Dertig ANC-lede vas na onderonsie met EFF

effnkandlaDertig lede van die ANC sal vandag in die landdroshof op Nkandla in KwaZulu-Natal op aanklagte van openbare geweld verskyn .

Hulle is die naweek in hegtenis geneem toe hulle die Ekonomiese Vryheidsvegters glo wou verhoed om ‘n huis aan ‘n behoeftige gesin by Nkandla te oorhandig.

Julius Malema, EFF-leier, wou namens sy party die huis neffens Nkandla aan ‘n arm gesin gee.

Ontstoke ANC-lede het hom ook met waterbottels bestook en verskeie polisievoertuie beskadig.

Die ANC in KwaZulu-Natal het die konfrontasie tussen die ANC en EFF Sondag skerp veroordeel.

Senzo Mkhize, ‘n provinsiale woordvoerder, het gesê hulle sal ondersoek instel na die voorval.

“Sommige van ons was nie daar nie, ons was by Mbombela. So nou probeer ons inligting uit hulle te kry. Ons sal die nodige stappe neem, want ons wil nie die indruk skep dat daar geen politieke verdraagsaamheid in KZN is of vrye aktiwiteit nie. “

Hy het bygevoeg dat die ANC wil toesien dat alle partye vryelik veldtogte voer sonder enige inmenging.

Cliff Saunders se seun in fratsongeluk oorlede

Dudley Saunders
Dudley Saunders

Die seun van ‘n voormalige SAUK-veteraan Cliff Saunders is in ‘n fratsongeluk in Soweto oorlede.

Die gesoute kameraman, Dudley Saunders is deur ‘n trein getref. Hy was 45 jaar oud.

Hy is deur die trein getref terwyl hy in Soweto, suid van Johannesburg verfilm het.

Saunders het jare in die media gewerk, onder meer as politieke korrespondent by die SAUK. Hy het ook aan projekte vir die SAUK program, Special Assignment gewerk, en ook Carte Blanche op Mnet.

In 2011 het Saunders die opskrifte gehaal toe hy deur ondersteuners van Julius Malema tydens ‘n betoging met klippe bestook is.

Hy het ook verskeie burgeroorloë op film vasgelê.

In 1993 het hy met ‘n verfilming vir CCV (die SABC se TV4-kanaal na ‘n naamsverandering) ernstige beserings opgedoen in Sharpeville en in die hospitaal beland nadat hy gesteek en geslaan is deur ‘n groep van 30 swartes.

Hulle was besig om ‘n storie vir SABC News te doen. Die SAUK se TV-verslaggewer wat saam met hom op was, is dood nadat dié doodgebloei het.

Dudley Saunders was ook die kameraman vir ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse dokumentêre film wat as beste dokumentêr in 2008 by die Baltimore Vrouefilmfees met die louere weggestap het.

Steve vandag voor vir roekelose bestuur

steve2Die gewildste Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr gaan na verwagting vandag in die landdroshof op Bronkhorstspruit verskyn op aanklagte van roekelose bestuur.

Die media het vroeër die datum van sy verskyning verkeerd aangekondig.

Hofmeyr is twee weke gelede in hegtenis geneem in verband met ‘n spoedoortreding op dieselfde dag as wat Julius Malema ook vir ‘n spoedoortreding vasgevat is.

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, is in die Vaaldriehoek in hegtenis geneem nadat hy te vinnig gery het.

Hofmeyr was laat vir sy optrede by ‘n musiekfees in Badplaas, Mpumalanga, en het na bewering teen 169 kilometer per uur in ‘n 80 kilometer per uur sone gery.

Hy is dieselfde aand op borgtog van R500 vrygelaat.  Sy saak is tot einde Januarie uitgestel.

‘n Swart sanger Donald Moatshe sal ook vandag in die Umhlali-landdroshof aan die noordkus van KwaZulu-Natal verskyn weens ‘n spoedoortreding op die N2 naby Ballito.

Verkeersowerhede sê hy het teen 182 kilometer per uur in ‘n 120 kilometer per uur sone gery.

Hy is op borgtog van R2500 vrygelaat.

Die gebeurtenis van die jaar

mandela-in-beelddeur Leon Lemmer

Wat voorgestel word as die grootste gebeurtenis van die jaar, asook sy naloop, is hopelik darem nou grootliks verby. Ek gaan dus probeer om ‘n bietjie perspektief op die saak te gee. Die opvallenste aspekte is seker hoe groot die gedoe was, hoe lank halsstarig daarmee volgehou is en hoe eensydig en onkrities dit was. Ook hoe diegene wat dink hulle is iets en (in die demokratiese tradisie) ook dié wat nie iets is nie, dit nodig gevind het om ‘n stuiwer in die armbeurs te gooi. Allerhande staaltjies oor persoonlike ontmoetings is vertel; in baie gevalle waarskynlik die resultaat van mite-skepping. ‘n Onvanpaste religieuse milieu is geskep, met selfs die reën wat as ‘n huilende hemel vertolk is. Alles is in grootmaat in druk en elektronies gerekordeer en gaan mettertyd as historiese waarhede aan bv skoolkinders opgedis word.

‘n Mens kon eenvoudig nie glo tot watter uiterstes daar oorgegaan is nie. Ek het op die televisie krieket probeer kyk. In die gras is geskryf dat ons dankie vir Nelson Mandela sê. Op die skerm regs bo is die Mandela-naam feitlik deurgaans aan die kykers opgedring. Wanneer daar nie spel was nie, is pro-Mandela-inligting uitgesaai. Dit is ironies dat tydens die “vryheidstryd” juis betoog is dat politiek uit sport geweer moet word. Op RSG is gespog wat daar twee dae lank ononderbroke met Mandela-verering volgehou is en daarna het nog talle sarsies gevolg. Van die aanbieders het met sommige van hulle opmerkings hulle volslae onkunde oor die geskiedenis uitgestal. Al wat deurslaggewend saak gemaak het, was dat alle inligting pro-Mandela moet wees.

Ek beperk die res van my teks tot wat in twee koerante gepubliseer is; ‘n keur van hoogte- of laagtepunte. Om die lengte van my skrywe binne perke te hou, handel die teks hoofsaaklik oor die eerste week van hierdie sage. Ek besef wel deeglik dat my samevatting ook onuitstaanbaar kan word. Om hierdie rede gaan ek uiters selektief te werk en lewer die minimum kommentaar. Ek hoop maar lesers se bogverklappers funksioneer. Ek moet byvoeg dat die soort advertensies wat oor Mandela deur bv sake-ondernemings gepubliseer is, heelwat lig op hierdie instansies se gesindheid werp. Dit help my om te besluit wie vorentoe my ondersteuning verdien, naamlik by voorkeur dié wat nie pro-Mandela-advertensies geplaas het nie. Ek het beoog om deurgaans na Mandela te verwys en nooit die troetelnaam “Madiba” te gebruik nie, maar sommige van die aanhalings het hierdie hoop verydel.

  • Rapport (8 deser) beweer in ‘n hoofartikel: “Waarskynlik dié belangrikste les wat hy ons geleer het, was sy jare lange weiering om enige voorwaardes vir sy vrylating uit die tronk te aanvaar.” Dus, Mandela, wat postuum as vredemaker en versoener voorgestel word, word geloof omdat hy nie geweld wou afsweer nie. Dit het Mandela in staat gestel om telkens as De Klerk en kie ‘n ANC-eis geweier het, die blanke regering met die hervatting van geweld af te dreig. Ook het Mandela se verknogtheid aan geweld hom 27 jaar in die tronk gehou; iets wat oor en oor vertel word om die blanke bewind as onmenslik wreed voor te stel. Waarom Mandela in die tronk was, word feitlik deurgaans heeltemal verswyg.

Daardie hoofartikelskrywer kom soms ook met die waarheid vorendag: “Daarom moet ons ook eerlik wees en erken dat baie van die land se huidige probleme hul oorsprong in die Mandela-era het … Vandag pluk ons die bitter vrugte hiervan en kan die vrot in talle staatsdepartemente terugevoer word na die Mandela-era.” Hierdie vrot strek veel wyer as staatsdepartemente. Mandela is wyd geloof as “die vader van die nasie,” terwyl daar oor etniese grense heen geen nasie is nie; net ‘n Suid-Afrikaanse bevolking, mildelik aangevul uit veral die res van Afrika. Myns insiens is die kern van Mandela se nalatenskap die geweldskultuur waarvan die einde nie in sig is nie. Hy is ongetwyfeld die vader van die plaaslike politieke geweld. Mandela het immers doelbewus die geweldsopsie gekies, selfs voordat die ANC en die SAKP daartoe bereid was. Hy het ook die Nobel-vredespryswenner Albert Luthuli oorgehaal om geweld te ondersteun.

Hermann Giliomee noem in dieselfde uitgawe van Rapport dat Mandela die dryfkrag agter ‘n sabotasieprogram was. Hy verwys bv na David James Smith se boek, Young Mandela, wat ‘n ander beeld van Mandela skets as die een wat sedert sy dood tot vervelens toe aan ons voorgehou word. Hierdie boek is plaaslik doodgeswyg. Die afgelope dae is telkens verwys na Mandela se aanspraak dat hy teen sowel wit as swart oorheersing gestry het. In werklikheid was Mandela sterk ten gunste van die tirannie van die meerderheid. Vir hom was swart meerderheidsregering ononderhandelbaar. Giliomee: “Lande soos Suid-Afrika met diep rasse- en etniese klowe vervul nie hul potensiaal met ‘n enkele magtige party nie … As ANC-leier en as uitvoerende president het [Mandela] nie besonder groot dryfkrag, insig in probleme of ondernemingsgees getoon nie.”

In dieselfde uitgawe van Rapport verwys PG du Plessis na die “siwwe en drupkrane van die openbare media” wat “die woorde, optredes en dade van openbare figure versuiker of vergal en vir ons naïewe konsumpsie kleur en voorberei … Die mens sonder swakhede moet nog gebore word – en dat ons met die beoordeling, heldeverering of verdoeming van openbare figure van ‘n afstand af onsself daagliks belieg.” Du Plessis verwys na “‘n wêreldwye geruis … van prysliedere en lofuitinge” deur mense met eie agendas en eie ego’s wat politieke munt uit so ‘n gebeurtenis wil slaan. Die resultaat van die grondwetlike onderhandelings kan saamgevat word as “van ons oorheersing na hul oorheersing.” “Vryheidsvegters maak nie almal goeie administrateurs nie en verlore kundigheid is verlore.” Onbegryplik beweer Du Plessis dat “die oorgang na die nuwe bestel bloedloos” was en selfs dat Mandela sy beweerde verset teen swart oorheersing “gestand gedoen het.”

  • In die res van my skrywe verwys ek kronologies na uitgawes van Die Burger. Die eerste uitgawe van Vrydag, die 6de, is te vroeg gedruk om berigte oor Mandela se dood te bevat. Die dag daarna is op die voorste bladsy losgetrek met afbeeldings van 36 voorblaaie van ander koerante, insluitende drie waar Mandela ‘n gebalde vuis vertoon. Hulle verskyn onder die vaandel: “Die wêreld groet Nelson Mandela” In hierdie en volgende uitgawes word Mandela telkens gekarakteriseer as “vegter, vredemaker, versoener” met die laasgenoemde twee wat oorbeklemtoon en die eerste een (bv as terroris en misdadiger) wat verdoesel word. In Rapport was die drie V’s (‘n sinspeling op “Victory”, dus die swartes se gewaande oorwinning oor die wittes): “vryheidsvegter, vredemaker, vader van ‘n nasie.” Die Burger beweer: die wêreld treur, die hele wêreld huil nou, die wêreld se oë is op Suid-Afrika, die wêreld vier Mandela, ens.

FW de Klerk beweer: “Daar was altyd ‘n opregte en eerlike bereidwilligheid [by Mandela] om die ander party te verstaan en tegemoet te kom – ook vir die wit minderheid in Suid-Afrika.” Hy verduidelik nie hoe hy dit reggekry het dat daar so min, indien enigiets, hiervan tereg gekom het nie.

Van Antjie Krog is ‘n gedig gepubliseer oor “‘n mens so edel”, “wie se dade onbeskaamd goedheid wou bring”, “die man wat ons van onsself gered het”.

Volgens Desmond Tutu bid “die nasie” tot “‘n God van bevryding … ‘n God wat ons nasie gelei het uit die plek van gevangeneskap na die tuiste van vryheid.” Mandela word “die vader van ons nasie” genoem, “iemand vir al ons mense” en hy is ‘n geval waar “heiligheid verskans is in werklike wesens.” Die publisiteitsoeker Tutu, wat beweer het dat hy uit die openbare lewe getree het, het sy teenwoordigheid ongevraag by Mandela-byeenkomste in Johannesburg en Qunu opgedring en gepoog om die maksimum publisiteit vir homself te ontlok.

Henry Jeffreys beweer Mandela was 27 jaar “in die tronke van apartheid.” Hy ontken daarmee eintlik Mandela se misdade. Soos hy so graag dikwels doen, vertel Jeffreys van sy eie UDF-aktivisme. Hy beweer die opvoedkundige Funda Centre “was op die rand van bankrotskap weens geld wat na apartheid gekanaliseer is.” In sy artikel stel hy nie net Mandela as ‘n held voor nie, maar ook homself as ‘n mede-held. Mandela het aandag aan Jeffreys se kind gegee pleks van hom met ernstiger sake besig te hou. Jeffreys vind dit fantasties. Hy sien nie deur Mandela se strategie nie. Mandela het geweet Jeffreys is ‘n joernalis wat as ‘n meningsvormer funksioneer. Mandela het dieselfde laai met Richard Stengel, die redakteur van Time en die skrywer van Long Walk to Freedom, uitgehaal deur skynbaar belangstellende aandag aan Stengel se kinders te gee.

  • Op Maandag, die 9de, het Die Burger op sy voorbladsy uitbasuin: “Die wêreld is op pad”; darem nie die heelal en sommer die hemel ook nie.
  • Dinsdag, die 10de, is die hoofopskrif: “Die groot totsiens.” Kgalema Motlanthe beweer dat Mandela sowel sondaar as heilige was. Mandela het glo baie vir Suid-Afrika, Afrika en die wêreld beteken.

Desmond Tutu het gesê Mandela was ‘n “geskenk van God wat gestuur is om Suid-Afrika van ‘n bloedbad te red.” Hy het nie gesê hoe hy dit te wete gekom het nie. “God het … gewys hy is lief vir Suid-Afrika en het vir ons ‘n wonderlike geskenk gestuur – Nelson Mandela.” Daar is glo “bykans ‘n universele liefde vir Mandela … Madiba het uit die tronk gekom en hy het Suid-Afrika soos ‘n towenaar van ‘n giftige ruspe in ‘n pragtige vlinder verander.” Dit is die beeldspraak waarmee Tutu die ou en nuwe Suid-Afrika karakteriseer; dus die verskil tussen blanke en swart bewind. “Ons lewe nou in ‘n wonderlike, multikulturele reënboognasie.””Tutu het die wreedheid beskryf wat Mandela in die gevangenis moes verduur en wat uiteindelik sy longe en sig beskadig het.” Tutu het nie genoem in watter ander Afrika-land iemand 27 jaar in die tronk sou deurbring en daarna eintlik heel gesond tot verby die ouderdom van 95 jaar sou lewe nie.

Helen Zille is vasbeslote om Mandela se werk voort te sit. Ons vryheid is glo aan Mandela te danke.

Russel Botman het verseker dat die Universiteit Stellenbosch (US) ‘n huldigingsbyeenkoms hou. Hy het Mandela met die Bybelse Samuel vergelyk wat die volk moes lei. Soos altyd is dit vir Botman onmoontlik om politiek en godsdiens te skei. “Ons as burgers moet bou op die toekoms wat Madiba vir ons wou hê.”

Jonathan Jansen beweer die staat het jare lank ‘n “terreurveldtog” teen Mandela se vrou en kinders gevoer. Die terreurveldtogte van Mandela se MK en dié van die UDF/ANC en PAC bly egter onvermeld. Soos Botman aan die US, het Jansen dit nodig gevind om ‘n Mandela-byeenkoms op die kampus van die Universiteit Vrystaat (UV) te hou. Sowel Botman as Jansen het duidelik geen sensitiwiteit vir die vereiste ideologiese neutraliteit van ‘n universiteit nie. Vir Jansen was die hoogtepunt van die UV-byeenkoms toe ‘n wit NG-predikant gesê het: “Vergewe my en my mense vir wat ons gedoen het.” Volgens Jansen “was die gees van Mandela in die predikant vaardig.” Die ander party, bv die ANC, word klaarblyklik as onskuldig beskou en hoef dus vir niks verskoning te vra nie. Die predikant het vergiffenis gevra vir wat die wittes gedoen het. Sluit dit ook in al die konstruktiewe werk wat hulle sedert 1652 in hierdie droewe land gedoen het?

  • Die Burger se pro-Mandela-veldtog het teen Woensdag, die 11de, nog glad nie stoom verloor nie. Met klaarblyklike verwysings na bv die Amerikaanse swart burgerregtebeweging het Barack Obama Mandela die “grootste [of die laaste groot] bevryder van die 20ste eeu” genoem. Die koerant het dit kritiekloos gerapporteer. Obama het Mandela met sy ander helde, Mohandas Gandhi, Martin Luther King jr en Abraham Lincoln, vergelyk. Obama: “Nadat hy uit die tronk vrygelaat is, sonder ‘n gewapende stryd [let op hoe slu systap Obama jare lange Mandela- en MK-/ANC-terrorisme], het Mandela, soos Lincoln [wat in ‘n sin die Amerikaanse Burgeroorlog veroorsaak het], sy land bymekaar gehou … ek wil vir die jongmense van Afrika en die wêreld sê: Julle kan sy lewenswerk jul eie maak.” Obama het Mandela nageboots deur soms sy vuis in die lug rond te swaai, iets wat kenmerkend van swart “versoeners en vredemakers” soos King en Mandela was.

Jacob Zuma het Mandela as “Suid-Afrika se grootste seun” bestempel, ‘n vryheidsvegter en ‘n vredemaker. “Die afgestorwe president se groot liefde vir vrede kan oral in Afrika gesien word” [!].”Die struggle (teen apartheid) was Madiba se lewe”. Mandela het glo die grondslag gelê “vir ‘n beter lewe vir ons almal.”

Die ANC-aktivis Henry Jeffreys verwys in sy rubriek na Mandela as “‘n geliefde en unieke grootse leier … die groot vredemaker, die groot versoener … die vader van die nasie.” Hy noem “hoe geseënd hierdie geliefde maar dikwels gekweste ou landjie was om ‘n leier van Mandela se kaliber te kon hê om ons uit die politieke woestyn van apartheid te kon lei.” Les bes gee Jeffreys waaragtig voor dat Mandela verseker het dat ons nie onder swart oorheersing gebuk gaan nie.

Ilse Bigalke is ‘n onredbaar linkse joernalis van wie geen neuraliteit of objektiwiteit verwag moet word nie. Haar artikel is onder die opskrif “Só ween die wêreld” gepubliseer. ‘n Mens wonder wat die onvindingryke Die Burger sou gedoen het as daar nie ‘n misbruikbare woord soos “wêreld” bestaan het nie. Mandela word uitgebeeld as “ons morele kompas” wat “nie net Suid-Afrika getransformeer [het] nie, maar die mensdom self” en as “‘n leier vir alle seisoene en vir alle mense.” Obama: Mandela “behoort nie meer aan ons nie, maar aan die engele.” [Op 19 deser het Bigalke erken hoe gretig sy al die pro-Mandela-propaganda verslind het. Dit is die soort mens wat toegelaat word om teen betaling as meningsvormer te funksioneer. Adam Small, daarenteen, het reeds op die 16de genoeg van die “gekke oordrewenheid” gehad.]

Nico Koopman, ‘n bevrydingsteoloog, vind aansluiting by die huil-tema met: “Dit is veral opvallend hoeveel kindertjies ween oor die verlies van ‘n goeie oupa. En die leed van gestremde persone kan nie geïgnoreer word nie.” Pratig gestel, nè? “Mandela het as ‘n kosbare mens van God die evangelie van versoening beliggaam … Madiba het die wêreld van interpatie kom leer;” dus dat ons “na regmakende versoening, na versoenende geregtigheid” moet soek. “Dit is dus belangrik dat ons aanmekaar terugkyk na Madiba se persoon en voorbeeld … Die Madiba-stories ondermyn wat lelik en verontmenslikend is, en roep in aansyn wat mooi en edel is.”

  • Donderdag, die 12de, is Die Burger se hoofopskrif: “Madiba: In stilte gegroet.” Die Uniegebou se amfiteater, waar Mandela in staatsie gelê het, sal voortaan die Nelson Mandela-amfiteater heet. JBM Hertzog se standbeeld voor die Uniegebou word sonder protes (eintlik met instemming, dus weens die tans gebruiklike toegewing van blankes) verskuif na ‘n minder prominente plek. Die 9 meter hoë Mandela-beeld word die hooffokus. Dié verskuiwing simboliseer die feit dat diegene onder wie se leiding die land opgebou is (Hertzog se “Suid-Afrika eerste”), deesdae moet trustaan vir “swartes eerste.” In die wittes se plek tree die swartes na vore wat die land wou vernietig en besig is om dit reg te kry. Hoewel daar in die ANC diegene is wat wou hê dat Mandela met sy kenmerkende gebalde vuis uitgebeeld word, is besluit om hom liewer verwelkomend met uitgestrekte arms voor te stel; ‘n messias of verlosser, soortgelyk aan die Christus-beeld in Rio de Janeiro. Twee Afrikaanssprekende beeldhouers, Ruhan Janse van Vuuren en André Prinsloo, is hiervoor verantwoordelik. In dieselfde gees werk die DA en ANC in die Paarl saam om Jan van Riebeeck-weg, waarin Mandela gestap het toe hy in 1990 uit die Victor Verster-gevangenis vrygelaat is, Mandela Freedom-weg te noem.

Helen Zille het gesê Mandela se gesig simboliseer “wat ons moet word in Suid-Afrika – een nasie.” Maar dan kan Mandela mos nie reeds die vader van die nasie wees nie? Wes-Kaapse ANC-lede het ook van hulle laat hoor. Marius Fransman: “Hoe wil ons hê ons kinders moet wees? Ons wil hê almal moet soos Mandela wees.” Dus geweldenaars? Lynne Brown: “Die enigste manier om Madiba se nalatenskap te bewaar, is om vir die verdruktes en armes te veg.” Al was Mandela stinkryk?

Vir die ANC-aktivis Russel Botman was dit nie genoeg dat daar ‘n Mandela-byeenkoms op die US-kampus gehou is nie. Hy het opsluit ook ‘n artikel vir publikasie aangebied. Hy beeld die blanke bewind as hardvogtig uit omdat Mandela as gevangene nie toegelaat is om sy ma en sy kind se begrafnis by te woon nie. “Intussen is Madiba self oorlede, en te oordeel na die nasie se reaksie, is dit hoe die meeste mense voel: dat sy dood ‘n gat in ons hart laat.” Botman reken “die pas van verandering [agteruitgang? is] veels te stadig.” Botman verwys na Mandela wat ‘n “HOP van die siel” bepleit het. Een van Botman se groot etniese helde, Trevor Manuel, is die mede-outeur van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP). Botman se oorspronklike bydrae is dat ons nou ‘n “NOP van die siel” nodig het. Botman se omruiling van HOP en NOP berus egter op ‘n misvatting. Mandela het in 1999 in die parlement na ‘n “RDP (reconstruction and development plan) of the soul” verwys (Die Burger, 21 deser, p 15).

  • Op Vrydag, die 13de, het Die Burger ruimte gehad vir hierdie opmerking van Julius Malema: “Nelson Mandela se ware karakter was die een vóór 1994 toe mense hom ‘n terroris genoem het.” Hoe volslae gewelddadig of terroristies Mandela was, blyk uit sy oortuiging dat 14-jariges stemreg moet hê, oënskynlik omdat sulke jeugdiges uitstekend as “bevryders”/terroriste kan funksioneer. Daar is geen ander “bydrae” wat hulle op daardie ouderdom kan lewer nie. Die verlaging van die stemregouderdom sou die land ook in selfs groter mate as tans die prooi van swart mag gemaak het.

In sy rubriek poog Leopold Scholtz “om ‘n objektiewe beoordeling van Madiba se plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis te gee.” Hy toon in historiese perspektief aan hoe kommunisties en gewelddadig Mandela en die ANC was. Scholtz noem dit terrorisme. Hy wys ook op hoe anti-wit die jong Mandela was, maar wit kommuniste het hom mettertyd oortuig van hulle bruikbaarheid vir sy doel, naamlik die onverwerping van die blanke bewind. [In beginsel het Mandela geen beswaar teen kommunisme gehad nie. Sy beswaar was suiwer rassisties. Hy wou nie hê dat wit kommuniste, plaaslik en in Moskou, die lot van swartes bepaal nie (Long walk to freedom, 1995, p 115, 123-124, 132). Mandela se beswaar teen die doodstraf was op ‘n soortgelyke manier rassisties. Hy was teen die doodstraf omdat hoofsaaklik swartes tereggestel sou word.] Scholtz dink Mandela se latere “strewe tot versoening was eg … Mandela was nie volmaak nie, al sou ‘n vreemdeling wel dié indruk kon kry ná die uitbarsting van emosie in die Suid-Afrikaanse media ná sy oorlye. (Trouens, buitelandse media het baie objektiewer oor hom geoordeel as dié in Suid-Afrika).”

Tim du Plessis vertel van ‘n onderhoud wat hy in 1992 met Mandela gevoer het. Mandela het erken dat hy bitter oor sy lang verblyf in die tronk was en veral oor wat sy familie in die proses aangedoen is. Daar word sonder meer beweer dat Mandela “magteloos” in die tronk gesit het, terwyl dit algemeen bekend is dat sy tronkstraf aansienlik korter kon gewees het as hy bereid sou wees om geweld af te sweer, wat hy nooit wou doen nie. Du Plessis erken dat dit Mandela was wat “sy organisasie” [die ANC en SAKP] oorreed het om ‘n gewapende stryd aan te knoop. “Dit het minstens drie geslagte Suid-Afrikaners geleer politieke geweld is ‘n aanvaarbare manier om jou doel te bereik of om geskille te besleg … Suid-Afrika proe vandag nog die wrange vrugte van dié indra van geweld in die land se politieke kultuur.” Uit hierdie onverwagte oord kry ek dus steun vir my standpunt dat Mandela nie die vader van ons nasie is nie (want daar bestaan nie so ‘n nasie nie), maar dat hy wel die vader van die politieke geweld is wat tot op hede voortduur en waarvan daar geen einde in sig is nie.

Van die bedenklikste teks wat die afgelope tyd in Die Burger gepubliseer is, is afkomstig van Hannelie Booyens, ‘n joernalistiekdosent, wat al die pro-Mandela-koerantvoorbladsye wil lamineer en monteer in die gange van die Skool vir Kommunikasiestudies van die Noordwes-universiteit; klaarblyklik omdat sy ‘n groot Mandela-bewonderaar is. Sy is hoogs ontsteld dat honderde Potch-koshuisstudente, bv dié van Veritas, as deel van hulle ontvangs- en bekendstellingsritueel ‘n saluut gegee het wat haar aan die Nazi-saluut herinner. Dit is glo ‘n aanstootlike simbool van Ariese meerderwaardigheid en van “benouende denke”, “veral as dit gebeur op ‘n oorwegend wit en Afrikaanse kampus”. Booyens sien seker uit na die verwagte verswarting en verengelsing van hierdie einste kampus. Sy vertel dat sy vroeg Vrydagoggend, dus die dag toe die jongste Mandela-ophef in al sy felheid begin het, met verf en ‘n kwas na ‘n sypaadjie is waar daar ‘n swastika in die sement uitgekerf is. “Oor dié teken van haat het ek ‘n wit vredesduif geskilder met dié woorde: ‘Dankie, Madiba!'” Dit is ironies dat dit juis sy is wat in ‘n kampuspublikasie (13 Jun) teen implusiewe gedrag gemaan het. Sy het sekerlik nie besin oor hoe die kampus sou lyk as almal op haar manier uitdrukking aan hulle politieke oortuigings gee nie. Aangesien daar tans nog orde op die kampus gehandhaaf word, hoop ek die universiteitsowerheid tree ferm teen haar op.

  • Op Saterdag, die 14de, is Die Burger se hoofopskrif: “Laaste reis begin.” Die By-bylae kon die vorige week nie aan die Mandela-bohaai deelneem nie, gevolglik is hierdie hele uitgawe aan Mandela gewy. Daar is selfs die ingewing van twee volle bladsye strokiesprente. Daar is ‘n verslag oor ‘n onderhoud met een van Mandela se kamerade, Ahmed Kathra, waarin ‘n mens geen objektiwiteit te wagte moet wees nie.

Naas Henry Jeffreys, waarna hier bo verwys is, het Naspers ‘n ander joernalis in diens geneem wat graag in Die Burger spog oor sy wandade, insluitende misdade, tydens die UDF/ANC se terrorisme. Ek verwys na Johann Maarman, wat “‘n Victor Verster-alumnis” genoem word. Hy vertel met smaak van sy onwettige dade en die duiwelse rol wat mense soos predikante daarin gespeel het. Net soos Jeffreys plooi Maarman sy vertelling sodat hy ‘n mede-held in die Mandela-sage word.

  • Ek het verwag dat daar die soberheid sou wees om te vra: Wat kos Mandela se mediese uitgawes en versorging die land/belastingbetaler? En al die reise tussen Gauteng en die Transkei oor jare? En die talle byeenkomste en die begrafnis en alles wat daarmee saamhang, insluitende die byeenroep van spesiale sittings van politieke liggame, nasionaal, provinsiaal en plaaslik? Ensovoorts. Pleks daarvan vertel Rapport (15de) en Die Burger (17de) hulle lesers hoe baie die land finansieel gebaat het; glo dalk ‘n miljard rand. “Die wêreld” het immers hier besoek afgelê en hierdie buitelandse vet katte het van hulle en/of hulle regerings/instansies se geld hier bestee.

Watter gevolgtrekkings kan uit die voorafgaande gemaak word? Hermann Giliomee het moontlik die beste opsomming verskaf: Die mite het die mens vervang. Al die massamedia (pers, radio, rolprent, televisie, internet) neem met oorgawe hieraan deel. Dit lyk na ‘n georkestreerde poging, maar in werklikheid geskied dit grootliks impulsief, dus irrasioneel. In die huidige ideologiese klimaat sal geen wit mens op so ‘n skaal en so onkrities geprys word nie. Dit gaan vorentoe die uiterste deskundigheid en insig van historici verg om die (permanente) vervalsing van die geskiedenis te voorkom. Die eintlike gevolg van hierdie harlaboerla [lawaai, rumoer – HAT] is die bevordering van swart mag, met as implikasie die verdere geringskatting, verkleinering en vertrapping van blankes. Dit is waarskynlik die fondament waarop verskerpte anti-wit rassediskriminasie plaaslik gebou gaan word. Tog word daar voortgegaan met die absurde bewering dat Mandela ‘n nie-rassige nuwe Suid-Afrika nagelaat het.

Steve en Julius in hegtenis geneem vir spoed

Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr

Die gewildste Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyer ook Donderdagaand op die N4 naby Bronkhortspruit in hegtenis geneem.

Hofmeyr verskyn Maandag in die Bronkhorstspruit landdroshof nadat hy na bewering 169 kilometer per uur gery het.

Hy is op borgtog van R500 vrygelaat.

Hofmeyer was laat vir sy konsert by die Forever Resort Badplaas. Ná die spoedlokval wat gelei het tot sy inhegtenisname, het die konsert veel later begin.

In ‘n soortgelyke voorval is die leier van die EFF (Ekonomiese Vryheidsvegters) Julius Malema, ook vir spoed in hegtenis geneem.

Malema sal in die Vanderbijlparkse landdroshof verskyn nadat hy Donderdagaand vir ‘n spoedoortreding gevang is.

Malema het glo teen 215 kilometer per uur gery op die N1 in die Vaalgebied.

Hy was op pad na die swart woonbuurt Alexandra, in Johannesburg, om plakkers te gaan toespreek.

Hofmeyr en Malema sal benewens die spoedoortredings albei ook glo aangekla word van roekelose en nalatige bestuur.

Flip Buys val ‘rassistiese Afrikaners’ aan

Flip Buys
Flip Buys

In ‘n meningsartikel op Maroelamedia loods Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, ‘n aanval op Afrikaners wat “rasse-argumente gebruik”. Hy vergelyk hulle met Julius Malema en sê:

Maar hierdie verskynsel is ook algemeen onder Afrikaners, wie se goeie naam en mooi ideale al dikwels beswadder is deur sommige ‘Afrikaner-leiers’ se swak gedrag of dom optredes. Die jongste voorbeeld hiervan is Dan Roodt se gebruik van rasse argumente, skynbaar in ‘n lomp poging om die Afrikanersaak te bevorder deur te probeer ‘bewys’ hoe dom swartmense nou regtig is, veral gemeet teen geleerde wit rassiste.

Al wat sulke mense en hul argumente regkry, is om nog meer verbete vyande vir Afrikaners te maak, en om talle gematigde Afrikaners te vervreem van enige iets wat Afrikaans is. Deur swak argumente te gebruik, word ‘n goeie saak polities verder besoedel en vernietig. Sulke argumente bevestig al die vooroordele wat daar teen Afrikaners bestaan, en gee gratis kanonkoeëls vir ons teenstaanders wat ons reeds niks gun nie. Dis vir Afrikaners nou ‘n goeie tyd om eerder vriende as nog vyande te maak. Ons is reeds een van die mees gehate groepe in die land, en daar is geen rede om onsself nog verder te verneder en ongewild te maak nie. Daar is ‘n baie groot verskil tussen ‘n pro-Afrikaner standpunt en ‘n anti-swart houding, ek kon nog nooit begryp hoekom daar mense is wat dit wil vermeng nie.

Dit wil voorkom asof Buys beswaar het teen ‘n vorige artikel van dr. Dan Roodt wat op Maroelamedia en op praag.co.za verskyn het en waarin hy dr. Piet Croucamp se stelling dat alle “rassiste” noodwendig dom is, weerlê.

Buys meen dat dit “onchristelik (is) om haat tussen rassegroepe aan te wakker” en noem “5 redes hoekom (hy) teen rassistiese argumente is, veral as dit gebruik word om die Afrikanersaak te ‘bevorder’”:

1. Dit is verkeerd
Die wetenskaplike hoofstroom se gevolgtrekking is al dekades lank dat daar nie biologiese verskille bestaan wat een ras minderwaardig maak nie. Klein groepies afvalliges se menings verander niks hieraan nie. Die verskille in kultuur, ideologie, tradisies, instellings, geografie, omstandighede en geleenthede wat verskillende prestasies tot gevolg het, het niks met ras te doen nie.

2. Dis moreel tereggestel
Rasbegronde argumente is moreel tereggestel deur gebeure in Nazi-Duitsland. Wie hierdie spook weer probeer oproep, vernietig sy eie saak. The moral high ground is the best place to site your artillery.

3. Dis onsinnig en nutteloos
Rasargumente is ‘n politieke doodloopstraat, sonder enige sin of nut. Dit maak wêreldwyd vir Afrikaners nog vyande, en is ‘n verleentheid vir die oorgrote meerderheid Afrikaners wat rassisme soos ‘n aansteeklike siekte wil vermy.

4. Dit kan die Afrikaner vernietig
Afrikaners is ‘n krimpende en ongewilde minderheid in ‘n al vyandiger omgewing. Rasse-argumente wek net verdere haat en woede aan, en speel in die hand van die Malemas wat ‘n rasse-oorlog aanhits om hulle politieke doelwitte te bevorder.

5. Vryheid teenoor Apartheid
‘n Geregverdigde vryheidstrewe wat op die regte manier bevorder word, is internasionaal aanvaarbaar en kan bykans onoorkomlike struikelblokke oorkom. Maar haatpolitiek wat die indruk probeer skep dat Afrikaners wat na Vryheid streef, maar net rassiste is wat wil terugkeer na Apartheid, is gedoem tot wêreldwye teenstand en ondergang.

Juju skryf eksamen as hofsaak begin

jujuJulius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), kan dalk agter tralies eindig voor die verkiesing.

Juju se hofsaak sal vandag in die Rondgaande Hof in Polokwane begin. Streng veiligheidsmaatreëls sal geld.

Malema en sy vier mede-beskuldigdes word van bedrog, geldwassery en afpersing aangekla. Die voormalige leier van die ANC Jeugliga het na bewering miljoene rande uit korrupsie verdien.

Malema is in September verlede jaar in hegtenis geneem omdat sy Ratanang-familietrust na bewering R4 miljoen van ‘n R52 miljoen-tender gekry het wat die departement van paaie en vervoer in Limpopo in 2011 aan die maatskappy On Point Engineering betaal het.

Die party se provinsiale koördineerder, Josie Butane het saam met duisende Malema-ondersteuners ‘n nagwaak gehou.

Hulle het die ANC-leiers daarvan beskuldig dat hulle staatshulpbronne gebruik in ‘n poging om Malema te vernietig.

Butane sê niks sal egter Malema se leierskap keer nie. ‘n Senior lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Floyd Shivhambu het gedreig dat hulle lede grond sal begin beset as deel van die party se grondhervormingstrategie.

Shivhambu het duisende EFF-lede toegespreek om die EFF se hoofbeleid om grond te onteien sonder vergoeding oor te dra.

Shivhambu het die trae pas van die regering se grondhervormingsprogram gekritiseer. Hy sê hulle sal grond identifiseer en dit wat aan die mense behoort, beset en later bekommer oor die wetlikheid daarvan.

Malema moet Maandagoggend glo eers eksamen skryf as deel van ‘n Unisa-graad voordat hy in die hof sal verskyn.

Die polisie het die strate rondom die hofgebou afgesper en polisielede sal ontplooi wees by verskeie moontlike brandpunte in die stad en in Seshego.

Malema het in Junie in die streekhof gesê die Nasionale Vervolgingsgesag is onbevoeg en die strafregtelike saak teen hom is ‘n politieke sameswering.

Daar is vroeër vanjaar reeds op Malema se luukse huis in Sandton en sy plaas buite Polokwane beslag gelê.

Malema se ondersteuners ruk weer op na Uniegebou

effkoggelDie inwoners van Mooiplaas, wes van Pretoria is in opstand oord die ANC se gebrek aan begrip vir hulle omstandighede.

Hulle sê hulle moes na die Uniegebou opruk om hul griewe te lug. Hulle sal vandag weer opruk onder aanvoering van Julius Malema.

Die inwoners van die Mooiplaas-lokasie het Dinsdag ‘n diensleweringsbetoging gehou waartydens die polisie rubberkoeëls gebruik het om hulle uiteen te jaag.

Alhoewel hulle toestemming vir die optog gehad het, is hulle later ingelig dat die goedkeuring teruggetrek is omdat niemand van die Presidensie beskikbaar was om hulle griefskrif te ontvang nie.

Die streekskoördineerder van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Omphile Maotwe sê hulle hou weer vandag ‘n optog om die gebrek aan basiese dienste onder die Presidensie se aandag te bring.

Die ANC en sy alliansievennote in Gauteng is bekommerd oor die gewelddadige betogings in die provinsie.

Die party sê stemwerwing vir aanstaande jaar se verkiesing kan daardeur benadeel word.

Die ANC het ook gesê hy gryp by sommige van die opstande in om bestendigheid te verseker.

Die ANC se sekretaris in Gauteng, David Makhura sê hulle wil ‘n klimaat skep wat intimidasie en geweld te beperk.

Fortuinsoekers blaas weer People’s War aan

Kiesers
Kiesers

In die nasleep van Marikana, is die People’s War weer opgewarm en het nuwe stukrag verkry met buitelandse fortuinsoekers wat soos voorheen griewe vir die plaaslike swart bevolking skep, ook om te kan uitbuit. Dali Mpofu se aankondiging dat hy die ANC ná 33 jaar van lidmaatskap gaan verlaat, dui op die ver-linkse vloedgolf van geweld wat dreig om Suid-Afrika weereens soos in die tagtigerjare, te verswelg.

Mpofu, wat die Marikana-mynwerkers by die Farlam-Kommissie van Ondersoek verteenwoordig, het pas sy gewig agter Julius Malema se Ekonomiese Freedom Fighters (EFF) gegooi om die “armes” te help. Die armes is natuurlik nie wit nie.

Die DA doen ewe fluks mee aan die verwagting dat swart griewe gelug moet word met hulle aanhoudende romantisering van die “struggle”, ophemeling van terreurplegers en openlike steun vir anti-wit wetgewing. Waarksynlik is daar naïewelinge wat glo dat die DA ‘n beter “opposisie” verteenwoordig want die wit leier Zille sal nie wittes versaak nie. Hierbenewens het sy die ver-linkse woordeskat bemeester en huisvesting aan terroriste verskaf, dus is haar geloofwaardigheid by swartes as’t ware afbetaal.

Maar vir alle praktiese doeleindes is daar tans twee partye op die politieke toneel: ‘n swart een en ‘n swart een. En nie een van die twee swart partye is die DA nie.

Zille se blou barette kan nie kers vashou by twee ver-linkse swart partye nie, aangesien die aantal poste en posisies (lees: vergoeding) wat hulle aanbied nooit genoeg sal wees vir die groot aptyt wat die “armes” ontwikkel het nie.

Alhoewel die ANC dikbek is oor die EFF se sukses, kan hulle geen werklike kritiek daarteen monster nie, aangesien hulle met dieselfde gewelddadige metodes aan die mag gekom het. Om die oproer wat die EFF aanblaas te tem, het die regering straks nog ‘n paar magsinstrumente soos die polisie waarmee hulle met welslae sal kan onderhandel.

Daar is ongelukkig in die fynskrif van die DA, die “opposisie”, se beleid oor taal, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie veel wat wit inwoners tot optimisme kan stem nie. Hul dwepery oor Mandela sal allermins help om swart gemoedere te kalmeer.

Die stryd om watter swart party gaan wen, raak feller. Vandaar die onrustigheid onder swart kiesers wat toeneem. Maar soos ons almal wat Afrika-rassepolitiek verstaan, weet, sal samewerking tussen die ANC en EFF uiteindelik tot voordeel van albei wees. Dáár lê die politieke energie vir die verkiesing. Die Moeder van die Nasie, Winnie Madikizela-Mandela se goeie politieke instink het haar ook dié naweek genoop om Juju as die nuwe swart hoop aante prys.

In ANC-geledere word daar reeds heerlik gelag en grappe gemaak oor die ou Xhosa. In ‘n kultuur waar geskiedenis deur uiters vloeibare mondelinge oorlewering oorgedra word, gaan die “ikoon” van Anglo-Amerikaanse belange, Madiba, dit dalk nie as nastrewenswaardige voorbeeld vir swartes oorleef nie. Die dwepers moet in gedagte hou dat die naam Sol Plaatje vir die gemiddelde Diepslootbewoner vandag minder as niks beteken.

Mpofu en sy span het nie skielik besluit om Malema te ondersteun nie. Agter die skerms, vir maande nou al voor sy aankondiging dié naweek gemaak is, was hy besig om te help met pogings om linkse individue vir die strukture van die EFF te werf.

Die post-Marikana politieke landskap het soos Sharpeville nuwe politieke geleenthede vir rassepolitiek geskep. Dit sluit veral groepe soos die September Nasionale Imbizo’s (SNI) van Andile Mngxitama in.

Mngxitama se retoriese vaardighede oor swartheid, getooi in idees van sy wit Nederlandse ondersteuners en Westerse clichés, is duidelik in die EFF se aanslag sigbaar.

Suid-Afrika se platinumkrisis, noem sekere ontleders dit, maar by nadere ondersoek is dit die land se rassekrisis waaroor regse ontleders al jare lank waarsku. Die Marikana-slagting was hardhandige optrede deur die swart ANC-vise-president en sy kliënt, die NUM, teenoor ‘n swart aanspraakmakersunie Amcu. Maar die gelag sal uiteindelik deur wit Suid-Afrikaners betaal word. In die swart kultuur is daar nooit oorsaak en gevolg nie, maar ‘n eksterne agent, naamlik witheid.

Dat daar stygende anti-wit populêre steun is, is gewis.

Feit is dat verskeie ver-linkse, uitsluitlik swart groeperinge betrokke geraak het op alle vlakke. Sommige, soos die Demokratiese Sosialistiese Beweging, verskaf strategiese ondersteuning in die rol van stakings en ander is direk gemoeid met loononderhandelinge.

Die SNI het geen program tot voordeel van die massas nie en is suiwer ideologiese ondersteuning vir die EFF. Dit blyk nietemin ‘n uitstekende “arm, swart” samewerkingsmodel te wees.

Malema ontgin die diepe ontnugtering dat rykdom deur eie inisiatief geskep sal moet word, en nie deur diefstal en korrupsie nie. Die hernude klem wat die EFF op swart slagofferstatus plaas, vind oral byval, aangesien die swart massas se verwagtinge aangewakker word by gebrek aan lewering deur die ANC.

Dit is dus in die ANC se guns dat die ver-linkse beweging so goed op dreef kom, want dit steek hule eie verleentheid oor swak regering, diefstal en korrupsie soveel beter weg.

Die blou Malema

zilleberetVolgende jaar se verkiesing kan ‘n geval van wees van wat die jongste politieke bykomstighede is om die massas mee te beïndruk.

Julius Malema en sy Ekonomiese Freedom Fighters (EFF) het bekend geword vir hul rooi barette, maar Saterdag was dit die DA-leier Helen Zille se bloue wat vir opwinding gesorg het.

Duidelik verwar Zille haar rol as politikus met dié van ‘n vermaaklikheidspersoonlikheid soos Lady Gaga wat skares met haar aandagsugtige, leë manewales meevoer.

Die baret is lank reeds die verkose hoofbedekking van revolusionêre, swart ousies, intellektuele, Beatniks, militêre spierpaleise en les bes, die Franse.

Ché Guevara was die beroemde gesig wat ‘n swarte verkies het. Pablo Picasso het by dieselfde kleur as die Latyns-Amerikaanse kommunis gehou.

Die Amerikaanse spesiale magte dra groen. Die VN-vredesmagte dra ligblou. En ons eie plaaslike hanswors Juju, het vir syne rewolusionêre rooi gekies.

Zille, wat verlede week in Mitchellsplein vir die bekendstelling van haar party se veldtog opgedaag het om kiesers aan te moedig om te registreer, het soos ‘n wafferse Malema die verhoog met ‘n blou mus bestyg.

Vol van dieselfde rewolusionêre ywer van ‘n paar weke gelede toe sy vlamme gespuug het oor die “ongelykheid wat apartheid-onderwys geskep het”, het sy vir een vrou in die skare geskree: “Joune is ‘n Halaal-baret!”

“Ons moet almal barette kry,” het sy ernstig gesê.

Haar roerende politieke boodskap het heeltemal met die DA se etos gestrook: “Het jy [die pop -ster] Rihanna in die koerante hierdie week gesien? Sy dra blou lipstick. Sy weet hoe om voor die mode te bly. Ons moet almal blou lipstick kry. Die hele wêreld word blou.”

Dié diepsinnige politieke insigte het sy in Afrikaans oorgedra, in weerwil van haar party se geswore eentaligheid, waarskynlik uit vrees dat dit op Engels vir haar gehoor sou verlore gaan.

Sy het egter moeite gedoen om in Engels te verduidelik dat die DA se promosievideo’s wat by die geleentheid vertoon is, nie “blue movies” is nie.

Zille en partyleiers Ivan Meyer, Lindiwe Mazibuko en Yusuf Cassim het die skare van ongeveer 1 000 mense aangemoedig om te registreer om te stem. Meyer, wat leier van die DA in die Wes-Kaap is, het gesê die party is op soek na 30 persent van die nasionale stem.

Hulle wil volgende jaar die Wes-Kaap, Gauteng en die Noord-Kaap inpalm, ongetwyfeld om Suid-Afrika se modesin te verbeter ten einde mee te ding met dié van Juju, asook die gelykheid van vreemde kleur lipstiffies te bevorder.

‘n Waarskuwing aan Julius Malema

Anton Alberts
Anton Alberts

Die VF Plus rig ‘n boodskap aan Julius Malema dat hy versigtig moet wees met sy rewolusionêre uitsprake want die geskiedenis het geleer ‘n rewolusie eet gewoonlik sy eie kinders, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

“Robespierre, ‘n roekelose, bloeddorstige en magsugtige man het die vlamme van die Franse rewolusie gestook en uiteindelik aan die hoof van die Franse Republiek gestaan deur sy vyande links en regs te elimineer met die gevreesde guillotine.

“Dit was egter ‘n kortstondige magsposisie, want die onbeheerste magte van die rewolusie het uiteindelik teen hom gedraai met sy kop wat toe ook onder die guillotine gerol het.

“Malema se vals uitsprake dat witmense alles wat hulle het, gesteel het, skep verder ‘n ‘meen’ of virale gedagte wat die wêreld ingedra word en deur arm en gefrustreerde mense as feit aanvaar word en sodoende gemeenskappe op grond van ras polariseer.

Dit is juis hierdie gewoonte van Malema om minderhede, veral wittes, te demoniseer, wat die VF Plus genoop het om die registrasie van sy party by die OVK teen te staan,” sê adv. Alberts.

Adv. Alberts sê dit is waar dat Suid-Afrika geweldige verdeeldheid in rykdom het, maar hierdie verdeling is al hoe meer intra-ras georiënteerd en nie soseer tussen rasse nie. Voorts moet die ekonomiese verdeeldheid verstaan word as ‘n probleem wat verkeerd deur die ANC hanteer is.

“Swart ekonomiese bemagtiging het tot dusver net ‘n paar swartmense oor en oor verryk terwyl die massas verder verarm het. SEB is duidelik ‘n beleid wat nie werk nie en tog het die ANC besluit om die beleid te verskerp met onmoontlike teikens wat deur die nuwe SEB-kodes gestel word.

“Regstellende aksie het op sy beurt weer die deur vir ANC-kaderontplooiing wyd oopgemaak met die gevolglike ineenstorting van dienslewering deur die staat en endemiese korrupsie wat deel geword van die samelewing.

“Malema moet gevolglik versigtig optree deur eerder sy aanvalle aan die adres van die ANC te rig en in gedagte te hou dat sy uitsprake die omgewing skep vir rasse-geweld. Dit mag dalk sy hart warm laat klop indien dit werklik gebeur, maar uiteindelik sal die vlamme van die rewolusie hom ook verdelg. Uiteindelik is daar geen oorwinnaar nie.

“Daarom sal die VF Plus verdere stappe oorweeg indien Malema voortgaan met sy vals en polariserende uitsprake,” sê adv. Alberts.

Ons ergste vrese

frankensteindeur JH du Toit

Dan Roodt se toekomsvisie vir Afrikaners Elf jaar van nou af: ‘n toekomsvisie is ter sprake. Eerstens is dit inspirerend. Roodt skep ‘n toekomsbeeld waarin Afrikaners ekonomies, biologies en kultureel herstel en gedy. Hy doen dit met inbegrip van die berperkinge van die situasie waarin Afrikaners tans verkeer. Hy voorsien ‘n soort groeiende onafhanklikheid wat deels onstaan weens Afrikanervoortreflikheid en deels weens die agterlike verval van die Afrikanistiese “Reënboognasie” en sy Trans(De-)formasiestaat.

Dis egter nie net die beeld van oorlewing op verskeie vlakke wat mens hoop gee nie. Nee, daar is meer. Hierin sien mens ook die herstel van trots en die beëindiging van die gedurige vernedering. Ons word gedurig verneder aan die hand van die swarte en sy Naspes-meelopers. Dit kom in die vorm van swart politieke oorheersing, Swart Eknonomiese Bevoordeling, “Regstellende Aksie”, die vernieting van Afrikaanse skole en universiteite, woonbuurte, dorpe, stede, swart disinformasie en haatspraak, aanranding, verkragting, moord. In Roodt se stuk word ‘n streep hierdeur getrek. Genoeg is genoeg!

Natuurlik is hierdie visie nie net Dan Roodt s’n nie. Vele ander Afrikaners en -bewegings deel ‘n visie van die herstel van Afrikanerselfregering. Roodt se skrywe, wat open met die 2024-Olimpiese-spele is egter ook fiksie en daarop gemik om die verbeelding aan te gryp en dit is belangrik, want in die tyd wat voorlê, sal Afrikaners verbeeldingryk moet wees. Hulle sal beide hul pragmatisme, wat Roodt se stuk goed belig, en hul verbeeldingskrag moet kombineer om ‘n oorlewingspad oop te beur. Daarsonder bestaan daar geen toekomsvisie nie en dus geen oorlewing nie.

Verbeelding is iets wat ons almal in gemeen het en is ook die element waarmee ons ons onderlinge verdelings oorkom. Deur die gedeelde beeld van die toekoms te omhels, kan Afrikaners die gemene grond vind om faksionele verskille tersyde te stel. Roodt self bereik daardie eenheid met uiteenlopende bewegings wanneer hy byvoorbeeld vir Kleinfoltein en Orania opwinded intrek by sy toekomsvisie. Hiermee sien mens ‘n vertrek weg van vorige menings wat deur hom geuiter is. Daarin ontbloot Dan Roodt deur sy eie evolusie ‘n belangrike Afrikanereienskap: wanneer dit werklik sleg gaan, slaag ons tóg daarin om saam te staan. Tans gaan dit baie sleg.

Sy beeld dat die ANC-staat oplaas onder sy eie slegtigheid in duie begin stort, hou water. Ons sien dit reeds gebeur met munisipaltiete en regeringsdepartmente wat al meer disfunksioneel raak. Die hele Afrika bestaan uit mislukkende state en daar is geen rede waarom SA nie daardie paadjie gaan loop nie. Die verval van die Afrikanistiese staat op sigself waarborg egter nie Afrikaner-oorlewing nie. Alleen is dit nie genoeg nie, want die Afrikaner as volk, kan ewenwel soos die oud-Rhodesiërs (‘n volk wat nouliks meer bestaan) onder die swart verdrukker ontbind.

Nee, ons het meer nodig en dit belig sy toekomsvisie ook. Ons sal ons ondernemendheid en voortreflikheid moet koester en dit moet deur eenheid bereik word. Roodt se stuk belig ook samewerking en dit impliseer die broodnodige Afrikanereenheid. Sonder eenheid is ons gedoem, want daarsonder sal ons nie die krag kan monster om die strukture waaroor Roodt skryf te kan oprig nie. Onderlinge pogings sal stukrag ontbreek.

Dis gepas dat sy toekomsvisie juis na 2024 kyk. Juis rondom daardie tyd sal die meeste NSA-kiesers jeugdiges wees, aldus Frans Cronjé van die SAIRR. Soos Cronjé aangedui het, is die jeug meesal radikaal. Dis juis onder hulle wat mense soos Malema se gewildheid gedy. Wanner hierdie radikale SA oorneem, gaan hulle die wittes van alle bates stroop. Dis dus belangrik dat ons teen daardie tyd genoeg mag gemonster het om teenkanting te kan bied, iets wat ons nou amper glad nie kan doen nie.

En nou word dit werklikheid: Soos Viktor Frankenstein het die Reënbognasie oor die naweek ‘n monster in die vorm van Julius Malema se EFF die lewe ingeroep. Hierdie onheispellende gebeurtenis is ‘n waterskeidingsoomblik. Terwyl die Naspes- (Naspers-) dampkring, wat ‘n jaar of wat gelede in die hemel was oor die “ondergang van Malema”, nou verbaas voorkom, is dit vir die res van ons geen verrassing nie. Die baring van hierdie gedrog bevestig ons ergste vrese. Al singend het Malema weer om volksmoord op ons geroep terwyl hy ook die roof van ons bates beloof het. Hierdie bedreiging behoort alle Afrikanerfaksies te oortuig dat die tyd vir samewerking nie langer uitgestel kan word nie.

Die uurglas loop leeg; die tyd vir binnegevegte is voorwaar verby.

EFF veroordeel ‘rassistiese’ plakkate, maar sing ‘Skiet die Boer’

MalemaJulius Malema se party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê hy is teleurgesteld in sommige van sy lede wat plakkate met rassistiese boodskappe by dié party se amptelike bekendstelling vertoon het, het Sapa berig.

Desnieteenstaande het die leiers van die EFF Awudubhule ibhunu oftewel “Skiet die Boer” tydens die byeenkoms gedreunsing. Dit is dus duidelik dat Sapa nie die gebeure weergee van wat by die party se bekendstelling gebeur het nie, maar as apologeet probeer optree vir die EFF se onbesonne aanhitising.

“Die EFF het verneem dat sommige van sy lede plakkate vertoon het wat hierdie rewolusionêre beweging as ’n rassistiese beweging wil uitbeeld,” het die party se Gautengse woordvoerder, Patrick Sindane, Dinsdag in ’n verklaring gesê.

Sidane se “kommer” oor rassisme klink nie eg nie in die lig van die verbode lied wat Malema en sy volgelinge in weerwil van ‘n hofbeslissing daarteen, gesing het.

Volgens Sindane het sommige van die boodskappe gelui: “Die wittes se wittebrood is verby” en “Om rewolusionêr te wees moet jy deur haat en bloedvergieting geïnspireer word”.

Hy het gesê die baniere is Sondag raakgesien tydens die party se amptelike bekendstelling in Marikana in Noordwes.

“Ons wil dit boekstaaf dat ons onsself van sulke gedrag distansieer, en ook dat ons sedertdien uitgevind het wie vir die plakkate verantwoordelik is.

“Ons stryd is nie om wittes dood te maak nie, maar om te verseker dat almal gelyke geleenthede het om voordeel te trek uit die rykdom van die land,” het Sindane gesê wat ook “Skiet die Boer” gesing het.

Die EFF staan onder meer die onteiening van grond, myne en banke sonder vergoeding voor. – Sapa

Appèl aan Afrikaners

prinsevlagGeagte mede-Afrikaner,

As u die nuus en kommentaar op die praag-webwerwe volg, sal u sien dat ons lank reeds voorspel dat Suid-Afrika op ‘n breekspul afstuur. Die spanning by ons is gekoppel aan die internasionale konflik tussen die VSA en ander moondhede, in Afganistan, Sirië en elders.

So pas het Julius Malema sy hofbevel oortree en die liedjie “Skiet die Boer” gesing. Hy dreig openlik met ‘n Zimbabwe: grondbesettings en dergelike meer.

Ek het ook al male sonder tal gesê dat as die De Klerk-gesinde Naspersmedia se oghe eendag oopgaan, dan sal dit al amper te laat wees. Vanoggend praat hul noordelike Kruiperkaner-mondstuk,  Beeld, van ‘n “gevaarlike baba” wat met Malema se party gebore word.

De Klerk en Naspers het ons hierdie Oemghoenghoendloewoe ingelei en die generaals is lankal afgedank. Mense het ook tou gestaan om hul eie wapens by polisiestasies te gaan inhandig.

Ons word met ons broeke op die knieë gevang.

Maar dis nog nie te laat nie. Die jongste gebeure bewys dat praag se ontledings nog altyd korrek, realisties en versiende was.

Die NP het nie die stryd teen die ANC weens ‘n gebrek aan middele verloor nie, maar weens ‘n gebrek aan insig. Hy het nie die vyand, sy denke of sy oogmerke verstaan nie. De Klerk was ‘n plattelandse prokureur wat op Potch gestudeer het in die dae toe studente nie mog dans nie. Sy kennis van geskiedenis, linkse ideologie en internasionale politiek is hoogs verdag.

Die situasie is nou omgekeer: ons het die insig, maar nie die middele nie.

praag is ‘n gemeenskapsmedianetwerk vir Afrikaners en geen weerstandsbeweging nie. Die stryd wat tans woed, gaan egter in ‘n groot mate oor ons wíl om te oorleef en om ons oorblywende bates soos plase, huise, spaargeld, beleggings, ens., te behou. Die vyand poog om ons wil af te breek tot op die vlak waar hy, in ‘n herhaling van die ’94-fiasko, alles net kan vat sonder om ‘n skoot te skiet.

Net vanoggend kontak ‘n dame elders in die land my en skryf die volgende:

Ek is al die afgelope paar jaar baie bekommerd. Tot so ‘n mate dat ek nie eers wil kinders hê nie, want ek is te bang oor wat moontlik met hulle kan gebeur. Wens baie keer ek is in ‘n ander tyd gebore. Weet ek moet hierdie in die gesig staar, maar ai…ek wil net eintlik ‘n vreedsame bestaan voer.

Ongelukkig is Pandora se doos in 1994 geopen en die revolusie begin nou eers spoed optel.

praag en mnr. Jaap Kelder het twee jaar gelede, teen baie teenkanting in, ‘n vergadering van alle Afrikaanse organisasies gehou, waaruit die Strategiese Komitee gebore is en wat steeds maandeliks vergader. Ongelukkig vorder daardie komitee te stadig, terwyl Malema en ander met rasse skrede (woordspel bedoel) besig is om hul bose planne ten uitvoer te bring.

Ons sal voortgaan om Afrikaners te probeer saamsnoer, maar ons het ‘n voorhoede van wakker mense nodig wat ons kan help met bewusmaking en organisasie, waar nodig. Plaas dus asseblief u naam op ons lys van vrywilligers deur die volgende vormpie in te vul:

Word ‘n praag-vrywilliger (klik)

Ons vir jou!

Dr. Dan Roodt