SA betuig meegevoel met Spaanse treinrampslagoffers

Deel op

spaintrainPresident Jacob Zuma het sy meegevoel met Spanje se eerste minister Mariano Rajoy betuig ná gister se treinongeluk waarin 80 mense dood en 130 beseer is.

Zuma sê Suid-Afrikaners se harte gaan uit na die families van die slagoffers. Al agt rytuie van die trein het naby Santiago de Compostelo ontspoor op die vooraand van ‘n groot godsdienstige fees.

Aanduidings is dat die trein voor die ongeluk twee keer vinniger as die spoedbeperking gery het. Een van die twee treindrywers is in aanhouding.

Twee ondersoeke is geloods na die treinontsporing waarin die agt rytuie naby Santiago de Compostelo ontspoor het.

Drie dae van nasionale rou is vroeër afgekondig. Premier Rajoy het, nadat hy die toneel besoek het, gesê dat ‘n geregtelike ondersoek die grootste treinramp in Spanje in 40 jaar sal die oorsaak ontbloot.

Die trein het in die noord-weste van Spanje tussen Madrid en Ferrol ontspoor nadat dit volgens mediaberigte te vinnig gery het, maar ‘n woordvoerder van die spoorwegmaatskappy, Renfe sê dit is te vroeg om te weet.

Data van die trein se ritopnemer sal nagegaan word om die presiese spoed toe die ongeluk gebeur het, vas te stel.

Die 200 passasiers aan boord het waarskynlik ‘n plaaslike vakansiedag in die streek gevier.

Die burgemeester van Santiago de Compostela, Angel Curras Fernandez het alle feestelikhede in sy stad afgestel, terwyl geboue ingerig is om die familielede van die slagoffers by te staan. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.