Kommissie verwerp berigte dat Seriti opsetlik wapenondersoek sloer

wapenkommissieDie Seriti Kommissie van Ondersoek na Wapenaankope sit vandag sy openbare verhore voort, nadat hy nie kommentaar wou lewer op berigte dat die kommissie opsetlik vertraag word nie.

Die woordvoerder van die kommissie, William Baloyi sê hy sal homself nie verwerdig om kommentaar te lewer op die berigte wat in Beeld verskyn het nie.

Drie bronne voer aan dat die ondersoek reeds einde verlede jaar afgehandel kon gewees het. Daar word beweer dat die proses uitgestel is ten einde die ANC te beskerm en president Jacob Zuma ‘n tweede termyn as president van die party tydens die Mangaung-konferensie te waarborg.

Volgens die berigte verhinder die voorsitter, Regter Willie Seriti en die Navorsingshoof, Fanyana Mdumbe voortdurend die kommissie se vordering. – RSG

9 thoughts on “Kommissie verwerp berigte dat Seriti opsetlik wapenondersoek sloer”

        1. Plesier Willy – ek soek nog veral na die artikel
          van dr. Dan oor selfbeskikking wat alle aspekte daarvan bespreek – ek kan net nie onthou wie het kantonne bespreek nie so die paadjie soontoe is heelwat langer 😉 ek het my altyd verbeel dit was dr. Wingard dit lyk egter vir my ek het dit mis. Kennis is mag….Lekker lees.

          1. Weereens baie dankie Riempies, daar is geen haas nie. Moet sê ek vind die info wat jy deurgegee het baie interessant.

  1. Hierdie ondersoek sal nie voor die verkiesing afgehandel word nie. So hoor mens ook niks van die Gupta’s se landing skandaal nie. Hierdie twee insidente en Nklanda kan Zuma sink en sy einde beteken.Hy is baie deeglik daarvan bewus en sal sy kaarte so speel dat niks voor die verkiesing gebeur nie. Hierdie man is meer uitgeslape as wat ons besef.

Maak 'n opvolg-bydrae