
‘n Vooraanstaande forensiese sielkundige aan die Universiteit van die Vrystaat gaan poog om deur navorsing die hoë misdaadsyfers in Suid-Afrika te laat tuimel.
Professor Dap Louw, hoof van die Sentrum vir Sielkunde en die Reg in die Departement Sielkunde, het gesê daar is nog weinig navorsing gedoen om vas te stel wat die psigologiese redes vir die tussen 60% en 80% heroortredings onder gevangenes is.
Hy gaan ‘n navorsingsprogram van stapel stuur wat fokus op psigopate – ‘n uiters selektiewe groep veroordeelde misdadigers wat beskou word as die gevaarlikste misdadigers, omdat hulle ‘n laer vlak van empatie, verantwoordelikheid of gewete het en oor ‘n geneigdheid beskik om sosiale norme te oortree.
Navorsing onder sowat 500 van die gevangenes by die Mangaung Korrektiewe Sentrum het reeds begin.
Louw het gesê die navorsingsinligting kan ook aan paroolrade verskaf word, wat dan meer ingeligte besluite oor parool sal kan maak. – OFM

Professor Dap Louw, hoof van die Sentrum vir Sielkunde en die Reg in die
Departement Sielkunde – het nie die regte kwalifikasies om die probleem aan te spreek nie – die regte persoon sal n genetikus moet wees.
Die Sielkunde is n pseudo-wetenskap… wat bloot dien tot normatiseering.
Daar is, in prinsiep, geen veskil tussen die DSM-IV en die Malleus Malificarum nie.
Om as wetenskap te geld, moet n spesifieke navorsingsgebied/ akademiese disipline oor n vaste standaard-beeld beskik om `voorspelbaarheid` te kan bepaal en afwykings te kan begrond.
Hierdie absoluut konteks-gebonde `standaard-beeld` – van die Sielkunde in Mandelatopia – word gesien as die (quasi sielkundig-gesonde) gemiddelde wit DA-stemmer.
Panga vir die linkehand (eerste oortreding), regterhand (tweede oortreding) en n 9mm (derde oortreding).
Dan
indien julle so voel kan julle maar gerus die brief van Jors Troelie aan jou oor hierdie navorsing plaas, want dit het alles te doen met wat Tim du Plessis vandag oor Verlig en Verkramp in Rapport skryf [ baie goeie artikel hoor!!]