Wêreldwye kuberaanval

Naastenby 100 lande is geraak deur ‘n massiewe kuberaanval
(heel moontlik die grootste nóg). Dit is gedoen met behulp van
programmatuur genaamd “Eternal Blue” wat deur die Amerikaanse Nasionale Sekuriteitsagentskap (NSA) ontwikkel is, maar laas maand uitgelek is deur ‘n groep met die naam “Shadow Brokers”.

Die kuberkrakers het ‘n lospryswurm (ransomware worm) wat self
versprei op die internet losgelaat. Dit veroorsaak enkripsie van
slagoffers se data, en hulle moet dan ‘n losprys van soveel as R8000
betaal om weer toegang daartoe te verkry.

Vrydag is die internasionale verskepingsmaatskappy FedEx en die
Britse gesondheidsstelsel hierdeur ontwrig, in so ‘n mate dat Britse
hospitale en klinieke pasiënte moes wegwys. Antivirusprogrammatuurontwikkelaars het Vrydag berig oor tot 57 000 infeksies in 99 lande. Rusland, die Oekraïne en Taiwan was die topteikens.

Steve Hofmeyr-webblad glo deur kuberkrakers aangeval

Volgens berigte is Steve Hofmeyr se webblad deur ‘n kuberkrakergroep wat hulself “Anonymous Africa” noem, aangeval. Hulle beweer dat hulle ‘n DDOS- (Distributed Denial of Service) aanval op die sanger se webblad uitgevoer het. Tans is die webblad egter steeds aanlyn.

Anonymous Africa het Sondagoggend getwiet: “You will be happy to know we are currently running miniop [mini operation] against the racist @steve_hofmeyer.”

‘n DDOS-aanval behels die rig van ‘n oormaat verkaar aan ‘n webblad totdat die netwerk wat dit huisves oorweldig raak. Dit kan egter nie onbepaald volgehou word nie en gewoonlik hou dit ná enkele ure of dae weer op.

praag.co.za is effens meer as ‘n jaar gelede insgelyks deur kuberkrakers of selfs regeringsinstansies met ‘n DDOS-aanval geteiken.

Steve Hofmeyr is tans met vakansie en nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Kuberaanvalle in Suid-Afrika is onwettig aangesien dit ‘n ootreding van die Wet op elektroniese kommunikasie en transaksies verteenwoordig.

Anonymous Africa het voorheen al soortgelyke aanvalle op die ANC se webblad, asook dié van die Zimbabwiese staatskoerant, The Herald, geloods.

Massiewe kuberaanval op PRAAG-webblaaie

praagcoza_logoOor die afgelope paar dae vanaf Dinsdagoggend is ‘n massiewe kuberaanval teen die webwerwe en bedieners van PRAAG geloods. Die sogenaamde verspreide-diensweerhoudingsaanval (Engels DDOS) waarby potensieel tienduisende rekenaars betrokke was, het as oogmerk gehad om PRAAG en sy diensverskaffer bankrot te maak deur die verbruik van bandwydte en skade aan netwerkinfrastruktuur.

By tye het die verspreide-diensweerhoudingsaanval die PRAAG-bedieners buite werking gestel maar tans is beide die Afrikaans webwerf by praag.co.za en die Engelse blad by praag.org aanlyn.

Dr. Dan Roodt, direkteur van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) ‘n gemeenskapsnuusdiens en kultuurorganisasie, het in ‘n verklaring gesê: “Ons is heeltemal verbyster deur die vlak van kuberaktiwiteit wat daar tans deur ekstremistiese anti-Afrikaanse groepe in die land teen ons gemonster word. Daar bestaan ook verskeie Facebook-blaaie wat deur mense onder vals identiteite bedryf word wat ons wil vernietig, oënskynlik omdat ons betogings teen misdaad ondersteun, asook veeltaligheid in Suid-Afrika goedgesind is.”

Die kuberaanval het aansienlike skade aangerig, nie net aan PRAAG nie, maar ook aan sy diensverskaffers en hul netwerke, iets wat kragtens Suid-Afrikaanse wetgewing strafregtelike aanspreeklikheid skep. Hierby kan ook gronde vir ‘n siviele eis gevoeg word, indien die oortreders opgespoor word.

“Ons gaan klagtes by die SA Polisiediens indien kragtens die Wet op elektroniese kommunikasie en transaksies nr. 25 van 2002 rakende die verspreide-diensweerhoudingsaanval teen ons, asook daardie naamlose individue wat aanhou om ons op Facebook, sosiale media en teenoor potensiële adverteerders op ons blad belaster,” meen Roodt.

“Ons gaan beslis nie hierdie soort aanvalle met gelatenheid verduur nie,” sê Roodt. “Ons lesers en ondersteuners staan by ons en honderde het reeds as vrywilligers aangemeld om dié pogings om ons monddood te maak, te beveg. Ons sal egter nie van die onsmaaklike en onderduimse metodes van ons teenstanders gebruik maak nie, maar ons op ‘n oop, deursigtige en wettige manier verdedig.”

Groot aanlynkuberaanval in Londen gesimuleer

plaisterershall‘n Kuberaanval deur ‘n buitelandse regering op die finansiële markte is Dinsdag in een van Londen se historiese geboue gesimuleer tydens ‘n “oorlogspel” om die Stad se verdediging te toets teen aanlynsaboteurs .

Sowat 100 bankiers, reguleerders, staatsamptenare en die markte se  infrastruktuurverskaffers het byeengekom om deel te neem in ‘n oefening genaamd “Waking Shark II” by Plaisterers’ Hall in die hart van Brittanje se finansiële distrik .

Reguleerders en maatskappye is toenemend bekommerd oor die bedreiging van misdaad op die bankstelsel, insluitende die impak van ‘n gesamentlike aanlynaanval of -inbraak op spesifieke leners. Die Bank van Engeland het gesê banke moet hul verdediging versterk teen sulke kuberaanvalle.

Een ongeïdentifiseerde genoteerde Londense maatskappy het reeds verliese van £800 miljoen in ‘n kuberaanval gely, volgens die Britse veiligheidsdiens.

Dinsdag se vyf en ‘n half uur aanval het vanaf 1200 GMT geloop en het simulasies ontwerp om te toets hoe goed banke en ander spelers in die mark kommunikeer en koördineer met die owerhede, het bronne aan Reuters gesê.

‘n Bron met binne-inligting, het gesê een van die simulasies was ‘n kuberaanval deur ‘n valse buitelandse regering en ‘n ontkenning van diens ( denial-of-service of DOS ) aanval, wat netwerkhulpbronne van gebruikers weerhou.

Die bron het die oorlogspel as ‘n “produktiewe oefening” beskryf wat deelnemers beter toegerus het om ‘n werklike aanval die hoof te bied.

Die Ministerie van Finansies , BoE en die finansiële oorsig owerheid het gesê die oefening was “volgehou ​​en intensief” .

“‘n Deeglike hersiening van die lesse wat geleer is om moontlike verbeterings te identifiseer wat die veerkragtigheid van die sektor kan verseker,” sal in ‘n verslag gepubliseer word vroeg in die nuwe jaar, luidens die gesamentlike verklaring wat uitgereik is.

Die oorlogsimulasie, wat een van die grootste van sy soort in die wêreld was, volg op ‘n soortgelyke grootskaalse simulasie in New York vanjaar genaamd “Quantum Dawn 2” en kom te midde van verhoogde vrese oor die bedreiging van inbraak en kuberaanvalle .

“Dit is ‘n goeie geleentheid om enige foute uit te stryk voor ons kuberverdediging in woede getoets word,” sê Stephen Bonner, ‘n vennoot in KPMG se Inligtingspan .

Richard Horne, ‘n vennoot by PricewaterhouseCoopers, wat spesialiseer in kubersekuriteit , het gesê die oefening was nuttig, maar die werklike uitdaging lê in die koördinering van regoor die bedryf om seker te maak ‘n krisisscenario word nooit bereik nie .

“Dit sal baie gedetailleerde tegniese werk en toetse kos, gekoördineer oor die hele bedryf, om werklik te verstaan ​​wat al die interafhanklikhede is om sinvolle herstelplanne te ontwikkel,” sê Horne .

Die beleggingsbankbedryf het self ‘n sleutelrol gespeel in die koördinering van die oefening, saam met BoE , die Tesourie en die finansiële oorsig owerheid ( FCA ) en dit volg op ‘n soortgelyke oefening twee jaar gelede, het die bronne gesê.

Instellings wat betrokke is by hierdie jaar se oorlogspel het ingesluit Barclays, BNP Paribas, Bank van Amerika, Commerzbank, Credit Suisse, Deutsche Bank, Clear, Goldman Sachs, HSBC, JP Morgan, LCH Clearnet, London Stock Exchange, Morgan Stanley, Nomura, Royal Bank van Skotland, SocGen, SWIFT en UBS, volgens ‘n bron vertroud met die kwessie. – Reuters

Hoeveel divisies het die Afrikaner?

Josef Stalin het eendag vir sy raadgewers gevra: “Hoeveel divisies het die Pous?”

In die denkraam van vandag se politieke kommentators ontstaan die vraag gereeld: “Wat kan ‘n klein groepie Afrikaners vermag teenoor die permanente swart meerderheid? Oftewel, hoeveel divisies het die Afrikaners?”

Hierdie fiktiewe stukkie toekomsgeskiedenis komende van ‘n naamlose skrywer uit Australië het my baie diep geraak. Dit verskaf gewis stof tot nadenke vir diegene wat nog glo dat die “Afrikanerprobleem” met genoeg paaiwerk en breinspoeling vanself sal verdwyn.

Op 3 Februarie vanjaar stuur Reuters die volgende berig uit:

US warns of cyber threat

2010-02-03 13:25

Washington – Google’s recently reported cyber attacks are a “wake-up call” about the vulnerabilities of computer networks to attacks that could cripple the US economy, said the top US intelligence official on Tuesday.

“We cannot be certain that our cyberspace infrastructure will remain available and reliable during a time of crisis,” US Director of National Intelligence Dennis Blair told key lawmakers.

Blair said vital telecommunications and information systems faced threats from “those who would steal, corrupt, harm or destroy the public and private assets vital to our national interests”.

Voortvloeiend uit hierdie nuusberig skryf ‘n oud-Suid-Afrikaner uit Argentinië:

Afrikaners benodig nie divisies nie

“Dit is donkermaan. Die koue winternag is die langste en donkerste in menseheugenis. Sedert drie uur vanmiddag is Eskom se hele kragnetwerk afgeskakel.

Die straatligte is uitgedoof en die verkeersligte almal swart.

Vrywilligers worstel reeds vir ure om verkeersknope te ontstrengel. Byna al die geboue is in donker gehul. Flikkerende kerse verlig sommige woonhuise. Televisie- en radiostasies is stil en beamptes probeer om hul pad met flitsligte deur Auckklandpark se gange te vind. In die kelderverdieping probeer iemand om die bystandopwekker aan die gang te kry.

Maar dit gaan futiel wees. Net kykers met hul eie kragopwekkers sal in staat wees om die nuutste inligting oor die nasionale kragkrisis te hoor.

Die myne is ernstig geraak. Die chroomerts se knetterende plasmaboogsmeltoonde het stil geraak. Die gloeiende smeltkroese se inhoud is besig om tot nuttelose grys chroomrotse te stol. Selfs die goudmyne se draaimeulens het tot stilstand gekom. Duisende mynwerkers is ondergronds vasgekeer.

By die lughawe bestaan ‘n mate van orde vanweë die bystandopwekkers wat vanself aangeskakel het met die kragonderbreking.

Vulstasies is verlate, hul brandstofpompe kragloos. Hospitale sonder kragopwekkers is in warboel en daar is opstande in die oorvol tronke.

Toe die eerste 4 000Mw-kragstasie afskakel, kon die res van Eskom se oorbelaaide kragnetwerk die bykomende vraag nie hanteer nie. Die ander kragstasies het met ‘n domino-effek een na die ander geswik.

Suid-Afrika se krag is afgeskakel. Dit mag vir dae of selfs weke so voortduur. Onrus gaan in die swart voorstede uitbreek en die inkopiesentrums geplunder word.

Suid-Afrika gaan ‘n onseker toekoms tegemoet — die land sal nooit weer dieselfde wees nie…

Dit gaan die land miljarde rande kos om van hierdie skok te herstel. Boonop kan die aanslag enige tyd deur ‘n tweede en derde een opgevolg word, en daar is niks wat enigiemand daaraan kan doen nie.

President Zuma sal waarskynlik dadelik ‘n noodtoestand afkondig. Hy sal dan ook die land se grondwet opskort en krygswet instel. Honderde Afrikaners gaan gearresteer en ondervra word, — nie omdat hulle aandadig is aan die aanslag nie, maar omdat hulle witmense is.

Die kuberoorlog het begin…

In ‘n eenvoudige huis in die beboste buitewyke van Boedapest sit drie jong mans in hul laat dertigerjare en volg die gebeure op CNN. Hulle is Taakgroep 1 wat die fyn beplande aanslag moes uitvoer. Meer as twintig sulke taakgroepe staan regoor die wêreld gereed en wag op hul bevele. Slegs die Leiersraad weet wat die volgende stap sal wees.

Hierdie taakgroepe is lede van duisende hoogs opgeleide Afrikaners wat hulle sedert 1994 in die buiteland bevind. Sedert Thabo Mbeki vir Nelson Mandela opgevolg het, was dit duidelik dat die aanvanklike euforie verby is. Die skrif was toe aan die muur dat die etniese suiwering van die Afrikanervolk eersdaags sal begin. Met hul naïewe magsoorgawe het FW de Klerk en Roelf Meyer hulle met die gevolge van hul verraad lelik misreken. Hulle het nie besef dat ‘n kuberoorlog veel meer skade aan Suid-Afrika se ekonomie en maatskaplike struktuur sou aanrig as wat die geval met ‘n uitgerekte skikkingsproses sou wees nie.

Die Leiersraad in Ballingskap het besluit dat ‘n gewapende opstand nie effektief sal wees nie. Boonop sal die lewens van Afrikaners binne Suid-Afrika daardeur bedreig word. Die enigste wapen wat Afrikaners doeltreffend sal kan aanwend is om hul buitelandse talent in te span om ‘n kuberoorlog te begin en om op ‘n gegewe tydstip die land se hele kragnetwerk lam te lê.

Aanstaande week sal ‘n regsfirma van die Europese Unie onderhandelings namens hul gesiglose kliënte met die Suid-Afrikaanse gesante in Berlyn onderneem. Die regsfirma maan die gesante dat enige poging om vergeldingstappe teen binnelandse Afrikaners te neem, met ‘n tweede aanslag begroet sal word.

President Jacob Zuma het in ‘n verdoemende verklaring op CNN belowe dat die terroriste wat vir die kuberaanslag verantwoordelik was aan die man gebring en summier tereggestel sal word.

‘n Maand voor die aanslag het president Jacob Zuma ‘n opvolgvergadering met Afrikanerorganisasies gehad. Die vergadering het gevolg twee jaar ná die 2 April 2009-vergadering in die Sandton Hilton toe ‘n dertigtal organisasies in goedertrou met hom gesels en hul vrese en aspirasies in voorleggings verwoord het, wat deur ‘n dinee in sy amptelike woning opgevolg is. Soos gewoonlik was Zuma die innemendheid vanself en het hy almal met sy sjarme oorrompel. Die goedgelowige afgevaardigdes het besluit om hom ‘n kans te gee.

Maar daar het dadels van gekom.

Die daaglikse plaasmoorde het onverpoosd aangegaan; straat- en plekname is sonder raadpleging vernoem na onuitspreekbare identiteitslose en fiktiewe swart historiese figure. Afrikaanse skole en universiteite is verengels.

Zuma se aanstellings van sy vriende in belangrike poste, sy verheerliking van die Afrikakultuur met ‘n bulmoordseremonie, sy veelwywery en dosyne buite-egtelike kinders is bewys dat hy maar net nog ‘n Afrikaan sonder enige sweem van Westerse moraliteit, selfbeheersing of morele oordeel is. Presidente omring hulself met hul eie soort, wat niks goeds vir Afrikaners inhou nie. Afrikaners wat hom voorheen teen Mbeki ondersteun het, verfoei hom vandag en sien nie kans om onder dieselfde vlag met hom en sy volgelinge te woon nie.

Selfs die Afrikaners se moederstad se naam is nie veilig nie. Verskeie pogings is aangewend om Pretoria se naam te verander sonder om die stad se inwoners oor die saak te ken. Dit het duidelik geword dat Afrikaners se historiese raklewe aan sy einde gekom het. Ook hul fisiese raklewe het aan sy einde gekom, want daar word daagliks oor wrede moorde en verkragtings berig.

Maar die Afrikanervolk het anders daaroor besluit…

Hulle het ‘n streep in die grond getrek en ‘n opvolgvergadering met Zuma aangevra. Hierdie keer was die luim nie weer so gemoedelik soos by die eerste twee vergaderings nie. Afgevaardigdes was openlik vyandig en het Zuma gewaarsku dat sy regering die ergste moet verwag indien hul redelike en internasionaal erkende eise nie toegestaan en in wetgewing verskans sal word nie. ‘n Goed beredeneerde dokument is oorhandig waarin internasionaal erkende minderheidsregte geëis word. Internasionale regsgeldigheid word deur die volgende dokumente aan hul eise verleen:

Artikel 235 van die Grondwet, wet 108 van 1996.

The United Nations Declaration on the Rights of Minorities.

The United Nations Declaration on the Rights of Indigenous Peoples (2007).

The United Nations International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights.

Pres. Jacob Zuma het dit in ontvangs geneem en plegtig belowe dat sy kabinet indringend daarna sal kyk.

Maar daar het weer niks gebeur nie. ‘n Gesant is na die Presidensie gestuur om hulle te waarsku teen ‘n ontsettende ramp wat die land gaan tref tensy daar aan die redelike eise van die Afrikaners voldoen word. Die versoek is dat ‘n ministeriële taakspan met Afrikanerleiers sal begin onderhandel.

Op televisieskerms word Saterdagaand gewys hoe die gesant geïgnoreer en verjaag word.

In Sondag se Rapport wens Max du Preez dat Afrikaners liewer van hul leë argumente en terughunkering na apartheid wil afsien en dat hulle bly moet wees dat hulle hoegenaamd nog in Suid-Afrika verdra word. In Dinsdag se Beeld verwys Tim du Plessis smalend na die eise en dreigement as die laaste stuiptrekkings van apartheid wat op niks gaan uitloop nie. “Hoe kan ‘n magtelose minderheid homself teen die swart massa om hom handhaaf?”

Donderdagmiddag word Suid Afrika deur die eerste kuberaanslag in die moderne geskiedenis getref.

Oorloë sal nooit weer dieselfde wees nie.

Minderheidsvolke het nie divisies nodig nie…

медицинская справка 086уАлександр Фильчаков Васильевич