Massiewe kuberaanval op PRAAG-webblaaie

praagcoza_logoOor die afgelope paar dae vanaf Dinsdagoggend is ‘n massiewe kuberaanval teen die webwerwe en bedieners van PRAAG geloods. Die sogenaamde verspreide-diensweerhoudingsaanval (Engels DDOS) waarby potensieel tienduisende rekenaars betrokke was, het as oogmerk gehad om PRAAG en sy diensverskaffer bankrot te maak deur die verbruik van bandwydte en skade aan netwerkinfrastruktuur.

By tye het die verspreide-diensweerhoudingsaanval die PRAAG-bedieners buite werking gestel maar tans is beide die Afrikaans webwerf by praag.co.za en die Engelse blad by praag.org aanlyn.

Dr. Dan Roodt, direkteur van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) ‘n gemeenskapsnuusdiens en kultuurorganisasie, het in ‘n verklaring gesê: “Ons is heeltemal verbyster deur die vlak van kuberaktiwiteit wat daar tans deur ekstremistiese anti-Afrikaanse groepe in die land teen ons gemonster word. Daar bestaan ook verskeie Facebook-blaaie wat deur mense onder vals identiteite bedryf word wat ons wil vernietig, oënskynlik omdat ons betogings teen misdaad ondersteun, asook veeltaligheid in Suid-Afrika goedgesind is.”

Die kuberaanval het aansienlike skade aangerig, nie net aan PRAAG nie, maar ook aan sy diensverskaffers en hul netwerke, iets wat kragtens Suid-Afrikaanse wetgewing strafregtelike aanspreeklikheid skep. Hierby kan ook gronde vir ‘n siviele eis gevoeg word, indien die oortreders opgespoor word.

“Ons gaan klagtes by die SA Polisiediens indien kragtens die Wet op elektroniese kommunikasie en transaksies nr. 25 van 2002 rakende die verspreide-diensweerhoudingsaanval teen ons, asook daardie naamlose individue wat aanhou om ons op Facebook, sosiale media en teenoor potensiële adverteerders op ons blad belaster,” meen Roodt.

“Ons gaan beslis nie hierdie soort aanvalle met gelatenheid verduur nie,” sê Roodt. “Ons lesers en ondersteuners staan by ons en honderde het reeds as vrywilligers aangemeld om dié pogings om ons monddood te maak, te beveg. Ons sal egter nie van die onsmaaklike en onderduimse metodes van ons teenstanders gebruik maak nie, maar ons op ‘n oop, deursigtige en wettige manier verdedig.”

237 thoughts on “Massiewe kuberaanval op PRAAG-webblaaie”

  1. PRAAG is besig om te wys dat die keiser toe wel kaal is, en daarvan hou wit liberariste gladnie. PRAAG wys uit wat werklik in hierdie land aan die gang is, daarvan hou piet-pompies by Wits en gogga-in-Stalinbos gladnie. PRAAG wys ‘n ding soos dit is, en daarvan hou die bantoe-god-aanbidders gladnie.
    Dus, al wat ek weet is dat PRAAG op tone trap, die spreekwoordelike kat in die duiwehok gegooi het, en nou is almal in rep en roer. Laat mens eintlik jammer voel vir die arme stommerike…
    Dankie PRAAG, dankie Dan, dankie vir almal wat bydraes lewer!

    1. Dit kom uit Stellenbosch, so dis seker die universiteit wat die aanval beplan en uitgevoer het omdat Praag se rubriekskrywer hulle anti-Afrikaanse agenda uitgewys het. Is die anti-Praag groep nie daar nie? Dit kan miljoene rande se skade wees

      1. Ja dit kan baie duur wees. Skade aan die netwerkinfrastruktuur kan beteken eise teen Praag is nie uitgesluit nie, afhangend van hoe hulle dit opgestel het. Ek dink Praag het geen ander keuse as om aanvallers te dagvaar nie. Aan Praag wil ek net sê baie dankie vir julle harde werk om die vyande van Afrikaans te ontmasker. Moenie gaan lê nie, ons is agter julle!

          1. Gebruik jou invloed om daai diskriminasie teen bankoorplasings, tjekbetalings, kontantbetalings ens reg te stel.
            Ek en ouens wat ek ken, gaan op geen manier via debietorders bydraes maak nie.

          2. Rutger hierdie stem ek 100% saam – toe ons nog geboer het is die oes alreeds bereken voor dit geoes is en beplanning vir die volgende jaar tentatief inplek. Niemand kan sonder beplanning verantwoordelik lewe nie, en soos dinge tans in hierdie land gaan moet daar vir die onvoorsiene ook beplan word want mens weet nooit van die een oomblik tot die volgende wat gaan uitspring en jou tref nie.

            Ek stem ook nie met Sjert saam nie.

            Hoop nou nie dat Sjert my nou weer sommer dadelik
            op die trollys onverdiend gaan plaas daaroor nie 😉

          3. Rieme jy sê:

            “…Ek stem ook nie met Sjert saam nie…”
            Wat’s nuut?
            Dit gaan nie oor joe oesstories nie.
            Dit gaan oor debietorders en dat ek myself aan g’n niemand sal verbind, tensy ek binne enkele ure en volgens eie keuse dit summier kan beëindig nie. Om debietorders te kanselleer is ‘n pyn en ek wil nie my tyd daarmee mors nie.
            Maaaar. Ek sal mos nooit as te nimmer ‘n T op jou voorkop plakkie!.

          4. Rutger verskoon hom maar, hy is nie van beter gewoond nie. Anderkant die spoor se mense. Jy weet mos. Sy naam word eindelik Sjit gespel. Dit wat hy altyd praat.

          5. Jy sien ek het geweet dit help nie om te skinner nie – nou is ek al weer uitgevang – vir wat lees jy ok al die kommentare so goed deur tot oppie laaste lettergreep?

          6. OUTA het sonder debiet orders geleef. Myns insiens kan mens ‘n kleinerige bedrag op debiet order sit. Maar as daar ‘n krisis is soos hierbo, dan sal baie mense enkelbedrae inbetaal wat baie geld kan beloop. Ek het dit bv gedoen met OUTA en die betalings was omtrent twee klieks – baie maklik – ook – ek hou nie van Paypal nie.

          7. Soos wat ek en baie ander vir onvoorsiene omstandighede/situasies moet beplan.
            Is mos ‘n gegewe in ‘n hoë-risiko omgewing. Of hoe?

          8. Rutger dit is baie maklik Ek vertrou NIEMAND met my bankinligting nie. Ek betaal liewer ‘n jaar vooruit soos ek met Praag ook gedoen het.
            Ek het ‘n baie nare ondervinding met ‘n “eerbare” instansie genaamd SANLAM gehad waar ek vir meer as 3 maande gesukkel het om die debietorder gestop te kry. Ek dreig toe met kriminele klagte en toe eers word dit reggestel. Daar het ek my les geleer.

      2. Mens sou HOOP as dit wel van Stellenbosch af kom dat hierdie studente eerder sal STUDEER om iets van hulself te maak in plaas van doodgewone bleddie “Hackers” te wees. Hulle studeer seker in die rigting sodat hulle Engeland kan oorneem! Dis dalk hoekom Engeland daai “drill” gedoen het!

          1. Net 1 persoon is genoeg om die aanval te loods. Jy weet nie dat die aanval vanuit Stellenbosch kom nie. Jy weet ook nie wie die aanval geloods het nie.

      3. Ek wag nog. Ek dink jy praat ongeëwenaarde snert. Dit is uiters onwaarskynlik dat al die rekenaars in ‘n DDOS aanval in Stellenbosch is. Indien die aanstigter van hierdie aanval in Stellenbosch is en jy weet dit, weet jy ook mos vir wie om die inligting aan te gee. “Die Universiteit het dit beplan”, jy is of ‘n trol of simpel.

        1. Iemand met ‘n mening wat van joune verskil is nie outomaties ‘n trol nie! Ek het jou geantwoord. Hoekom is dit simpel om te dink dit kom uit Stellenbosch? Waar is daar ‘n groot groep rekenaars en mense wat anti-Afrikaans is? Wie het daarvoor betaal dink jy? Ons weet die aanstigter sit daar.

          1. Die ding werk so: Deur malware word rekenaars reg reur die wêreld gekompromitteer. Hierdie rekenaars (zombies) kan dan op bevele van die persoon wat hulle gekompromitteer het, die botmaster, aksies uitvoer soos gemorspos uitstuur en navrae rig aan webtuistes. Wanneer baie van hierdie zombies dan navrae rig aan ‘n webtuiste, kan die webtuiste se infrastruktuur later nie meer die verkeer hanteer nie en die webtuiste word baie stadig of dinge gaan heeltemal staan. ‘n DDOS se aanvalle kom vanoor die hele wêreld en nie vanuit ‘n klein plekkie soos Stellenbosch nie. Botmasters verhuur hierdie netwerke, wat oor die hele wêreld strek, aan mense wat hulle betaal vir hul dienste. Die pestilensie wat die botmaster betaal het om hierdie aanval te loods kan net sowel in Ladysmith in die Karoo bly as in Stellenbosch. As die 10 000 de rekenaars wat die aanval doen in Stellenbosch is, sal dit maklik wees om hulle vas te pen en te identifiseer. Om aanvalle soos hierdie te huur is nie so moeilik nie. Ons weet nog nie waar die aanstigter sit nie.

            Lees die volgende artikels van Brian Krebs:

            http://krebsonsecurity.com/2013/08/how-not-to-ddos-your-former-employer/

            http://krebsonsecurity.com/2013/05/ddos-services-advertise-openly-take-paypal/

    2. Rentia dit was net vir my baie opmerklik dat Praag
      van die lug af was presies dieselfdetyd wat Britanje hulle simulasie geloods het
      – geen ander koerant hier plaaslik was van die lug af nie sover my kennis strek
      nie. Hier op Praag word dit alhoe duideliker dat spanne – om te ontwrig – mekaar
      aflos.

      1. Dit sal my nie verbaas as jy reg is nie RIempies. Praag is dalk juis geteiken omdat daar ‘n engelse been ook is en soms lewer ons minder vleiende kommentaar die die eieland en die rakkers wat daar woon. Verder weet ons hoe hulle oor Afrikaans voel.

    3. Daar is miljoene van rekenaars wat deel is van “botnets”, en jy kan huur ‘n botnet. Dikwels botnets is gebruik vir “Spam-Email”, maar dit kan ook gebruik word vir ‘n DDOS aanval.

      Daar is geen groote groep mense was nodig is vir dit. Een persoon met tegniese kennis en geld kan ‘n botnet van hackers huur en ‘n DDOS lanseer.

      Indien jy gebruik Windows, jy rekenaar in jy huis kan wel deel wees van die aanvaller se botnet. Inderdaad, is dat waarskynlik dat baie Afrikaners se malware-infected rekenaars gebruik word vir hierdie DDOS.

  2. Ek het ‘n vraag of wat. Indien Praag in die liberalis se visier is, is Praag dan vir hulle ‘n bedreiging of is daar ander redes ook? Rassisme? Wat van ander regse blaaie wat ook op ras gebaseer is? Omdat dit Afrikaans is? Praag het ‘n engelse gedeelte, wat van die ander soortgelyke webwerwe nie het. Wat kan die rede wees? Waarom net Praag? Daar moet beslis een of ander rede wees?

    Kan dr. Dan of iemand moontlik antwoord?

          1. Rieme!!!

            Innie kol in! Jy verras my elke nou en dan.

            Jy sprak werklik ‘n goeie sprook hier bo.

            Jammer van die aandagsoekende, agtergeblewene trutte wat al tussen die voete in wil voeter.

            Maar ek praat mossie met ‘n trut of ‘n trol nie..

            Maar nou ja.
            Is maar hoe dinge is…

          1. Wel as die ander Afrikaanse webwerwe NIE aangeval is nie, dan was dit duidelik Naarpers wat bang raak vir kompetisie. Praag moet hulle na die Mededinging Tribunaal vat

          1. Riempies nie te moeilik om uit te werk nie. Jy sal sien ek speel baie
            duiwels advokaat. Mens moet ander se gedagtegang toets en soms kom daar
            iets uit waaraan niemand gedink het nie.

  3. Trap hulle vas. Ek hoop julle kan die jafels opspoor en laat boet vir hulle doen en late. Dit sal my ook nie verbaas as dit die regering self is deur een van sy agente nie.
    Hier was mos onlangs ook dreigemente in hierdie verband op die forum nie waar nie? Dis waar ek eerste sal gaan snuffel.

    Wat hierdie bewys is dat dit waarmee Praag besig is, ‘n klomp mense omgekrap het. Die waarheid oor die toestand in hierdie land mag nie uitkom nie. Die Afrikaner mag nie saamstaan vir selfbeskikking nie.

    1. Jy’s reg Rooikop.

      Die regime en hul voorsangers hou nie van die waarhede wat hier verskyn nie.

      Net so is Naspers en die PK Afrikaanssprekendes baie ongemaklik oor Praag se toenemende gewildheid onder Afrikaners. Algaande word dit duidelik dat daar alhoe meer siele is, wat nie meer Naspers en die regime se perdedrolle met vye verwar nie.

      Interessant. Jy sê ook:

      “…Hier was mos onlangs ook dreigemente in hierdie verband op die forum nie waar nie? Dis waar ek eerste sal gaan snuffel….”

      Sommer nouriedag het een van die eensin trutte nog gedreig dat Praag sal sien wat hulle sal sien, indien hulle hom weereens van die blad af sou smyt.
      🙂

      1. Ek weet nie waarom Praag my kommentaar verwyder nie, maar ek se dit weer. Sjer ek het dit geseg en dit is nie nodig om met my draaie te loop nie. Vra my reguit of se my reguit. Ek kan nie agterbaksheid hanteer nie. Dit geseg wat gaan jy nou daaraan doen maat?

      2. Cicero aanhaling oor verraad:
        A nation can survive its fools, and even the ambitious. But it cannot
        survive treason from within. An enemy at the gates is less formidable, for he is known and he carries his banners openly.
        But the traitor moves among those within the gate freely, his sly
        whispers rustling through all the galleys, heard in the very hall of government itself. For the traitor appears not a traitor—he speaks in the accents familiar to his victims, and wears their face and their garment, and he appeals to the baseness that lies deep in the hearts of all men.
        He rots the soul of a nation—he works secretly and unknown in the night
        to undermine the pillars of a city—he infects the body politic so that it can no longer resist.

        1. OK noem my agterbaks – ek het nie tyd gehad om te gaan opkyk wie dit was nie – waarom in elk geval so ‘n onbesonne opmerking maak?
          Respekteer asseblief die ander gebruikers hier (Jy noem vir Sjert iets anders) solank jy sulke dinge aanvang en mense persoonlik aanval gaan jy moeilikheid kry.
          Praag was nog nooit so vol “Flame wars” soos die laaste twee maande nie en dit is onaangenaam om deur die bekgevegte en dreigemente te moet lees om by sinvolle kommentaar uit te kom.
          Met hierdie gedrag doen jy ook skade aan Praag se beeld of is dit jou doel? As jy nie saamstem met kommentaar nie bestry dit reskepvol ons is mos volwassenes.

          1. Rooikop. My kommentaar word nie geplaas nie. Baie kortliks Niks teen jou nie. Kyk met wie ek praat. Sjit het my al so sleg gesê dat dit verwyder is. Wat is so onbesonne aan my kommentaar. Waarom die aanval
            Het geen respek vir Sjit en sy agterbaksheid nie

          1. Jy kan nie eers jou eie taal Afrikaans behoorlik
            praat nie, wat te se daarvan dat jy my wil uitken jou aap? Jy en jou pelle is hopeloos te onnosel
            daarvoor he he he.

          2. Wakker waarvan praat jy ou. Jy het hierdie woorde onder jou ander alias ook al vir my al gesê.
            Pas net op dat ek nie aangaan waar ek opgehou het nie.

          3. Wil nou vir my se jy het al die tyd n leuen vertel
            toe jy gese het jy is nie goed met rekenaars nie? Kan jy nou meer, dit is toe ek
            wat dom is en nie jy nie he he he

          4. Goed so vriend, slim vang sy baas. Jou naam moes Vas aan die Slaap gewees het.

            Ek dink jy moet gerus op die web tuiste gaan kyk, jy weet mos watter een. Ek gaan vir jou iets daar plaas. Gee my so ‘n uur of wat kans. Dit sal onder Hein wees soos die een wat ek laat verwyder het.

          5. Sowaar jy is nou maar net hopeloos jy kan so
            wragtig nie eers slim en sussesvol visvang nie! Wenk… soek bietjie heelwat
            wyer en baie, baie verder he he he.

        1. Hehehe !!!!
          My IT spesialis vriend het die besonderhede vir my gegee Wakker Slaper.
          Jy sal nie glo wie hier bedrywig is nie, en waar hulle “HK’s” is nie.
          Hy doen nog verdere ondersoeke, en begin nou die saboteur/s te “Pinpoint”.

          1. Nee HEL Arnieann ek raak nie maklik geskok nie maar sjoe! Jammer maar ek voel nie dis ‘n “game” nie!!! Sjoe dis ons Afrikanerdom wat in gedrang is! Dan speel mens nie “games” nie!! Om te dink hoe onskuldig is almal geinfiltreer en ingekatrol! BLIKSêM!!

          2. Dis absoluut ongelooflik! Die bewyse is daar nê!!! Danie Arnieann. Lekker naweek almal!! Wha ha

          3. Inderdaad gaan daar goed geplaas word. Hou solank jou kotsemmer en hartpilletjies byderhand.

          4. Wie het dit gesê?
            “Hallllooooo Eric. Ja ek mis die katte. Hierdie naweek is ek tussen hulle, sal eers volgende week Woensdag terug wees!!! Was vir ‘n hele ruk uit nou terug in volle swang. A man’s got to do, what a man’s got to do word daar gese.”

          5. JAVR.
            Hier is mense wat nie meer bloed oor het in hulle lywe nie.
            En dit agv te veel duimsuig.
            Steur jou nie aan beskuldigings wat wild en wakker hier op Praag rond geslinger word nie.

          6. Arnie ek het die laaste tyd gesien dat jy in die voorste gestoeltes sit as dit by beskuldigings kom. So ek glo nie jy is een om vinger te wys nie. Van die duimsuig sal ek maar nie uitwei nie, jy kan self daaroor besluit.

          7. Kom ons kyk na jou logika !!
            Arnieann, Willy en toe Riempies was so al om die beurt die sg. “Wakker slaper na jou mening.
            Ek noem dit duimsuig, en jy???
            En kon jy enigiets wat ek gesê het positief weerlê????
            Ek dink nie so nie, nê !!!
            En het jy JAVR se reaksie gesien???? Hehehe.

          8. Arniean ek weet nie waarmee jy besig is nie, maar om ‘n argument uit te lok gaan nie werk nie. Ek weet ook nie wie die bewerings gemaak het dat jy of Riempies ook al Wakker slaper is nie. Kan dit nie op die forum sien nie. Ek weet nie waarom jy vir Willy skerm nie, maar dit is jou probleem. Soek gerus iemand anders om in ‘n argument mee aan te knoop. Met my sal jy nie regkom nie.

          9. Gas JAVR
            • 37 minutes ago
            #1…… JAVR jy is reg Willy en Wakker slaper is dieselfde persoon
            ****************************************************
            Gas Arnieann
            • 4 hours ago
            #2 ….. Hy is hier Wakker slaper en jy weet dit net so goed soos al die ander.

            ***************************************************
            #3…. Wakker slaper Gas
            • 3 hours ago
            Julle laat my nou lekker lag Willy tel gewigte op om sy
            spiere te oefen en tel boeke op om my brein te oefen. Nie in n miljoen jaar is
            Willy ek nie.

            *…………………………………………………………….
            Ek het jou nie tot ‘n dispuut uitgedaag nie.
            Jy het jouself ingenooi.
            En moet my nie onderskat nie vaal seun.

          10. Dan is jy wat praat van logika? en ky kan nie eers die logiese ding op ‘n forum verstaan nie en dit is iemand se kommeraar nie.
            1.Word gesê Willy en Wakker slaper is dieselfde persoon
            2. Hier het jy van Willy gepraat en is vir jou gesê dat Wakker slaper hier is bedoelende dat jy weet dat hy Willy is. – Buite jou begrip vermoeë?
            3. Ontkenning deur Willy
            4. Die vaal seun leer jou hier hoe om forum kommentaar te verstaan. Jy oorskat duidelik jou oordeel vermoeë.
            Hoop jy verstaan. Ek wag nog jy het gepraat van Riempies wat ook beweer is dat hy Wakker slaper is. Waar is dit bitter bal?

          11. Ongelukkig voer ek nie debat met morone nie. ek het my sê hier gesê, en het niks om verder met jou te bespreek nie.
            Sê nou maar jou laaste sê, en gaan bou verder aan jou “puzzle”
            Ek het baie beter dinge om my tyd aan te bestee.

          12. Ek het jou al voorheen gesê Alias,wat jy kan kom probeer. Dan sien ons wie is opgewasse vir wat en wat nie.
            Jy het net ‘n bek, en verder bokkerol. En soos ek jou ook al gesê het, vlieg in jou moer.

          13. Arnie ek sien hierdie Gas sit jou ore aan. Moet nie mense se integriteit onderskat nie. Waarom so aggressief raak as jy aan die ontvang en verloor kant is?
            Hou op met al hierdie belaglikheid ek begin soos groot mense kommunikeer. Kom by ou vriend.

          14. Aitsa! Daneman ken u nie so nie Anna ? Teken van ROIDS. Moenie goedsmoeds goed drink wat pelle jou onderdeur die tafel gee nie.

          15. Julle is baie verkeerd……. Riempies sal n man in
            sy graf verby sy ewige lewe anderkant uit praat, Arnie wil net almal platslaan (so
            sonder Willy se spiere) en Willy is oploop met sy spiere maar het nie die hart
            om te slaan met daai spiere nie. Arnie kan dalk op n manier gaan, maar die ander
            twee? Dankie maar nee dankie dis nie ek nie.
            My werk is afgehandel op Praag miskien sal ek weer eendag in die toekoms hier kom inloer as ek tyd het.

          16. Ek dink jy het nou lank genoeg sonder slaap klaargekom “wakker Slaper”
            Regtig nou tyd vir jou om ‘n slapie te gaan vang.
            Ek is so bly dat jy die raaisel van die dag was, en loer gerus weer in as jy klaar geslaap het.

          17. In Watergate het die informant Deep Throat gemeen ” you only need to follow the money “.
            Volg hier die reuk van sweet.

          18. Julle laat my nou lekker lag Willy tel gewigte op om sy
            spiere te oefen en tel boeke op om my brein te oefen. Nie in n miljoen jaar is
            Willy ek nie.

          19. Nee ! Willy het ‘n blaas kansie gevat, en speel met die katte hierdie naweek.
            Sommige mense moet bietjie “wakker slaap” Of is dit Wakker Word????

          20. JAVR daar is mense wat so geïsoleerd is van die werklikheid dat hulle goed binne hulle eie klein wêreld begin bevraagteken.

  4. Kan dit wees dat die magtige klomp nou so bang raak vir so klein koerantjie soos Praag? Dan kan hulle nie so selfversekerd wees soos party mense dink hulle is nie!! Goed so PRAAG en Dr Dan!! Dankie vir wat jy vir ons Afrikaner doen, dit word waardeer!!!!

  5. ‘n Groot DDOS word gedoen deur ‘n groot rekenaarnetwerk of zombies wat deur ‘n “botmaster” se bevel en beheerbediener opdragte gegee word. Die zombies is meestal rekenaars wat sonder hul eienaars se wete gebruik word om ander webtuistes aan te val en vir ander kriminele aktiwiteite. Hierdie “botmasters” verhuur hul netwerke, hulle vra betaling daarvoor. Dit lyk my PRAAG is nou so ‘n liddoring dat mense geld sal spandeer om die webwerf dood te maak.

          1. Ek het weer die kommentaar gelees en verstaan dit nou beter wou dit verander, nie geweet hoe nie en sien dat dit na gas verander het. Ek is dom met die soort van goed. Maar gas en jy is reg ons kan ‘n verandering maak

          2. Gawie maar nou verskil jou oggend en aandpraaitjies – lyk my jy vergeet wat jy al hier op Praag gese het!

      1. Daar is programme beskikbaar wat hierdie aanvalle stuit, en dit is goedkoop. Enige internet gebruiker kan dit ook aanskaf.
        Praag hoef bloot net dit op hule stelsel te plaas, en dit sal soortgelyke aanvallle afweer.
        So maklik soos dit.

    1. Kalium watter anti-virusprogram sal jy aanbeveel om ons te beskerm teen die ‘Malware en koekies en wurms en virusse? Ek het Esset Nod32. Mark Shuttleworth syne is seker die beste nê?

      Praag is nou in hoogere geselskap mense – saam met die Siemens bedryfstelsels van die Kernkrag industrie van Iran wat deur Stuxnet gelooi is.

      Lees iewerster dat Merkel se manne het al hul kernkragstasies afgeskakel en doen nou net son en windtegnologie. Hulle sê dis oor hul se skok vir Fukushima maar en wonder of dit nie eerder oor die Fuku- Stuxnet is nie.

      Dan het die Ingelse die grootste Kuberoorlog manoevers gehou ooit.
      Miskien het opslagskapnel of afval of uitval of rook Praag se fuse-drade gebrand.

      Want die kuber kook – OP !! [Soos dit op Willie Esterhuizen se T-hempie geskryf staan – skreeusnaaks!! ]

      1. Gebruik as min Microsoft-Software as moontlik. Microsoft is verbond met die NSA en Scientology-ondernemings (google “Diskeeper Scientology”) en daar is nuwe security-bugs in elke nuwe Windows-version. Stuxnet, die malware wat gebruik was om die Iran te aanval, kan in *alle* versions van Windows inbreek – self Windows 7, wat destyds nog nie vrygestel was nie! Daar is geen sodanige probleme met andere stelsels soos Linux, MacOSX, Android, iOS, BSD, etc.

        Linux is gebruik vir 80% van webservers, maar alle webserver-malware was vir die 20% van Webservers wat Windows gebruik. (“Code Red worm”, “Nimda”, “SQL Slammer”, etc.).

        Is dit waarlik net obekwaamheid van Microsoft? Of is ek paranoid?

        Indien Windows nodig is, nooit gebruik Internet Explorer nie (daar is baie alternatives soos Firefox).

          1. Ek hou self van die Linux LAMP servers, maar ek onderhou dit met Webmin. Ek is net eenvoudig nie meer lus om daai teksleers te lees tot my oe bloei en om dit te wysig nie. Ek hou ook van die SQUID proksiebediener, dit kos niks, maar werk baie goed.

            Daar is ‘n toepassing van BSD, PFsense, wat baie maklik opstel en ook baie goed werk, sorg net dat jy goeie netwerkkaarte het. PFsense bestuur ook maklik en is klein so dit loop lekker op ‘n virtuele masjien.

          2. Vertel my van die backdoor asseblief, moet veral nie die nommer van die TCP poort uitlaat waardeur die backdoor kommunikeer. As jy my so tegemoet kom sal ek dalk die backdoor kan toestop. Ek weet wie PRAAG aangeval het, dit was ‘n libtard met onopgeloste selfvernietigingskwessies, hoogs waarskynlik een wat se backdoor gereeld gebruik word.

          3. No idea. I overheard some tech nurds laughing about the fact that the Linux code for the backdoor is easy to remove and not hidden like in Microsoft, but that no one knew it existed all the same

          4. “Ek weet wie PRAAG aangeval het” Have you notified the owners? If you don’t you might be seen as an accomplice

          5. Aren’t you the fellow on RSG? Perhaps you and ol’ Bandana rigged this. I wouldn’t be surprised as it would explain the surfeit of testoterone. I think we have a lead

        1. Hierdie pos was eintlik vir jou bedoel, maar toe plak ek dit by onwelriekende Guest.

          Ek hou self van die Linux LAMP servers, maar ek onderhou dit met Webmin. Ek is net eenvoudig nie meer lus om daai teksleers te lees tot my oe bloei en om dit te wysig nie. Ek hou ook van die SQUID proksiebediener, dit kos niks, maar werk baie goed.

          Daar is ‘n toepassing van BSD, PFsense, wat baie maklik opstel en ook baie goed werk, sorg net dat jy goeie netwerkkaarte het. PFsense bestuur ook maklik en is klein so dit loop lekker op ‘n virtuele masjien.

      2. Ek het lanklaas met Nod32 gewerk. Toe het ek dit meestal op besigheidsnetwerke gesit. Ek hou van AVG, die gekoopte internet sekuriteit weergawe. Dit is egter ook noodsaaklik om die rekenaarbedryfstelsel en ander programme soos JAVA en Flash opgedateer te hou. Bly net ver weg van Symantec se produkte.

        Roofkopiee is ook moeilikheidsoek, want meeste van hulle maak ‘n agterdeur in die rekenaar oop en kompromitteer die masjien. Ek verkies ook Firefox bo Internet Explorer, want dit is nie so kwesbaar nie en ek verkies Firefox bo Chrome, wat sowaar, soos Chrome darem op jou spioeneer. Firefox het baie goeie privaatheids instellings en inproppe wat jy gladnie by die ander twee kry nie.

        Vir Internet bankdienste gebruik ek UBUNU Linux. Bly eerder weg van Internet bankdienste met Micro$oft se produkte. Ek gebruik Linux al vir meer as 6 jaar en ek het nog nooit eers ‘n antivitus op hom gehad nie. UBUNTU installeer en werk baie maklik en die gratis fotomanipulasie sagteware op Linux is beter. Jy kan selfs Picasa loop, maar dan moet jy eers WINE installeer. Gebruik ‘n ou rekenaar en installeer UBUNTU op hom en jy kom gou reg.

    1. Ek het self gesit en dink dat iets soos hierdie nogal baie kundigheid, infrastruktuur en bandwydte verg. Daar is nog sektore van die staat wat dit bymekaar kan skraap, maar nou dat jy dit noem – sekere sektore van die privaat sektor nog veel meer kundigheid, infrastruktuur en bandwydte.

          1. Begin jy en Sjert nou in die geheim n niewe dialek van Afrikaans – slim manne almal is so besig met Afrikaans niemand gaan julle planne raaksien voor dit heeltemal te laat is nie (ek het skelm n woortjie bygesit sien julle hom?)

          2. Nee man – Afakalo hehe – wees net versigtig om uit te praat oor julle werksaamhede – jy sien hoe vrot is Praag van die spioene!

          3. Dis BAIE MAKLIK om my te trace want ek weet te min van die goed af om ordentlik weg te kruip!!! Ek sukkel dan met spoeg en plak!!!

          4. Ongelooflik briljant en die klank maak my stilstaan
            wie kan glo dat so iets kan gebeur – en ons is maar net gewone
            sterflinge.

          5. Ek dink daar gaan baie wees wat niks hiervan gaan hou nie.
            Ek stuur dit net aan uitgesoekte “Kliënte”
            Dit kan dalk tot groot onrus aanlyding gee as ek dit oopgooi.
            Of wat dink jy????

          6. Arnie ek kan nie vir jou se wat jy moet doen nie
            self sou ek dit baie versigtig en omsigtig versprei. Is elke ontvanger nie
            beperk tot X aamtal; uitgesoekte kliente nie? Jy moet ook die konsekwensies
            inagneem sou dit by die verkeerde gehoor land.

          7. Ek het heeldag bolle gewetter in die wind en weer.
            Woeste weer getrotseer wat probeer om die jille Suid- en Weskaap plat te waai. As we spiek…
            Wat ek wil weet… het jille nou eens en vir altyd die simpele trolle en trutte wat Praag en sy mense wou verwoes, geïdentifiseer?
            En vittel ons wie die abjaters is!!!!
            Nie dat ons nie reeds weet wie hulle is nie…
            Maar laat ons die eensin trutte en nikswerd veelnamige wetters eens en vir altyd uitsort.

          8. Lekker gesuip, maar nie poep dronk nie. More vloek hy weer die Sjit uit die want dit is die drank die skuld. Hoe pateties kan mens wees

          9. Foeitog my ou
            Pateties is troffelkoppe soos jy wat met ‘n verskeidenheid identiteite probeer om aandag te soek.
            tsk tsk tsk
            Wat lagwekkend is, is dat jy en jou eensin vennote nog nie agter gekom het dat julle trollery en agtergeblewenheid niks meer as ‘n lastigheid in die werklike wêreld is nie.
            Verstommend hoe internet werwe vir simpele siele soos jy ook geleentheid bied om ‘n platform met die werklike wêreld te deel.
            Geniet dit ou Tappit want jou lewetjie en jou wêreld is veels te klein om van enige betekenis te wees.

          10. Ja boet, waarheid is maar ‘n blixem. Aanvaarding nog erger.
            Piepie en gaan slaap boet

          11. Lafaard verwyder sy of dit se kommentaar Sjit. Naam pas nogal as mens in ag neem wat daar uitgevind is van jou voorkeure rakende ?????????????

          12. O jaaaaa!!!! Sjert.
            Die “RingTone” het hulle almal verklap. ‘n paar uitgesoekte manne kry die “Inligting”
            Ek sal dit met jou deel.
            Jy moet net gou speel, want ek verwyder my spesiale adres as jy kontak gemaak het. Net 15 min tyd.
            arnieann@lantic.net.

          13. Kan nie glo dat groot mense so kinderagtig kan wees nie. Dit is geen wonder dat mense wat die eerste keer hier lees dit uitlag en ‘n bespotting van Praag maak nie.
            Laerskoolkinders gaan nie eers meer deesdae so aan nie.

          14. Sjit ek maak so, vra vir Arnie dan kan julle tweetjies sommer met mekaar se windpompies speel. Of verkies julle die olie gat.

          15. Praat jy wat kinders het ! Het nou die aand onder die doringboom gewag – but no such luck.
            PS
            Erens was iets doenig. Kon die leeus hoor bril.

          16. Jy het mos erken dat hy nie baie “Etnies” is nie.
            Jy het ook al erken dat jy nie skool gegaan het nie.
            Bwaahahaha. !!!

  6. Insiggewend dat PRAAG hom ( en tereg so ) bekommer oor gewaande ” aanvalle ” van buite. Interne gevalle van onsmaaklike en onderduimse metodes ( middernagtelike oproepe met erge dreigende ondertone en wat gevolglik n duidelike klag van treitering en intimidasie uitmaak ) – gee in die lig van nog forumgebruikers wat na vore sou tree genoeg stukrag om n strafregtelike proses vir vervolging, daar te stel.
    Hierdie skrywer doen aan die hand dat PRAAG en sy bestuur maar gerus meer introspektief te werk gaan ten einde sy eie huis tot orde te roep.
    Ek wil werklik nie sien dat hierdie WEBWERF hom altyd in die kollig bevind en dit om ongure en verkeerde redes nie.
    Hierdie aangeleentheid beskou die skrywer ( anders as om alewig glimlaggend fraai n leeutjie se koppie te wil streel ) as een waaraan ek dan………. n einde sal bring.

          1. Jy en jou alter egotjie sal nie die verskil tussen ‘n man en ‘n gun ken, al sou enige een van die twee jou ‘n snotklap teen jou platkoppie gee nie.

          2. Ou sjit jou lus hang nou op die grond uit, Sien jy bly by die manne se snotterigheid.Sies man

          3. Loop speel julle tweetjies met julle maatjies van Nies24 want hier het julle dit toe nie gemaak nie.
            Liv wif iet
            🙂

          4. D0nderweer Eendstert nou het jy hulle onder die beld. Mooi man. Speel nie die duim besigheid nie, maar hierdie een verdien dit.

          5. Huh ? Anna weet ek het n voorliefde vir n bietjie ” grip “-plek aan die heupe. ( as ek sy gabba so bekyk ) U bedoel dan seker gun-sakke ?

          6. Ma djy sie mos hoe vry die manne meka Gawie. Hoe kan djy nou soe vra? wakker slaper, sjert. en hulle se pel

  7. So ‘n klompie weke gelede het catriena pap en koes ‘n onderneming gemaak dat sy daarin sal slaag om Praag te vernietig. Was dit ydele woorde? Is dit nie sy en so ‘n paar van haar seesiek buddies wat beskaafde mense en hul kommentaar probeer skade berokken nie. Ek dink die Praag leierskap moet na die tipe e posse en kommentare kyk en hul sal spoedig die skuldiges kan “pinpoint” met sulke bewyse kan dan na ‘n hof gegaan word en die karakters voor die hof daag. Die wat nie met ons beskaafde mense saamstem nie, vat jul goed en voertsek, niemand het julle gevra om jul kommentaar te lewer nie

  8. “Ons sal egter nie van die onsmaaklike en onderduimse metodes van ons
    teenstanders gebruik maak nie, maar ons op ‘n oop, deursigtige en
    wettige manier verdedig.”

    Dit is dalk ‘n probleem. Ek lees nou die dag op ‘n Amerikaanse blog die mening dat die konserwatiewes altyd verloor omdat hulle nie soos die liberale bereid is om alles te vernietig om te kry wat hulle wil he nie.
    Ons moet dalk ons ordentilikheid in ons agterente opdruk en besef dat die gemors nie volgens die reels “speel” nie, en hulle van hul eie medisyne gee.

    HansDieHammer

          1. Siestog nou maak hy of die eerste een maar net ‘n grappie is. Nee ou maat ek het jou lankal geseg jy is te lig vir hierdie “game”

Maak 'n opvolg-bydrae