Rooi Gevaar doeltreffender die hoof moes gebied het. Die outeurs verswyg Coetsee se buite-egtelike verhouding met Adrienne Kock (1935-2018). Hulle noem bloot dat hy polities deur haar beïnvloed is (198). Coetsee is ‘n hoogs onwaarskynlike held, maar Esterhuyse en Van Niekerk se invalshoek en fanatiese linksheid maak hierdie wanvoorstelling moontlik. “Waarvan ons seker is, is dat Coetsee ‘n politieke padmaker na ‘n nuwe Suid-Afrika was” (198) – ‘n pad wat met slaggate besaai was en is.

Op 10 Oktober 1989 het Coetsee tydens ‘n besoek aan Mandela gesê: “The plan that you have put together … has almost become our plan. Almost down to the minutest detail … You are the great negotiator now” (225). “Coetsee erken dat hy en sy medewerkers die plan wat Prisonier 913 voorgelê het om ‘n begin te maak met ‘n skikkingsproses, aanvaar het. Wat Coetsee en sy span egter verwag, is ‘a commitment from your colleagues that they will strive towards peaceful and orderly integration into society without upheaval … and won’t make it difficult … Well, as I say, we have made your objectives our own and it seems feasible, it seems attainable, and if we perhaps share some of our difficulties with you we may bring about adjustments in your ideas and your views” (225-226). Dit vertolk “die byna totale afhanklikheid wat die Coetsee-span, en ook die staatspresident, van Prisonier 913 se welwillendheid en samewerking gehad het” (226). Vergoeding het nie agterweë gebly nie. Coetsee het “Mandela se kandidaat as president van die Senaat geword” (106). Hoekom nie? Olusegun Obasanjo (president van Nigerië, 1999-2007) het immers van Coetsee gesê: “He keeps on saying that Nelson is a man of honour. A man of his word” (123). Obasanjo het ook so pragtig gesê: “even [!] amongst the whites there are some good people” (123), waarvan die twee outeurs seker sprankelende voorbeelde is.

FW de Klerk is ‘n mini-held in die proses van oorgawe aan swart mag. Hy “tel die bal op” (10) en laat dit volgens die outeurs nie val nie. De Klerk is “‘n goeie man … Hy is ‘n sterk en intelligente leier” (146). Hy het “visionêre leierskap” aan die dag gelê (208). As alternatief kon hy “staatsgedrewe gewelddadige optrede, kanonne, koeëls en kruit gekies het, maar hy het nie” (239). De Klerk se “beroemde” toespraak op 2 Februarie 1990, wat tot swart meerderheidsregering gelei het, “was ‘n grootse en baie moedige stap” (221). “De Klerk en sy raadgewers [het] ‘n pakket ontwikkel wat die hele wêreld verstom het. Stuksgewyse hervorming was verby. De Klerk voer ‘n politieke kragtoer uit” (234). In die plek van evolusionêre verandering het revolusionêre magsoorgawe gekom. Daar word valslik beweer dat De Klerk gesorg het vir “gestruktureerde en inklusiewe onderhandeling” (236). In werklikheid was daar bitter min sprake van struktuur omdat daar nooit ‘n duidelike onderhandelingstrategie aan die kant van die NP-regering was nie. Die onderhandelinge was spoedig ook nie inklusief nie. Ná Kodesa het De Klerk en sy groepie medepligtiges feitlik eksklusief met die ANC onderhandel en van ander partye verwag om die uitkomste daarvan te aanvaar. De Klerk “promoveer ‘n beeld en gees wat vertroue inboesem. Daar is [in 1989] ‘n gees van welwillendheid, onderhandeling en versoening in die land” (228). In ‘n verslag van die Nasionale Intelligensiediens in Desember 1989 staan geskrywe: “Sou ‘n mens werklik die kernproblematiek van ons land wou aanspreek, is [Prisonier] 913 in alle waarskynlikheid die beste beginpunt” (233). “FW de Klerk het die morele moed en strategiese vernuf gehad om dié besluit te neem” (233). De Klerk “is wêreldwyd geloof” (249). “Hy word uiteindelik tereg, saam met Mandela, [in 1993] met die Nobelprys vir vrede beloon” (10). Het ons sedertdien salige vrede in hierdie droewe land?

Daar is minder bekende mense wat deur die outeurs as helde in die bevryding van die blanke politieke bewind en apartheid uitgebeeld word. Die linkse sosioloog, HW van der Merwe (1929-2001), van die Universiteit Kaapstad, en sy vrou, Marietjie, word geloof omdat hulle Winnie Mandela rondgery en gehuisves het en ook met die heil van ‘n Mandela-kind gemoeid was. “Die Van der Merwes het helaas nog nooit die openbare erkenning gekry vir hul bydrae om ‘n beslissende oomblik in Suid-Afrika se geskiedenis te help skep nie” (98-99). Hulle word eintlik deur die outeurs verhef tot rolmodelle vir alle Van der Merwes. Kobie Coetsee het die twee Van der Merwes toegelaat om Prisonier 913 te besoek (99).

Pieter de Waal, ‘n studentevriend van Kobie Coetsee en destyds die enigste prokureur op Brandfort, en sy vrou, Adèle (Retief), word as bevrydingshelde uitgebeeld omdat hulle hulle oor Winnie Mandela ontferm het. Die outeurs dik dit soos volg aan: “Ten spyte van ‘n mensonterende, rassistiese en onderdrukkende stelsel was daar altyd op die vlakke van persoonlike verhoudinge en vriendskappe mense wat nierassige en kruiskulturele verhoudings kon vestig en onderhou. Mense wie se morele verbeelding nie só deur die apartheidsideologie en rassistiese strukture besmet was dat hulle nie op die vlak van menswaardheid geregtigheid kon bevorder en handhaaf nie. Die De Waals van Brandfort is ‘n voorbeeld van dié faset van ons land se ingewikkelde en rassistiese geskiedenis” (103). Sou die outeurs die parasiterende ideologie van die ANC, bv onteiening sonder vergoeding van blankes se plase, as “‘n mensonterende, rassistiese en onderdrukkende stelsel” bestempel? Sekerlik nie. Hulle sou dit seker eerder regstellende geregtigheid noem.

Laastens is daar die selfbesonge held, Willie Esterhuyse, wat in opdrag van die Nasionale Intelligensiediens in die buiteland onderhoude met verteenwoordigers van die ANC gevoer het. In sy boek, Geheime revolusie (2015), verwys Niël Barnard egter net ‘n enkele keer na hierdie “gesiene Stellenbosse filosoof” (p 197). In Barnard se ander boek, Vreedsame revolusie, word die nogeens “gesiene” Esterhuyse net genoem weens sy “goeie persoonlike verhouding” met Thabo Mbeki (p 20-21); so goed dat Esterhuyse hom feitlik van die begin van sy onderhandelinge af eerder aan die kant van die ANC as die NP-regering geskaar het, soos duidelik uit Esterhuyse se boek, Eindstryd, blyk.

‘n Mens word aan jou helde geken.

Thys Human: ‘n Aweregse lewensgeskiedenis van Pik Botha

Lofliedere wemel op die radio en TV oor Pik Botha en sy rol in die totstandkoming van die Nuwe SA, maar in my boek staan daar ‘n heel ander verhaal opgeteken – ‘n verhaal van jare lange ondergrawing en ondermyning van die Afrikaner se bestaan en sy politieke beleid. Ek sal so kort moontlik probeer wees, maar dit is ‘n lang geskiedenis.

Pik die politikus het my joernalistieke pad gekruis toe hy in 1970 as NP-LV vir Wonderboom verkies is. Ek was toe reeds meer as ‘n jaar parlementêre beriggewer vir die Perskor-koerante. Maar dit was nie die eerste keer dat hy openbare aandag getrek het nie. As lid van Suid-Afrika se span by die Suidwes-saak in die Wêreldhof het hy as jong advokaat reeds begin om die aandag te trek en sy pad politiek toe was wawyd oop.

En dit was nie die eerste keer dat ons paaie gekruis het nie. In my eerstejaar as PUK-student was hy Tukkies se rasieleier met die intervarsity. Hy het ons dirigent ore aangesit, want Pik was nie net baie skerp nie, maar dinamies en glad van bek. En in my eerste dienspligkamp het ons paaie ook gekruis want hy was in sy laaste 3-weke-kamp. Daar is ‘n lekker storie daar rondom ook, maar dalk anderdag meer daaroor.

Sy parlementêre loopbaan het met ‘n “bom” begin. In sy nooiens- of eerstelingstoespraak het hy die ongehoorde ding gedoen om nie oor koeitjies en kalfies te praat, soos dit die gebruik was nie, maar ‘n sterk pleidooi gelewer dat SA die VN se Handves van Menseregte aanvaar en onderteken. Die hel was los en hy is skerp veroordeel deur verkrampte politici, maar ek het hom nie alleen gesteun nie, maar aangemoedig om die kwessie verder te vat want as ‘n mens mooi gaan kyk na daardie handves dan kon die NP se beleid van afsonderlike ontwikkeling en ‘n uiteindelike federale of konfederale Suider-Afikaanse staat, met goeie reg daaraan voldoen. Natuurlik sou die VN met sy eensydige en eintlik bekrompe sieninge, nie SA se vertolking aanvaar het nie, maar dit sou ‘n groot diplomatieke en propagandaskuif gewees het. Daar het natuurlik niks van die idee gekom nie, maar Pik het darem die storm oorleef.

Net vier jaar later word hy aangestel as SA se ambassadeur in die VSA en by die VN. Dit was net voor SA uit die Algemene Vergadering geskop is en Pik het ‘n groot rol gespeel om dit te probeer voorkom. SA het ‘n spesiale span onder leiding van destydse Minister van Buitelandse Sake, dr Hilgard Muller, na die VN gestuur – en Perskor het my New York toe gestuur om die gebeure te dek. Uiteraard het ek noue kontak met Pik en die afvaardiging gehad, maar ek het toe reeds begin dink dat Pik nie ‘n maklike mens is om mee saam te werk as jy nie in sy goeie boekies is nie. Hy was toe al dik in die Naspers-dampkring ingetrek – seker maar weens sy goeie verhouding met David de Villiers, SA se hoofregsman by die destydse Wêreldhofsaak wat toe later voorsitter van Naspers se direksie geword het. Nogal veelseggend hierdie noue band.

Kwalik twee jaar later is Pik weer voorbladnuus toe dit bekend word dat hy daarin geslaag het om ‘n gesprek tussen John Vorster en die destydse Amerikaanse minister van buitelandse sake, Henry Kissinger, te reël. Dit het in Duitsland plaasgevind. Weer eens het Pik my pad gekruis want ek was toe Perskor se nuusman in Londen en ek het die Vorster-Kissingergesprek gedek. Daar was groot bespiegelings waaroor die gesprek gegaan het, maar At de Beer, Perskor se man in Washington (‘n ou vriend en kollega van my) het laat weet dat dit beslis gaan oor die toekoms van SA se mandaat oor Suidwes-Afrika. Daar was later bespiegelings dat dit ook oor SA se steun vir Rhodiesië gegaan het (sien verder hieronder). Maar al my pogings om in Duitsland by Pik binne-inligting te kry, het totaal misluk. Hy wou nie eens met my praat nie – en John Vorster was net so ontwykend.

Indien Suidwes wel die hoofsaak in die gesprekke was, het dit kort daarna platgeval toe Jimmy Carter (Demokraat) as president van die VSA verkies is. Vorster het toe weer – danksy Pik se werk – met Carter se adjunk, Walter Mondale, in Switserland gesprek gevoer, maar die twee kon mekaar nie vind nie – inteendeel, Vorster was taamlik minagtend oor Mondale se politieke intelligensie!

Maar vir Pik was dit ‘n keerpunt in sy politieke lewe. Vorster was natuurlik in sy noppies dat hy met dié ontmoetings op die wêreldkaart geplaas is en hy het Pik gou beloon vir sy groot aandeel hierin. Toe Hilgard Muller voor die 1977-verkiesing aankondig dat hy uit die politiek tree, is Pik onmiddellik deur Vorster as minister van buitelandse sake aangestel (Pik het toe LV vir Westdene geword) – maar feitlik net daar het Pik begin om Vorster en Connie Mulder, feitlik klaargekroonde eerste minister as Vorster uittree, te ondermyn en uiteindelik heeltemal uit te werk.

Maar nog voor dit het Pik weer eens ‘n sentrale rol gespeel in die “oorlog” in Angola. Dit is natuurlik ou nuus dat PW Botha einde 1975 ‘n hele brigade van die Weermag in Angola ingestuur het – sonder selfs Vorster se medewete. Dis ‘n storie op sy eie, maar die uiteinde was dat die SA soldate die Kubane en Angolese teruggedryf het tot aan die buitewyke van Luanda, maar toe daar moes sit en wag vir die Amerikaners om te besluit of hulle SA se optrede gaan steun of nie. Net onlangs het ‘n Weermagvriend ‘n ou storie wat ek gehoor het, bevestig dat van die soldate in “civvies” in Luanda se strate rondgeloop het – selfs vis en skyfies gaan koop het!

Vroeg in 1976 laat weet Pik uit Washington dat die Amerikaanse State Department nié verdere SA optrede sal steun nie – en die troepe word teruggetrek tot in die suide van Angola.

Weer eens het Pik se paaie op ‘n wyse met myne gekruis. Suid-Afrikaners het nie geweet van die “inval” in Angola nie. Die plaaslike media is gesensor en verbied om enigiets daaroor te skryf totdat die terugtrekking deur Vorster aangekondig is. Maar ek het in daardie tyd in Londen gesit en elke dag in die Britse media gelees van die “flying column” in Angola en selfs in ‘n onderhoud op BBC-nuus die mening uitgespreek dat dit nie Suid-Afrikaners kan wees nie, maar as dit is, dit ‘n ernstige fout sou wees. En my berigte wat ek na Perskor se koerante gestuur het wat die mediaberigte oorsee se bewerings oorgedra het, is eenvoudig nie gepubliseer nie.
Teen hierdie tyd het Pik ‘n baie noue verhouding met die Amerikaanse Council for Foreign Relations aangeknoop. Die CFR was toe ‘n baie invloedryke nie-regeringsorganisasie met baie prominente sakemanne, politieke figure en ook militêre hooggeplaastes wat in ‘n hoë mate Amerika se buitelandse beleid “bepaal” het.

Die groot maar onbeantwoorde vraag wat al die jare by my gebly het, is presies hoe sterk was die CFR se rol in die State Department se “besluit” om SA se optrede in Angola nie goed te keur nie – in weerwil van beweerde sterk steun in die Pentagon vir daardie inval? En presies wat was Pik se rol en insette in daardie “besluit” van die State Department? Ek het nie bewyse nie, maar ek het wragtag sterk suspisies en bedenkinge.

In daardie selfde jare het Pik ook ‘n groot rol gespeel om John Vorster te oortuig om nie langer militêre en ander steun aan Ian Smith se Rhodesië te verleen nie.

Smith vertel in sy outobiografie hoe hy en Vorster nog besig was om die netelige kwessie te bespreek, toe storm Pik die vertrek binne met ‘n stuk papier en sê dit is ‘n teleks wat nou net aangekom het waarin die Amerikaners glo dreig met optrede teen SA as SA voortgaan om Rhodesië te help – of iets in daai rigting. Daar was blykbaar toe al sulke geluide, maar volgens Smith was daai teleks al ‘n week of twee oud – hy en sy mense het lankal daarvan geweet! Hy verwys baie snedig na Pik se bedrieglike manewales. Smith bestempel Pik as ‘n “actor” wat dit blykbaar genoet om rolletjies in politieke dramas te speel! En hy is reg. Dit was tipies van Pik om sulke “krisisdramas” te ontwikkel waarin hy die hoofrol speel!

Met die 1980-verkiesing in Rhodesië het Pik wyd en syd verkondig dat Abel Mazurewa gaan wen. Ek het met die Lancaster House-beraad einde ’79 in Londen al gesien hoe dinamies en doelgerig Mugabe is – en toe en later in Oggendblad voorspel dat hy gaan wen.

Die Inligtingskandaal

Maar Pik se grootste sege was sy agterbakse en doelbewuste rol om Connie Mulder en toe ook Vorster in hulle politieke maai te stuur.

Die storie begin eintlik in 1974 toe Vorster ‘n goedontwerpte plan van Eschel Rhoodie en Connie Mulder goedgekeur het om ‘n onortodokse en soms rewolusionêre inligtingsveldtog te begin om anti-Suid-Afrikaanse propaganda hier en in die buiteland teen te werk. Met gebruik van geheime fondse het hulle joernaliste omgekoop, probeer om koerante in die VSA en elders te koop, invloedryke mense na SA gebring, Afrikaleiers gekry om Vorster te ontmoet en ‘n klomp ander dinge. Rhoodie vertel breedvoerig hieroor in sy boek, Die Ware Inligtingskandaal.

Een van die mees omstrede aksies was om met geld uit PW Botha se geheime wapenfondse ‘n Engelstalige dagblad met die naam The Citizen hier te begin. Hulle het kunsmismagnaat Louis Luyt as frontman gebruik. Daar was glo al skimpe en bedenkinge oor die blad se ontstaan in die plaaslike Engelse pers, maar toe Vorster aankondig dat hy uittree as Eerste Minister en staatspresident wil word, het die wiele begin rol.

Connie Mulder was, soos al gestel, beskou as Vorster se kroonprins, maar PW het aangekondig dat hy hom ook beskikbaar stel vir die pos. Pik het sy kans gesien om Mulder in sy maai te stuur, PW aan bewind te kry en so sy eie invloed en aansien in die NP te bevorder.

As minister van buitelandse sake het Pik oor heelwat inligting oor Rhoodie en kie se inligtingsaksies beskik – en glo self aan sekere dinge deelgeneem of ‘n rol gespeel.

Die storie, soos ek dit uit minstens twee bronne gehoor het – en, as ek reg onthou,verwys Rhoodie ook daarna in sy boek – bel Pik wat in Pretoria sit vir PW in die Kaap en vertel hom dat hy pas verneem het dat Mulder en Rhoodie staatsfondse gebruik het om The Citizen te begin. En PW is ewe geskok – al het hy en ander kabinetslede toe lankal daarvan geweet want die geld vir die koerant se stigting het uit PW se geheime Weermagfonds gekom – en hy moes teken om dit los te kry.

PW beveel Pik om dadelik Waterkloof-lughawe toe te gaan waar ‘n militêre vliegtuig gereel word om hom Kaap toe te vlieg – maar hy moet eers in Bloemfontein aandoen om Alwyn Schlebusch, Vrystaatse leier van die NP, op te laai.

Na ‘n lang gesprek in die Kaap word daar toe ooreengekom dat Pik homself ook as kandidaat vir die EM-pos beskikbaar sal stel, stemme so van Connie sal wegvat, en dan sy volle steun aan PW gee in die finale stemming. Die NP-koukus sal volledig ingelig word oor Mulder se “onbehoorlike” optrede – en sommer ‘n paar ander stories sal ook opgedis word.

Dis geskiedenis dat Pik toe in die eerste ronde uitgeval het, sy stemme aan PW toegesê het vir die finale ronde – en so gesorg het dat PW die stryd wen – en hy wat Pik is ‘n ongekende hefboom het om PW in die toekoms te manipuleer!

Maar PW en Pik was nie tevrede om Mulder net te klop nie – hy moes polities vernietig word. Die hel het behoorlik losgebars toe die dinge begin uitlek en PW was gou om regter Anton Mostert aan te stel om die dinge te ondersoek – en dit toe opgevolg met ‘n kommissie onder ‘n obskure regter, Roelof Erasmus wat ‘n uiters verdraaide, maar verdoemende verslag uitgebring het wat daartoe gelei het dat Mulder uit die kabinet geskop is – en selfs Vorster moes uittree as staatspresident.

Weer eens het Pik se dinge ook oor my pad gekom. Ek sit toe nog in Londen en op ‘n goeie dag kry ek ‘n telefoonoproep en die persoon stel homself voor as regter Anton Mostert en hy wil met my kom gesels. Ek het vir hom bier gekoop in die London International Press Club – en hy pak toe daar uit oor al die dinge wat Connie aangevang het – en vertel sommer vir my van die foto’s wat hulle het wat van Connie in ‘n bordeel in New York of so iets geneem is.

Tot hede dag wonder ek nog hoekom ek – obskure joernalisie in die verre Londen – uitgekies is om dié dinge te moet hoor? Maar dit was algemeen bekend dat ek ‘n Connie-man was en ek kan net vermoed dat iemand erens besluit het dat daar seker gemaak moet word dat ek nie dinge skryf wat hulle kaarte deurmekaar kan krap nie. Ek het egter toe al Mostert se stories met ‘n sterk knippie sout geneem – en tereg ook want die stories oor die foto’s het toe ook gou verdwyn!

Dit was egter nie die einde van my “betrokkenheid” by die “Inligtingskandaal” nie. Daar sal onthou word dat daar toe ‘n lasbrief vir Eschel se inhegtenisname uitgereik is en generaal Lang Hendrik van den Berg en ‘n bekende sakeman het daar in Londen rondgehol om hom te soek – en ek al agterna om te sien wat hulle aanvang. En my jong Londense kollega is na die Suide van Frankryk toe Rhoodie daar in die hof verskyn het. Rhoodie is uiteindelik totaal onskuldig bevind aan alle aanklagte teen hom en die staat moes hom derduisende rande terugbetaal – en sy regskoste ook vergoed! Vir Pik en PW was dit seker ‘n groot teleurstelling want in wese is Mulder toe ook “onskuldig” bevind van al die bewerings teen hom!

Maar Pik het hom nie daardeur laat afsit nie. Agter die skerms was hy een van die hoofagente vir PW se “Nuwe Bedeling” – en dit sou later ook weer ‘n regstreekse uitwerking op my en my doen en late en loopbaan hê. My openlike teenstand teen die nuwe bedeling het my verbintenis met Perskor beëindig toe Oggendblad en Die Transvaler toegemaak is weens die sirkulasiebedrog van Die Transvaler. Oggendblad se sirkulasie het in sy laaste paar maande verdubbel! Maar dis ‘n ander storie.

Ek is toe Suidwes toe en het uiteindelik by die ou SWAUK beland. Ek was net besig om huis daar te koop, toe beklink Pik ‘n ooreenkoms met die VN om die 435-verkiesing te laat plaasvind. Weer eens het Pik verkondig dat die Turnhalle-groep gaan wen en Swapo gaan verloor. Weer eens het ek hom nie geglo nie – en vir my ‘n werk by ‘n staatsdepartement in Pretoria gekry – en ‘n week na die aankondiging van Swapo se oorwinning my goed gepak en padgegee.

Neem enigeen my kwalik dat ek hierdie totaal ander siening van Pik en sy dade en aksies het?

Maar dinge het vir Pik ook begin skeefloop. Op ‘n dag het ‘n berig verskyn dat Pik ‘n prostituut na sy hotelkamer in Durban laat kom het. Hy moes bontstaan tot sy privaatsekretaris in die oepnbaar verklaar het dat dit hy was wat die prostituut vir homself gehuur het. Maar snaaks genoeg, die PS se vrou het hom nooit gelos nie – en vandag sit hy seker nog in ‘n lekker buitelandse pos in buitelandse sake wat Pik vir hom besorg het!

En toe beland Pik se vrou, die “skone Helena” soos sommige van ons haar genoem het, in die hospitaal en in ‘n rystoel. Mooi en baie aangename mens. Die stories loop dik dat Pik haar (weer) gebliksem het, maar dit word ontken en toegesmeer. Maar op ‘n goeie dag het ek uit ‘n goeie bron na aan die familie gehoor dat sy seun. Piet, gesê het dat as sy ma doodgaan na die “val”, gaan hy sy eie pa van moord laat aankla. Helena is in 1996 dood na ‘n lang tyd in ‘n rystoel – en Pik is betreklik kort daarna weer getroud.
Want Pik Botha kan net met die Engelse woord “a womanizer” beskryf word. Sy manewales met vroumense was wyd bekend onder die mediamense. Ek self het minstens twee van hulle geken, maar laat hulle name maar verswyg word. Hulle leef nog.

En die tweede woord waarmee mens Pik reg en goed kan beskryf, is “suiplap”. Veral rooiwyn was sy gunsteling. Weer eens was Pik se dronkmanewales wyd onder die media bekend, maar dit is toegesmeer en verswyg. Betreklik onlangs het ‘n weermaglid-vriend nog vir my vertel hoe kabinetsministers glo op ‘n wildplaas van die KwaNdebele-regering gaan jag het, maar eintlik daar was vir suipsessies – en hy en sy makkers wat hulle moes oppas, moes vir Pik (en andere) uit hulle braaksels optel en in die bed sit.

Pik Botha word nou geloof – veral deur die ANC wat hom as ‘n “freedom fighter” bestempel. En tereg ook want as daar een enkele politikus is wat ‘n lang reeks van dinge gedoen het wat ons in die huidige gemors laat beland het, was dit Pik.

In my Afrikaner-boek sal hy vir ewig geskryf staan as ‘n agterbakse ondermyner, ‘n leuenaar en ‘n bedrieër, en ‘n verraaier van die Afrikaner en sy bestaan.

Leon Lemmer: Kulturele trauma en die Afrikanerdom

Trauma, die Griekse woord vir wond, beteken die verwonding van die mens se gees. Trauma is die gevolg van gebeurtenisse wat geestelike letsels gelaat het. Die HAT definieer trauma as: “Blywende geestelike steurnis veroorsaak deur hewige geestelike of emosionele spanning of fisiese besering.” Die fisieke of liggaamlike aspek kom egter net in die prentjie in soverre die gees daardeur beïnvloed word. Byvoorbeeld, as iemand ‘n ledemaat verloor, kan dit ernstige geestelike verwonding veroorsaak, dus die subjek se hele lewenswyse ingrypend verander en berusting bemoeilik, selfs onmoontlik maak.

Maar trauma vind nie net in individue neerslag nie omdat ‘n groep mense ook trauma kan ervaar. Daar is dus iets soos kollektiewe trauma. ‘n Groep mense kan bv verarm of deur vreemde elemente oorheers word of uit hulle vaderland verdryf word. Ontheemding kan weens emigrasie plaasvind maar ook wanneer mense geografies in dieselfde plek bly woon maar daardie land feitlik onherkenbaar verander/getransformeer word. Dink aan die geestelike letsels wat die Anglo-Boere-oorlog (ABO) in die Afrikanerdom se psige gelaat het (vir Hélène Opperman se vertolking hiervan: “‘n Sielkundige ontleding van Afrikaners,” Praag 22.04.2017). Maar die ABO-nederlaag het na ‘n drie jare lange heroïese stryd gekom. Veel moeiliker is die verwerking van die mandaatlose, algehele, politieke magsoorgawe in 1994. Dit is op ‘n onetiese, immorele en uiters laakbare manier deur ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blankes bewimpel.

Daar is min twyfel dat die 1990/94-gebeure die grootste skandvlek in die geskiedenis van die Afrikanervolk sal bly. Swartes het toe die reg verwerf om tot in die oneindige suiwer rassisties teen blankes te diskrimineer, terwyl die groot grief teen die vorige politieke bedeling ironies juis rassediskriminasie was. Die aanvaarding van algemene stemreg in ‘n eenheidstaat, sonder dat enige kwalitatiewe vereistes, behalwe burgerskap en ouderdom, aan kiesers gestel word, het dit vir die al hoe groter wordende swart meerderheid moontlik gemaak om mettertyd enigiets te verander waarop tydens die grondwetlike onderhandelings ooreengekom is, bv eiendomsreg. Die vraag is of 1994 dié laagtepunt in die Afrikanervolk se geskiedenis is, of is dit veel eerder die Afrikaner-apatie wat daarop gevolg het?

“An event traumatizes a collectivity because it is ‘an extraordinary event,’ an event that has such ‘an explosive quality’ that it creates ‘disruption’ and ‘radical change … within a short period of time'” (Jeffrey C Alexander, Trauma: A social theory, Cambridge: Polity Press, 2012, 241p, Amazon Kindle $22.79, 198). ‘n Uitsiglose bestaan is vir die blankes geskep sonder dat hulle daaraan aandadig was, behalwe dat die meerderheid blanke kiesers op grond van allerhande beloftes, waarvan bitter min tereg gekom het, naïef tot onderhandelings ingestem het. Die blankedom is nie effektiewe inspraak in die onderhandelings of die uitkoms daarvan gegun nie. Die hoofstroom-inligtingsmedia het die blankes lank mislei oor die implikasies van dit waarop onbekwame enkelinge namens hulle ooreengekom het. Onder diegene wat in leidende posisies beheer oor die staat en die land en al sy inwoners verkry het, was en is daar talle veroordeelde misdadigers.

Die nuwe maghebbers misbruik in baie gevalle hulle posisies vir eie gewin. Terselfdertyd word ‘n propaganda-oorlog gevoer om hulleself so goed moontlik voor te stel en die blankes moreel en andersins te verdoem. Hierdie nuwe opset, wat nie van wraakgierigheid vry te pleit is nie, kan effektief tot die einde van ‘n beduidende blankedom in Suid-Afrika lei en in die besonder op die lange duur die uitwissing van die Afrikanerdom veroorsaak. Die land het ‘n haas onverbeterlike kweekplek vir regverdigbare en sekerlik verstaanbare blanke trauma geword. Dit is by uitstek Afrikaners wat die spit moet afbyt.

Daar is verskillende soorte trauma. In die konteks van die Afrikaner is kulturele trauma van wesenlike belang. “Cultural trauma occurs when members of a collectivity feel they have been subjected to a horrendous event that leaves indelible marks upon their group consciousness, marking their memories forever and changing their future identity in fundamental and irrevocable ways” (Kindle 156). “Wounds to social identity” is die oorsaak van kulturele trauma (97). Dat die Afrikanerdom in 1990/94 onverdiend blywende skade aangedoen is, behoef geen betoog nie. Dat dit ernstige geestelike skade is, blyk uit die apatie (futloosheid, lamheid, onverskilligheid) wat na verloop van meer as twee dekades steeds kenmerkend van seker die meerderheid Afrikaners is. Daar is eintlik geen teken van breë verset nie, hoewel daar die afgelope tyd ‘n opflikkering te bespeur is. Die gebrek aan kollektiewe verset by blankes kan deels toegeskryf word aan Europeërs of Westerlinge se voorkeur vir individualiteit terwyl swart Afrikane by uitstek groep- of massa-mense is.

Die skeiendste onreg word oënskynlik sonder daadwerklike teenstand geduld. Boere en ander blankes kan maar een na die ander afgemaai word. Plase kan nie net onteien word nie, maar selfs sonder vergoeding deur die swart heersers gesteel word. Die nuwe heersers beweer dat al het hulle nie kaart en transport om te bewys dat die grond aan hulle voorgeslagte behoort het nie, hulle geregtig daarop voel om blankes goedsmoeds van hulle plase te ontneem. Die groot verskil tussen barre grond en ontwikkelde plase word gerieflikheidshalwe geïgnoreer. As grond, soos beweer word, deur blankes gesteel is, is dit ‘n feit dat waarskynlik nie ‘n enkele plaas deur blankes van swartes gesteel is nie.

Onderliggend aan hierdie onverkwiklike gebeure is daar hierdie traumabarende wete: Dat van al die wigte en teenwigte wat in 1990/94 in die vooruitsig gestel is, net die booswigte springlewendig is. “In die aanloop tot die finalisering van die Grondwet het oudpresident FW de Klerk die boere belowe: ‘Julle kaart en transport is veilig'” (Louis Changuion en Bertus Steenkamp, Omstrede land: Die historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse grondvraagstuk, 1652-2011, Pretoria: Protea Boekhuis, 2011, p 272). Wanneer begin die klippe uitroep dat groot onreg teen blankes gepleeg is en steeds straffeloos gepleeg word?

“‘Experiencing trauma’ can be understood as a sociological process that defines a painful injury to the collectivity, establishes the victim, attributes responsibility, and distributes the ideal and material consequences. Insofar as traumas are so experienced, and thus imagined and represented, the collective identity will shift. This reconstruction means that there will be a searching re-remembering of the collective past, for memory is not only social and fluid but also deeply connected to the contemporary sense of the self. Identities are continuously constructed and secured not only by facing the present and future but also by reconstructing the collectivity’s earlier life” (Alexander 574).

Hier volg enkele opmerkings oor die vorige paragraaf. Die slagoffers van die 1990/94-gebeure is by uitstek die blankes en veral die Afrikaners, wat sedert 1948 aan die bewind was en geen ander vaderland het nie. Hoe revolusionêr die gebeure was, blyk uit die 2017-ANC-konferensie toe feitlik uitsluitlik swartes kon besluit oor watter kamerade vorentoe in beheer van die land gaan wees. Tradisioneel was dit die blankes se alleenreg om hieroor te besluit. Algemene stemreg het glo gelykheid gebring. In werklikheid het swartes in buitensporige mate politieke mag verkry. Die minderheidsgroepe (blankes, bruines, Asiate) het minimale politieke mag en is in ‘n hoogs ongelyke situasie gedwing.

Die politieke ontmanning van die blankes is bykans volledig. Wie is hiervoor verantwoordelik? FW de Klerk en sy groepie medepligtiges. Afgesien van politieke magteloosheid, wat is die gevolge? Dat Afrikaners die ideaal van selfbeskikking in ‘n eie vaderland bly koester; ‘n vaderland geskoei op tradisionele Europese waardes. Die materiële gevolge is dat die blankes weens blatante rassediskriminasie kollektief verarm en dat selfs hulle eiendomsreg al hoe meer bevraagteken en in die geval van plase selfs ontken word. Sulke onreg behoort daadwerklik bestry te word, maar daarvoor is die voorvereiste dat Afrikaners opreg trots moet wees op wat hulle is. Om trots op jouself te wees, sluit sekerlik die wil tot selfbehoud in. As Afrikaners hulle selfbeeld ooreenkomstig die ANC se propaganda sou vorm, is hulle so sleg dat hulle liewer in hulle swernoot moet gaan.

Die kollektiewe identiteit van Afrikaners het sedert 1994 merkbaar verskuif, bv weg van ‘n naïewe navolging van politici asook weg van valse profete in die kerk. Geestelike sake word in die subjekte verwerk en vind by uitstek uitlewing in huise en in die sosiale media; nie in die kruipsugtige hoofstroomkoerante en op radio- en televisiesenders nie. Dit is veral in familie en vriende wat vertroue gestel word. Meer as ooit is daar ‘n duidelike onderskeid tussen “ons” en “hulle” – al word in die propaganda betoog dat so ‘n onderskeid nie mag bestaan nie. Dit gaan vir Afrikaners eerder om eksklusiwiteit as die identiteitslose inklusiwiteit wat gepredik word. Diversiteit word ook nie deur Afrikaners veridealiseer nie; eerder eiesoortigheid. Afrikaners word al hoe meer bewus van die kultuur wat eie aan hulle is, met Afrikaans, verkieslik Standaardafrikaans, as die kern daarvan. ‘n (Nostalgiese) herwaardering van die verlede, ‘n “re-remembering,” kom al hoe meer voor as reaksie teen die amptelike herskrywing en vervalsing van die geskiedenis. In die propaganda word ons gemaan dat die simbole van die verlede, die goeie ou dae, nie opgediep en vertoon mag word nie juis omdat omstandighede toe soveel beter was as wat die hede is en waarskynlik ook beter was as wat die toekoms sal wees.

Anders as die HAT (soos hier bo aangehaal) onderskei Alexander tussen blywende en verbygaande trauma. Byvoorbeeld, in Suid-Afrika gebeur dit dat skoolklaskamers afgebrand word as daar te min klaskamers is. “In die apartheidstryd van die tagtigerjare was daar ‘n sterk neiging [by swartes] om te glo: om te bou, moet ek eers afbreek; met die afbrand van skole en poskantore, stakings en sanksies wat die bestaande ekonomie vernietig, bou ons die nuwe deur die oue uit te wis” (Attie van Niekerk, Anderkant die reënboog, Kaapstad: Tafelberg, 1996, p 9; ook Praag 8.04.2017) … “die slegte bring die goeie, die slegste bring die beste, probleme [uitdagings?] skep oplossings, vernietiging dwing vernuwing af” (10). Dit is ‘n nie-Westerse Afrika-manier van dink. Sedert die ANC die politieke mag grootliks onverdiend bekom het, het hy darem agtergekom dat dit makliker is om af te breek as om op te bou.

Die probleem is dat die destruktiewe gedragspatrone wat deur die ANC en PAC gevestig is, steeds uitdrukking in bv die afbrand van skole vind. Die brandstigters en hulle meelopers kom daarna met ‘n skok agter dat daar nou nog minder klaskamers is. As so iets gebeur, word daar berig dat die kinders berading sal ontvang. Die verskaffing van berading van owerheidsweë was (feitlik) onbekend in die ou Suid-Afrika. Ek wonder oor die aard, kwaliteit of effektiwiteit van daardie berading en wat die (formele) kwalifikasies van die beraders is. Eintlik al wat sinvol vir die brandstigters en hulle aanhitsers gesê kan word, is dat hulle optrede dom was. Dit kan as ‘n voorbeeld van verbygaande trauma beskou word. Die ironie is dat sulke skynbaar irrasionele optrede deesdae die verlangde resultate lewer. Meesal word die misdadigers nie veroordeel nie; nie verbaal nie en ook nie in die howe nie. Die klaskamers word herbou en nuwes bygevoeg.

Voorbeelde van gebeurtenisse wat ongetwyfeld grootskaalse trauma veroorsaak het, is die Holocaust, die atoombomme wat op Hiroshima en Nagasaki gewerp is en die 9/11-gebeure in Amerika. Maar hulle gevolge sal met verloop van tyd al hoe minder trauma veroorsaak. Daar bly immers steeds Duitsers, Jode, Japannese en Amerikaners oor. Die 1990/94-gebeure is in ‘n ander klas. Dit kan die algehele uitwissing van die Afrikanerdom tot gevolg hê. FW de Klerk en sy groepie medepligtiges sal dan vermag wat die Britte nie met bv die ABO kon regkry nie. Die 1990/94-gebeure word dan, wat Afrikaners betref, in die letterlike en absolute sin volksmoord.

Alexander verwys na Suid-Afrika as ‘n land waar trauma voorkom (616), maar hy dink aan die veelgeprese “slagoffers” van apartheid (530) en nie aan diegene wat weens die “vreedsame 1990/94-skikking” fundamenteel benadeel is nie. Die terreur-era, wat tot ten minste 1994 voortgeduur het, het ongetwyfeld trauma by blankes veroorsaak, toe daar bv geen vullisdromme en openbare sitplekke in winkelsentrums was nie en kopers gewaarsku is om bedag op terreur te wees en liefs uit openbare plekke weg te bly. In 1990/94 het die situasie vererger toe die funksionering van die veiligheidsmagte aan bande gelê en grensbeheer verslap is en gewapende terroriste op groot skaal die land binnegesypel het.

Daar is natuurlik diegene, bv in Amerika en Suid-Afrika, wat slawerny transgenerasioneel tot ‘n hedendaagse traumawekkende gebeurtenis probeer opgradeer ten einde skuldgevoelens by blankes te wek en bevoordeling vir swartes af te dwing. Maar dit is eintlik hoogs opportunistiese gekerm wat by geen rasionele mens inslag behoort te vind nie. Slegs die destydse verslawing van swartes deur blankes word opgehaal. In die konteks van blanke eienaarskap is slawerny geslagte gelede afgestel en kan dit kwalik ‘n bron van hedendaagse trauma wees. Dit is veel eerder ‘n blatante poging tot emosionele afpersing.

In die sosiale wetenskappe en by name in die sosiologie word daar deesdae sterk klem op die sosiale konstruksie van begrippe en gebeure gelê. Alexander is geen uitsondering nie. “When social groups do construe events as gravely endangering, suffering becomes a matter of collective concern, cultural worry, social panic, gut-wrenching fear, catastrophic anxiety. Individual victims react to traumatic injury with repression and denial, gaining relief when these psychological defenses are overcome, bringing pain into consciousness so they are able to mourn. For collectivities, it is different. Rather than denial, repression, and ‘working through,’ it is a matter of symbolic construction and framing, of creating stories and characters, and moving along from there. A ‘we’ must be constructed via narrative and coding, and it is this collective identity that experiences and confronts the danger” (97).

Konstruksie vind noodwendig plaas. Dit is op hierdie manier dat ‘n terroris en ‘n vryheidsvegter selfs ‘n vredesikoon word. “Even mass murders can be understood according to drastically varying accounts and imply sharply antithetical prescriptions” (125). Wat egter dikwels in die politieke literatuur gebeur, is dat alles waarvan polities byderwets nie gehou word nie, soos die terme “terroris” en “ras”, as konstrukte afgemaak word. Die ontologiese werklikheid van sulke verskynsels word daarmee afgewater en selfs ontken. Daar is egter werklik so iets soos terroriste wat mense en eiendom op ‘n gewelddadige manier vernietig. Daar is iets soos ras anders sou daar nie in die apartheidsbeleid so doeltreffend tussen blankes, bruines, Asiate en swartes onderskei kon word nie. Dit is op grond van ras dat die ANC-regering swartes buitensporig bevoordeel en blankes uitermate benadeel. Ná die 1990/94-gebeure was dit so duidelik soos daglig dat veral die blankes benadeel is. Dit was nie nodig om daardie “we” (vorige paragraaf) moeitevol te konstrueer nie.

Andersins vind konstruksie wél plaas. Dit het bv lank geneem voordat dit duidelik geword het waartoe FW de Klerk en sy medepligtes ingestem het. Byvoorbeeld, dit was aanvanklik onduidelik hoe gemeenskappe op plaaslike vlak getransformeer sou word. Ingevolge die kommunistiese beginsel van die sentralisering van politieke mag is die munisipaliteite van ‘n streek saamgevoeg. Op hierdie manier is verseker dat daar geen plaaslike owerheid sou wees waar blanke kiesers in die meerderheid is nie. Sommige nuwe makro-munisipaliteite, net soos stede en dorpe, sou ook name kry wat onaanvaarbaar, selfs afstootlik, vir blankes is. Selfs funksioneel ongeletterde raadslede is verkies. Geld word deesdae veral aan salarisse en nie-wit armlastiges bestee, nie aan die verbetering van infrastruktuur nie. Dienslewering het duurder en ondoeltreffender geword. Sommige blanke pensionarisse ly honger en ontbeer baie omdat hulle nie hulle buitensporig hoë munisipale rekenings kan betaal nie. Nie-wit nie-betalers word geduld en behou hulle stemreg en kan deurslaggewend bepaal watter raadslede verkies word. Terseldertyd word toegegee aan die eise wat nie-betalers vir voorkeurbehandeling stel, want as eise afgewys word, hou dit die gevaar van onrus, vandalisme en geweldpleging in.

Geen rasionele mens sou tot so ‘n finansieel nie-volhoubare en ondoeltreffende opset ingestem het nie. Bowenal word skreiende onreg gepleeg. “Actors describe themselves as traumatized when the environment of an individual or a collectivity suddenly shifts in an unforeseen and unwelcome manner” (169). Soos die sentrale en provinsiale regering is plaaslike regering in die nuwe Suid-Afrika ‘n klassieke geval van “bad things happen to good people” (183). Diegene wat hulle lewe lank gewerk en pensioen en ander middele vir aftrede bymekaar gemaak het, word te kort gedoen omdat hulle verplig word om nie net by te dra tot ondoeltreffende en korrupte owerheidsfunksionering nie, maar ook tot die onderhoud van bv werkloses en onwettige inkommers.

Alexander onderskei tussen ‘n gebeurtenis en sy voorstelling/”representation” (373). Hierdie voorstelling is ‘n konstruksie wat, anders as die gebeurtenis, wysigings kan ondergaan; vandaar bv “revisionist historical scholarship” (1560). In hoofstuk 2 toon hy aan in hoe ‘n mate die populêre voorstelling van die Holocaust ‘n Amerikaanse maaksel is. Dit is Amerikaners wat die eerste berigte oor die Nazi-uitwissingkampe die wêreld ingestuur het. Dit is die verwerkings van Ann Frank se dagboek vir die verhoog en rolprente wat die publiek se beeld van die Holocaust grondig beïnvloed het. Die voorstelling sou heeltemal anders gewees het as die Nazi’s die oorlog gewen het. Dink aan hoe bv slawerny, kolonialisme en apartheid deur swartes in propaganda opsetlik oordrewe en foutief voorgestel word.

Terme soos “Nazi,” en “Holocaust” word deesdae metonimies gebruik vir wat sleg of boos is. Plaaslik word sulke terme dikwels in die konteks van apartheid gebruik. Dit gaan om voorstellings, want die destydse gebeure in Duitsland en Suid-Afrika verskil hemelsbreed. Ek het die hele apartheidsera deurleef en weet dat daardie tydvak in propaganda erg vervals word. Soos die Holocaust word apartheid sonder meer as boos beskou. Soos die Holocaust het apartheid ‘n “bridging metaphor” (1819) geword. Byvoorbeeld, Jimmy Carter, een van die swakste Amerikaanse presidente (1977-1981, hy het net een termyn gedien – selfs Barack Obama is twee termyne gegun), het ‘n boek geskryf, Palestine: Peace not apartheid (2006). Apartheid was egter op blanke selfbehoud ingestel; nie op die benadeling van ander nie. Apartheid was ‘n verstaanbare en regverdigbare hulpbron vir blankes en het (ten minste in sekere opsigte) ook die land bevoordeel. Daar was in Suid-Afrika bv veel meer wet en orde en voorspoed en Westerse beskawing as tans. Apartheid as “commodification” het sedertdien in “comedization” (1863) ontaard. Apartheid word deesdae as belaglik, selfs as malheid, afgemaak. Blankes is in werklikheid ‘n onontbeerlike hulpbron vir die land, maar weens swart bewustheid/nasionalisme vind ‘n noodsaaklike herwaardering van blankes se positiewe nalatenskap en vermoëns glad nie plaas nie.

“Collective traumas are not found; they are made. Something awful usually did occur, but how it is represented remains an open question, subject to whirling spirals of signification, fierce power contests, simplifying binaries, subtle stories, fickle audiences, and counter-narrations. Individuals do not respond to traumas but to trauma constructions. How they come to reflect upon them is certainly a matter for individual conscience, but it is also a massively collective thing. Individuals experience the pain and suffering of defeat, and the hopes for future emancipation, in terms of collective stories that engulf and instruct them, sometimes in positive, sometimes in frightening, ways” (2081).

In hoofstuk 3 toon Alexander aan hoe die Palestyne die Nakba of Katastrofe (2066, 2152), die Israeli-besetting, as trauma ervaar. Terselfdertyd ervaar Israeli’s hulle eie verblyf as traumaties omdat hulle van alle kante deur vyandige Arabiere bedreig voel en hulle internasionaal geïsoleer word (2152). Soos tydens die Holocaust staar uitwissing hulle in die gesig. Israeli’s probeer om hulle selfbehoud met “cognitive militarism” te verseker (2313); anders as in Suid-Afrika toe die doeltreffende funksionering van die veiligheidsmagte in 1990/94 aan bande gelê is, met katastrofiese gevolge. Vandag kan Israeli’s steeds sê wat Afrikaners weens verraad in eie geledere nie meer kan sê nie: “We have a state, a flag and army” (2388). In Israel is daar ‘n gesonde kern (“Block of the Faithful”) wat voortgaan met “building, settling and developing” (2372).

In hoofstuk 4 word aandag geskenk aan die gebeure in Nanjing in China in 1937 toe na bewering ‘n kwartmiljoen Chinese deur die Japannese afgemaai is. Hoewel dit sekerlik ‘n traumatiese gebeurtenis vir sommige van die oorlewendes was, het dit andersins nie kollektiewe trauma ontlok nie. Die rede hiervoor is dat die nasionalistiese Kuomintang in ‘n politieke magstryd met die kommuniste gewikkel was. Albei partye het eerder die wandade van die ander party as dié van die Japannese aan die groot klok gehang. Van 1927 tot 1949 is baie massamoorde tydens die Chinese burgeroorlog gepleeg. In 1949 het die kommuniste die bewind oorgeneem en is in bv museums en skoolhandboeke begin om die oorlogsgebeure eensydig voor te stel; soos deesdae in Suid-Afrika in bv die Apartheidsmuseum en in skoolhandboeke. “It is no wonder that a memorial museum for the massacre at Nanjing was not built until 1985, and that this dark day of human history has remained relatively unmarked up to the present day” (2781). Die Nanjing-museum is die resultaat van “the current, highly fraught process of negotiating and constructing a new collective Chinese identity” (2810). In Suid-Afrika is daar ook pogings tot nasiebou, maar dit geskied ten koste van die aansien van blankes, veral Afrikaners, soos duidelik blyk uit bv museums in Kaapstad wat die slawe en die inwoners van Distrik 6 huldig en die museum in Johannesburg wat apartheid verdoem.

Hoofstuk 5 handel oor die gewelddadige skeiding van Indië en Pakistan. Albei lande het in 1947 polities onafhanklik geword. In 1971 het Oos-Pakistan as Bangladesj onafhanklik geword. Indië het ‘n oorwegend Hindoe- en Pakistan en Bangladesj ‘n oorwegend Moslembevolking. Hierdie 80+% religieuse meerderhede het ná grootskaalse bevolkingsverskuiwings gevolg. Dit gaan hier hoofsaaklik om die aanvanklike skeiding tussen Indië en (Wes- en Oos-)Pakistan. “Die mass migrations of the Partition were hardly voluntary, they were, in fact, conducted against a backdrop of immense brutality and violence and in an atmosphere inflamed with passions” (3140). Die nuwe opset in hierdie lande, soos in die tragiese nuwe Suid-Afrika, “failed to deliver the future” (3022). “Otherness was hardly confined to colonialism” (3052). Religieuse groepe bevind hulle “on opposite sides of the partition line” (3169). Die grens tussen Indië aan die een kant en Pakistan en Bangladesj aan die ander kant, is ‘n “cultural marker” en is eerder uitsluitend as insluitend (3169).

Die traumatiese gevolge van hierdie menseslagtings is grootliks geïgnoreer (3052). Byvoorbeeld, “Women’s bodies became sites of violence where different ethnic communities sought to establish their dominance over each other” (3184). Die skeiding van die subkontinent in drie lande word as “a regretable but necessary catastrophe” beskou (3067). Dít kan nie van Suid-Afrika se 1990/94-katastrofe gesê word nie. Indië, Pakistan en Bangladesj het na ‘n groter mate van homogeniteit beweeg, terwyl die nuwe Suid-Afrika in die teenoorgestelde rigting beweeg. Plaaslik is daar al hoe groter diversiteit (dink aan die miljoene inkommers van dwarsoor Afrika en Asië) en gevolglik al hoe meer wrywing.

Die onderwerp van die sesde en laaste hoofstuk is: “Globalization and trauma: The dream of cosmopolitan peace” (3239). Ná die Eerste Wêreldoorlog en veral ná die Tweede Wêreldoorlog is wegbeweeg van mono-etniese nasionale state. Dink aan die Volkebond, Verenigde Nasies en die Europese Unie, maar ook die samevoegings van uiteenlopende kulture in bv die Sowjetunie en Indonesië. Daar word gepoog om ‘n al hoe groter metodologiese of kunsmatige nasionalisme (3239) te kweek, wat eintlik op die ontkenning van tradisionele nasionalisme neerkom. Die bestaan van “a supra-national life” word veronderstel (3411). Om dit te bewerkstellig word die verskille tussen mense by voorkeur ontken. Dit lei noodwendig tot kulturele trauma. Daar word uitgegaan van veronderstellings soos die (moontlike) bestaan van ‘n wêreldstaat en dus wêreldburgerskap en selfs iets soos ‘n wêreldmening (3397) en ‘n wêreldgewete (1777). Geen wonder dat verskynsels waarvan ingevolge die tydsgees nie gehou word nie, tot misdade teen die mensdom opgegradeer word. “Civilization was becoming world-wide” (3352). Klein mensies het groot begin dink. Selfs die Universiteit Stellenbosch verkeer deesdae in die waan dat hy sy studente vir wêreldburgeskap bekwaam, gevolglik wil hy nie meer ‘n Afrikaner- en Afrikaanse universiteit wees nie.

‘n Fundamentele probleem is die Afrikaner se “dilemma of uniqueness” (1806). In ‘n klimaat van gelyk- en eendersverklaring, van wêreldburgerskap, is daar nie simpatie met blankes nie; veral nie met Afrikaners in Afrika nie. Ons word in ‘n blik gedruk as beweerde bevoordeeldes en onderdrukkers. Ons verkeer vasgedruk in ‘n hoek en dit hang uitsluitlik van ons af of ons oorleef. Dit is ons verantwoordelikheid om die blankedom in Afrika in weerwil van die 1990/94-katastrofe in stand te hou. Oor kulturele trauma skryf Alexander: “This new scientific concept … illuminates an emerging domain of social responsibility and political action” (156). Van daadwerklike, effektiewe aksie om die Afrikanerdom van ondergang te red, is daar nog weinig sprake. Weens toenemende verengelsing word Afrikaans ook vir die wolwe gegooi. Meer as ooit het ons ‘n goeie herder nodig om ons na ‘n Afrikanertuisland te lei.

Video: Dan Roodt oor grondgryp by Krugerdagberaad

By die beraad wat deur ToekomsVonk op 10 Oktober (Krugerdag) georganiseer is, het dr. Dan Roodt van PRAAG die gehoor daaraan herinner dat daar reeds 200 jaar ‘n konflik in Suid-Afrika woed. ‘n Minderheid radikale Engelssprekendes (“Britse marxiste”) in Johannesburg en Kaapstad voer bykans ‘n etniese uitwissingsoorlog teen Afrikaners, waarvan grondgryp bloot die jongste strategie is. Ondere andere word die grondgrypplan gedryf deur ‘n Britse burger, Ruth Hall, asook prof. Ben Cousins van die Universiteit van Wes-Kaapland wat aan Cyril Ramaphosa en die ANC-bewind voorskryf wat om te doen. Alles is egter nie verlore nie, want in Europa en die VSA is ‘n magtige beweging aan’t opkom wat reeds steun aan Afrikaners belowe het.

Leon Lemmer: Blankheid, Afrikaans, Afrikaners

Daar is ‘n Institute for Strategic Reflection genaamd Mapungubwe, vernoem na ‘n voor-koloniale erfenisterrein vir swartes. Hierdie instituut se uitgewersnaam is Mistra. In 2015 het die instituut ‘n byeenkoms gereël in “the Women’s Gaol on Constitution Hill.” Hiermee is seker oorgenoeg oor die oriëntasie van hierdie instansie gesê. Eers in Augustus vanjaar is die voordragte gepubliseer, gevolglik is van die inligting verouderd: Whiteness, Afrikaans, Afrikaners: Addressing post-apartheid legacies, privileges and burdens (Johannesburg: Mistra, 2018, 153p, R220). Hierdie byeenkoms was ‘n uitvloeisel van ‘n navorsingsprojek waarin onder meer verantwoording gesoek is vir die volgende vraag: “Do the erstwhile colonial settlers … deserve equal recognition as members of the emergent nation?” (p xix). My standpunt is dat daar ‘n herwaardering behoort te wees van die bydrae wat die blankes en veral die Afrikaners tot die ontwikkeling van Suid-Afrika gelewer het. Pleks van blankes as tweedeklasburgers te behandel, soos tans ongetwyfeld die geval is, behoort hulle nie net dieselfde as ander inwoners behandel te word nie, maar veel eerder beter omdat blankes onteenseglik die waardevolste en onontbeerlikste bevolkingsgroep was en is. Ek moet byvoeg dat die drietal onderwerpe in die boektitel (blankheid, Afrikaans en Afrikaner) in sommige van die voordragte nie direk aangespreek word nie.

Vanweë “the absence of the white South Africans” in die genoemde navorsingsprojek is besluit om hierdie opvolgbyeenkoms te hou (xix). Die ironie is dat van die 16 voordragte net die helfte deur blankes gelewer is en daarby onder andere deur blankes soos Melissa Steyn en Christi van der Westhuizen; twee mense vir wie dit ‘n passie is dat die spreekwoordelike skaakbord net swart blokkies mag hê. Heelwat besonderhede word oor elkeen van die deelnemers verstrek (vii-xvii). Die voorwoord is deur ‘n ANC-kameraad en die uitvoerende hoof van Mistra, Joel Netshitenzhe, geskryf. Naspers is een van Mistra se borge (xxii). Wat ek by uitstek doen, is om die menings wat uitgespreek is, te belig. Ek probeer om my te weerhou van voor die hand liggende kritiek. Die 16 voordragte word in dieselfde volgorde as in die boek bespreek.

  1. Kgalema Motlanthe, die kommunis en tussentydse ANC-president (2008-2009), het die inleidende voordrag gelewer. “Whiteness … has historically privileged a particular racially defined social group by dint of skin colour” (1-2). Dit is ‘n gewilde leuen. Blankes was eeue lank in politieke beheer van die land, nie vanweë velkleur nie maar danksy hulle vermoëns. “Racial discrimination is neither permissible in our legislative framework nor allowed in the public domain” (2). Dit is nog ‘n leuen. Die 1996-grondwet verbied nie rassediskriminasie nie, maar laat dit ooglopend toe en die ANC-regering maak ruimskoots hiervan gebruik deur suiwer rassisties teen blankes te diskrimineer, bv by die vulling van poste en bevorderings in die staatsdiens.

Desnieteenstaande kom Motlanthe met hierdie beskuldiging: “South Africa is a colonial construct, meaning the notion of racism, or racialism, is rooted in its historical framework” (2). In werklikheid is daar rassisme in sowel die verlede as die hede. Hy verwys na “whiteness as a social construct” (2). ‘n Gewilde hedendaagse neiging, bv in die sosiologie, is om alles waarvan nie gehou word nie, ‘n konstruksie te noem. By begrippe vind daar noodwendig intellektuele konstruksie plaas, maar dit word op grond van waargenome kenmerke gedoen. In soverre daardie kenmerke bestaan, is hulle werklik en die boustene waarmee gekonstrueer word.

Motlanthe skryf die blankes se bevoorregte posisie toe aan die industriële revolusie. “The dawn of industrialism disproportionately empowered Europeans in comparison to the rest of the world” (3). Waarom het die Afrikane nie die Europeërs voorgespring nie? “[The] narrative of human history was Europeanised … all conscious efforts have to be made to decentre whiteness, through the creation of spaces for marginalised narratives, all of which have an equally [!] justifiable claim to the centre of historical consciousness” (3). Hy sê egter nie op grond waarvan bv Afrikane op gelykheid met Europeërs aanspraak kan maak wat bv prestasies betref nie. Waarvan hy nie hou nie, is dat blankes die norm is waaraan ander groepe hulle meet. Sy ideaal is “dislodging whiteness from its perch of normativity” (4).

Hy probeer sy uitvlug in “the commonality of humanity” vind; dus “that the pool of human knowledge has incrementally benefitted from all humanity” (4). Maar alle rasgroepe het seker nie in dieselfde mate tot kennis bygedra nie. Om die voor die hand liggende gevolgtrekking hier te ontduik – “the reigning toxic culture of ‘whiteness'” (5) – is sy raad “to reconstruct our world in line with non-racial principles” (5). Volgens Motlanthe is ons primêre identiteit dat ons mense is (5), gevolglik is “debunking whiteness … a shared moral duty” (6). En swartheid? Ten slotte haal hy uit die Grondwet aan: “All citizens are equally entitled to the rights, privileges and benefits of citizenship” (6), maar dit is presies wat die ANC-regering vir blankes misgun.

  1. Melissa Steyn, wat aan die Universiteit van die Witwatersrand met “Diversity Studies” gemoeid is, is een van die radikaalste kritici van tradisionele blanke standpunte oor ras en geslag. Vóór 1994 was daar glo “the violent subjugation of the majority by a white minority in every dimension of national life” (9). “Racial injustice has been the organising logic of our social formation over generations” (12); dus sekerlik ook vóór die begin van apartheid in 1948. Afrikaners “were most overtly implicated in institutionalising and supporting apartheid … [they] could not deny their culpability, unlike [!] English South Africans who, despite being beneficiaries of the ‘racial contract’, were able to claim not to have been signatories to it during the apartheid period” (10). Blankes en veral Afrikaners reageer glo op ‘n drievoudige manier op hulle aandadigheid aan apartheid: “innocence, withdrawing, and claiming victim status” (10). “Withdrawal has been achieved through retreating into private spaces, such as ‘semigration’ to elite neighbourhoods” (11).

“Accusations of genocide, as in the right-wing rhetoric of farm murders … show a commitment to ignorance about how black South Africans have been, and continue to be, affected by the pervasive white preference of the system” (11). Sy verwys dan na “black pain” en beveel aan blankes “[should] educate themselves” (13). Sy noem nooit swart gewelddadigheid nie, maar wel “the burden of colonial and apartheid economic and social violence” (14). Wat volgens haar nodig is, is “a radical rearrangement of society” (14).

  1. Andries Nel het as die kind van ‘n Suid-Afrikaanse diplomaat in Brasilië skoolgegaan, daar polities verlig geraak en ‘n adjunk-minister in die ANC-regering geword. Hy haal Rick Turner (1941-1978), ‘n aanhanger van Steve Biko, aan oor “inequalities … being largely the result of exploitation and of inequality of opportunity” (19). Wat klaarblyklik veronderstel word, is eendersheid in talente. Maar Turner erken darem: “The maintenance of their cultural identity by white South Africans is a reasonable wish” (19). Nel maak twee opmerkings waarmee ek saamstem: “Obscenely generous executive renumeration” en “Leadership is required to ensure that unions share responsibility for the quality of services delivered, for improving the performance of government, and for fighting corruption and inefficiency” (22). Nel is gevra om oor “Where are the Suzmans, Slovo’s, Fischers and Naudés of today?” te praat, maar hiervan het min tereg gekom.
  2. Mary Burton is in Argentinië gebore, het ‘n leidende rol in die Black Sash gespeel en was ‘n kommissaris van die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK). Soos die WVK beveel sy aan: “a scheme be put into place to enable those who benefitted from apartheid policies to contribute towards the alleviation of poverty” (25). Oor die WVK noem sy ook “that findings made against the ANC remained a bitter source of resentment” (26). “It is apparent that, among those who choose to isolate themselves from the lives of the majority of South Africans, there are some who harbour racist and ignorant views about the state of present-day society, who criticise corruption and inefficiency as if these were racially defined characteristics” (29). “The white person’s burden today is not guilt, not leadership, but acknowledgement of past and on-going privilege; and the resultant responsibility to accept radical change and to participate in developing a more inclusive society” (32) – alles oorbekende politieke retoriek.
  3. Christi van der Westhuizen, ‘n dosent in sosiologie aan die Universiteit Pretoria, val weg met: “It is absolutely necessary work to disturb whiteness by making it seen, as it derives its power from operating invisibly as an unspoken regime of oppressive norms. Whiteness is therefore not skin pigmentation, but the meaning attached to pinkish, white-ish skin … The symbolic naturalisation of white superiority has a material effect, in the form of white privilege and black deprivation” (35). Apartheid word “an effective affirmative action scheme” genoem (36). Sy onderskei drie soorte Afrikaners: [1] “The Afrikaans African nationalists, [2] the neo-Afrikaner or Afrikaans enclave nationalists, and [3] the Afrikaans South Africans” (37). [2] is “the” Afrikaners (37), wat tot “inward migration” geneig is (38). Vir diesulkes “die taal is central” (39). “Afrikanerness … is a claim to effect separateness” (39).

Wat Van der Westhuizen se voordrag van die ander onderskei, is haar gebruiklike voorspraak vir homoseksualiteit; dus haar grief teen “heteronormality” (40). “The enclave version of Afrikaans whiteness draws the lessons of reinventing racism as culture, and heterosexism as family values … the family was centrally placed in colonial racisms” (39). Dit is juis die huisgesin en familieverband wat deur ‘n kulturele marxis soos Van der Westhuizen ondermyn word as een van haar bydraes tot die afbreking van Westerse kultuur en beskawing. “Racism and sexism [are] inherent in Afrikaner nationalism” (40). Haar ideaal is “an inclusive humanity based on social justice” (41).

  1. Lynette Steenveld, ‘n joernalis, begin deur blankheid as “a constructed social identity” te beskryf (45). Volgens die marxis, Antonio Gramsci (1891-1937), “the state … can be understood as a system of trenches which contain and organize the struggles among and within classes in ways that do not threaten the capitalist order” (46). Sy oorvereenvoudig en oorveralgemeen daarna met hierdie stelling: “The history of South Africa from colonial times is an anti-colonial struggle of the indigenous population against European economic expansionism” (46). Sy haal outeurs aan wat soortgelyke hoogs omstrede stellings maak, soos: “Black workers began building the modern labor movement, organizing on a formally non-racial [!] class basis, and soon displaced the racist unions as the institutional center of South African labor” (48). “We cannot theorise ‘whiteness as a position of advantage’ in South Africa without locating it in relation to the history of capitalist development and the struggles of working people against it, and the forms of state it engendered” (49).
  2. Bobby Godsell is ‘n bekende persoon in sake-, veral mynbou-, geledere. Hy erken die werklikheid van ras: “Race clearly is and will continue to be a powerful shaper of social identities, and an agent in the exercise of power and wealth in South Africa” (51). Godsell beweer: “This pattern of race-defined access to both power and wealth is not only a stain on our history, it remains a dynamic force shaping both our present and future” (52). Maar hy dateer hierdie skandvlek terug tot vóór 1994. Sy beskuldiging is teen die blankes gerig, terwyl dieselfde beswaar teen die ANC-regering geopper behoort te word. ‘n Historiese wanklank is sy verwysing na “Van Riebeeck’s hedge” as voorbeeld waarvolgens “land was increasingly reserved for the economic use and benefit of whites” (52). Lees in hierdie verband gerus die deurwinterde historikus, Dan Sleigh, se uitmuntend nagevorste artikel: “Politieke versinsels rakende die amandelheining” (LitNet 29.08.2018).

Godsell verwys na “our country’s legacy of a racist past” (55), maar hy versuim om die rassistiese hede, wat doelbewus deur die swartes geskep is, te veroordeel. Hy begeer “a fair society and a sustainable democracy” (56). “Fortunately, South Africa is not alone in its concern about social cohesion and social justice. In the wake of the 2006 financial collapse, leaders from all sectors of society and in many countries are looking for growth that is more inclusive and fair” (56). Godsell weet hoe om mooi broodjies te bak.

  1. Dirk Hermann is die hoofuitvoerende beampte van Solidariteit. Hy het sy voordrag aangebied in die vorm van ‘n brief wat hy aan Moeder Afrika skryf. Dit was sekerlik ‘n goed bedoelde poging om die saak van die Afrikaner en Afrikaans aan ‘n oorwegend vyandige gehoor te stel. Maar ek dink die inkleding van sy lesing het meegebring dat hy kwalik in sy doel kon slaag. “I was born of you, Mother Africa, a child of Africa” (57). “Our brothers, like the Sotho’s, the Matebeles and the Tswanas … But Mother, why do you build statues to honour the Mfecane of my other brothers, but I, I am the exploiter? Why is Shaka a freedom hero, but Piet Retief, the murdered one and other Voortrekkers are the ones who offend? Why is that which was done to my other black brothers by black brothers not called a crime against humanity? … Why are you so patient when it comes to black on black violence?” (58). “By your silence you are normalising violence” (61).

“Mother, I didn’t want to be subservient to European colonialists” (58). “I fought the First Anglo-Boer War or First War of Freedom as an African tribe, and I became the first African tribe to defeat a colonial power” (59). Afrikaans word sonder kwalifisering ‘n “African language” genoem (59). Hermann kry ‘n goeie hou in wanneer hy sê: “What astonishes me most is that you have made someone else’s language your language of aspiration. You gave up on our own language … In this way, you are going to lose your children; this makes them colonialists of a special type” (62). “White children … are experiencing discrimination by a system” (61). “I do not have a colonial motherland … [but] you don’t include me in the definition of African; your narrative is a simple good/bad narrative. White is bad and black is good. You are saying all problems started the day I arrived. You marginalise me and are upset when I keep myself aside. The racism of your other children is seen as legitimate demands; but my legitimate demands are racism. You refer to me as ‘them’ and your other children you call ‘us’. That makes me vulnerable for I am a visibly discredited minority” (62). “Mother Africa, are you a racist mother? (63).

  1. Ernst Roets is die adjunk-hoof van AfriForum. In sy voordrag vertel hy die linkses die waarheid. Sy lesing is myns insiens die hoogtepunt in die bundel. “I regard my cultural identity as an Afrikaner as an inseparable part of who I am. I regard my geographical identity as an Afrikaner as non-negotiable” (66). “White people … are currently being exploited … the story of post-apartheid South Africa [is] a story of double standards” (66). “If we discuss blackness we are only allowed to discuss how black people have been exploited in the past and not how black people need to change their way of thinking. Because the latter would be racist” (66).

“The Population Registration Act … was repealed because of its racist nature. Ironically, the laws that have been implemented since then continue to discriminate on the basis of race … ‘White’ is not defined in the Employment Equity Act, nor in the Broad-Based Black Economic Empowerment Act, nor in the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act. ‘Black’, however, is defined as ‘a generic term referring to Africans, coloureds and Indians” (67) – in die ANC se orde van voorkeur. “According to our Constitution, every citizen has the right to freedom of association and unfair discrimination is prohibited” (67). Maar vryheid van assosiasie word oral in die openbare lewe (skool, universiteit, werkplek, sportveld, woonbuurt, ens) deur opgedringde rasse-integrasie ondermyn. Rasse-diskriminasie as sodanig (die hoofbeswaar teen apartheid) word nie in die Grondwet verbied nie, net onregverdige/”unfair” diskriminasie. Die ANC as ‘n nie-onbetrokke instansie en sy/die howe besluit wat as onregverdige diskriminasie beskou word.

Shaka en Mzilikazi het volksmoord gepleeg maar word as helde beskou. “Where black people killed each other, took each other’s land and even committed genocide, it doesn’t matter, because they were black” (68). Die Vlakplaas-misdrywe word dikwels in herinnering geroep eerder as dié in die Quatro- en ander ANC-strafkampe. In Amanzimtoti is Kingsway tot Andrew Zondo-straat hernoem, ter ere van ‘n bomplanter wat skuldig is aan “murdering a baby, a little girl and three women” (68). Roets verwys vervolgens na gevalle van dubbele standaarde ten koste van die blankes aan die Universiteit Pretoria, Stellenbosch, Vrystaat en Noordwes. Sodanige dubbele standaarde “can also be labelled black privilege. Black privilege is the privilege to implement racist policies and then call it transformation” (70). “Black privilege is the privilege to believe and argue that your race is so superior that you are excluded from the very definition of racism and that you can never be racist, simply because you are black. That, ladies and gentlemen, is the ultimate form of racism” (71).

  1. Xhanti Payi is ‘n ekonoom en kommentator oor die sakewêreld. Oordrewe geluk het die ANC-regering in 1994 te beurt geval: “It found a highly developed economy with a strong complement of infrastructure” (73-74). In dieselfde asem skryf hy egter van “the legacy of the dismal period prior to 1994” (75). Soms is sy opmerkings in die kol: “So restrictive is the rise in wages of the previously exploited that analysts blame this phenomenon for the stalling of economic advance. Thus, it is argued, the South African economy is not growing because it has become globally uncompetitive as wages in the country increase” (79). Dus, oorkompensasie van werkers vind plaas terwyl daar ‘n oorskot werkloses is wat lone laer behoort te dwing. Terselfdertyd word nie genoeg klem op die betroubaarheid, toewyding, doeltreffendheid en produktiwiteit van werkers gelê nie. “Rising wages and land prices constrain the repeat of wealth creation as achieved before 1994” (82).

Die bodemlose put-sindroom word aan die nalatenskap van apartheid en kolonialisme toegedig: “The majority of black young people in South Africa start on a negative footing since they spend their intitial years of work plugging the hole of unearned incomes by their forebears … The deficits or loss of income and wealth from apartheid and colonial exploitation of parents or families has to be repaid in this new era” (80). Dit is ‘n sotlike situasie. Niemand behoort in die hede oorvergoed te word vir die beweerde vorige ondervergoeding van ander mense nie. Deel van die probleem is dat van baie swart werkers verwag word om nie net na die behoeftes van hulle gesinne om te sien nie, maar van ‘n onrealisties uitgebreide familie terwyl van owerheidsweë nooit voorbrand vir geboortebeperking gedoen word nie. Veral swartes wend hulle tot lenings teen hoë rentekoerse wat hulle nie (kan) terugbetaal nie. Die ANC-regering moedig hierdie wanpraktyk aan deur die name van sommige wanbetalers periodiek van swartlyste te verwyder. Die ekonomiese las hiervan word op die meer gegoede inwoners afgeskuif: “The burdens of debt accumulated through the centuries of exploitation and exclusion are on the shoulders of the free and emerging middle and aspiring capitalist class” (83).

  1. Mathatha Tsedu is ‘n militante, linkse joernalis wat blykbaar geen goeie woord vir Afrikaans en Afrikaners het nie. Hy het sy skoolopleiding danksy Bantoe-onderwys gratis ontvang, maar daar is geen teken van dankbaarheid hiervoor by hom nie. Afrikaans was deel van sy skoolloopbaan: “It was, also, of course, an instrument of oppression” (87). Meer as een keer maak hy melding van die beweerde verwaandheid/aanmatiging/”arrogance” van blanke Afrikaanssprekendes (87, 88). As Afrikaners hulle saak stel, raak hy die moer in: Afrikaans “is still being used to sustain a legacy that shouldn’t be here with us today. And, for me, I was sad to hear Dirk [Hermann] and Ernst [Roets] here. I was angry, ja. I was angry” (89).
  2. Pieter Duvenhage is ‘n filosofiedosent aan die Universiteit Vrystaat. Sy voordrag oor “Afrikaner intellectual history” is gebaseer op ‘n artikel wat hy in 2014 gepubliseer het. Hy maak gebruik van Isaiah Berlin (1909-1997) se onderskeid tussen negatiewe vryheid (“freedom from external interference”) en positiewe vryheid (“freedom to live a specific life – or being able to live a free life”) (99). Anders as voorheen, geniet Afrikaners glad nie meer (in dieselfde mate) hierdie twee soorte vryheid nie. Afrikaners het hulle vryheidstryd teen die Britse bewind aanvanklik in die Kaapkolonie en daarna in die Vrystaat en Transvaal gestry. Dit was terselfdertyd ‘n stryd van Afrikaans teen verdringing deur Engels en ook van Afrikanerkultuur teen oorheersing deur Britse kultuur. By Afrikaners het daar gevolglik ‘n sterk gevoel van “lotsverbondenheid” ontwikkel (98).

Die outeur het hom vir die vroeë geskiedenis in groot mate op AH Murray se 1947-opstel, “Die Afrikaner se wysgerige denke,” verlaat. Van onlangse of hedendaagse belang, is dat uitgewys word dat die Afrikaner in sy oorlewingstryd histories voorkeur aan federalisme gegee het (100). Federalisme is bv grondliggend aan Hendrik Verwoerd se beleid van afsonderlike ontwikkeling, bv die tuislande (107). Die groepie dwase wat in 1990/94 namens die blankes met die ANC onderhandel het, het feitlik sonder slag of stoot van federalisme afgesien en terselfdertyd in groot mate sowel die negatiewe as positiewe vryheid van Afrikaners vernietig. Hermann Giliomee skryf: Die liberaliste “have been very naïve in believing the ANC talk that it is a non-racial movement. I have always argued that it is a nationalist movement, using non-racialism only in winning and consolidating power” (111). Alexis de Tocqueville (1805-1859) het na aanleiding van sy besoek aan Amerika in 1831 tot die volgende gevolgtekking gekom: “Minorities can only become part of the majority if they abandon the things that are really important to them” (111). Dus, Afrikaners kan Afrikane word en hulle met die ANC se nasiebouprogram vereenselwig, maar dit geskied ten koste van Afrikanerkultuur, insluitende Afrikaans.

Duvenage sluit sy opstel soos volg af: “This contribution has attempted to show how Afrikaners, in a variety of ways, have tried – and continue to try – to meet the central challenge of South African society, namely how to live with diversity. To do so has led to an intellectual tradition that is positioned between the two extremes that always tempt those who hold power in South Africa; that is, to overemphasise either difference or similarity” (112).

  1. Hein Willemse is ‘n ANC-aktivis en Afrikaansdosent aan die Universiteit Pretoria. Soos hy dikwels graag doen, beklemtoon Willemse dat 60% van die Afrikaanssprekers nie-wit is en dat Afrikaans “a creole language” is (115). Daarmee gee hy te kenne dat hy die deurslaggewende belangrikheid van die Afrikaans (in sowel die verlede as die hede en toekoms) van blanke Afrikaanssprekendes, oftewel Afrikaners, misken, asook dat hy die geringe bydrae wat nie-wittes tot Afrikaans gelewer het, heeltemal oorskat. Willemse erken sy spesialisering in eensydigheid: “I focus mostly on the black history of Afrikaans rather than the known hegemonic history inculcated by Afrikaner nationalist education, propaganda and the media. In the debate on language and culture we often hear only the Afrikaner Christian National version of the story of Afrikaans, but its history is a multi-faceted one to which many South Africans of every hue have contributed. While our recent socio-political history often casts Afrikaans as the language of racists, oppressors and unreconstructed nationalism, the language also bears the imprint of a fierce tradition of anti-imperialism, anti-colonialism, and of an all-embracing humanism and anti-apartheid activism” (115-116).

Standaardafrikaans is in werklikheid nie ‘n kreoolse taal nie. Die Nederlander, DC Hesseling, het Afrikaans in 1899 tot ‘n gemengde taal verklaar, maar DB Bosman het hom in 1916 teengespreek (121). Die nie-blankes se bydrae is te gering om Afrikaans ‘n kreoolse taal te noem. Maar Willemse skryf (wensdenkend): “The creole language theory is in the ascendancy” (122). In die HAT word “kreools” gedefinieer as: “taal wat ontstaan uit langdurige kontak tussen twee taalgemeenskappe, een gewoonlik Europees en die ander inheems, wat eienskappe van elkeen behels en wat mettertyd die moedertaal van die gemeenskap word.” Wat Willemse doen, is om ingevolge sy politieke agenda ‘n Nederlandse taalkundige soos Hans den Besten (122) slaafs na te volg deur voor te gee dat die Khoi- (ensovoorts) stroom die hoofontstaanstroom van Afrikaans was en waarby die plaaslike blanke Hollandssprekers as die systroom later aangesluit het.

Die blankes aan die Kaap was polities en kultureel in beheer. Hierdie blankes se omvorming van Hollands was van deurslaggewende belang; nie dié van mense wat deesdae as benadeeldes geparadeer word nie. In watter mate Den Besten die spoor kwyt is, blyk uit sy volgende stelling: “Were it not for the agency of the ‘indigenous Khoekhoen and imported African and Asian slave labor … there would be no Afrikaans'” (122). Hier word mense wat dalk in geen ander opsig skeppingsvermoë geopenbaar het nie, voorgestel as diegene wat ‘n taal geskep het. Dit is ook belangrik om duidelik te onderskei tussen die ontstaan van Afrikaans, waarin nie-wittes ‘n (geringe) rol gespeel het, en die ontwikkeling, uitbouing en amptelike erkenning van Afrikaans, wat feitlik uitsluitlik aan die blankes, dus Afrikaners, te danke is.

“Mainly” in die volgende sin behoort net op Hollands/Nederlands betrekking te hê: “the simplified, creolised speech, with its roots mainly in Dutch, the seafarer variants of Malay, Portuguese, Indonesian and the indigenous Khoekhoen and San languages” (118). “The ‘first [Afrikaans] language movement’ (1874-1890) strenuously denied the creole nature of the language” (119). Die Afrikanernasionaliste van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) was deel van hierdie beweging. Die GRA het ‘n deurslaggewende bydrae tot die opkoms van Afrikaans gelewer. Maar mense soos Willemse en sy geesgenote verkies om die GRA (as “ethnic entrepreneurs”) met politieke retoriek soos die volgende te diskrediteer: “The nationalists of the GRA, sought to actively demarcate their language to the point of diminishing and stigmatising other speakers’ claim to it, declaring their own version of Cape Dutch as prestige Burger Afrikaans, the distinct ‘white man’s language'” (120). ‘n Opsig waarin die GRA volgens Willemse en diesulkes gesondig het, is “using written Dutch as the basis for its [Afrikaans’] codification” (120); iets wat Willemse se kreoliseringsmanie verwater. Moedswilligheidshalwe oordryf hy dan: “Afrikaans was constructed as a white language, with a white history and white faces” (121).

Oor die gesonde beginsel van moedertaalonderwys, wat tydens die politieke bewind van die Afrikaner (eerder as onder die Brit of Engelsman) voorkeur geniet het, skryf Willemse: “Under apartheid rule language was deployed as a tool of tribalism in the service of the divide-and-rule policy, and, instead of a sign of empowerment, it became a marker of under- and mis-education. One of the unintended consequences of the apartheid policy and Bantu Education was the level of self-loathing that speakers developed around indigenous languages, which they perceived as having little or no value in a contemporary business or educational environment” (123). As Willemse se uitgangspunt taal en kultuur was en nie politiek nie, sou hy waardering gehad het vir die beleid van afsonderlike ontwikkeling, wat gepoog het om iedere groep se taal en kultuur te bewaar en uit te bou. Dit is weens die ANC se sug na absolute mag in ‘n eenheidstaat dat gepoog word om taal- en kultuurverskille uit te wis, moedertaalonderrig aan al hoe meer kinders en studente te ontsê en patetiese onderwysresultate te behaal. Alle tale behalwe die koloniale taal Engels ly skade, maar dit hinder Willemse klaarblyklik nie, wat nogal eienaardig is by iemand wat veronderstel is om ampshalwe Afrikaans te bevorder.

Willemse is geen voorstander van Standaardafrikaans nie, al word dit deurlopend angepas, omdat hy Standaardafrikaans as blankes se Afrikaans beskou. Vandaar hierdie wensdenkery: “Black speakers are demanding the re-standardisation of their [!] language [Afrikaans], the recognition of regional varieties” (124). Waarheen Willemse eintlik mik, is die vervanging van Standaardafrikaans met geradbraakte Afrikaans, spesifiek die brouseltaal Kaaps. Daarom skryf hy: “Ons moet onthou dat die bruisende toekoms van Afrikaans … reeds in ons veeltalige [!] stedelike strate soos dié van Kaapstad en sy townships vorm aanneem” (Frank Hendricks en Charlyn Dyers, reds, Kaaps in fokus, Stellenbosch: Sun Media, 2016, p 75). Willemse vier sy militante politieke aktivisme deur op vandalistiese gebeure soos die volgende, waarvan hy deel was, te roem: “In 1976, UWC [University of the Western Cape] became the hub of the student uprising in the Western Cape” (Mistra 125). In die UWK se Departement Afrikaans is vervolgens begin met “reshaping academic thinking around Afrikaans” (126). Willemse se hoogs afkeurenswaardige houding teenoor Afrikaans is ‘n lewende bewys van wat hierdie UWK-strategie behels. Standaardafrikaans word verwring tot “Apartaans” (126), soos die polities misleide André P Brink dit genoem het.

Willemse sluit sy voordrag soos volg af: “Today Afrikaner nationalism has been severely diminished and, along with it, the standing of Afrikaans in the public sector. Nonetheless, in the private spheres of culture, private education, the media and subscription television, Afrikaans has seen an exponential growth. As suggested earlier, the very nature of contemporary Afrikaans, the white-speaker bias of its media products and dominant institutions, remain under constant discussion, and we still have to recognise the multi-faceted nature of the Afrikaans-speaking community, the numerical dominance of its black speakers, and the need to advance Afrikaans in a multilingual, all-inclusive, antiracist* environment, as an example and as part of the development and intellectualisation of African languages. We also have to recognise that Afrikaans is at the core of many fellow South Africans’ sense of identity, and that they are not necessarily white” (126-127). Let daarop dat Willemse geen kritiek uitspreek teen die afskaling van Afrikaans in die openbare sektor nie. Hy rep ook geen woord oor die bedenklike gehalte van Afrikaans in die private sektor nie. Pleks daarvan loof hy die groei van Afrikaans in teruggesnoeide geledere. Soos te wagte, word Afrikaans sonder meer as ‘n Afrikataal geklassifiseer pleks van sy Europese herkoms en wese te erken. Afrikaans behoort sekerlik tot die kern van Afrikaners se kultuur. Dit geld nie in dieselfde mate vir nie-Afrikaners nie; veral nie vir die bruin elite waarvan Willemse deel is nie. [* Asof Willemse tot so iets in staat is.]

Om Willemse se blatante dislojaliteit teenoor Afrikaans se illustreer, kan lesers gerus na die webwerf van Tydskrif vir Letterkunde op die internet gaan. Willemse se gesindheid jeens Afrikaans blyk nie net uit wat hy sê en skryf nie, maar ook uit wat hy as redakteur van daardie vaktydskrif doen; ‘n tydskrif was eens naas Standpunte die mees gerekende Akrikaanse letter- en taalkundige publikasie was. Op die “Afrikaanse weergawe” van die tuisblad, wat uitsluitlik in Engels is, staan dat hierdie tydskrif “articles on theoretical, applied or comparative aspects of African literatures and cultural practices” publiseer. Die inhoudsopgawe van die jongste uitgawe toon 12 artikels waarvan nie ‘n enkele een in Afrikaans is nie, en twee huldeblyke geskryf deur Willemse. Dáár word genoem Willemse is die “eeste bekleër van die Leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij aan die Universiteit Gent, België.” Willemse se aanstelling is geloof, onder meer op LitNet, as wonderlike erkenning van Afrikaans in die buiteland. Myns insiens is Willemse se aanstelling deur linkse politiek* gemotiveer eerder as iets wat spesifiek in belang van Afrikaans is. Willemse as die eerste bekleër van daardie leerstoel sal nie Standaardafrikaans nie en allermins Afrikanerkultuur bevorder; net so min as wat Nelson Mandela se voorlesing van Ingrid Jonker se gedig, “Die Kind”, tydens sy inhuldiging as president in 1994, ‘n blyk van erkenning van Afrikaans was. Albei gevalle is wesenlik manifestasies van linkse politiek. [* Die Belgiese regering het 30 miljoen euro aan die ANC-regering ter ondersteuning van onteiening sonder vergoeding belowe (Netwerk24, 10.09.2018).]

  1. Nico Koopman is ‘n teoloog en is as vise-rektor van die Universiteit Stellenbosch (US) daar om pluraliteit, diversiteit en multikulturaliteit op die bestuursvlak te verwerklik. Hy is ‘n voorbok by die verengelsing van die fakulteit teologie en die universiteit in sy geheel. Die huidige topbestuur besef klaarblyklik nie dat hulle lippediens aan pluraliteit, diversiteit en multikulturaliteit onversoenbaar met die gedwonge, gelykmakende, monokulturele verengelsing van die US is nie. Ten spyte van sy voorkeur vir Engels, is Koopman deur bv die Afrikaanse Taalmuseun en -monument genooi om ‘n toespraak oor Afrikaans te lewer. Soos by Hein Willemse trek Koopman die streep van sy hibridiese biologiese oorsprong deur tot by die wenslikheid dat Afrikaans (maar nie Engels nie) ook maar hibridies, dus ‘n heksebrousel van Afrikaans en Engels, mag wees.

Koopman bak mooi broodjies soos: “We have beautiful stories to tell about our liberation from racism and of our victory over racism” (134). ‘n Uitlating soos die volgende drup van naïewe heuning: “Forgiving love … is embodied in the life and person of Nelson Mandela. This absurd, forgiving love was experienced at the hearings of the TRC [Truth and Reconciliation Commission]. Manifestations of this love granted South Africa the wonder of a transition to democracy” (136). Lê die absurditeit nie veel eerder daarin dat vergewende liefde toegeskryf word aan die stigter van die gewelddadige MK nie, asook aan die ongebalanseerde, bevooroordeelde WVK? Koopman swyg oor die skandes, misdade en onbeskaafdheid wat tydens die “bevrydingstryd” plaasgevind het, asook die voortgesette owerheidsgesteunde en -toegepaste rassisme.

Hy erken darem: “There are still bad things happening in South Africa” (134), maar hy sal slegte dinge eerder by die blankes as die swartes soek, of as hulle by die swartes te vinde is, sal dit aan die nalatenskap van apartheid toegeskryf word. Ons moet glo kleurblind wees, behalwe as ons kleur ten koste van die blankes kan bysleep: “Do we need to refer to each other in colour categories? Yes, we need to do this for the sake of trying to make some reparations for wrongs that were done along colour lines for centuries” (134-135). Hier dink Koopman aan rassediskriminasie vóór 1994; nie aan die huidige diskriminasie teen blankes nie. Laasgenoemde soort diskriminasie behoort volgens hom ‘n “interim arrangement” te wees (135). Het hy al ooit van ‘n enkele ANC-kameraad gehoor dat rassediskriminasie teen blankes in die afsienbare toekoms, indien ooit, afgeskaf gaan word? Gaan onteiening sonder vergoeding kleurblind toegepas word? Nee, dit sal sekerlik by uitstek en selfs uitsluitlik ten koste van die blankes geskied.

“It is not possible to claim excellence in a diversified society if you do not show hospitality to a diversity of persons, contexts, perspectives and ideas” (135). Die Wim de Villiers-US gee hoog op oor sy strewe na akademiese uitnemendheid. Is Afrikaans as diversiteitsfaktor net so welkom soos Engels in die US- klaskamers, op sy verhoë en in sy administrasie? ‘n Kenmerk van ‘n universiteit van hoë akademiese gehalte is dat ‘n diversiteit van idees nie net toegelaat word nie, maar deurlopend aktief aangemoedig word. Hierdie toets vir akademiese uitnemendheid dop die huidige US skouspelagtig. Die De Villiers-US duld geen regse of selfs bloot tradisionele, polities-behoudende aktiwiteite of openbare toesprake op sy kampusse nie. Die “ander kant” van ‘n linkse saak word onderdruk en nie gestel nie. Geen regse of selfs bloot nie-linkse politikus of Afrikaanse blanke skrywer of rasegte Afrikaner sal deur die huidige US met ‘n eredoktoraat vereer word nie.

Al druip die huidige US die toets van veral ideesdiversiteit skouspelagtig, beweer Koopman waaragtig: “The type of university that enhances life together in diversity is plausible. It is a moral imperative … A truly South African university is therefore a university that strives to make a transformative and healing social impact” (137). Hierteenoor stel ek ‘n waarheid soos ‘n koei: Die ongetransformeerde US van weleer was suiwer akademies-wetenskaplik in vele belangrike opsigte ‘n voortrefliker opvoedkundige inrigting as die huidige een.

Teen die einde van sy toespraak kom Koopman onvermydelik by sy “ethos of

hybridity”, dus ongebreidelde deurmekaarboerdery, uit en draai hy al sy politieke en ander ideologiese krane oop: “where boundaries are not rigid but porous so that osmosis can take place, where people get rid of defensive and anxiety-filled minimalist identities, where they develop playful and liberating, cosmopolitan maximalist identities that make us say: yes, I am a Mandelian coloured, but through my hybridic living, my life in proximity and osmosis with my black/white/Indian brothers and sisters I am also more than coloured; yes, I am a Christian, but through my hybridic living with other religious and secular faiths I am more than Christian; yes, I am a South African, but through my osmotic living with brothers and sisters of other African countries I am more than South African; I am African, but through my life in interpathy with people from other continents I am more than African; I am heterosexual but through my hybridic living with people from LGBITQA+ communities I am more than heterosexual; I am male, but through my hybridic living with women I am more than male” (137). ‘n Mens kan seker sê hier is ‘n “heterosexual+” en ‘n “male+” aan die woord.

  1. Achille Mbembe is ‘n Kameroener wat oor Afrika-geskiedenis en politiek skryf. Sommige van die dinge wat hy sê, klink vir my meer aanvaarbaar as die uitlatings van sommige plaaslike swartes; moontlik omdat hy meer objektief kan oordeel. Hy sê bv: “There’s a huge need to take the immaterial wealth very seriously” (145), bv Afrikanerkultuur, insluitende Afrikaans. Hy dink byeenkomste soos hierdie een “are indispensable if we want to detoxify our public sphere” (141). Ek dink nie ontgifting is moontlik terwyl die ANC aan die bewind is nie. Idealisties praat Mbembe van “reopening the future for all” (141) en dan verduidelik hy: “Only those who are recognised have a chance to be heard” (142). Hopelik dink hy hier met deernis aan die blankes: “They have the feeling of being subjected to permanent misrecognition” (141). “What is going on is that a new cultural temperament is emerging, is in the making. We see it in a number of signals, the most important of which is the recent student movement. We see this new cultural temperament in events such as the decolonisation movement, ‘Rhodes Must Fall’, ‘Fees Must Fall’, the shift to a vocabularly of almost everything has to fall” (143). Dan vra hy die voor die hand liggende vraag: “What has to replace it? We talk about destroying that which exists rather than inventing or imagining what it is that we have to put in its place” (143).

Hy het die sin om van “the suffering of yesterdag, and of today” te praat (144). “There’s a ‘politics of time’ that is shifting. The ‘politics of waiting’ is being replaced by the ‘politics of impatience’. People are willing to sharpen the contradictions; force them into the open and bring them to a point of hopeful resolution and, if necessary, through violence” (144). Hy noem dat hy baie mense teëkom wat die voorliefde vir geweld openbaar wat deur Frantz Fenon (1925-1961) verkondig is. In daardie opsig kan die nalatenskap van die “bevrydingstryd” nog hel vir die ANC en die land veroorsaak. Mbembe sê: “We [cannot] build a decent society if we do not address the question of indebtedness” (144-145); dus nie net besinning oor die nalatenskap van apartheid nie, maar ook besinning oor die nalatenskap van die onbeskaafde, gewelddadige “bevrydingstryd” en bowenal besinning oor en dankbaarheid vir wat al die inwoners van hierdie land aan die prestasies, kundigheid, toewyding, ens, van blankes, veral Afrikaners, te danke het.

“The politics of difference and identity … is everywhere these days as opposed to the politics of commonality. I think that we thought that, with the end of apartheid, we could transcend the politics of identity and difference, that we could conflate nationalism with what is called ‘celebration of difference’. But the celebration of difference cannot be solid ground upon which to build a nation, especially in an era when nationalism is besieged by the forces of capitalist globalisation. And, insofar as capitalist globalisation is about denationalisation and deterritorialisation, we have to find a different way of dealing with the question of identity by highlighting not difference but commonality. We cannot be celebrating our differences: that’s what apartheid wanted us to do. What we have to celebrate is what it is that we share and what we share is our common humanity” (145). Dit is bloot ‘n herhaling van die geykte “oplossing” waarvolgens almal in dieselfde keurslyf gedwing word. Dit bied geen realistiese oplossing vir ‘n land soos Suid-Afrika nie omdat die groot kultuurverskille wat in die bevolkingsgroepe aangetref word, nie goedsmoeds met ‘n nasieboumanie oorbrug kan word nie.

  1. Mathews Phosa, ‘n vorige premier van Mpumalanga, was die laaste spreker. Hy was ‘n MK-kameraad wat in Mosambiek Afrikaansonderrig aan terroriste verskaf het sodat hulle meer doeltreffend dood en verwoesting kon saai. As vergoeding het Naspers ‘n bundel van Phosa se Afrikaanse rympies gepubliseer asof hulle gedigte is. Wat hy in sy voordrag sê, is egter nie sonder verdienste nie, bv “We are all migrants … We must not burden ourselves with the past but … build a future that is admirable and deserving” (147). “It is often convenient to pitch our tents in the past – that way it is easy for us to blame everything that is not working on everyone else – rather than to build our own home of the future with due cognisance of the shortcomings and good things of the past” (149). “A successful and cohesive nation engages in practices where everyone is treated equally, without favour” (153). Ook: “We must welcome critical debate and thinking that does not necessarily reflect our own” (148-149) – ‘n les van die US-bestuur nog moet leer.

Hy val egter uit die minibus met die geykte opmerking dat Nelson Mandela “the father of our nation” is (147). Myns insiens is daar geen omvattende Suid-Afrikaanse nasie nie. In soverre daar plaaslik ‘n swart nasie is, kan kwalik van Afrikaners verwag word om kultureel deel daarvan te voel. Hy beweer ook dat mense soos Nelson Mandela en Desmond Tutu “positively influenced world events” (149) terwyl dit nie eens sonder teenspraak van Suid-Afrikaanse gebeure gesê kan word nie. Aan die positiewe kant sê Phosa: “The Afrikaner has a role to play in the future of our country. I hear that some of the Afrikaners feel that they are threatened by the government’s policies on issues of empowerment, land and quotas in sport … this is undeniably true” (150).

Hy verwys na “our underperforming economy” en skryf dit tereg toe aan “our consistent disregard for sound economic growth principles” (149). “Our economy is ambling along at a substandard level as a result of our inability to gather and direct the skills and expertise that are available, as well as from interference by government in employment policies and practices. Successful nations are built on education, skills development and the harnessing of experience” (150). “Let’s open the doors and welcome those skilled and experienced Afrikaners and other whites who abandoned their beloved country in search of security and stability; and acknowledge their skills in our economy. Let’s make it easy for them to return and to stay” (151).

Oor die gebrek aan wet en orde sê Phosa: “Often, government is nowhere to be found, arriving on the scene only when the smoke is thick and the security forces are tested to their limits … we must define the foundations of a new dispensation before further militant action equivalent to that of the 1980s is forced upon us” (151). “The exciting [?] road we chose in 1994 is long gone. Deep potholes and divisions are now threatening the very order on which our democracy is built. Populist calls for unfair land alienation and other suicidal economic policies threaten South Africa and its place in Africa and the world … prosperity can only become the norm if we abandon the idea that we are a revolutionary state” (151).

ANC begin grond sonder vergoeding onteien

Die ANC-leierskap van Ekurhuleni, die monsteragtige “metro” wat op die Oos-Rand geskep is en  uit verskillende dorpe en stede bestaan, het vorendag gekom met die land se eerste “onteiening sonder vergoeding”.

Die swart ANC-burgemeester van die uitgestrekte stedelike gebied, Mzwandile Masina, het jubelend aangekondig dat die eerste eiendomme van blanke eienaars op die Mugabe-manier, ná die model van Zimbabwe se voormalige diktator, onteien gaan word. Donderdag het hy verklaar:

“Die Ekurhuleni-raad het besluit om tot die onteiening van grond sonder vergoeding van vier eiendomme in die stad oor te gaan. Ons toets die grense van Artikel 25 van die Grondwet om die inklusiewe behuisingsontwikkeling vir ons mense te versnel. Daar is geen terugkeer nie! ”

Sowel die DA as die VF Plus het hul teen dié besluit van die metroraad uigespreek. Jennifer Rautenbach, ‘n raadslid van die Vryheidsfront Plus, het gesê dat die party “gekant is teen onteieing sonder vergoeding en het sy teenkanting duidelik teen die besluit uitgespreek. Die party sal toesien dat Artikel 25 van die Suid Afrikaanse Grondwet korrek toegepas word in dié verband.

Burgemeester Masina is duidelik besig met niks anders nie as politieke propaganda in ‘n voorverkiesingsjaar.”

Ook die Demokratiese Alliansie (DA) in die raad het gestem teen die besluit om vier eiendomme te onteien. Raadslid Philip de Lange het ‘n verklaring uitgereik en gesê:

“Ons glo dat die proses van onteiening sonder vergoeding geloods word sonder dat meer behuising beskikbaar sal raak, aangesien die ANC eenvoudig nie die politieke wil het om die mense te dien nie. Sedert die begin van demokrasie in 1994 het die behuisingsagterstand eksponensieel gegroei, as gevolg van die ANC se gebrek aan behuisingslewering en uitgebreide korrupsie. Wat sal nou verander, want die metro is alreeds bekend dat hy stadig titelaktes aan inwoners uitdeel?

“As die DA glo ons in eienaarskap. Eienaarskap bring nie net sekuriteit wat eienaarskap betref nie, maar dit bemagtig ook mense om ‘n bate te gebruik om kapitaalwaarborge te verkry, en dit skep  rykdom. ”

Die vier eiendomme wat van hul eienaars gekonfiskeer word, is:

• Gedeelte 40 van Plaas Rietfontein 63-IR, wat 4,4 ha beslaan en privaat besit word;

• oorblywende gedeelte 2 Elandsfontein 90-IR, wat 101.2ha beslaan en privaat besit word;

• die oorblywende gedeelte van Benoni 77-IR, wat 205ha beslaan en deur die regering besit word; en

• gedeelte 406 Plaas Driefontein 85-IR, wat 33.6ha is en privaat besit word.

Nie een van die drie private eienaars het nog gereageer op die munisipaliteit se besluit nie. Praag het egter met mnr. Jaap Kelder, ‘n sakeman en voormalige stadsraadslid aan die Oos-Rand, gepraat.

“Ek is baie bekommerd oor hierdie besluit,” het Kelder gesê. “Onteiening is ‘n ernstige probleem. Geen persoon by sy volle verstand sou  in Suid-Afrika wou belê nie omdat hy weet dat hy onteien kan word deur ons radikale regering.

Gevra oor die uitwerking op eiendomswaardes, het hy geantwoord: “Waardes gaan eenvoudig daal. Niemand wil langs ‘n plakkerskamp woon nie. Dit is wat gaan gebeur met die onteiende stukke grond; hulle sal in plakkerskampe verander word.

“Dit het alreeds met die voorstad Glen Marais gebeur. ‘n Skare swartes het eenvoudig die grond binnegeval en hutte tot teenaan die supermark opgerig. Niemand wil meer daar woon nie. ”

Die afname in Suid-Afrika se mynboubedryf skep ook geleentheid vir onteiening. “Ekurhuleni het baie myngrond; party van dié maatskappye is gelikwideer, nou kan jy net op die ou myngrond plak en die munisipaliteit sal dit vir jou onteien, “het Kelder gesê.

Leon Lemmer: Die SAUK/SABC: Onafhanklik van die regering of lakei?

Wynand Harmse was die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) van Mei 1988 tot September 1994, dus toe Suid-Afrika getransformeer is van ‘n Europees-Westerse land tot nog ‘n Afrika-land. Harmse het in 1963, toe hy 23 jaar oud was, met ‘n B.Com-graad by die SAUK in diens getree, was op 29-jarige ouderdom die hoof van die finansiële afdeling en het daarna deur die range tot bo gevorder. Die volgende boek van hom is onlangs gepubliseer: SAUK, 1936-1995: Steeds sleutelspeler of bedreigde spesie? (Tygervallei: Naledi, 2018, xx + 446p, R350). Die outeur het uitmuntende navorsing gedoen en die resultaat het in ‘n goed geformuleerde en deeglik gesistematiseerde teks neerslag gevind. Ek was aan die begin skepties oor Harmse se politieke aanslag omdat hy deurgaans van die “vryheidsverkiesing van 1994” (bv p xiii) praat, terwyl blankes daardie gebeurtenis eerder as onderploeging of verslawing ervaar. Hy het myns insiens met te groot oorgawe aan transformasie meegewerk, onder meer omdat hy aanvanklik nie die omvang van die 1990/94-ramp besef het nie: “Dit was transformasie in groter maat as wat voorsien kon word” (406) en “Ek het die omvang van veranderinge wat sou plaasvind ver onderskat” (432). Ter versagting moet genoem word dat die tsoenamie van swart mag die SAUK gouer as die res van die land getref het. Sedert Junie 1993 sit die SABC met ‘n raad wat deur ANC-kornuite oorheers word.

Wat ook ‘n verligte aanslag aan die boek verleen, is die voorwoord deur Ton Vosloo. Hy wou die manuskrip ter insae hê voordat hy tot die skryf van die voorwoord ingewillig het. Dit is verstaanbaar omdat Naspers met sy M-Net subskripsiediens in 1985 in direkte mededinging met die SAUK getree het. Vosloo skryf: “Ek het in die tagtigs die bedreiging van ‘n [swart/ANC-] oorname sien kom en vir die destydse minister en latere staatspresident, FW de Klerk, ernstig versoek dat die regering die SAUK dringend moet laat privatiseer. My pleidooi het op dowe ore geval, want ek vermoed FW en sy span het toe nog geglo hulle kan polities die hef in die hande hou en die SAUK sou hulle ter wille wees” (xviii). Dit is nog ‘n voorbeeld van ernstige onbegrip by De Klerk. In 1996 is ses radiostreekdienste (Hoëveld, Goeie Hoop, Port Natal, Oranje, Jakaranda en Algoa) geprivatiseer. Harmse skryf: “Vir my was dit jammer en ‘n skok dat die staat [die ANC-regering] die reuse-opbrengs van ‘n paar honderd miljoen rand (in vandag se geld gelyk aan miljarde) met die verkoop van die streekradiostasies vir homself toegeëien het” (166). Dit is kenmerkend van die ANC: Hy maai graag waar hy nie gesaai het nie.

Harmse vestig die aandag daarop dat “SAUK” ingevolge die 1999-uitsaaiwet steeds ‘n geldige benaming is. Slegs die drie televisiekanale dra die naam SABC1, SABC2 en SABC3 (xix). Maar die getransformeerde SABC-raad het besluit dat daar net ‘n enkele gebruiksnaam vir hierdie organisasie sal wees, naamlik SABC (405), soortgelyk aan die Poskantoor wat deesdae uitsluitlik “Post Office” heet. Sedert die aanvang van transformasie verkies ek en baie ander behoudende mense om van die SABC te praat om uitdrukking aan die grondige (ideologiese) verskil tussen die ou en die nuwe instansie te gee, al word daar tans voor iedere nuusbulletin beweer dat die korporasie onafhanklik en onpartydig is. Soos in die geval van die Afrikaner-Broederbond vind ons by die SAUK aanvanklik onderskrywing van apartheid/afsonderlike ontwikkeling en in die jare tagtig en negentig medewerking aan grondwetlike verandering: “Die SAUK verander sy deuntjie wat apartheid betref en in lyn met verligte politieke sieninge van sekere NP-leiers word hervorming in terme van diskriminerende wette asook een of ander vorm van magsdeling as onvermydelik verkondig” (126-127). Harmse skryf: “Ek kan hierdie verhaal eerstehands vertel – as laaste verteenwoordiger van die ou bedeling en as iemand wat sentraal gestaan het in die proses van verandering” (4).

Ek skryf saaklik oor die algemene geskiedenis van die SAUK en by uitstek oor politieke aangeleenthede. Radiodienste het in 1924 in Suid-Afrika met drie stasies begin: agtereenvolgend in Johannesburg, Kaapstad en Durban. By radio-uitsendings gaan dit om die verspreiding van inligting, onder meer ter opvoeding, kennisverryking en vermaak van die luisteraars. In 1936 het die SAUK as openbare uitsaaier met die Uitsaaiwet tot stand gekom en is die African Broadcasting Company se infrastruktuur oorgeneem. Die SAUK is volledig deur sy raad beheer en was veronderstel om onafhanklik en vry van partypolitieke beheer te funksioneer. Die eerste 25 jaar was daar geen verhoging van luisteraars se lisensiegeld nie (42). In daardie kwarteeu het die SAUK nooit ‘n verlies getoon nie en ook geen finansieringshulp van die regering ontvang nie (61).

Die Afrikaanse diens het op 27 Oktober 1937 begin (40) en daarna is aparte dienste vir Engels en Afrikaans ingestel. Harmse noem hulle die SAUK se twee kultuurdienste. “Oor al die dekades was die SAUK fyn daarop ingestel om Afrikaans op gelyke vlak met Engels te behandel. Taalgebruik en uitspraak is beskou as van kardinale belang” (49). In 1950 is weens finansiële nood met Springbokradio, ‘n tweetalige handelsdiens (dus inkomste gegenereer uit advertensies) begin. Mediumgolf is vir stedelike en kortgolf vir plattelandse gebiede gebruik, wat sedert 1950 ook Suidwes-Afrika/Namibië ingesluit het. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die SAUK sterk op die heruitsending van buitelandse berigte, veral dié van die British Broadcasting Corporation (BBC), aangewese. In 1949 het ‘n verbintenis met Radio Nederland begin (57). Gedurende die Tweede Wêreldoorlog kon veral weens BBC-dekking kwalik van politieke neutraliteit gepraat word omdat blanke Suid-Afrikaners sterk verdeeld oor deelname aan die oorlog was. “Duitse musiek is gou-gou oor die lug verban” (45). “Met ‘n terugblik op die gebeure blyk dit dat die SAUK agteroor gebuig het om generaal Smuts ter wille te wees” (47). Plaaslike inhoud het hierna sterk gegroei, insluitende die instelling van volwaardige eie nuusdienste in 1950. Dit is “opgevolg deur ‘n eie parlementêre nuusdiens in 1952 en instelling van ‘n daaglikse verslag … oor gebeure/debatte in die parlement. Die volgende jaar, 1953, is die ‘politiek tromp-op aangedurf’ met politieke debatte, op SAUK-inisiatief, voor die algemene verkiesing van daardie jaar” (303). Gideon Roos het dit “‘n moediger beleid” genoem. “Maar steeds het die SAUK neutraliteit met ‘n passie nagejaag” (303).

Tot 1980 was daar ‘n redelik gelykop verteenwoordiging van Afrikaans- en Engelssprekendes in die SAUK-raad, maar daarna was die raadslede tot 1993 oorwegend Afrikaanssprekend (224). Van 1936 tot 1948 was René Caprara die uitvoerende hoof maar daarna neem Afrikaners die leisels oor, bv Gideon Roos (1948-1961). Roos het gepleit vir “standaardisering van beskaafde uitspraak en taalgebruik” (50). “Sy Engels en Afrikaans het albei na sy moedertaal geklink” (62). Ek onthou sy welluidende stem: dié ideale radiostem. Een van Roos se opvolgers, Douglas Fuchs (1966-1975), “was deur en deur ‘n taal- en kultuurmens en onverbiddelik wat taalsuiwerheid en uitspraak betref” (232). Harmse skryf: “Die hedendaagse taalgebruik sou destyds onaanvaarbaar gewees het” (50). ‘n Belangrike kulturele mylpaal in die Roos-era was die stigting van die Nasionale Simfonie-orkes in 1954 (42). Die Suid-Afrikaanse Musiekregte-Organisasie (SAMRO) het in 1961 tot stand gekom met Roos as die eerste voorsitter (219).

“In 1960 verskyn BHF-FM (Baie hoë frekwensie-frekwensie modulasie) op die toneel en vernuwe die radiomedium in Suid-Afrika tot in sy kern” (66). Voor FM-radio was daar nie frekwensie vir uitsendings in swart tale beskikbaar nie (61). In 1952 is ‘n redifusiediens per kabel na swart woongebiede in Johannesburg ingestel (59). In 1960 begin Radio Zulu, Xhosa, Sesotho en Lebowa met FM-uitsendings, wat spoedig deur ander swart tale gevolg is (81-82). Naas FM het die beskikbaarwording van transistor-, draagbare, batterykrag-radios teen die einde van die jare vyftig hierdie deurbraak moontlik gemaak (77). Die Johannesburgse redifusiediens is in 1967 gestaak (82). Die radiodienste aan swartes het dertig jaar lank onder die bestuur van blanke amptenare gefunksioneer (82). “Die regering het vir ses jaar bygedra tot die finansiering van bedryfsverliese [van radiodienste aan swartes] … Ná 1967 was dié dienste – as groep – finansieel selfversorgend” (85). Sedert 1964 het die skoolradiodiens ‘n belangrike rol in veral swart onderwys gespeel (83). In 1969 het Suidwes-Afrika FM-radiodienste in sy inheemse tale gekry, “bykomend tot die bestaande een-kanaal kortgolfdiens in Afrikaans en Engels” (68). Dit is op versoek van die Suid-Afrikaanse regering gedoen (89). “Die verhoogde lisensiegeld betaal … nie net vir die nuwe FM-skema en die instelling van talle nuwe programdienste nie, maar ook vir die verhoging van plaaslike inhoud in die algemeen” (71). “Die SAUK kon al die uitbreidings gedurende die sestigerjare doen en al die nuwe dienste instel sonder om een enkele jaar ‘n bedryfsverlies te toon” (76). “Suid-Afrika (lees die SAUK) was die eerste ter wêreld wat ‘n FM-netwerk op landswye grondslag ingestel het” (77).

“Teen 1965 word – op versoek van die regering en vir hul rekening – ‘n volwaardige, uitgebreide buitelandse radiodiens oor kragtige kortgolfsenders na Afrika en sekere ander lande, veral in Europa, ingestel (67). Die staat het vir hierdie buitelandse beeldbou betaal, want “die SAUK-mandaat maak slegs vir binnelandse dienste voorsiening” (88). “Bykomend tot nuus en die vergoeiliking van Suid-Afrika se politiek, word die mooi van ons land en sy mense in verskeie Afrika- en Europese tale aan miljoene mense buite ons land se grense vertel” (67). In sommige kringe is die SAUK beskou as ‘n “lakei van die regerende NP en stut vir apartheid” (73). Kontrasteer hierdie “vergoeiliking” van apartheid/afsonderlike ontwikkeling met die 1990/94-oorgangsjare toe die uitsaaikorporasie alles moontlik gedoen het om rustigheid in die land te bewerkstellig en staatkundige verandering ondersteun het. Byvoorbeeld, halssnoermoorde is nie toegelaat vir uitsending nie (342). Daar is dermate agteroor geleun dat die kontras tussen wat FW de Klerk valslik aan die blankes belowe het (magsdeling en nie magsoorgawe nie, eie woongebiede, eie skole, niemand sal sy werk verloor nie, ens) en wat hulle uiteindelik ontvang het, opsetlik en hoogs oneties verswyg is: “Die groot ongelukkigheid met die SAUK is dat beloftes, versekeringe en waarborge wat die NP en die staatspresident by name aan die kiesers gegee het, nie deur die SAUK aan die groot klok gehang word nie” (374). Tydens die grondwetlike onderhandelinge is daar van toegewing tot toegewing na magsoorgawe gestrompel, maar ons is ‘n dieet van NP-skyndeurbrake deur die SAUK en die koerante gevoer. Ter wille van die vrede mag ons nie toe al besef het dat ons as blankes uit ons toekoms verneuk word nie. Voor dit, in die jare sewentig tydens die oorlog in Angola, is ons op ‘n soortgelyke manier deur die SAUK en die koerante grootliks in die duister gehou oor die militêre bedrywighede van die Suid-Afrikaanse weermag. Beperkende wetgewing word graag voorgehou as rede vir die onvermoë van die massa-media om ons oor sulke belangrike aangeleenthede in te lig.

“Die amptelike instellingsdatum van televisie in Suid-Afrika is 5 Januarie 1976 nadat die eerste toetsuitsending op 5 Mei 1975 begin het” (95). Naas ouditiewe word oudio-visuele inligting voortaan deur die SAUK versprei. Hoewel monochroom-televisie voor die Tweede Wêreldoorlog op beperkte skaal in enkele Westerse lande ingestel is, het kleurtelevisie eers in die jare vyftig sy beslag gekry. Die Amerikaanse NTSC-stelsel het egter gebreke gehad en die Franse Secam-stelsel het ongunstig met die Duitse PAL-stelsel vergelyk. Daar is tereg op laasgenoemde vir Suid-Afrika besluit. Onwikkelingswerk aan die PAL-stelsel was egter nog aan die gang toe die NP-regering in 1971 goedkeuring vir die plaaslike instelling van televisie gegee het. Daar was bedenkinge oor die negatiewe invloed wat televisie op bv kykers se waardes, Afrikaanse koerante en Afrikanerkultuur kon hê. Maar sulke oorwegings het geen groot vertraging by die instelling van televisie veroorsaak nie. Harmse dink dat die ietwat laat instelling van televisie in Suid-Afrika eerder ten goede was. Hy reken dat, veral tegnies gesproke, dit “uiters twee jaar vroeër” suksesvol kon gebeur het (103, 105). Dieselfde sendernetwerk as vir die FM-radiosenders is na aanpassing vir televisie gebruik (109).

Ter beskerming van die gedrukte en ouditiewe inligtingsmedia is geen advertensies in die eerste twee jaar op televisie toegelaat nie Die regering het die SAUK vir hierdie verlies aan inkomste vergoed (116). Hierna kon advertensie aanvanklik 5,75% van die inhoud beslaan. In 1983 is dit tot 6,5% verhoog en in 1986 tot 8% (117). Radiolisensies is teen die einde van die jare sewentig afgeskaf, of eintlik geïntegreer met televisie-lisensiegeld. “Die rasionaal daaragter was dat daar weinig nie-televisie huishoudings was wat wel hul radiolisensiegeld betaal het” (202). Dit is veral swartes wat nagelaat het om vir radio- en televisielisensies te betaal. Harmse verwys na die “absurde vlak van roofkyk en die lae vlak van lisensiegeld … Dit is só erg dat herbesinning oor die praktiese en morele [!] regverdiging van lisensiegeld in Suid-Afrika nodig is” (203). Dit is ‘n geykte verskynsel: veral nie-swartes het vir radio- en televisiediens betaal terwyl veral swartes dit gratis ontvang. Is dit nie ‘n geval van swartes wat veral blankes uitbuit nie? Behoort dit nie gesê te word nie? ‘n Mens vra jou ook af: Waarom word die televisiestelle van roofkykers, dus misdadigers, nie summier gekonfiskeer nie?

In die jare tagtig is uitsaaidienste danksy deurbrake in digitale en satelliettegnologie – van 1986 af (132), met ‘n verdere kontrak vir 10 jaar in 1992 (154) – aansienlik verbeter. Ylbevolkte plattelandse gebiede het by uitstek hierby gebaat. Die koste van infrastruktuur het skerp verminder (201). Rekenarisering het ook drastiese verbeterings meegebring (132). “Die SAUK se monopolie kom tot ‘n einde met die koms van M-Net en Radio 702” (141). Radio 702 “het sedert 1980 vanaf Botswana uitgesaai, kon die digbewoonde Gauteng bereik en was ‘n handige medium vir die verbanne ANC” (140). TV2 (vir die Ngunitale) en TV3 (vir die Sothotale) word in 1982 ingestel. Wat radio betref, het nuwe streekdienste (Algoa, Jakaranda en Oranje) beslag gekry, asook Radio Lotus vir Indiërs in 1983 en Radio Metro vir jong stedelike swartes in 1986 (130). Radio 2000 vervang Springbokradio in 1985 (131).

In 1987 word “voor geldnood geswig” deur “advertensies ook op die twee kultuurradiodienste in Afrikaans en Engels te plaas” (133; ook 196). “Daar is selfs vir die eerste keer in die geskiedenis van die SAUK bedryfsverliese vir vier agtereenvolgende jare getoon, grotendeels die gevolg van kapitaaluitbreidings en ‘n skerp inkrimping in advertensiebesteding in die land weens ekonomiese omstandighede” (130). Oor die koms van M-Net in 1985 skryf Harmse: “Daar was veral drie terreine wat vroeg reeds verraai het watter mededingingstryd sou voorlê: die koste van uitsaairegte vir sport; die beskikbaarheid van films (in welke geval subskripsiekanale voorrang geniet) en derdens die aankoop van populêre programreekse in die buiteland” (139). “Die nuusbeleid aan die einde van die tagtigs: ‘geen lugtyd aan rewolusionêres en terroriste nie’ en ‘debatte slegs tussen partye wat in die parlement verteenwoordig is.’ (Daardeur is die verteenwoordigers van die meerderheid se monde gesnoer.)” (140).

Oor die jare negentig, ná FW de Klerk se rampspoedige toespraak op 2 Februarie 1990, skryf Harmse: “Skielik word terroriste en rewolusionêres gewone Suid-Afrikaanse burgers en die SAUK hanteer hulle daarvolgens” (146). Die misdade van die ANC-kamerade word hulle nie toegereken nie. Desnieteenstaande is daar diegene wat skynbaar steeds nie verstaan waarom Suid-Afrika sedertdien uitmunt in misdadigheid en gewelddadigheid nie. Harmse verwys na “vandag se manier van eise stel,” waarvolgens daar “getoi-toi, gestaak en gebrand” word (161). “Die vyf jaar vanaf 1990 tot 1995 het omstandighede meegebring wat die wese van die SAUK verander het. Skielik het die NP-regering nie meer die volle sê in die land nie; ook nie oor die SAUK nie, al is die raad oorheersend NP” (146). “Die ANC erken nie die NP-aangestelde raad nie en die SAUK is heel bo op die ANC se prioriteitslys” (147). Skielik is daar sprake van allerhande “uitdagings” waarvoor die SAUK te staan gekom het. “Politiek was die grootste buite-invloed op die SAUK [in die jare negentig] en het die organisasie nie net in sy wese verander nie – ‘n nuwe organisasie [die SABC] is oor ‘n tydperk van ‘n paar jaar geskep” (176). Daar word ingestel “‘n ANC-beheerde raad terwyl die NP-regering nog aan bewind is” en “Afrikaans verloor sy gelyke status met Engels en word inderwaarheid skerp afgeskaal” (176).

“Die verhoudinge tussen die regering en SAUK was, om die minste te sê, uiters stram” (151; ook 358). “Die verhouding met die Nasionale Party versleg drasties gedurende die jare 1991 tot 1993/4. Ek dink dat die regering op die SAUK gereken het as bondgenoot” (373-374). Hierin het Harmse met sy transformasie- (om nie te sê nie: ANC-) gedienstigheid heel moontlik ‘n (groot) rol gespeel, bv die linkse CNN word uitgekies vir seinherleiding snags (154). Gelukkig bied die internet en sosiale media deesdae ‘n teenvoeter hiervoor (163). Harmse het sedert 1993 met ‘n raad gesit wat deur ANC-kornuite oorheers is. “‘n Mens kan nie weghardloop van werklikhede van die lewe nie en in die proses bly terug verlang na die ou dae nie” (174). Maar ‘n mens kan ook te veel deur sulke omstandighede gekondisioneer word. Oor kykNET vra Harmse: “Is hierdie programkanaal nie die vergestalting van ‘n puik en verantwoordelike televisiediens wat waarde toevoeg tot geestelike groei en kennisuitbreiding, van taal- en kultuurverryking in die gemeenskap wat bedien word nie?” (175). Wat taal betref, behoort iedere behoudende Afrikaner myns insiens te besef dat die geradbraakte Afrikaans wat op Afrikaanse televisie en radio geduld word, baie ver verwyderd is van Gideon Roos se Afrikaans.

Naas die christelike religie word lugtyd aan ander godsdienste toegestaan (157). Van 1991 af word die buitelandse radiodienste “‘n suiwer Afrikadiens” wat in sewe tale uitsaai (157). “Die programaanslag, veral wat die politiek betref, word verander in lyn met hervormingsbeleid en ‘n nuwe gesindheid. Die diens se naam verander na Channel Africa” (157). In 1994 is dit die swanesang van die Nasionale Simfonie-orkes (157). In plaas van Westerse klassieke musiek word inheemse musiek bevorder (158). In 1990 is die SAUK as assosiaatlid tot die European Broadcasting Union hertoegelaat en in 1992 word die korporasie deel van wat sedert 2006 as die African Broadcasting Union (158, 220) bekend staan. In 1993 het Okosa (Onafhanklike Kommunikasie-Owerheid van Suid-Afrika) tot stand gekom, wat standaarde neerlê en lisensies onderhewig aan voorwaardes toeken (165). Van 1995 af ressorteer seinverspreiding onder ‘n onafhanklike instansie, Sentech (167). Tabak- en rookadvertensies word kort na die ANC-bewindsoorname verbied (159). In 1998 kom ‘n “privaat oop TV-kanaal”, e.tv, tot stand (166). In die jare negentig begin talle private gemeenskapradiostasies uitsaai (166).

Die SAUK-voorsitterskap van twee akademici, Wynand Mouton (1980-1985) en Christo Viljoen (1989-1993), word uitgebeeld as minder suksesvol. In die geval van Mouton omdat hy nie sterk ideologies ingestel was nie en dit saamgeval het met Steve de Villiers as uitvoerende hoof (1981-1983), wat “nie die sterkste leier op topvlak” was nie (127). “Ek dink dat beide Mouton en De Villiers nie werklik ingepas het in wat die hoë-druk politieke omgewing gevra het nie” (326). Die aanvanklike probleem met Viljoen was dat daar blykbaar aan hom belowe is dat hy die uitvoerende voorsitter sou word, maar dit is nie gestand gedoen nie (356). Volgens Harmse se vertelling was Riaan (Koedoe) Eksteen as uitvoerende hoof heel suksesvol (1984-1988). Dit het deels saamgeval met die voorsitterskap van Brand Fourie (1985-1989). Ek onthou nog hoe teleurgesteld ek was met Eksteen en Fourie, twee oud-amptenare van die Departement van Buitelandse sake, se aanstelling deur die minister van buitelandse sake, Pik Botha. Daarmee is selfs die skyn van politieke neutraliteit nie meer by die SAUK gehandhaaf nie: “Die SAUK moes self inligting uit sy eie nuusbronne asook al die nuusbulletins daagliks aanstuur na die betrokke eenheid by die president se kantoor. Riaan Eksteen skep intern ‘n eenheid by sy kantoor hiervoor” (337).

Ná Eksteen het Harmse die uitvoerende hoof geword. Onder sy leiding is die SAUK geherstruktureer tot sake-eenhede (148). Soos die ANC is Harmse ‘n ondersteuner van feminisme, in die sin dat vroue oral en op elke vlak teenwoordig behoort te wees. By die ANC spruit hierdie manie heel moontlik uit die tradisionele opset in landelike swart geledere dat vroue die werk doen. Toe die instelling van televisie in 1971, ná ondersoek deur ‘n kommissie, deur die regering goedgekeur is, kursiveer Harmse die volgende sin: “En nie een vrou nie” (94). “Dit [is] jammer dat die vrouegeslag vir so lank misken is” (226). Een van Harmse se eerste skuiwe was “om swart mense in beheer te stel van hul eie programkanale; dus om wit programhoofde te vervang. Dit was Mei 1988 en ek het dit gedoen sonder om die raad te konsulteer … Opleiding en ‘n mentorprogram het gevolg” (134) – tipies nuwe Suid-Afrika maar by die SAUK reeds in 1988. “Wat die posisie van swart mense betref, was die algemene siening, selfs gedurende die middel tagtigerjare, dat hulle nog nie geskik was vir bestuursposte nie; eintlik nie die DNS daarvoor gehad het nie. Dit het ná my aanstelling as DG [direkteur-generaal] verander” (227). “Bevorderings is infaseer” (154), dus die aanstelling en bevordering van swartes in plaas van blankes. “Die regering se hulp met kapitaal en aanvanklike verliese” is gevra (135).

Soos hier bo aangetoon: Elke keer as uitsaaidienste aan swartes ter sprake kom, is daar die kwessie van betaling en dan subsidieer die regering hierdie parasitering. By die instelling van televisiediens is gevra: “Hoeveel swart huishoudings gaan TV-stelle koop?” (135). Ook hier is daar ‘n alternatiewe roete. Waar ek woon, is daar ‘n tak van seker die bekendste meubelwinkel. Keer op keer word ingebreek en al die televisiestelle (en net die televisiestelle) word gesteel. “TV2 en 3 was van die begin af ‘n groot sukses” (137), onder meer omdat elektrisiteitsvoorsiening in swart woonbuurtes versnel is. Dit is bekend dat ook vir elektrisiteit dikwels nie betaal word nie – die betalers subsidieer die nie-betalers. Hoeveel besitters van televisiestelle betaal jaarliks vir televisielisensies? Onlangs is berig dat 1,8 miljoen mense vir hulle lisensies betaal terwyl na raming 12,2 miljoen dit nie doen nie. Niemand vra verskoning vir hierdie skandalige, immorele toedrag van sake nie. “Ná Februarie 1990 was dit [televisie] die belangrikste medium waardeur swart mense hul vryheidshelde kon leer ken” (138).

“Adverteerders het die nuwe medium aangegryp en die dienste [vir swartes] was, gouer as verwag, finansieel selfversorgend in terme van direkte koste (dws sonder senderkoste en oorhoofse koste). Ongelukkig was roofkyk onder swart mense astronomies hoog weens veral twee redes: bekostigbaarheid en aktiewe aanmoediging uit politieke kringe [spesifiek die ANC/UDF] om nie lisensiegeld te betaal nie; nes die opstokery om nie vir munisipale dienste te betaal nie. Sodoende het daar ‘n klimaat ontwikkel dat sekere dienste ‘n reg is wat gratis voorsien moes word. Vandag pluk ons land [veral die nie-swartes] nog die [bitter] vrugte daarvan” (138). Nie ‘n enkele roofkyk-misdadiger word vervolg nie. In die geval van die nie-betalers vir munisipale dienste (insluitende elektrisiteit) is daar nie ‘n absolute verbod op betogings, geweldpleging en vandalisme nie. Om nie vir gerief (bv water en elektrisiteit) en vermaak (televisiediens) te betaal nie, het in ‘n onvervreembare mensreg ontaard – mits jy swart is. Dit kom neer op die uitbuiting van die ander bevolkingsgroepe deur die swartes.

Die geskiedenis van die getransformeerde SABC-raad is een van rampspoed. Blankes, bv tegniese kundiges, en selfs swartes wat uitstekende diens aan die SAUK gelewer het, is uit die diens gedryf (115, 406). Eie televisie-produksies kan tot 20 keer meer kos as aangekoopte oorsese materiaal (117). Televisieprogramme kan op sy beurt 20 keer meer as radioprogramme kos (121). Vir televisie is aanvanklik van oorklanking van buitelandse programme gebruik gemaak, maar dit is ná 1994 gestaak (112). Die doeltreffende sake-eenhede binne die SABC is ontbind: “Die nuwe bewindhebbers [het] nie die konsep [van sake-eenhede] aanvaarbaar vir ‘n openbare uitsaaier gevind … nie. Hul hoop was immers gevestig of finansiering uit die staatskas ter vervanging van ‘n groot deel van advertensie-inkomste” (173, 405). In werklikheid is staatsfinansiering “‘n groter onding as advertensies” (182). Daar is teruggekeer “tot naasteby die ou argaïese stukture en bestuurswyse” wat “om dit so sag as moontlik te stel, nie van die SAUK ‘n wenner gemaak [het] nie” (173). Die eerste swart voorsitter van die SABC-raad het die transformasie-milieu soos volg gekarakteriseer: “Ons [swartes] kyk deur ander lense [as blankes]. Ons vertrekpunt is anders” (404). By baie swartes is daar ‘n tradisie van grootskaalse finansiële afhanklikheid van die staat. Parasitering het in te baie gevalle ‘n leefwyse geword terwyl die SAUK, daarenteen, tradisioneel en trots finansieel onafhanklik van die staat bedryf is. Blankes en swartes dink verskillend en doen verskillend. Dit beteken dat blankes en swartes kultureel verskil. Velkleur is nie die deurslaggewende verskil nie maar kan ‘n aanduiding van kulturele verskille wees.

“Radio en televisie, oftewel die elektroniese media … [is] in werklikheid die enigste effektiewe wyse om swart verbruikers op massaskaal te bereik” (182). Desnieteenstaande hou die ANC-oorheersde SABC-raad nie van advertensie-afhanklikheid vir ‘n openbare uitsaaier nie. Die Britse openbare uitsaaier, die BBC, laat geen advertensies toe nie (197). Sowel drank- as tabakadvertensies is met wetgewing deur die ANC-regering verbied (195). Anders as in die geval van die BBC en soortgelyke instansies in Europa (212) sit die SABC opgesaal met die oorgrote meerderheid kykers wat nie televisielisensies betaal nie. Die kloutjie kan nie by die oor gebring word sonder finansiële bystand van die staat nie. Daarmee word die SABC uitgelewer aan ANC-politiek, maar hierteen is hierdie ANC-gedomineerde raad nie gekant nie omdat dit die enigste manier van oorlewing is en nie as polities riskant beskou word nie. Kontrasteer dit met: “Oor die periode van sestig jaar, van 1936 tot 1995/’96, was daar relatief geringe verliese oor net vier jaar gedurende die middel tagtigs” (200).

Die SABC-raadlede word, soos voorheen, deur die regering aangewys. Maar voorheen, anders as deesdae, is kundige en bekwame mense aangestel (213-214). Voor aanstelling behoort daar myns insiens van iedere raadslid vereis te word dat hy bewys lewer dat hy elke jaar sy televisielisensie betaal het; dat hy ‘n betaaltradisie het vir wat hy ontvang. Tydens die blanke politieke bewind het Afrikaans en Engels gelyke status by uitsendings gehad. Dit was ook op advertensies van toepassing (192). Die advertensies was dus in die taal van die betrokke diens (193). Die SAUK het toe baie moeite gedoen om adverteerders met hulle advertensies te help, veral in die geval van die swart tale (193). “Vandag is advertensies oorheersend in Engels, ongeag die taal van die kanaal. Dit is gewis kostebeparend vir adverteerders. Inheemse tale, insluitend Afrikaans, bly egter in die slag” (193). “Die SAUK het, na my oordeel baie meer as vandag, die vele tale en kulture van ons land uitgebou en versterk; en het mense trots gemaak op dit wat eie aan hul onderskeie kulture is” (253).

“Die SAUK [het] oor die eerste byna sestig jaar, tot 1993, onder Afrikanerbeheer gestaan” (221). René Caprara (1888-1977) was die eerste uitvoerende hoof (1936-1948) (227). Die Afrikanerdominansie dateer eintlik van 1 September 1948 af met Gideon Roos as Caprara se opvolger. Die top honderd SAUK-amptenare in die middel van die jare tagtig was 82% wit Afrikaanssprekendes, insluitende drie vroue (251). “Die SAUK het … vir twintig jaar lank onder voorsitterskap van die AB- [Afrikaner-Broederbond-] voorsitter gefunksioneer” (252), te wete PJ (Piet) Meyer (1959-1980). “Die meeste Afrikaanssprekendes in senior geledere was, na my wete, lede van die AB” (306). Nêrens erken of ontken Harmse sy AB-lidmaatskap nie. Die Afrikaner-gedomineerde SAUK en die NP bewind het dus feitlik gelyktydig begin en is omtrent saam beëindig.

[Die geskiedenis van ‘n ander belangrike instansie, die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), se bloeityd val saam met dié van die NP en SAUK. Die eerste voltydse Unisa-dosente is in 1946 aangestel. In 1947 is die eerste lesings versend, maar afstandstudie het eers in 1948 werklik op dreef gekom. Van die begin af was die dosente oorwegend Afrikaanssprekend en die interne administratiewe taal was Afrikaans. Van 1994 af, met die diensaanvaarding van Marinus Wiechers as rektor, word Unisa getransformeer. Van die dekane is verwag om om die beurt in Afrikaans en Engels sake in die senaat voor te dra. Voorheen was fakulteits-, senaats- en ander vergaderings feitlik uitsluitlik in Afrikaans. Besluite is van 1994 af dikwels eerder deur politieke as akademiese oorwegings gemotiveer. Die dosentekorps en administratiewe personeel het spoedig oorwegend swart en Engelssprekend geword. Akademiese standaarde en administratiewe doeltreffendheid is ingeboet. Onderrig het onbetaalbaar duur geword omdat finansiële dissipline verslap is. Onlangs is Afrikaans as onderrigmedium sonder meer afgeskaf.]

“Hoe kon ‘n klein minderheid hoop om op langtermyn ‘n dominante meerderheid onder ‘sy duim te hou’ en in die proses boonop hierdie meerderheid aan die agterspeen te laat suig[?]” (260). “Dit was spesifiek Afrikaner-nasionalisme wat ‘n wesenlike verskil gemaak het want dit het bygedra tot ‘n geloof dat wit mense die reg tot alleen-regeer het” (274). Harmse haal vir Willem de Klerk soos volg aan”oor die Afrikaner se oordrewe beheptheid met die reg tot alleen regeer:” “Dit is naïwiteit, ‘n vorm van onnoselheid, onrealisme en blindheid vir die werklikheid” (282). Dan vra Harmse: “Is daar iets om by te voeg?” (282). Ja, daar is. Dit is myns insiens ‘n wanvoorstelling omdat die einddoel van afsonderlike ontwikkeling juis was dat elke bevolkings- of kultuurgroep, ten minste wat eie sake betref, oor homself sou regeer in bv ‘n federasie of konfederasie van state. Die elementêre onnoselheid wat begaan is, is dat die Nasionale Party tuislande vir die swartes geskep het, maar nie vir die nie-swartes, veral die Afrikaners, nie. Dit is ook nie sonder meer evangelie dat die meerderheid oor minderhede moet regeer nie. Kwaliteit kan van groter belang as kwantiteit wees.

LF (Louis) Stofberg, ‘n KP-parlementslid, het destyds die aandag gevestig “op die ANC se gebrek aan gedrukte media … ‘Hulle wil die kassie hê en daarmee die land regeer.’ Nou-ja, hy was toe reg” (386). “De Klerk [het] ingewillig tot ‘n onderhandelde oorgangsraad” (386). “Die SAUK kry dus te doen met die nuwe Suid-Afrika lank voor die res van die land” (387). Die SAUK “is die eerste instansie in die land wat transformeer” (392). Daaroor skryf Harmse waaragtig: “Die SAUK was egter gelukkig om eerste te kon wees wat die nuwe Suid-Afrika se baadjie moes aantrek: Top mense uit die ANC en swart geledere was beskikbaar” (390). Hy het sy opvolger self gekies: die joernalis Zwelakhe Sisulu (392). Hy was voor sy aanstelling as uitvoerende hoof Harmse se “spesiale assistent”. Sisulu het dus eintlik ‘n jaarlange mentorprogram deurloop. Harmse het te ver “blackwards” geleun. Harmse se opvolger hoef nie ingevolge die ANC se ras- en geslagsgebaseerde beleid aangestel te word nie. Meriete behoort veel eerder deurslaggewend te wees.

Op ‘n sluwe wyse is “die groot veranderinge” teruggehou tot “ná my uittrede” (404). Die koloniale taal Engels het die taal van interne kommunikasie geword en ook die dominante uitsaaitaal. Harmse stel tereg die vraag: “Mik ons op een algemene kultuur met eie groepskultuur bloot as randsteen?” (439) – seker eerder randeier. “‘n Nuwe denkpatroon is gevestig: ‘n strewe na staatsubsidie” (405). Die finansiële afhanklikheid word spoedig “staatskas-sonder grense” (410). Die boekjaar 2016/17 is beskryf as “financial mismanagement of terrifying magnitudes … irregular expenditure continued unabated” (434). “Die golf van transformasie het … eenvoudig sy pad oopgeloop. En dit tot groot nadeel van die organisasie” (406). “Kaderontplooiing word gedoen ten koste van kundigheid” (406). “Afrikaners en hul taal was die groot verloorders in die politieke transformasieproses” (428). “Susann Kok van Johannesburg [het] in ‘n oogwink 80 000 handtekeninge vir ‘n versoekskrif versamel” in ‘n poging om te verseker dat Afrikaans gelyke status met Engels behou (395), maar tevergeefs. Het enige Afrikaansinstansie haar ooit hiervoor vereer? Sal Wim de Villiers se Universiteit Stellenbosch ‘n eredoktorsgraad aan Kok toeken uit erkentlikheid vir haar positiewe gesindheid jeens Afrikaans?

Omdat die SAUK die kragtigste meningsvormer in die land is, is dit tydens die grondwetlike onderhandelinge as ‘n vereiste gestel dat ‘n verteenwoordigende raad aangestel moet word “alvorens ‘n verkiesingsdatum gefinaliseer sou kon word” (396). Die onderhandelde oorgangsraad (Mei 1993) “het bestaan uit tien [spoedig nege] wit verteenwoordigers, twee bruin lede, een Indiër en twaalf swart verteenwoordigers” (225), met Ivy Matsepe-Casaburri as voorsitter vanaf Junie 1993 (222). Daar was agt vroue in die raad (226). “Geen swart persoon en geen vrou het ooit die voorreg gehad om tot 1993 lid van die topbestuur te wees nie” (231). Die SAUK was “op verre na die grootste kommunikasiemedium en meningsvormer in die land” (249). “Dit is die enigste medium waardeur ‘n boodskap in alle landstale en tot oral in die land kan uitkom” (300). Dit was vir die ANC gevolglik van die uiterste belang om so lank moontlik vóór die 1994-verkiesing beheer oor die SAUK te verkry. Weens toegewings het die ANC daarin geslaag.

Harmse wek soms ‘n uiters misleide indruk, bv wanneer hy oorgrens-aanvalle as vergrype klassifiseer (281). Wat was die alternatief? Om te wag totdat die terroriste die land binnedring en dood en verwoesting saai? Dit was verkieslik dat voorspringaksies uitgevoer word in die lande waarin die terroriste verblyf gekry het en hulle opgelei is. Harmse het lof vir FW de Klerk se fatale afskaling en spoedige ontbinding van die Staatsveiligheidsraad (282). Maar Harmse erken dat hy/die SAUK net so min soos De Klerk en sy groepie onderhandelaars “die einde van die pad” van transformasie geken het (322), wat geblyk het die verswelging van blankes deur swart mag te wees. “Politieke uitkomste is meesal nie voorspelbaar nie” (336), maar in hierdie geval dalk wel. Ander kere toon Harmse beter insig, bv: “Presteer en strewe het … deel van die Afrikaner se DNS geword … Maar vandag tel dit teen Afrikaners – en het uitgekring tot feitlik alle wit mense. Hul kundigheid (en ook hul werkywer) word in die buiteland letterlik opgeslurp, maar in hul eie land, gestrem deur gebrek aan kundigheid op talle terreine, word dit met passie waar ook al moontlik vermy; tot nadeel van alle Suid-Afrikaners” (285).

Harmse beskou Nelson Mandela sonder meer as ‘n ikoon (365, 400). Hy belig egter hoe hardkoppig en arrogant Mandela was. FW de Klerk wou Mandela in Gauteng vrylaat, maar Mandela het daarop aangedring “dat hy uit die Victor Verster gevangenis naby die Paarl … vrygelaat word” (365). Mandela het ook nie die gevangenis op die voorgestelde tyd verlaat nie, omdat hy besluit het “hy gaan saam met sy vrou Winnie uitstap” (366). Hy het ook nie tot by die regering se ampsmotor gestap en daarin vertrek nie. “Hy sou … verder stap totdat hy sal besluit wanneer hy in ‘n voertuig van sy eie mense sal klim. En sy bestemming is sy eie saak” (367). Die uitstappery het uiteindelik aangebreek: “Op daardie presiese oomblik het die toekoms van Suid-Afrika onherroeplik verander. En op daardie oomblik is die houvas wat die Nasionale Party op die SAUK gehad het, nie-amptelik en emosioneel verbreek” (367).

Kort voor Mandela se vrylating was Niël Barnard se raad aan hom: “Hou asseblief net die eerste paar toesprake beheersd” (Geheime revolusie, Kaapstad: Tafelberg, 2015, p 248). Op die Kaapstadse Parade op die dag van sy vrylating in sy eerste toespraak sê Mandela egter: “Now is the time to intensify the struggle on all fronts” (252). Willie Esterhuyse vertel hoe die arrogrante Mandela vir FW de Klerk geskakel het en geëis het om hom te spreek: “nie eers môre nie” (Eindstryd, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 346). De Kerk gee soos gebruiklik toe aan Mandela se versoek. “De Klerk vra my: ‘Dink jy PW sou gedoen het wat ek bereid is om te doen?’ Ek sê: ‘Nee, maar jy is gelukkig nie PW nie'” (346) – pleks van te sê: “Jy is ongelukkig nie PW nie.”

Die punt is: Van die begin af was dit sekerlik vir Mandela duidelik dat De Klerk ‘n swakkeling is wat gemanipuleer kon word. Daarom het Mandela en die ANC besluit dat De Klerk iemand is met wie onderhandelinge gevoer kon word – tot nadeel van die blankedom en Suid-Afrika. Harmse skryf: “Geoordeel aan die reaksie uit NP-regeringskringe (soos ek dit ervaar het), was dit waarskynlik NP-politici vir wie dit die grootste ontnugtering van almal moes gewees het oor wat besig was om te gebeur” (372).

In hierdie droewe land het die SAUK in die SABC ontaard en reeds sedert 1993 dieselfde weg gegaan as Eskom, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, die regering, die staat en talle ander instansies waarop Afrikaners eens met reg trots was.

 

Motors: Isuzu KB — oud maar nie koud!

Die huidige Isuzu KB-reeks is nie lank gelede nie opgekikker. Nuwe rolspelers soos die VW Amarok, Toyota Hilux en Mercedes X-Klas het ongekende rygerief in bakkies, tesame met luukshede wat slegs in sportnutsvoertuie te vinde is, in hierdie segment beskikbaar gestel.
Isuzu moes iets doen om hul bakkies eietyds te hou. Daar was egter ook ‘n gaping in die Isuzu-reeks waar die KB300D LX aan die bopunt van die leer meeding met hoofstroomvervaardigers soos Ranger, Hilux en Navara en die Oosterse aanval met GWM en Mahindra aan die onderkant van die segment. Die KB 250D-TEQ DC 4×4 X-Rider bied ‘n kleiner enjin, sportiewe stilering en luukshede asook alwielaandrywing in die segment wat mooi tussen die veel duurder KB300 en die meer bekostigbare alternatiewe uit Indië en Sjina kan inpas.

Die X-Rider van agter

Enjin

Swart insette op voorste buffer

Met die kleiner 2,5-literdieseleenheid wat 100Kw lewer en 320Nm se wringkrag bult die Isuzu spiere vir die Mahindra Pickup met sy 2,2-literdieselenjin wat 103 Kw en 320Nm lewer asook die Ford Ranger 2.2 XLT-Plus wat 118 Kw en 385 Nm uitskop. Die X-Rider se enjin trek sterk en Isuzu-aanhangers sal vir seker nie teleurgestel wees met die kraglewering nie. Die KB300 met sy groter 3.0-literdieseleenheid se agterwiele het baie maklik op ‘n losser oppervlak skiet gegee wanneer die versneller ingetrap word, so asof daar te veel krag op die agterwiele is. Hierdie keer is daardie probleem opgelos en die KB250 voel net reg. Brandstofverbruik is ook ‘n 9,8l/100km wat glad nie sleg is vir n 4×4-bakkie wat 3 ton weeg nie.

Bakwerk

Die X-Rider se parmantige bakrolstaaf

Met die X-Rider-konsep het Isuzu hul produk se “ouman”-gevoel so effens opgehelder en nou vertoon die bakkie heelwat jonger asook heelwat meer breker. Die swart sierwiele, swart insette op die voorste buffer, swart syspieëls en swart rolstaaf asook die helder rooi Isuzu-kentekens op die swart sierrooster vertoon werklik goed en lig die hele vorm van die bakkie sonder om dit soos ‘n opgewarmde bakkie te laat lyk. Kyk ‘n mens na soortgelyke konsepte van Ford met hulle Fx4-weergawe van die Ranger, lyk die bakkie of hy iewers in die agterstrate van “Commonville” deur ‘n Hillbilly gebou is. Die Mitsubishi Triton Xtreme-konsep is nog so ‘n spesiale uitgawe en dit lyk werklik asof die ouens wat die Ranger Fx4 opgeneuk het daarna alles wat hulle nie op die Ford kon doen met die Triton gaan probeer het. Die Isuzu slaan die spyker op die kop met volmaakte balans en styl.

Binneruim

Embleem op kopstutte

Wat die binneruim van die X-Rider betref, is die hele kajuit met swart leer voorsien van rooi stiksel uitgedos. Daar is ‘n multifunksiestuurwiel waar die bloutande vir jou foon, togbeheer asook die telefoon en radiokontroles beheer kan word. Alle instrumente is mooi groot en leesbaar en die motor is werklik goed aanmekaargesit met goeie kwaliteit materiaal. Die Isuzu-embleem op die stuurwiel is ook in rooi en daar is X-Rider-kentekens op die sitplekke aangebring. Swart aksente om die luginlate asook in die deure weereens met ‘n rooi en swart X laat jou subtiel verstaan dat hierdie ‘n spesialeuitgawe-KB is. Niks is oordoen nie en die hoeveelheid kentekens en embleem is net mooi genoeg om dit stylvol tog sportief te laat voorkom.

Deurinsette

Die Isuzu-binneruim is gerieflik en daar is werklik genoeg been- en skouerruimte voor en agter. Deure maak lekker wyd oop. Die sytrappe maak toegang tot die X-Rider se kajuit heelwat makliker. Rondomsig is puik en kontroles is werklik alles waar dit hoort.

Op die pad

Beenruimte in die Isuzu

Isuzu was nog altyd een van ons gunstelingbakkies: die goed is sterk, mooi en het geen fieterjasies nie, met stofdigtheid van die beste in die mark. Rygerief is ook, wat bakkies aanbetref, uit die boonste rakke en selfs met die “Allterrain”-bande waarme die X-Rider toegerus is, voel die voertuig solied en vas op die pad. Die 2,5-literdieselenjin is gekoppel aan ‘n 5-spoedhandratkas en as daar ‘n swakpunt in die X-Rider was, dan sou dit die feit wees dat hy slegs in handratgewaad beskikbaar is. Nie dat daar iets fout is met die ratkas nie, inteendeel die ratkas se ratverhoudings is perfek, dit is die gemaksaspek van ‘n outomatiese ratkas. Na ons mening sou die X-Rider nog meer gerieflik wees met ‘n outomatiese ratkas.

Gevolgtrekking

Die Isuzu se instrumentepaneel

Met dubbelkajuitbakkiepryse wat aan die verkeerde kant van ‘n halfmiljoen draai, is die X-Rider se prys van R463 000 vir ‘n 4×4-dubbelkajuit wat so goed aanmekaar gesit is en so mooi vertoon werklik een van sy sterkpunte. Hierdie is beslis een van die beste dubbelkajuitwinskope in Suid-Afrika en vir seker nog nie koud vir so ‘n ou bakkie nie!
Ingesluit by die prys is die 5-jaarfabriekswaarborg en 90 000km-diensplan.

Isuzu KB250 D-Teq 4×4 DC X-Rider

Prys 4 uit 5
Voorkoms buite 5 uit 5
Binneruimgehalte en afwerking 5 uit 5
Ruimte en praktiese toepassing 5 uit 5
Agter die stuur 5 uit 5
Enjin en ratkas 4 uit 5
Op die pad 5 uit 5
Veiligheid 5 uit 5
Totaal 38 uit 40

 

Fransi Phillips: Die tekens van die tyd

As ek terugdink aan die laaste jare voordat ons getref is deur televisie, rekenaars en die internet, wat ook die laaste jare voor die Soweto-onluste was, dink ek terug aan piekniekmandjies by die inryteater, simfonieorkeste in die Pretoriase stadsaal, glaskaste vol aandenkings wat my ouma nog ‘n paar jaar vroeër op bootreise om die wêreld versamel het, vergeelde foto’s van dr. Verwoerd, tikmasjiene, langspeelplate en porseleindiertjies wat mens kon versamel in koffieblikke.

Dit was min of meer die dae waarin ‘n jong Australiër, Julian Assange, die seun van ‘n aktivistiese enkelma wat voortdurend op vlug was voor ‘n lastige man, Australië van hoek tot kant deurkruis het met ‘n byekorf op sy skoot, saam met sy jonger boetie en dié se hoenderhaan. Om die bye binne te hou sou die jong Assange die korwe in koerantpapier toedraai, maar op ‘n dag het die bye wat moeg was van die kar se geskud hulle pad deur die koerante gebeur. Deur die vensters en deure wat oopgemaak is om die woedende swerm bye vry te laat, het die boetie se hoenderhaan ook ontsnap en die veld ingestorm met die bye agter hom aan.

‘n Jaar of tien later kompenseer ‘n steeds jong Assange vir die verlies aan sy byeboerdery deur ‘n rekenaar so groot soos ‘n yskas te bou, met netwerke wat kan herinner aan die byekorf waarvoor hy so lief was en wat, in kombinasie met die sosiale aktivisme wat hy met moedersmelk ingekry het,
dieselfde potensiaal vir rampspoed sou inhou as dié van ‘n woedende swerm bye. Sokrates sou met my saamstem dat die soeke na waarheid nie besonder populêr is nie.

Ek vermoed dat tydsgees beskryf kan word as dít wat ons geleidelik begin verstaan wanneer ons alle politieke, artistieke, kulturele en tegnologiese uitings van ‘n sekere tyd bymekaarbring en saam probeer interpreteer.
Hierdie kollektiewe menslike uitings noem ek vir die duur van hierdie skrywe “Die tekens van die tyd”.

In 2006 het ek die eerste keer gehoor van Wikileaks. Ek het toe nog by die Tsjeggiese Ambassade in Pretoria gewerk, waar ek onder andere elke liewe dag van my lewe vir die ambassadeur ‘n drukstuk gemaak het van ‘n geweeklaag wat die Palestynse staat na elke ambassade ter wêreld gestuur het om te kla oor wat Israel nou weer aan hulle gedoen het. Elke liewe oggend het ek die faks uitgedruk en dit stilswyend op die ambassadeur se tafel gaan sit. Elke liewe oggend het hy dit met een veeg opgefrommel en in die snippermandjie onder sy tafel ingevee. Elke liewe oggend het ek in die stilligheid gelag terwyl ek my oggendkoffie afsluk. Hy het nooit gesê ek kan maar ophou om die donderse ding uit te druk nie, en ek was te diskreet om te vra. Ek was selfs te diskreet om iemand daarvan te vertel.

Ek het gehou van my werk by daardie ambassade, veral van die dele waar ek filmfeeste moes organiseer vir ‘n Europese Unie van wie die onderskeie lidlande mekaar maklik sou vermoor oor iets so gering soos die spasies tussen letters op ‘n plakkaat. Daar was ‘n opvallende verskil tussen die films en ander kunsuitings van Oos-Europese lidlande wat pas aangesluit het, en dié van die Weste. Oos-Europa het ‘n hernieude trots getoon met die herontdekking van sy eie verlede en tradisies aan die einde van ‘n eeu van kommunisme wat hulle kulture tevergeefs probeer uitwis het. Die Tsjegge was trots op hulle ou en nuwe argitektuur, ou en nuwe ontwerp, ou en nuwe films, animasie, en grafiese kuns. Die toeëiening van ou tradisies
in die werk van ‘n grafiese kunstenaar soos Marina Richterova
het ‘n herlewing van ‘n ou kultuur ten doel gehad, terwyl toeëening in die Weste eerder ‘n soort hersirkulering sou wees van beelde waaraan die kultuur oorversadig geraak het, dermate dat kreatiwiteit as oorbodig beskou word.

In die Weste was daar vir solank as wat ek kan onthou toenemende tekens van ‘n selfsatheid en ‘n skaamte oor hulle wit velle. “Europe does not exist,” het die Franse kulturele attaché vir my gesê. “Then what are we doing here?” sou ek vir hom gevra het as ek nie so diskreet was nie. Toe die Franse egter beswaar aanteken omdat die Tsjegge nie ‘n film met Afrika as tema wou wys nie, het ek hom ewe diskreet daarop gewys dat dit eintlik Wes-Europa is wat ‘n koloniale verlede het.

Dit was aan die begin van die millennium. Die Oos-Europeërs het hulle nasionale trots probeer sluk in ooreenstemming met Europese Unie-standaarde, maar nie so diep dat hulle nie in die groot eetkamer vol antieke kaarte net langs my kantoor die sg. Visegrad-groep vir Suid-Afrika
kom stig het nie. Ek onthou mnr Konvalina het ghoelasj in bier gekook
in die kombuis, wat hy opgedien het in mandjies wat hy uit brood gebak het
en wat saam met die ghoelasj geëet moes word. Die lande wat saam geëet het voordat die ambassadepersoneel op die oorskiet getrakteer is, was die Tsjeggiese en Slovaakse Rebublieke, Pole en Hongarye: almal lande wat tans op Merkel se senuwees werk in hulle onwilligheid om hulle kultuur op te offer aan ‘n derde wêreld waaroor hulle met goeie rede nie vreeslik skuldig voel nie.

Die filmfeeste was die eerste oorsaak van ‘n sekere euroskeptisisme in my hart, wat verder versterk is deur ‘n boek wat ek in Afrikaans moes vertaal vir die destydse Tsjeggiese korrelkoppresident Vaclav Klaus wat die Europese projek uit ‘n ekonomiese oogpunt met die grond gelyk gevee het.

Dit was eers met die nuwe ambassadeur, wat besluit het dat kultuur so onbelangrik is dat hy my nodiger het om fone te antwoord, dat my diskresie my op ‘n dag verlaat het en my tong ‘n lewe van haar eie gekry het.
Sy ( my tong ) vra toe vir daardie ambassadeur of ek nie sommer ook sy agterent vir hom moet afvee by al die ander vervelige takies waarvoor hy my misbruik nie. Kort daarna is ek op ‘n vliegtuig Rusland toe.

Maar kom ons keer terug na Wikileaks. Ja, tot op daardie oomblik
toe my diskresie my in die steek gelaat het, het ek geglo Wikileaks,
die beweging wat gestig is deur bg. Julian Assange om by regerings se internetkommunikasiesisteme in te breek en hulle vuil geheime aan die wêreld uit te lek, was uit die bose. Regerings, het ek geglo, bestaan uit goeie mense soos die goeie ambassadeur wat voor die slegte ambassadeur my baas was, en wat geheimhouding nodig het om hulle goeie werk te kan doen. Ek het nooit gewonder hoekom goeie dinge in die geheim moet gebeur nie. Mens bly maar nog lank ‘n maagd na jou eerste seks.

Toe kom ek in Rusland, waar ek die wonder van politieke inkorrektheid ontdek . “Die Weste dink ons wil soos hulle wees,” vertel ‘n veertienjarige my. “Maar ons lag vir die Weste, want ons is vry.” En ek begin wonder
oor boelsjit. Oor almal wat deur die goeie Weste in goeie oorloë
moer toe gebom is om vry te word onder ‘n tirannie van goeie politieke korrektheid. Ek onthou die spinnerakke in Saddam Hoessein se hare
toe hy onder die vloerplanke uitgekrap is om gehang te word oor kernwapens wat tot nou toe nog nie opgespoor is nie. Ek onthou die bebloede lyk van Gaddafi, en Hillary Clinton wat lag: “We came, we saw, he died.” Ek sien ‘n onderhoud op die Russiese televisie van Obama
wat vir Poetin vertel dat die twee van hulle saam vir Sirië gaan binneval om Sirië van Poetin se vriend Assad te bevry en Poetin wat kortweg antwoord: Njet. Ek sien die arrogante konsternasie op Obama se gesig, by die gedagte dat iemand vir hom nee kan sê en boonop nog in so ‘n veragtelike taal soos Russies. En nee, dit kan nie propaganda wees nie, dit was ‘n direkte uitsending.

Kort ná hierdie insident is daar ‘n Westers-gesteunde staatsgreep
in die Oekraïene, en nog ‘n paar maande later begin Islamic state
babas aan flarde kap in Sirië. Alles natuurlik heeltemal toevallig,
en wat nie toevallig is nie, is Poetin se skuld.

Assange begin Wikileaks in 2006 en veroorsaak in 2010 ‘n opskudding
met die publikasie van Chelsea Manning se bekentenisse van invalle in Irak en Afghanistan waarvoor Manning in die tronk gegooi word.
Toevallig word Assange in daardie jaar van verkragting aangekla deur ‘n Sweedse meisie wat die wonder van “me too” ontdek het tydens gewone volwasse seks. Maande later erken sy dat sy eintlik net ontsteld was oor ‘n kondoom wat gebreek het. Dis nou maar van Assange: Hy sukkel blykbaar om dinge binne te hou .

Teen die tyd dat die wêreld uitvind hy is onskuldig, is hy egter reeds weer skuldig bevind omdat hy nie tereg gestaan het vir iets waaraan hy onskuldig was nie. Hy het eerder in die ambassade van Ecuador in Londen gaan wegkruip wetende dat die vals verkragtingsklag sou kon lei tot ‘n reeks uitlewerings en Westerse politieke boelsjit waarvoor hy uiteindelik in die ergste geval die doodstraf vir hoogverraad opgelê sou kon word. Dis hoekom hy nou al vir 6 jaar lank alleen in daardie ambassade sit, en swerms bye in die vorm van gekraakte inligting oor die aardbol uitstuur. Die meeste van hierdie inligting hou verband met Amerika se rojale bevrydingsoorloë waarin hulle mense van olieproduserende lande buiten Saudi-Arabië verlos van hulle eie geloof, kultuur, en tradisies. As mens iets moet sê van die kultuur van ons tyd, sal dit wees dat kultuur in ons tyd die nuwe fascisme geword het.

Die aanslag op kultuur word ook voortgesit in die Europese Unie, waar onderlinge kulturele verskille reeds toe ek nog by die ambassade gewerk het stelselmatig uitgewis is. Die uitwissing word nou verder geneem in die vorm van ‘n oorname deur die mense van lande wat die bevryding van kultuur in hulle eie lande so ondraaglik gevind het dat hulle na Europa moes vlug. Europese leiers soos Victor Orban in Hongarye en Matteo Salvini in Italië wat hulle eie kulture wil beskerm word as fasciste gebrandmerk.

In 2016 veroorsaak Assange nog ‘n storm, toe hy inligting publiseer oor Hillary Clinrton se aandeel in die oorlog in Libië en Sirië en die bewapening van Al-Kaida en die Islamitiese Staat, wat eintlik maar dieselfde is as die vroeëre Moedjahedien en die Taliban, maar elke keer van naam verander as die Amerikaanse ondersteuning van die terroristegroepe te ooglopend raak.

Die nuutste naam is Al Nusra in Sirië. Soos ons almal weet, word Poetin vir die uitlek van hierdie inligting ook verantwoordelik gehou, asof die probleem in die eerste plek by die bekendmaking van die misdade sou lê eerder as by die misdade self. Hoe Poetin verantwoordelik kan wees vir ‘n misdaad waarvoor Assange sit en wegvrot in die Ecuador-ammbassade en die kuberkraker Guccifer tronkstraf uitdien vir die feit dat hy ingebreek het by die private bediener wat Clinton wederregtelik vir staatsake gebruik het, sal net die Amerikaners weet.

Die Amerikaanse snobberkoningin Oprah Winfrey kan gesien word as een van die gesigte van die snotliberale tradisie van multikultiralisme. Daarteenoor staan die Russiese teenvoeter vir multikultiralisme: die filosoof Alexander Doegin. Doegin word in Europa beskryf as die brein agter Poetin.

Hoewel Poetin ‘n brein van sy eie het, is dit tog so dat Doegin gesien kan word as die beliggaming van die hedendaagse Russiese tydsgees, wat volstrek teenoor ‘n multikulturele tydsgees staan. Daar is niks universeels aan die mensheid nie, sê Doegin. Daar bestaan nie so iets soos een gedeelde menslikheid nie, en dan veral nie ‘n mensheid ondergeskik aan ‘n Westerse persepsie van wat menslikheid is nie. Hierdie persepsie word aan almal opgedring. Daar word nie vir die Russe gevra wat hulle persepsie van die werklikheid is nie, of vir die Chinese nie. Die antwoord word eenvoudig opgedring: menseregte, liberale demokrasie en die vrye mark.
In werklikheid is die mensdom egter uit verskillende menshede opgebou,
en uit verskillende beskawings met eie waardesisteme. Die grootste en kleinste volke het almal ‘n eie ervaring van wat reg is, wat verkeerd is, wat die mens is, wat god is.

My boek, Liefde in die tyd van die internet, bemoei hom tot ‘n groot mate
met die kultuur waarvan die Russies-Ortodokse Alexander Doegin deel is:
Katedrale in sneeubedekte donker woude waar die gelui van klokke mense inroep na ‘ n binnekant van kerslig, goud en ikone en waar die koorsang met die klokke harmonieer. Dis ook die kultuur van skrywers soos Tolstoi, Poesjkin, Dostojewski, Toergenjef, Gogol, Brodski, Boelgakof, en van komponiste sos Tsjaikofski, Rachmaninof, Glinka, Balakiref, Rimski-Korsakof, Skrjabin, Sjostakowitsj. Dis die land waar Diaghilef, Nijinski, Barishnikof, Paflowa, en Noerejef vandaan kom. Die land van wit nagte in Sint Petersburg, van polities inkorrekte pelsjasse en Siberiese woude en mere, van die Kremlin en Rooiplein en kommunistiese betongeboue, van baboesjkas en kossakke en kaviaar in boekweitpannekoekies en vodka.
Die Russe gaan nie hulle kultuur vir ‘n ander verruil nie, in die eerste plek omdat jy gaan sukkel om hulle te oortuig dat dit ‘n onverdienstelike kultuur is, en in die tweede plek omdat geen ander kultuur hulle gaan help oorleef in die ysige land waarin hulle bly nie.

Kultuur is nie beperk tot ‘n snobistiese skilderytjie hier of konsertjie daar
of kunsuitstallinkie wat net deur die intellektuele elite bewonder kan word nie. Dit kan veel eerder gedefinieer word as die vorm waarin die mens
sy wêreld ontmoet. ‘‘’n Mensheid wat sy eie kultuur afsterf verloor sy greep op die wêreld, sy vermoë om met ander om te gaan en uiteindelik sy vermoë tot oorlewing. In ons eie land is dit my kultuur wat dit vir my onmoontlik maak om  56 moorde en 79 verkragtings per dag te hanteer
onder ‘n regering wat niks doen om dit te verander nie. Blankes in ons land het nou inderdaad ‘n punt bereik waar die bevryding van eie kultuur wat die rojale Weste in die tagtigs en negentigs vir ons deur sanksies bewerkstellig het, ons fisiese oorlewing bedreig. .

Op een punt in Liefde in die tyd van die internet sê die skrywer van die boek, ‘n sekere Phillips, vir haar hoofkarakter Hanna, tydens ‘n gesprek oor tydsgees: as daar nou al ooit ‘n gefokte tyd was, is dit reg nou.
Wat sou sy alles daarmee bedoel? Ek weet nie altyd presies wat in Phillips se kop aangaan nie, maar as ek kon raai sou ek sê sy het dit oor die gebrek aan en minagting van kultuur. Hierdie minagting begin waar lande wat nie ooreenstem met kultuur soos voorgeskryf die Nuwe Wêreldorde nie
eenvoudig vernietig word, veral daardie lande met olie of oliepyplyne.
Die vernietiging van kultuur hou egter nie daar op nie maar eindig binne in die kulturele hart van ou Europa. Al wat nog nie aangeval is nie, is Hollywood. Die gevolg is die dood van enige outentieke kulturele uitlewing, met ‘n kitsch en onsamehangende gebabbel oor menseregte deur mense wat ander nie eers die lug wat hulle inasem gun nie. Dan wonder ons hoekom daar geen waardering oor is vir outentieke kunsuitings nie, terwyl enige gomgat wat baby baby kan blêr verhef word tot ‘n god.

Wikileaks het verderinligting gepubliseer oor Hillary Clinton se bewondering vir en vriendskap met die kunstenares Marina Abramovich. Abramovich is bekend vir haar performance art-sessies waartydens sy die idiotiese me too-beweging ver vooruitloop deur vir haar toeskouers meslemme en ander martelinstrumente te gee en dan kaal te gaan sit en wag dat hulle iets aan haar moet doe , totdat een of altwee terughardloop in Oprah se arms in waar hulle lekker lank en innig oor hulle eie slegtheid kan gaan sit en tjank.

Nou, dis natuurlik dieper as wat hulleself dink, want terwyl hulle dink
hulle is besig om die arme onskuldige kaal vrou se uitgelewerdheid aan die bose man wat nooit iets anders as uitbuiting, verkragting en onderdrukking op sy brein het nie na vore te bring, is hulle eintlik besig om dít te illustreer wat Camille Paglia lankal gesê het: liberalisme gee altyd aanleiding tot barbarisme, barbarisme gee altyd aanleiding tot sadomasochisme.

Assange het ook kort voor die verkiesing in 2016 die aandag gevestig op die kunsversameling van Clinton se assistent John Podesta en sy broer Tony.
Die uitstalling bestaan uit interessante beelde van die kannibaal Jeffrey Dahmer se slagoffers pas nadat hulle koppe afgesny is, plastiekvrouens wie se mae oopgesny en binnegoed uitgepak kan word, verhongerde seuntjies vasgebind in storte, rye en rye seksslaafdogtertjies met hulle hande agter hulle rûe vasgebind. Jy kan kuns op ‘n serebrale vlak interpreteer vir wat dit probeer sê, of jy kan jou daarin verlustig. Niemand kan bewys op watter van die twee opsies die sjarmante Podestabroers hulle obsessies grond nie,
en ek gaan hulle die voordeel van die twyfel gee ten spyte van die perverse ondertone wat deur die eensydigheid van hulle versamelings beklemtoon word.

Die interessantheid van Hillary Clinton en haar avant garde-bende
hou egter nie op by die Podestabroers nie: Anthony Weiner, die man van Clinton se baie persoonlike persoonlike assistent Huma Abedin, maak ‘n ratse sprong tussen kuns en virtuele werklikheid deur sy Weense worsie op die internet aan minderjarige meisies te vertoon. Daarvan sê die skrywer, Phillips, in my boek Liefde in die tyd van die internet: Die liefde neem soms eienaardige vorms aan in die tyd van die internet. Wat Clinton se getroue eggenoot Bill Clinton betref, merk Phillips ewe spiteful op dat hy volgens sy paspoort ‘n pedofieleiland waar kinders aangehou word, 26 keer besoek het, en volgens homself nie eenkeer seks gehad het met ‘n kind nie.
Jy sal vra wat Clinton op hierdie stadium met enige iets uit te waai het.
Die antwoord is dat die Weste nog steeds tot ‘n groot mate deur die wêreldorde waarvan sy deel is, regeer word, tot so ‘n mate dat daar werklik min speling is vir Trump om teen hierdie tekens van ons tyd te reageer.
Aan die ander kant het Trump sy eie hoere in sy hangkas en sy eie reeks van sotternye waarmee hy elke oggend op Twitter vorendag kom , waarvan die nuutste is dat China besig is om met sy toekomstige tussenverkiesings in te meng. Die gevolg is dat ons met ‘n dubbele stel van idiote te make het, waarvan die twee mekaar net af en toe vir ‘n geseënde windstil oomblik uitkanselleer.

Ek dink nie Julian Assange deel noodwendig my obsessie met kultuur nie:
sy ma was meer soos ‘n hippie wat geglo het in die mooi liberale deugde van menseregte, deursigtigheid en vryheid van spraak, en dit is die deugde waarmee hy grootgeword het. Dit maak sy bemoeienis met die liberaliste van die dag tegelyk meer ironies en meer betekenisvol. Dit gaan vir hom oor die manier waarop daardie selfde menseregte waarvoor kulture opgeoffer moet word, verkrag word nadat die offers gebring is. Die manier waarop die liberalisme van die nuwe wēreldorde op sy eie ideale kannibaliseer.

Volgens google het Assange 5 ure voordat ek hierdie paragraaf begin skryf het, instemmend geknik op ‘n video waar iemand hom gevra het of Set Riche, die Bernie Sanders-ondersteuner wat voor die Amerikaanse verkiesing in 2016 vermoor is, wel ‘n bron van Wikileaks was. Die kopknik is die meeste wat enige iemand uit Assange sal kry, aangesien hy sy bronne ten alle koste beskerm, blykbaar selfs na hulle dood. Die feit dat ‘n bron van wikileaks wat inligting oor Clinton se sameswering teen Sanders bekend gemaak het vermoor is, is ook nou seker weer Poetin se skuld.

Toe Assange in Maart vanjaar te kenne gee dat hy weet wie vir die Salisbury-vergiftigings verantwoordelik is waarvoor Poetin óók geblameer word, word sy internetverbinding in die ambassade kortgeknip. As daar iemand hier is wat my wil probeer oortuig dat dieselfde Poetin wat pas die Islamitiese Staat in Sirië in hulle moere in gebom het, nou skielik te dom is om ‘n omie op ‘n parkbankie behoorlik dood te maak, is jy welkom om te probeer.

Wat betref my nostalgie vir my eie verlede en vir ‘n tyd voordat ons getref is deur Amerika: daardie nostalgie word elke dag sterker. Wat betref my obsessie met kultuur: aan my liefde vir die ou Europese en Russiese kulture
sal niemand iets verander nie. Ek sal liefhê wie ek wil en haat wie ek haat, om my eie redes. Ek sal lag vir wie ek wil. Te hel met die res.

Leon Lemmer: Afrikaner-Broederbond/Afrikanerbond: Leiding of misleiding?

Dit is nie ‘n maklike taak om na verloop van ‘n eeu oor die Afrikaner-Broederbond (gestig in 1918) – sedert 1994 bekend as die Afrikanerbond – te skryf nie. Die afkorting AB word gebruik om na een van hulle of albei te verwys. In 1918 was ‘n instansie soos die AB absoluut nodig. Na die Anglo-Boere-oorlog (ABO, 1899-1902) en die Rebellie (1914) was die Afrikaner in ellende gedompel en op moedverloor se vlakte. Vandag, ‘n eeu later, kan kwalik beweer word dat die Afrikaner en Suid-Afrika in ‘n beter situasie is. Materieel gaan dit skynbaar voorspoediger met die meeste Afrikaners. Maar kultureel, indien nie ook fisiek nie, verkeer hulle voortbestaan in gevaar. Die magte wat tans dreig om die Afrikaner te verswelg, is kultuur- en beskawingsgewys selfs meer toksies as oorheersing deur die Britte, wat darem in ‘n mate Europees en ten minste Westers was en is.

In hierdie sin was en is die AB nodig. Maar ek skryf dit met huiwering. ‘n Mens kan redeneer dat die AB mede-verantwoordelik is vir die situasie waarin die Afrikaner hom tans bevind; dat die aanvanklike pro-Afrikanerleiding wat daar van die AB uitgegaan het, mettertyd in misleiding ter bevoordeling van swart mag ontaard het. Ek was nooit ‘n lid van die AB nie. Ek wou nie by die AB aansluit nie, onder meer omdat ek nie ‘n groepsmens is nie. Dit is een van die (moontlike) verskille tussen Afrikane, wat (tradisioneel) stam- of groepsmense is, en Afrikaners, wat as (of soos) Europeërs in groter mate tot die uitlewing van hulle individualiteit geneig is. My lewe lank kon ek vryelik ‘n liefde/haat-verhouding met die AB koester. My bespreking van die AB geskied met verwysing na twee boeke; een wat ‘n dekade gelede verskyn het en een wat onlangs gepubliseer is.

Nico Smith

Op die verso van die titelbladsy van sy boek, Die Afrikaner-Broederbond (Pretoria: Lapa, 2009, 262p), beskryf die teoloog, Nico Smith (1929-2010), die inhoud soos volg: “Belewinge van die binnekant van die Afrikaner-Broederbond oor ‘n tydperk van tien jaar – van my toetrede [1963] tot my uittrede [1973] as lid van die organisasie.” Daar is ‘n afdeling, geskryf deur Keith Clarkson, waarin ‘n oorsig van die AB se geskiedenis gegee word (p 19-33). Daaruit blyk bv die AB se voorkeur vir moedertaalonderrig in skole (25). Op universiteit het Smith kennis met MSB Kritzinger se standpunt gemaak: “Taal is ‘n sielsuiting wat inhoud aan jou menswees verleen” (50). Smith verwys na regter Kowie Marais wat voorbeelde van foutiewe Afrikaans tydens AB-vergaderings uitgewys het (121). In sy jeug het Smith Afrikaans-Nederlands as hoofvak vir sy BA-graad gekies omdat sy Afrikaansonderwyser “by my ‘n liefde vir die Afrikaanse letterkunde laat ontwaak het” (47). Nêrens elders in Smith se boek skemer daar egter voortgesette liefde vir of besorgdheid oor Afrikaans deur nie. Myns insiens dui dit op die mate waarin Smith hom in sy latere lewe van Afrikaners gedistansieer het.

Smith beskryf die milieu van Afrikaner-nasionalisme waarin hy opgegroei het en hoe hy mettertyd sy weg tot in die Ruiterwag, Rapportryers en AB gevind het. Hy is onder die indruk gebring dat die AB ‘n kultuurorganisasie is, maar dit het geblyk glad nie vry van partypolitiek te wees nie, Die Nasionale Party (NP), AB en die Afrikaanse Protestantse Kerke (veral die NG Kerk – p 181) het in groot mate ‘n drie-eenheid gevorm (127). Die AB was die dinkskrum van die NP-regering (93, 146). “Geen party, hoe goed georganiseerd ook al, sou ooit daarin kon slaag om so ‘n uitgebreide gratis netwerk van propaganda en politieke manipulering op te bou soos wat die NP in die AB gehad het nie” (134).

“Ek het besef dat nasionalisme in wese ten doel het om mag te verkry en sodoende die belange van die eie groep te bevorder … dat mag groot verantwoordelikheid in die gebruik daarvan vereis. Ek het besef dat mag en regverdigheid geen goeie bedmaats is nie” (95). Smith kom tot hierdie gevolgtrekking oor die NP-regering, maar dit geld onveranderd of heel moontlik in groter mate vir die huidige politieke bedeling. In die (akademiese) praktyk het Smith die AB ervaar op ‘n manier soortgelyk aan hoe ek dit leer ken het: “Daar was altyd ‘n soort onafgesproke verstandhouding tussen die Broers om mekaar in hulle voorstelle in die [universiteits-]senaatsvergaderings te steun” (160). Dit was nie ‘n uitvloeisel van ‘n AB-opdrag nie, maar van die AB-klimaat (133); die “konformerende mag van AB-denke” (146). Hieraan skryf Smith sy eie aanstelling as dosent aan die Universiteit Stellenbosch toe (108, 200). Ek hou van sy beskeidenheid oor sy vermoëns (211, 213) en sy verwysing na homself as “‘n mindere lig” (164).

Smith verwys na die gevoel by Afrikaners dat hulle na die ABO “tweedeklasburgers in hulle eie land was” (20). Sedert 1994 is dit weer die geval. Die NP-regering is destyds van politieke aanstellings (24) en nepotisme (25) in bv die staatsdiens beskuldig. Tans is dit weer en dalk in groter mate die geval met ANC-kamerade wat in poste ontplooi en dikwels sonder sigbare prestasie (en selfs met sigbare wanprestasie) tot in hoë poste vorder. Smith noem dat “lede van die AB mekaar identifiseer deur die hand stewig na regs te draai wanneer jy iemand groet” (82) – gelukkig nie na links nie. Smith is in sy skik met die standpunte wat hy geformuleer het in ‘n konsepbrief (236-241) wat hy in 1981 opgestel het, bv dat afsonderlike ontwikkeling verwerp word, aan almal ‘n menswaardige bestaan gegun moet word, kerklidmaatskap oop vir enigeen moet wees en geregtigheid bo selfbehoud gestel moet word. “Alleen op dié wyse sal al die inwoners van die land in geregtigheid kan voortbestaan en sal almal ‘n rustige lewe kan lei” (241). Ervaar Afrikaners sedert 1994 geregtigheid by bv die vulling van poste en onteiening sonder vergoeding en het rustigheid op die land neergedaal, of is Suid-Afrika een van die moord- en gewelddadigste lande in die wêreld? Maar dan is dit Smith wat skryf dat hy “‘n permanente weersin in enige vorm van geweld” gehad het (42).

Smith en Beyers Naudé (1915-2004) was ‘n kort tyd mede-leraars van dieselfde gemeente en albei het mettertyd kant vir die sogenaamde bevrydingsbewegings gekies. Soos die ander bevrydingsteoloë word God se aandag by voorkeur ingeperk tot bystand aan nie-wit verdruktes en veronregtes. Maar ek het nog nie uit daardie oord iemand hoor sê dat Afrikaners deesdae vir bonatuurlike voorkeur-aandag kwalifiseer nie. Teen die einde van sy lewe het Naudé die bestaansreg van die AB erken, terwyl Smith ‘n radikaler standpunt gehuldig het, naamlik dat ‘n organisasie soos die AB nie moet bestaan nie (191, 193, 195). Dit toon in watter uiterste mate hy in ‘n verloopte Afrikaner ontaard het. Smith noem dit sy “reis van Europeër tot Euro-Afrikaan” (8). As die AB wel voortbestaan, moet die lede “hulleself vir die Suid-Afrikaanse bevolking in die geheel kan nuttig maak” (255). Dit moet vir die Afrikaners en die AB nie om selfbestaan gaan nie, maar om saambestaan (259). “Dit sal teweegbring dat hulle gewillig sal wees om hulle met die grootste lojaliteit in diens van Suid-Afrika in die geheel te stel” (255). Dit is presies wat die AB sedert 1994 probeer doen, maar dit het hierdie instansie terselfdertyd grootliks rigtingloos, invloedloos en opsioneel laat word.

OJO Ferreira

In 1935 het JBM Hertzog aangevoer dat AB-lede nie beter Afrikaners as die res van die volk is nie (Smith 24; Ferreira 127); iets wat veral ná 1994 baie duidelik geblyk het. Soos by sommige ander volke en instansies het die AB-leiding veral van die elite uitgegaan, maar vooraanstaande Afrikaners word sowel binne as buite die AB aangetref. Dit blyk ook duidelik uit die kultuurhistorikus, OJO Ferreira, se boek, Broederskap: Eeufeesgeskiedenis van die Afrikaner-Broederbond en die Afrikanerbond, 1918-2018 (Randburg: Die Afrikanerbond, 2018, 457p, R380). Daarin staan: “Geleidelik het die AB ‘n Afrikaner elite-organisasie geword” (p 37; ook 61, 78), maar baie vooraanstaande Afrikaners was nooit lid daarvan nie. Ferreira was tot 1986 elf jaar lank lid van die AB (9). Hy is waarskynlik as navorser vir hierdie studie aangestel omdat hy die outeur van die volgende publikasie is: FAK-75: Geskiedenis van die derde kwarteeu in die bestaan van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, 1979-2004 (Pretoria: FAK, 2004) (431). Die FAK is as “‘n belangrike openbare arm van die AB beskou” (64). Ferreira noem die Afrikanerbond die “omvormde [oftewel getransformeerde] opvolger” van die Afrikaner-Broederbond (10). Hy verwys na Smith se boek, wat nie gunstig in AB-geledere ontvang is nie (266).

In die voorwoord skryf Jaco Schoeman, die voorsitter van die AB, dat dit vir die AB gaan om die Afrikanersaak te dien (1). Die AB was betrokke by “vertroulike vergaderings … waar die einde van apartheid in diepte bespreek en bevorder is” (2). Volgens FW de Klerk het “die AB gehelp om die weg te baan vir ‘n onderhandelde oplossing; ‘n oplossing wat die regte en vryhede van alle [!] Suid-Afrikaners kan beskerm” (4) – “kan beskerm” maar in die praktyk gebeur dit nie. Die AB moet dus medeverantwoordelikheid aanvaar vir die onbekwaamheid en ondoeltreffendheid van die regering wat sedert 1994 aan die bewind is en vir die chaotiese en gewelddadige toestande wat sedertdien heers. Schoeman erken darem: “Vandag vervang ons mislukkings [bv apartheid] met nog groter mislukkings. Suid-Afrika en sy mense verdien beter” (5). By die AB is daar “die vaste verbintenis met die Suid-Afrikaanse grondwet” (3). Die AB “wil Afrikaners nie isoleer van Suid-Afrika nie” (4) – op die gevaar af dat Afrikaners as identifiseerbare groep/volk asook Afrikanerkultuur verswelg word en mettertyd verdwyn. Schoeman sluit soos volg af: “Broers, ons kan ons koppe hoog hou … Met ‘n duur gekoopte vryheid leef ons liefde, ons bedink innoverende oplossings en strewe na uitnemendheid” (7). Watter soort vryheid? Vryheid in onderdanigheid? Watter soort liefde? Is daar sprake van algemene wedersydse ons/hulle liefde?

Die boek bestaan uit drie dele. Die eerste deel handel oor die Afrikaner-Broederbond (1918-1994) en is feitlik uitsluitlik op ELP Stals se eintlik ongepubliseerde teks, “Geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond, 1918-1994” (1998), gebaseer (13), wat in opdrag van die AB nagevors en geskryf is (105, 432, 263 – 763 bladsye!). In die tweede deel van die boek vind Ferreira se eie navorsing neerslag. Dit handel oor die Afrikanerbond (1994-2018). Die derde deel het as titel: “Nawoord, ‘n kritiese waardering,” met Piérre Theron as die samesteller. Daar is onder meer interessante weergawes van onderhoude wat die historikus, Jan-Ad Stemmet, in 2013 en 2014 met 13 “vooraanstaande Suid-Afrikaners gevoer [het] om hulle menings oor en gevoelens jeens die Afrikaner-Broederbond, die Afrikanerbond en die Afrikaner vas te stel” (352).

“Uit die dringende nood van ‘n volk is die Afrikaner-Broederbond gebore” (16). Dit was in 1918 ongetwyfeld die geval. “Volgens die [AB-]grondwet sou Afrikanereenheid nagestreef word en sou die Afrikaner ontwikkel word en liefde vir sy taal, geskiedenis, tradisies, land en volk by hom ingeskerp word … Bo alles sou die handhawing en uitbouing van Christelike beginsels egter die grondslag wees waarop die Bond berus … Dit is feitlik onmoontlik om die doelstellings van die AB in woorde uit te druk en daarom is ook na die AB as die ‘gewete van die Afrikaner’ verwys” (19). In die jare tagtig en negentig het die AB myns insiens die spoor byster geraak en as’t ware gewetenloos anti-Afrikaner-uitkomste bevorder. Wat die AB toe gedoen het, is teenstrydig met wat in sy 1983-grondwet staan: Die AB beywer hom vir “die bewerkstelliging van ‘n gesonde en vooruitstrewende eensgesindheid onder alle Afrikaners wat die welsyn van die Afrikanervolk nastreef, die opwekking van ‘n nasionale selfbewussyn by die Afrikaner en die inboeseming van liefde vir sy taal, godsdiens, tradisies, land en volk; die bevordering van alle belange van die Afrikanervolk” (20).

Die AB het sy seile mettertyd na die politieke wind gespan: “Dit is interessant dat lidmaatskap van die AB in sommige gevalle in die sestigerjare weens liberale standpunte beëindig is, terwyl dit in die sewentigerjare op grond van regse standpunte geskied het” (39). In 1988 is daar bv nie net oor Afrikanerskap besin nie, maar ook oor Suid-Afrikanerskap, wat op ‘n klemverskuiwing (kan) dui (43). In hierdie vermurwing het die opvoedkundige, Pieter de Lange, die AB-voorsitter (1983-1993), ‘n leidende rol gespeel. De Lange het in 1985 “die vraag geopper of daar nie aan direkte skakeling met die ANC en ‘n deegliker oorweging van die Freedom Charter van 1955 gedink moes word nie” (118). Met die ondersteuning van veral Johan Heyns (1928-1994) het De Lange die AB entoesiasties op die noodlottige dwaalspoor van oorgawe aan swart mag gelei. Die AB het “‘n klimaat vir verandering” bevorder (138).

FW de Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990 het “oorweldigende positiewe kommentaar [in AB-geledere] uitgelok, maar daar was ook afdelings wat die dokument [wat aan die AB-lede hieroor gesirkuleer is] as idealisties en onprakties beskou het en dat die verlies van Afrikaneridentiteit en -selfbeskikking daarvolgens ‘n voldonge feit was” (139). In 1990 het die AB tydens ‘n onderhoud met De Klerk sy “steun aan sy denkrigting verklaar” (107). De Lange het in 1992 by AB-lede aanbeveel dat hulle “Ja” in die blanke kiesers se referendum oor onderhandelde magsdeling moet stem (140). Die daaropvolgende magsoorgawe weerspreek wat in die AB se lied staan: “Want Broer alleen is hy wat moedig stry” (46).

Reeds voor die mandaatlose 1994-magsoorgawe het die AB oor omvorming begin besin. De Lange het hom aangematig om die AB te bestempel as “‘n organisasie wat mank gaan aan gebrekkige taakingesteldheid, onder benutting van sy openbare arms en dooie hout onder sy lede. Volgens hom het die AB hom met ‘skyngevare’ besig gehou en het afdelings nog nie die werklikheid van verandering begryp nie” (142). Die nuwe AB-missie wat in 1992 geformuleer is, lui: “Die AB, uitgaande van sy Bybelse grondslag aanvaar vrywilig die verantwoordelikheid om alle belange van die Afrikaner tot voordeel van die land en sy mense te bevorder” (143). “Die woord ‘Bybelse’ is later na ‘Protestantse’ verander. Dit is opvallend dat die Afrikaner se deelgenootskap aan ‘n groter geheel duidelik na vore gekom het. In 1993, in seker sy laaste AB-toespraak, het De Lange “verklaar dat die Afrikaner dinamies aan sy toekoms moes werk en nie lam moes word nie” (147-148). Op 27 November 1993 het De Lange as AB-voorsitter uitgetree (149). Hy het die sinkende AB-skip dus betyds verlaat, dus kort voordat die swart politieke bewind die mag oorgeneem het.

Die strategiese doelstelling van die omvormde AB het onder meer klem gelê op die versterking van geestelike waardes, uitbouing van die Afrikaner se kultuur, eensgesindheid en hulpverlening en uitreiking na diegene wat dieselfde waardes gedeel het. Verder moes ‘n wyse gevind word om die Bond vry te maak van die beeld van geheimhouding sonder om lede se name bekend te maak” (143). Johan Heyns het in hierdie konteks geredeneer dat die begrip “‘Afrikaner’ nie net wit Afrikaanssprekendes insluit nie, maar ook bruin en selfs swart persone wat die tradisionele wit Afrikaner se taal, geloof en geskiedenis met hom gedeel het” (143-144). Die woord “blanke” moes uit die AB-grondwet weggelaat word. Elkeen wat hom met Afrikanerskap wou vereenselwig sou as ‘n Afrikaner beskou moes word (144). Deur die begrip “ras” met “waardes” te vervang, het die AB al hoe meer sy karakter en koers verloën en verloor. Dit was onder meer die gevolg van FW de Klerk se versoek in 1992 “dat die Bond lidmaatskap moes oopstel en die begrip ‘Afrikaner’ weer gedefinieer moes word” (145). “Die oopstel van die Afrikaner-Broederbond in 1994 was teen die wil en wens van 97% van sy lede” (203). Die AB se omvorming was uit pas met die oorgrote meerderheid van sy lede; soortgelyk aan die klein De Klerk-groepie in die NP wat mandaatloos aan die ANC oorgegee het.

Die AB se rol in die tweede helfte van die 20ste eeu het dus ontaard in politieke besinning en (mis)leiding, terwyl die AB die klem aanvanklik op kulturele sake geplaas het (51). “Artikel 88 van die reglement van die AB het bepaal dat die Bond hom nie met ‘n bepaalde politieke party sou vereenselwig nie” (130). Die AB se “ideaal om polities neutraal te staan” (129) het mettertyd egter vergete geraak. Veral die republikeinse gedagte het die AB van 1951 af by politieke en staatkundige sake betrokke laat raak (130). Die doel was om “politieke verdeeldheid onder Afrikaners te besweer” (130). “Op praktiese vlak het die AB [voor republiekwording in 1961] gepoog om uiterlike tekens van Suid-Afrika se Britse verbintenis ongedaan te maak … maar sonder om die Engelssprekende landgenote te vervreem, omdat hulle steun nodig was om ‘n meerderheidstem ten gunste van republiekwording te verkry” (130-131). Namate “die AB se belangstelling in rasseverhoudinge en polities-staatkundige aangeleenthede toegeneem het, het die betrokkenheid by kultuur en kulturele aktiwiteite afgeneem en feitlik ‘n roetine of selfs bysaak geword” (53). Ná die 1994-ramp het die AB probeer om weer aandag aan kultuursake te skenk maar met weinig sukses, onder meer omdat talle ander Afrikaans-instansies op daardie terrein bedrywig is.

“Omdat die Afrikaanse taal die draer van die Afrikaanse gedagte is, het die AB altyd in die handhawing en uitbouing van die Afrikaanse taal belanggestel. Die suiwere gebruik van Afrikaans is aangemoedig, die bevordering as handelstaal is beklemtoon en die bevordering van die Afrikaanse boek en lied het spesiale aandag geniet … [Daar was] waardige maar ferme handhawing van Afrikaans” (51). Sedert 1990, dus tydens die grondwetlike onderhandelinge en daarna, het feitlik niks hiervan meer tereg gekom nie. Tans lewe ons in ‘n era waarin nie ‘n enkele Afrikaansinstansie op suiwer(der) Afrikaans aandring nie. Taaloorwegings word om politieke redes versaak ten einde bruin Afrikaanssprekendes, spesifiek Kaapssprekers, nie aanstoot te gee nie. Die tragiese gevolg is dat nie net bruines nie maar toenemend ook blankes sonder daadwerklike teenkanting geradbraakte Afrikaans praat en selfs skryf.

Wat nie algemeen besef word nie, is die mate waarin John Vorster se bewind (1966-1978) die Afrikaner en die land se toekoms beduiwel het. In 1974 het Vorster “aangedui dat die inwoners van Suidwes-Afrika toegelaat sou word om self oor hulle toekoms te besluit” (122). Vorster het daarna Ian Smith se blanke bewind in Rhodesië vir die wolwe gegooi, wat in 1980 in sowel Zimbabwe as Namibië tot swart meerderheidsregering gelei het. Die AB het hierdie gebeure as die “pynlike werklikheid aanvaar” (122). Daar was bitter verwyte oor Suid-Afrika se “verraad” (123), maar veel groter verraad sou in 1990/94 volg. Reeds 1973 het Vorster selfs Van Riebeeck-dag (6 April) as openbare vakansiedag afgeskaf (54). Suid-Afrika het in 1961 tydens Hendrik Verwoerd se bewind ‘n republiek geword (76). “‘n Week voor sy dood in 1966, het dr HF Verwoerd aan die AB-voorsitter, dr PJ Meyer, verlof gegee om met ‘n veldtog vir ‘n nuwe Republikeinse vlag te begin, maar weens politieke oorwegings het die Vorster-regering later van die voorneme afgesien” (57). In 1967 het Vorster aangekondig “dat Suid-Afrika nie aan ander lande sou voorskryf wie hulle in [sport]spanne kon insluit nie” (98). Eers tien jaar later het die AB hom “van die Nasionale Party se sportbeleid gedistansieer” (98).

Die historikus, HB (Quintus) Thom (1905-1983), die rektor van die Universiteit Stellenbosch (1954-1969), was van 1952 tot 1960 die voorsitter van die AB. Toe het die AB min aandag aan universitêre aangeleenthede gegee omdat Thom die gesonde standpunt gehuldig het dat “universiteite outonome instellings was in wie se sake nie ingemeng moes word nie” (89). Dit is ‘n standpunt wat deesdae deur geen plaaslike universiteit uitgeleef word nie; almal transformeer ooreenkomstig die wense van die ANC. In die geval van die Universiteit Stellenbosch is die getal regeringsverteenwoordigers in sy raad vermeerder ten einde te verseker dat die regering die universiteit in selfs groter mate as voorheen kon beïnvloed. Onlangs is aangekondig dat die naam van die US se HB Thom-teater na Adam Small-teater verander word. Ek wonder wat die Wim de Villiers-US nog gaan doen in sy veldtog teen Afrikaners en Afrikaans. Deel van De Villiers se aksie spruit moontlik uit die studie wat Thom in 1950 oor die stigtingskenker van die US, Jan Marais, voltooi het. Marais het die voorwaarde gestel dat Hollands/Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie; ‘n voorwaarde wat De Villiers op ‘n hoogs onetiese manier ignoreer.

In 1994 is die Afrikaner-Broederbond omvorm tot die Afrikanerbond. Die weglating van “broeder” uit die benaming, het die weg vir “susters” se lidmaatskap gebaan, soortgelyk aan vroue wat deesdae as kerkraadslede kan dien omdat die mans in die poel te min geword het. Ná 1990 het baie lede uit die AB bedank omdat “die organisasie met die ou bedeling vereenselwig word” (147). Dit is hoogs onwaarskynlik dat die meeste wat hulle AB-lidmaatskap opgesê het, dit gedoen het vanweë ‘n Damaskus-ervaring. Daar was heel moontlik baie opportuniste wat by die AB aangesluit het in die hoop op selfbevoordeling. Sedert 1994 kan AB-lidmaatskap, anders as voorheen, selfbenadeling wees. In hierdie nuwe era word daar nie meer na (blanke) Afrikaners verwys nie, maar na Afrikaanssprekendes, selfs Afrikaanses. Die AB het “‘n radikale koersverandering” ondervind (152). Min het behoue gebly van die AB-ideaal: “Die selfstandige en volwaardige voortbestaan van die Afrikaner” (155).

“Die Afrikanerbond beskou homself as deel van die gematigde groep Suid-Afrikaners wat die pre-1994-onderhandelinge en grondwet onvoorwaardelik [!] gesteun het” (289). Deesdae besef die AB “dat die Grondwet soms ondergeskik staan aan die ANC se beleid” (296). “Dat die Grondwet vir president Zuma ‘n struikelblok is en dat ‘die ANC belangriker as die Grondwet’ is, het hy reeds in November 1996 in Durban gesê” (303), “Die groot fout wat die ANC maak, is, aldus die Afrikanerbond, om aan te neem dat die inhoud en vertolking van die Grondwet die alleenreg van die ANC is” (315). “Die Suid-Afrikaanse Grondwet is nie ondergeskik aan die Vryheidsmanifes nie en kan ook nie in samehang daarmee gelees word nie” (322). “Die verwagting dat die beginsels waarop die nuwe [1996-]Grondwet gebaseer is vir Afrikaners sekuriteit sou bied, veral ten opsigte van taal- en kultuurregte, is helaas nie bewaarheid nie” (344).

Ontnugtering met die ANC het ná 1994 spoedig in AB-geledere ingetree, bv weens die “onbevoegdheid en onbekwaamheid” van die ANC-bewind (156). “Die gebrekkige dienslewering, die verval van infrastruktuur, verswakking in onderwysstandaarde, korrupsie, onvermoë om misdaad vas te vat, xenofobie, kragonderbrekings en vele meer is die direkte gevolg van regeringsbeleid wat swak uitgevoer word as gevolg van onbevoegdheid en grootskaalse verlies aan kundigheid. Daar kan nie van ‘n inklusiewe Suid-Afrika gepraat word indien ‘n rasgebaseerde beleid die samelewing nog steeds verdeel nie” (279). Die AB het besluit dat sy aktiwiteite op drie areas sou fokus: “Afrikanerbelange, staatkundige belange en minderheidsbelange” met as onderliggende motivering om “‘n positiewe en konstruktiewe bydrae [te] lewer tot Suid-Afrika en al sy mense” (156).

“Die skerp fokus op die bedreigde belange van die Afrikaner [het] versag. In die huidige [AB-]Grondwet gaan dit onder meer oor die mobilisering van talent en leierskap wat veronderstel word te bestaan. Verder gaan dit oor die beskerming van die Afrikaanse [nie net Afrikaner- nie] gemeenskap se belange en om dit oor die algemeen te help bevorder. Die onuitgesproke veronderstelling wat uit die bewoording van die Grondwet afgelei kan word, is eerder instandhouding van die Afrikaner se belange as die vestiging daarvan” (157). Die net word so wyd gespan dat die koers vervaag: “Die strewe van die Afrikanerbond, uitgaande van sy Bybelse grondslag, is om diensbaar te wees aan en by te dra tot die ontwikkeling van die Afrikaanse [!] gemeenskap tot uitnemendheid op elke terrein van die lewe, ook in belang van alle Suid-Afrikaners” (157-158). Die AB het, soos vroeër, weer “a-polities” geword (159). “In 2002 is ooreengekom dat die Vryheidsfront Afrikanerbelange op die politieke terrein sal dien, terwyl die Afrikanerbond die belange van die Afrikaner op die nie-politieke terrein sal behartig” (275-276).

Daar is “‘n behoefte aan duidelikheid oor presies wat die Afrikanerbond se rol en werkswyse is” (179). “In 2005 is berig dat die byeenkomste van die Afrikanerbond al swakker bygewoon word” (197). “In 2007 het kommer oor die funksionering van die grondvlakstrukture van die Afrikanerbond geheers. Daar was ‘n gebrek aan omgee, gemeenskapsdiens en gemeenskapsbetrokkenheid” (193). In 2007 en 2008 “is gemeld dat die tendens van ‘n kwynende lidmaatskap van die Afrikanerbond verder mag toeneem … hoofsaaklik omdat die organisasie sy invloed verloor het” (198). “Lede [het] hulle belangstelling in die Afrikanerbond verloor” (199). “Die oorgang na die nuwe bedeling het ‘n groot onrustigheid by lede ingeskerp en tot ‘n konstante stroom bedankings gelei” (200). In 1991 was daar 19 709 lede (35). “In 2017 was die ledetal ongeveer 3 400 ere- en aktiewe lede” (199). Die finansiële vermoë van die AB het as gevolg van die krimpende ledetal drasties verswak.

Die AB dobber voort. In 1998 wou die AB hoop bring “vir uitsiglose Afrikaners” (163). Die Vlamprogram van 2002 wou Afrikaners moreel versterk (172). In 2008 is die volgende AB-visie aanvaar: “As Afrikaners bou ons saam aan die toekoms vir die Afrikaner” (161) of “As Afrikaners bou ons saam aan die toekoms van Suid-Afrika” (339). In 2015 was die AB-missie onder meer om “die Afrikaner se toekoms te verseker … om Afrikaner-belange te handhaaf en uit te bou” (161). Die AB wil “‘n aktiewe en dinamiese rol in die gemeenskap speel … [en] ‘n sterk gesagsliggaam vir die Afrikaner” wees (220). Hy het hom tereg vir “die rasionalisering van “Afrikaanse kultuurorganisasies” beywer (220), maar dalk op die gevaar af dat die AB oorbodig verklaar kon word.

Soms is daar wrywing tussen Afrikaansinstansies waar ‘n mens nie wrywing verwag nie: “In 2001 wou die Afrikanerbond ‘n bedrag van R20 000 bydra tot die fonds waaruit die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns jaarliks die Hertzogprys toeken. Die Akademie het die Afrikanerbond se skenking vir die Hertzogprys afgewys” (264). Hierdie Akademie het polities erg links geneig toe Jacques van der Elst die uitvoerende hoof was. Ek het gehoop dit sou beter gaan nadat Dioné Prinsloo (Piet Meyer van SAUK-faam se dogter) hom opgevolg het. Johannes Comestor het sy teks getiteld, “Twee Afrikaansinstansies ondermyn Afrikaans” (Praag 24.08.2018), aan sowel Prinsloo as Conrad Steenkamp van die Afrikaanse Taalraad gestuur, maar nie eens die beleefdheid van ‘n ontvangserkenning uit een van hierdie twee oorde ontvang nie. Albei instansies gee voor dat hulle Afrikaans bevorder.

In die boek staan: “Die verhouding tussen die Afrikanerbond en AgriSA was ietwat stram” (312), wat verstaanbaar is omdat AgriSA, anders as streekslandbou-instansies soos die Transvaalse Landbou Unie (TLU), glad te geneig is om die ANC te vertrou, soortgelyk aan die vertroue wat FW de Klerk en sy groepie onderhandelaars in ANC-integriteit gestel het. Dan Kriek, die president van AgriSA, het by geleentheid ‘n “striemende aanval op die Afrikanerbond geloods” (320). In 2011 het ‘n Ad hoc-groep, insluitende die AB en die TLU, misdaad en landelike veiligheid bespreek. “AgriSA, die grootste landbouorganisasie, het hulself van die Ad hoc-groep gedistansieer omdat die Afrikanerbond daarby betrokke was” (315). Die ANC het die “‘skeefgetrekte’ geskiedenisbeskouing dat alle witmense grond onregmatig bekom het en dat dit histories aan swart mense behoort het” (316). Die AB wil eerder van “grondverdeling” as “grondhervorming” praat (318). Eiendomsreg is vir die AB “ononderhandelbaar” (318). Die AB het dit heeltemal tereg teen “onverantwoordelike uitsprake soos ‘gesteelde grond’ en ‘ons land'” (322) wat deur ANC-kornuite en hulle meelopers gemaak word.

Daar word verkeerdelik genoem dat Michael le Cordeur in 2008 die eerste voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR) was (223-224). Wannie Carstens was die eerste en Le Cordeur die tweede ATR-voorsitter. Dit was vir my verblydend dat die AB die ATR om dieselfde fundamentele redes as ek gekritiseer het: Kommer is “uitgespreek oor die feit dat die Afrikaanse Taalraad nie altyd die voorvegter vir Afrikaans is nie … dat van die standpunte soms polities korrek is, sonder dat die belang van Afrikaans bevorder word” (224). Die AB is “besonder besorgd … oor die voortgesette verlies aan status van Afrikaans” (224). In 2017 het die AB R50 000 aan #GelykeKanse geskenk vir sy hofstryd ter behoud van Afrikaans aan die US.

Oor die Afrikaners se volkslied is die AB veels te versigtig of huiwerig: “Die Afrikanerbond is van mening dat daar in die huidige tydsgewrig met groot omsigtigheid gehandel moet word in die aanwending en gebruik van Die Stem van Suid-Afrika (225). “Die Afrikanerbond se standpunt was dat [Steve] Hofmeyr en die 45 000 mense wat [in 2014] saam Die Stem gesing het, die grondwetlike reg gehad het om die lied te sing en daardie reg moet gerespekteer word. Die Stem propageer nie geweld of verkondig nie haat wat op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens gebaseer is nie, maar spoor in werklikheid lojaliteit en patriotisme aan” (226).

Oor plek- en ander naamsveranderinge word tereg gesê dat daar soms “‘n uitdagende moedswilligheid” te bespeur is (229); “dat veral Afrikaanse name gestoomroller word en dat name eensydig verander word” (230). “Afrikaanssprekendes [word] met ondeurdagte naamsveranderinge, afskaling van Afrikaans en vandalisme van hulle monumente gekonfronteer” (233), bv die “doelbewuste vernietiging van die Groot Trek-gedenksteen in Standerton” (238). “Die geskiedenis kan nie deur die vernietiging van beelde uitgewis word nie … almal se geskiedenis [moet] gerespekteer” word (241). Oor Menseregtedag is die AB se gesonde standpunt “dat Suid-Afrika niks het om te vier op dié dag nie omdat basiese menseregte na die demokratiese oorgang nog steeds vertrap word. Die ongelukkige waarheid is dat minderhede aan die ontvangkant van omgekeerde rassisme is” (235). Die reg op lewe, ook vir Afrikaner-boere, is immers die voorveronderstelling vir die benutting en genieting van al die ander menseregte. Oor Jacob Zuma word gesê: “Om in ‘n toespraak Jan van Riebeeck se aankoms op 6 April 1652 aan die Kaap as die begin van Suid-Afrika se moeilikheid te beskryf, is om die Afrikaners se geskiedenis te demoniseer” (236).

In 2007 het die AB die onvergeefbare flater begaan om vir Jonathan Jansen as lid van die Nasionale Raad vir Onderwys en Opleiding te nomineer (245). In dieselfde jaar het Jansen “verklaar dat Afrikaans altyd een van die ankertale van die Vrystaatse universiteit sal bly. Later het dit geblyk leë woorde te wees, want in 2013 lui van sy standpunte, soos in Beeld vervat, soos volg: ‘Eksklusief Afrikaanse wit skole en universiteite hou ‘n ernstige gevaar in vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika. Engels, eerder as Afrikaans, sal die taal van versoening in hierdie land moet wees'” (247). Die AB het Jansen as ‘n “speler vir die groot paviljoen opgesom” (247). Oor die US word tereg gesê daar is “‘n oneerlike poging deur die Universiteitsbestuur, en veral prof [Russel] Botman, om die verengelsing van die Universiteit te verdoesel” (248).

Wanneer ek as leser van hierdie boek ‘n mate van piëteit of simpatie vir die AB begin voel, word ek daarna egtger teleurgestel met dinge soos die volgende. Ná PW se dood in 2006 het die AB verklaar dat Botha “‘n onontbeerlike bydrae gemaak het om Suid-Afrika op ‘n koers te plaas wat ‘n beter lewe vir al [!] sy mense moontlik kan maak” (259). “Die Afrikanerbond onderskryf nie meer apartheid nie” (269). “Met leidende figure in die ANC is reeds vroeg geskakel,” bv ‘n AB-afvaardiging het met Nelson Mandela gesprek gevoer (274). Op sy negentigste verjaardag het die AB nie net erkenning aan Mandela as ‘n ikoon van versoening gegee nie maar selfs aanbeveel dat sy waardes bevorder moet word (342). Myns insiens is die geweldskultuur wat Suid-Afrika steeds kenmerk ongetwyfeld deel van Mandela se nalatenskap. In 2015 is FW de Klerk deur die AB “as Afrikaner en staatsman vereer vir sy buitengewone bydrae tot die daarstelling en bevordering van demokrasie in Suid-Afrika” (342), asof demokrasie in die sin van algemene, gelyke stemreg in ‘n eenheidstaat ‘n geskikte staatsvorm vir Suid-Afrika is met sy groot groep ongeletterde, oningeligte en maklik intimideerbare kiesers.

“Die Afrikanerbond het die wettigheid van die WVK aanvaar, maar die leemtes in die funksionering daarvan raakgesien” (275). Die Menseregtekommissie het ook “‘n politieke instrument geword” (282). Die sogenaamde Onafhanklike Verkiesingskommissie gebruik uitsluitlik Engels as taal (286). “Hoewel die Afrikanerbond nie die noodsaak vir regverdige en gebalanseerde regstellende aksie ontken nie, is die toepassing daarvan gebaseer op blatante diskriminasie en strydig met artikel 9 van die Grondwet van 1996. Regstellende aksie as beleid weerhou talentvolle jongmense, ongeag hulle kwalifikasies of ervaring, om ‘n bydrae te lewer. Meriete wat ‘n [dié] maatstaf moet wees, is vervang met ras as die allesoorheersende kriteria [kriterium] vir aanstelling in die openbare sowel as die private sektor” (280).

Hoe benard die Afrikaners se situasie in die nuwe Suid-Afrika is en hoe ver van onafhanklik die regspraak deesdae is (iets wat Hermann Giliomee beklemtoon) het in 2016 uit die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die verandering van 25 straatname in Pretoria geblyk. In die meerderheidsuitspraak van hoofregter Mogoeng Mogoeng “is die insinuasie dat Afrikaners nie aanspraak kan maak op grondwetlike regte vir die uitlewing van hulle kultuur nie aangesien dit deur onderdrukking [dwars]deur die geskiedenis beslag gekry het” (309). Dít is die gevolgtrekking waartoe twee blanke regters in hulle minderheidsuitspraak oor die meerderheidsuitspraak gekom het. “In ‘n tweede minderheidsuitspraak van regter J Jafta kritiseer hy die twee [blanke] regters se siening en bevestig dan dat Afrikaners in werklikheid geen aanspraak op enige grondwetlike regte het nie” (309).

Die enigste verwysing in die boek na Praag (wat nie eens in die indeks gelys word nie) is: “Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag) het in 2002 die deelname van die Afrikanerbond aan ‘n Afrikanerreferendum versoek, maar die Bond het geoordeel dat so ‘n referendum weer die ou debat sal oopkloof oor wie die Afrikaner is. Dit kon tot nuwe twis en tweedrag onder Afrikaners lei. In plaas van konfrontasie is die Afrikanerbond se styl eerder dié van kommunikasie” (336). Tydens kommunikasie moet daar iets gekommunikeer word. Die AB is klaarblyklik lugtig om sy standpunt dat die Afrikanerdom nie-blankes insluit, te regverdig.

Ten slotte kom ek by die 13 onderhoude in die derde en laaste afdeling in die boek. Volgens Niël Barnard, voorheen die hoof van Nasionale Intelligensie, word “die rol van die AB in die skikkingsproses heeltemal oorskat … Dit is ‘n ding wat Pieter de Lange homself omgehang het” (354). Daar was “voor en tydens die onderhandelinge baie kortbroekknape … mense vir wie dit meer oor die eie belang gegaan het as om die saak waarvoor hulle daar was” (356). Ook: “ek nie ‘n ‘groot fan’ van De Klerk was nie” (357).

Pieter Bingle, ‘n predikant van die Gereformeerde kerk, verwys na ‘n toespraak van FW de Klerk waarin “hy vertel het dat die AB die terrein vir verandering, wat moes kom, voorberei het. Dit was nie die koukus van die Nasionale Party gewees nie, maar … die AB [wat] die NP-koukus voor was” (359). Dit lyk asof Bingle graag De Klerk se doppertunisme onderskryf.

André P Brink vertel dat sy pa ‘n AB-lid was (363) en dat sy oupa die ABO eerstehands ervaar het (364). Brink was “nooit ‘n baie groot aanhanger van De Klerk nie” (366). “Die huidige Afrikaner voel nog verward en selfs minderwaardig in die nuwe bedeling – uitgestoot en met ‘n wrewelrige gevoel! Hy weet nie mooi waarheen hy moet gaan nie en weet ook nie mooi hoe om dit te hanteer nie, en selfs die wat dit skynbaar hanteer, dink en doen dit op ‘n baie teleurstellende manier” (367). Brink dink nie Afrikaners sou vandag weer ‘n organisasie soos die AB stig nie: “Die verbrokkeling binne die volk, in die mate wat ‘n mens nog daarvan kan praat, het te ver gegaan. Dit is al so ver, dat die indruk of selfs die behoefte daaraan om eenheid te skep, nie meer sterk genoeg is nie” (367).

Mangosuthu Buthelezi beskou “die storie van die Afrikaner [as] een van die mees inspirerende verhale” (368). Oor die AB sê hy: “My perception was that it was an exclusive club of Afrikaners, that it was a self-upliftment instrument only” (369).

Tom de Beer, die voorsitter van die AB (1993-2000), sê die stelling dat Pieter de Lange “soms dominerend kon wees, het ‘n element van waarheid, maar ek sal eerder sê dat hy meer oortuig was as [dat?] hy reg was” (374) – ‘n karaktertrek wat ook by Johan Heyns opgeval het. “Ek [het] in FW geglo … Die gevoel het selfs by mense bestaan dat hy te lig in die broek was … Ek het hom egter vorentoe baie positief ervaar en instemming gehad dat hy die pad goed geloop het” (375). “Die Afrikanerbond was in den brede tevrede met die uitkomste wat die onderhandelinge daargestel het” (376).

Willie Esterhuyse beweer daar is “geen verskil tussen broerskap en ‘comradeship’ nie” (381). Oor Nico Smith se boek sê hy: “My ervarings van die AB was totaal anders as syne” (382).

Tony Leon karakteriseer die AB as “‘n soort van ‘n dinkskrum of ‘n ondersteuningsgroepering vir die Nasionale Party-regering” (385). “My indruk was dat die Afrikanerbond in ‘n sekere sin die amptelike regeringsbeleid van daardie tyd ver vooruit was en tog sekere invloede daarop gehad het” (386). “Baie van die Afrikaanssprekende ondersteuners [van die DA] was om begryplike redes lid van die Afrikanerbond en het onskatbare waarde tot die DA toegevoeg” (386). “Die Bond [het] ook maar ‘n gemarginaliseerde organisasie geword” (387). “Ek sien dit [die AB] meer as ‘n organisasie wat na sy eie mense omgesien het” (387). “De Klerk … het ‘n hele nuwe paradigma geopen wat hy gehoop het om te kontroleer [beheer], maar baie gou het dié skepping sy skepper begin kontroleer [oorheers]” (388). De Klerk het glo “by geslote geleenthede … gesê … dat hy die verkiesing kon wen, [maar dit] is ‘wishful thinking and faulty analysis'” (388). “Ek sal nie verbaas wees as Pik Botha die narratief gevoed het nie” (389). “Ek het persoonlik waargeneem hoedat die Nasionale Party sy houvas tydens die onderhandelinge verloor het deur hulle kaarte verkeerd te speel en omdat hulle nie ‘n strategie gehad het nie, of ‘n verkeerde strategie gevolg het. Verder was daar sekere persoonlike faktore. Cyril Ramaphosa was ‘n beter onderhandelaar as Roelf Meyer … Roelf … was ‘n baie aangename persoon, maar ek het nie geweet wat sy agenda anders was as om mag oor te gee nie” (389). “Ek dink nie dat die Broederbond vandag nog enige noemenswaardige rol speel nie” (390).

Georg Meiring, ‘n vorige hoof van die Weermag, kom oor as ‘n Afrikaner met ruggraat.* “Ek dink dat daar ‘n gebrek aan leierskap in Afrikanerorganisasies op talle vlakke was omdat niemand die pad ná ’94 kon visualiseer nie” (392-393). “FW de Klerk het nie sterk op die kundigheid van die Weermag ag geslaan nie” (393). “Ek is ernstig daaroor as ek vir jou sê dat FW nie ten volle op die hoogte was van wat by Kodesa aangegaan het nie. Hy het een keer of elke tweede week daar aangekom en met Roelf Meyer gepraat. Roelf het gedink hy kan vir Ramaphosa ore aansit, maar die teendeel is uitgewys. Madiba, Ramaphosa en andere het gereeld ingekom, by mekaar gesit en gekoukus oor wat nodig is … Die swakste regering wat ons ooit gehad het, was die Nasionale Party-regering net voor 1994 … Die verhaal van die chaos waarin die land in die tydperk tussen 1991 en 1994 was, is nog nooit in sy volle werklikheid vertel nie, maar ek sê vir jou as dit nie vir die Weermag was nie, het ons nie in 1994 by die oorgangsfase uitgekom nie” (394). “Ek [is] van mening dat Mandela te gou uit die tronk vrygelaat is. Ek dink die ontbanning – veral van die Kommunisteparty – is te vinnig gedoen … Ons kon ‘n beter skikking by Kodesa gekry het as die onderhandelaars/regering meer eerlik was … daar was besliste wanvoorstellings en [of] noem dit ondervoorstellings. Ek dink dat De Klerk en sy groep sekere feite teruggehou het … Daar was ‘n groot oorskatting van hulle eie mag … Ek dink nie die Regering by die onderhandelingstafel het die vermoë waaroor die land beskik het, kostedoeltreffend en effektief aangewend om die onderhandelinge suksesvol te doen nie” (395). Roelf Meyer was “‘n ‘kindjie’ wat nie geweet het hoe om dinge te hanteer nie – hy het nie regtig die vermoë gehad nie” (396).

[* Volgens my kennis het FW de Klerk bitter min steun in eie geledere gehad toe hy op 2 Februarie 1990 sy toespraak gelewer en daarna die grondwetlike onderhandelinge deurgevoer het. De Klerk beweer die teenoorgestelde. In ‘n toespraak in 2000 naby Hermanus het De Klerk gesê: “Eerstens het ek seker gemaak dat my party, my mense en die staat agter my staan. Toe het ek seker gemaak dat die meerderheid van die wit mense agter my staan. En toe kon ek Mandela vrylaat en die risiko van onderhandelinge aandurf” (Frederik van Zyl Slabbert, Duskant die geskiedenis, Kaapstad: Tafelberg, 2006, p 22). Georg Meiring se reaksie was: “Hel, hy vat ‘n bietjie kortpad met die waarheid” (22). By ‘n ander geleentheid het De Klerk aan Meiring gesê: “Ons hoef regtig nie so maklik in te gegee het nie” (36). Meiring het soos volg gereageer: “Maar jy het nooit jou sterk basis gebruik om vanuit mag te onderhandel nie, jy het nooit die militêre magte gebruik as ‘n magsbasis wat jy tot jou beskikking gehad het nie, jy wou dit nooit gebruik nie” (36).]

Roelf Meyer was agtereenvolgend president van die Afrikaanse Studentebond, voorsitter van die Junior Rapportryers, president van die Ruiterwag en lid van die AB. “As dinge gebly het soos dit was … sou ek waarskynlik president van die land geword het” (398). Tussen die AB en die NP was “daar ‘n sekere verweefdheid” (399). “Die Nasionale Party [het] die Broederbond gebruik … om standpunte te toets” (399). “Pieter de Lange en Johan Heyns [was] die Nasionale Party … voor in hulle denke en dade … die AB vinniger wou beweeg” (399). Hy verwys na “die invloedryke rol wat die Broederbond onder die leiding van Pieter de Lange gespeel het om die klimaat voor te berei vir verandering” (399-400). Johan Heyns en andere ]het] ‘n baie groot invloed uitgeoefen … op die verandering van begrip by mense” (400). “Was daar ‘n meesterplan toe die Regering ná Februarie 1990 tot die onderhandelinge toegetree het? ‘Nee, ons het nie ‘n plan gehad nie. Ons het vir twee en ‘n half jaar voortgeploeter met dieselfde paradigma van hoe jy groepsregte en minderheidsregte in Suid-Afrika kan beskerm'” (400). “In die tydperk wat die Referendum in 1992 voorafgegaan het, kan ek met redelike sekerheid sê dat die Afrikaner-Broederbond ‘n groot rol gespeel het om mense rustig te maak oor die vraag waarom daar verandering moet kom … Nadat die KP’s en ander regsgesindes uit die AB is, het mense soos Pieter de Lange, maar selfs ouens op grondvlak … ‘n positiewe rol gespeel” (401). Die NP-kabinet was nie eensgesind oor die 1992-referendum nie – dit was De Klerk se “kampanje” en sy besluit (401).

Francois Retief, ‘n vorige rektor van Medunsa, sê: “Toe die AB aan die begin van die negentigerjare besluit het om geheimhouding af te skaf, het ek gedink dat dit ‘n fout is, omdat ons toe ‘n tydperk ingegaan het waar dit juis nodig was” (404). Pieter de Lange “wou van die AB-las om sy nek ontslae raak … terwyl ek gedink het ons moet ons skuiwe so maak dat ons met die AB deur moeilike tye kon loop” (405). “Ek is oortuig daarvan dat dinge vir die Afrikaner in ‘n verkeerde rigting loop” (405). Die AB “het hom grootliks op [in] die semi-politieke sfeer laat geld” (405). Iemand het van Roelf Meyer gesê: “Jy moet sien dat daardie mannetjie gaan klim vir ‘n belangrike pos, maar hy is nie ‘n groot gees nie!” (406). Dít het in Retief se “agterkop bly hamer en veral deur die onderhandelinge en die uitkoms daarvan gestalte gekry” (406).

Johann Rupert se onderhoud is vir my teleurstellend. Hy was nooit ‘n AB-lid nie en was glo altyd teen apartheid gekant. “Die HNP (Herstigte Nasionale Party), dr [Albert] Hertzog en Jaap Marais was nie mense met wie ek enigsins iets gemeen gehad het nie … Ek is baie nader aan Russel Botman wat Afrikaans praat en ‘n bruin man is. Nou, is hy ‘n Afrikaner of nie? Nie volgens die logika van die Broederbond en regsgesindes, glad nie. Ek is baie nader aan die Kaapse Kleurling as aan mense wat in Beeld en Rapport uitkom vir hulle kranksinnige regse gesindhede … Ons sou nie meer vandag voortbestaan het as dit nie vir die drastiese stappe in 1990 was nie” (407). “Apartheid was ‘n tragedie vir die Afrikaner … Ek is bly dat dit ‘n Afrikaner (FW) was wat daarvan ontslae geraak het … FW het ons gered … Daar is egter flaters begaan, waaronder die toegif tot ‘n verkiesingsdatum nog voordat die onderhandelinge of die Grondwet gefinaliseer is … Die Nasionale Party was goedgelowig en naïef tydens die onderhandelinge – hulle het kinders by die onderhandelinge gehad” (408). “As die Afrikaners vandag almal loop, val hierdie land in sy maai” (409).

Chris Stals, ‘n vorige president van die Reserwe Bank, openbaar ‘n mislike distansiëring van Afrikaners. “Ek was … nie ‘n lid van die AB omdat ek ‘n Afrikaner is, of omdat die AB Afrikaners was nie. Ek was lid van die AB omdat ek ‘n ekonoom is” (410). “Ek het ‘n sakebenadering tot die AB gehad … Dit het by my glad nie gegaan oor Afrikanerskap of Afrikanerwees of enigiets van daardie aard nie … Ek is baie meer ‘n kosmopolitiese mens en ek is baie meer internasionaal en so aan, as om te voel dat ek streng by ‘n klein groepie mense betrokke is wat hulself Afrikaners noem” (411). Stals is blykbaar iemand wat in die waan verkeer dat hy ‘n te groot vis vir die klein dammetjie van die Afrikanerdom is. “Ek het respek vir verskeidenheid – en daaroor het ek nie ‘n vreeslike sterk gevoel oor Afrikanerwees nie … Ek wil hê ons moet almal deel wees van ‘n groter gemeenskap en so aan” (412). “Ek vereenselwig my nie [met Afrikaneridentiteit] nie … ek dink dis onvolwassenheid … ek nie meer daardie eng gevoel kan hê nie – ek leef nie daarmee saam nie … na hulle grootwordjare het hulle nie die moeite gedoen of die wil gehad om daarvan weg te breek nie. Nie die studies gedoen en die intellektuele selfondersoek gedoen om weg te breek van daardie eng, bekrompe, afgebakende, klein definisie van wie en wat ek is nie. Ek is deel van die kosmopolitiese bestaan” (412) – ‘n ekonoom en wêreldburger wat klaarblyklik in sy skik met sy kulturele identiteitloosheid is. Daar is ‘n enkele toegewing: “Ek wil egter deel wees van Afrikanerskap, deur deel te wees van Afrikaans, ek wil Afrikaans praat, ek wil dit bevorder, maar ek wil dit nie in ‘n groepie definieer nie” (413). Soos te wagte, het Stals net lof vir Pieter de Lange (413-414).

DFM (Danie) Strauss was ‘n filosofie-dosent aan die Universiteit Vrystaat. Hy is positief oor die transformasie van Suid-Afrika ondergaan het en die rol wat die AB daarin gespeel het. Hy is een van diegene wat in die nuwe politieke bedeling uit die AB getree het. “Dit was die kulturele bedreiging van die Afrikaner se lewensruimte wat hulle laat soek het na ‘n uitlewing van die eie” (418). By Kodesa het die ANC “baie meer gekry … as waarvoor hulle gehoop het … Dat die wit onderhandelaars in dié konteks ore aangesit is, is te wyte aan hulle onervarenheid” (421). “Die AB het sy relevansie grootliks verloor, terwyl hy homself nie voldoende krediet gegee het dat hy die mees sinvolle en konstruktiewe staatkundige uitkoms help bemiddel het nie” (421; ook 426).

Slot: Eintlik praat feitlik niemand daaroor nie maar Afrikaners het sedert 1994 in groot mate uit die kerk geëmigreer, hoewel glad nie in dieselfde mate uit hulle geloof nie. Gemeentes het gekrimp met hoofsaaklik bejaardes wat nog daarin ‘n tuiste vind. Ouetehuise is nou dikwels die hoofwartiere van evangeliebediening. Die kerkklokke het stil geword. Op ‘n soortgelyke manier het die AB deurlopend agteruit geboer. Die AB het onmiskenbaar ‘n “broederskap van bejaardes” geword (94); “‘n handvol hoofsaaklik wit bejaarde mans” (267) wat te oud is om kinders te kry wat gewillig is om die AB aan die gang te hou. Die sterwensuur van die AB kruip al hoe nader. Weens ‘n gebrek aan aanvraag, behou die AB grootliks sy eksklusiwiteit. Die lede kan terugkyk op baie goeie én minder goeie dinge wat die AB oor ‘n eeu heen vermag het. Terwyl dit in die vorige politieke bedeling vir my dikwels moeilik was om met die doen en late van die AB te vereenselwig, het ek deesdae groter waardering vir diegene wat steeds met die AB assosieer en hulle openlik vir die belange van veral die Afrikaner beywer.

Dan Roodt: Indrukke van Nederland

Onlangs het ek drie weke in Amsterdam deurgebring. Daar is sekerlik geen ander land — behalwe miskien die Vlaamse streek in België — waarvan die geskiedenis so nou met ons s’n verweef is nie. Sonder die Nederlandse V.O.C., sou daar geen volksplanting in 1652 en geen Suid-Afrika gewees het nie.

Die eerste opvallende verskil met die huidige Suid-Afrika is dat Nederland veel beter en meer modern georganiseer is. Onder die ANC-bewind het ons tot die vlak van ‘n derdewêreldland verval, met ‘n outydse, magtige (en swart) burokrasie wat die bevolking administreer en verdruk. Vir my koms na Europa moes ek ‘n magdom geboortesertifikate vir my kinders van Binnelandse Sake in ‘n stink, chaotiese kantoortjie in Randburg aanvra. In Nederland geskied die meeste van jou interaksie met die staat, die munisipaliteit of die administrasie aanlyn. Naby die plek in Amsterdam waar ek en my gesin tuisgegaan het was ‘n kantoor van die “gemeente” oftewel munisipaliteit. Dit was skoon, netjies en modern. Ook sonder toue mense wat wag.

Amsterdam is ‘n bekoorlike, gesofistikeerde en kultuurryke stad wat jaarliks deur miljoene mense van regoor die aardbol besoek word. Oor die algemeen is die mense vriendelik en behulpsaam. Net hier en daar het ek ‘n onbeskofte of afsydige persoon teëgekom.

Nederland is natuurlik sinoniem met fietse. Oral is daar tweewielrytuie in sogenaamde “fietsstallings”. Veral by die Centraalstation van Amsterdam kan honderde, indien nie duisende, fietse opgemerk word wat daar gelaat is, terwyl die eienaars iewers heen met ‘n trein vertrek het. Openbare vervoer soos treine, trems (hulle noem dit “trams”) en busse werk goed en mens kan selfs laataand nog gemaklik elke tien minute of wat ‘n trein of ‘n trem haal.

Naas feitlik elke pad, is daar ‘n fietspad of -baan waar fietsers mag ry. Die meeste verkeersligte bevat drie soorte ligte: een vir motors, een vir fietse en een vir voetgangers. Dit neem ‘n rukkie om daaraan gewoond te raak, maar dis ‘n baie logiese stelsel.

Nederland is ook veilig – so anders as Suid-Afrika. Ek het nêrens bedreig gevoel nie. Hoewel daar ‘n toenemende aantal Moslems, swartes en ander immigrante in Nederland verkeer, is die soort geweld en wetteloosheid wat ons in Suid-Afrika ervaar, eenvoudig ondenkbaar. As mens daaraan dink dat daar in Nederland maar 110 moorde per jaar plaasvind, teenoor 19 000 in Suid-Afrika, dan besef jy dat daar ‘n hemelsbreë verskil in misdadigheid is.

In Nederland is daar so te sê volle indiensneming. Volgens beskikbare syfers van die owerheid bestaan daar 250 000 vakatures wat nie gevul kan word nie. Oral in Amsterdam, by winkels en ander ondernemings, het ek plakkate gesien wat ‘n “leuke baan” adverteer. Derdewêreldimmigrante word egter by voorkeur nie in diens geneem nie, omdat hulle nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie, maar ook omdat werkgewers agterdogtig teenoor hul werksetiek staan. Hoewel Nederland ‘n polities korrekte beeld uitstraal, bestaan daar dus tog iewers ‘n “voorkeur vir blankes” as dit by indiensneming kom.

Aan die ander kant is daar ‘n skokkende hoeveelheid gemengde pare in Nederland, met vele “nuwe kleurlinge” wat uit sulke huwelike of saamwoonverhoudings gebore word. Dikwels het ek op straat gewonder wat ‘n mooi, lang, blonde Nederlandse meisie of vrou in die swartman of Surinamer aan haar sy sien. Maar soos in Suid-Afrika, moedig die media en die advertensiewese vermenging aan as “iets normaals” en selfs wensliks.

Blykbaar is dit net Afrikaners en suidelike Amerikaners wat afsydig staan teenoor rasvermenging, miskien vanweë ons eeue lange ervaring van die ongeluk en verval wat daarmee gepaardgaan; in Wes-Europa gaan mense nog harde lesse in dié verband leer.

Hoewel vele jong Nederlanders en studente “regs” is en vir die Partij voor de Vrijheid (PVV) van Geert Wilders stem, verkeer die media en universiteite steeds in die hande van linkses. Tydens my verblyf in Amsterdam het ek ‘n demonstrasie daarvan gesien toe die minister van buitelandse sake, Stephanus Abraham (Stef) Blok hom tydens ‘n privaat geleentheid negatief oor immigrasie en derdewêreldimmigrante uitgelaat het. Onder andere het Blok gesê dat hy “geen multikulturele of multietniese land ken waar mense vreedsaam met mekaar saamleef nie”. Volgens sommige Nederlandse koerante sou hy selfs “genetiese redes” daarvoor aanvoer.

Verder het Blok gemeen dat Suriname, die voormalige Nederlandse kolonie met sy grotendeels swart en kleurlingbevolking, ‘n “mislukte staat” sou wees. “En dit het veral te make met die etniese samestelling,” het Blok gesê. Hy het Singapoer geprys omdat dié land “geen arm migrante toelaat nie, moontlik wel as skoonmakers.”

Die hoofstroommedia het onmiddellik histeries geraak. Selfs al het Blok noodgedwonge verskoning gemaak in ‘n brief aan die Tweede Kamer (die Nederlandse Volksraad) dat hy hom “in te skerp bewoordinge uitgelaat het”, het die pers so min of meer sy kop geëis. Die dagblad Het Parool, het dit op sy voorblad uitgedruk met die woorde: “Blok heeft spijt, maar is het genoeg?”

‘n Poging om ‘n mosie van wantroue teen Blok te laat aanneem deur die Tweede Kamer op 5 September 2018 het egter misluk, aangesien dit slegs die steun van die linkse partye, by name GroenLinks, die PvdA (Partij van de Arbeid) en die Partij voor die Dieren kon verwerf.

Soos elders in Europa, waar vernuwende denke meesal aan die regterkant van die politieke spektrum te vinde is, verkeer Links meerendeels in die verlede en hang die negentiende-eeuse sosialisme en kommunisme aan. Dit geld ook Suid-Afrika waar min of geen van die linkse partye hulle aan die toenemende krisis in ons land steur. Vir hulle gaan dit nog steeds om anti-apartheid, die Mandelakultus of Afrikaners wat bestraf of gestigmatiseer moet word. Die twee partye wat die meeste kommentaar oor Suid-Afrika en Afrikaners lewer, is die PVV van Geert Wilders en Forum voor Democratie van die jong politikus, Thierry Baudet.

Soos in Frankryk, Duitsland, Groot Brittanje, Swede en ander lande, is die enigste partye of groepe wat in Afrikaners belangstel of ons belange op die hart dra, diegene aan die regterkant van die politieke spektrum. Daarom het ons geen ander keuse as om met hulle saam te werk nie.

Daar bestaan ook ooreenkomste tussen Nederland en Suid-Afrika sover dit media en politiek betref. Die Engelse media in Suid-Afrika wat tans ANC-beleid propageer, is verlinks, anti-Westers, sosialisties en selfs kommunisties plek-plek, met die Afrikaanse media nie ver daarvandaan nie. Ons en die Nederlanders voer dus dieselfde tipe stryd net om gehoor te word en om ons as ‘n nasionale groep te handhaaf. Hoewel Nederland steeds oor ‘n eie, soewereine koninkryk beskik, is die land egter ondergeskik aan die Eurokrate van Brussel aan aan groter moondhede soos die VSA wat Nederland as ‘n klein landjie kan hiet en gebied.

Die grootste onderneming in Nederland – en in die hele Europese Unie! – is Koninklike Olie, oftewel “Royal Dutch Shell” soos dit op Engels bekendstaan. Shell is ‘n multinasionale maatskappy wat regoor die aardbol handel dryf, Engels as voertaal het en uitgelewer is aan die geopolitiek. In 2013 was Shell eerste op die Fortune Global 500-lys van die wêreld se grootste maatskappye, met ‘n omset van $556 miljard, ‘n bedrag wat gelykstaande was aan 84% van Nederland se BNP. Trouens, Shell se omset is rofweg twee keer so groot soos die hele ekonomie van Suid-Afrika!

Omdat Nederland via sy groot globale maatskappye soos Shell, Philips en Unilever so sterk deel uitmaak van die internasionale ekonomie, is die land ewe seer uitgelewer aan verengelsing en politieke korrektheid. Die Anglo-Amerikaanse oorheersing van die land is dus minder direk en ooglopend as by ons, maar nie minder skadelik vir die Nederlandse taal, kultuur en identiteit nie. Nie lank gelede nie, het Nederlanders die Swede verbygesteek as die tweedetaalsprekers wat die beste Engels magtig is. In Amsterdam wat toenemend deur toeriste oorval word, is dit soms irriterend hoe vinnig Hollanders met jou wil Engels praat as hulle hoor dat jy oor ‘n ander tongval beskik.

Verwoerd is in Amsterdam gebore en is, naas Paul Kruger sekerlik, tot vandag toe die mees gehate Afrikaner omdat hy dit durf waag het om teen Britse oorheersing in Suid-Afrika op te staan en insgelyks nie die dreigende Afromarxistiese revolusie wou aanvaar nie. Ná die tweede wêreldoorlog het vele Nederlanders na Suid-Afrika geëmigreer. Ook tydens en net ná die tweede vryheidsoorlog was daar sterk bande tussen Nederlanders en Afrikaners.

Hoewel daar vele struikelblokke bestaan, glo ek vas dat daardie gemeenskaplike Dietse identiteit van Afrikaners en Nederlanders – om van Vlaminge nie te vergeet nie – kan herleef. Dit hang van ons af of dit gaan gebeur of nie.

Dis ‘n ander groot onderwerp, maar ons moet besef dat die Afrikaner eintlik ‘n Europeër is, op ‘n manier wat Britte en Engelssprekendes nié is nie. Al woon ons reeds byna vier eeue op die Afrikakontinent, het ons in ons denke en in ons bloed getrou aan Europa en ons Dietse afkoms gebly en eintlik niks van Afrika behalwe die son en buitelug ons eie gemaak nie. Elke Afrikaner wat Nederland besoek, behoort dit binne enkele ure te besef.

Leon Lemmer: Julian Langness oor massa-immigrasie en JK Rowling

By ‘n vorige geleentheid het ek oor Julian Langness se boek, Fistfights with Muslims in Europe: One man’s journey through modernity (2016) geskryf (Praag 17.04.2016). Dieselfde rubriek handel ook oor ‘n boek van Bruce Bawer. Wat hierdie twee outeurs, afgesien van Amerikaanse burgerskap, gemeen het, is ‘n verwantskap met Noorweë. Langness het Noorse voorouers terwyl Bawer in Noorweë woon. Maar ‘n ander ooreenkoms is hier van belang: Albei het boeke gepubliseer oor die kulturele aftakeling wat veral Moslem immigrante in Europa veroorsaak.

Volgens Langness stel die Moslem-immigrante hulle religie bo alles. Hulle beoog die Islamisering van Europa, dus “to restore the caliphate” (Kindle 491). Histories is dit gedoen deur “to either kill or convert” nie-Moslems (491). Langness verwys na “large populations of immigrants displaying a combination of very high birthrates and very low labor participation rates” (528). Volgens hulle moet van “white supremacists” ontslae geraak word (2343). In laaste instansie is die doel “the abolition of whiteness” (2334). In Moslem-lande het nie-Moslems tweedeklas-burgerskap, Dhimmitude genoem, wat herinner aan die tweedeklas-burgerskap wat blankes in die nuwe Suid-Afrika het. In ons geval is die diskriminasie nie op religie gebaseer nie, maar op ras, wat dit ‘n erger vergryp behoort te maak. “Newspapers ‘were expressly forbidden to mention a person’s ethnic or immigrant background in reports on criminal cases lest a bad image be projected’ … If Norwegians were given the facts, it ‘might trigger racist responses'” (861). In Suid-Afrika is dit sedert 1994 algemene praktyk dat die ras/kleur/vreemde nasionaliteit van misdadigers nie genoem word nie.* Langness skryf tereg “The longing for tribe and heritage is one of the most innate drives that we as humans possess” (73). Ten spyte van giftige propaganda moet blankes hulle selfrespek behou (765). Sy pessimistiese gevolgtrekking oor Europa is: “A culture that is unwilling to fight for its survival does not deserve to survive” (1346). Dit kan ook op Afrikanerkultuur van toepassing wees. [* In die Weste is linkse elemente ferm in beheer van “the academy, the entertainment industry and the press” (Boek in volgende paragraaf, Kindle 2069) – ook in Suid-Afrika.]

Identity rising

Die voorafgaande paragraaf is op my genoemde vorige rubriek gebaseer omdat Langness in sy twee latere boeke, wat ek hier onder bespreek, hierdie standpunte herhaal. In Identity rising: How Nationalist Millennials will re-take Europe, save America, and become the new ‘Greatest Generation’ (St Paul: ES Linden, 2017, 337p; Amazon Kindle $1,14) is Langness skynbaar optimisties. Namate die getal en persentasie van Europa se nie-blanke bevolking toeneem, kom die syns insiens onvermydelike burgeroorlog nader, wat volgens hom deur die tradisionele Europeërs gewen kan/gaan word. Hy veronderstel die tradisionele Europeërs beskou hulleself “as a distinct singular group – an ‘us’ – worthy of fighting and dying for” (Kindle 808). Met die oog hierop bepleit hy ‘n terugkeer na manlikheid. Soos Friedrich Nietzche (1844-1900) het hy dit teen “men without chests” (971), oftewel mans sonder die spreekwoordelike knaters. Die kulturele marxiste, daarenteen, “declared masculinity ‘toxic’, and claims that gender differentiation should be abolished” (2352).

Francis Fukuyama het in sy boek, The end of history and the last man (1992), geskryf oor “the end point of mankind’s ideological evolution and the universalization of Western liberal democracy as the final form of human government” (962). Na die Moslem-geïnspireerde 9/11-aanvalle het George Will opgemerk, “history had returned from vacation” en Fareed Zakaria het dit beskryf as “the end of the end of history” (979). Die “law of the jungle” het met die 9/11-gebeure in Amerika, die voorste Westerse land, toegeslaan (989, 1007). Daar het hierna klaarblyklik heelwat werk voorgelê om die fondamente van Westerse beskawing te verstewig. “‘Cultural-nationalism’ … opposes the third-worldization of the West and the purposeful destruction of Western culture” (2326).

Die stryd teen Kritiese Teorie, oftewel kulturele marxisme (bv in die gedaante van politieke korrektheid en regstellende aksie), is sedert 9/11 (2001) met hernude ywer hervat. “In this system of belief, blacks must take black power and wield it over whites, women must do the same over men, gays over straights, and so on. Obviously such examples point to the depths of insanity that modern progressivism has reached” (1025). “Progressivism at its core is nothing more than a nihilistic form of cultural suicide” (1034). “Indeed many have called progressivism nothing more than a new and perverted form of turn-the-other-cheek Christianity, where white racism has replaced original sin, and the suicide of the West as atonement for that original sin has replaced the rapture and ascendance to heaven” (1043). Kulturele marxiste noem “disloyalty toward family … faith … race … [and] nation” (1043) as voorbeelde van “open mindedness” (1052).

Langness se “obsession with Europe” (27) lei hom tot die gevolgtrekking dat dit die moeite werd is om vir die oorlewing van Europese kultuur te veg. Wat hy voorsien, is dus anders as wat plaaslik op so ‘n skandalige wyse plaasgevind het, naamlik dat FW de Klerk weens die wanhantering van die onderhandelinge sonder slag of stoot oorgegee het. Selfs die veel geprese Grondwet laat blykbaar die owerheidsdiefstal van blankes se eiendom toe. Wat my in ‘n sin met droefheid vervul, is dat die multikulturalisme in Europa te laat gekom het. Europese lande het deur die bank apartheid verdoem omdat daar in daardie destydse grootliks monokulturele samelewings geen begrip was vir die diepgaande kulturele verskille tussen Europeërs en nie-Europeërs nie.

Die huidige situasie in Europa toon ook dat die assimilasie en rasse-integrasie van nie-blankes in blanke samelewings in groot mate nie plaasvind nie; dat die dogma van rasse-integrasie as iets natuurliks ‘n mite van die kulturele marxiste is. “This was especially apparent to anyone who actually spent time in majority non-white areas, where blacks, Hispanics, and Muslims (especially in Europe) almost universally self-selected into homogenous communities, and treated passersby of other races with suspicion and often aggression” (1744). In Suid-Afrika maak die ANC en sy kornuite, soos Jonathan Jansen, hulle egter skuldig aan militante gedwonge rasse-integrasie. Greg Johnson stel die teenoorgestelde standpunt, ook namens Afrikaners, pragtig: “It [is] natural, normal, and right for us to love our own and to be concerned with the future of our people” (2435). Tussen die Weste (bv Amerika en Europa) en Suid-Afrika is die groot verskil dat die blankes daar nog in die meerderheid en polities in beheer is terwyl die demografiese winter (2714) reeds lank sy verbete greep op Suid-Afrika het.

Blank Europa se jong en middeljarige mense raak al hoe meer gatvol vir die situasie waarin hulle hulle bevind. “Being born in the 1980’s and early 90’s, they were the first generation that had known what was popularly called ‘multiculturalism’ since birth. While celebrated across the West as the ultimate fulfillment of liberal-democracy, this ‘diversity’ had been anything but rosy for them … they were … taught that they were ‘privileged’ as white Europeans, and that they had been born into a history of racism and oppression, and countries still steeped in each, which it was their duty to make up for” (86). Al hoe meer Europese blankes beskou hulleself as lede van “Generation Identitaire” “staging provocative public protests against what they viewed as the evils being perpetrated upon Europe” (95). In die hoofstroom-inligtingsmedia word hulle gedemoniseer as “Neo-Nazi’s” en veral in Duitsland is daar drakoniese wette teen “haatspraak” om sulke bedrywighede aan bande te lê (103). Dít is die lot van mense wat hulle vir vanselfsprekendhede soos “secure borders, secure future” beywer (111).

Soos ander behoudende skrywers noem Langness veral Wes-Europa “Middle-Earth” (270). Dit verwys na JRR Tolkien (1892-1973) se benaming vir die fiktiewe sentrale kontinent in die noorde in sy boeke The Hobbitt (1937) en The Lord of the Rings (1954/5). In die suide is “Dark Land.” Tolkien is in Bloemfontein gebore, gevolglik het hy seker geweet waarvan hy praat. Dit is die voortbestaan van die tradisionele inwoners van hierdie kernkontinent, Europa (en Wes-Europa in veel groter mate as Oos-Europa), wat tans deur massa-immigrasie bedreig word. Ek moet byvoeg dat Langness na my mening te veel verskillende soorte generasies probeer onderskei en beskryf en dat hy, ook deur te veel herhaling, neig om ‘n oorpropagandistiese indruk te wek.

Daar is frases wat treffend is en ‘n mens bybly, bv “Homosexuality was not just tolerated but sentimentalized and celebrated” (414) en Harold Rosenberg se “herd of the independent minds” (356). Die pro-massa-immigrasie dwase “saw – or wished to see – their own generosity and ‘humanitarianism’ reflected back at them” (448). “They blamed the immigrant violence [including terrorism – 602] on ‘European racism'” (555) en is vervul met self-haat (565). Guillaume Faye noem hierdie verskynsel “ethno-masochism” (565) – masochisme is die “abnormale geestesgesteldheid waarby liggamlike mishandeling of vernedering van die self ‘n noodsaaklike middel vir … bevrediging en geluk … is” (HAT). Die Arabiese woord “asabiya” word gebruik vir “the concept of collective solidarity … the ability of its [a group’s] members to stick together, to cooperate; it allows a group to protect itself against the enemies, and to impose its will on others … aggressive and defensive strength is obtained only through … the mutual affection and willingness to fight and die for each other” (808).

Oor saamstaan/solidariteit is daar by Afrikaners groot ruimte vir verbetering. Enoch Powell het reeds in 1968 in Brittanje teen massa-immigrasie gewaarsku en met verwysing na die Britse kiesers genoem:”They were never consulted, they found themselves made strangers in their own country” (491). “They were now the unwanted. They now learn that a one-way privilege is to be established by an act of parliament” (499), soortgelyk aan die benadeling van blankes en die eensydige bevoordeling van swartes sedert 1994 in Suid-Afrika. In Brittanje en Wes-Europa is daar volgens Langness “the spectacle of mass-immigration … carried out against the wishes and best interests of the native citizenry” (519).

Volgens Langness is kulturele rehabilitasie in sommige Wes-Europese lande nie meer moontlik nie. “Germany, Sweden, the Netherlands, Belgium, France, and the UK are too far gone” (3003). Daarmee erken Langness eintlik dat die Westerse hart uit Wes-Europa geruk is; dat Westerse kultuur eerder, of langer, in Oos-Europa sal oorleef. Hy probeer egter moedig om optimisties te wees, mits ‘n ommekeer spoedig kom. “The transformation of society can begin with a small dedicated minority” (3164) – ‘n gideonsbende; ook in die geval van die Afrikanerdom? Dit kan/moet “metapolitical ‘meme warfare’ insluit (3184); iets waarmee Praag reeds sedert 2000 besig is. “Without such a turnaround it will be too late, and by the time my 5 year old son is my age, hugh swaths of the West will have been destroyed, or at least changed into something that can no longer be called the same” (3044).

Langness voorsien dat Amerika in nasiestate/tuislande kan opbreek. “There might be a Hispanic nation in the southwest, a nation purely for African-Americans somewhere in the south, a European-American nation somewhere else, and multiple other small states, which could choose the direction they best saw fit” (3318). “I would view such a future breakup positively, specially if it prevented worse outcomes” (3335), soos nie-blanke oorheersing. “The worst-case scenario for America is that progressivism is triumphant … America would likely devolve into an even more pronounced high-crime, low-trust society. Mass-immigration would continue, eroding the asabiya of the nation until nothing is left. Everyday life would likely be like Brazil or South Africa … there would be massive crime, massive suffering, and little-to-no way to turn things around” (3335).

Daar het ons dit: Suid-Afrika as die slegste moontlike scenario vir Amerika, “soulless darkness” (3590), en dit is geskryf voor die aankondiging van die beoogde owerheidsdiefstal van blankes se eiendom. Wat ek moeilik vind om te verstaan, is dat daar volwasse blankes met (‘n mate van) skynbare verstand is wat op die ANC se beoogde onteiening sonder vergoeding reageer deur te sê hulle moet eers oor die besonderhede ingelig word voordat hulle weet wat om daarvan te dink; maw hulle is nie op beginsel teen misdaad, by name diefstal, gekant nie. Ander sê Cyril Ramaphosa se aankondiging moet deeglik gelees word. Dan blyk dit glo dat die gevolge nie so erg gaan wees nie.

Die fatale fout wat gemaak word, is dat veronderstel word dat die ANC ‘n betroubare entiteit is, dat wat die ANC sê en wat hy doen identies is. Die ANC het bv gesê hy sou geweldpleging tydens die 1990/94-onderhandelinge opskort, maar het sy geweldpleging onverminderd voortgesit. Die ANC is ‘n hoogs immorele instansie wat homself loof as hoogs moreel maar hom in werklikheid opportunisties as nie-onderhewig aan Westerse waardes soos integriteit ag en met niks vertrou behoort te word nie; veral nie met die belange van blankes nie. Die amptelike loslating in die Suid-Afrikaanse samelewing van die beginsel van die “regmatige” toe-eiening van iets in ruil vir niks gaan die land (verder) vernietig.

The coming war in Europe

‘n Bundel met 18 van Langness se opstelle is gepubliseer en is gratis beskikbaar: The coming war in Europe: Essays on Europe’s coming destabilization and internal confrontation with Islam (St Paul: ES Linden, 2017, 153p; Amazon Kindle $0). Sy hooftema is weer massa-immigrasie. Sommige van sy statistiek en stellings mag oordrewe voorkom, maar hulle toon ‘n neiging wat voltrek word, al sou dit dalk langer duur as wat hy voorspel. Langness noem dat 30% van die Sweedse bevolking van nie-Sweedse oorsprong is (68) en dat die meeste tradisionele Swede 60+ jaar oud is, terwyl die nie-Swede meesal jonk is (75). “The Swedes will become a minority in their own country within 2041” (97). “In Sweden, ‘politically correct’ is an obsession worthy of demonic possession” (527).

“German 20-35 year-old’s will be a minority in that country by, at the latest, 2020” (113). Anders as in Frankryk, is daar in Brittanje groter verdraagsaamheid oor Moslemdrag: “:The UK police will now [2016] employ Burka-clad female officers in their ranks” (1074). David Cameron, die Britse Konserwatiewe eerste minister (2010-2016), het dit reggekry om die volgende stommiteit kwyt te raak: “It is mainstream Britain which needs to integrate more with the British Asian way of life, not the other way around” (1483). Interessant is die feit dat van Wes-Europese lande verwag word om sogenaamde vlugtelinge as immigrante te aanvaar, terwyl nie ‘n enkele van die Golfstate in die Midde-Ooste dit vir hulle mede-Moslems doen nie (486).

Langness verwys na Guillaume Faye se boek, The colonisation of Europe (2016), bv sy begrip van “ethno-masochism” wat “white self-hatred” beteken en die leerstelling van “miscegenation as Supreme Value” tot gevolg het (197). Die Moslems in Frankryk “are very well aware of the fact that they are conducting an ethnic civil war and that their goal is to aggress against the indigenous peoples” (203). Baie blanke Franse se “limitless self-hatred and ideologically-driven guilt mean that any action by immigrants, no matter how horrible, can be explained by them as being caused by white racism” (203). Die progressiewes redeneer: “Immigrants struggle only because of structural inequality and racism, they commit crimes and become terrorists because they are excluded, once they feel as though they belong they will become fully integrated” (210). Sulke redenasies word geopper ten spyte van die feit dat “terrorism is now a part of life in Europe” (1427).

Faye dink nie enige van die “oplossings” wat vir die massa-immigrasie vraagstuk voorgestel word, sal slaag nie. “They include everything from a continuation of the status quo, to the utopian notion of the successful assimilation, to peacefully co-existing parallel societies within the same nation, to the idea of paying migrants to return home (as Norway has attempted to a small extent)” (223). “Only by inserting an additional variable into it can it [the problem] be solved. To Faye, that variable is civil war” (230), dus die herowering van hulle kontinent deur die Europeërs. Burgeroorlog sal uitbreek “when there was a confluence of three events: (1) when security forces are no longer able to contain Muslim criminality and aggression; (2) when the Muslims become powerful enough that they start demanding and imposing concessions upon society and the goverment; and (3) when the economy begins to fall apart (likely under the weight of mass immigration/multiculturalism)” (256). Langness voeg by: “Surely Faye’s civil war will come at some point no matter what. By the time Muslims make up 80% of the population, can any of us imagine native Europeans living with them free and unmolested?” (282). Die tragedie is dat swart oorheersing in Suid-Afrika [“the state as evil/Goliathesque” – 1408) reeds daardie 80%-merk verbygesteek het. Die plaaslike blankes lewe sekerlik nie “free and unmolested” nie.

Viktor Orban, die eerste minister van Hongarye, het die situasie in Europa raak opgesom: “For us today, what is at stake is Europe, the lifestyle of European citizens, European values, the survival or disappearance of European nations, and more precisely formulated, their transformation beyond recognition. Today, the question is not merely in what kind of a Europe we would like to live, but whether everything we understand as Europe will exist at all” (562).

Samuel Francis het soos volg oor die situasie in Amerika geskryf, wat in verskeie opsigte aan die nuwe Suid-Afrika herinner: “What we have in this country today … is both anarchy (the failure of the state to enforce the laws), and, at the same time, tyranny – the enforcement of laws by the state for oppressive purposes; the criminalization of the law-abiding and innocent through exorbitant taxation, bureaucratic regulation, the invasion of privacy, and the engineering of social institutions, such as the family and local schools; the imposition of thought control through ‘sensitivity training’ and multiculturalist curricula, ‘hate crime’ laws, gun-control laws that punish or disarm otherwise law-abiding citizens but have no impact on violent criminals who get guns illegally, and a vast labyrinth of other measures. In a word, anarcho-tyranny” (843). Langness meen omstandighede in Europa is soortgelyk aan dié in Amerika en die aanwesigheid van “no-go zones”, waarin die owerheid, bv die polisie, dit nie kan waag nie, “is a sign of a failed state” (915).

Mathieu von Rohr kom met ‘n interessant Twitter-aanhaling vorendag: “I’m tired of living in interesting times” (613). Daar word verwys na “the White Preservation movement” (1360) en ek het voorheen gewag gemaak van die wenslikheid, eintlik noodsaaklikheid, van die herwaardering van blankes, bv hulle oor die algemeen voortreflike moraliteit en hulle ongeëwenaarde prestasies in onder meer Afrika.

Wat Afrikaners vorentoe meer as ooit nodig het, is sisu. “Sisu is a Finnish word that cannot be translated metaphrastically into the English language, loosely translated to mean stoic determination, grit, bravery, guts, resilience, perseverance and hardiness, expressing the historic self-identified Finnish national character” (2072). Dit is die teenoorgestelde van sommige blankes wat “ethno-suicidalists” is (1565), dus wat met hulle gedrag die ondergang van hulle etniese groep bevorder. Wat ons as blankes moet begeer, is “eucatastrophe” wat die teenoorgestelde van “catastrophe”, soos die nuwe Suid-Afrika, is (2086).

In sy 10de opstel slaan Langness ‘n ietwat ander blaadjie om en skryf hy oor JK Rowling se Harry Potter-boeke.

JK Rowling

J.K. Rowling

JK Rowling (gebore in 1965) is ‘n Britse skryfster wat onder die skuilnaam Robert Galbraith ook misdaadromans skryf. Onder haar eie naam het sy wêreldwye bekendheid met die reeks van sewe Harry Potter-kinderboeke (1997-2007, 4195p) verwerf. Die eerste Potter-boek is deur 12 uitgewers verwerp voordat Bloomsbury ingewillig het om ‘n klein oplaag te druk. Deesdae is Rowling skatryk met reuse, luukse huise in Skotland en Engeland. Die vraag kan gestel word: Waaraan dank die Potter-boeke hulle gewildheid? Die antwoord is: Deels aan politieke byderwetsheid.

Die fantasie-element in die Potter-boeke kan in ‘n mate teruggelei word na die werke van JRR Tolkien. ‘n Deurlopende invloed op Rowling is Jessica (Decca) (1917-1996), die kommunistiese vyfde Mitford-suster, die rooi skaap in die familie. Die ander vyf Mitford-susters (Nancy, Pamela, Diana, Unity en Deborah) het nie kommunistiese neigings gehad nie; in twee gevalle (Diana en Unity) eerder simpatie met fascisme. Oor Rowling se linkse politiek is daar geen twyfel nie. Sy is ‘n ondersteuner van die Britse Arbeidersparty en die Amerikaanse Demokratiese Party. Sy is teen Skotse politieke onafhanklikheid gekant en ook teen Brexit.

Oor die Potter-boeke skryf Langness: “It proved impossible to miss their blatantly purposeful reflection of Progressive SJW-orthodoxy” (1040). SJW: Social Justice Warrior. “It was abundantly clear for all who read the books that JK Rowling wanted them to reflect the ‘progress’ of multicultural Britain that she and her ilk were so proud of, as well as serve as a warning to impressionable yound children of the evils that come from focusing on race/tribe/heritage/culture. In this regard they sought to serve as the perfect artistic metaphor or mascot for late 20th century liberal humanism … in the United Kingdom’s drive to banish all vestiges of racism, traditionalism, fascism, and homogeneity from its society during those years, its government and intelligentsia created horrors far surpassing the fictitious ones that Rowling portrayed in her books” (1052).

“Through their blind and unquestioning devotion to the religion of ‘multiculturalism’ and ‘diversity’, Rowling’s contemporaries in the UK government and media have ushered in a society more frightening than anything she wrote about in her books. This is the horrible and tragic irony of JK Rowling’s great success. Only time will tell if the people of the UK realize what has happened, and reject this real-life dark wizardry. In the world of Harry Potter, it took seven long books for evil to be defeated. Does the UK have that much time?” (1095). Langness het hierdie vraag al in 2016 gestel.

Dit is algemeen bekend dat die Potter-boeke oor bv toordery en heksery handel. Maar Rowling spreek ook haar seën uit oor bv multikulturaliteit, veelrassigheid, rasvermenging, homoseksualiteit, feminisme en internasionalisme. Dit blyk dat sy gekant is teen die uitoefening van gesag, slawerny, ras- en kulturele meerderwaardigheid, rassisme, onderdrukking, ens. Sy het beweer dat sy geen beswaar teen massa-immigrasie het nie; dat Brittanje sy grense moet oopstel en meer immigrante/”vlugtelinge” moet inneem. Sy het spesifiek teen Donald Trump se immigrasiebeleid uitgevaar. In 2017 is Rowling deur skeptici uitgedaag om van hierdie inkommers in haar ruim wonings te huisves. Daar is glo 18 ekstra kamers in haar huis in Londen beskikbaar en baie ruimte vir die oprigting van skuilings vir vlugtelinge op haar landgoed. ‘n Versoekskrif met meer as 50 000 handtekeninge is opgestel. Daar word steeds op Rowling se instemmende antwoord gewag. Sy predik oorverligte idees maar is nie bereid om op te offer en self ‘n voorbeeld te stel nie. Dit is ander mense wat die “vlugtelinge” moet koester.