Bestialiteitsaak: Vrou voor

labrador‘n Vrou van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat sy seks met twee honde gehad het sal na verwagting Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Jana Smit (31) en haar medebeskuldigde en voormalige kêrel, Morné Fourie, staan tereg op vyf aanklagte van bestialiteit, die besit van kinderpornografie en seksuele uitlokking.

Smit is in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem nadat die Dierebeskermingsvereniging (DBV) glo beeldmateriaal gesien het van hoe sy glo met ‘n staffordshire bulterriër en ‘n labrador seks het.

Fourie is ‘n paar dae later in hegtenis geneem.

Hy het glo foto’s geneem en beeldmateriaal vervaardig van die beweerde dade.

Die labrador is ná Smit se inhegtenisneming weggeneem en vir aanneming aangebied.

Die bulterriër behoort glo aan Smit se bure.

Bestialiteitbordele is besig om in Duitsland vinniger as ooit oop te maak te danke aan ‘n wet wat diereporno onwettig maak, maar seks met diere toelaat, het ‘n Duitse dierebeskermingsbeampte gewaarsku.

Madeleine Martin het onlangs aan die Frankfurter Rundschau gesê dat die huidige Duitse wette nie diere teen mense wat na bestialiteit as ‘n “leefstylkeuse” verwys, beskerm nie.

Sy verwys na ‘n geval waar ‘n boer in die Gross-Gerau–streek in die suidweste van Duitsland, opgemerk het sy eens vriendelike skape het begin wegskram van menslike kontak.

Die boer het ‘n CCTV–kamera in die balke van sy skuur versteek en die skokontdekking gemaak dat verskeie mans in dienag sy diere seksueel misbruik.

“Daar is nou dierbordele in Duitsland,” het Martin aan die koerant gesê.

Martin het ‘n beroep op die Duitse regering gedoem om kategories bestialiteit regoor die land verbied.– Sapa/Frankfurter Rundschau

5 thoughts on “Bestialiteitsaak: Vrou voor”

  1. Ek is dankbaar dat daar nog wetgewing in hierdie land bestaan wat hierdie veragtelike dade verbied. Dit wil voorkom of dit egter slegs met die tipiese velkleurfilter toegepas word, netsoos die doodmartel van beeste in die voorerf! Bestialisme kom baie wyer verspreid onder die inboorlingvolk voor. Daar was een aand voor ’94 ‘n program na die 20h00 nuus uitgesaai wat een van die inlywingsdade van ‘n vroulike sangoma uiters grafies uitgebeeld het (met ‘n bok).

Maak 'n opvolg-bydrae