Suid-Afrika en dr. H.F. Verwoerd

Voor 1953 was daar kerkskole, sendingskole, wat deur die buiteland gesubsidieer was tot en met 1953. Toe Verwoerd daar oorneem, is daar ‘n klomp dinge wat hy laat ondersoek het. Dis eers van 1954 af wat die staat van die Sendingskole en kerkskole oorgeneem het. Daar was baie geweld in die skole, wat ek ook hier sal aanhaal.

Hoekom het die swart etniese groepe nie vir ‘n slag hul eie onderwysers ook voorsien om in hul eie moedertaal onderrig te verskaf nie – antwoorde wat ons nie sal kry nie, want as mens kyk hoe steek hulle vandag skole aan die brand, in hul eie gemeenskappe, dan wonder mens waar is hul leiers, veral in Trustgebiede…

Verwoerd het daarom geen bedreiging in goed opgevoede en geletterde swartmense gesien nie, maar dit as ʼn noodsaaklike voorwaarde vir vreedsame naasbestaan beskou dat ongeletterdheid uitgewis en die ontwikkeling van die swart volke bewerkstellig moet word. Hoe anders sal onderhandelinge in die toekoms oor verskeie sake wat beide groepe raak, kan plaasvind as dit nie kan geskied met leiers van die swart gemeenskap wat geletterd en opgelei is nie? (Van de Wall 2001:166).

In sy toespraak voor die Naturelle Verteenwoordigende Raad op 5 Desember 1950 was Verwoerd se gedagtegang helder en het hy die vaste oortuiging uitgespreek dat swart leiers graag hulle eie mense sal wil help op die pad van vrede en voorspoed.

“… Hy [die huidige leier van die Bantoebevolking] kan help om aan die kinders en geleerdes van sy volk ʼn kans te gee om werk te vind of hul ambisies uit te lewe ten volle binne eie terrein” (Pelzer 1963:25). Die knelpunt was, by terugskoue, die aanname dat swartmense tevrede sou wees om daardie ideaal na te streef in ʼn omskrewe grondgebied of die tuislande (Giliomee 2009:193).

Verwoerd is nooit die geleentheid gegun om aan die intellektuele begronding van sy toekomsvisie gevolg te gee onder omstandighede waarin die algemene peil van ontwikkeling van die swart
bevolking daardie leiers opgelewer het wat tot die toekomsgesprek oor vreedsame naasbestaan kon of wou toetree nie. Die studie van die ontplooiing van onderwysvoorsiening aan swart kinders deur
die Departement van Bantoe-Onderwys het gevolglik net veertien jaar gestalte gevind binne die intellektuele dampkring van Verwoerd se leierskap. Die volle ontplooiing van die gevolge van die beleid van afsonderlike ontwikkeling, soos Dr Verwoerd dit intellektueel bedink, gerasionaliseer en stapsgewys verduidelik het, is skielik onderbreek toe hy in 1966 in ʼn sluipmoordaanval vermoor is.

Na 1966 het die leiersprofiel en beginselbenadering tot die beleid van afsonderlike volksontwikkeling anders ontplooi as wat Dr Verwoerd dit bedink en gemotiveer het. Uiteindelik was daar ʼn meer kwellende realiteit met betrekking tot onderwys aan swart kinders in 1950 wat die aandag van Verwoerd geniet het – skoolbywoning. Die probleme waarmee swart onderwys te kampe gehad het, was kompleks.

Hyslop (1993:394) verwys na die “state of near
collapse” teen 1940 van die sendingskoolbedeling vir onderwys aan swart kinders. Daar was nooit voorheen in die geskiedenis van Suid-Afrika ʼn organiese of funksionele eenheid ten aansien van die beplanning, bestuur of implementering van onderwys aan swart kinders nie. Onderwys aan
swart kinders het sonder betekenisvolle inspraak en medeverantwoordelikheid van swart ouers as ʼn gemeenskap op plaaslike en nasionale vlak plaasgevind. Die aantal swart kinders tussen die ouderdom 7 en 16 jaar wat wel skool toe gegaan het, het van 4,1 persent in 1925 toegeneem tot 41 persent in 1953. Die gemiddelde aantal skooljare van daardie kinders was maar vier jaar. Teen 1949 was daar maar net 4 702 swart leerlinge in standerd agt in die hele Unie en net 471 in matriek.

Vir elke 1 000 swart kinders in graad een in die Unie in 1949, was daar net 32 in standerd twee en 10 in standerd agt. Hoewel die helfte van alle skoolgaande swart kinders in die sub-standerds was, het slegs 10 persent van die leerlinge in die sub-standerds standerd twee bereik, net ʼn halwe
persent het die Junior Sertifikaat bereik en ʼn baie klein getal matriek (Pelzer 1963:61). Hierdie hoë uitvalsyfer was ʼn besondere bron van kommer en het as motivering gedien om ʼn omvattende onderwys- en ontwikkelingsplan vir swartmense te ontwikkel. Van enige sistematiese
kleuteronderrig in kleuterskole was daar nie sprake nie en sekondêre skole het ʼn ernstige gebrek aan dissipline ondervind. In 1947 was daar onrus by beide die Lovedale Mission School en Heraldtown Mission School – twee vooraanstaande sendingskole vir swart kinders. Dit is deur die Eiselen-kommissie vertolk as die geleidelike verswakking van die sendingskoolstelsel (UG 53-1951 (Eiselen) 1951:132-135). Die sendinggenootskappe het tevore die verantwoordelikheid vir die oprigting van sekondêre skole asook opleidingskolleges vir onderwysers op hulle geneem.

Die verswakking van die dissipline en finansiële vermoë van die sendinggenootskappe het ʼn vakuum laat ontstaan wat deur die toekomstige beplanning ondervang moes word.

HOLISME, INSPRAAK EN BEMAGTIGING: ONDERWYS AAN SWART KINDERS NA 1950

Die Wet op Bantoe-onderwys, Wet Nr. 47 van 1953 was een van ʼn reeks opeenvolgende wette wat, soos De Kiewiet dit stel, ʼn eerlike en opregte opvatting was dat die hele korpus wetgewing met betrekking tot die bestuur van die swart mense in Suid-Afrika sedert 1920 ʼn wesenlike bydrae
sou lewer tot die verbetering van die lewenskwaliteit van daardie mense (De Kiewiet 1942:235).

In sy verklaring oor die Bantoe-onderwysbeleid in die Senaat op 7 Junie 1954 het Verwoerd gesê

“… die omvattende plan om aan die Bantoe ʼn opvoeding te verskaf wat nie op die belange van die enkeling konsentreer nie maar wat die vooruitgang van die Bantoe gemeenskap ten doel het” en dat “die doelstelling daarvan is om ʼn doeltreffende opboudiens te lewer”.

Bantoe-onderwys moes nie slegs enkelinge bevoordeel soos wat die geval onder die sendingskole was nie, maar “strek tot die opbou van die Bantoe-gemeenskap as sodanig” (Pelzer 1963:60).

Bantoe-onderwys is gereorganiseer onder die jurisdiksie van die nasionale Departement van Naturellesake en het ʼn geleentheid geskep om aan ʼn eenvormige nasionale Bantoe-ontwikkelingsbeleid gestalte te gee. Op streeksvlak het die leiers van die swart gemeenskap die geleentheid gekry om self verantwoordelikheid vir die bestuur daarvan te aanvaar, omdat Verwoerd juis die swart leierskorps wou betrek by die onderwys van hulle gemeenskappe. Die plaaslike bestuur van Bantoe-onderwys sou die swart leiers leer om die diens wat voorheen deur sendelinge gelewer is, nou self vir “die gemeenskap as geheel te verrig”. Bantoe-onderwys moes aan die swart leerling die “kennis, vaardighede en gesindhede” oordra wat vir hom “nuttig en bevorderlik is” en wat “tegelykertyd sy gemeenskap tot voordeel strek”. Die skoolopleiding moes swart leerlinge ook “toerus vir die eise wat die ekonomiese lewe in Suid-Afrika aan hom stel” (Pelzer 1963:68). Daar was groot ontevredenheid dat net 40 persent van skoolpligtige swart kinders inderdaad staats- en staatsondersteunde skole besoek het. Die nuwe onderwysbedeling moes swart leiers vorm en help
om “… sy eie gemeenskap in alle opsigte te bedien” (Pelzer 1963:77).

Die nuwe onderwysbedeling het in Januarie 1954 in werking getree. ʼn Afdeling Bantoeonderwys is in die Departement van Naturellesake gevestig en alle voormalige provinsiale en sendingskooladministrasie is daarheen oorgeplaas. ʼn Totaal van 5 665 staatsondersteunde skole vir swart kinders en 600 Transvaalse gemeenskapskole is na die Afdeling oorgeplaas. Ten einde die nuwe beleid regoor die Unie te implementeer, maar spesifiek gevolg te gee aan die oorkoepelende oogmerk van gemeenskapsontwikkeling, is die land in ses geografiese streke
verdeel met ʼn relatief dominante of meer homogene etnografiese samestelling. Elke streek is onder die bestuur van ʼn direkteur geplaas en verder in inspektorate onderverdeel. ʼn Blanke persoon is aanvanklik aangestel as inspekteur van skole, maar is bygestaan deur swart onderinspekteurs en toesighouers. Die hoofkantore van elk van die ses streke was Pretoria, Pietersburg, Pietermaritzburg, Bloemfontein, King Williamstown en Umtata. Voorsiening is gemaak vir vyf
kategorieë van swart skole, naamlik gemeenskapskole (kerke se skole wat aan die staat oorgedra is); staatskole vir Bantoes (skole, kolleges, tegniese- en nywerheidskole gevestig op staatseiendom), plaasskole (opgerig deur plaaseienaars vir die kinders van werknemers), myn- en fabriekskole
(opgerig vir bona fide werknemers van sekere myne en/of nywerhede) en sogenaamde “ingelyste” skole (skole waarvan die bestuur en administrasie aan spesifieke organisasies toevertrou is).

Ongeag die kategorie waarin ʼn skool was, moes die voorgeskrewe leerplanne van die Afdeling Bantoe-onderwys onderrig word. Die streekkantore se werksaamhede was toegespits op die behoeftes van bepaalde taal- en etniese groepe. Pietersburg was vir die Noord-Sotho, die Venda en Tsonga-taalgroepe; vir die Tswanasprekers, maar ook ander swart kinders in die omgewing van Pretoria en aan die Witwatersrand; Bloemfontein vir die Suid-Sotho- en Tswana-taalgroepe; die Natalse streekkantoor in Pietermaritzburg vir die Zoeloesprekendes en die Umtata-kantoor vir die Xhosa-taalgroep in die Transkei en die res van die Xhosa-groeperinge vanuit die streekkantoor in King Williamstown (Behr & Macmillan 1966:351-356). Swart amptenare in die hoof- en streekkantore het geleidelik verantwoordelikhede by wit amptenare oorgeneem namate
die kundigheid en ervaring van die swart amptenare dit moontlik gemaak het. Die uitgangspunt was duidelik: die swart gemeenskap moes gelei word om die taak self te volvoer.

In 1958 is die Afdeling Bantoe-onderwys omskep in ʼn volwaardige staatsdepartement, die Departement van Bantoe Onderwys (DBO). Die sentrale staatsdepartement is versterk met gedesentraliseerde beheer om direkte beheer nader aan die gemeenskappe te bring. In elk van die
volgende gebiede is streekkantore opgerig: Noord-Transvaal, Suid-Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal, die Ciskei en die Transkei. Elke streek het ʼn streeksdirekteur aan die hoof gehad, wat weer ʼn span onderwysinspekteurs en -adviseurs onder sy toesig gehad het. Dit was op hierdie vlak dat die betrokke swart gemeenskappe by die onderwys van hulle kinders betrek is. Daar is skoolrade en skoolkomitees op die been gebring, asook beheerrade, adviesrade en bestuurders van plaas-,
myn- en ongesubsidieerde skole. Die skoolrade en -komitees het gemeenskapskole bestuur, beheerrade was verantwoordelik vir spesiale skole en adviesrade vir die staat se swart skole. Die omvattende netwerk van administrasie en toesig het swart gemeenskappe geleidelik ingelei in die vestiging van ʼn kultuur van medeverantwoordelikheid vir die onderwys van hulle kinders. Swart ouers en leiers is betrek by die besluitneming op die laagste en streeksvlakke en het uiteindelik gelei tot die aanstelling van meer senior adviseurs en inspekteurs. Van totale apatie en onverbondenheid tot swart onderwys het die werksaamhede van die DBO geleidelik ʼn korps ervare swart onderwysers en amptenare opgelei wat later self verantwoordelikheid vir beleid en bestuur kon oorneem (DBO Jaarverslag 1961:3-5).

Die omvattende administratiewe en bestuurstruktuur is stadig maar seker beloon met groei in die skoolbywoning. Soos in Tabel 1 hieronder aangedui is, is sterk groei in skoolbywoning tussen 1950 en 1968, die eerste vyftien jaar van algemene swart onderwys, aangeteken. Die syfer vir skoolbesoek van swart leerlinge in die laer primêre skoolfase (d.w.s. leerlinge in die eerste twee skooljare, standerd een, twee en drie) het tussen 1950 en 1968 met 62,3 persent toegeneem. Tussen 1953 en 1968, dit wil sê gedurende die eerste vyftien jaar van toegespitste Bantoe-onderwys, het skoolbywoning in die laer primêre fase met 59,6 persent toegeneem. In die hoër primêre skoolfase (d.w.s. standerd vier tot standerd ses) het skoolbywoning tussen 1950 en 1968 met 65,2 persent toegeneem, terwyl die koers van toename sedert 1953 56,6 persent was. Die skoolbywoning vir sekondêre skole was uit die staanspoor laag. Skoolbywoning in hierdie skoolfase het tussen 1950
en 1968 met 71,6 persent toegeneem, maar tussen 1953 en 1968 met 67,8 persent. Die belangrikste syfer is egter die persentasie leerlinge in die sekondêre skoolfase as ʼn deel van die groottotaal. Slegs in twee jare, naamlik in 1955/56 en in 1968 het meer as 4 persent van die totale aantal kinders op skool hulle in die sekondêre fase bevind. Die toename in totale skoolbesoek oor al drie die kategorieë vermeld, het tussen 1950 en 1963 met 63,4 persent toegeneem en met 57,3 persent tussen 1953 en
1968.

ONWAAR DAT DR H VERWOERD WISKUNDE NIE IN SWART SKOLE TOEGELAAT HET NIE:

WISKUNDE WAS WEL ‘N VAK IN DIE SWART SKOLE … :

Die ondersoeke wat Verwoerd en andere gedoen het, het ook gewys dat hierdie Sending en kerkskole teen mekaar gekompeteer het … en van die oorsese mense wou nie meer die spesifieke skole subsidieer nie, die staat het destyds wel die salarisse van die onderwysers in die skole betaal. Van hierdie skole is sommer summier gestop sonder dat daardie kinders êrens anders geakkommodeer was, en dit was beslis nie Verwoerd se skuld nie. Nog minder myne of ons jeug s’n wat hoeveel jaar daarna gebore is. Net soos wat daar vandag myne gesluit word omdat swartes alles afbrand, het dit destyds ook in skole gebeur, hoe hulle afgebrand het, en Sharpeville was beslis nie die eerste gewees nie.

Die Wet op Bantoe-onderwys met die gepaardgaande oorname van kerkskole het ‘n geweldige negatiewe reaksie van die Anglikaanse biskoppe (Clayton, Alderson en Reeves) sowel as die RoomsKatolieke aartsbiskop (Dennis Hurley) uitgelok. Hul invloedsfeer is drasties ingekort. Die Anglikaanse Kerk (St. Peter’s) in Soweto het hul skool summier gesluit sonder dat daar ‘n heenkome vir die leerlinge was.

Dr. Verwoerd het sy beleid oor Swart Onderwys op 7 Junie 1954 in die Senaat breedvoerig verduidelik. Hy het sy standpunt herhaal dat Swart mense gelei moet word om hul eie mense te dien in plaas van hul hoop daarop te vestig om in die blanke gemeenskapslewe opgeneem te word.

Sy woorde “daar is vir hom bokant die peil van sekere vorms van arbeid nie plek in die blanke gemeenskap nie”, is onmiddellik verdraai om aan te dui dat hy die oorgrote meerderheid van die bevolking wil verkneg.

Nog ‘n sinsnede wat selfs vandag nog buite verband aangehaal word om sodoende te bewys dat dr. Verwoerd ‘n voorstander van minderwaardige onderwys vir Swart mense was, kom uit sy toespraak by die tweede lesing van die wetsontwerp in die Volksraad op 17 September 1953:

“Wat help dit om Matesis te leer aan ‘n Bantoekind wat dit nie prakties kan gebruik nie?”.

Die feit is dat Wiskunde wel ‘n skoolvak in Swart skole was
en die woorde van Verwoerd glad nie impliseer het dat dit nie
aangebied sou word nie.

Dit word verswyg dat dr. Verwoerd ook gesê het dat daar vir die Swartman geen plafon sal wees nie. Hy het sy erns hiermee verwoord in Wet no. 45 van 1959 waarin eie universiteite vir elke bevolkingsgroep in die vooruitsig gestel is. Dit was ‘n voortvloeisel van die Eiselen-kommissie wat bevind het dat bestaande universiteite min bydrae gelewer het tot die akademiese opheffing van die Swartes.

Vyf nuwe universiteite is deur die regering tot stand gebring
en dit moontlik gemaak vir die Swart studente om gevorderde
akademiese kwalifikasies in hul tuislande te verwerf.

Hy het bewys dat dit vir hom erns is deur Wet no. 45 van 1959 waarin die beginsel van eie universiteite vir elke volk of bevolkingsgroep in Suid-Afrika beliggaam is.

* Dit is duidelik uit bostaande uiteensetting van Rousseau dat die werklikheid en die propaganda wat die Afrikaner nasionalis in die beskuldigde bank plaas en daar probeer hou, hemelsbreed verskil en bewys dat die propaganda ‘n leuen verteenwoordig. Dit is ooglopend dat dr. Verwoerd uit sy pad uit gegaan het om die swart onderwys wat deur die liberaliste van die onderskeie Engelse kerke bedryf was uit die modder te lig en te omskep in ‘n menswaardige onderwysstelsel. Dit bevestig ook dat die Swart skoolkinders van Soweto deur rewolusionêre agitators gebruik is om ‘n politiekte standpunt te bevorder onder die dekmantel van Afrikaans as onderrigtaal in die skole. Net so is dieselfde agitators verantwoordelik vir die vernietiging van menige skoolgeboue en die agterstand wat die skoliere weens hierdie aksies opgebou het. Gemeet aan die standaard van die huidige onderwysstelsel is dit te betwyfel of die ANC/SAKP regime dieselfde vordering as Verwoerd sou kon maak as hul die onderwysstelsel van die Engelse kerke geërf het. http://www.anbsa.co.za/wp-content/uploads/2015/03/NB51a.pdf

Dit is nodig om die sluiting van die kerkskole in perspektief te sien. Die staat het 100 persent van die salaris van goedgekeurde onderwysers verbonde aan hierdie inrigtings betaal. Min regerings in die wêreld sou voortgaan om subsidies van hierdie aard te betaal indien die betrokke skole nie breedweg met die onderwys beleid van die regering saamstem nie. Eweneens sal min regerings `n voortsetting toelaat van die voor-1954 toestand dat private instellings die opleiding van onderwysers vir swart skole behartig.

AFRIKAANS moes nooit in swart skole geleer word nie, maar moedertaal, so het dr Verwoerd ook bepleit. Swartes moes liefs na hul eie skole en onderrig omgesien het, dan was alles 100% reg…

..

Daar was ook die kwessies van moedertaalonderrig en Afrikaans as voertaal wat kritiek ontlok het. Tussen 1954 en 1966 het die amptenare in die departement die aanwending van Afrikaans as voertaal in swart skole met omsigtigheid gehanteer.

Die Departement van Bantoe-onderwys het skoolrade van swart skole oor die hele land gevra watter medium op sekondêre vlak
gebruik moet word. Twee-derdes het Afrikaans en Engels verkies, een-derde Engels en een persent die moedertaal.

Die departement het die moedertaal as voertaal gebruik tot voor sekondêre skool en daarna Engels en Afrikaans, maar het tot die laat sestigerjare nie aangedring op Afrikaans as voertaal in die Transkei, Natal en dele van die Witwatersand waar onderwysers nie in Afrikaans vaardig was nie

Anthony Johnson kontrasteer die voertaalbeleid tussen 1954-1976 en 1976-1994 soos volg. Tussen 1954 en 1976 het `n swart kind ag jaar van moedertaal onderrrig gehad om sy kognitiewe vermoëns in sy eie taal te ontwikkel en om ‘n tweede en derde taal onder die knie te kry sodat hy dan na Engels of Afrikaans as voertaal kan oorskakel. Na die Soweto-opstand in 1976 is die beleid radikaal verander. Die kind moes nou na vier jaar van moedertaal onderrig oorskakel na Engels.

.Die slaagkoers onder swart matrikulante was 74% in 1979 en het geval tot 48% in 1982 en 35%-40% in die laat negentigerjare

…

In 2008 het Mamphela Ramphele, ` n vooormalige rektor van die Universiteit van Kaapstad, en Wendy Luhabe, `n sakeleier, verklaar dat “Bantu education served them better than the some township schools do today’s children” https://mg.co.za/article/2012-03-23-education-system-worse-than-under-apartheid-ramphele

—Catryn Bosman

Suidpunt: Vergeetwoorde of zombiewoorde?

Stel jou voor jy moet 600 jaar se Afrikaans/Nederlands inhaal net om ‘n eenvoudige sin te skryf.

So iets is niks snaaks vir die Latynstudent nie, want die kultuurtaal rondom Rome het sonder ‘n woordeboek so drasties verander dat mens ‘n kernwoordeskat van 2 400 woorde moet opbou, terwyl jou moderne tale maar 1 300 woorde vereis om ‘n stukkie teks te kan lees (altans,  ‘n antwoord by Quora.com). Die Lexis Latina (1985) wat aan Suid-Afrikaanse universiteite destyds voorgeskryf is, is weer geskoei op The Frequency of Latin words and their endings (1939) deur P.B. Diederich. Uit die werk van 145 skrywers van Klassieke Latyn het Diederich die woorde met die hoogste frekwensie gekies en ‘n kernwoordeskat van 1 471 woorde saamgestel (volgens hom beslaan dit omtrent 83,6 persent van al die woorde wat in hierdie Latynse letterkunde bestaan). Die res van die woordbedenksels is Nieulatyn, wat deur akademici dwarsdeur die eeue aan verskillende universiteite en leerinstellings bedink is. Maar soos ek verneem is die Thesaurus Linguae Latinae, wat woorde voor 600 n.C. versamel, nog lank nie klaar nie. En hierdie projek is al sedert 1899 aan die gang.

Latynstudente kan in Nieulatyn sonder probleme woorde uit verskillende eeue met mekaar afwissel, terwyl jou moderne lewende tale baie gevoelig is wanneer ‘n woord, uitdrukking of frase argaïes of verouderd daar uitsien.

Maar wat sou gebeur as ons 600 jaar se Afrikaans/Nederlandse woordeskat heeltemal ontsluit en gebruik? Die skuurdeure van die hele kollektiewe onbewuste van taal oopsluit? Dit wil sê, voortdurend ou vergeetwoorde en uitdrukkings opdiep, opgrawe, afstof en op die blinkgepoleerde embuiatafel uitstal? En wat as, wat as hierdie woorde skielik hul eie lewe weer kry?

Aanloop

Ek het twee Furry-boeke in een maand klaargelees: reWritten (2017) en Imperium Lupi (2017). Suidpunt, wat besiel jou? Literêre navorsing? Dít ook. Maar daar moet ‘n ander rede wees waarom ek by forum.furbase.de/ aangesluit het. O, ja – omdat ek die Weltgemeinschaft wil skud – ons is nog hier. En niemand, juis in hierdie marginale groepe (dikwels diegene wat soos verstotelinge of uitgeworpenes voel), is so geskok as ‘n behoudende Afrikaner hul boeke lees en in sy eie taal bespreek en resenseer nie. Hoe kan dit dan? Maar as selfbenoemde afgevaardigde van die Afrikaner, bedien ek my van ‘n luisterryke hoeveelheid leesstof.

Met betrekking tot hierdie artikel het ek my egter hoofsaaklik toegespits op die taalgebruik.

reWritten het my in vele opsigte herinner aan ‘n onderhoud met Hennie Aucamp (Gesprekke met Skrywers 1, 1971, pp. 8; 4-5). Ek haal aan:

J.P. Smuts: In jou Standpunte-artikel skryf jy positief oor die eerstepersoonsvertellingshoek in die kortverhaal. Reken jy nie dat daar ook gevare in die ek-vertelling skuil nie?

Hennie Aucamp: Die ek-vertelling het ‘n hele reeks valstrikke. As die skrywer nie versigtig is nie, kan die ‘ek’ die grense van sy wêreld oorskry en die werklikheidsillusie van die hele verhaal saboteer. ‘n Kindverteller moet bv. ‘n kind blý, kindertaal praat en nie grootmensinsigte aan die verhaal opdring nie.

[…]

J.P. Smuts: Van Wyk Louw verwys op ‘n plek na aanvaarbare taalgebruik in die prosawerk. Hy noem deursigtige prosa waarin alleen die mededeling opval en nie die medium self nie, en prosa waarin ‘n mens net so bewus is van die taal as van die mededeling. Wat is jou standpunt omtrent taalgebruik in jou eie werk?

Hennie Aucamp: Van dr. Con de Villiers het ek omtrent taalgebruik geleer: eenvoudig is nog nie eenvoudig genoeg nie. Ek wil dié kosbare raad ‘n klein bietjie anders inklee: skryf so eenvoudig as wat die taalsituasie jou dit toelaat. Want ‘moeilike’ taal is soms literêre noodsaak. Wanneer die held van ‘n roman ‘n intellektueel is, sê bv. ‘n professor, gaan hy in terme van sý bepaalde wêreld dink en redeneer. Dit sou artistieke bedrog wees om sy taal af te stem of te vereenvoudig net om die leser tegemoet te kom. Of sê ‘n skrywer wil ‘n barokke wêreld oproep, of ‘n hiper-gekultiveerde salonsfeer, dan moet sy taal mos rekening hou met sy bedoeling. En die tekens is daar dat die Afrikaanse letterkunde nie altyd ‘n “opelug-letterkunde” gaan bly nie. Nee, eenvoudige taal is nie altyd moontlik nie, maar helder denke, dit behoort taalgebruik te alle tye te rig. Selfs wanneer die lewe vanuit die gees en gemoed van ‘n versteurde mens benader word, moet daar beplanning wees, beplande wanorde.

Ek sien ‘n duidelike ooreenkoms, al is dit miskien onbewustelik.

In reWritten kry ons te make met ‘n vermenslikte jakkals (nie ‘n vos nie, ‘n egte Suid-Afrikaanse swartrugjakkals), die hooffokalisator, hoofkarakter en eerstepersoonsverteller, genaamd Professor Van Elsburg. Sy taalgebruik (in die Engels) is oor die algemeen redelik eenvoudig, totdat hy te doene kry met kunsmatige intelligensie. Hierdie rekenaar praat hogere en kille Engels, maar lig die hoofkarakter in presies wat die afgelope honderde jare gebeur het (totdat die mensdom verdwyn het). Jy sou nie die duidelike onderskeid opgemerk het as Professor Makwassie van Elsburg van die begin af buitengewone hogere Engels gebesig het nie. Soms verlaat die Professor (afgesien van sy “hooggeleerdheid”) hom op BASIC-English, en dis goed te verstane, aangesien teen die tweede helfte van die boek hy ‘n skokkende ontdekking maak wat sy hele lewensuitkyk verander en hom in ‘n eksistensialistiese put van wanhoop dompel. Hy kan nie sy verstandelike vermoëns oorskry nie, want hy is niks anders nie as ‘n [bestel nou die roman en vind self uit].

Om hierdie rede was die taalgebruik goed gekies.

Terloops, op Goodreads stuur die skrywer sy groete aan al ons PRAAG-lesers:

Baie dankie vir jou mooi woorde! Dit was nogals ‘n verassing om ‘n Afrikaanse resensie van reWritten te vind! Ek is Afrikaanssprekend, maar die mark vir sulke tipe boeke is reeds so klein dat mens maar probeer om vir die grootste mark (VSA) te skryf. Jy / julle moet bietjie kontak maak. Dalk vir ons kom kuier by ons volgende Furry Convention 😉

En op Twitter, die volgende plasing:

En ook die betrokke PRAAG-artikel is gedeel op sy Twitter-voer:

Bogenoemde is ‘n amikaal ligte snoetstampie of neusiesvryf (Furriaans: ‘nose boop’) in vrede: ons het amptelik kennis gemaak.

Die volgende boek wat ek onder oë kry is die Furry-cum-Steampunk-cum-Romeinse verhaal genaamd Imperium Lupi. Hierdie boek het ek ook geniet met F-777 se elektroklassieke Dance of the Violins in my ore. ‘n Lywige boek wat in sy sagteband omtrent 726 bladsye dik is, op Google Play omtrent 1 776 bladsye beslaan. Hier kry ons met die derdepersoonsverteller te doen, wat duidelik meer speling het. Wanneer die karakters by die Hoofkwartiere werksaam is, blyk die taalgebruik van die verteller allermins eenvoudig. Die verteller dryf, deur die afwisseling tussen die hogere en lae woorde, openlik die spot met die karakters. Sodra ons by ‘n vinnige aksietoneel kom, is die taalgebruik opmerklik weer eenvoudig. Die hogere en oude Engels breek heeltemal met alle vereenvoudingsreëls wat Aucamp hierbo noem, vol geleentheidswoorde wat uit verskillende eeue van die taal dateer. Uit my internetgeskiedenis het ek die volgende woorde gaan naslaan by etymonline.net:

betwixt, flotsam, deign, dolt, fistula, moniker, dearth, svelte, conciliatory, gruel, pugnacious, wry, callow (vergelyk “kaal” (soos pasuitgebroeide kuiken), maar nou wel met die betekenis “onervare”), breeches (vergelyk “broek”), ruse, gaunt, infirmary, trepidation, putrid (heart), countenance (support), gusto, traipsing, surreptitious, churn (vergelyk “karring” / NL: “karn”), ignominy, dapper (“netjies”, “smaakvol”), “cosseted in opulence”, flummoxed, scalded, decrepit, covetous, placid, “It appears […] we’re conjoined at the hip by our mutual need”, provisos, revere, “pugnacious staring match”, capacious, defected (oorgeloop na ander party, land, gebruike), “winner of the Quin Medal and all round good egg”, clomped [ens.].

Asook my gunstelingsinne:

“Janoah sat in the waiting room nursing an ember and staring at the single basic imperium lamp flickering overhead, her posterior mortified by the uncomfortably thin seat cushion. ALPHA wasn’t one for creature comforts. […] Set up after the war to guard against the very extravagance and corruption that had sparked the conflagration in the first place, they could not be seen as hypocrites. Still, Janoah thought, would it kill them to hire a tea-boy?”

Let asseblief op dat hierdie boek vir ontspanning geskryf is. Sal jy ooit so iets in Afrikaans durf waag?

Vervlakking met opset?

Ek vra ‘n Franssprekende kollega van my by die Afrikaanse Wikipedia (wat in Noord-Ierland bly en vlot Afrikaans skryf)  of die Franse iets soortgelyks doen as die Engelse. Gebruik die Franse nog Oudfranse/ou Franse woordeskat? Mais bien sûr! kom die antwoord:

Volgens sommige taalkundiges is argaïsmes onlosmaaklik verbonde met dialektismes aangesien dialekte die neiging het om die historiese woordeskat te bewaar. Ek stem saam.

Daar is ‘n aantal uitstekende publikasies soos Rudolf Zimmer se Aspekte der Sprachkomik im Französischen: Studien zur Sprache des Humoristen Alphonse Allais, 1854-1905. Zimmer definieer argaïsmes volgens die terminologie van die Noorse taalkundige Leiv Flydal as «tydelike ekstrastrukturalismes» (naas ruimtelike en sosiale ekstrastrukturalismes) en beskryf hulle gebruik ter wille van ‘n bepaalde effek wat die spreker/skrywer graag wil bereik. So het argaïsmes hul vaste plek in die kerk- en regstaal. In Zimmer se publikasie word die humoristiese effek ondersoek wat bereik word as argaïese woordvorme of verhewe terme met die gewone volkstaal vermeng/gekombineer word. ‘n Voorbeeld is naguère wat as sinoniem vir l’autre jour gebruik word.

Die gebruik van tydsvorme in geskrewe Frans (en Italiaans) verskil merkbaar van die gesproke omgangstaal.

Die woordeskat van Frans en Italiaans (as volkstaal) kan aangevul word deur ontlenings uit Latyn – vergelyk die Franse œil/yeux en oculaire (afgelei van die Latynse oculus). Hierdie ontlenings mag in ‘n sekere sin as argaïsmes gedefinieer word.

Die stigting van Franse kolonies in Noord-Amerika het ‘n tweede Franse taalgebied laat ontstaan wat baie kenmerke van 17de eeuse Frans bewaar het – sowel in sy uitspraak asook sy woordeskat. So hoor ons in Kanada nog die Frans wat die Sonkoning gepraat het! ‘n Soortgelyke studieveld is Kreooltale wat op Frans baseer.

Sommige taalkundiges sal terme wat tot die skryftaal beperk bly as argaïsmes definieer (soos décéder in plaas van mourir – alhoewel daar ook subtiele betekenisverskille is tussen décéder en mourir: sien gerus Office québécoise de la langue française: Décéder et mourir).

Heksagonale Frans het enkele Keltiese telwoorde bewaar – soos soixante-dix, quatre-vingt en quatre-vingt-dix teenoor septante, huitante, nonante (in Franssprekende Switserland en Québéc). Nie noodsaaklik ‘n argaïsme nie, maar twee verskillende tradisies wat uit Gallies en Latyn oorgeërf is.

Ek herinner my aan ‘n Disqus-opmerking wat ek voorheen op PRAAG geplaas het:

[…]

2. Ek kom ook agter waarom Engelse boeke as medium so gewild is, buiten die groot publikum.

Die sinoniemwoordeboeke is uiters toeganklik. En ek sien veral Britse skrywers huiwer nie om die hogere en lagere taalgebruik met mekaar af te speel nie. So word Oerengels (‘betwixt’) afgespeel met Iers (‘hubbub’) in nog ‘n Furry-boek (van 700 bladsye+: Imperium Lupi). Sommige van die woorde moet jy digitaal dubbelklik om ‘n definisie te kry – en dan wonder mens regtig: “Duidelik gee die skrywer nie ‘n duit om oor die onwetendheid van die leser nie! En dis reg so!”

Ook gee hulle glad nie om om Franse en Duitse leenwoorde in te voer nie. Die Duitse boeke is weer baie lief vir Franse, Engelse en veral Latynse sinne [toevallig almal gewilde vreemdetale op skool].

Daarteenoor: Jou arme Afrikaner mag straatpraat, maar mag hoegenaamd nie van “glunderende gluurder” praat nie. Want o, word “glunder” nie as “deftig” in die HAT aangemeld nie? Vir Hollanders is dit ‘n doodnormale alledaagse woord. Jou arme Afrikaner word in die baarmoeder al gemuilband.

Oordryf ek? Besluit self.

Ten hul beterwete, en téén Aucamp se raad, dink die taalkundiges blykbaar anders. Blaai gerus deur Norme vir Afrikaans, vierde uitgawe, 2003, soos geskryf deur W.A.M. Carstens, vide bladsye 349 en 350, en daar kry jy die volgende voorskriftelikheid (opgesom):

– Hoë woorde skep die indruk dat die skrywer met sy meerderwaardige kennis, hoë sosiale en kulturele status wil pronk of die aangesprokene probeer beïndruk.

– “As ‘n mens formeler praat (of skryf) as wat die situasie vereis, dan dink die luisteraars (of lesers) jy is ‘n snob.” […] “Deftigdoende sprekers wat fouteer met hul taalgebruik, verloor geloofwaardigheid.” (Combrinck 1993a:11)

– Taal wat te akademies of vakgerig is sal die gewone mens nie verstaan nie.” In ‘n vakverband kan ‘n mens dié soorte sinne nog aanvaar, maar nie wanneer met die breë publiek gekommunikeer word nie. In so ‘n geval kom staan die skrywer/spreker se woorde tussen hom en die aangesprokene”.

– Streef daarom “eenvoud” en “natuurlikheid” na deur voorkeur te gee aan die eenvoudiger alledaagse woorde.

– “Scholtz (1986d:9) het vir hierdie soort gevalle net een oplossing: ‘Probeer om altyd die kort, eenvoudige woord te gebruik. Op stuk van sake is eenvoud die vernaamste kenmerk van goeie styl. Hierby voeg Van der Walt (1992:2): “Eenvoud, ook ten opsigte van taalgebruik, is die basis van goeie smaak en styl, van duidelikheid, en dit dwing jou om self te verstaan, terdeë te verstaan, wat jy wil sê.”

Wat jy hierbo gelees het is onverbloemde Marxistiese verdomming in sewende rat. Ek ruik al weer ‘n klasseverskil wat uitgewis moet word.

Nou maar goed. Moet die taal so vereenvoudig word dat, verskoon die Anglisisme, “fok julle almal!”, binnekort tot die nuwe Superstandaardafrikaans verhef word? Want sonder twyfel is dit presies wat ons akademici beoog. Dit voldoen immers aan al die uitgestipte voorskrifte: dit is kort (woordbesuinigend), dit spreek van eenvoud (ook wat betref die spreker se gedagtegang), dit is kragtig, dit dra die presiese boodskap met emosie oor en dit is glashelder – dit dwing die aanhoorder om self te verstaan. Al spreek dit vanuit die ‘kommin’ stratum.

Nee, ek ruik hier eerder minderwaardigheid teenoor die groot tale daarbuite. Soos ‘n slak moet ons mos binne ons doppe inglip, soos kakkerlakke moet ons wegskarrel, om tog nie raakgesien te word nie. Maar onthou, liewe leser, ons het ‘n skatkis ryk van die Nederlandse, Duitse en Franse woordeskat geërf in 1925, maar ons het dit alles – uit niks anders as eenvoud – weggegee! As dit al is waarvoor ons die Hollanders dankbaar kan wees  – ons kon voortbou op hul woordeskat. ‘n Mens sou die tragiek kon vergelyk met ‘n plattelandse volk wat vir eeue onwetend langs ‘n bouval gebly het, totdat ‘n Franse argeoloog eendag opdaag en met die regte papiere met daardie eeuelange verborge skatte van die ingestorte burg na sy privaatmuseum huiswaarts keer. Die plattelandse volk kan net hulself verwyt – hulle kry maar net hul verdiende loon vir hul eie eenvoudigheid en onnoselheid. Net so het ons nooit ons woordeskat ten volle gebruik nie.

As ek na my pilhouertjie se voubiljet kyk, het die medici (gelukkig!) nie ‘n saak met die voorskriftelikheid van ons Afrikaanse akademici nie. Laasgenoemde kry net van hul eie medisyne terug: die snotklap wat hulle verdien vir hul eie eenvoud en onnoselheid. Want jy kan die mediese teks nie eenvoudiger maak nie – anders sal die dokters nie verstaan watter presiese kwaal die pasiënt van Middel X as newe-effek kan ontwikkel nie. Ons praat hier immers van lewe en dood! In die verlede het ons gesê ‘n bejaarde is mal of kranksinnig of hy is van lotjie getik. ‘n Paar jaar later het hy Alzheimers, vandag is Alzheimersiekte ‘n onderafdeling van Demensie, Demensie ‘n onderafdeling van… En net so is daar spesifieke name vir ‘n spesifieke kwaal vir ‘n spesifieke liggaamsdeel onder spesifieke omstandighede in gespesialiseerde rigtings. In die meeste gevalle is daar nie meer spesifieke Boerename daarvoor nie; die wetenskap het te snel ontwikkel.

Al hierdie mediese terminologie en rits dodelike vermanings in hierdie voubiljet word in kinderlike onskuld en blinde vertroue oor die hoof gesien. In die meeste gevalle is die pasiënt/koper doodtevrede met die gebruiksaanwysings gedruk op die plakker van die voorskrifbotteltjie: “Gebruik tablet 2 maal per dag voor ete”.

7 000 jaar van beskawing, 12 jaar op die skoolbanke, en dis hoe ver ons gevorder het? Spengler was reg: ‘n volk verdien wat hom toekom! Ek is, soos vele ander, egter nie tevrede nie. Ons wil weet waarom die dokter “b.d.d. a.c.” op die voorskrif skryf (bis de die, ante coenam – tweemaal daagliks, voor die maaltyd). Waarom? Want dokters maak foute, die aspirantapteker agter die toonbank maak foute [lees verkeerd], en ek maak ook foute [deur hierdie waninterpretasie en dus die foutiewe voorskrifaanwysings blindelings te gebruik]. Aangesien jy deesdae alles moet nagaan, van jou kontantstrokie by die supermark tot by die meterleser, kan jy netsowel die hele gesondheidswese ook bevraagteken.

Die probleem is nie alleen by die geneeshere nie, die probleem is die publiek wat nie tred met die tyd hou nie. Wat staan jou as verbruiker dus te doen? Koop daardie Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe (2011) deur A.J. Brink en kie vandag nog, as dit kan. Op Takealot.com lees ek wel:

Die aanbieding is nie alleen van waarde vir voor- en nagraadse studente en praktisyns in alle fasette van die gesondheidswetenskappe nie, maar ook vir vertalers, taalkundiges en joernaliste, Afrikaans- en/of Engelssprekend.

Nou wat help dit daar is ‘n woordeboek  vir vertalers as die gewone volk in elk geval nie die voubiljette gaan lees nie? Wat is die sin daarin? Onsin! Uit my ervaring is die woordeboek ook vir die leek bedoel. Lees dit! Gebruik dit! Vind uit. Google rond. Vergewis jou van die terme en afkortings van voorskrifte, soos hier op die Nederlandse Wikipedia.

En nou dat ons by die Nederlands is, nog in hierdie week lees ek deur die gratis e-boek Meertaligheid in de Gouden Eeuw: Een verkenning deur Willem Frijhoff, waarin die woord “roemruchte” opduik:

Gysbert Japicks (1603-1666) was van laatstgenoemde genres wel de meest roemruchte vertegenwoordiger.

Die WAT erken “roemrugtig“, maar plaas ‘n duidelike “verouderd” langs die woord, aangesien “roemryk” mos nou die gepaste keuse is. Hierdie voorskriftelikheid is absurd. “Roemrugtig” is duidelik net so springlewendig in 2010 met die skrywe van Frijhoff se boek, al is dit ook in Nederlands. As mens selfs NPO Radio 1 op die internet soek by http://www.listenlive.eu/netherlands.html en die kanaal aanskakel, luister jy die Afrikaans van die 1950’s. Net soos “weeluis” in Afrikaans vandag springlewendig is, al ken die Hollanders vandag hoofsaaklik net die Germanisme “bedwants”, wat “weegluis” teen die vroeë 1800’s vervang het. Niks keer die Hollanders natuurlik om die ou benaming weer te gebruik nie.

Waarom moet Afrikaans onnodig oorvereenvoudig en agteruitstaan, nee, selfs agteruitgaan, as ander tale dit nie doen nie? Vir wie? Vir wat? Geen ander volk ter wêreld steur hulle daaraan in die minste nie. Frans, Engels, Duits en ander is nog steeds akademiese tale, hulle gebruik nog steeds woorde uit die verlede. En – die Frans kan soos die Duits soms uiters omslagtig raak, maar uiters spesifiek. Wat die Afrikaanse taalkundiges dus kwytraak in hulle blinde taalideologie om brood en spele om die hoi polloi te behaag, is absolute snert, nie prakties uitvoerbaar nie en help Afrikaans allermins om te ontwikkel en uit te styg. Afrikaans word deur oorvereenvoudiging teruggedwing na sy voormalige patois-status as Kombuistaal.

Die Franse, Engelse en Duitsers omarm, en maak die akademiese wêreld en hul taalgebruik (jargon) déél van hul alledaagse bestaan. Die Afrikaanse akademici probeer duidelik ‘n skansmuur tussen die (hulle, die oningeligte) publiek en (ons, in hoofletters, DIE ALWETENDE GODE VAN BERG OLIMPUS WAT NIE MET DIE STERFLINGE BENEDE MENG NIE) akademie oprig. Of eerder, ‘n wig indryf.

Ek is dit heeltemal eens met die aktrise/joernalis Elma Potgieter, soos ek haar al menigmaal aangehaal het. Sy sê tydens ‘n kykweer van Kwêla op 7 Augustus 2017 (en dit hoort op iedereen se kopkussing borduur te word):

[…] as jy nie jou taal oefen nie, dan… dan verklein jy, jy verskraal jou woordeskat. En as jy ‘n verskraalde woordeskat het maak dit van jou ‘n primitiewe mens. Want jy kan nie meer jou emosies uitdruk nie. (my beklemtoning)

Maak die skatkis leeg?

Die mens het ‘n probleem om die waarde van woorde te verstaan. Wat is woorde?

In Afrikaans kan ons woorde munt. Dus, ‘n woord word soos ‘n muntstuk geslaan en in die tesourus (skatkis) gegooi. Hierdie skatkis staan bekend as ons woordeskat, waarvan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) die konkrete vorm daarvan is [hoewel Woordenboek der Nederlandsche Taal sonder twyfel ook ons erfenis is]. Indien woorde soos krom of blink muntstukke is wat verskillende gevoelens ontlok, dan kan ons ewe maklik ‘n munt uit die oerdae (wolf), en ‘n onlangs vereenvoudigde werkwoordvorm uit die 1920’s (koop) langs ‘n nuwe moderne selfstandige naamwoord plaas (groenteburger) om die sin te maak met “die”-lidwoord:

“Die wolf koop die groenteburger.”

Of, hierdie volgende trotse voorbeeldsin uit my Standerd 1-jaar, met ‘n vertwyfelde rooi vraagteken daarnaas van die klasjuffrou in my klaswerkboek:

“Die kaaiman kou my fyn.”

(Surrealisties gesproke is dit wel moontlik.)

Dit beteken dus ons mag met enige muntstuk, ongeag hoe verouderd of aangeslaan, ‘n sin bou, solank dit sin maak. Elke woord is nog ‘n pyl in jou koker. Hoe meer pyle, hoe meer skietgoed.

Jou probleem is met die moderne skrywers wat hul taal soos ‘n boom beskou: dat elke jaar daar nuwe blare bot (woorde) wat met die herfs afval, verdroog, vermolm en deur die erdwurm van tyd verorber en uitgeskei word. Ons sien dus hoe skrywers hulle elke dag moegmaak deur eendagsvlieë te skep, terwyl hordes gangbare woorde eenvoudig vergeet word wat reeds in die woordeboeke opgeneem is. Ons wonderlike akademici, soos ek reeds uitgewys het, bied ook nie veel antwoorde nie. Al wat hulle voorstel: as iets te moeilik klink, maak dit makliker. Met ander woorde, maak die skatkis sommer heeltemal dolleeg. Doen weg, geheel en al weg, met jou verlede. Verarm die Afrikaans sodat ons slegs 300 verskillende woorde met mekaar bedags praat. Soos die gromgeluide van grotbewoners uit die Steentydperk. Vergeet heeltemal van die afgelope eeue se tegnologiese vooruitgang.

Suidpunt, ontspan my liewe dier. Gelukkig weet jy mos van beter. En die PRAAG-lesers ook.

Ja, maar nou: voordat Afrikaans soos ‘n nuwe Latyn, Frans, Duits of Engels word – met so ‘n ruime woordeskat van 600 jaar is daar sekerlik meer uitdrukkingskrag as voorheen – kan daar nie miskien ‘n paar probleme insluip nie?

Tog wel. Maar net ‘n paar. So tweetjies.

Chaos vir taalaanleerders, of nie?

Ene Johan Nijhof skryf op Quora.com:

But there was a Japanese professor, Vondel expert, who arrived at Schiphol with much delay, and commented. “Ik vrees, ik ben een ogenblik te spade -I fear I am a moment too late”. As “spade” did not exist any more since Vondel, he made a great impression there.

(zu spät?)

Ek het ook gesien hoe tweedejaarstudente, Engelssprekend natuurlik, moeite het om “verouderde” Afrikaans raak te sien in van ons eerste gedigte. ‘n Groot probleem ook vir iemand wat pas Duits of Frans begin leer: dikwels is mens totaal onkundig watter taalgebruik werklik verouderd en wat nuut en gangbaar is. ‘n Mens leer die onderskeid alleen deur daaglikse omgang. In wese kan jy ‘n sin leer wat in die 1700’s laas geuiter is, en behoorlik aandag trek as jy hierdie taalfossiel oproep. Dikwels as ek ‘n sin in Duits skryf en toets, eindig my poging in ‘n boek op Google Books wat in 1830 laas geskryf is! Hoppla!

Aan die ander kant, as mense aan hierdie taalfossiele eers gewoond is, sal niemand daarvan snaaks dink nie.

Maar mens mag wonder wat jy met ‘n woord soos “trut” sal maak. In Afrikaans beteken dit gewoon “sukkelaar, lamsak, domkop”. Om die waarheid te sê het ek niemand in my leeftyd dit nog ooit hoor gebruik nie – dis eerder ‘n papierwoord.  In Nederlands word “trut” as vertaling gebruik vir “bitch” en “asshole” soos byvoorbeeld “kom op, trut!”. En selfs Reverso.net flits ‘n hoflikheidswaarskuwing wanneer ek heel onskuldig die woord intik… Nee, hierdie woord is springlewendig in daardie taal.

En nog ‘n valse vriend wat ek hierdie week ontdek is bekaf. In Afrikaans beteken dit gewoonlik iemand is bietjie suur/afgehaal weens teleurstelling (soos ook te sien in die platte “jou bek hang op die grond”). In Nederlands beteken dit weer iemand is kapot, klaar, pê, uitgeput, pootuit, gaar, hondmoeg. Kramers’ Fransch Woordenboek stem saam: die Franse vertalings gee être sur les dents (op die tande [in/teen die grond?] wees), être fourbu (uitgeput wees).

Valse vriende verwag mens sal opduik. Dit is gans normaal. Maar soms is daar ‘n ander roering onder die oppervlak wat die hele taalgeskiedenis in ‘n onverwagte wending stuur.

Moenie slapende honde…

Ek dink almal is teen hierdie tyd bewus van die minder mooi herkoms van “maaifoedie”. Sedert Max du Preez en die ANC in 2011 haaks oor hierdie woord geraak het (en sedert die HAT die oorsprong daarvan skaamteloos in 2009 uitbasuin), hoor mens gereeld daarvan op Radio Sonder Grense. Grensloos.

Juffrou het my gewoonlik bonuspunte gegee vir oorspronklike navorsing, so, vergun my om maar een enkele ander voorbeeld te noem.

Hondsvot.

Kom ons veronderstel daar verskyn eendag ‘n koerantopskrif wat lui: “Jannie is ‘n hondsvot!” Jannie voel geaffronteerd en wil weet wat gaan vir wat. Dit eerste boek waarna mens gryp is die HAT:

honds’vot s.nw. [~te] (w.g.) Veragtelike, niksbeduidende persoon, skobbejak.

Niks onaardig daaraan nie. Die Van Dale sê:

Laf en verachtelijk persoon, gierigaard, reepje op de schouders van een kapotjas.

Maar Jannie is steeds nie tevrede nie, en gaan kyk in die WAT. Die WAT roem daarop dat hulle al in hofsake gebruik is. Dit geld op presies dieselfde beginsel as ‘n weerkundige of sterrekundige wat by ‘n hofsaak betrek word wanneer die beskuldigde of slagoffer ‘n saak “teen sonsondergang” iets moes afgehandel het, of “teen sonsondergang” vergoed sou word vir die dagloon. Wat was die presiese tyd?

Nou kom ons kyk wat sê hulle, uit my e-WAT.

honds’vot s.nw., |hondsvotte, hondsvotte. Soms ook hondvots. (skeldtaal, nie algemeen) Veragtelike persoon, ellendeling, niksbeduiende kêrel, sukkelaar: So ‘n hondsvot, of hy nie geld van ‘n vrou wil bedel nie!

hondsvotsery |hondsvotsery honds’votsery s.nw. Ook hondvotsery. (verouderend)

1 Onsin, kafpraatjies: Dit is alles sommer hondsvotsery wat hy nou daar praat (opgeteken in Franschhoek).

2 In die segswyse maatskappy is hondvotsery (verneukery), dit betaal nie om met iem. in maatskappy te wees nie (Moorreesburg, Tulbagh).

Dit staan ook net so geskryf in my ou leergebonde WAT Deel IV op die stapeltjie bokant my kopkussing.

Maar iets pla. Jy weet wat ‘n hond is, maar wat is ‘n vot?

Gaan kyk jy nou na etymologiebank.nl en doen jy bietjie naslaanwerk in Boshoff en Nienaber se Afrikaanse etimologieë (sub verbum “hondsvot”, bl. 290, 1967) tref die waarheid jou soos ‘n bliksemstraal ins Gesicht. Daar staan dit swart op wit: hondsvot = vulva canis. (Trek asem geskok in!) ‘n Woord wat ‘n mens liewers nie in vrouegeselskap sal gebruik nie.

Is dit dan veel erger as die p-woord?

Volgens algemene bronne op Google is daar tot dusver al twee voorvalle bekend waar die skuldige met R50 000 beboet is as jy iemand ‘n p**s noem, veral as die ontvangkant ‘n man is. Dis mos ‘n man se eer wat op die spel is [met al die moderne trans-/poligenderpolitiek vind ek hierdie redenasie, komende van ons liberale howe, nogal vreemd]. Eerroof, of eerdiewery, is maar van die mooi woorde wat in Nederlands onder crimen injuria ressorteer. As jy lank genoeg mense kwaad maak sodat hulle jou begin vloek, is dit ‘n vinnige en maklike 50K-randjie losslaan (wat gulsig weer opgevreet word deur Meneer die Prokureur se vensterkoevertjies). Tog, waarom sou ‘n regdenkende mens so los met die woord omgaan?

Ons ken immers die Europese geskiedenis: ridders het op maat van D’Artagnan se “Ehre wem Ehre gebühret” (Wer nicht kämpft, wer nicht kämpft, Hat schon verlor’n) mekaar se oë uitgesteek oor daardie poort na die geboortekanaal. En boonop Christene! – watwou! – aartsvyandskap, tweedrag, broedertwis en hande taaibevlek met broedermoord en Christenbloed; hul siele saam met Lucifer en trawante na die ewige verderf verban, terwyl daar tog tot in alle Ewigheid géén huwelike in die hemel gesluit of kan voortbestaan nie (Matt. 22:23 e.v.)?! Huh? En al hierdie bloeddorstige waansin oor ‘n – o, okei, okei.

Maar Troje is met die aarde gelyk gemaak, ons ken die oorsaak. Kuisheidsgordels was die valhek (of jaloerse paspoort?) tot morge op morge erfgrond, slawe, lakeie en Cornucopia. Miljoene topverkoperromans (ook die sadistiese Fifty Shades of Grey) het oor hierdie wegsteekdingetjie gehandel, en mans sal steeds ‘n fortuin onder die rooilig (of brug) betaal om daardie heilige grond te mag betree [al is dit ook vir die ligsinnige tydverdryf van 10 minute]. Kuddes onskuldige stoetbeeste moes met hul lewens boet aan die bruilofstafel, as bruidskat, en met rede. En Mata Hari (Margaretha Geertruida Zelle) sou nooit so maklik die toekoms van Frankryk in haar skoot gehad het, as dit nie vir ‘n sekere geheime wapen was wat saam met die tonne siergoud gerittel het nie. En het Suid-Afrika nie juis ‘n drakoniese Sensuurwet agter die blad juis oor hierdie einste klein krokkie wat grinnikend uit die boek koekeloer nie (dikwels maar in ‘n enkele sin van drie woorde)?

Ek sou dus met die p-woord (as Anglisisme) glad nie so onversigtig mee omgaan nie. Deur die eeue heen weet ons nou, tot vandag toe – dit bly die mees gesogte, magtigste en gewaardeerde Wapen, ‘n troefkaart, in enige arsenaal! Ja-nee, selfs die Raad op Atoomkrag moes radeloos oor hierdie vraagstuk buig [die visepresident van die Raad op Atoomkrag was toevallig ook die voorsitter van Aksie Morele Standaarde]. As iemand dus my die p-woord sou toeslinger, sou ek sidder soos ‘n ridder, en saluéér!

Maar nou ‘n hond s’n. Wat kan ‘n teef uit die agterstrate van Haarlem ‘n man dan nou bied, buiten ‘n hondelewe? Bedags moet sy hoofsaaklik voëlvry (maar nie vlooivry) in haar spoor trap tussen die smet en vullis, maar saans het sy geen verweer teen die rondloperbrakke van die allerlaagste kaste nie. Dit is láág, laer kan jy nie teen die grond sleep nie.

Ek sou dus sê “hondsvot”, ‘n erfstuk van die manhaftige Wikings wat die volke langs die Noordsee ongelukkig soos viswywe leer skel het (of via Duits in Nederlands beland het), oortref die duurste en mees gewraakte Anglisisme in Afrikaans, maar omdat die betekenis deur die eeue verander, versluier, verduister, verouder en vergete geraak het sal slegs die ingewydes die donker geheim saam met hulle graf toe neem. So het sy angel verlore gegaan.

Maar Jannie sal nooit kan bewys dat die koerant die opskrif ooit lelik bedoel het nie. Selfs al was die skrywer ook ‘n Germanis of Germaanse filoloog. En so is daar duisende woorde daarbuite met donker oorspronge. En dit is boonop ‘n drogredenasie (bekend as die etymological fallacy) om ‘n moderne woord op sy ou lees te skoei en as geldige argument in ‘n hofsaak te gebruik.

The etymological fallacy is a genetic fallacy that holds that the present-day meaning of a word or phrase should necessarily be similar to its historical meaning.

Konteks, konteks, konteks! Maar weer – hoe weet Jannie wat die konteks is?

Suidpunt, wat het jy nou aangevang?!  Jy moes hierdie woord eerder met rus gelaat het!

Wat? Dis maar ‘n enkele woordjie. Ek het bloot ‘n ou woord soos Dr. Frankenstein met ‘n donderblits laat herleef en terselfdertyd bewys hoe kinderagtig die samelewing geword het. Ek kan nie verhelp as dit ‘n ongewenste Zombiewoord word nie. Ons sien dit trouens reeds gebeur – wat ek hier noem is geen wetenskapsfiksie of toekomsmusiek nie.

Gestel dit word nou aan die groot klok gehang, dan kry jy onmiddellik vier gevolge (soos met “maaifoedie”):

  1. Meer mense is nou skielik bewus van die woord. Ek het hom nuwe lewe gegee. Sy gebruikswaarde (of taalkundig-korrek: “woordfrekwensie”) neem toe.
  2. Mense stel skielik belang in etimologie (ongelukkig sal die meerderheid nooit, soos in die 1930’s, tot by Oudnoors en Goties vorder nie – daarvoor is hul koppe te vlak.).
  3. Dit dien as Rorschachtoets van die individu se vlak van volwassenheid. (En ‘n hele paar mense dop die toets met lof.)
  4. Jy kan self besluit of die woord gebruik mag word of nie.

4.1. Baie sal die woord nou doodgewoon gebruik soos die Afrikaanse betekenis lettertjie vir lettertjie in die WAT en HAT staan.

4.2. Baie sal nou skielik vroom met toeknietjies sit en die woord uit skaamte vermy (soos baie mense deesdae “boks” pleks van “doos” gebruik).

4.3. Baie sal die woord met opset dubbelsinnig en uittartend gebruik om reaksie uit te lok.

‘n Laaste paar los gedagtes

Al sit jy ook op ‘n goudmyn woorde wat terugstrek tot doer voor die Middeleeue, beteken dit steeds nie jy is besonder knap met die aanwending daarvan soos met vertaling nie. Neem nou maar die volgende voorbeeldsin uit Meertaligheid in de Gouden Eeuw (2010, p. 8).

Oorspronklik:

On remarquera que la langue française devient de jour en jour d’un usage plus habituel dans ce pays-ci.

 

Letterlik (woord vir woord):

‘n Mens sal opmerk dat die taal Frans word van dag tot dag van ‘n gebruik meer gebruiklik in hierdie land.

Vrye vertaling in die Nederlands deur Frijhoff:

De Franse taal blijkt van dag tot dag meer gebruikt te worden in dit land.

Om korrek en keurig te vertaal kan mens slegs deur voorbeelde en op eie inisiatief leer. Al wonder ek soms hoeveel millennia dit nog gaan duur voordat geleerde mense weer praat van OP die platteland (maar IN rural communities), OP die dorpe en IN die stede.

Ek sluit af.

Hopelik sal die nuwe belangstelling in die Afrikaans/Nederlands van ouds ook ander laat besef hoe sleg daardie hoogs irriterende en lamsakkige stopwoorde “in plek” (à l’anglaise: “in place”) klink. Ons het immers mos vaste uitdrukkings tot ons beskikking? Daardie twee woordjies bring ‘n hoogs bedonderde Grammar Nazi (ekskuus, skoolvos) in my uit. Hier volg ‘n paar foute en my verbeterings. Hopelik sal dit jou genoeg aanspoor om die woordeboek weer nader te trek om jou woordeskat uit te brei. Ons almal het dit dringend nodig.

“Het jy ‘n veiligheidsplan [in plek]?”*

“Het jy ‘n veiligheidsplan (gereed)?” (laat verkieslik ‘gereed’ weg)

“Hy verduidelik dat reëlings vir kragopwekkers [in plek] is vir teatervenues.”*

“Reëlings is egter reeds getref vir kragopwekkers by die teatervenues.”

“Reëlings is egter reeds vir kragopwekkers by die teatervenues getref.”

“As ons nie ‘n goeie agenda vir ons tong [in plek] het nie…”*

“As ons geen goeie woord (op ons tong) het nie…”

“Sy voer aan dat hoewel die nuwe munisipale regulasies nog nie in plek is nie…” * (verdomp vaag!)

“Sy voer aan hoewel die nuwe munisipale regulasies nog nie van krag is nie…”

“Sy voer aan hoewel die nuwe munisipale regulasies nog nie in werking getree het nie…”

“Sy voer aan hoewel die nuwe munisipale regulasies nog nie uitgevaardig is nie…”

“Sy voer aan hoewel die nuwe munisipale regulasies nog nie bekragtig is nie…”

“Sy voer aan hoewel die nuwe munisipale regulasies nog nie deurgevoer is nie…”

“Sy voer aan hoewel die nuwe munisipale regulasies nog nie ter tafel gelê is nie…” (konteks?)

“Terug na die koop-en-verkoop-ooreenkoms – dit is dalk [in plek], maar is dit op datum? “*

“Terug na die koop-en-verkoop-ooreenkoms – dit bestaan dalk (wel), maar is dit op datum? ”

“Tog gaan jy lekkerder vakansie hou as jy weet dat jou lewensdekking [in plek] is”* (uiters vaag!)

“Tog gaan jy lekkerder vakansie hou as jy weet jy het (wel) lewensdekking.”

“Tog gaan jy lekkerder vakansie hou as jy weet jou lewensdekking is op datum.”

“Dit beteken dat ‘n stop-en-ry nou [in plek] is en alle voertuie…”*

“Dit beteken daar is nou ‘n stop-en-ry, en alle voertuie…”

“maar vir ‘n jong haarstilis van Durbanville het die meetsnoere reg [in plek] geval”*

“maar vir ‘n jong haarstilis van Durbanville het die meetsnoere in lieflike plekke geval” (gaan lees jou Bybel reg!)

“Die Wes-Kaapse LUR van Menslike Nedersettings, Tertius Simmers, sê hy het ‘n aantal maatreëls [in plek] gestel”*

“Die Wes-Kaapse LUR van Menslike Nedersettings, Tertius Simmers, sê hy het reeds ‘n paar maatreëls getref”

“Huidige maatreëls [bly in plek].”* (NWU-aankondigingopskrif)

“Huidige maatreëls steeds van krag.”

Istis dicentibus: “Quo usque eadem?“ responde: “Quo usque eadem peccabitis?”

[As iemand sou sê: “Hoeveel keer nog dieselfde (verwyte)?”, antwoord dan: “Hoeveel keer nog dieselfde foute?”]

Brief: Raai, raai… die verhaal van ‘n hond

Hierdie is ‘n raaisel. Kom ons kyk of julle dit kry. Net ‘n wenk : dit gaan oor politiek.

My buurman oorkant die straat het ‘n tydjie gelede ‘n brakhond aangeskaf by die DBV. So’n nare vaalgrys gedoente met ‘n histeriese blaf waarmee hy knaend die hele buurt verpes, insluitend die verbygangers, stappers, fietsryers, drawwers en rondlopers.

Uit die staanspoor het die brak meer tyd op my werf bestee as op sy eie erf (ek het nie ‘n heining aan die straat se kant nie) hoofsaaklik ten einde op my grasperk te kan broek losmaak. Ek het hom aanvanklik probeer ontmoedig deur die tuingieter na hom te gooi (meer lawaai as wol) en ook mettertyd met ‘n kettie losgebrand. In my jeug was ek nogal ‘n kranige kettieskieter, maar my jongste pogings het veel te wense oorgelaat, want die klippies, albasters ens. het sedertdien die manier ontwikkel om eerder na my kant toe te kom as na die brak s’n sodat ek noodgedwonge ‘n veiligheidsbril moes nader trek.

Hoe dit ook al sy, die besoeke het tog ietwat afgeneem, hoewel nog steeds nie volledig opgehou nie.

Van tyd tot tyd stap die buurman oor die straat om te kom geselsie maak en dan kom die brak saam. Met sy baas in die nabyheid is hy dan behoorlik Kaatjie van die baan: hol kringe deur my groentebeddings, ruk die plantlyn af, kry opelyf op my grasperk, kom snuffel aan my en gryp selfs na my broekspyp. Die baas laat maar begaan en ek kan, in belang van goeie buurskap, ook nie veel doen nie.

Die magtelose ergernis het nou ‘n stadium van intense wrewel bereik sodat ek, (as hondeliefhebber !) niks daarvan sal dink om die gedierte stilweg te verongeluk nie. Ek oorweeg nou ernstig ‘n windbuks. Die koeëljie sal sekerlik sy opelyf aanhelp, maar daarna sal ek hopelik vrede van hom hê.

Niks minder as drastiese optrede kan sekeres van hulle vermetelheid genees nie.

—Karel Combrinck

Dan Roodt & Gustav Venter: Die agteruitgang van Afrikaanse kultuur

In hierdie episode van PRAAG 168, gesels Dan Roodt en Gustav Venter oor die agteruitgang van Afrikaanse kultuur, veral die letterkunde, en wat gedoen sou kon word om dit te laat herleef. Dan Roodt verwys na Helen Zille wat eens ‘n joernalis was wat ook oor Afrikaanse skrywers berig het. “Apartheid” beskik oor ‘n moontlike Nederlandse oorsprong in die vorm van “versuiling”. Was André Brink so ‘n groot skrywer as wat voorgegee word? En wat het van die legendariese boekhandelaar Marcus de Jong geword? Is daar ‘n “alternatiewe verhaal” van die Afrikaanse letterkunde?

Brief: SAKP/ANC wil totalitêre kommunistiese staat vestig

Aangaande die huidige grondgrypplanne, ek dink die lesers en joernaliste moet nou begin besef die SAKP / ANC se stryd het nooit werklik oor bevryding gegaan nie, maar oor die geleidelike infasering en vestiging van ‘n totalitêre kommunistiese staat. Dit het nie gegaan oor nie-rassigheid en demokrasie nie. Dit is bloot die dekmantel waaronder die werklike stryd gevoer word. As jy eers die werklike motief snap, sal jy die hele konteks begryp waarbinne die ideologiese stryd homself uitspeel in Suid-Afrika, kommunisme vs kapitalisme, totale beheer vs persoonlike vryheid.

Skielik raak die vergesogtheid van die totale aanslag nie meer so vergesog nie. Ramaphosa het immers tydens die onderhandelings van 1992 tot 1994 dit duidelik gestel dat die ANC nie alles eensklaps gaan vat nie, maar oor tyd en met verdrag. Mandela self was lid van die SAKP. Die ANC voer bloot die Mandela-plan uit.

Namate die realiteit van kommunisme al nader aan ons sakke en ons fisiese leefwêreld kruip, hoe groter werklikheid raak die totale aanslag wat as ‘n bangmaakstorie afgemaak is deur die linkses en liberales.

Dit lyk my tog die konserwatiewes en behoudendes het toe die pot nie so ver mis gesit nie.

— Willem Liebenberg

Dan Roodt: Sondagaktueel 5

Steve Hofmeyr se hofsaak in die Stellenbosse Landdroshof word aanvanklik in dié potgooi bespreek, waarna nog ‘n hofsaak, dié van die staatspatoloog dr. James Blair Mwesigwa, aan die beurt kom. Mwesigwa het naamlik liggaamsdele van ‘n lyk onder sy beheer gesteel om vir moeitie te verkoop. Penny Sparrow se dood het tot groot leedvermaak op sosiale media, veral die sg. “Swart Twitter” gelei. Internasionaal is mnr. Donald Trump vandeesweek as ‘n “rassis” uitgekryt omdat hy na die smerigheid van die stad Baltimore, wat onder andere deur ‘n rotteplaag geteister word, verwys het.

Leon Lemmer: Die oerwoud groei terug weens parasitering

Die soeke na brandhout is ‘n geykte vorm van roofbou deur die gepeupel wat woude uitroei totdat daar soms net dongas op die kaal grond floreer. Daarteenoor is daar die spreekwoordelike oerwoud wat met die oerstaat van die mensdom geassosieer word. Namate beskawing afgetakel word, word gesê dat die oerwoud teruggroei. Dit is wat ons sedert 1994 daagliks plaaslik ervaar. Die Westerse leefwyse van veral die blankes word al hoe meer deur afrikanisering verdring.

Robert Kagan

Robert Kagan het ‘n boek geskryf wat skynbaar oor hierdie onderwerp handel: The jungle grows back: America and our imperiled world (New York: Alfred A Knopf, 2018, 193p; Amazon Kindle $12,61). Soos uit die newetitel blyk, is die teks op Amerika toegespits. Kagan verdedig die rol wat Amerika sedert die Tweede Wêreldoorlog wêreldwyd as polisieman speel. Volgens die outeur moet Amerika voortgaan om met sy finansiële en militêre vermoë vrede, wet en orde op ‘n globale skaal te bevorder. As hy dit nie doen nie, sou die wêreld glo slegter daaraan toe wees. Ons weet egter watter destruktiewe rol Amerika in Suider-Afrika gespeel het om swart regerings, insluitende ons eie ANC-regime, aan die bewind te plaas. Pleks van vrede, wet en orde het Amerika plaaslik meegehelp dat die teenoorgestelde bereik word. Ek het die indruk dat Kagan hierdie boek geskryf het om Donald Trump by te kom; veral Trump se buitelandse beleid wat daarop ingestel is om in mindere mate as voorheen in ander lande se sake in te meng.

Parasitisme

Parasitisme is afgelei van die Griekse woord parasitas wat “eet aan iemand anders se tafel” beteken. ‘n Parasiet is dus iets wat ten koste van iets anders bevoordeel word. Parasitering kom in sowel die plante- as diereryk voor. ‘n Parasiet is ‘n organisme wat op ‘n ander organisme, die gasheer, teer en dit benadeel, bv siek maak. Parasitering kan selfs tot die dood van die gasheer lei. Hierdie uiterste vorm van parasitisme word parasitoidisme genoem. As die omstandighede verander, kan die parasiet sy afhanklike lewenswyse daarby aanpas. Tensy dit daadwerklik bestry word, kan parasitering dus in ‘n selfvergenoegde langtermynverhouding, ‘n lewenswyse, ontaard; ‘n geval van die ontvangs van lewensmiddele van die gasheer sonder dat iets konstruktiefs in ruil daarvoor gedoen word. ‘n Parasiet is dus ‘n toonbeeld van uitbuiting omdat dit nie selfgenoegsaam of selftoereikend is nie maar chronies afhanklik van ‘n ander organisme is. ‘n Parasiet kan selfs op sy beurt huisvesting en lewensmiddele aan ander parasiete verskaf.

Parasiet: 1. “woekerplant of -dier wat op of ten koste van ander organismes leef.” 2. “(figuurlik) persoon wat ten koste van ander leef.” Parasiteer: “soos ‘n parasiet lewe; ten koste van ander lewe” (HAT). In hierdie rubriek gaan dit uiteraard veral om mense wat op ander mense teer, maar daar kan ook op die omgewing geparasiteer word, bv die vernietiging van woude vir brandhout sonder om bome te herplant. Parasitering is een van die verskynsels wat die mensdom se agteruitgang bevorder en sy vooruitgang belemmer.

Michel Serres

Parasitering het meesal ‘n negatiewe konnotasie, maar nie altyd nie. Die Franse filosoof, Michel Serres (1930-2019), is op 1 Junie oorlede. Hy het ‘n boek, The parasites (University of Minnesota Press, 1980/2013, 288p; Amazon Kindle $13,79), gepubliseer waarin hy parasitisme op ‘n eiesoortige manier vertolk. Hy beweer dat menseverhoudings soortgelyk aan die verband tussen ‘n parasiet en sy gasheer is. Minderheidsgroepe kan op hierdie manier groot ontwrigting in die samelewing veroorsaak deur verskeidenheid en ingewikkeldheid in die samelewing te skep, wat volgens Serres noodsaaklik vir die mens se lewe en denke is. In hierdie opsig word die parasiet beskou as ‘n geleier van alternatiewe idees; dus van ander sienings as dié wat op daardie tydstip in die samelewing in die mode is. Die homogeniteit van denke en uitdrukking wat deur bv politieke byderwetsheid vooropgestel word, word tereg deur Serres as ‘n onding beskou.

Sodanige dekonstruksie, danksy alternatiewe menings en handelinge, kan verrykende gevolge hê as dit tot verbeterings in die samelewing lei. In hierdie konteks word daar dus ‘n positiewe betekenis aan parasitering geheg. Volgens die manier waarop die blanke soms in Suid-Afrika voorgestel word, is die wit parasiet egter die ongewenste gas, besoeker of setlaar wat nuwe insigte by die vergenoegde* swart gasheer, wat glo van altyd af in Afrika is, tuisbring. Die blanke word in werklikheid gerugsteun deur eeueoue beskawing wat ‘n heeltemal ander wêreld- en lewensbeskouing aan die swarte bekend stel en wat sy tradisionele lewenswyse onberekenbaar kan verbeter.

[* Sowel Nelson Mandela as Jacob Zuma het die mite verkondig dat die swartes voor die koms van die blankes in 1652 in rus en vrede in Suid-Afrika gelewe het.]

Serres bied nie maklik verstaanbare teks aan nie. Byvoorbeeld: “Knowledge without illusion is an illusion through and through, in which everything is lost, including knowledge. A theorem of it might be sketched like this: there is no myth more innocent than that of a knowledge innocent of myth. I can think of no others so imbued are myths with knowledge, and knowledge with dreams and illusions” (Kindle 563). Ek het gevolglik Alan Murray se boek, Michel Serres: A brief introduction (2015, 57p; Amazon Kindle $3,44), waaruit hierdie aanhaling kom, gelees. Murray toon aan hoe Serres die verhouding tussen die humaniora (bv filosofie en letterkunde) en die empiriese wetenskappe, veral die natuurwetenskappe (bv fisika), uit die oogpunt van die kennisleer/epistemologie benader. Volgens Serres bied die humaniora en die empiriese wetenskappe aanvullende perspektiewe. Albei help ons om die werklikheid te leer ken en verstaan.

Ongelukkig word daar in Murray se boek niks oor parasitisme gesê nie. Maar Serres vestig die aandag op die feit dat die letterkunde ouer as die empiriese wetenskappe is. Die neiging is gevolglik om die nuwer kennis wat die wetenskappe bied as die waarheid te aanvaar en wat in die ouer literatuur staan as vals te verwerp. “We place ourselves at the highest point, closest to the truth and furthest from ignorance” (239). “It is easy to see how truth and knowledge come to be thought of as belonging to the present, scientific era, while untruth and error belonged to the pre-scientific and literary past” (361). “This association of truth and contemporaneity has become so much part of our way of thinking that we frequently use phrases such as ‘out-of-date’ or ‘antiquated’ as synonyms for ‘false’ or ‘fallacious'” (368). In werklikheid kom waarheid en valsheid in sowel ouer as nuwer tekste en kennis voor. “Modern knowledge is not always an improvement upon ancient knowledge” (248). “Serres believes that reason is as often to be found in the works of ancient and modern poets as in the works of modern physicists or biologists” (368). Dit verduidelik waarom so baie tyd deesdae steeds aan die bestudering van die werke van bv Homerus, Plato en Aristoteles bestee word.

Die punt is dat om polities byderwets te wees nie noodwendig beteken dat korrekte idees aangehang word nie. Dit kan wees dat konserwatiewes geldige tradisionele menings huldig. “Serres’s other important claim [is] that the local is not contained in the global” (675). Nasionalisme hoef dus nie plek vir globalisme te maak soos politieke byderwetsheid vereis nie. Dat daar ‘n mate van oorvleueling tussen die plaaslike en die globale is of kan wees, word egter nie betwis nie.

Douglas Carswell

Douglas Carswell (gebore in 1971) het in Uganda grootgeword. Hy was die eerste parlementslid vir die United Kingdom Independence Party (UKIP) en het Brexit geïnisieer. Hy kom vorendag met die meer geykte negatiewe siening van parasitering. Op 13 Junie het hy die volgende boek gepubliseer: Progress vs parasites: A brief history of the conflict that’s shaped our world (London: Head of Zeus, 2019, 400p; Amazon Kindle $10,91). Die teks is ‘n verwerkte weergawe van sy boek, Rebel: How to overthrow an emerging oligarchy (2017). Die oorsprong van die 2019-teks verduidelik waarom daar nie altyd skerp op die onderwerp, die vooruitgang/paratisering-verhouding, gefokus word nie. Nogtans kan gesê word dat die outeur op ‘n uitnemende manier hierdie ambisieuse projek voltooi het. Hy skets die wêreldgeskiedenis vanaf die vroegste tye tot vandag met verwysing na wat in verskeie prominente streke, ryke en lande gebeur het. Die klem val eerder op finansieel-ekonomiese as sosiale aspekte omdat hy vooruitgang/produktiwiteit, veral ekonomiese voorspoed, sowel as sodanige agteruitgang aandui en redes verskaf ter verduideliking daarvan. Hy beskou parasitering as die hoofrede vir agteruitgang omdat dit produktiwiteit kortwiek (Kindle 170).

Aanvanklik het vooruitgang baie stadig plaasgevind (122) en was die verstektoestand van die mensdom hongersnood en armoede (135, 184). Dit sou sodanig gebly het as dit nie vir kreatiewe denke en doelgerigte aktiwiteit, dus vindingrykheid, was nie. Waar dit ontbreek, behoort mense myns insiens met hongersnood en armoede vir lief te neem. Humanitêre hulp moet verkieslik nie deur produktiewes ten bate van parasiterendes oordryf word nie. Dat ons hier met ‘n saak van aktuele plaaslike belang te make het, blyk uit die volgende – ons sit immers met ‘n regime wat die herverdeling van rykdom vooropstel: “Salvation, today’s parasites suggest, as they have in every age, can only come from sacrificing our wealth and freedom to others. This book shows why calls for economic redistribution are not just wrong, but that they are today what they have always been – a persistent pretext for parasitism” (239).

Carswell se konteks is egter nie Suid-Afrika of Afrika nie. Hy skryf: “We are – for the most part – a lot safer than before” (369). Daardie kwalifisering kan op die nuwe Suid-Afrika, wat uitmunt in gewelddadigheid, van toepassing gemaak word. Die idee dat die wêreld sedert die Tweede Wêreldoorlog ‘n veiliger plek geword het, is (veral) deur Steven Pinker gepopulariseer in sy boek, The better angels of our nature: The decline of violence in history and its causes (Penguin, 2011, 784p; Amazon Kindle $14,87). Volgens Pinker het sowel geweld as rassediskriminasie afgeneem. In Suid-Afrika is die teenoorgestelde waar. Onder die opskrif, “Nothing noble about savages,” skryf Carswell dat gewelddadigheid op sigself ‘n kenmerk van primitiwiteit is (441). Dit vestig nogmaals die aandag op die kolossale ramp wat ons in 1994 getref het. Die ANC, wat die primêre opstoker en pleër van geweld vóór 1994 was, is geskik geag om die land te regeer. Wolf is tot skaapwagter bevorder.

Dit is boere en handelaars wat van die vroegste tye af daarin geslaag het om gemeenskappe dikwels meer welvarend te maak. Maar dit is juis die lede van hierdie twee beroepe wat tradisioneel deur die onproduktiewes in die opperklasse, bv konings, prinse, priesters en ander lede van die elite, uitgebuit is. “It is not so much other species that rode on the back of the first farmers, but other parasitic people” (493). Hierdie verskynsel kom steeds voor; ook plaaslik. Onteiening sonder vergoeding, bv van blankes se plase, is sekerlik ‘n uiterste voorbeeld van parasitisme. “It was dicovered that instead of simply plundering someone else’s fields, resources could be extracted from farmers through a system of taxes, tolls and tyranny” (493). “Farming, in effect, allowed farmers to be farmed” (514). Weens uitbuiting, insluitende misdaad, is potensieel lonende boerdery dikwels gereduseer tot sukkelende bestaansboerdery.

Dink aan hoeveel geld plaaslik aan sekuriteitsmaatreëls, soos omheining, sowel kapitaal- as instandhoudingsuitgawes, bestee moet word. Selfs waarmee geboer word, word soms deur misdaad bepaal, bv pleks van om voort te gaan om met skape te boer word daar eerder met wild geboer, omdat wilde diere moeiliker as skape gesteel word. Maar misdaad roei nie net die plante en diere op plase uit nie; selfs die mense op die plase moet dit dikwels ontgeld. In Suid-Afrika is plaasmoorde ongetwyfeld aan die orde van die dag, al het Cyril Ramaphosa dit in die buiteland ontken en al het hy harsstarrig geweier om plaasmoorde te veroordeel. Uitgaande van die ANC se veronderstelling dat alle mense ewe waardevol is, het Ramaphosa onlangs teruggekrabbel deur te beweer dat alle moorde in dieselfde mate veroordeel moet word. In werklikheid is die moord op ‘n boer baie meer skadelik vir die land as dié op ‘n parasiterende plakker. Let op hierdie skandalige getuigskrif vir die nuwe Suid-Afrika: “Think of the most violent countries today: Colombia, with a homocide rate of 52 per 100 000 per year, or South Africa, with a homocide rate of 69 per 100 000 per year” (600). Wat anders kan ‘n mens verwag in ‘n land waarin ‘n geweldenaar tot ikoon en rolmodel verhef is?

“Feudalism … A system based primarily on land, feudalism involved a hierarchy of authority, rights, and power that extended from the monarchy downwards. At the head of the system, the crown owned all the land. Beneath the crown, an intricate network of duties and obligations linked royalty, tenants-in-chief (such as the barons), under-tenants (knights) and villeins (serfs)” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 337). Hierdie beskrywing het op Engeland betrekking. Feudalisme het egter wêreldwyd voorgekom. “From Laos in the Middle Ages to Buganda in the nineteenth century, we see the same essential arrangement of a small caste of warriors and priests ruling over a mass of farmers. It was this parasitic arrangement that kept people poor. Parasitic elites impoverished agricultural societies directly, by extracting from those that produced the wealth usually as much as they could” (Carswell 628). Die “extractive elites” (669) “rigged things so that they could live at the expense of the productive” (641). “The tragedy for most of human history is that the parasitic have prevailed over the productive – and productivity per person remained constant” (662). Dit is eers as die produktiewes wins maak, self die voordele van welvaart ervaar, dat produktiwiteit toeneem. “Progress remained slow for as long as parasitism prevailed over production” (669).

“The default human condition has been for the productive to be at the mercy of the parasitic. The former has long kept the latter fed. The latter ensured that only the most rudimentary division of labour was possible – and everyone remained poor as a consequence. Progress and innovation occurred in antiquity when the human habit of innovation and exchange was able to happen unhindered; when the hold of the parasites was weakened – and on two peninsulas [Greece and Rome] in the Mediterranean, the human propensity to specialize and exchange was allowed to kick in. Being free from parasites means being independent – free from external extortion – but also being free from internal extortion. To flourish, the productive need to live in a society that is not only independent, but in one which power is dispersed as a constraint against home-grown, domestic parasites as well. And at the same time, a society needs to be sufficiently open to interdependence, so that it can interact and trade with the neighbours” (788).

Oor antieke Griekeland en die Romeinse Ryk: “In both societies, slavery – perhaps the ultimate parasitic behaviour – was commonplace” (802).* “The Roman Republic enjoyed a rise in living standards due to specialization and exchange, and it’s not possible to account for it as simply the accumulation of wealth from overseas provinces” (2273). “The seeds of Rome’s collapse lay not in the arrival of barbarian predators from outside the Empire, but was due to parasitic ones within” (913). Die elite het die provinsies oorbelas en geplunder. “The mob of Rome and palace favourites produced nothing, yet continually demanded more, leading to an intolerable burden on the productive classes” (1003).

[* “The eradication of slavery – perhaps the ultimate extractive institution – seems to have coincided with a great leap in output [in America]” (2006).]

Carswell bespreek talle ander lande asook ander tye, maar die verhouding tussen vooruitgang/produktiwiteit en stagnasie/parasitisme bly dieselde. Byvoorbeeld, “From pharaonic Egypt to ancient Mesopotamia, those that created the wealth – farmers and merchants – had their wealth taken from them in the name of a divinely ordained order. This sort of patrimonial parasitism was, if you like, sanctified. Peasants were expected to yield much of their harvest to their overlords, often leaving them little more than a subsistence existence” (1652). “The priestly elites had implanted in the minds of their human hosts a bogus altruism, which demanded self-sacrifice in the interests of the divine … Sin was defined as man seeking to live on his own terms – or … his failure to hand over half of the harvest” (1665).

Thomas Malthus (1766-1834) het in sy An essay on the principle of population (1798) waargeneem dat “an increase in a nation’s food production improved the well-being of the population, but the improvement was temporary because it led to population growth, which in turn restored the original per capita production … ‘The power of population is indefinitely greater than the power in the earth to produce subsistence to man'” (Wikipedia). In Suid-Afrika neem kosproduksie af terwyl die bevolking skerp toeneem, wat volgens alle aanduidings selfs ‘n hagliker toekoms as die hede tot gevolg gaan hê.

Matthus se standpunt was “that without the practice of ‘moral restraint’ the population tends to increase at a greater rate than its means of subsistence, resulting in the population checks of war, famine, and epidemic” (Oxford Dictionary of English). By diegene wat nie buitensporig aanteel nie, vind ons deesdae dikwels oorsensitiwiteit vir die ellende waarin groepe met hoë geboortesyfers verkeer. Die gevolg is dat gesinne (insluitende/veral enkelouergesinne) met baie kinders voorgehou word as gevalle wat om verdienstelike redes op parasitering aanspraak maak. Kolonisering kan nie sonder meer die skuld vir oorbevolking gegee word nie. Byvoorbeeld, “India was locked in a Malthusian trap of her own making long before … the British … arrived” (Carswell 1487).

Ek wens die ANC-kornuite wil ter harte neem wat die Franse ekonoom, Frédéric Bastiat (1801-1850), geskryf het meer as ‘n eeu voordat Nelson Mandela sy kamerade met sy geweldsevangelie tot die vernietiging van staats- en private eiendom aangespoor het. Bastiat is bekend vanweë sy gelykenis van die gebreekte ruit. Hy het hierdie gelykenis vertel “to illustrate why destruction, and the money spent to recover from destruction, is not actually a net benefit to society” (Wikipedia). Tydens die bevrydingstryd het ek by meer as een geleentheid aanskou hoe talle ruite met klippe op ‘n universiteitskampus uitgegooi word. Ander skade aan die infrastruktuur is ook aangerig. Daarna het ek waargeneem hoe die bedrywigste vandaliste weens sulke “prestasies” tydens hulle “bevrydingstryd” in topposte aangestel word.

Wat al hierdie misdadigers gemeen het, is dat hulle hulle buitensporige salarisse in hulle sakke gesteek het en dit nooit vir ‘n oomblik oorweeg het om die skade wat hulle doelbewus aangerig het aan die staat te vergoed nie; om nie te praat van die skade wat hulle bv aan die blanke dosente se motors aangerig het nie. Maar dan is dit diesulkes wat verkondig dat hulle en hulle ANC “die hoë morele grond beklee.” Die volgende uitspraak van Bastiat is in elke opsig volkome op die ANC en sy nalopers van toepassing: “When plunder becomes a way of life for a group of men living together in society, they create for themselves in the course of time a legal system that authorizes it and a moral code that glorifies it” (Carswell 1672).

Die gewelddadige voorbeeld wat die ANC se “vryheidsvegters” gestel het, word deur hulle volgelinge tot op hede nagevolg. As hulle met iets ontevrede is, of bloot iets begeer wat hulle nie het nie, is hulle standaardreaksie om paaie te versper en beskadig en motors met klippe te bestook. Sover ek weet, is daar geen inklusiwiteit of diversiteit in hierdie groepe misdadigers soos wat verwag of vereis word as blankes groepsgewys iets sou doen nie. Daar is nooit sprake daarvan dat die skade wat aangerig is deur die misdadigers vergoed moet word nie. Nog minder vra mense uit daardie geledere verskoning vir hulle gedrag.

Daar word dikwels beweer dat blankes tradisioneel bloot op grond van velkleur teen swartes gediskrimineer het. Dit is nie die waarheid nie. Enersyds is die belangrike verskil tussen wit en swart mense nie letterlik die velkleur nie, maar kultuur, dus lewenswyse, oftewel manier van dink en doen. Andersyds lyk dit vir my al hoe meer asof pigmentasie nie die groot verskil tussen die vel van ‘n blanke en ‘n swarte is nie maar veel eerder die figuurlike veldikte. Skynbaar het baie/sommige blankes dun velletjie en voel hulle maklik skuldig en vra hulle graag (herhaaldelik) om verskoning. Swartes, daarenteen, is geneig om dikvellig te wees, voel oor niks skuldig nie en vra nooit om verskoning vir bv onsosiale gedrag nie. En die massa-inligtingsmedia moedig met loftuitings en stilswye die swartes aan op voort te gaan op hulle ingeslane weg.

“Ancient Hindu ethics held that the upper caste had belonged to a lower caste in a previous life. It would be unjust, or so they argued, for someone having paid high taxes in a former life to be expected to pay them again in this one. As for the lowly Vaisya [farmers and merchants], provided they paid their taxes on time, they would be reborn into the upper castes in the next life to enjoy their tax-free status then. Since they would be tax exempt in the next life, was it not fair that they pay them in this one?” (1708). In die ná-koloniale, polities onafhanklike Afrika word op ‘n soortgelyke manier geredeneer. Die blankes is glo in die vorige koloniale en rassesegregasie-bedeling ten koste van die swart inheemses bevoordeel, gevolglik is die ná-bevrydingsera die tydvak waarin swartes hulleself kan bevoordeel. Dit is hulle sogenaamde beurt om (KFC) te eet; dus te plunder (bv korrupsie te pleeg) en te sorg dat hulle ras- of etniese groep op ‘n geil manier op die staat parasiteer.

“In 1980, Zimbabwe became an independent state. Far from thriving as a newly liberated democracy, she became Robert Mugabe’s fiefdom, a sort of private kleptocracy. As a consequence, Zimbabwe’s GDP [gross domestic product] per person fell by almost half between 1980 and 2010. Zimbabweans ate better on the day they achieved independence than they did thirty-three years later, when they had a lower daily calorie intake. Indeed, Zimbabwe is one of the few places on the planet that is poorer today than it was in the early 1980s. But even despite such unequivocal decline, for many years both inside and outside Zimbabwe, Mugabe was lauded as a liberator by those who could not seem to see the destructive consequences of his government” (1744). Sedert 1994 is soortgelyke drastiese agteruitgang op talle terreine kenmerkend van Suid-Afrika. Carswell verwys egter nooit na Suid-Afrika in hierdie verband nie, behalwe die hoë vlak van ernstige misdaad wat hier bo genoem is. Carswell is uitnemend ingelig om hom oor die distopie in die nuwe Suid-Afrika uit te laat, maar hy doen dit nie, blykbaar omdat dit nog nie geykte praktyk in Brittanje en elders geword het om die nuwe Suid-Afrika te kritiseer nie.

Volgens Carswell was Holland die eerste land waarin die industriële revolusie plaasgevind het. In 1648 is die land van die Habsburgse aartsparasiete bevry (1783). Feudalisme is afgeskaf en die mag van die gildes ingekort. (Deesdae neem gildes die vorm van vakbonde aan.) Die belastingslas is verminder en die handel het floreer. “Dutch workers were producing so much more efficiently than anyone else, that they commanded high wages” (1812). Dit kan onder meer aan hulle protestantse werksetiek toegeskryf word (1862). “The merchant class in the Netherlands were no longer supplicants to kings, their autonomy now deemed to be ordained. The natural order was no longer submission, but autonomy. These new ideas encouraged the notion that the merchant class – the Regenten – might rule in their own right. The productive had been set righteously free” (1877). Tydens hierdie Hollandse Goue Eeu het die VOC in 1652 die halfwegstasie aan die Kaap gestig. Dit was die begin van die blanke bewind in die latere Suid-Afrika. Deesdae word die wysheid van die vestiging van blankes in Afrika al hoe meer bevraagteken. Die blankes word dikwels van uitbuiting beskuldig terwyl die onverkwiklike waarheid is dat bv hulle werkywer, kundigheid, kreatiwiteit en hoë morele waardes brutaal uitgebuit word.

“The English, like the Dutch, came to acquire each of the key ingredients needed to produce intensive economic growth: independence from external predators, dispersed power to constrain internal parasites, and interconnectedness to allow specialization and exchange” (1895).* Die magte van die Britse monarch is ingekort (1907). “Increasingly, producers were protected from the parasitism of the ruling classes” (1914). Monopolië is aan bande gelê, baie van die arbeidsbeperkinge van die gildes is opgehef en belasting is verminder. Teen die middel van die 17de eeu “output per person in England began to rise after centuries of stagnation” (1921). “If Holland had been the richest place on the planet at the end of the seventeenth century, by the end of the eighteenth it was England” (1942).

[* Later formuleer Carswell dit soos volg: “Most of humankind now enjoys, to some extent or other, the conditions that allows for economic growth: independence from predatory outsiders, openness to trade and exchange, and dispersed power” (2510). Suid-Afrika is egter nog geensins bevry van roofsugtige/parasiterende elemente van buite nie. Dit is omdat die ANC-regime sy broeder- en susterskap met die res van Afrika oorbeklemtoon; dus dat die ANC hierdie skadelike ingesteldheid dikwels hoër ag as sy verantwoordelikheid teenoor die inwoners van Suid-Afrika. Om hierdie rede is die ANC onder meer in beginsel bereid om die landsgrense af te skaf, wat sekerlik selfs ernstiger destruktiewe gevolge vir die land inhou as die sosiale en ekonomiese inploffing (bv rommelstatus) van die afgelope kwarteeu.]

In Duitsland was die pad na voorspoed soortgelyk aan dié in Holland en Engeland. In 1809 is feudalisme in Pruise afgeskaf (2067) en in 1871 het ‘n verenigde Duitsland tot stand gekom. Baie van die arbeidsbeperkings van die gildes is afgeskaf (2074). Carswell noem dat vooruitgang/produktiwiteit nie noodwendig onbepaald voortgesit word nie. Byvoorbeeld, in die geval van die stadstaat Venesië is daar mettertyd agteruit geboer. “Productive civilization is … fragile” (2146). Die nuwe Suid-Afrika is ‘n toonbeeld hiervan. “Civilized standards, attitudes and other intangibles are enormously important” (2173). Dink aan die onbenydenswaardige situasie waarin tradisionele Europese beskawing plaaslik verkeer, bv Afrikanerkultuur en Afrikaans. “It’s not possible to talk about human progress without taking into account a broad range of what one might call humanitarian considerations” (2173).

“Extractive though institutions might be in societies controlled by small elites, it is ideas that ultimately facilitate such extortion. Ideas, not institutions, account for why some societies are free, while others remain feudal” (2219). “The rebellious Dutch didn’t just overthrow an old extractive elite; they repudiated an older way of thinking, too” (2225). “Ever since the eighteenth century, a whole string of philosophers – among them Hume, Kant and Montesquieu – made much the same point about reason underlying our elevation” (2225). Maar idees/denke het nie noodwendig ‘n positiewe invloed op die samelewing nie. Dit is idees, veral in die vorm van propaganda, wat daartoe gelei het dat FW de Klerk en sy onderhandelaars feitlik sonder slag of stoot aan die bose ANC oorgegee het. Hulle het gevoel dat hulle nie ‘n (sterk) saak teen swart oorheersing het nie; dat dit immoreel sou wees om die blanke bewind en die beleid van rasseskeiding voort te sit. Wat glad nie verreken is nie, is die enorme skade wat afrikanisering aan die land en sy Europees-gebaseerde blanke beskawing aanrig.

China het veral in hierdie eeu as ‘n hoogs suksesvolle ekonomie en ‘n gedugte wêreldmoondheid op die voorgrond getree. Dit is onder meer te danke aan “the outsiders who ruled over them have been ousted” (2522). Maar die ANC-regime beweeg in die teenoorgestelde rigting: Hy laat toe dat hoofsaaklik parasiterendes uit die agterlikste kontinent hulle in groot getalle plaaslik vestig. Verder bedryf die nuwe plaaslike swart elite sedert 1994 met oorgawe parasitering wat radikaal strydig met die land se belange is. “Independence alone has never been enough to produce progress and prosperity. If a society simply swaps external predators [ie “colonials”] for internal parasites it can even find itself worse off” (2529). “Across much of Sub-Saharan Africa, independence saw an even more rapacious elite take over from foreign powers … nations’ treasuries were turned into private bank accounts for autocrats” (2562).

“Democracy per se has never been a prerequisite for progress. What counts is restraint upon the powerful” (2698). Sedert 1994 is die politieke beheer van Suid-Afrika aan die swart meerderheid toevertrou. Minderheidsgroepe, bv die blankes, het deesdae onvoldoende beheer oor wat die ANC-regime enersyds in eiebelang en andersyds ter bevoordeling van mede-swartes en ter benadeling van blankes doen. “Democracy does not necessarily produce better leaders” (2738). Afgesien van hulle groot mate van doodgewone onbekwaamheid het Suid-Afrika sedert 1994 bv nog nie ‘n nie-kommunis as staatshoof gehad nie; om van ‘n anti-kommunis nie te praat nie.

In die laaste hoofstuk is daar die volgende stelling van aktuele belang: “In every age, when wealth is allocated by redistribution, rather than by the autonomous actions of the market, those with political power are able to amass a great deal of it” (3536). FW de Klerk en sy onderhandelaars het geweet dat hulle die politieke mag in die land aan ‘n klompie kornuite oorhandig wat sterk kommunisties geneig is. Ook dat die ANC-regime pleks van die land aan die hand van ‘n gesonde ekonomiese beleid te ontwikkel eerder die makliker uitweg sou kies, naamlik die verdeling van bestaande rykdom; dus om te steel van dié wat het (die produktiewes, veral die blankes) en dit gratis te gee aan dié wat nie het nie (dikwels prestasielose parasiterendes). Alles wat herverdeel (bv onteien) word, word egter nie aan die gepeupel uitgedeel nie. Die regeringstelsel funksioneer soos ‘n filter waarin ‘n groot skeut rykdom agterbly wat deur die regerende elite vir hulleself toegeëien word.

Suid-Afrika

Carswell vestig die aandag uitsluitlik op die opperklasse wat op die laer klasse parasiteer. Dit is ‘n verskynsel wat veral sedert 1994 oorbekend in Suid-Afrika is. Die ANC is primêr daarop ingestel om eerder die belange van ANC-lede in topposte in die party en die regering te bevorder en nie dié van alle ANC-lede of al sy kiesers nie; om nie van alle inwoners te praat nie. ANC-kornuite in bv die hoofkantoor, Cosatu-huis, en in die regering ontvang (eerder as verdien) buitensporige salarisse en byvoordele (huisvesting, ampsmotors, vliegkaartjies, ens). Dink aan die buitengewoon groot kabinet bestaande uit dosyne ministers en adjunk-ministers. Hulle parasiteer uiters geil nie net tydens hulle ampstermyn nie, maar ook daarna weens makro-pensioenvoordele. Hierdie wantoestand bestaan nie net op die vlak van die sentrale regering nie, maar ook op die provinsiale en plaaslike vlak.

Sogenaamde nie-regeringsorganisasies (NGO’s – Eskom, SA Lugdiens, SABC, Denel, ens) is vir hulle voortbestaan van staatsfinansiering afhanklik terwyl hulle selfvoorsienend tydens die blanke bewind was. Soos op die drie vlakke van regering kan hierdie skandalige toedrag van sake enersyds aan ondoeltreffende funksionering en andersyds aan korrupsie toegeskryf word. Daar is ‘n groot mate van eenstemmigheid dat daar op die drie regeringsvlakke en by die NGO’s hopeloos te veel amptenare in diens teen hemelhoë vergoeding is. Die vakbonde oefen druk uit dat niks ter regstelling gedoen mag word nie en die ANC-regering gee telkens toe aan hierdie eis. Die vakbonde gaan verder en oefen druk uit dat hierdie opgeblaasde salarisse en byvoordele periodiek met meer as die inflasiekoers verhoog moet word en kom klokslag daarmee weg. Verhoging in produktiwiteit word plaaslik nie meer as ‘n geldige argument teen ondoeltreffendheid en onbekwaamheid beskou nie. Die wanfunksionering van hierdie instellings word verseker deur ‘n beleid van rassediskriminasie. Daar word vereis dat die arbeidsmag op alle vlakke en in alle (groot) werkplekke die demografie (dus 80%+ swart) moet weerspieël.

Hoe word hierdie korrupte, ondoeltreffende brousel aan die gang gehou? Enersyds deur allerhande belastings en andersyds deur diefstal, bv die onteiening van blankes se eiendom sonder vergoeding. Dit word die herverdeling van rykdom genoem. Selfs diegene wat sake-ondernemings tot stand bring, word afgesien van buitensporige inkomstebelasting verplig om ‘n deel van hulle onderneming ingevolge die beleid van swart ekonomiese bemagtiging (SEB/BEE – black economic empowerment) op suiwer rassistiese gronde aan swartes te verkwansel. Maar dan kan die ANC-regering nie begryp waarom Suid-Afrika nie nuwe beleggings lok en dus ekonomies stagneer nie. Intussen is die bevolking besig om eksponensieel toe te neem, enersyds weens “natuurlike aanwas” en andersyds weens die grootskaalse invloei van inkommers. Geen politieke party spreek hom ten gunste van ‘n veldtog vir geboortebeperking uit nie omdat groot gesinne glo tradisioneel deel van die swart kultuur is. Die intog van inkommers word ook nie met doeltreffend grensbeheer aan bande gelê nie omdat die ANC daarvan hou om wanneer dit hom pas die aanskyn van ‘n humanitêre bewind te hê, bv om toe te laat dat sy swart broers en susters uit die ellende in die res van Afrika ontsnap deur plaaslik ellende te skep, bv te parasiteer op die mediese dienste en skole. As in uitsonderlike gevalle teen straatsmouse, -bewoners en -slapers opgetree word, skop “humaniste” ‘n groot lawaai op. Daar is 6 175 parasiterende straatslapers in Kaapstad (Die Burger, 22.07.2019, p 7). Shoprite het die afgelope jaar onder 489 rooftogte deurgeloop (Netwerk24, 22.07.2019).

Dit behoort duidelik te wees dat parasitering nie net in die opperklasse van die samelewing voorkom soos deur Carswell aangetoon is nie. In die laerklasse het parasitering ‘n leefwyse geword. Dit is vir ‘n individu moontlik om lewenslank in Suid-Afrika te oorleef sonder dat daar ooit ‘n steek werk in ruil vir owerheidsubsidiëring gedoen is. Dit was ‘n belangrike faktor in die “sukses” van die ANC in die afgelope algemene verkiesing. Diegene wat sonder teenprestasie maandeliks ‘n maatskaplike toelae ontvang, stem by voorkeur en in groot getalle vir die ANC omdat hulle besef dat ‘n regering gelei deur ‘n ander politieke party nie so rojaal staatsgeld in ruil vir niks konstruktiefs sal uitdeel nie. Vir water, elektrisiteit, munisipale dienste, televisie-ontvangs, ens, betaal die gepeupel gewoonlik nie. Daar word ook van die staat verwag om bevredigende huisvesting te voorsien. As die prestasielose, parasiterende gepeupel met enigiets ontevrede is, word die Nelson Mandela-geweldsopsie by voorkeur verkies. Daar is nooit sprake dat die skade wat aangerig word deur die misdadigers vergoed moet word nie. Wat ons hier mee te make het, is uitbuiting op ‘n baie groter skaal as tydens kolonialisme, maar hieroor word polities byderwets geswyg.

Suid-Afrika is in ‘n tweetang-parasitisme gewikkel. Enersyds is daar die onbekwame, korrupte, oorwegend swart opperklas en andersyds die parasitiese leefwyse van die oorwegend swart laerklas. Die nuwe Suid-Afrika is ‘n paradys vir parasiterendes. Dit is die ANC-regering wat oogluikend toelaat dat die ontvangers van maatskaplike toelaes baie meer as die betalers van inkomstebelasting is. Die kernoorsaak van hierdie wantoestand is demokrasie gebaseer op een mens, een stem, alle stemme met gelyke waarde, terwyl dit duidelik is dat net die produktiewes voorspoed bevorder en dus stemreg behoort te hê en nie die parasiterendes wat die land al hoe meer verarm en in ellende dompel nie. Die land is besig om in sy swernoot te gaan. Die blankes word sistematies neergehaal tot tipiese Afrika-ellende. Van eksterne parasiete (bv inkommers) en interne parasiete (bv diewe en militante vakbonde) moet ontslae geraak word. Die produktiewes, hardwerkendes en eerlikes moet in beheer van die bestuur en administrasie van die land geplaas word. ‘n Heeltemal ander benadering as dié van ‘n chroniese welstaat moet gevolg word met die oog op die skepping van ‘n veilige, vreedsame, beskaafde, produktiewe, suksesvolle, vooruitstrewende land waarin misdaad en anargie doeltreffend bekamp word.

Afskeid

Ek het op 6 September 2012 die eerste keer op Praag gepubliseer. Dan Roodt het my later in kennis gestel, sonder dat ek dit opgelet het, dat hy rubriekstatus aan my skrywes toegeken het. Mettertyd het dit ‘n weeklikse rubriek geword. Dit is onwaarskynlik dat ek en Dan oor alles saamstem. Daar sal sekerlik bv klemverskille wees. Een van die kenmerke van regsgesindes is dat hulle onafhanklik probeer dink. Om hierdie rede is daar by ons onderlinge verskille pleks van eenstemmigheid. Tot Dan se eer kan ek sê dat hy nooit voorgeskryf het wat en waaroor ek moet skryf nie en my uitlatings is nooit gesensureer nie.

Ek is dankbaar dat Dan so lank ‘n platform aan my skryfwerk gebied het. Sover ek weet, is daar nêrens elders ‘n plek waar ek in Afrikaans so vryelik ten bate van Afrikaners en Afrikaans kan publiseer nie. ‘n Mens sou dink sommige van die hoofstroom-inligtingsmedia (bv die Afrikaanse Naspers/Media24-koerante) sou in die lot van Afrikaners en Afrikaans belangstel, soos vóór 1994, maar dit is glad nie die geval nie. In daardie media word geen werklike begrip getoon vir die anargie waarin die land sedert 1994 verval het nie. Wat ook ontstellend is, is dat wanneer op Netwerk24 met ‘n pro-Afrikaansopmerking gereageer word (as dit nie gesensureer word nie) daar gewoonlik geen ondersteuning is nie. Afrikaanssprekendes het in groot mate apaties oor Afrikaans geword.

Ek het die “geseënde” ouderdom van 80 jaar bereik. William F Buckley jr (1925-2008) het gesê dat ‘n mens so iemand nie gelukwens nie maar eerder met hom simpatiseer. Ek vind dat ek nie meer saans so maklik soos voorheen kan lees en skryf nie. Ook dat ek moeilike tekste al hoe meer vermy omdat ek dit al hoe moeiliker vind om hulle sinvol in woorde weer te gee. ‘n Weeklikse rubriek verg ook te veel van die bietjie tyd wat ek oor het. Wat ek probeer sê of wou sê, het ek teen hierdie tyd gesê. My opregte dank aan diegene wat dit die moeite werd gevind het om te lees wat ek skryf. Ek sal die reaksies mis. Dalk sal ek periodiek van my laat hoor maar dan seker eerder in kort mededelings of notas eerder as volwaardige artikels.

Daar is nog baie wat gedoen behoort te word om voorbrand vir die Afrikaner en Afrikaans te maak. Op 7 Desember 1907 het die komponis en dirigent, Gustav Mahler (1860-1911), ná ‘n dekade as direkteur van die Wiener Hofoper, afskeid geneem. Hy het geskryf: “Instead of something whole, rounded off, as I had dreamed, I am leaving behind unfinished bits and pieces; such is the human lot” (Henry-Louis de La Grange, Gustav Mahler, vol 3, Oxford University Press, 1999, p 780). Dit is ook hoe ek voel. Die stadium wat my leefbeurt betree, is vir my ‘n bron van hartseer. Al wat my tot groter droefheid stem, is die haglike toestand waarin die land en veral die Afrikaners en Afrikaans verval het, bv wat gaan van my kleinkinders word? Hoe is dit moontlik dat ‘n groepie Afrikaanssprekende blankes ons as Afrikaners in hierdie onbenydenswaardige situasie laat beland het? Dit druis in teen die grein van Afrikanergeskiedenis van 6 April 1652 tot 1 Februarie 1990. Ek sien uit na die dag wanneer die keurgroep Afrikaners die terreurbendes hokslaan en die anargie beëindig.

Dit het tyd geword om op te ruim. Hennie Aucamp (1934-2014) het op 75 jaar begin opruim. Hy het gesê dat hy daarna seker ‘n opgeruimde mens sou wees. Ek gaan weg, moet afskeid van alles neem, maar niks inpak nie. Dit is ‘n eienaardige situasie. Wyle Willem Botha (Universiteit Pretoria) het graag gesê: “‘n Heilige het ‘n verlede maar ‘n sondaar het ‘n toekoms.” Party mense sê dat ek nêrens heen gaan nie; dat ek niks word nie. Die predikant, daarenteen, sê dat ek êrens heen op pad is. Hy klink hoogs onseker oor waar en hoedanig die plek is wat vir my toeberei is. Hy het darem laat deurskemer dat die naam van die plek met ‘n h begin.

Besluit om voort te gaan met grondonteiening sonder vergoeding is kortsigtig – TLU SA

Die besluit van die ANC-regering om voort te gaan om wetgewing rondom artikel 25 van die Grondwet – wat handel oor onteiening sonder vergoeding – te verander, is kortsigtig.

‘n Mosie oor die ad hoc-komitee wat die wysigings aan die wetgewing moet hersien en implementeer, is vandag deur die Nasionale Vergadering goedgekeur. Die komitee sal voortgaan waar die vyfde parlement in Desember 2018 opgehou het, en moet teen einde Maart 2020 terugvoer aan die Nasionale Vergadering gee.

“Onteiening sonder vergoeding sal nie enige goeie resultate meebring nie,” sê mnr. Louis Meintjes, die President van TLU SA. “Navorsing toon dat die meeste aansoekers nie die kennis of vermoë het om grond wat nou winsgewend tot die landelike en nasionale ekonomie bydra, volhoubaar te bestuur nie en in elk geval eerder verkies om finansieel vergoed te word as om met die grond opgesaal te word.

“Die verlede het ook reeds gewys dat die meeste grond wat voorheen onteien is nou nutteloos lê omdat die regering die nuwe eienaars nie voldoende bygestaan het om dit suksesvol te bestuur nie.”

TLU SA staan by die mening dat dit uiters onverantwoordelik is om met hierdie wysigings voort te gaan. Dit het nie net ‘n direkte invloed op boere, hulle werkers en die platteland nie, maar ook op die vertroue wat buitelandse beleggers in die land het.

“Wanneer ‘n belegger se privaat besitreg in gedrang is, sal dit vanselfsprekend nie wys wees om dan jou bates daar te belê nie,” sê mnr. Meintjes.

“Dié tipe besluite het ook ‘n invloed op die veiligheid van boere met ondersteuners van Andile Mngxitama van die BLF en soortgelyke denkers wat opgesweep word deur die proses en dan die reg in eie hande neem.

“President Ramaphosa het net verlede week gesê dat hy plaasmoorde veroordeel, maar vandag maak sy regering besluite wat dit heeltemal weerspreek.”

Video: Eskom se plunderlisensie

Dan Roodt lewer kommentaar op die bykomende R59 miljard wat die staat aan Eskom beskikbaar gestel het en verwys na die plundery wat reeds by dié instelling plaasgevind het. Kort ná hierdie opname het verskeie kredietgraderingsagentskappe, waaronder Moody’s Investor Service en Fitch Ratings, aangekondig dat hulle Suid-Afrika se vooruitsigte betreffende kredietgradering vanaf “stabiel” na “negatief” aanpas, as gevolg van die reddingsboei wat deur die staat aan Eskom beskikbaar gestel is.

Video: Boere reageer op Nederlandse mosie teen grondonteiening

By ‘n onlangse landbouberaad van TLU SA waar daar indringend gepraat is oor die krisis wat Suid-Afrikaanse landbou in die gesig staar, het dr. Dan Roodt met mnr. Louis Meintjes, president van dié organisasie gesels. In die tweede deel van die onderhoud, verduidelik mnr. Hannes de Villiers watter ooreenkomste daar tussen Suid-Afrika en Israel bestaan, veral wat landbouveiligheid betref.

Dan Roodt: Sondagaktueel 4

In hierdie aflewering van Sondagaktueel poog Dan Roodt om sin te maak van die aanvalle vanuit die media op ryk Afrikaners op Stellenbosch, die sogenaamde “Stellenbosse mafia”, asook die stryd tussen die Openbare Beskermer en die ANC-president, Cyril Ramaphosa. Soos verlede week belowe is, wei Karin Roodt meer uit oor die geostrategiese beginsels agter die huidige spanning tussen die VSA en Europa, met die Iranese kwessie wat vandeesweek ook sterk na vore gekom het. Duitsland word steeds “kultureel verryk” deur Moslem-immigrante en die linkse polisiehoof van Berlyn is bekommerd oor die regse neigings van haar eie amptenare.

Leon Lemmer: Michael Rectenwald smelt sneeuvlokkies

Die inligting wat Suid-Afrikaners via die inligtingsmedia bereik, is meesal in Engels en dikwels uit Amerika en Engeland afkomstig. In hierdie lande is sneeu ‘n veel meer alledaagse verskynsel as in Suid-Afrika. Amerika is by uitstek die bron van nuwe woorde, asook die toekenning van nuwe betekenisse aan woorde. ‘n Woord wat sedert 2010 in die politieke literatuur gewild geword het, is “sneeuvlokkies”. Polities byderwets is die simmetriese struktuur van alle sneeuvlokkies eenders. Wat in daardie geledere glad nie aanvaarbaar is nie, is dat alle sneeuvlokkies wit is. Maar die broosheid van sneeu, bv as die son daarop skyn, speel ‘n deurslaggewende rol by die keuse van sneeu as simbool vir die selektief geïdentifiseerde kwesbares in die samelewing.

In die konteks van die politiek word die volgende betekenis deesdae aan die woord “sneeuvlokkie” (snowflake) toegeken: “An overly sensitive or easily offended person, or one who believes they are entitled to special treatment on account of their supposedly unique characteristics” (Oxford English Dictionary). Byvoorbeeld, Wim de Villiers ervaar “pyn” namens bruin mense omdat in ‘n akademies-wetenskaplike studie bevind is dat ‘n groep bruin vroue, wat intellektuele vermoë betref, ondergemiddeld presteer. Sowel De Villiers as diegene wat vanweë hierdie bevinding na bewering seergekry het, kan as sneeuvlokkies geëtiketteer word; brose, emosioneel oorsensitiewe wesens wat nie ‘n stelling kan hanteer wat met hulle eie (openbare) mening verskil nie. Hulle verstaan nie die wesenlike aard van die universiteit en akademies-wetenskaplike navorsing nie (Praag 19.01.2019 en 9.02.2019).

Michael Rectenwald (gebore in 1959) kom uit ‘n Duits-Amerikaanse Rooms-Katolieke gesin. Hy het boeke oor Britse sekularisme, vrye denke en agnostisisme gepubliseer. Sy volgende boek, Google archipelo: The digital gulag and the similation of freedom, sal vanjaar in Augustus gepubliseer word. Ek beperk my aandag egter tot sy boek wat onlangs gepubliseer is: Springtime for snowflakes: ‘Social justice’ and its postmodern parentage: a memoir (Nashville: New English Review Press, 2018, 151p; Amazon Kindle $11,49). Die outeur verwys hierna as “this controversial book” (Kindle 1959). Rectenwald het die graad BA aan Pittsburgh University (1983), die graad MA in Engels aan Case Western Reserve University, Cleveland (1997), en die graad PhD in Literary and Cultural Studies aan die Carnegie Mellon University, Pittsburgh (2004), verwerf. Hy het aan laasgenoemde twee universiteite gedoseer, asook aan Duke University, North Carolina Central University (NCCU) en vanaf 2008 as professor in Liberal Studies aan New York University tot sy aftrede in Januarie 2019.

Die NCCU in Durham is ‘n histories swart universiteit (1519). Wat Rectenwald daar ervaar het, is “teaching vastly underprepared students” (1650). Diesulkes het ná 1994 in Suid-Afrika gesogte studentemateriaal aan die histories blanke universiteite geword. “Leaned forward” is die ingesteld wat ‘n dosent moet aankweek, wat eintlik “left-leaning” beteken (1542). Rectenwald het ‘n “writing-across-the-curriculum- (WAC)” program as ‘n gesamentlike onderneming van die NCCU en Duke University, albei in Durham, tot stand probeer bring (1602), maar sy pogings is telkens deur ‘n swart kollega, Karen Jackson, gefnuik. Daarna het Jackson WAC suksesvol tot stand gebring en groot lof daarvoor ontvang terwyl sy in werklikheid Rectenwald se idee gesteel het. “Jackson had surreptitiously buried, then subsequently stolen and taken sole credit for this idea, an idea that one might say was my idea. Yet she was the proprietary one, only the property she claimed wasn’t hers” (1616). Hierdie diefstal is soortgelyk aan die onteiening sonder vergoeding van blankes se plase. Die swartes ontvang die plase sonder inspanning en suiwer op grond van ras terwyl die blankes die barre grond tot suksesvolle plase ontwikkel het. Hierdie strategie word deesdae sosiale geregtigheid genoem.

Wat opval, is enersyds die laat stadium waarin Rectenwald gevorderde formele kwalifikasies verwerf het, wat sy kort akademiese loopbaan verstaanbaar maak. Die verklaring hiervoor is dat hy aanvanklik voltyds in die advertensiebedryf werksaam was en daarna deeltyds studeer het. Dit het groot opofferings geverg, wat onder meer daartoe gelei het dat hy en sy vrou geskei het. Hulle het drie kinders. Andersyds kan afgelei word dat linkse politiek in die Engelsdepartemente van baie Amerikaanse universiteite ‘n oorheersende rol speel, vandaar die verwysings na Cultural en Liberal Studies in die voorlaaste paragraaf hier bo. Dit is soortgelyk aan wat in departemente van bv kulturele/sosiale antropologie en sosiologie aan plaaslike universiteite gebeur; kortom, kulturele marxisme word gepredik.

“As its founders Stuart Hall, Raymond Williams and EP Thompson suggested, Cultural Studies was invented to be a politically radical engagement with culture, especially ‘low’ forms, including mass media and other popular culture.* Hall, Williams, and Thompson were Marxists. They saw culture as a form of power and a carrier of capitalist ideology. Combined with Antonio Gramsci’s [1891-1937] ideas about ‘cultural hegemony’, Cultural Studies, and not the Frankfurt School, is the real source of anything like ‘Cultural Marxism’, the menace decried by many on the right. Cultural Studies accounts for a good share of our ‘radicals in the academy'” (721). Plaaslik was Jakes Gerwel ‘n Gramsci-aanhanger.

[* Dit kan “McDonaldization” genoem word (751).]

Hoewel Rectenwald in sy boek die postmodernisme, sosiale geregtigheid as sy spruit, die tere sneeuvlokkies wat hierdie idees predik en die sogenaamde brose benadeeldes wat beskerm moet word, uitmuntend uitbeeld, voel hy sterk daaroor dat hy nie regse politiek onderskryf nie. Dalk is dit só bloot om nie te erken in watter mate hy hom regs geheroriënteer het nie. “I was not a Trump supporter; I was never a right-winger, or an alt-right-winger; I was never a conservative of any variety. Hell, I wasn’t even a classical John Stuart Mill [1806-1873] liberal. In fact, for several years, I had identified as a left or libertarian communist … I became a well-respected Marxist thinker and essayist. I had flirted with a Trotskyist sect, and later became affiliated with a loosely organized left or liberarian communist group” (368). Deur wat hy was te beklemtoon, probeer Rectenwald om homself te beskerm teen kritiek oor wat hy geword het.

Rectenwald het mettertyd marxisme afgesweer en polities minder links geword. “I could no longer identify as a leftist” (398). “I now saw the authoritarianism and embryonic totalitarianism that had been hidden beneath a thin veneer of egalitarian rhetoric … I could not call myself a communist” (1831). Rectenwald se verlede dien blykbaar as ‘n soort versekeringspolis sodat hy nie as regs – wat deesdae meesal as “verregs” verdoem word – geëtiketteer word nie, want dit sou vir hom ‘n onhoudbare situasie in die universiteitswese geskep het. Daarom verwys hy graag “to my own quite visible historical support for the disadvantaged and oppressed” (1550) en “I rejected an essential difference between racial groups” (1557).

‘n Mens tref hierdie selfde vrees vir etikettering as regs by talle mense aan wat andersins voortreflike werk doen. Byvoorbeeld, Tommy Robinson (gebore in 1982) het met voorbeeldige ywer sy patriotiese English Defence League ingespan om die nadelige gevolge van Moslem immigrasie op die Britse kultuur wêreldkundig te maak. Hy is ook in Pegida (Patriotic Europeans against the Islamisation of the West) bedrywig. Robinson skryf: “To make things clear from the outset, I really, really don’t care about the colour of those people’s skin or the nature of their religion” (Tommy Robinson, Enemy of the state, Press News, 2015, 326p; Amazon Kindle $11.49, 92). Hy opper geen beswaar teen swartes in die Britse samelewing nie en verbroeder selfs met hulle. Sy weerstand is uitsluitlik teen die Moslems gemik, maar hulle gedrag is juis die direkte gevolg van die religie wat hulle aanhang. In die Wikipedia word Robinson sonder meer as verregs beskryf. Smeerveldtogte en intimidasie maak baie mense lugtig vir etikettering as polities regs.

Afgesien van my eerstehandse ervaring het ek eerder te veel as te min oor die Amerikaanse universiteitswese gelees. David Horowitz het uitstekende boeke daaroor geskryf, bv One party classroom: How radical professors at American top colleges indoctrinate students and undermine our democracy (2009, 338p; Amazon Kindle $5,74) en The professors: The 101 most dangerous academics in America (2013, 448p; Amazon Kindle $11.56). Een van hierdie gevaarlike dosente is Ward Churchill (Praag 19.02.2017). In Robert Maranto, Richard E Redding en Frederick M Hess (reds) se boek, The political correct university: Problems, scope, and reforms (2009, 346p; Amazon Kindle $18,98) word statistiek aangebied om aan te toon hoe uiters linksgesind die oorgrote meerderheid dosente aan Amerikaanse universiteite is, bv 62 tot 72% linksgesindes teenoor 12 tot 15% regsgesindes (Kindle 1257); in Engelsdepartemente 85% liberale dosente teenoor 3% konserwatiewes (1238) met 69% wat die Demokratiese Party ondersteun teenoor 2% wat die Republikeinse Party aanhang (1238).

Hierdie linksgesindes word veral in die sosiale wetenskappe en humaniora aangetref, met die Engelsdepartemente polities meer radikaal as enige ander departement. Rectenwald verwys na die “primary incubator of the social justice creed: the field of English Studies” (413). ‘n Soortgelyke situasie doen hom in Brittanje voor. Wat te meer ontstellend is, is dat die verlinksing van die akademie neig om al hoe groter afmetings aan te neem (Maranto 1314). Die resultaat kom neer om niks anders nie as die indoktrinasie van studente deur hoofsaaklik linksgesindes; ‘n verskynsel wat ongetwyfeld ook in Suid-Afrika al hoe groter afmetings aanneem. Jon A Shields en Joshua M Dunn was braaf genoeg om ‘n waarderende boek oor ‘n verdwynende spesie te skryf: Passing on the right: Conservative professors in the progressive university (2016, 255p; Amazon Kindle $15,17).

Rectenwald kom uit ‘n werkersklasgesin, die sewende van nege kinders. Sy pa het huise in Pittsburgh gerestoreer. Weens klasverskille was Rectenwald as skolier nie vir die hoërskool van sy keuse aanvaarbaar nie. Dit verduidelik in ‘n mate sy vroeë marxisme, maar sonder dat hy studente daarin wou indoktrineer: “I asserted and defended intellectual pursuits for their own sake” (480). Hy het vir mediese onderrig aan die University of Pittsburgh geregistreer, maar na twee jaar eerder tot die Engelse letterkunde aangetrokke gevoel, onder meer omdat hy ‘n aspirant digter en kortverhaalskrywer was.

‘n Semester lank was Rectenwald die assistent en student van Allen Ginsberg (1926-1997) – die Beat-geslag se anti-materialistiese, anti-kapitalistiese, pro-dwelms, Boeddhistiese homoseksueel – aan die Naropa Institute (Naropa University sedert 1988) in Boulder, Colorado. “He knew that I had been having my own season in hell and that he was a major character in it” (587). “Ginsberg did prefigure postmodernism, if not contributing to it directly. The electicism of his poetry, the inclusion of everything that crossed his mind, the juxtaposition of low and high culture [etc] … are among the features that marked him as a postmodern forerunner” (640). “I believe that Ginsberg would be utterly appalled by and severely critical of the social justice left’s authoritarian character – its censorious, censoring, and prohibitionist proclivities” (647).

Rectenwald was reeds in sy dertigerjare toe hy besluit het om nagraadse kwalifikasies te verwerf en ‘n dosent in die Engelse letterkunde te word – “what I took for the last remaining haven of intellectual independence – academia. I would learn much later that academia demands as much if not more conformity than any other corporate field. In fact, the conformity penetrates much more deeply. You not only have to buy into the ideology, you must rehearse and recapitulate it without fail. Otherwise, you are deemed politically regressive. You might even be a ‘Nazi'” (698). Dit is waarom ons deesdae dikwels aanhoor dat ons moet “bykom” of “aanbeweeg”. “I resented that [someone] somehow saw me as politically regressive based on an apparent preference for literature over anthropology or sociology” (744). “Little did I know, although the field never ceases to critize the capitalist marketplace and the commodification of the worker and culture, English Studies is no less commodified than any other profession. In fact, the attention and consideration required to ‘package’, ‘brand’ and ‘re-brand’ the scholar and her [!] work is as thoroughgoing if not more so than anything I’d done as a pitchman for consumer brands” (736).

Hy wou ‘n sinvolle beroep beoefen. “The main requirement for meaningful work as I saw it was intellectual autonomy, the freedom and independence to think, write, explore, and teach what I came to know” (660). Rectenwald is ‘n aanhanger van individualiteit, gevolglik is hy teen televisie gekant. Oor televisie skryf hy: “It ironized, ridiculed, and eroded individuality by virtue of appealing to the exclusive existence of a non-descript and self-effacing mass selfhood” (667). “Exactly like other industries, culture is now mass-produced … cultural products exhibit homogeneity and erase all signs of individuality – in the artistry, the artists, and in their consumers. Most importantly, the ultimate yield is not the cultural products themselves, but rather the formatting of leisure time and thereby the consciousness of the consumer-producer” (781).

Toe Rectenwald vir sy eerste graad studeer het, het hy kennis met Thomas Kuhn (1922-1996) se boek, The structure of scientific revolutions (1961), gemaak. “Kuhn described major revolutions in science in terms of ‘paradigm shifts’ … By suggesting that science responded to shifts in convention, authority, and social beliefs, Kuhn seemed to leave the door open for sociologists and others, who saw in his work a confession of sorts, an admission that science could be impacted by cultural and social forces, which sociologists could study, and thereby explain the very content of scientific knowledge in terms of social factors … Kuhn disavowed such interpretations … He saw science as driven by its own impetus and internal logic, and not by such external factors as ideology or social interests” (729).

Wat hier gebeur, is soortgelyk aan wat die linkses in die konteks van oorerwing/genetika (DNS) en aanlering (“nature and nurture”) doen. Dit is ‘n onbetwisbare empiriese feit dat sommige mense, selfs binne dieselfde gesin, slim en ander dom gebore word; dat opvoeding en onderrig daardie fundamentele aanvangsverskil nie kan uitwis nie. Desnieteenstaande predik die linkses dat almal net dieselfde geleenthede gegun moet word; dan sal dit glo blyk dat ons almal fundamenteel eenders en (bv intellektueel) gelyk is. Wanneer dit by die kwessie van homoseksualiteit kom, speel die linkses die spel presies andersom. Daar word meesal beweer dat alle homoseksuele so gebore word. Dit is egter baie duidelik dat ons in ‘n era lewe waarin homoseksualiteit ‘n modeverskynsel geword het wat as hoogs eerbaar aanbeveel word en wat gevolglik in baie gevalle aangeleer word.

Die wanvertolking van Kuhn se wetenskapsleer het aan die daarstelling van die postmodernisme meegehelp. Op sy beurt “postmodern theory can be understood as the philosophical response to the failure of Marxism” (835). “I retained postmodern theory as a ‘supplement’ … it served as both an addition to Marxism, and as a possible substitute for it” (880). Dit is nodig om duidelikheid oor die aard van modernisme en postmodernisme te verkry. Modernisme: “(1) die gees van wat nuut is op allerlei gebiede; (2) rigting in die kuns en letterkunde wat poog om die bande met die klassieke en tradisionele vorme te verbreek; (3) vrysinnigheid op godsdienstige gebied” (HAT). Postmodernisme: “denkrigting in onder meer die argitektuur, kunste, kultuur en filosofie wat voortvloei uit en reageer op die modernisme van die twintigste eeu, onder meer gekenmerk deur ‘n wantroue in teorieë en ideologieë” (HAT).

Die postmodernisme is vir Rectenwald van belang omdat dit in 2016 (20) die euwel van sosiale geregtigheid (“social justice”) as stiefkind in die akademie gebaar het (13). “Postmodern theory may be properly understood as the ‘missing link’ between the older Marxist left and the contemporary social justice left … it is necessary to understand social justice as ‘practical postmodernism'” (1890) en as “the political expression of postmodern theory” (152).* Postmodernisme is ‘n ideologie wat uit die jare sestig dateer en wil afbreek wat vóór dit kultureel daargestel is; vandaar die groot rol wat dekonstruksie daarin speel (797). “Postmodern philosophy has even been characterized, by [Jean-François] Lyotard [1924-1998], as preceding modern philosophy” (The Cambridge Dictionary of Philosophy, 2nd ed, 1999, p 725).

[* Dat dit wesenlik om (linkse) politiek gaan, blyk uit die postmodernistiese standpunt dat “‘truth’ is merely a reflection of the dominant culture, [therefore] we have a duty to deconstruct that truth and so empower those who lack power” (Edward Dutton, Race differences in ethnocentrism, London: Arktos, 2019, 276p; Amazon Kindle $12,64, 450).]

Postmodernisme kan ‘n teruggryping na paganisme en primitiwiteit insluit. Op hierdie manier “[it] sought to dissolve the divisions between art, popular culture, and the media” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 746). Kortom, ontwikkelde of hoë kultuur en (Westerse/Europese) beskawing word verdag gemaak en afgewater. Wysgerige stelsels, omvattende wêreld- en lewensbeskouings, sogenaamde meesternarratiewe, word afgewys. Maar daar word selektief te werk gegaan. “Marxism was a totalitarian master-narrative” (Rectenwald 912), maar dít word nie deur die postmoderniste verwerp nie. Hulle skep alternatiewe meesternarratiewe. Byvoorbeeld, polities word (blanke) prestasies as bevoorregting (“privilege”) asook as onverdiend bevoordeling (“unearned advantage”) afgemaak (28); dus as onregverdigbare toe-eiening (“unjustifiable appropriation”). Nie net bv plase nie maar hele lande (bv Suid-Afrika) behoort nie aan diegene wat eeue lank geswoeg het om hulle te ontwikkel nie maar dikwels eerder aan hedendaagse niksnutte wat hulle bv tot misdaad en selfs terrorisme en volksmoord kan wend om hulle bose doel te bereik. Die ANC se beoogde onteiening sonder vergoeding van blankes se eiendom, dus diefstal, is eie aan kommunisme: “Marxists argue that ‘natural rights’, such as the property rights, are not natural at all but rather cultural, economic, historical – political arrangements supported by a particular socio-economic structure” (865).

Naas Lyotard het ander Franse filosowe ‘n leidende rol in die ontwikkeling van postmoderne teorie gespeel, bv Jacques Derrida (1930-2004), Jean Baudrillard (1929-2007) en die obseen-vernietigendste van almal, Michel Foucault (1926-1984) (797). In die sielkunde het Jacques Lacan (1901-1981) en in bv die letterkunde en feminisme het Julia Kristeva (gebore in 1941) die postmoderne ideologie aangevul (805). In die sosiologie het Pierre Bourdieu (1930-2002) as teenhanger vir ekonomiese kapitaal die begrip kulturele kapitaal staangemaak (927), gevolglik word daar vir ons in die nuwe Suid-Afrika vertel dat blanke plase in swart geledere blanke mag simboliseer wat as historiese erflating vernietig moet word. Swartes is vry om enige benaming vir blankes toe te snou, maar as blankes sommige geykte woorde met onvervangbare seggingskrag gebruik, loop hulle die gevaar dat buitensporige boetes en selfs tronkstraf aan hulle opgelê word. Blankes wat plase en ander eiendom besit of tradisionele benamings vir nie-blankes gebruik, pleeg volgens Bourdieu simboliese geweld. Werklike fisiese en liggaamlike geweld word swartes egter nie (in dieselfde mate) toegereken as die simboliese geweld wat blankes glo pleeg nie. Uit die oogpunt van beskawing is daar myns insiens ‘n fundamentele verskil tussen fisiese en simboliese, bv talige, geweld; laasgenoemde is nie eens ‘n vulletjie in vergelyking met fisiese geweld, bv in die Nelson Mandela-tradisie, nie. (Kyk hier onder vir diskursiewe geweld.)

In die letterkunde het postmoderniste teruggegryp na die linguistiek van Ferdinand de Saussure (1857-1913), wat die nie-noodsaaklike verband tussen woorde en hulle betekenisse aangetoon het. Die betekenis van bv “stoel” en “tafel” kon goedsmoeds omgeruil gewees het. Postmoderniste misbruik die werk van De Saussure om die meervoudige betekenis (“polysemy”) van woorde te oordryf. Byvoorbeeld, Roland Barthes (1915-1980) oorbeklemtoon die oopheid van tekste. Lesers kan inderdaad dieselfde teks verskillend vertolk, maar dit kan net binne perke geregverdig word. Oordrywing kan tot wensdenkery lei. Dink bv aan hoe mense soos André Bartlett, Chris Jones en Frits en Laurie Gaum die Bybel vertolk om hulle pro-homoseksuele agenda te pas.

Derrida verabsoluteer die seggingskrag van tekste in so ‘n mate dat hy beweer “there is no outside of text” (820). Taal word dan ‘n geslote, selfdienende stelsel wat van sy eksterne verwysings, bv fisiese objekte, gestroop is. Dit herinner aan George Berkeley (1685-1753) se ekstreme idealisme/vergeesteliking: “to be [real] is to be perceived – nothing exists apart from perception.” Bruno Latour en Steve Woolgar het in hulle boek, Laboratory life: The social construction of scientific facts (1979), die objekte wat die natuurwetenskappe bestudeer tot teks gereduseer (1223). Dit het aanleiding tot “the Science Wars” gegee, as teenhanger vir “the Culture Wars” (1238).

‘n Teks het ‘n konkrete skepper, die outeur, maar ook dié word afgebreek in Barthes se The death of the author (1968). Die teks word beskou as ‘n multi-dimensionele ruimte waaraan die leser betekenisse heg, met die outeur wat volgens Foucault beperkend hierop inwerk (941). “The author is not the source of meaning but rather a limiter of it … authors do not create works. Works create their authors. The author is a function of the text, a product of language, not its source … Subjectivity itself is a function of language … The self is a product of text. This notion forms the basis of the transgender theoretical position that one’s gender identity depends, finally, on naming” (949). Dus: Jy is wat jy jouself noem. Jy besluit self wat jou identiteit is, bv of jy ‘n man of vrou of ‘n geslagsmengsel is.

Die outeur (972) en talle ander verskynsels, veral dié waarvan polities byderwets nie gehou word nie, word konstrukte genoem. Direk teen die empiriese feite in word beweer: “The facts of biology have nothing to do with the ‘reality’ of gender identity” (1260). “Radical constructivism can be found in the social justice movement, particularly in transgender theory. Transgender theory holds that empirical data – chromosomes, anatomy, physiology, and hormones – do not determine gender. Gender is determined by beliefs about empirical information, and ultimately, by naming, by language” (1315). Sowel Barthes as Foucault was homoseksueel. Dit is diesulkes wat die grondslag vir ‘n nuwe sonde gelê het: “I was guilty of a social justice version of original sin – the inexpiable sin of being born into white straight masculinity” (1199).

Homoseksualiteit het deesdae skynbaar ‘n hoër en onaantasbaarder status as heteroseksualiteit. As modeverskynsel dank homoseksualiteit sy opgang aan Karl Marx en Friedrich Engels wat in 1848 geskryf het “that the modern family was a product and function of capitalism” (1409). Dit verduidelik die fel aanslag deur kulturele marxiste, dikwels in feministiese (insluitende lesbiese) gewaad, teen die tradisionele gesin. Samevattend: Hoewel die aanhangers van postmodernisme soms ‘n greintjie waarheid beet gehad en veral dogmatisme laat wankel het, is dit ‘n benadering wat uitmunt in dwarsheid en deurlopend deur eie gerasionaliseerde retoriek gevoed word, sodat die resultate kultureel oorwegend destruktief is.

Ná die era van postmodernisme het sosiale geregtigheid in 2016 in die akademie op die voorgrond getree. Rectenwald se nagraadse studie was eerder in tekstuele politiek as in Engelse taal- en letterkunde. “Dead white men had ruled the English canon long enough” (1027). “Other suspects were singled out for prosecution – including an exclusive focus on the text itself (New Criticism), assuming the centrality or superiority of European culture (Eurocentrism), implicitly endorsing heterosexuality as a norm (heteronormativity) … and the privileging of the masculine in the construction of meaning (phallogocentrism” (1035). “In 1955, the sexologist John Money seeded the gender jackpot when he introduced the term ‘gender roles’ … gender was a ‘social construct’ – the woven product of socialization and social environment, as opposed to nature” (1096). “The transgender movement has since turned gender into a matter of individual whimsy, treating gender ‘choice’ like an ice-cream flavor preference” (1103).

“The social justice notion that each person has their own truth … can be traced to [György] Lukács” (1885-1971), ‘n marxis – soos so baie van diegene wat ‘n leidende rol in postmodernisme en sosiale geregtigheid gespeel het en steeds speel. “For social justice believers, knowledge is personal, individual, and impenetrable to others” (1177). Subjektiewe kennis word onbetwisbare kennis geag en neem die plek in van neutrale en objektiewe kennis (1035). “According to postmodern theory, the very idea of ‘objective truth’ is a master narrative. Under social justice ideology, objective truth is a legacy of patriarchal white supremacy” (1192).

Die stryders vir sosiale geregtigheid kry dit reg om net so absurd soos die postmodernes te wees. “Social justice ideology does not foster egalitarianism. Rank is maintained, only the bottom becomes the top when the totem pole of identity is inevitably flipped upside-down and stood on its head. (Rank is established on the basis of intersectionality, a grid for determining the number of ways that a subject is subordinated based on race, gender, sexual orientation, and so forth.) Is it any wonder then that social justice warriors compete valiantly for the status of ‘most subordinated’ in the games derogatorily referred to as ‘the Oppression Olympics?’ The race to the bottom is really a race to the top – although the race is downhill” (1185).

Die hooggeprese Belydenis van Belhar (1986), waarmee die VGK te koop loop en die produk van mense soos Jaap Durand en Allan Boesak se politieke wensdenkery eerder as Bybelgebaseerd is, is deurdrenk met dieselfde sterk gif van sosiale geregtigheid. Daarvolgens hoort die onderstes ook bo: “God … op ‘n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die verontregte is.”

Hierdie proses, waarvolgens die onderstes bo móét kom, het Rectenwald as egte akademikus tereg gegrief. “Resorting to blatant tokenism in hiring and promotion jeopardizes the integrity of higher education” (1710). Maar dit het ook aan Suid-Afrikaanse universiteite algemeen aanvaarde praktyk geword: dosente word in groot mate op grond van ras gewerf, aangestel en bevorder pleks van suiwer ingevolge akademiese verdienste. “There is no necessary connection between identity and ideas, identity and talents, identity and aspirations, or identity and beliefs … if we want to foster real diversity in higher education, we had better consider not only diversity of identity but also diversity of thought and perspective. It is this kind of diversity that we are supposed to recognize and foster in the first place” (1717). Dit is diversiteit van idees wat skromelik aan die oorwegend linkse Amerikaanse en Suid-Afrikaanse universiteite ontbreek.

Hier bo is aangetoon dat ‘n mens ingevolge postmoderrnisme en sosiale geregtigheid na bewering die (onvervreembare) reg het om jou eie identiteit te kies, bv of jy ‘n man of ‘n vrou of ‘n mengsel van hierdie twee is. “Oregon and California have implemented a third gender choice on driver’s licenses and other forms of identification” (1784). “Gender (or even sex difference) is determined by beliefs … and ultimately by language … Gender identities exist along a spectrum … sliding between the distant poles of ‘cis’* and trans … gender can ‘change from day to day'” (1748). “Under social justice ideology, belief claims trump empirical evidence. Scientific evidence itself is deemed white supremacist, sexist, and patriarchal” (1756).

[* cis: “Cisgender is a term for people whose gender identity matches the sex that they were assigned at birth” (Wikipedia).]

Die jaar 2016 was die keerpunt in Rectenwald se lewe. “The University of Michigan [in Ann Arbor] instituted a policy whereby students were offered a carte blanche pronoun preference opportunity. Students were encouraged to choose existing pronouns or create pronouns of their choice, without limitation … they could then demand to be called by these pronouns inside the classroom. No matter what pronouns a student chose, the university promised to honor their choices. One clever student entered ‘His Majesty’ as his chosen pronoun … The satirical trope hilariously underscored the absurdity of gender and pronoun proliferation, and the institutional lunacy that has attempted to keep pace with it. It was a send-up of the university administrators who enacted such a policy but also underscored the absurdity that the social justice movement had managed to have codified within institutions of higher education” (1726). “The social justice creed … was made official policy in most colleges and universities in North America” (127). Rectenwald was keelvol hiervan. Die besluit van die University of Michigan was die sneller wat hom in opstand laat kom en hom tot aksie laat oorgaan het.

“That very night [September 12, 2016 – 156) I created the Twitter account – the notorious DeplorableNYUProf, with the @antipcnyuprof handle” (1741) – NYU = New York University, pc = politically correct. In die boek is daar ‘n bylaag met sy “best tweets”, bv “Political correctness is a code to silence dissent as Western society is razed” (2022). Hy verwys na die “PC Gestapo” (178, 337). In ‘n ander bylaag is daar ‘n seleksie van sy Facebook-inskrywings. In sy twiets en elders toon Rectenwald aan dat “social justice activism is limited to particular forms of textual signaling, primarily to ‘virtue signaling’ and ‘call-out’. Virtue signaling is the announcement of one’s political (and moral) worthiness and virtue, often by means of an implicit or explicit comparison of oneself to politically ‘evil’ others. Call-out refers to the ritualized, direct denunciations of politically evil individuals and groups. It sometimes calls for their loss of employment in addition to their loss of social standing” (1929). Wat Rectenwald in die sosiale media geskryf het, het binne enkele dae tot gevolg gehad dat hy verplig is om met betaalde verlof te gaan. Hy is eers die jaar daarna toegelaat om sy doseerpligte te hervat, terwyl sy kantoor na ‘n ander gebou as dié van die Engelsdepartement verskuif is.

“On college [university] campuses, social justice is evident with the prevalence of [1] ‘safe spaces’, [2] ‘trigger warnings’, [3] ‘bias reporting hotlines’, and [4] the ‘no-platforming’ of speakers – to say nothing of speech codes” (43). Laasgenoemde is plaaslik aan ons bekend as bv “haatspraak”, waarvolgens nie-blankes, veral swartes, nie geëtiketteer mag word met benamings waarvan hulle nie hou nie.

[1] “In colleges and universities, safe spaces are areas set aside for victims of unpleasant speech acts or ‘discursive violence’. I have argued that in the context of higher education, safe spaces constitute a means of self-imposed cultural containment … a corked ‘jug’ of cultural isolation” (50). Veilige ruimtes beskerm studente teen die aanhoor van idees waarvan hulle nie hou nie, terwyl dit ‘n wesenskenmerk van universiteite behoort te wees om alle studente met ‘n wye verskeidenheid van idees te laat kennis maak. Die gebruik van die k-woord word ingevolge sosiale geregtigheid as diskursiewe geweld beskou en ‘n groot bohaai word daaroor opgeskop, maar werklike misdadige en terroristiese geweld, bv plaasmoorde, word nie naastenby met dieselfde felheid veroordeel nie. ‘n Vindingryke verwikkeling is dat Dan Roodt die woord “kaderboetie” gebruik (Twitter 6.06.2019).

[2] “Originating in feminist social media sites and blogs, the trigger warning migrated to the academy, where it became expected on syllabi for alerting students about course content that may be stressful, or ‘triggering’ of negative emotions. Not only do trigger warnings curtail expression … the trend can lead to the removal of offensive texts from the curriculum entirely” (58). In die praktyk kom dit daarop neer dat lesings en voorgeskrewe materiaal polities byderwets moet wees; dat linkse (nie-blanke) studente as tere sneeuvlokkies beskou moet word wat nie ontstig mag word en tot ander en dalk beter insigte gebring mag word nie.

[3] “Basic reporting hotlines are means for students and others to contact bias administrators or ‘bias response teams’ when they experience or witness a ‘bias incident’. A bias incident, bias infraction, or micro-aggression is an event that results from biases toward members of marginalized groups, including races, sexual orientations, genders, or ‘non-gendered’ people” (58). “Although the University of Chicago does not abide safe spaces or trigger warnings, like over 230 other colleges and universities nationwide, it has a bias reporting hotline” (66).

[4] “No-platforming is the blocking of ‘dangerous’ speakers from speaking on campuses, especially those expected to commit ‘discursive violence’. The alt-right necessarily commits discursive violence. But many other speakers do too” (66). Hy noem dan Milo Yiannopoulos (Praag 7.10.2017), Charles Murray, Ben Shapiro en Dave Rubin as voorbeelde van sprekers wat op kampusse verbied is. Universiteite wat sosiale geregtigheid onderskryf “have tragically abdicated their roles as politically independent institutions for the advancement and transmission of knowledge and wisdom … In mandating social justice ideology, universities have abandoned this legacy of open and free inquiry” (120). “On matters of gender, sexuality, and identity broadly construed, whole avenues of inquiry were foreclosed on the basis of sancrosanct tenets deemed immune from scrutiny” (163).

Soos ek in vorige rubrieke uitgewys het, is universiteite nie meer die tuiste van uitdrukkingsvryheid, insluitende akademiese vryheid, en universitêre onafhanklikheid nie; allermins Suid-Afrikaanse universiteite sedert 1994. Navorsingsvryheid bestaan nie meer nie, soos onlangs aan die Universiteit Kaapstad en Stellenbosch geblyk het. Navorsingsresultate moet polities byderwets, dus ooreenkomstig die voorskrifte van postmodernistiese teorie en sosiale geregtigheid, wees. Dit verskans alle nie-blankes teen akademies-wetenskaplike resultate wat vir hulle “pyn” kan veroorsaak, soos Wim de Villiers daarna verwys het.* “The derailment of academic institutions harms not only students but it also threatens the broader society, not only by undermining faith in knowledge claims but also by prejudicing the institutions supposed to cultivate the well-versed, thinking, and reasonable people required in a democratic society – people capable of open inquiry, debate, disagreement, and conflict resolution, without recourse to masks and knives” (127).

[* “Science is not moral and the morality of a position is completely irrelevant to whether or not it is logically and empirically justifiable … biased scholars will tendentiously argue that there is never sufficient proof for hypotheses that they dislike” (Edward Dutton, Race differences in ethnocentrism, London: Arktos, 2019, 276p; Amazon Kindle $12.64, 1102).]

Met sy verwysing na “masks” kry Rectenwald ‘n steelhou in teen die Ku Klux Klan. Sy verwysing na messe kan toepaslik in Amerika wees. In ons “jong demokrasie” word sake, in navolging van die vredesikoon Nelson Mandela, dikwels eerder met geweld as polities besleg. Naas messe word bv brandstigting (soos met petrolbomme) en vuurwapens in aanvalle gebruik. Die rehabilitasie van akademiese vryheid, van oop gesprekke aan universiteite, sal in Suid-Afrika, met sy kolossale getal ongeletterdes en oningeligtes, ‘n veel kleiner trefkrag as in Amerika hê. In landsbelang moes ons “jong demokrasie” liewer nooit die lewenslig aanskou het nie.

Wat die voorafgaande uiteensetting duidelik maak, is dat die sosiale geregtigheidsbeweging ‘n uitvloeisel van postmodernisme is, wat op sy beurt sy wortels in marxisme het. Nadat marxisme as ekonomiese stelsel veral sedert 1990 in onguns veval het, kan die linkse politieke spektrum in sy geheel as kulturele marxisme geëtiketteer word. In kulturele marxisme speel militante feminisme en haar troetelkind, homoseksualiteit, ‘n sleutelrol in pogings om bv die tradisionele huisgesin – bestaande uit ‘n manlike man, ‘n vroulike vrou en heteroseksuele kinders – te ondergrawe.* Wat die situasie in Suid-Afrika nog meer onverkwiklik maak, is dat ons sedert 1994 deur kamerade regeer word wat in baie opsigte marxisme steeds in sy tradisionele gewaad aanhang. Die rooi gevaar het hom in ons midde gevestig; nie as tjommie nie, maar as heerser. Soos Raka het hy ingesluip. Dit lyk nie asof hy verwilder en uitgesluit gaan word nie, want daar het nie eens protes opgeklink toe bv die hoof van die plaaslike kommuniste as minister van hoër onderwys aangestel is en hy jare lank in daardie pos gefunksioneer het en weer terug daarin is nie.

[* ‘n Hooftema by die Noorweegse Nobel-pryswenner, Knut Hamsun (1859-1952), is “rediscovering one’s roots in the simple life, in family, and in children” (KR Bolton, Artists of the Right: Resisting decadence, San Francisco: Counter-Currents, 2012, 208p; Amazon Kindle $6.89, 1286). “The rearing of children is the purpose of Being of the wife and mother, as much as that might be sneered at now, but as [Oswald] Spengler [1880-1936] noted, there is nothing more important than the continuation of a family lineage, generation after generation … there is nothing more dreadful than being the last of a family’s line” (1324). In sy boek, The hour of decision (1933 – Praag 12.11.2016), skryf Spengler: “A woman of race does not desire to be a ‘companion’ or a ‘lover’, but a mother … the instinct of a strong race speaks in the pride that large families inspire, in the feeling that barrenness is the hardest curse that can befall a woman and through her the race” (1332).]

Dan Roodt: GroenLinks en Afrikaans — Azille Coetzee se Amsterdamse relaas

Teen my beterwete in, het ek $20,70 (R300 op ‘n rand of twee na) betaal vir die Kindle-weergawe van Azille Coetzee se debuut, In my vel — ‘n reis . (Tafelberg, 2019). Die skryfster is onbeskaamd links, feministies, kultuurmarxisties en het selfs die liberale Helen Zille oor die kole gehaal vanweë haar “rassisme en kolonialisme” (sien foto hier bo). Soos “ahistories” die teenoorgestelde van histories is, is “Azille” dus die antitese van “Zille”, want sy identifiseer met die verlinkse uithoek van die politieke spektrum.

Nou die dag het die idee by my opgekom dat “links/regs”, die ou tipering uit die dae van die Franse Revolusie nie eintlik meer vandag se politieke stryd afdoende benoem nie. Veel eerder woed die oorlog nou tussen twee pole wat ek “tradisie” en “dekadensie” sou noem. Natuurlik oorvleuel dit steeds met regs/links, maar die aard van die stryd is nóg dié van ‘n ekonomiese klassestryd nóg dié van “beskawingskonflik” of Kulturkampf à la Huntington. Veel eerder gaan dit om ‘n konflik tussen diegene wat Westerse afgang — “die ondergang van die aandland” soos Spengler dit beskryf het — bepleit of bevorder en diegene wat dit teenstaan en Tradisie, met ‘n hoofletter-T, wil beaam, beskerm en handhaaf.

Die vertelster is nie net verlinks nie, maar ook dekadent. Tydens haar verblyf in Amsterdam sê sy eers haar kêrel wat haar Nederland toe vergesel het — wat bloot as “C” bekendgestel word — af en slaap dan by ‘n hele alfabet van ander mans, waaronder ‘n ouer man wie se identiteit as “Die Nederlander” aangegee word. Sy neem ook aanmekaar alkohol in. Dit lyk asof In my vel eintlik ‘n soort “outobiografiese vertelling” à clef is waarin die name van bepaalde persone verswyg word, maar waarin die werklike ervarings en menings van die skryfster weergegee word.

Op een vlak is dit dus ‘n soort Boereweergawe van iets soos Cathérine Millet se La vie sexuelle de Cathérine M, ‘n berugte Franse outobiografie deur ‘n kunshandelaar wat haar vergryp aan orgies, seks in die openbaar en ander meer ekstreme ervarings. Ek sê “Boereweergawe”, want kennelik het iets oorgebly van Azille Coetzee se kinderdae as boorling van Bellville “agter die Boereworsgordyn van die Kaap” soos sy dit stel, en het sy nog nie “gepromoveer” tot volskaalse dekadensie soos Cathérine Millet of vele ander soortgelyke Franse skryfsters wat onder andere ook in pornografiese films opgetree of prostitusie beoefen het nie.

Iewers laat Azille Coetzee haar egter positief uit oor “sekswerkers” — asook dwelms! Al het sy dus nog nie die hoogste sport in dekadensie bereik nie, moontlik vanweë haar Calvinistiese Afrikaanse skoolopvoeding aan die Hoërskool D.F. Malan, beskaam die hoop nie dat sy ons moontlik nog gaan vergas op die meer “volwasse” weergawe van haar “reis” op die breë weg nie.

Iewers gebruik sy die Engelse woord “journey” om haar lewensverhaal te beskryf. Daarom haas ek my om by te voeg dat, anders as Cathérine Millet s’n, is haar vertelling heel kuis en behoort geen ouderdomsbeperking te geld nie. Waar die boek egter wel aanstoot gee, is in die gebruik van onnodige Engelse woorde waar gangbare Afrikaanses bestaan. ‘n Mens lei af uit een gedeelte waar sy die “kreoolse herkoms” van Afrikaans besing dat sy eerder ‘n soort “Kaaps” wil besig, maar selfs dít is nie baie geslaagd nie, want die tegniese en akademiese woordeskat van “Kaaps” skiet waarskynlik tekort om sommige van haar eenvoudige feministiese of marxistiese begrippe oor te dra.

By ‘n onthaal raak sy aan die gesels met ‘n ouditeur, Danie, en val sommer met die deur in die huis deur haar linkse, “anti-koloniale” identiteit aan hom oor te dra:

Dis nog ’n laataand by nog ’n partytjie. ’n Verjaardagpartytjie van ’n Afrikaanse ouditeurkennis van my, met keurige catering, craft-bier en ’n playlist van golden oldies. Deloitte Suid-Afrika-styl.

Ek is spyt ek het gekom. Ek sit en gaap in ’n vensterraam van die luukse woonstel op die sesde vloer en kyk uit oor die stad wat wasig is agter die vlae reën, die presiese lyne van die netjiese dakke troebel in die donker.

Nes ek die wilskrag bymekaarskraap om op te staan, my jas aan te trek en die vyf kilometer lange fietsrit terug na De Pijp aan te pak, in die reën, kom daar iemand langs my op die vensterbank sit. Ek sug en staal my vir ’n laaste sarsie small talk.

“PWC?” vra hy. En toe ek my kop skud: “O, KPMG? Ek het jou nog nie by ons gesien nie? Ek is Danie, ek is by Deloitte,” steek hy sy hand uit en groet my met ’n stewige Afrikaanse handdruk. Iets wat ek nogal mis hier in Europa.

Aan sy natuurlik gespierde arms en bobene wat ’n mens deur sy klere kan sien, lei ek af dat hy ’n ouditeur is wat handearbeid ken, wat ’n ploeg kan stoot. Waarskynlik op ’n plaas grootgeword, werk net bietjie in finansies om geld te spaar en die wêreld te sien voordat hy oor ’n paar jaar die boerdery by sy pa oorneem, raai ek.

“Waar kom jy vandaan?” vra ek.

“Riversdal,” sê hy. “Ons boer met skape, maar ek het op Stellenbosch geswot. Is nou al drie jaar hier in Amsterdam en wil nog ’n jaar bly.”

Ek was reg.

“By watter firma is jy?” vra hy.

“Nee, ek is by die universiteit,” sê ek.

“O, wat swot jy, regte?” vra hy geïnteresseerd.

“Nee, filosofie.” Ek hoop om hiermee die gesprek te beeindig, soms is die noem van my studierigting genoeg om enige vinnige gesprek, of romantiese belangstelling, in die kiem te smoor, veral hierdie tyd van die aand.

Maar Danie is lus vir gesels.

“O, so jy kan my persoonlikheid analiseer?” sê hy. “Ek soek al heelaand iemand vir wie ek my probleme kan vertel.”

“Nie sielkunde nie. Filosofie. Dis iets anders.” Ek kan nie help om te glimlag nie, so vinnig val Danie se gesig. En om die finale slag aan ons gesprek toe te dien, voeg ek by: “Feministiese filosofie.”

Ek maak reg om op te staan. Maar ek onderskat vir Danie.

“Okay, maar vertel vir my,” sê hy. “Ek wonder nog altyd wat filosofie nou eintlik is. En feminisme, for that matter.”

Ek kyk op my horlosie. Twintig oor elf. Ek kan seker maar nog ’n paar minute bly. Dit reën nog katte en honde. Ek sit weer terug.

“Wel, ek vra hoe feministiese denke uit Afrika ons kan help om dekolonisering te bedink. So, ek kyk na hoe die Afrika-filosofie dink aan die liggaam, aan seks, aan die verskil tussen die geslagte en die verhoudings tussen mense en probeer sien hoe dit ons kan help om die koloniale denkwyses wat ons wêreld definieer, te kritiseer en te begin afbreek.”

Danie dink ’n bietjie; ek sien in sy oë, agter sy brilglase, hoe sy kop aan die werk is.

“Okay, maar dekolonisering. Hoekom?”

Ai, ek moes geweet het.

Maar voordat ek my lang antwoord kan begin, praat hy verder. Duidelik ’n saak na aan sy hart.

“Kolonialisering was góéd vir Afrika. Waar sou hulle gewees het as die Hollanders en Britte hulle nie kom ophef het nie?”

Ek probeer hom in die rede val, maar hy stuur voort.

“Maar eintlik, wat ek wil sê, is, hulle was nie eens daar toe ons daar aangekom het nie. Die Britte het die Afrikaners kom kolonialiseer. Maar toe ons aan die begin daar aangekom het, was daar niemand nie.”

“Wie is ‘ons’ en wie is ‘hulle’?” kry ek vinnig my vraag in voor hy aangaan.

“Ons is die Hollanders en hulle is die swart mense,” haal hy sy skouers op. “En die kleurlinge, of wat ook al.”

Hier is my kans: “Ek is nie ’n Hollander nie,” sê ek.

“Ja, man, jy weet wat ek bedoel,” sê Danie.

Al weer. Daar is so baie wat onuitgesproke aangevoer word wanneer Afrikaners oor politiek praat. So baie wat ons voel ons nie hoef te sê nie, omdat ons aanneem dat daar konsensus is, al is dit nie meer polities korrek om dít waaroor ons konsensus het, hardop te uiter nie. Ómdat ons Afrikaners is, wéét ons hierdie dinge, hoef ons dit nie te sê nie.

“Ek is Afrikaans, ek is ’n Afrikaner, nie ’n Hollander nie,” sê ek.

“Afrikaners ís Hollanders,” sê hy. “Jy kan dit mos hoor aan ons taal. Hollands in Afrika, bietjie getweak deur die boere, maar nie te erg nie.”

Dis nie waar nie, Danie. Jy soek verniet vir suiwerheid, veral in ons taal. In die voue van Afrikaans sit die Khoi. Vra vir die taalkundiges, Danie, vra hulle. Daar is rekords van Khoi-mense wat Nederlands kon verstaan so vroeg soos 1595, vóór die koms van Jan van Riebeeck. Hulle dryf handel met die Nederlanders wat by die Kaap verbygekom het voor die vestiging van die VOC. Die Khoi-mense rol die Nederlandse woorde in hul monde rond, buig dit. Breek die sinne, sit hulle terug aanmekaar, sodat die ritme reg sit, blaas rym daarin, sodat dit betekenis kry hier onder die sterre, die oopblou lug, op die liggrys grond op die suidelike punt van die Afrika-kontinent.

Jou voorgeslagte, Danie, die veeboere van die agtiende eeu, wat hulself later Afrikaners begin noem, praat nie Hollands nie. Hulle praat veeboerafrikaans wat gevorm word in noue aanraking met die Khoi-Afrikaans van die Khoi-mense. Die Khoi en die veeboere is afhanklik van mekaar in die Kaapse binneland. Wanneer hulle met mekaar praat, slaan hulle oor tussen Khoi-Afrikaans en veeboerafrikaans. Khoi-Grensafrikaans word dit.

Wie is ons, wie is hulle? Nederlands vergader stof, hierdie lewe vind nie uitdrukking in die swaar sinne met hul stadige verbuigings nie. Hierdie lewe in die helder son, waar ’n mens lig moet trap, waar god in die sterre sit en die dood om elke draai. Hiervoor het ons ’n ander taal nodig.

Nederlands word afgestof wanneer ’n mens ’n brief wil skryf, of formaliteite in rekords wil vasvang, geboortesertifikate. Daarvoor kan ’n mens dit nog gebruik.

Maar nie vir lank nie. Afrikaans vind wel sy geskrewe vorm. Maar nie soos ons wil glo nie, nie in die bleek ou penne van die Hollanders nie. Hier ook is Afrikaans bruiner as wat jy dink. Met ’n klein bietjie ondersoek kom die steriele suiwerheid waarvan Afrikanernasionalisme ons wou probeer oortuig so vinnig tot niks. In die sewentiende eeu word Moslem-mense as slawe na die Kaap gebring om arbeid te verskaf aan die nuwe kolonie. Later praat hulle Afrikaans en aanbid hulle in Afrikaans in hul Madrasah in die Bo-Kaap van Kaapstad. In die negentiende eeu vertaal die kerkleiers die heilige tekste tot in Afrikaans, maar skryf dit neer in Arabiese skrif waarin die Moslem-mense geleer lees en skryf het. Arabies-Afrikaans. Die klanke van ons taal, die lettergrepe en strukture dra ook die spore van die Moslem-spiritualiteit, die eggo’s van Malayu.

Afrikaner pas nie in die koloniale onderskeidings in nie. Dis nie óf Europees óf van Afrika nie. Dis nie óf wit óf swart nie. Dis nie óf setlaar óf slaaf nie. Nie óf uitheems óf inheems nie.

Afrikaans is nie óf óf nie, dis én én.

Ek is nie óf óf nie, ek is én én.

Vra die taalkundiges, Danie, vra hulle.

Wie is ons en wie is hulle?

“Jou logika werk nie,” sê Danie.

“Hoekom nie?” vra ek.

“As daar nie ’n ons of ’n hulle is nie, waaroor is die bohaai van dekolonisering dan?”

Danie lig sy wenkbroue, vat ’n sluk bier. Hy dink hy het my vasgevra.

En verder:

“So mooi hoe jy oor ons taal praat. Ek kan sien jy is ’n passievolle Afrikaner,” sê hy met ’n glimlag.

“Maak my sommer na ons land verlang. Het jy ’n boyfriend?” Hy kyk my reguit in die oë en tussen ons vind daar ’n fyn verskuiwing van energie plaas.

“Nee,” dring dit weer tot my deur. “Nie meer nie.”

Hy sit versigtig sy hand op my been. ’n Uitnodiging. Ek voel die hitte van hierdie mooi sterk Suid-Afrikaanse hand deur my jeans. En die suiwer gewig daarvan. My blik volg vlugtig die kragtige kontoere van sy liggaam, die groot voorarms, gedefinieerde skouers, bultende bobene …

Ek haal bogaande bladsye uitvoerig aan omdat hulle vir my die kruks van die boek bevat: Azille Coetzee se identiteitskrisis waar sy haar in Nederland bevind. Waarskynlik het sy in Suid-Afrika meer Engels, meer wêreldburger, vormloos, links en selfs anti-Afrikaner gevoel. Want Afrikaans en links gaan nie so lekker saam nie: Koos Kombuis het op ‘n stadium “uit die volk bedank”, terwyl figure soos  (Mal) Max du Preez, Piet Kopdoek en Christi van der Westhuizen enige oorblyfsels van ‘n Afrikaneridentiteit van hul afgewerp het en met oorgawe deelneem aan die soort Engelse en swart Boerehaatkultus wat sedert 1806, maar veral sedert 1994, in Suid-Afrika woed. Dit word mooi saamgevat deur frases soos “kill a Boer” of “Afrikaans must fall”. Die Afrikaner is “die ander”, die gehate, die verguisde, die agterlike, die “fascis”, “rassis”, “seksis” en elke ander “-is” uit die hatige leksikon van “Suid-Afrikaanse” (lees: derdewêreldse) linksheid.

Verder pak sy die “kreoolsteorie van Afrikaans” uit teenoor Danie, wat op min of niks taalkundigs berus nie. In die 1500 bladsye van Wannie Carstens se Die Storie van Afrikaans, wat elders op dié webblad deur Leon Lemmer geresenseer is, kan hy slegs “plekname” noem as konkrete bewyse van “Khoisaninvloed” op Afrikaans. (Leon Lemmer: Wannie Carstens se Storie van Afrikaans en Leon Lemmer: Wannie Carstens: Die hibridisering van Afrikaans.)

Op ‘n stadium deel Azille Coetzee ‘n woonstel met ander vroue, waaronder ‘n Sweed uit Stockholm. Pleks dat sy die Sweed uitgevra het oor hoekom Sweeds so erg “kreools” en vereenvoudig is, sonder dat die Swede ooit naby slawe of Khoisan gekom het?

In multikulturele lande soos Suid-Afrika polariseer sosiopolitieke verhoudings uiteindelik na die uiterstes toe: jy is óf EFF óf AWB, met die middelgrond wat wegkalwe. Dit is wat met die eens liberale, Engelssprekende Helen Zille, die voormalige “antiapartheidsjoernalis” gebeur het, en wat by implikasie ook besig is om haar oënskynlike teenhanger, A-zille, te tref… Anders as die vorige geslag “Afrikaanse” linkses, is sy nie meer in staat om haar Afrikaneridentiteit sonder meer te vewerp nie.

Dit maak haar ‘n “regse”, onvermydelik! Soos die linkse Franse koerant, Libération, ná die verskyning van Michel Houellebecq se vorige roman, Soumission (Onderwerping), geskryf het: “Hiermee het Houellebecq op een slag die vernaamste temas van die verregses in die Franse letterkunde ingebring.” Houellebecq was in sy jeug ‘n kommunis, maar omdat hy die komende islamisering van Frankryk gesatiriseer het, beskou Libération hom voortaan as “verregs”.

Die verslag van die Waarheids- en versoeningskommissie het dit onomwonde gestel: die Afrikaanse taal en kultuur is “outoritêr”, na die definisie van die kultuurmarxis Theodor Adorno. Om jouself post-1994 ‘n Afrikaner te noem, kom dus kragtens die heersende ideologie neer op ‘n erkenning dat jy ‘n “fascis” is! Netnou-netnou breek daar ‘n linkse heksejag op Azille Coetzee ook uit, soos toe ek destyds in 2005 met geweld gedreig is toe ek na die Woordfees op Stalinbos genooi is om oor my roman Moltrein te praat. Linkses is altyd “gewaltbereit”, soos die Duitsers sê.

Amsterdam, die prentjiemooi “ruimtelik geordende” stad met haar kanale, museums, kafees, restaurante, boekwinkels, kunsgalerye en die alomteenwoordige fietse, konfronteer die besoekende Afrikaner met die vraagstuk van sy herkoms en identiteit. Kortom, dít wat ek “tradisie” noem, teenoor die “dekadensie” van eenvoudig maar deur die Afro-Saksiese bevolkingsmeerderheid van Suid-Afrika geassimileer en verswelg te word.

Terloops, ‘n klompie jare gelede het die digter Breyten Breytenbach iewers die stelling gemaak dat “identiteit in Suid-Afrika geen toekoms het nie”. Hiermee het hy bedoel dat almal in die groot smeltkroes sou verdwyn en dat identiteit en die implisiete nasionalisme wat daarmee saamhang, ‘n “uitgediende, agtergehaalde begrip” was. Soos gewoonlik was hy verkeerd, en Azille Coetzee se boek is ‘n bewys daarvan. In my vel — ‘n reis gaan oor niks minders as die regse, selfs verregse vraag rondom identiteit nie. Nie verniet nie word daar in Frankryk, Oostenryk en elders na nasionaliste as “identitêres” verwys. Onthou dat identiteit, veral in die Engels-linkse sfeer, altoos as “vloeibaar, verganklik en onbelangrik” aangebied word; dis ‘n “verbeelde konstruk” soos een of ander dom Brit kwytgeraak het; ons is “wêreldburgers, geslagloos, identiteitsloos”.

Ná aan sy dood het die Amerikaner Samual Huntington natuurlik ‘n boek oor die Amerikaanse identiteit geskryf met die titel: Who are we? Aan die begin van In my vel — ‘n reis, herhaal Azille Coetzee die vraag:

Op nog ’n Vrydagaand in Amsterdam, soos baie ander van sy soort, kom ek weer eens te staan voor die vraag wat sny tot op die been van die wit Suid-Afrikaner. Waar kom ek vandaan?

Wie is ek?

Sy erken insgelyks dít wat ek, Leon Lemmer en ander al jare lank sê, stemme roepende in die woestyn van hierdie o so Engelse land, naamlik dat daar “identiteitsverwarring” heers:

Omdat so baie mense in postapartheid-Suid-Afrika besig is met belangrike en moeilike identiteitskuiwe, het ek nie besef dat daar groepe mense is wat so seker is van wie hulle is, en so trots op hul kultuur en taal is, soos die Nederlanders nie. Die Nederlanders wéét wie hulle is. Hulle weet waar hulle vandaan kom en waarvoor hulle staan. Hul taal en kultuur is ondubbelsinnig, en skaamteloos, húlle s’n. Hulle kan wel spot met dit wat “gewoon echt Nederlands” is, ironies daarmee omgaan, of soms aspekte daarvan bevraagteken, maar dit is omdat hulle dit so goed ken en hulle dit so volledig toe-eien. Ek beny die Nederlanders hul rotsvaste selfverstaan en tussen hulle word ek werklik bewus van die identiteitsverwarring en onsekerheid wat my bestaan kenmerk en vorm.

Indien Azille Coetzee in Frankryk, Italië, Pole of Rusland sou gewoon het, sou sy die “rotsvaste selfverstaan” van Nederlanders in oortreffende trap by dié groter Europese volkere aangetref het en waar Engels nog glad nie op dieselfde vlak as in byvoorbeeld Nederland en Skandinawië ingedring het nie. In ‘n hotel in Lublin, ietwat suid van Warskou, het die man by die ontvangs nie ‘n enkele woord Engels, Frans of Duits geken nie — net Pools. Op een woord na, bygesê: “wifi”. Maar as dit op Engels uitgespreek word, het hy dit nie herken nie. Dit moes met ‘n Poolse aksent geuiter word, dan kon hy dit vaagweg eien as iets wat hy ken.

Azille Coetzee vertoon ‘n onhebbelike voorliefde vir anglisismes en selfs lukraak Engelse woorde wat altyd by my ‘n gevoel van eksistensiële naarheid (nausée) veroorsaak. Daarom vra ek die leser om verby die swak taal van die volgende vier sinne te kyk (of die lugsakkie byderhand te hou) en eerder te fokus op die identiteitsverwarring wat sy verwoord:

Om ’n wit Suid-Afrikaner te wees in hierdie sin is om in ’n soort liminale ruimte te verkeer. Ons is in Afrika, eeue al, maar ons teenwoordigheid is omstrede en voel fragiel, ons tuishorendheid word voortdurend in twyfel getrek deur onsself en deur ander.

In Afrika is ek Europeër, en in Europa is ek Afrikaan. My herkoms is ’n inkoherensie waarvoor niemand eienaarskap wil neem nie.

Eintlik lieg Azille Coetzee vir ons. In Europa is ons juis nie “Afrikane” nie! Destyds toe ek Parys toe is, wou die Franse ambassade om rassistiese redes nie vir my ‘n beurs gee om soontoe te gaan nie, want ek was ‘n blanke. Toe ek op eie stoom eers in Parys aanland en daagliks die moltrein werk toe neem, kom ek agter dat dieselfde swart Suid-Afrikaanse studente wat deur die Franse regering van rojale beurse voorsien is, elke dag in die moltrein deur die polisie voorgekeer word vir die sogenaamde “identeitskontroles”. Want hulle was swart.

Dit druk vir my die paradoks van politieke korrektheid mooi uit. Al sê die teorie nou ook wat, in die praktyk werk dit gewoonlik andersom. Dieselfde links-liberale persoon wat in Suid-Afrika popel oor die vreugde van multikulturele samesyn, sal vir hom ‘n huis in ‘n veiligheidsbuurt koop. Linkse politici in Amsterdam woon insgelyks nie in Moslem-ghetto’s nie, maar in die duurste, mees Nederlandse deel van die stad, binne die “Grachtengordel”. Mal Max du Preez se oproep van jare gelede dat witmense nou hul rassisme moet los en in die lokasies moet gaan bly, het onbeantwoord gebly, ook deur Max self.

Ek het ‘n hekel aan die postmodernisme wat ek tydens my jeug geesdriftig aangehang het. Maar dit was ook vir my destyds ‘n soort rebellie teen die alomteenwoordige Britse marxisme in Suid-Afrika, die hegemonie van Joe Slovo et al wat, lank voor die ANC-SAKP ons land kom beset het, reeds aan die plaaslike Engelstalige universiteite gevestig was. Ek is trouens by Wits uit ten minste een departement geskors omdat ek “die ligsinnige Franse teorieë van Barthes, Derrida, Deleuze, Baudrillard en Lyotard ernstig opgeneem het”, en nie die suiwer kultuurmarxisme van Adorno, Marcuse en Lukács wou napraat nie.

Aan die ander kant is daar een postmoderne begrip wat vir my die Afrikaner se verhouding tot Europa uitdruk, en dit is “gedesentreer”, dit wil sê, buite die sentrum. In Suid-Afrika word ons weliswaar deur die huidige rassistiese en afrosentriese bewind as “Europeërs” gesien, maar om die Kommunistiese Party se aaklige cliché aan te pas, “ons is Europeërs van ‘n spesiale tipe”. Ons woon buite die sentrum. Dit maak ons egter nie minder Westers en Europees nie; vandaar die term “Eurokaner” wat ek graag gebruik. Ons is geen “Africans” (swartes) in die Engelse sin van die woord nie.

Elders in haar teks sê Azille Coetzee:

In Nederlands gebruik ’n mens die woord “Afrikaans” om te verwys na enige iets van Afrika. In Afrikaans het ons nie ’n woord vir “African” nie, die naam vir ons eie taal neem die hele ruimte op.

Tydens die negentiende en twintigste eeue was eers die Boererepublieke en toe die hele Suid-Afrika vanselfsprekend Westers, én Europees. Ons beskik oor ‘n eie inheemse kultuur, maar ons band  met Europa is sterker as dié van die Amerikaners, Kanadese of Australiërs, wat in elk geval Britse kolonies was. En nou is daar Brexit… die eiland wat sy bande met die Europese Vasteland drasties en simbolies wil verbreek. Soos sowel Theresa May as Boris Johnson al kwytgeraak het, is Brittanje “globaal”, met ‘n “globale taal”; dit staan bevreemd teenoor die Europese nasionalismes, die eie taal, eie kultuur, eie kos, eie musiek, eie tradisie.

N.P. van Wyk Louw het blykbaar op ‘n keer, volgens die skrywer John Miles, tydens ‘n lesing by Wits baie klem daarop geplaas dat Afrikanernasionalisme, waaronder ook ons taalnasionalisme, presies dieselfde patroon gevolg het as die Europese nasionalismes, ook min of meer in dieselfde tyd. Eeue lank reeds, per skip, en later per vliegtuig en teleks, maar deesdae via die kuberruim, het ons ‘n intense wisselwerking en kruisbestuiwing met Europa en veral natuurlik met Nederland onderhou.

Toe ek die eerste keer in Parys gekom het en ‘n koerant aan die ontbyttafel gelees het, het ‘n Franse vriend glimlaggend opgemerk: “Tipies Engels.” Wanneer Azille Coetzee skuim-om-die-mond fulmineer teen Afrikanernasionalisme, rassisme en dergelike meer, wil ek ook uitroep: “Tipies Engels!”

Engelse politieke korrektheid, Engelse sedelesse oor die Afrikanergeskiedenis… Dit bring my by die gebreke van Azille Coetzee se boek, sy dit dan ‘n debuut deur ‘n jeugdige skryfster, selfversekerd met haar kraakvars Ph.D. in Filosofie of Wysbegeerte van die Vrije Universiteit van Amsterdam.

Maak geen fout nie, ek is gek oor Amsterdam, Nederland en Nederlanders en voel my meer tuis daar as op enige ander plek in Europa, met die uitsondering dalk van Vlaandere. En Frankryk, waar ek darem die taal ordentlik kan praat. Maar in mentaliteit en kultuur, voel ek my baie naby aan Nederland, oneindig nader as aan enige anderstalige Suid-Afrikaner, met inbegrip van die plaaslike Engelse wat ek al jare lank “vervelend” vind, in die Nederlandse sin soos Coetzee dit so mooi vir ons verduidelik.

Desnieteenstaande, is Nederland nou nie eintlik ‘n land wat bekend is vir sy filosofie nie, anders as Duitsland en Frankryk byvoorbeeld. Nederlanders is handelaars, kunstenaars, digters, boere. Maar nie eintlik filosowe of groot ideoloë nie. Hulle is pragmaties, nes hul “neefs” hier aan die suidpunt van Afrika.

Daarom staan ek bietjie skepties teenoor ‘n Ph.D. in Filosofie van die Vrije Universiteit van Amsterdam. Veral in hierdie dekadente tye. In elk geval betrek Azille Coetzee kwalik enige filosofiese argument of denkrigting by haar Amsterdamse dagboek. Waar sy wel na “filosowe” verwys, is hulle eerder non-wysgere, soos die mallerige Kaliforniese feminis, Judith Butler, of swart-Suid-Afrikaanse skrywers en joernaliste wat oorborrel van anti-blanke retoriek.

Miskien gaan In my vel in Amsterdam onder die GroenLinkse burgemeesteres, Femke Halsema, deur vir “filosofie”. Halsema het mos redelik onlangs gesê dat geen nuwe name van “witte mannen” op straatnaamborde in ‘n nuwe buurt mag verskyn nie:

Recent adviseerde de commissie burgemeester Femke Halsema om de straten in een nieuwe wijk in IJburg te noemen naar de hoofdrolspelers van de Slag op de Zuiderzee in 1573. Allemaal witte mannen. ‘Dus toen zij met het idee kwamen van die kapiteins uit de 16de eeuw, heb ik de commissie er gewoon op gewezen dat dit niet in lijn is met het beleid van de stad.’, aldus Halsema.

Vervolgens adviseerde het stadsbestuur de Cnor om eens na te denken over de leiders van slavenopstanden. Dat zijn dan tenminste overwegend zwarte mannen.

Ook het ons al genoeg vreemde geluide gehoor uit Stalinbos, soos die Universiteit van Stellenbosch soms deesdae in die volksmond bekendstaan, om te wonder of ‘n opleiding aldaar — is Anton van Niekerk nie ook “professor van filosofie” nie? — nog enigiets beteken, ten minste in die geesteswetenskappe.

André P. Brink, wat hom gedurig as groot “feminis” voorgedoen het, was ‘n opperste rokjagter wat vroue verwond en misbruik het. Net so vind ek dit ironies dat Azille Coetzee, wat soos Femke Halsema gal braak oor “wit mans”, so gereeld in een se bed teregkom, waaronder ook “die Nederlander” wat vir haar ‘n verblyfvergunning verseker omdat sy dan as “partner van ‘n Nederlander” deur die administrasie geklassifiseer kan word.

Blykbaar is Azille Coetzee ‘n aanhanger van die ANC onder Mandela en Ramaphosa, maar nie onder Zuma nie. Dit klink vir my so half “hoofstroom-Stalinbos”. Sy rebelleer dus nie teen haar eie Kaapse maghebbers nie, maar konformeer teenoor die heersende akademiese ideologie.

Gegewe haar afkeer van “witte mannen”, kan ‘n mens seker die skryfster se politiek as GroenLinks na die Nederlandse norm tipeer.

Terloops is dit vir my nogal vreemd dat soveel beurshouers vanuit Stellenbosch wat in Nederland gaan studeer het, amper as Boerehaters terugkeer. Marlene van Niekerk, Gerrit Olivier… om maar enkeles te noem. Weliswaar tipeer Azille Coetzee haar steeds  as ‘n “Afrikaner”, maar sy wil ‘n ander inhoud aan die begrip gee as die tradisionele, wat meer strook met die Angel-Saksiese opvatting van “vloeibare, buigbare identiteit”.

Die waarde van die boek, half belydenis-van-‘n-maklike-meisie, half advertensie-vir-politieke-korrektheid-vanuit my-woonstel-in-sorgvrye-Amsterdam, is vir my geleë in die bydrae wat dit tot die debat oor Afrikaans-Nederlandse identiteit maak. Tot dusver is dié debat meer in behoudende of, na my term, “tradisionele” kringe gevoer, terwyl linkses of dekadentes hulle daaraan afgevee het. Hulle was bloot “wêreldburgers” of “mense met vloeibare identiteit op alle vlakke”.

In dié opsig kom In my vel soos ‘n torpedo vir die gemaklike linkse hegemonie wat daar sedert 1994 oor identiteitskwessies in Suid-Afrika geheers het. Dit herbevestig die begrip “Afrikaner”, sy dit dan op onsekere wyse, wat saam met Afrikaans aan die universiteite en in die howe afgeskaf moes gewees het. Die blote feit dat die boek by ‘n hoofstroomuitgewer verskyn, spreek van ‘n bres wat in die linkse hegemonie geslaan is. Eens het Die Burger omsendbriewe aan sy joernaliste uitgestuur waarin hulle verbied is om die woord “Afrikaner” te gebruik omdat die term, asook die mense, afgeskaf moes word. Nou herleef die begrip selfs vanuit linkse, dekadente kringe!

‘n Aspek wat Azille Coetzee nie aanroer nie, is hoe die internet die verhouding tussen Afrikaners en Nederlanders onherroeplik verander het. Dieselfde “witte mannen” wat destyds skeepskapteins was, het rekenaars, selfone en digitale kommunikasietegnologie tot ons beskikking gestel. Pleks van die oseaan te bevaar, seil ons nou op die internet, lees mekaar se boeke en artikels, kyk oor en weer YouTube-video’s in sowel Nederlands as Afrikaans.

Moontlik sal dié boek ook in Nederland gelees word. Coetzee se taamlik stereotipe sienings van Nederlanders mag amuseer, of selfs ontstel. Veral haar soort fanatieke Engelse moralisme en kultuurmarxistiese pogings om Nederland as ‘n “stelsel van blanke bevoorregting” voor te stel, mag dalk kommentaar in die “Moederland” ontlok. Tafelberg behoort aan Media24, wat op sy beurt ‘n filiaal van Naspers is en op ‘n stadium had Multichoice sy hoofkantoor in Hoofddorp, neffens die Schiphollughawe.

Coetzee is kennelik ook onkundig aangaande die groot rol wat Nederlanders, waaronder die “Hollanderonderwysers” en hul nakomelinge, in die totstandkoming van Afrikaans gespeel het. Vele van ons vroeë romanskrywers, soos Jochem van Bruggen en Johannes van Melle, was Nederlanders of van Nederlandse afkoms.

Afrikaners en Nederlanders staan maar nog aan die begin van ‘n nuwe toenadering en verkenning van mekaar. Sáám kan ons soveel uitrig en tesame met Vlaandere selfs ‘n nuwe “Dietse beweging” op tou sit.

Die Nederlandse parlement, oftewel Tweede Kamer, het hom onlangs by wyse van ‘n mosie uitgespreek téén grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika. Vergeleke met die jare van verguising, terreur en boikotte, was ons verhouding met Nederland nog nooit so goed sedert die 1950’s nie.

Ek het my die afgelope jare, weliswaar met die gasvryheid en hulp van sleutelpersone in Nederland, sterk beywer vir groter dialoog tussen Afrikaner-Suid-Afrika en Nederland. Terwyl die Nederlandse “linksvolk”, soos hulle soms genoem word, afsydig staan teenoor ons, vertoon die meer regse Nederlanders groot empatie met ons, leer en lees Afrikaans, luister Afrikaanse musiek en kyk Afrikaanse films op die internet.

Behalwe Afrikaanse ouditeure in Nederland, het Azille Coetzee blykbaar meesal met “linksvolk” verkeer en is sy kwalik bewus van figure soos Thierry Baudet, Martin Bosma, asook die joernalis Joost Niemöller wat ‘n groot rol speel om Nederland meer van ons haglike situasie bewus te maak.

Benewens Afrikaans-Nederlandse dialoog en debat wat moet voortwoed, sou dit goed wees as daar ook links-regse of, tradisioneel-dekadente, dialoog onder Afrikaners self plaasvind. Die Afrikaner-“linksvolk” in wie se geledere Azille Coetzee haar bevind, is vervul met ‘n irrasionele haat vir alles wat tradisioneel Afrikaans is, wat alles van Van Wyk Louw — die “nazi” soos Gerrit Olivier hom getipeer het — tot Steve Hofmeyr of leersoolskoene en kraaghemde insluit. As jy nie tekkies en ‘n Mandela-T-hempie dra nie, is jy vir hulle afstootlik.

Azille Coetzee vra die volgende retoriese vraag, wat eintlik op ‘n ontkenning van die Afrikaanse kultuur, die grootste wat daar nog ooit op die Afrikavasteland geskep is, neerkom:

Trouens, wat ís ons kultuur? Is dit al die boeretradisies (daardie two-tone hemde?), en die godsdiens? Is dit die boerekos? Is braai al wat oorbly? Die kontemporêre Afrikaner-identiteit bestaan in ’n soort kulturele leegte. Ek het geen tradisionele kulturele register waarin ek tuis voel en wat polities heeltemal aanvaarbaar is nie.

Het sy dan heeltemal níks aangaande Afrikaans aan Stalinbos geleer nie? Ons poësie en letterkunde, Romeins-Hollandse reg, teologie en filosofie, filmkuns, kunsmusiek, popmusiek, klassieke en moderne argitektuur, kookkuns, tradisionale drag, mode, ontwerp, reklamewese, Boeremusiek, tradisionele sport, vlae en ander simbole?

Soos enigeen van die Europese volkere, beskik ons oor ‘n lewende tradisie wat teen groteske aanvalle en uitwissing verdedig móét word.

Antjie Krog het verstaan dat om werklik anti-Afrikaans te wees en ons tradisie heeltemal te verwerp, moet jy jou liewer in Engels uitdruk. Coetzee se blote aandrang op Afrikaanse uitdrukking maak haar deel van daardie lewende tradisie. As sy dít nie begryp nie, moet sy maar die Amsterdam-Ph.D. teruggee soos sy blykbaar met haar Nederlandse verblyfskaart gedoen het.

Wat vir my persoonlik baie amusant was, benewens haar tipering van Afrikanerkleredrag as “two-tone hemde” (gaan kyk maar al die stylvolle foto’s van ons ou leiers in die eerste helfte van die twintigste eeu), is haar bewondering vir “Johannesburgse sofistikasie”. Met verwysing na ‘n vriendin, skryf sy:

…Elma, ’n ambisieuse Johannesburger oorspronklik van die Paarl, wie se plattelandse Afrikanerherkoms iets is wat soms ’n struikelblok is in die gesofistikeerde, stedelike besigheidswêreld van Johannesburg, waarin ’n mens privaatskool-Engels of Zoeloe, of meestal enige iets anders as Afrikaans praat.”

“Privaatskool-Engels,” ai. Dit is hier waar Coetzee se provinsialistiese Kaapse onderrok uitsteek, “provinsialisties” in die Franse sin van ‘n plattelander wat grootogig na die grootstad, Parys, staar. (Om Johannesburg en Parys egter in dieselfde asem te noem, is soos om ‘n vullishoop met ‘n kunsmuseum te vergelyk.) Johannesburg is deesdae niks meer as ‘n vulgêre hool vol gierige, korrupte mense met hier en daar ‘n McDonald of ‘n KFC nie. Die meeste Afrikaners in Gauteng koester net minagting vir die verval wat dié stad kenmerk, waaronder “wildplassen” soos Coetzee dit beskryf. Behalwe dat niemand ‘n boete van €150 opgelê word nie; dis deel van die norme en die stank.

Dekadentes beskik oor geen nuwe idees nie, benewens hul houding van: “laat gods water maar oor gods akker loop”. Laat die land verval, berus jou in oorheersing deur die aggressiewe Afro-Saksers, is hul houding. Hierteenoor put tradisionaliste hoop uit die groot ideologiese kentering wat tans besig is om in Europa plaas te vind, met die herlewing van skoonheid, voortreflikheid, galantheid, intelligensie, suiwer taal en uitdrukking, sedes in die breedste sin, asook nasionale trots.

In sy beroemde toespraak ná die Nederlandse verkiesing vroeër vanjaar, het Thierry Baudet verwys na die “uil van Minerva wat haar vlerke sprei as die aand aanbreek”, asook na “ons boreale wêreld”, ‘n uitdrukking wat linkse/dekadente joernaliste in Nederland met maniese angs en woede vervul het:

“Net als al die andere landen van onze boreale wereld, worden we kapotgemaakt door de mensen die ons juist zouden moeten beschermen. We worden ondermijnd door onze universiteiten, onze journalisten. Door de mensen die onze kunstsubsidies ontvangen en die onze gebouwen ontwerpen. En vooral worden we ondermijnd door onze bestuurders.”

Afrikaners mag gedesentreerd lewe, hier in ons “Suiderland” wat al male sonder tal deur digters en skrywers besing is, maar in wese behoort ons ook tot “die boreale wêreld”, die wêreld van die Noorde. In ons denke, asook in ons reëlgebonde en wetsgehoorsame gedrag, beliggaam ons alles wat Azille Coetzee in Nederland raaksien en bekla.

Ek kan geen aanklank vind by die Engelse “denkers” — as hul so ‘n benaming waardig is — wat Coetzee siteer nie. Daarteenoor voel ek my tuis in die denkwêreld van die Stoïsyne, sowel Grieks as Romeins, Hegel en Nietzsche, maar ook Heidegger en alles wat daarop gevolg het, veral in Frankryk waar Tradisie van vooraf aan bedink is as die omgewing wat nodig is vir die menslike organisme (en die volk of nasie) om te kan gedy. Ek moes alles afleer waarmee ek ooit op universiteit geïndoktrineer is en voel tans soos ‘n eerstejaarstudent wat uiteindelik nuwe, opwindende en verbode boeke ontdek, veral uit die laat negentiende en vroeë twintigste eeue. Ongelukkig geniet ek nie die skoonheid van Amsterdam nie, maar moet as ‘n blanke man tussen die ruïnes van Johannesburg sin maak van ons gestadigde afgang en ondergang. Ek soek na die sleutel tot ons dekadensie in die Franse romans van die negentiende eeu, toe die woord gemunt is, veral na aanleiding van Joris-Karl Huysmans se À rebours.

As Azille Coetzee werklik omgee vir Afrikaans, soos sy voorgee, anders as die ander Stalinbossers wat lankal reeds Engelse globalisme omhels het en bloot ons taal en tradisies ondermyn, sou sy ook kon insien dat tradisie iets is wat tegelyk beredeneer en gekoester behoort te word. Selfs te midde van die ruïnes huiwer daar reste om te ontdek en weer te verstaan.

‘Il y a de l’espoir’ — Daar is hoop!

Ek dink soms mense raak te moedeloos oor Suid-Afrika. Ek is vas oortuig ons kán ekonomies oorleef as Afrikaners net onder mekaar begin saamwerk en al die buitelandse markte begin ontgin. Die tegnologie is ons redding!

Dan ‘n tweede punt: Nóg die ANC, nóg die hopelose en dom linkse meningsprekers in Suid-Afrika besef op watter mespunt Europa en veral dan Wes-Europa verkeer. As ‘n enkele land soos Frankryk of Nederland ‘n regse regering sou kry, gee ek die ANC ses maande tot ‘n jaar alvorens hulle tot ‘n val sou kom. Dan sal ons so te sê teruggaan na die ou Suid-Afrika toe. Die rampspoedige eksperiment in Afrodemokrasie sal afgeskaf word en ‘n meer pragmatiese, werkbare stelsel sal in die plek daarvan ingestel word.

Onthou net dít: Die ANC het die land oorgeneem as gevolg van linkse blankes oorsee wat die stryd gevoer het namens ‘n paar figurante soos Mandela wat hulpeloos in die tronk gesit en krepeer het. As daardie blankes oorsee besluit dis nou in hulle belang om weer ‘n Afrikanerregering in Suid-Afrika aan bewind te stel, sal dit binne maande gebeur.

Onlangse meningsopnames toon dat die totale polisie- en weermag in Frankryk hul bankvas agter Marine Le Pen skaar. Dit is slegs die linkse Paryse media wat haar daarvan weerhou om president van die land te word. Frankryk is lid van die Veiligheidsraad, ‘n kernmoondheid, een van ons stamlande – Afrikaners se vele Franse vanne maak steeds baie Franse se harte week – asook ‘n vorige wapenverskaffer van die NP-bewind.

Op ‘n manier verkeer ons lot nie in ons eie hande nie, maar dis miskien ook maar goed so, want laas toe dit was, het ons leiers soos FW de Klerk en Roelf Meyer gehad. Ek het baie meer vertroue in regse Europeërs as in enige Broederbondkliek of groepie Kruiperkaners in Suid-Afrika.

Al wat ons Afrikaners behoort te doen, is om ons eie groepsbewussyn te versterk deur kultuur, simbole, asook die verheerliking van ons geskiedenis en alles wat daarmee saamhang. Steve Hofmeyr en Bok van Blerk doen alreeds wonderlike werk in dié verband.

Sing, dig, skryf en maak films in Afrikaans, maar hou ook die dialoog met regse Europeërs in stand. Vroeër of later gaan en sál die wiel draai.

Die oranje-blanje-blou sal weer wapper! Glo my. Dis om die draai.