Agang se uitdaging: Zuma reageer

Mamphele Ramphele sou nie sonder 'n kopdoek die rektor van die Kaapstadse Universiteit kon geword het nie
Mamphele Ramphele sou nie sonder ‘n kopdoek die rektor van die Kaapstadse Universiteit kon geword het nie

President Jacob Zuma het gereageer op Agang-leier Mamphela Ramphele se oproep om hom sy persoonlike finansies bekend te maak.

In ‘n verklaring van die presidensie Woensdagaand, het Zuma gesê hy doen jaarliks aan die Kabinet verslag, volgens bepalings in die Grondwet.

“Die Grondwet van 1996 en die Uitvoerende Lede Etiek, 1998, skryf die aard, inhoud en vorm waarin lede van die Kabinet en die Uitvoerende Rade hul finansiële belange jaarliks openbaar,” het die verklaring gelui.

Vroeër het Ramphele op ‘n perskonferensie gesê dat ‘n gebrek aan deursigtigheid oor Zuma se nettowaarde openbare wantroue in hom voed.

“Ek doen ‘n beroep op President Zuma om sy state onmiddellik te publiseer Wat is daar om weg te steek?” het sy gevra aan verslaggewers in Johannesburg. “Suid-Afrikaners verdien ‘n president wat ‘n goeie voorbeeld vir die res van die land stel om te volg.”

Sy het gesê die Parlement verwag van alle lede hul private finansiële belange te openbaar.

“President Zuma gebruik ‘n gerieflike tegniese foefie om hierdie vereiste te systap. Vanaf sy inhuldiging … het die president die kwessie vir meer as 1565 dae tot op datum gesystap.. Met elke dag wat verbygaan groei die agterdog oor sy integriteit,” het Ramphele gesê.

Sy het gesê dat sy haar eie finansiële sake is openbaar vir die land om te ondersoek, in lyn met die behoefte aan aanspreeklikheid en om ‘n voorbeeld vir Zuma te stel.

Ramphele het gesê haar netto waarde tot 27 Junie vanjaar was meer as R55 miljoen.

Sy het aandele ter waarde van R1.38 miljoen met Anglo American, Gold Fields, Sibanye en die PTI Fonds. Haar primêre woning in Kampsbaai, Kaapstad, is R10 miljoen werd. Daar is R1, 146139 in aftree-annuïteite en R1, 574064 in ‘n voorsorgfonds. Haar familietrust hou R30 miljoen en haar beleggingstrust R10.9 miljoen.

Ramphele het gesê haar rykdom sal haar nie distansieer van Suid-Afrika se armes nie.

“Ek is een van die baie leiers van hierdie land, soos die [voormalige] president [Nelson] Mandela, wat nie arm is nie,” het sy gesê. “Dit is nie ‘n hindernis vir skakeling met arm mense nie. Wat ‘n struikelblok is, is die misbruik van mag en steel van arm mense soos die regering konsekwent doen.” – Sapa

Kommissie verwerp berigte dat Seriti opsetlik wapenondersoek sloer

wapenkommissieDie Seriti Kommissie van Ondersoek na Wapenaankope sit vandag sy openbare verhore voort, nadat hy nie kommentaar wou lewer op berigte dat die kommissie opsetlik vertraag word nie.

Die woordvoerder van die kommissie, William Baloyi sê hy sal homself nie verwerdig om kommentaar te lewer op die berigte wat in Beeld verskyn het nie.

Drie bronne voer aan dat die ondersoek reeds einde verlede jaar afgehandel kon gewees het. Daar word beweer dat die proses uitgestel is ten einde die ANC te beskerm en president Jacob Zuma ‘n tweede termyn as president van die party tydens die Mangaung-konferensie te waarborg.

Volgens die berigte verhinder die voorsitter, Regter Willie Seriti en die Navorsingshoof, Fanyana Mdumbe voortdurend die kommissie se vordering. – RSG

SA se handel met Brics-vennote groei

bricsPresident Jacob Zuma sê ‘n gebrek aan infrastruktuur is ‘n groot bedreiging vir Afrika se vermoë om sy volle potensiaal te bereik.

Zuma het by die Brics-sakeberaad in Sandton, Johannesburg gesê beleggings in infrastruktuur verwante projekte sal Afrika se ekonomiese medediging verhoog.

“Dit [Brics] verteenwoordig 16,8 persent van die internasionale handel,“ het hy gesê aan die afgevaardigdes. Zuma het gesê die totale handel met Indië, Suid-Afrika se sesde grootste handelsvennoot, het aansienlik gegroei van R53 miljard tot R67 miljard.

Handel met China het gegroei van R188 miljard in 2011 tot R201miljard in 2012.

“Hierdie indrukwekkende statistiek … moet julle die vasberadenheid en vertroue bied om die doelwit te behaal,” het hy gesê.

Die minister van Handel en Nywerheid Rob Davies het gesê die vergadering is daarop gemik om die vennootskappe te verdiep om samewerking en ontwikkeling op die Afrika-kontinent te verbeter.

Die Brics-raad se Suid-Afrikaanse voorsitter Patrice Motsepe het gesê dit is belangrik dat die verbintenis om handel en belegging te verhoog gesien word, asook “gemeet“.

“Daar is ‘n nuwe gevoel van dringendheid,“ het Motsepe gesê.

China het vroeër by die beraad gesê hy het meer 200 miljard rand in Afrika belê en beplan om nog 200 miljard rand oor die volgende drie jaar in die vasteland te investeer. Die Chinese regering sê die geld is vir die ontwikkeling van landbou, infrastruktuur en die vervaardigingsbedryf.

Die waarnemende voorsitter van die Brics-sakeraad, Ma Zehua, het ook duisende sakelui toegespreek by die Sakeberaad.

Zehua sê Afrika behoort in ruil daarvoor ‘n gunstige omgewing te skep vir suksesvolle handel en belegging. In 2012, het Suid-Afrika se totale handel met Brics-lande ​​op R294 miljard gestaan, op vanaf R264 miljard in 2011.

Meer as 30 Chinese afgevaardigdes, wat verskillende sektore verteenwoordig, het die twee dae lange beraad bygewoon asook sakeleiers van 19 Afrika-lande.

Die Brics-groep bestaan uit Suid-Afrika, Brasilie, Indië, China en Rusland. Saam is die bevolkings in die Brics-lande byna die helfte van die wêreldbevolking. – Sapa

Nuwe SAUK-kanaal nog ‘n nasiebouslenter

Yunus Carrim
Yunus Carrim

President Jacob Zuma het Donderdag die SAUK aangemoedig om Afrika se suksesvarhale wat die vasteland se vordering weerspieël, te vertel.

Die 24-uur nuuskanaal moet nie net fokus op misdaad en korrupsie nie, maar die land se goeie eienskappe weergee, het hy gesê by die nuwe kanaal se bekendstelling, in Auckland Park, Johannesburg.

“Ek hoop dat hierdie kanaal die houdinge sal verander en Suid-Afrikaners trots sal maak op wat hulle in staat was om te bereik op hul eie. In kort, die ware Suid-Afrikaanse storie wat wag om vertel te word.“

Die kanaal sal uitsendings op DStv se kanaal 404 uitsaai, en was geskeduleer om te begin vanaf 18:00. “Die groei van die kommunikasiesektor … is merkwaardig,” het Zuma gesê.

Zuma het gesê dit sal ‘n deurslaggewende rol speel in die samelewing want media is ‘n belangrike kommunikasie-instrument. “Ons is gelukkig om te leef in ‘n tydperk van Afro–optimisme,” het hy bygevoeg.

Die nuwe kanaal sal in al 11 tale uitsaai en is oënskynlik geskep om die verskillende tale tot hul reg te laat kom. DStv behoort aan Naspers.

Kritici meen só ‘n ondeneming sal nooit winsgewend wees nie en dit is bloot ’n manier om die dalende kykergetalle van SABC2 te probeer teenwerk, terwyl die nuwe kanaal ’n gulde geleentheid sal bied om in al die verskillende tale ‘n nasiebouoffensief tot voordeel van die maghebbers uit te bou.

Die Afrikaanse kyker was lank die SAUK se melkkoei, aangesien adverteerders gretig is om geld uit te haal waar kykergetalle hoog is.

Afgevaardigdes na die bekendstelling het Zuma se eweknie van Lesotho Tom Thabane, minister van kommunikasie, Yunus Carrim en sokkeradministrateur Irvin Khoza ingesluit.

Carrim het gesê dit sal gratis beskikbaar wees op TV sodra die skuif van analoog na digitale televisie gebeur. DStv is steeds ‘n betaalkanaal en ‘n groot bron van inkomste vir Naspers.

Die besluit het vir kritiek teen die SAUK gesorg om sy 24-uur nuus aan te bied op ‘n betaalplatform wat oor die die enigste openbare uitsaaimandaat in die land beskik.

Carrim het egter vrese dat die kanaal finansieel onvolhoubaar is geïrriteerd afgemaak en gesê dit is die risiko wat sulke kanale reg oor die hele wêreld in die gesig staar.

Hy het die hoop uitgespreek dat die kanaal sal help om gehore wat hulle verloor het, terug te wen.

Die bekendstelling het saamgeval met die 77ste herdenking van die SABC.

Die besturende direkteur van die ATKV, Japie Gouws, sê hy is opgewonde oor die groter blootstelling wat gebied word en wat “opbouend” vir Afrikaans sal wees.

Simpatie vir Spaanse treinslagoffers maar nie vir vermoorde boere

roodt_fbfotodeur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Roodt se Facebook-blad

Vandeesweek het daar ‘n treinramp in Spanje plaasgevind waarin 80 mense omgekom het, een en almal blanke Spanjaarde. Nietemin het “president Jacob Zuma sy meegevoel… met Spanje se eerste minister Mariano Rajoy betuig”.

Sekerlik voel ons almal spyt oor die Spaanse treinramp wat wêreldwyd met skok en afgryse begroet is. Die volgende vraag ontstaan egter: Waarom spreek die Suid-Afrikaanse regering sy meegevoel oor tientalle Spaanse vreemdelinge uit, maar reageer nie wanneer honderde en selfs duisende Afrikanerboere gruwelik vermoor word nie? Immers word daar jaarliks meer boere op plase in Suid-Afrika vermoor as wat daar so pas mense in die treinongeluk naby Santiago de Compostelo die lewe gelaat het.

Ons is geneig om aan die ANC-bewind as gewetenlose terroriste te dink wat nie huiwer om onskuldige burgerlikes dood te maak om hul politieke doelwitte te bereik nie. Dog die verklaring oor die Spaanse treinongeluk toon dat hulle nie heeltemal so gevoelloos teenoor menslike lyding staan nie.

Die ANC-bewind is nie die enigste wat afsydig teenoor plaasmoordslagoffers optree nie. Ook die Suid-Afrikaanse media steur hulle nie daaraan nie. Koos Bekker van Naspers voel ‘n veer vir boere wat vermoor word en sy spul joernalistieke sikofante wat elke dag hul Madiba aanbid, nog minder.

Omdat die Suid-Afrikaanse media plaasmoorde as onbelangrik beskou, redeneer die buitelandse media insgelyks dat Afrikaners wat sterf geen emosie gaande maak nie. ‘n Plaasmoord is nie nuus nie. Soos vele mense al opgemerk het, is die media en ons sogenaamde “regering” meer begaan oor die lot van die renoster as oor dié van die Afrikanerboer. Daar word krokodiltrane gehuil oor elke nuwe renoster wat gestroop word, terwyl slagoffers van plaasmoorde wat doodgemartel word byna geen reaksie ontlok nie. Daar is eerder empatie met die daders, die moordenaars.

Hoe moet ons dié teenstrydigheid verklaar? Is ‘n Afrikanerlewe dan minder werd as dié van ‘n Spaanse treinpassasier of selfs van dié van ‘n renoster? Ek het nog nie gehoor dat die HSM (hoofstroommedia) ‘n onderskeid tussen die wit en die swart renoster tref nie, maas beslis heg hulle minder waarde aan die lewe van ‘n wit as ‘n swart mens.

Toegegee, die handel in bedreigde spesies verteenwoordig miljarde rande en daarom is renosters ook kommoditeite.

Politici is almal mediaslawe want hulle is begaan oor hul openbare aansien, gewildheid, beeld en sogenaamde “handelsmerk”. Terwyl die internasionale media oor Santiago de Compostelo berig, klink dit goed om ‘n verklaring daaroor uit te reik. Of ander buitelandse regerings reik verklarings daaroor uit en daarom voel Jacob Zuma genoop om dieselfde te doen. Waarskynlik het hy nie self die verklaring opgestel nie, maar is dit deur een of ander amptenaar van buitelandse sake gedoen.

Ongelukkig gaan dit dus alles oor die skyn van simpatie met ander. Die ANC, maar ook Naspers, RSG en die ander gedienstige speelgoedhondjies wat hulself koerante en radiostasies noem, trap oor die lyke van ons boere en gee net voor om oor die Spanjaarde begaan te wees.

Suid-Afrika het ‘n amorele land geword waar alles, selfs moord en verkragting, eintlik aanvaarbaar is. Die Romeins-Hollandse reg wat dit verbied, is net nog ‘n oorblyfsel van apartheid wat seker lankal afgeskaf sou gewees het as die regslui – regters, advokate en prokureurs – nie so lekker geld in die howe kon maak nie. Senior advokate verdien blykbaar R40 000 per dag en tot R750 000 per maand. Suiwer om daardie rede word die skyn van ‘n “regstaat” steeds gehandhaaf.

‘n Mens sou hierdie stelsel seker ‘n vorm van uitgebreide prostitusie kon noem, maar daardeur mag die prostitute beledig voel. Want die prostituut lewer nog ‘n diens aan haar of sy kliënt, terwyl die staat feitlik geen diens aan ons lewer nie. Hy vat net jou geld en in ruil daarvoor laat hy sy misdadigers soos ‘n trop wildehonde op jou los.

Alle kommunistiese stelsels in die twintigste eeu het hul bevolkings verontmenslik. Die keersy van marxistiese idealisme oor gelykheid is volksmoord. In die naam van gelykheid is al meer mense doodgemaak as wat daar onder die vaandel van die Katolisisme, die Protestantisme of selfs Islam uitgewis is. En amorele Suid-Afrika beskik oor slegs twee beginsels wat, afgesien van die persoonlikheidskultus rondom Mandela, nog enige gewig dra: gelykheid en “rassisme”. Dis nie om dowe neute dat Tutu se nuwe veldtog “free and equal” heet nie. Volgens die radikale geestelike aanbid hy geen “homofobiese God” nie, maar blykbaar aanbid hy ‘n rassistiese god want oor moorde op blanke boere is hy ook tjoepstil.

Nou die dag het ek in Beeld ‘n artikel oor radikale grondhervorming deur die Britse marxis, prof. Ruth Hall van die Universiteit van Wes-Kaapland, teëgekom wat my nogal geskok het. Ek is nie deur die artikel self geskok nie, want ek verstaan die marxistiese denke en hoe mense soos diere tot gelykheid gekondisioneer moet word. Maar ek het nie besef dat Naspers al so ver heen is dat ‘n koerant soos Beeld as spreekbuis vir onverdunde kommunisme wil optree nie.

Dis die propaganda van Ruth Hall en ander radikales wat ten dele die massaslagting op boere aanhits. Sy is die wit gesig van Malema se jongste oproep om grondgryp.

Die gevaar is dat Afrikaners hul eie verontmensliking gaan aanvaar. Dat ons naderhand net soos die ANC of Naspers of die linksliberale buitelandse korrespondente in Johannesburg gaan raak. Dat elke hoesie of hospitaalbesoek aan Mandela as belangriker as menselewens, veral Afrikanerlewens, geag sal word.

Dis altyd makliker om saam met die stroom te swem as daarteen. ‘n Mens kan jou oorgee aan die amptelike gevoelloosheid, die ingeburgerde psigopatie van die nuwe Suid-Afrika, en maak asof jy niks raaksien nie. Pleks van ‘n snaakse spul letters in ‘n uitgestorwe Boesmantaal, behoort die leuse van dié land te gewees het: “Dit traak my nie.” Dis ‘n baie maklike en selfs verleidelike filosofie om na te volg. Jy plaas eenvoudig jouself in die sentrum van jou bestaan en miskien tweede jou gesin. Verder maak niks anders saak nie. Daar bestaan mos so ‘n liedjie van die ewe polities korrekte sangeres, Karen Zoid, wat lui:

My geld is klaar
En die rand is laag
En AIDS is ‘n virus
AIDS is ‘n plaag

En dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie
Jy’s lief vir die party
En lief vir die jol
Maar die kerk is leeg
En die tronke vol

En dit maak nie, maak nie regtig saak nie
Dit maak nie regtig saak nie

Die katte miaau
En die honde blaf
En die kinders
Brand hulle skole af

Dit maak nie, maak nie regtig saak nie

Ek sou hiervan wou verskil, al weet ek dit bring my in konflik met die heersende ideologie van apatie en traak-my-nie-agtigheid. Elke ding maak vir my saak: van korrekte Afrikaanse spelling tot gister se plaasmoord.

Aanvalle op boere en stedelinge moet ophou! Ons mag nie maar eenvoudig deur die volksmoordpropaganda – dat ons eintlik verdien om doodgemaak te word – meegesleur word nie. Ons moet niks meer aanvaar nie, nie die slaggat in die pad nie, maar ook nie die moord op Willemientjie Potgieter nie! Ek onthou hoe ek en my vrou al die pad Lindley toe in die Vrystaat gery het om daar voor die hof in die reën onder ‘n sambreel te gaan betoog. Dit was die tweede hofverskyning van die Potgietergesin se moordenaars en teen daardie tyd het die belangstelling afgeneem. Daarom was daar net ses of sewe mense buite die plattelandse hofgeboutjie. Maar daardie klein betoginkie, daardie spore van weerstand, het saak gemaak.

Elke gebaar, elke woord in hierdie stryd teen traak-my-nie-agtigheid tel!

Solank óns besluit dat plaasmoorde vir ons onvaarbaar is, al sê die ANC en NBC en die BBC en die SABC en alle ander C’s nou ook wat, is daar hoop. Eens op ‘n stadium het die Berlynse muur, daardie “antifascistiese skandmuur” soos die kommuniste trots daarna verwys het, ook sterk gelyk. Gewone mense wat eenvoudig keelvol geraak het, het dit egter in 1989 afgebreek.

Ons kan die muur wat ons in die gesig staar, ook afbreek. Ons moet net wíl.

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Roodt se Facebook-blad

 

 

 

 

 

Pasop vir Amerikaanse destabilisering van Suid-Afrika!

Telkens as ek die hoofstroom- liberale webwerwe op my rekenaarskerm oopmaak, moet ek eers my lagbuie tot bedaring bring voor ek verder kan lees. Dieselfde koerante en joernaliste wat tot enkele maande gelede nog “ons wonderlike demokrasie” met “die beste grondwet ter wêreld” besing het, is tans besig om die ANC-bewind fel te kritiseer. Die 13 soldate wat in die Sentraal-Afrikaanse Republiek omgekom het, is die jongste voorwendsel om president Jacob Zuma so sleg te sê dat die see hom nie kan afwas nie.

Ek wil vra: maar is dit nie julle alwetende mediamense wat so graag wou gehad het die ANC moet Suid-Afrika regeer nie? Wat het geword van al die lofsange aan Madiba, transformasie, versoening, grondhervorming en ander grondslae van liberale sikofansie in dié land?

Dis seker erg dat dertien SA soldate weens ‘n gebrek aan ammunisie in die SAR moes sterf. Maar dis vir my erger dat tienduisende plaas- en stadsmoorde al gepleeg is en geen dooieboomnuusorgaan soos Rapport of Beeld het al ooit geskryf nie: “Dis ‘n krisis. Só kan dit nie aangaan nie!”

Wat is nou eintlik aan die gang met “die media” soos hulle genoem word? Hoe op aarde het dit gebeur dat hulle al weer ‘n regsomkeer gemaak het, “sonder om ‘n paradepas te mis”, soos Breyten Breytenbach dit eenkeer gestel het?

Eens is regering deur die ANC en veral die halfgod Mandela as die wonderkuur vir al Suid-Afrika se etniese en politieke probleme beskou. Nou wil dit lyk asof ons twintig jaar van transformasie in trurat moet gooi, van Zuma en sy Zoeloe-magsbasis moet ontslae raak en ‘n ander regering kry. Wie sal daardie regering wees? wonder ek so by my selwers? Mev. Zille en haar ondersteuners onder die minderheidsgroepe?

Die DA wat die ANC kort-kort as “immoreel” en “korrup” tipeer, laat my insgelyks glimlag. In Midvaal het die DA ook korrupsie gepleeg en in Kaapstad is “pienk” sekstoerisme bevorder, wat tot ‘n toename in kinderprostitusie in die Moederstad gelei het. Is Kaapstad regtig ‘n meer morele plek as Nkandla?

Op PRAAG skryf ons al maande en jare oor die geostrategiese herskikking in die wêreld, asook die nuwe “stormloop na Afrika” deur die groot moondhede soos China, die VSA, Frankryk en Rusland. Soos almal weet, gaan dit om grondstowwe soos goud, diamante en veral olie. My vrou Karin het reeds ‘n spioenasieverhaal, Duiwelsasem, oor die stryd in die Meregebied naby die SAR geskryf, wat einde verlede jaar gepubliseer is. By PRAAG is ons hiperbewus van die stormloop na Afrika en hoe Afrikaners uiteindelik daarby betrek gaan word, hetsy willekeurig, hetsy onwillekeurig.

Die groot stryd is egter tussen China en die VSA. As lid van BRICS, bevind Suid-Afrika hom reeds in die China-kamp. Eintlik is dit ‘n ongelooflike geostrategiese verskuiwing wat plaasgevind het toe die ANC hom uit die omhelsing van Londen en Washington losgemaak en sy heil in Moskou en Beijing gaan soek het!

Soos ek al soveel kere gesê het, is die ANC ‘n maaksel van Groot Brittanje. Dis waarom daar ‘n standbeeld vir Nelson Mandela langs die Westminster-parlementsgebou op hul Parlementsplein in Londen opgerig is. Ook die Swart Koukus in die VSA het ‘n sleutelrol in die opkoms en magsoorname van die ANC gespeel deur president Ronald Reagan se vetoreg in 1986 te laat ophef en sodoende sanksies teen die destydse Afrikanerregering van Suid-Afrika ingestel te kry.

Veral onder Mandela, maar ook daarna, het die ANC streng in die Anglo-Amerikaanse invloedsfeer verkeer. Feitlik onmiddellik ná 1994 het ons insgelyks weer ‘n Statebondland geword en Mbeki het saam met die Britse koningin in ‘n oop koets deur Londen se strate gery.

Dat ons nou onder Zuma ‘n BRICS-land geword het, is op sy minste merkwaardig. Net soos Brittanje en Amerika die Afrikanerregering van destyds, wat gedurende die hele twintigste eeu hul bondgenoot was, weggesmyt het om die ANC te omhels, wil dit voorkom asof die ANC nou op sy beurt opsy gestoot is! Net soos Libië, Egipte, Sirië, noem maar op. Die Anglo-Amerikaanse Ryk verander maklik van bondgenote; eendag is jy nog ‘n vriend, en die volgende dag steun hulle die rebelle in jou land en stuur hul spesmagte om jou bewind omver te werp.

Dink ook hieraan, liewe leser. Die meeste Amerikaanse toeriste wat die land binnekom – of hulle nou blank, swart of van gemengde afkoms is – gaan besoek die Hector-Peterson-monument in Soweto of die plek waar die Freedom Charter aangeneem is, Kliptown. Dit strook met hul siening van Suid-Afrika, as ‘n rassestryd tussen swart en wit, soortgelyk aan hul burgerregtebeweging, wat op die triomf van swart uitgeloop het. Amerika se swart president, Barack Obama, word allerweë met sowel Martin Luther King as Nelson Mandela vergelyk.

Miskien weet u reeds waarheen die meeste Chinese toeriste in Suid-Afrika gaan? Na die Voortrekkermonument! Net gister tydens die viering van Stigtingsdag by die Voortrekkermonument loop ek ‘n toeristegids raak, ‘n vrou wat gewoonlik Duitssprekende toeriste vanuit Duitsland, Switserland en Oostenryk by die monument vergesel.

“Is daar nog heelwat Chinese wat die monument besoek?” vra ek haar.

Haar blou oë rek groot. “Hordes!” roep sy uit. “Elke dag hou hier ‘n stroom toerbusse stil. Dan klim skares Chinese uit. Hulle het hul eie toergidse wat hulle rondneem en in Mandaryns oor die monument uitwei.”

Die hoeveelheid Chinese wat die Voortrekkermonument besoek oortref die aantal Afrikanerbesoekers by verre. Wat sien die Chinese in die Voortrekkermonument raak? wonder ek. Vir seker gaan ek dit navors en moontlik een of ander tyd daaroor berig.

Suid-Afrika het radikaal verander. Maar so ook die wêreld. Binnekort gaan China oor ‘n groter ekonomie as dié van die VSA beskik. China is ‘n handelsland wat sy produkte aan almal wil verkoop. Amerika, aan die ander kant, is ‘n hegemoon wat die wêreld militêr en ideologies wil oorheers. Hy destabiliseer en vernietig kleiner lande, veral in die Midde-Ooste. Libië, Egipte, Sirië, Irak en Afganistan sal moontlik nooit van Amerikaanse politieke en militêre inmenging herstel nie.

Wee die dag as Amerika sy vliegdekskepe na ons land stuur om hier te lande ‘n “regimeverandering” te bewerkstellig! As ek so na ons histeriese media luister en sien hoe Rapport, Beeld, Business Day, die Mail & Guardian, die Sunday Times en die res ‘n intense propagandaveldtog teen die Zuma-ANC voer, dan wonder ek: Wat presies wil hulle hê? Die gedagte dat Helen Botoxilla vir die charismatiese Zuma by die stembus gaan kafdraf, is gewoon vergesog. Die LGBT-gemeenskap van Kaapstad is groot, maar daar is meer as tien miljoen Zoeloes wat sal aanhou om Zuma getrou te ondersteun.

En as die stembusopsie nie werk nie, wat dan? ‘n Sluipmoord op Zuma soos destyds op Verwoerd? Toe die presidensiële vliegtuig in Rwanda in 1994 afgeskiet is, het ‘n volksmoord daar uitgebreek. ‘n Multietniese samelewing soos dié van Suid-Afrika verkeer maar altyd op ‘n mespunt, met gevoelens wat na weerskante toe hoog kan loop.

Kragdadige Anglo-Amerikaanse inmenging in Suid-Afrika kan maklik op burgeroorlog uitloop, soos in soveel ander lande. En watter model kan Amerika ons bied? Slegs multikulturalisme wat geensins rassekonflik besweer nie, maar dit eerder aanblaas. Lees hierdie artikel vir insig oor die vrese van blanke Amerikaners wat tot 1960 ‘n meerderheid van 90% in hul land geniet het, maar wat tans ‘n ongekende demografiese afgang en toenemende diskriminasie en geweld beleef.

Soos voor die tweede wêreldoorlog, sal Afrikaners moet kies: óf Engeland óf Duitsland. Smuts was ‘n groot bewonderaar van die Duitsers maar het ter wille van realpolitik die kant van Engeland gekies. Vele Afrikaners het hom egter nie hierin gevolg nie, wat tot groot verdeeldheid onder ons mense gelei het.

Smuts het ook gesê dat “die lot van Suid-Afrika altyd buite die land se grense beslis sal word”. Dit is al oor en oor bewys. Die ANC het feitlik sonder enige bewese steunbasis in Suid-Afrika self die land in 1994 verower, bloot vanweë grootskaalse buitelandse steun.

Die afgelope week se gebeure toe ‘n skermutseling in die Sentraal-Afrikaanse Republiek plaasgevind het, verteenwoordig ‘n baie kort hoofstuk in ‘n veel groter verhaal. Dit is die geopolitieke wedstryd tussen China en die Anglo-Amerikaanse Ryk in Afrika wat van nou af aan sal woed.

Waar staan ons Afrikaners in dié konflik? By die mense wat Soweto besoek of dié wat die Voortrekkermonument aandoen? Anders as Amerika, is China ‘n land met ‘n baie ou geskiedenis wat nie aan sy eie identiteit twyfel nie. Die president is ‘n Chinees, met ‘n Chinese vrou wat blykbaar oulike Mandarynse liedjies sing. Hy is nie ‘n halwe Keniaan met ‘n Arabiese voornaam wie se geboortesertifikaat uit Hawai in sy eie land omstrede is nie.

Ek het nêrens nog gehoor dat Chinese kritiek lewer op die taal of identiteit van Afrikaners, soos die Amerikaners en Britte maak, nie. Chinese is versigtig, diplomaties. Hulle wil ons nie verander om soos hulle te word, hulle taal te praat en hulle onsinnige multikulturele idees aan te hang nie.

Dít alles laat my dink dat Afrikaners ten eerste in hul eie belang moet optree en versigtig die nuwe gegewe in Afrika en in die wêreld moet opweeg. Dalk bied China en BRICS ons veel meer as die Anglo-Amerikaanse Ryk aan wie ons vir so lank lojaal was, maar wat ons soveel kere reeds in die rug gesteek het.

En Zuma? Toegegee, daar is baie dinge in Suid-Afrika wat verkeerd loop. Maar ons kan nie alles sonder meer aan die ANC toeskryf nie. Myns insiens het blanke Engelse en die Afrikanerverraaiers – ons kan hulle gerus “Verraaierkaners” doop – sedert 1994 veel meer gedoen om ons volk te benadeel as die ANC self. Wie het ons Afrikaanse skole begin aanval? Meesal wit Engelse of Indiërs in die provinsiale onderwysdepartemente. Die eerste skoot in die hof teen Afrikaanse skole was daardie aaklige ou Sap-regter Johan Kriegler se absurde uitspraak in Johannesburg dat swart kinders in die taal van hul keuse by ‘n Afrikaanse skool onderrig behoort te ontvang, “selfs al is dit Yslands”. Yslands? Kriegler se kop het geraas. En wie het die Afrikaanse universiteite begin “transformeer” en verengels? Oorwegend Verraaierkaners wat sodoende ‘n geleentheid gesien het om bevordering te kry of om hul universiteite internasionaal as Anglo-Amerikaanse universiteite te posisioneer. Kovsies sou nou nog ‘n voortreflike Afrikaanse universiteit gewees het as Verraaierkaners op die raad nie besluit het om Jonathan Jansen daar in te voer nie.

Wat van grondhervorming? Weereens is dit Britse NRO’s en veral twee wit Engelse vrouens, Cheryl Walker en Ruth Hall, wat die meeste doen om Afrikanerboere van hul grond te beroof. Hulle beïnvloed die ANC téén Afrikaners, pleks van andersom.

Sedert Zuma as ANC-leier oorgeneem het, het hy die party geheel en al omvorm. Onder andere het hy van Malema ontslae geraak. Hy het Afrikaners in die openbaar erken as ‘n “inheemse wit stam van Afrika”.

Etnies het die ANC vir alle praktiese doeleindes ‘n Zoeloe-party geword. Ek verstout my om te sê dat die ANC vandag baie nader aan die Inkatha van die 1970s is as aan die soort kommunistiese terroristebeweging wat die Britse Arbeidersparty, die Anglikaanse Kerk, asook Swede, Noorweë en Nederland in ballingskap befonds het.

Destyds was Buthelezi een van ons getrouste bondgenote en ‘n groot voorstander van etniese federalisme, totdat Roelf Meyer, nog ‘n Verraaierkaner, hom met militêre geweld gedreig het indien Kwazulu sou probeer afstig. Soos die Amerikaners en Engelse, het ook ons Afrikaners ons bondgenote in die rug gesteek: Buthelezi, Ian Smith, Jonas Savimbi en baie ander.

Dis tyd dat ons die groter prentjie begin raaksien. Hier is ‘n paar opsies om te oorweeg:

  1. Ons doen eenvoudig niks nie en besoek maar die winkelsentrums en kyk rugby. Om Gods water oor Gods akker te laat loop, is beter as om deur die media opgesweep te raak en saam met die Amerikaanse faksie, waaronder die DA, die Zuma-ANC te probeer ontsetel.
  2. Ons hergroepeer as ‘n volk en begin iets doen aan ons veiligheid, die plattelandse munisipaliteite waar alles verval, asook ons ekonomiese situasie waar werkskepping vir Afrikaners prioriteit behoort te geniet. Soos die Jode, Grieke of Portugese, moet ons ‘n eie netwerk vorm en begin saamwerk.
  3. As ons oor die moed en visie beskik, sluit ons as volk informele bondgenootskappe met die Zuma-ANC, asook Rusland en China binne die BRICS-verband. Ons vertaal Russiese en Afrikaanse boeke oor en weer, stuur ons skrywers en sangers Moskou en Beijing toe, en word volwaardig deel van die post-Amerikaanse wêreld wat besig is om tot stand te kom. Ons onderhandel met Zuma oor grond, onderwys, veiligheid, gesondheid en selfs buitelandse kulturele verhoudinge sodat ons so selfstandig as moontlik kan begin optree. Omdat daar steeds Afrikaners by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag betrokke is en Zuma van ons Afrikanerwapens (bv. die Rooivalk) gebruik maak, kan die versterking van die SANW een van die kwessies wees waaroor ons met Zuma kan onderhandel en waartoe Afrikanerkundigheid ‘n bydrae kan lewer.

Ten minste sal die soldate se ammnunisie dan nie sommer opraak nie.

Afrikanerskape en die tweede revolusie

Om Afrikaners dop te hou, is omtrent soos een of ander riller uit Hollywood. Jy weet daar gaan netnou ‘n monster uit die kas klim om die onskuldige held of heldin aan te val, maar jy kan niks doen om hom of haar te waarsku nie. Soos in daardie ou, rokerige bioskope van weleer, begin die kinders al waarskuwingskrete uiter, maar helaas is die figure op die silwerdoek doof.

Behalwe in dié geval gaan dit nie oor ‘n enkeling se lot nie, maar oor dié van ‘n hele volk van ongeveer drie miljoen mense. Soos slaapwandelaars strompel hulle horende doof en siende blind voort, en skynbaar gaan niks tot hulle deurdring nie. Eers het hulle mnr. FW de Klerk blindelings gevolg en nou is dit ‘n Johannesburgse joernalis van Duits-Joodse afkoms wat tans in Kaapstad woon, mev. Helen Zille.

Kom ons speel die Hollywood-riller net so effens terug tot in 1983. In daardie jaar was ek nog besig om my Meestersverhandeling te voltooi en het ek deeltyds by Telkom in Rosebank, Johannesburg, gewerk. Rondom my het ‘n hele horde onskuldige, naïewe Afrikaners in hul semistaatsinstelling gewerskaf en meesal op erg burokratiese wyse allerlei reëls en prosedures gevolg. Gee vir ‘n Afrikaner ‘n reël en hy lê hom daarby neer.

Ewenwel, op ‘n goeie dag besluit ek om die twee of drie mense in my kantoor ‘n bietjie nader oor die ANC in te lig. Die hele geskiedenis van die Rivonia-verhoor, die lewenslange vonnis vir Mandela, asook Winnie Mandela wat so dan en wan ingeperk word, maar wat tog op ‘n dag ‘n groepie van ons studente op die Wits-kampus kom toespreek het.

My onmiddellike hoof by Telkom – ek meen sy naam was mnr. Johan van der Walt – het op daardie stadium nog nooit van die ANC gehoor nie. Trouens, die algemene gevoel wat ek gekry het, is dat my toehoorders gedink het daar was iets fout met my omdat ek hierdie dinge weet! Afrikanerskape werk in hul sosialistiese staatsdiensparadys by Telkom, Transnet, die Ontvanger van Inkomste, die polisie, die weermag en natuurlik die res van die burokrasie in Pretoria en steur hulle nie aan enige donker wolke op die horison nie.

Reg binne daardie kantoor was daar sekere spore van die komende verandering reeds te bespeur, vir die fyn waarnemer! Die blanke Afrikaanse liasseerklerk is telkens deur haar werklas of haar eie domheid oorweldig, waarna twee swart liasseerklerke naas haar op dieselfde posvlak aangestel is. Op ‘n dag kom sy by ons kantoor ingewals en verklaar so ewe: “Hulle het vir my twee meide gegee om my by te staan.” Vir ons almal was dit duidelik dat “die twee meide” glad nie onder daardie indruk was nie en haar as ‘n gelyke gesien het.

Daar was ook ‘n ouerige swart bode by Telkom in Rosebank. Hy het so ‘n blou stofjas gedra, as ek reg onthou. Tydens teetyd elke oggend het hy hom in die destydse Rand Daily Mail, die liberale koerant waar mev. Helen Zille ‘n verslagggewer was, verdiep. Ek kon sien hy slurp alles op. Anders as sy Afrikanerkollegas wat al hul pensioene oor twintig of dertig jaar kon uitwerk, het hy geweet wie die ANC is. Hy het elke oggend mev. Helen Zille en Alistair Sparks, die redakteur en ‘n groot Afrikanerhater, se propaganda gelees en geglo dat die revolusie wel sou kom.

Mnr. Johan van der Walt het ‘n sogenaamde “B-baan-matriek” gehad, as ek reg onthou. Hy was nie baie produktief nie want hy was alewig besig om allerlei privaatprobleme in werkstyd op te los, soos om ‘n nuwe motor te koop of ‘n swembad by sy huis op Alberton te laat insit. Die Kreepy Krauly wat soms teen die kant van die nuwe swembad vassit, het hom dosyne oproepe na die swembadmense laat maak en uiteindelik het hulle dit vir hom met ‘n Barracuda vervang.

Een oggend het hy my wel “oor die kole gehaal”, soos hy dit gestel het, omdat ek tien minute laat was. Hy het nie veel van my gehou nie, want ek het oor te veel bedenklike kennis beskik, onder andere oor die ANC en wat Winnie Mandela dink.

As ek destyds vir mnr. Johan van der Walt sou gesê het: oor minder as tien jaar gaan mnr. PW Botha nie meer president wees nie en gaan sy opvolger, mnr. FW de Klerk, jou oortuig om vir jou eie ondergang te stem, sou hy seker gedink het ek is nog meer eienaardig. As ek verder sou gegaan het en hom vertel het dat daar in die toekoms weens regstellende aksie geen blanke Afrikaners meer by Telkom sou werk kry nie, sou hy seker daar en dan die psigiatriese afdeling van die Johannesburgse Algemene Hospitaal gebel het om my te laat toesluit.

Intussen is die wolwe – soms letterlik in die vorm van geweldsmisdadigers – onder die Afrikanerskape losgelaat. Van die soort sosialistiese paradys en lewenslange, voorspelbare loopbane wat daar destyds bestaan het, het daar bloedweinig oorgebly.

Ek verstout my egter om te sê dat die Afrikaner nog nie sy skaapagtigheid afgeskud het nie. ‘n Week of tien dae gelede skryf iemand vir my op Facebook: “Die Afrikanerleiers het ons uitverkoop. Nou gee ons Helen Zille ‘n kans.” Agter my rekenaarskerm het ek my byna dood gelag. Mev. Helen Zille, van die Rand Daily Mail, wat destyds blykbaar ‘n ANC-lid was en saam met ‘n hand vol linkse Engelse en Jode die propaganda vir radikale verandering in ons land geskryf het… sy gaan die Afrikaner red!

Blykbaar het een van die grootkoppe in die DA reeds in die gange van die parlement onlangs opgemerk: “Daar is nie meer plek vir die Afrikaner in Suid-Afrika nie.” Ons gaan verdwyn, is so min of meer die boodskap.

En daarvoor gaan ons mense stem! Die Afrikanerskape stel nooit teleur nie.

Maar koms ons speel nou die riller effens vorentoe. Dis nie meer 1983 nie, maar 2007. Ek eet middagete saam met Tim du Plessis, die destydse redakteur van Rapport, in Melville. Op ‘n stadium wentel die gesprek na Jacob Zuma, wat op daardie stadium in allerlei hofsake oor die wapentransaksie verstrengel was. Ek sê toe vir hom dat ek dink mnr. Jacob Zuma gaan die volgende ANC-leier en later president van die land word.

“Nee wat,” seg Tim. “Dis net ‘n aweregse persoon soos jy wat so iets kan uitdink. Zuma het nie ‘n kat se kans om ooit leier van die ANC te word nie, wat nog te sê president van die land.”

Ek kry so ‘n gevoel van déjà vu. Hier is nog ‘n Afrikaner met sekerhede oor die toekoms, soos daardie Telkom-werknemers van destyds. Sover ek weet, kom Du Plessis van Klerksdorp af. Hy het sy hele lewe lank nog net by Naspers gewerk, die Telkom van die perswese. Behalwe dat selfs Naspers al regstellende aksie toepas en hul middeljarige blanke mans afbetaal om deur bruines vervang te word. Nog net nie vir Du Plessis nie. Miskien hou hulle hom daar aan as ‘n soort apartheidsoewenier, ek weet nie.

In Beeld lees ek mos onlangs iets in die trant van: “Die DA-burgemeester van Midvaal, Timothy Nast, het die Afrikaanse skole oorreed om van hul apartheidsname ontslae te raak.” Volgens dieselfde berig is 88% van die ouers ten gunste van naamsveranderings vir die skole. Blykbaar is Nast ook, nes mev. Zille,  van half-Duitse afkoms en was vandeesweek op Twitter gebelgd toe ek hom ‘n Engelsman noem.

In elk geval, of jy nou half-Duits, Brits, Joods, Portugees, Grieks, of wat ook al is, jy kan verseker wees dat Afrikanerskape jou blindelings sal volg, vir jou sal stem of die mooi voorspellings wat jy oor die toekoms in jou Nasperskoerant maak, vir soetkoek sal opeet.

Die vermaarde Afrikaanse violis, Zanta Hofmeyr, het op ‘n keer vir my gesê: “Jy moenie te goed wees nie.” Daar is wel briljante Afrikaners, mense met leierseienskappe. Mense wat nie net ‘n B-baan-matriek het nie. Wat ‘n bietjie meer van die wêreld as die Kreepy Kraulies van Alberton verstaan. Om een of ander vreemde rede, hou Afrikaners nie van hulle nie. Afrikanerkrewe; ons trek mekaar in die emmer af.

Moenie te goed wees nie. Moenie te veel weet nie.

Mev. Helen Zille, soos Timothy Nast op Midvaal, veg nou éérs hard teen apartheid. Min of meer alles wat Afrikaans is, is simbole van apartheid en daarom uit die bose. Hulle leef in die verlede, in 1983, toe die anti-apartheidsbeweging internasionaal hoogty gevier het – sonder dat die Afrikanerskape eens daarvan geweet het.

Omdat ek ‘n patriotiese Afrikaner is wat trots is op my taal, kultuur, letterkunde, geskiedenis en alles wat daarmee saamhang, beskuldig mense my daarvan dat ek “in die verlede leef”. Juis nie. Soos in 1983, word ek deur die hede en ons potensiële toekoms geboei.

Die beroemde miljardêrbelegger uit die VSA, Warren Buffet, het mos gesê: “Die uitsig in die truspieël is altyd helderder as deur die voorruit.” Naspers en die DA kyk alewig in die truspieël. Daarom sien hulle nie wat nou besig is om te gebeur nie.

Een van die merkwaardige dinge wat die afgelope paar jaar plaasgevind het, is dat die ANC ‘n byna volledige Zoeloe- etniese party geword het. Onlangs in die Business Day kla Aubrey Matshiqi steen en been daaroor. Die hele droom van ‘n “reënboognasie” wat deur die alliansie van Xhosas en linkse Engelse en Jode uitgedink is, en waaroor Naspers steeds sanik, het eintlik volledig skipbreuk gelei. Ferdi Greyling van Beeld is al ‘n senuweewrak soos die gebrek aan “nie-rassigheid” by die ANC hom kasty.

Miskien werk “nie-rassigheid” in die Britse Bantoestan, Lesotho, waar Prins Harry van Brittanje gereeld besoek by etniese Sotho’s aflê. In elk geval swymel die Naspers-koerante nog meer oor die rooihaarprins as oor die Zille-dinastie in Kaapstad.

Die DA en waarskynlik die pas gestigte Agang van me. Mamphela Ramphele, het die draers van die vorige ANC-visie vir Suid-Afrika geword. Geen wonder mev. Zille is so trots op haar “ANC-verlede” nie, want sy staan gister se ANC-idees voor. Dit is die multikulturele stelsel wat dr. Angela Merkel van Duitsland as ‘n “mislukking” beskryf het, maar waaraan die Amerikaners en die Britte verbete vasklou.

Vanaf 2007 het Jacob Zuma ‘n onverwagte tweede revolusie binne die ANC laat plaasvind, dié van ‘n magsverskuiwing vanaf die Xhosa-Engelse groepering na die Zoeloes.

Vir ons hou dit enorme implikasies in. Indien Afrikaners bereid sou wees om, nes die Zoeloes, binne ‘n bepaalde party onder intelligente en vooruitstrewende Afrikanerleierskap te groepeer, kan ons deelneem aan die nuwe etniese politiek in Suid-Afrika.

Dis nou die ou ANC (Zille/Ramphele) teen die nuwe ANC (Zuma). Kan Afrikaners nie ‘n derde speler in hierdie liga word nie? Elke ander etniese groep in die land tree in sy eie belang op, behalwe ons.

Ons is mos Afrikanerskape. Siende blind en horende doof.

Ons vertrou veral nie mense wat te goed ingelig is nie. Ons verkies middelmatigheid. Iemand soos Zille met haar soort Benoni-sjarme, opgesmuktheid en Hollywoord-tabberds met slepe wat sy parlement toe aantrek.

Moenie te goed wees nie.

Zuma: Bly hy of gly hy?

Vir ongeveer ‘n jaar lank verskil meningsvormers en kommentators oor die vraag: Is pres. Jacob Zuma se kierankies besig om uit te braai, of nie?

Hieroor sal nog kopstukke kopgestamp word.

In die een hoek is mense wat stewige argumente opper oor waarom die eindfluitjie besig is om vir Zuma te blaas. Die argumente is so geldig soos toe Willem Jordaan, adjunk-redakteur van Die Burger, die eerste keer hieroor geskryf het.

Diegene wat meen daar is nog ‘n tweede termyn vir Zuma in die vooruitsig, meen sy doemprofete pas westerse maatstawwe op Suid-Afrika toe. Hierdie argumente blyk ook in die kol te wees soos meningspeilings wat op groot gewildheid vir die president dui.

Min mense, enige plek ter wêreld, sou daarin kon slaag om as effektief ongeletterde, met ‘n geskiedenis van ernstige hofsake agter die blad, tot president te vorder.

Zuma se grootste bate, so blyk dit, is om alles aan almal te belowe, en daarmee geloofwaardigheid te behou, al bots die beloftes ook hoe erg. Uit die ou stamtradisie is ‘n hoofman as ‘n goeie hoofman beskou as hy saans van familievuurtjie tot familievuurtjie beweeg en aan die uitgebreide families vertel wat hulle wil hoor. Die afwesigheid van ‘n media wat oor alles berig wat die hoofman sê, het daartoe bygedra dat almal gelukkig kon wees, al het die hoofman in sy rondte ook erge teenstrydighede kwytgeraak.

Zuma het nie dié luukse nie – of het dit nog nie. Maar hy sal steeds by Julius Malema se geboortedorp aan die mense vertel Malema is ‘n toekomstige president van die land, en by Bultfontein se boertjiefees heerlik saamkuier en aandui dié geleentheid sal jaarliks deel van sy dagboek uitmaak.

Op RSG se program, Kommentaar, het die jongste groep deelnemers egter by voorbaat skeptisisme uitgespreek of dit wat Zuma met die mond beloof, in ooreenstemmende dade van sy ministers en amptenare gaan neerslag vind.

Zuma se mediavakansie is verby, iets waarvoor hy ook grootliks net homself kan blameer deur die ANC se mediabeperkingsplanne. Hy kan nou nie meer op ‘n media reken wat politiek korrek sal swyg wanneer teenstrydighede en verbreekte beloftes sou blyk nie.

As iemand nog getwyfel het oor of Zuma hoegenaamd in ‘n tweede termyn sou belangstel, dan het pogings om hom opnuut oor sy Shaik-bande te laat vervolg en sy reaksie daarop alle twyfel uit die weg geruim. Sy presidentskap word in effek as vernaamste verweer geopper oor hoekom die saak nie heropen moet word nie. Hoe langer hy in die stoel bly, en daarna dalk selfs ‘n poppemeester vanuit Lethuli-huis die septer swaai, hoe skraler word sy kanse om sy dag in die hof te kry. Daar is immers reeds ‘n groot magsoordrag van regeringsake na Lethuli-huis aan die gang.

Of die teenspoed Zuma se einde sal beteken of verhaas, sal die tyd leer. Een van die probleme waarmee Zuma se teenstanders te kampe het, is dat Zuma tipies van outokratiese leiers nie toelaat dat bekwame en dinamiese leiers in sy skadu groei nie. Niemand staan nou werklik uit as ‘n lewensvatbare alternatief nie.

Kommentators wys wel daarop dat adjunk-president Kgalema Motlanthe opnuut besig is om presidensieël op te tree. Sy naam duik ook al hoe meer in die media op as die man wat die land de facto, veral vanuit die parlement bestuur. Oor hoe goed hy in Lethuli-huis ingegrawe is, is egter minder duidelikheid.

гидроаккумулятор киевлобановский александр харьков

Korrupsie

Laat in die Thabo Mbeki-era het die ANC met ‘n veldtog begin om ‘n saak uit te maak dat dit eintlik die vorige bedeling was wat korrup was. Feitlik niks of niemand nie, van Anglo-American tot die Afrikanerbond, is ontsien nie. Dit het ook die kern uitgemaak van die destydse adjunk-minister van Landbou en Grondsake, Dirk du Toit, se toespraak by ‘n drie-in-een-landboukonferensie in Bloemfontein. Volgens du Toit kon die korrupsie binne die nuwe bedeling nie opweeg van dit wat onder die oue plaasgevind het nie.

Uiteraard was daar korrupsie onder die ou bedeling. ‘n Voormalige minister het tronkstraf uitgedien en nog een se aspirasies vir eersteministerskap het in die stof gebyt toe transaksies rondom besproeiingskemas aan die lig gekom het. Die lys is langer, en nie almal het aan die pen gery nie.

Sedert die bewindaanvaarding van pres. Jacob Zuma – eintlik van hy tot leier van die ANC verkies is, word gereeld ander geluide gehoor. Daar is klaarblyklik ‘n groter mate van erkenning van die korrupsieprobleem tydens die Mbeki-era. Van tyd tot tyd maak Zuma sterk geluide teen korrupsie, en soms doen van sy senior ondersteuners dit ook – al word daar dan vir hulle gelag. Soms is skynbaar ‘n bietjie volstruispolitiek hieroor gespeel soos tydens Zuma se staatsrede.

Tussen die uitsprake en die gevolge was daar egter ‘n groot verskil. Waar kaders wél in die slag gebly het, is hulle gewoon herontplooi, of het reuse skeidingspakette ontvang, of beide.

Pas is ‘n paar reuse ondersoeke aangekondig waar miljarde rande genoem word. Dit sny oor verskeie staatsdepartemente en provinsies. Dit klink na goeie nuus, maar verskeie staatsdepartemente en veral provinsies wat luidens berigte maar ewe wild met andermansgoed omgaan, is nie op die lysie wat ondersoek word nie. Die Openbare Beskermer het pas ‘n verslag voltooi waarin ‘n minister by tenderpreneurskap geïmpliseer word maar daar is geen teken dat dié minister enige teenspoed te wagte kan wees nie.

Boonop dryf die ANC nou verskeie maatreëls wat die gevaar inhou om Suid-Afrika van sy grondwetlike mediavryheid te stroop, en sodoende die mees potente middel om korrupsie aan die kaak te stel in die slag kan laat bly.

Minstens is daar nou uitsprake oor korrupsie. Die jongste is die minister van Behuising, Tokyo Sexwale, wat meen dit het endemiese afmetings aangeneem – ‘n term wat baie kenners lank reeds gebruik.  Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het gewaarsku dat Suid-Afrika binne die volgende vyf jaar soos die korrupte gemeenskappe van Angola of soos Nigerië sal word as korrupsie nie binnekort hokgeslaan word nie.  Hy meen dit gaan uitloop op ‘n toestand “waarin daar net een manier is om te oorleef:  Om ‘n posisie in die staat te kry waar jy ook uit die krippie kan eet.”  Jay Naidoo, eerste hoofsekretaris van Cosatu en latere minister van telekommunikasie, het gesê:  “Hierdie is roofdier-vuilgoed wat ‘n kanker in ons gemeenskappe is en wat die korrupsie in ons land aandryf.  Dit is kêrels wat rondloop met sakke vol geld wat die stemme in konferensies koop.  Hulle steel lisensies en verkoop tenders.  Dit is mense wat van skoolvoedingsprogramme steel en toelaes steel wat bedoel is vir oumense en bejaardes.  Dit vernietig die maatskaplike weefsel van ons gemeenskap.  Die werklike vyand in ons land vandag is hierdie verdomde elites wat militante taal gebruik, maar vir wie dit net gaan om nog krippe te skep waar hulle kan gaan vreet en ons regte steel.”

Omdat Zuma egter self nooit sy dag in die hof gekry het nie, sal die vermoede altyd bestaan dat daar selektief met die probleem omgegaan sal word. Indien dit die geval is, is die aanslag teen korrupsie prinsipieel ook korrup.

вакуумный расширительный бачокОлександр Васильович Фільчаков

Impak van Vavi se opmerkings

Die storm wat opmerkings van Cosatu se algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi, oor beweerde korrupsie van twee ministers ontketen het, dui op meer as wat dit oppervlakkig lyk.

Vavi se opmerkings was gerig aan die adres van die minister van Kommunikasie, Sipiwe Nyanda en die minister van samewerkende regering, Sicelo Shiceka. Nyanda word geroskam oor ‘n besonder hoë hotelrekening, terwyl Sicika onder die loep kom oor ‘n aanspraak op sy CV dat hy oor ‘n meestersgraad beskik wat geblyk het vals was.

Dit is nie die eerste keer dat inligting in die openbare domein beland wat ongunstig op dié ministers reflekteer nie. Nyanda is onder meer geïmpliseer by besonder gunstige, maar verdagte veiligheidskontrakte met ‘n Transnet-filiaal, en daarna sy openbare ywer dat die hoof van hierdie filiaal Maria Ramos as Transnet-hoof moes opvolg. Die einste transaksies het egter Nyanda se witbroodjie se sy Transnet-loopbaan gekos.

Shiceka, die minister verantwoordelik vir die land se spartelende munisipaliteite, se eie munisipale rekening in Midrand was met ‘n astronomiese bedrag in die rooi.

Die twee ministers was ook nie die enigstes wat by skewe praktyke geïmpliseer is nie. Die minister in die Kantoor van die Presidensie verantwoordelik om ‘n ogie oor korrupsie te hou, het self geblyk sy amptelike kredietkaart vir eie gebruik in te gespan het. Minister Tina Joemat-Pettersson se naam word weer genoem in verband met verdagte wilds-invoere uit ‘n bek-en-klouseer-gebied. Sy het weliswaar gister hierop in dieselfde pers gereageer as waarin sy onlangs foutiewe grondhervormingsyfers gebruik het.

Die minister van Polisie en sy gevolg het self ‘n monster-hotelrekening in Durban opgedoen met amptelike anker dat hy in daardie tyd ‘n paar polisiestasies besoek het.

Trouens, daar is ‘n regsproses om te probeer verseker dat pres. Jacob Zuma self sy dag in die hof kry. Zuma se verklaarde troonopvolger, Julius Malema, is weer by tenderpreneurskap en onwaarhede betrek.

Hoekom dan die groot ontsteltenis oor Vavi se uitlatings? Pres. Zuma sê immers gereeld self dat daar verskerpte optrede teen korrupsie sal wees.

Die eerste implikasie is dat, sou daar wel erns met die stryd teen korrupsie wees, dit in werklikheid beteken dat sekere begunstigdes teen die optrede geïnsuleer moet wees.

Ten tweede dui dit op nog minder harmonie in die ANC as wat graag voorgegee word. ‘n Breukspul tussen ZANU-PF en sy vakbondarm het juis tot die totstandkoming van die MDC in Zimbabwe gelei. Verskeie politieke en ekonomiese kenners beskou die sg sosialistiese verteenwoordigers in die ANC, waaronder Vavi, as minder radikaal as die nasionalistiese arm wat Malema insluit, wat op nog ‘n ooreenkoms met Zimbabwe dui.

Of dit, eerder as Cope, op die finale skeuring van die ANC dui, is nog hopeloos te vroeg om te sê. Boonop was daar ook bewerings oor Vavi se vrou wat besonder mildelik sou oes deur polisse aan Cosatu-lede te fasiliteer.

Minstens is daar nou ‘n sprankie hoop dat die ANC nie – soos Zuma dit stel – tot die Wederkoms sal regeer nie, en dat Zuma daad by sy bekpraatjies oor korrupsie sal moet voeg om sy party se eenheid te bewaar.

Blykbaar het korrupsie nou so endemies geword dat iets meer as bekpraatjies ook nie meer eenheid sal bewaar nie.

Korrupsie is nie nuut nie. Uit die vorige bedeling is een minister tronk toe, en ‘n ander se aspirasies vir eersteministerskap is oor beweerde besproeiingstransaksies nek omgedraai.

Die ANC het nie korrupsie uitgevind nie, net vervolmaak.

game casino slotsлобановский александр дети

Rapport beskuldig my van ‘heul met neo-Nazi’s’

In ons land is die “apartheidtyd” sedert 1994 deur die “volksmoordtyd” opgevolg. Iewers vorentoe gaan historici moet kyk na die rol van die Suid-Afrikaanse gedrukte media wat die huidige moorde, verkragtings en diskriminasie teen minderheidsgroepe verwyg het terwille van allerlei propagandaveldtogte om hierdie bankrot stelsel in stand te hou. In vandag se Rapport word my uitgebreide besoek aan Europa waartydens ek met ‘n verskeidenheid partye, staatsamptenare en individue gesels het afgemaak as Roodt soek in Europa steun van neo-Nazi’s.

Juis nie. Die Sweedse groep Svenska motståndsrörelsen oftewel Sweedse weerstandsbeweging het reeds deur hul betoging voor die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm ná die moord op Eugene Terre’Blanche getoon dat hulle Afrikaners steun, dus was dit beswaarlik nodig om hul steun “te werf”. Enersyds was ek nuuskierig om te sien hoe lyk neo-Nazi’s in ‘n tradisioneel linkse land soos Swede wat reeds jare lank ‘n sosialistiese stelsel in stand hou en andersyds wou ek ter plaatse kennis opdoen om te sien hoe die protes in Swede tot ‘n meer doeltreffende beweging uitgebou kan word.

Ons het met heelwat ander groepe in Stockholm ook vergader, onder andere die Joodse of half-Joodse redakteur van die Sweedse Demokratiese party se koerant, Tommy Hansson, ‘n feit wat beswaarlik in ons guns getel het wat die Sweedse weerstandsbeweging betref. My houding is egter een van: ons wil nie inmeng in die binnelandse politiek van Swede of enige ander land nie, maar verwelkom steun vir die Afrikanersaak, van watter oord ook al, hetsy links, hetsy regs.

Terloops, die Broederbond-beheerde Rapport het geen beswaar gehad dat ek met ‘n voormalige gevangene op Robbeneiland, beskuldigde in ‘n verkragtingsaak en lid van ‘n terreurbeweging, Jacob Zuma, braaivleis gehou of by Libertas gaan eet het nie. Nóg Nelson Mandela, nóg enige ander ANC-leier – of selfs Rapport – het al ooit die menseregtevergrype van die internasionale kommunisme veroordeel. Honderd miljoen mense het regstreeks as gevolg van kommunisme gesterf, veel meer as wat ooit deur Nazi’s of ander nasionalistiese groepe gedood is. Toe die vakbond Solidariteit ‘n paar jaar gelede met Cosatu en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty vergader het, is dit allerweë as ‘n positiewe stap in Rapport, Beeld en ander Nasperskoerante aangebied.

Soos in die Sowjetunie of Oos-Duitsland van weleer, beskou Rapport heel moontlik enigiemand wat nie ‘n kommunis of sosialis is nie, as ‘n “fascis”. Daardie simbool van linkse totalitarisme, die Berlynse muur, wat ‘n hele bevolking in hul eie land gevange gehou het, het mos hoeka bekendgestaan as die “anti-fascistiese skandmuur” wat bedoel was om die arme Oos-Duitsers teen “kapitalisme en regses” te beskerm, Stasi (hul berugte geheime polisie) en al…

Ek het nie eens geweet Klas Lund, die leier van die Sweedse weerstandsbeweging, was in die tronk omdat hy ‘n polisiestasie aangeval het nie en het dit eers op pad lughawe toe verneem waar ons die vliegtuig Brussel toe sou haal. Ons het nooit vir Lund te siene gekry nie aangesien hy in die noorde van die land woon en nie naby Stockholm nie. Die lede van die beweging wat ons in die hoofstad gesien het, het egter onomwonde aan ons verklaar dat hulle ‘n nie-gewapende stryd voer, met die klem op betogings, bewusmaking, die uitdeel van pamflette op straat en dergelike demokratiese aksies.

Enigiemand wat soos die Sweedse weerstandsbeweging die NSA-onderbroekvlag in die openbaar verbrand en agterna die reste daarvan in die posbus van die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm indruk, kan nie heeltemal sleg wees nie. Die feit dat hulle hul koppe kaal skeer en hoofsaaklik swart klere dra, doen beswaarlik afbreuk aan so ‘n skitterende heldedaad.

Kader Asmal, wat in die openbaar sy steun vir die Kerkstraatbom uitgespreek het en die Afrikaanse universiteite met ander saamgesmelt het om hulle te verengels, is al in ‘n Rapport-rubriek voorgehou as ‘n held en “‘n Afrikaanse taalstryder”. Ek is bevrees Rapport se bewondering vir die voorstanders van terreur of die voormalige terroriste van die ANC wat tans ‘n volksmoord teen ons pleeg, het die koerant se oordeel dermate aangetas dat hy nie meer behoorlik tussen reg en verkeerd, of normale politieke/intellektuele gesprek en onderduimse geweldspraatjies kan onderskei nie.

As Nelson Mandela my more vir ‘n Sweedse ontbyt nooi, moet ek nee sê omdat hy in Oktober 1962 met wapens en plofstof besig was om terreurdade teen Suid-Afrikaanse burgerlikes te beplan? Heel waarskynlik sál ek ‘n ontmoeting met die skrywer van How to be a good communist van die hand wys! Die punt is egter dat linkse of kommunistiese ekstremiste vir Rapport heel aanvaarbaar is, maar diegene aan die teenoorgestelde kant van die spektrum wat nie naastenby so radikaal of gewelddadig is nie word as uit die bose beskou. Rapport is lankal sy morele en politieke kompas kwyt; vandaar dus die soort propagandaberig wat my in die opskrif aan Europese neo-Nazi’s wil verbind.

Om Jared Taylor van American Renaissance, een van die beskaafdste – en in ‘n sekere sin, “liberaalste” in die sin van verdraagsaamste – mense wat ek ken, as “verregs” te beskryf, verteenwoordig insgelyks die soort blindelingse etikettering wat ongelukkig ‘n kenmerk van Naspersjoernalistiek geword het.

Feit is egter dat Europa vinnig besig is om te verander en dat ‘n swaai na regs oral voelbaar is. Net soos die ANC, SAKP en ander malletjies as’t ware deur die linkse golf in die Weste ná die revolusionêre 1960s aan bewind gedruk is, kan die Afrikaner net baat by die huidige, meer nasionalistiese klimaat in Europa.

Ons Afrikaners het reeds baie vriende in Europa, van verregs tot sentrumregs of selfs liberaal. Dis nog net die sosialiste en kommuniste wat ons as ‘n verguisbare en vernietigbare volk van wit rassiste sien. Ook die problematiek van kultuurkonflik met Moslems en swartes wat die sentrale tema van die Europese politiek geword het, het vir die eerste keer sedert die vroeë 1900s die Afrikaner se probleem met verafrikanisering internasionaal verstaanbaar gemaak. In die VSA is ras en kultuur insgelyks nie ver onder die oppervlak nie. In dié trant het ‘n bekende rubriekskrywer onlangs in die New York Times die uitgebreide Tea Party-beweging in die VSA as rassisties afgemaak en hom in die demografiese afgang van blanke kiesers in Amerika verlekker. Oral in die Westerse wêreld is linkses besig om – as deel van hul politieke en verkiesingstrategie – anti-blank, anti-Westers en pro-Moslem, pro-swart en pro-immigrasie te raak.

Binnekort veg ons Afrikaners ons oorlewingstryd saam met ‘n miljard ander blankes in Europa en Noord-Amerika, soos wat Huntington se kultuurstryd of “clash of civilizations” die vernaamste politieke kwessie van die een-en-twintigste eeu word. Indien net een Europese staat ons aktief sou begin steun, sou die ANC se oorheersing oor Afrikaners nie ses maande hou nie. Dus, soos die Poolse uitgeweke skrywer, Jerzy Kosinski, in die vroeë sestigerjare uitgeroep het: “Die toekoms is ons s’n, kameraad!” Amusant vir my was ook hoe sowel die Sweedse regses as die politici van die Vlaams Belang die woord “kameraad” vrylik gebruik het om hul medestryders te beskryf. Miskien raak dit tyd dat ons dié woord in Afrikaans insgelyks rehabiliteer en van sy linkse konnotasie ontneem.

ресивер купитьДанильченко Юрий прокурор

Landbou en regering binne ‘n regering

Tydens die provinsiale grondberaad in die Vrystaat, na afloop waarvan Vrystaat Landbou ‘n klag van haatspraak teen die destydse hoof van Veiligheid en Sekuriteit in die Vrystaat, Jack Klaas gelê het, het ‘n spreker sydelings opgemerk dat Robert Mugabe gekry moet word om Suid-Afrika se grondhervormingsprogram te lei.

Hy is toegejuig.

Dieselfde het by verskeie ander forums gebeur.

Hierdie onverkwiklikheid het gekom kort na die regering, onder leiding van die destydse president Thabo Mbeki, ‘n landbou-ontwikkelingsplan met Agri SA onderteken het. Kort hierna, lynreg in stryd met die ondertekende dokument, ruk die minister van Landbou, Toko Didiza, ‘n dokument uit. Na groot ontsteltenis uit lanbdbougeledere het hierdie dokument ‘n besprekingsdokument geword.

Sedertdien is dit duidelik dat daar twee denkrigtings binne die regering is – ‘n populistiese sonder voete in die praktyk, en ‘n kleiner praktykgerigte benadering.

Die populiste beskou skynbaar die praktykgerigte insette as irrelevant, al is dit formeel deur die regering onderteken, of hoogstens as ‘n tydrowende lastigheidsfaktor.

Die dualisme is in ‘n mate vererger deur die departemente van landbou en van grondsake op Kabinetsvlak te skei.

Intussen wil die landbou standvastigheid in ‘n erg veranderende omgewing vind, sodat hul eie bestaan, asook dié van hul werkers, bestendig kan word en die land ‘n mate van voedselsekuriteit kan beleef.

Die jongste bontpratery oor eiendomsreg in die landbou is die jongste manifestasie van dié teenstrydighede.

Ongelukkig strek die ideologiese dwalinge oor ‘n wye front, soos die vrye teuels wat aan Julius Malema gegee is om “Skiet die Boere” te sing, herhaalde onkunde aan selfs die kant van die president wat skynbaar glo klein lappies grond kan so lewensvatbaar wees dat dit landelike armoede kan teenwerk, en vele meer.

Landbou en grondsake is gans te gespesialiseerde velde om salarisse aan gefrustreerde ideoloë te betaal, en dan dié ideoloë se indienshouding te regverdig deur van hul produkte as iets voor te hou wat nie maar bloot in die snippermandjie hoort nie.

Dit is goed en wel die Departemente van Landbou en van Grondsake trek van tyd tot tyd akademici in om te help met beleidsformulerings. Van hierdie mense word selfs oortuig dat dit die werklike hartklop van die departemente verteenwoordig, en is dan in besprekingsforums minder alarmisties.

Die ideologiese politieke kommissarisse is egter dié met die politieke invloed, en loop gereeld die tegnokrate uit ontkantposisies plat. .

Die gevolg is dat Suid-Afrika nou erg begin neig in die rigting van ‘n dupliserende regering.

Nie, soos die minister van Samewerkende Regering meen op munisipale vlak gebeur waar belastingbetalersverengings as noodmaatreël instaan vir onkapabel munisipale owerhede nie, maar op alle vlakke waar die land tegelyk uit die parlement en Lethuli-huis regeer word.  In die proses is daar te veel teenstrydige belange wat gekoester word, en rig hierdie twee regerings saam minder uit as wat een regering behoort te doen. En al hoe meer sake beland in die howe.

free games bonusФильчаков прокуратура харьков

‘n Stamowerheid vir Afrikaners?

Tydens die gewraakte dinee met Zuma in Libertas, het die Suid-Afrikaanse president ‘n nogal veelseggende opmerking gemaak. “Dis jammer Afrikaners beskik nie oor hoofmanne of konings nie, dan sou dit maklik gewees het om gereeld met hulle te vergader en aan hul versoeke te voldoen.”

Hierop het ek geantwoord dat die oënskynlike probleem van hoe om so ‘n raad van tradisionele leiers saam te stel, maklik oorkom kan word. Ek en ‘n vriend korrespondeer en praat al geruime tyd hieroor.

Feit is dat daar in Suid-Afrika uitgebreide wetgewing oor tradisionele rade bestaan. Trouens, op 3 Februarie vanjaar het die president ‘n nuwe wet onderteken wat vir ‘n “Huis van Tradisionele Leiers” voorsiening maak. Hierdie Huis van Tradisionele Leiers gaan kwartaalliks vergader en sal byna die toesighoudende rol van ‘n senaat vervul. Lede van die Huis sal oor parlementêre immuniteit beskik.

Volgens die wet sal verteenwoordigers vanuit provinsiale tradisionele rade vanuit die geledere van senior tradisionele leiers verkies word.

“As ‘n mens in Rome is, maak jy soos die Romeine,” lui die spreekwoord. Ons noem onsself al driehonderd jaar lank “Afrikaners” maar dikwels gedra ons ons soos Britse koloniste wat steeds oor ‘n hinterland beskik en trek ons neuse op vir tradsionele of stamkwessies. Dít, terwyl die Britte en die tydskrif Time in die sewentigerjare reeds neerhalend na ons as “die wit stam van Afrika” verwys het. Hieronder noem ek ook waarom die Westerse begrip van “nasie”, wat basies tydens die Franse revolusie as “la nation” onstaan het, tans ernstige krake begin toon en dat die idee van ‘n stam of volk in ‘n etniese sin, veel vrugbaarder en dienliker is.

Om in Suid-Afrika aan ‘n stam te behoort en oor tradisionele leiers te beskik, hou allerlei voordele in. In die eerste instansie is daar staatsbefondsing vir sulke leiers en instellings.

Afrikaners kla gedurig dat hulle nie “oor leiers beskik nie”. Persoonlik meen ek daar bestaan bekwame Afrikanerleiers; die probleem kom egter daarby dat die deursnee-Afrikaner nie betrokke genoeg by organisasies of politieke partye is om die nodige geldelike en institusionele steun aan sulke leiers te gee nie.

‘n Raad of rade van tradisionele Afrikanerleiers kan dié gebrek aan Afrikanerleierskap vul. ‘n Afrikanerstamowerheid kan selfs die rol van die ontbinde Volkstaatsraad voortsit deur ons aansprake op grondgebied en selfbeskikking wetenskaplik na te vors en te beredeneer. Dit sou kon skakel met internasionale instansies en sodoende meer en meer erkenning vir die Afrikanervolk verkry.

Maar wat presies is ‘n stam binne die Suid-Afrikaanse konteks? Volgens artikel 2 van die Wet op tradisionele leierskap en regering, wet nr. 41 van 2003:

1) Mag ‘n gemeenskap as ‘n tradisionele gemeenskap erken word indien dit-

a) onderworpe is aan ‘n stelsel van tradisionele leierskap in terme van daardie gemeenskap se gebruike; en

b) ‘n stelsel van gewoontereg volg.

Volgens die tweede subartikel van artikel 2, word ‘n tradisionele raad deur die premier van die betrokke provinsie erken. Hier sien ons dat die ou apartheidstelsel eintlik nie dood is nie; in die plek van tradisionele owerhede in die tuislande het tradisionele rade wat ook geografies per provinsie ingedeel is, gekom. Sodoende geniet die etniese groepe almal erkenning in hul tradisionele gebiede of vorige tuislande. Almal behalwe die Afrikaner, natuurlik. Tensy Australië of Nieu-Seeland deesdae as ons “tradisionele gebied” gereken word!

Die vraag ontstaan nou: wat is die wit stam se “gewoontereg”? Myns insiens sou ons dit die Romeins-Hollandse gemenereg kon noem, plus natuurlik al ons Calvinistiese gewoontes soos doop, trou, katkisasie, aanneming en ander rituele wat ons mense gereeld uitvoer.

Hoe sou ons onsself op ‘n “tradisionele wyse” organiseer? Tans bestaan daar ‘n inisiatief van die Volksraadverkiesingskommissie (Paul Kruger en sy mense moet tog leer om dit as een woord te spel) om aanstaande jaar in Mei ‘n Afrikanerverkiesing te hou en sodoende ‘n leierskorps aan te wys. Hulle benodig egter blykbaar vyf miljoen rand om verkiesing te kan hou, ‘n taamlik konserwatiewe beraming as ‘n mens kyk wat die OVK se verkiesings kos.

Intussen bly ons leierloos, met Helen Zille van die DA wat haarself as die Afrikanervolk se verkose leidster voordoen. Haar amptelike standpunt is dat ons as Afrikaners nie eintlik bestaan nie en dat ons mettertyd sal verdwyn in die Suid-Afrikaanse “reënboognasie”.

Tot tyd en wyl die VVK dus hul verkiesing gehou het – en sonder steun deur die hoofstroommedia soos Naspers en die SAUK gaan dit maar moeilik gaan – bly ons leierloos.

Dis nou waar ‘n stamowerheid ‘n nuttige funksie kan vervul, by gebrek aan waarlik verkose leiers. In elk geval hang verkiesings en demokrasie saam met Westerse demokrasie en daardie Franse gedagte van die “nation” wat bedoel is om die verskillende stamme te verenig, hulle tale en kulture uit te roei en hulle verkieslik as kanonvoer op te vorder sodat hulle vir die glorie van Napoleon of enige van sy opvolgers in ‘n oorlog kan sterf. Die geboorte van die moderne, ontstamde en “universele nasie” hang ten nouste saam met die behoefte om groot volksweermagte – Napoleon se “grande armée” – op die been te bring om die vyand te gaan aanval.

Soos Samora Machel ook in navolging van die Franse nasiebegrip gesê het: “Vir die nasie om tot stand te kom, moet die stam sterf.”

In Suid-Afrika, soos ook elders in Afrika – en in weerwil van verwestering, verengelsing, die verbruikersmaatskappy – duur die stam egter hardnekkig voort. Vir ons, die blanke stam van Afrika, is dit nie noodwendig sleg nie. Inteendeel, ons behoort hierdie verskynsel te verwelkom.

Hoe sou stamleiers vir Afrikaners aangewys word? Hierdie probleem het my ook besig gehou, totdat ‘n vriend wat ‘n bekende sakeman is, voorgestel het dat elke Afrikanerfamilie sy eie “stamhoof” aanwys. Daar sou dus ‘n stamhoof vir die Botha’s, die Van der Merwes, die Pretoriusse, die Van der Walts, die Du Preez’s, ens. in elke provinsie wees. Dit sou ‘n baie goeie verskoning vir familiereünies en -braaivleise kon raak om jaarliks of tweejaarliks ‘n stamhoof te verkies.

Sulke familiestamhoofde sou dan as afgevaardigdes na stamraadsbyeenkomste kan gaan wat weer op hul beurt die provinsiale stamraad kan aanwys. Volgens die wet beskik die provinsiale stamrade oor wye magte en funksies, en geniet inspraak in plaaslike, provinsiale en nasionale regering.

Oor die afgelope tien jaar en meer is daar honderde gesprekke landwyd tussen Afrikaners en Afrikaanse organisasies gevoer wat ten doel had om ‘n statutêre raad vir Afrikaners op die been te bring, ‘n Afrikanerraad of Afrikanerowerheid. Nou onlangs het Anton Barnard weer op die Praagwebwerf geskryf oor ‘n Afrikanerowerheid, soortgelyk aan die Palestynse Owerheid wat internasionale erkenning geniet, hoewel daar tot dusver nog geen onafhanklike Palestynse staat bestaan nie.

As mense van Europese afkoms, hoef ons nie ons stamstatus op ‘n stereotipe manier te sien nie. Een van die mees aantreklike aspekte van die Europese kultuur is juis die oorblyfsels van oeroue stamkulture, streeksidentiteite en stadstate wat ‘n mens daar ervaar, met eie vlae, dialekte, liedere en volkskultuur.

Elke Afrikanerfamilie kan, ‘n bietjie soos in Switserland waar jaarlikse politieke byeenkomste of volksvergaderings in elke kanton op dorpspleine plaasvind, na stambyeenkomste opruk met ‘n eie vlag, vaandel of familiewapen. Sulke byeenkomste kan kleurvol, gemoedelik en sonder die bitterheid van tradisionele politiek plaasvind.

Ek sou nog kon uitwei oor waarom die moderne Westerse nasiebegrip onder die multikulturele aanslag besig is om finaal die gees te gee, maar dis miskien ‘n tema vir ‘n volgende rubriek.

Indien Afrikaners ‘n eie stamowerheid saamstel, sal ons nie net oor stabiele leierskap beskik wat in hierdie dae broodnodig is nie, maar ook statutêre erkenning en befondsing deur die Suid-Afrikaanse regering geniet. Ons sal selfs internasionaal op gelyke voet met ander volke samesprekings kan voer en onderhandel. ‘n Eie Olimpiese span wat aan die Spele onder die oranje-blanje-blou kan deelneem, is nie uitgesluit nie.

Soms is oplossings veel eenvoudiger as wat ‘n mens dink.

slot machineАлександр Фильчаков Васильевич

Hoeveel divisies het die Afrikaner?

Josef Stalin het eendag vir sy raadgewers gevra: “Hoeveel divisies het die Pous?”

In die denkraam van vandag se politieke kommentators ontstaan die vraag gereeld: “Wat kan ‘n klein groepie Afrikaners vermag teenoor die permanente swart meerderheid? Oftewel, hoeveel divisies het die Afrikaners?”

Hierdie fiktiewe stukkie toekomsgeskiedenis komende van ‘n naamlose skrywer uit Australië het my baie diep geraak. Dit verskaf gewis stof tot nadenke vir diegene wat nog glo dat die “Afrikanerprobleem” met genoeg paaiwerk en breinspoeling vanself sal verdwyn.

Op 3 Februarie vanjaar stuur Reuters die volgende berig uit:

US warns of cyber threat

2010-02-03 13:25

Washington – Google’s recently reported cyber attacks are a “wake-up call” about the vulnerabilities of computer networks to attacks that could cripple the US economy, said the top US intelligence official on Tuesday.

“We cannot be certain that our cyberspace infrastructure will remain available and reliable during a time of crisis,” US Director of National Intelligence Dennis Blair told key lawmakers.

Blair said vital telecommunications and information systems faced threats from “those who would steal, corrupt, harm or destroy the public and private assets vital to our national interests”.

Voortvloeiend uit hierdie nuusberig skryf ‘n oud-Suid-Afrikaner uit Argentinië:

Afrikaners benodig nie divisies nie

“Dit is donkermaan. Die koue winternag is die langste en donkerste in menseheugenis. Sedert drie uur vanmiddag is Eskom se hele kragnetwerk afgeskakel.

Die straatligte is uitgedoof en die verkeersligte almal swart.

Vrywilligers worstel reeds vir ure om verkeersknope te ontstrengel. Byna al die geboue is in donker gehul. Flikkerende kerse verlig sommige woonhuise. Televisie- en radiostasies is stil en beamptes probeer om hul pad met flitsligte deur Auckklandpark se gange te vind. In die kelderverdieping probeer iemand om die bystandopwekker aan die gang te kry.

Maar dit gaan futiel wees. Net kykers met hul eie kragopwekkers sal in staat wees om die nuutste inligting oor die nasionale kragkrisis te hoor.

Die myne is ernstig geraak. Die chroomerts se knetterende plasmaboogsmeltoonde het stil geraak. Die gloeiende smeltkroese se inhoud is besig om tot nuttelose grys chroomrotse te stol. Selfs die goudmyne se draaimeulens het tot stilstand gekom. Duisende mynwerkers is ondergronds vasgekeer.

By die lughawe bestaan ‘n mate van orde vanweë die bystandopwekkers wat vanself aangeskakel het met die kragonderbreking.

Vulstasies is verlate, hul brandstofpompe kragloos. Hospitale sonder kragopwekkers is in warboel en daar is opstande in die oorvol tronke.

Toe die eerste 4 000Mw-kragstasie afskakel, kon die res van Eskom se oorbelaaide kragnetwerk die bykomende vraag nie hanteer nie. Die ander kragstasies het met ‘n domino-effek een na die ander geswik.

Suid-Afrika se krag is afgeskakel. Dit mag vir dae of selfs weke so voortduur. Onrus gaan in die swart voorstede uitbreek en die inkopiesentrums geplunder word.

Suid-Afrika gaan ‘n onseker toekoms tegemoet — die land sal nooit weer dieselfde wees nie…

Dit gaan die land miljarde rande kos om van hierdie skok te herstel. Boonop kan die aanslag enige tyd deur ‘n tweede en derde een opgevolg word, en daar is niks wat enigiemand daaraan kan doen nie.

President Zuma sal waarskynlik dadelik ‘n noodtoestand afkondig. Hy sal dan ook die land se grondwet opskort en krygswet instel. Honderde Afrikaners gaan gearresteer en ondervra word, — nie omdat hulle aandadig is aan die aanslag nie, maar omdat hulle witmense is.

Die kuberoorlog het begin…

In ‘n eenvoudige huis in die beboste buitewyke van Boedapest sit drie jong mans in hul laat dertigerjare en volg die gebeure op CNN. Hulle is Taakgroep 1 wat die fyn beplande aanslag moes uitvoer. Meer as twintig sulke taakgroepe staan regoor die wêreld gereed en wag op hul bevele. Slegs die Leiersraad weet wat die volgende stap sal wees.

Hierdie taakgroepe is lede van duisende hoogs opgeleide Afrikaners wat hulle sedert 1994 in die buiteland bevind. Sedert Thabo Mbeki vir Nelson Mandela opgevolg het, was dit duidelik dat die aanvanklike euforie verby is. Die skrif was toe aan die muur dat die etniese suiwering van die Afrikanervolk eersdaags sal begin. Met hul naïewe magsoorgawe het FW de Klerk en Roelf Meyer hulle met die gevolge van hul verraad lelik misreken. Hulle het nie besef dat ‘n kuberoorlog veel meer skade aan Suid-Afrika se ekonomie en maatskaplike struktuur sou aanrig as wat die geval met ‘n uitgerekte skikkingsproses sou wees nie.

Die Leiersraad in Ballingskap het besluit dat ‘n gewapende opstand nie effektief sal wees nie. Boonop sal die lewens van Afrikaners binne Suid-Afrika daardeur bedreig word. Die enigste wapen wat Afrikaners doeltreffend sal kan aanwend is om hul buitelandse talent in te span om ‘n kuberoorlog te begin en om op ‘n gegewe tydstip die land se hele kragnetwerk lam te lê.

Aanstaande week sal ‘n regsfirma van die Europese Unie onderhandelings namens hul gesiglose kliënte met die Suid-Afrikaanse gesante in Berlyn onderneem. Die regsfirma maan die gesante dat enige poging om vergeldingstappe teen binnelandse Afrikaners te neem, met ‘n tweede aanslag begroet sal word.

President Jacob Zuma het in ‘n verdoemende verklaring op CNN belowe dat die terroriste wat vir die kuberaanslag verantwoordelik was aan die man gebring en summier tereggestel sal word.

‘n Maand voor die aanslag het president Jacob Zuma ‘n opvolgvergadering met Afrikanerorganisasies gehad. Die vergadering het gevolg twee jaar ná die 2 April 2009-vergadering in die Sandton Hilton toe ‘n dertigtal organisasies in goedertrou met hom gesels en hul vrese en aspirasies in voorleggings verwoord het, wat deur ‘n dinee in sy amptelike woning opgevolg is. Soos gewoonlik was Zuma die innemendheid vanself en het hy almal met sy sjarme oorrompel. Die goedgelowige afgevaardigdes het besluit om hom ‘n kans te gee.

Maar daar het dadels van gekom.

Die daaglikse plaasmoorde het onverpoosd aangegaan; straat- en plekname is sonder raadpleging vernoem na onuitspreekbare identiteitslose en fiktiewe swart historiese figure. Afrikaanse skole en universiteite is verengels.

Zuma se aanstellings van sy vriende in belangrike poste, sy verheerliking van die Afrikakultuur met ‘n bulmoordseremonie, sy veelwywery en dosyne buite-egtelike kinders is bewys dat hy maar net nog ‘n Afrikaan sonder enige sweem van Westerse moraliteit, selfbeheersing of morele oordeel is. Presidente omring hulself met hul eie soort, wat niks goeds vir Afrikaners inhou nie. Afrikaners wat hom voorheen teen Mbeki ondersteun het, verfoei hom vandag en sien nie kans om onder dieselfde vlag met hom en sy volgelinge te woon nie.

Selfs die Afrikaners se moederstad se naam is nie veilig nie. Verskeie pogings is aangewend om Pretoria se naam te verander sonder om die stad se inwoners oor die saak te ken. Dit het duidelik geword dat Afrikaners se historiese raklewe aan sy einde gekom het. Ook hul fisiese raklewe het aan sy einde gekom, want daar word daagliks oor wrede moorde en verkragtings berig.

Maar die Afrikanervolk het anders daaroor besluit…

Hulle het ‘n streep in die grond getrek en ‘n opvolgvergadering met Zuma aangevra. Hierdie keer was die luim nie weer so gemoedelik soos by die eerste twee vergaderings nie. Afgevaardigdes was openlik vyandig en het Zuma gewaarsku dat sy regering die ergste moet verwag indien hul redelike en internasionaal erkende eise nie toegestaan en in wetgewing verskans sal word nie. ‘n Goed beredeneerde dokument is oorhandig waarin internasionaal erkende minderheidsregte geëis word. Internasionale regsgeldigheid word deur die volgende dokumente aan hul eise verleen:

Artikel 235 van die Grondwet, wet 108 van 1996.

The United Nations Declaration on the Rights of Minorities.

The United Nations Declaration on the Rights of Indigenous Peoples (2007).

The United Nations International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights.

Pres. Jacob Zuma het dit in ontvangs geneem en plegtig belowe dat sy kabinet indringend daarna sal kyk.

Maar daar het weer niks gebeur nie. ‘n Gesant is na die Presidensie gestuur om hulle te waarsku teen ‘n ontsettende ramp wat die land gaan tref tensy daar aan die redelike eise van die Afrikaners voldoen word. Die versoek is dat ‘n ministeriële taakspan met Afrikanerleiers sal begin onderhandel.

Op televisieskerms word Saterdagaand gewys hoe die gesant geïgnoreer en verjaag word.

In Sondag se Rapport wens Max du Preez dat Afrikaners liewer van hul leë argumente en terughunkering na apartheid wil afsien en dat hulle bly moet wees dat hulle hoegenaamd nog in Suid-Afrika verdra word. In Dinsdag se Beeld verwys Tim du Plessis smalend na die eise en dreigement as die laaste stuiptrekkings van apartheid wat op niks gaan uitloop nie. “Hoe kan ‘n magtelose minderheid homself teen die swart massa om hom handhaaf?”

Donderdagmiddag word Suid Afrika deur die eerste kuberaanslag in die moderne geskiedenis getref.

Oorloë sal nooit weer dieselfde wees nie.

Minderheidsvolke het nie divisies nodig nie…

медицинская справка 086уАлександр Фильчаков Васильевич