Elf jaar van nou af: ‘n toekomsvisie

roodt_dan_wiki

deur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

In die jaar 2024 vind die Olimpiese Spele in Parys plaas. Dié stad het presies ‘n eeu gelede, in 1924, die Spele aangebied en daarom het die Olimpiese Komitee gevoel dat die Franse hoofstad verdien om weer as gasheer vir die Somerspele op te tree.

In die Stade de France ten noorde van Parys word daar oor die luidsprekers in die volgepakte stadion op Frans afgekondig: “Dames en here, verwelkom asseblief die atlete vir die Olimpiese Spele van 2024 in Parys!” Die skare juig asof op bevel en stadig begin een span na die ander die stadion binnestap. Soos die tradisie bepaal, neem die span van Griekeland die voortou, met hul blou en wit vlag wat onder die spreiligte wapper. “La Grèce!” kondig die omroeper hulle aan.

Daarna verskyn een land ná die ander alfabeties in die stadion. Ná Griekeland kom Afghanistan met hul swart, rooi en groen vlag verbygeloop. Daar is uiteindelik vrede in die land, ná jare van konflik en hul mans en vroue glimlag oënskynlik gelukkig vir die kameras.

Aan die suidekant van die stadion sit ‘n opgeskote Franse seun langs sy vader wat ‘n ingenieur by France Télécom, een van die plaaslike telekommunikasiemaatskappye is. Soos dit die Franse se geneigdheid is, is albei netjies aangetrek. Die seun dra ‘n kakiekleurige katoenlangbroek en ‘n wit langmouhemp waarop die groen krokodilltjie van Lacoste, die nasionale obsessie, pryk Gendaglik dra die vader nie ook Lacoste nie, maar ‘n vlootblou Italiaanse linnepak, met daaronder insgelyks ‘n wit linnehemp.

“Kyk pa, wie is daardie land, net agter Afghanistan?” Terwyl die skare en die aankondiger nog hul aandag by Afghanistan bepaal en Algerië reeds agter die onbekende groep atlete sigbaar is, spekuleer pa en seun enkele oomblikke lank oor wie dit kan wees.

“Dis ligte mense, waarskynlik Skandinawiërs. Miskien Denemarke,” sê die pa aan sy seun met daardie soort alwysheid wat eie aan ‘n Parysenaar en ‘n ingenieur daarby, is. Skielik val dit die vader by dat die letter D eers ietwat later in die alfabet volg en glad nie tussen Afghanistan en Algerië inpas nie.

“Maar kyk hoe hoe bruingebrand is hulle! Dit lyk nie asof hulle van ‘n koue land af kom nie?” sê-vra die seun ietwat snipperig aan sy pa.

“Ons sal seker binne enkele oomblikke hoor,” meen die pa, ietwat verleë ná sy skoot in die donker.

Die skare lawaai en dan kom die eerste eggogeluide uit die luidsprekerstelsel. Die aankondiger sê: “En al die pad vanuit…”

* * *

Elf jaar tevore in Suid-Afrika, in die jaar 2013 om presies te wees, gaan dit baie ver van Parys en die Stade de France, nie goed nie. Daar word wel rugbywedstryde in die verskeie ewe beroemde stadions van die land gespeel, maar sport is geen plesier meer nie. Rassekwotas is onlangs strenger gemaak en die toeskouers van Loftus Versfeld dreig om hul geliefde Blou Bul-span te boikot omdat die Blou-Bul-bestuursmaatskappy sonder om te blik of te bloos die rassekwotas instel en eerbiedig.

Die meeste blanke Afrikaners voer ‘n bittere stryd om oorlewing. Hulle is reeds stelselmatig uit die staatsdiens, die banke en die groot maatskappye geweer. Baie werk nou vryskut en deeltyds, boer hier en daar, of maak ‘n bestaan as knutselaars, klein vervoerkontrakteurs of eienaars van vulstasies. So pas het die politieke party waarvoor die meeste stem, egter tesame met die ANC ‘n selfs strenger swartbemagtigingswet in die parlement aanvaar wat alle maatskappye dwing om tot 40% swart aandeelhouding te hê. Diegene wat die wet oortree, sal tronkstraf op die hals haal.

Daagliks bereik die nuus van plaasmoorde en ander vorme van sadistiese geweld die moedelose volk wat in hul verslete klein motortjies op die snelweë rondry terwyl hulle ‘n groot deel van hul besteebare inkomste in die vorm van peperduur petrol letterlik verbrand. Rondom hulle jaag swartmans en -vroue in luukse Duitse sedans en viertrekvoertuie verby, met ‘n argeloosheid wat spreek van mag en die weelde wat dit moontlik maak. Af en toe kom een so ‘n voortuig met blou ligte verbygejaag en moet al die verslete klein motortjies padgee as ‘n BBP in die regering of die munisipaliteite, tesame met sy voertuie vol lyfwagte en handlangers, die ander voertuie so te sê van die pad afdruk.

ballonne_styg_op
Rooi Oktober, die 10de, 2013

Op Krugerdag 10 Oktober 2013 vind die Rooi Oktober-optog na die Uniegebou plaas. Slegs 600 Afrikaners neem daaraan deel, maar vir elkeen wat op ‘n Donderdagoggend opdaag, sou ‘n duisend graag daar wou wees. Via sosiale media versprei foto’s en kommentaar oor die gebeurtenis soos ‘n veldbrand. Benewens ‘n negatiewe hoofartikel in Beeld, ignoreer dié koerant, asook die Sondagkoerant Rapport, die betoging geheel en al, hoewel dit gaan om geweld teen hul eie lesers.

Dit verteenwoordig min of meer ‘n keerpunt. In die daaropvolgende maande neem ontevredenheid oor sadistiese geweld, regstellende aksie, korrupsie en wanbesteding van openbare fondse drasties toe. ‘n Proses van verandering in die openbare mening wat voorheen jare of selfs dekades sou geneem het, geskied binne enkele maande, danksy Facebook, Twitter, Disqus en ander sosiale media. Afrikaners verdeel in twee groepe: die meer fatsoenlikes wat praat van “keelvol” en die ander wat sommer prontuit vir almal wat wil hoor, vertel: “Ons is gatvol.”

Tussen Krugerdag en Geloftedag van 2013 vind ‘n stille revolusie plaas waaroor die HSM (hoofstroommedia) nie eens berig nie. Soos alle revolusies begin dit klein: in kafees, in huise, komiteekamers, vergadersale waar geen joernalis of TV-kamera ooit kom nie; daar word intens gepraat, met mekaar koppe gestamp, planne beraam en strategieë bedink.

Op die duur besef almal wat hulle te doen staan. Onder die voorwendsel van demokrasie, is die land deur plunderaars oorgeneem. Die wetteloosheid en korrupsie strek hulle ten goede, want almal is omkoopbaar en die staatskas waar al die geld versamel, is die plek waar elke misdadiger en oneerlike sakeman kan kom “skep”. Selfs buitelandse rampokkers is welkom, net nie Afrikaners nie. Dit geld ook die munisipaliteite waar bedrog en korrupsie aan die orde van die dag is.

die oplossing_leon_louwJare lank voer mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie reeds hofsake in ‘n poging om munisipaliteite te dwing om hul wanbesteding te staak en behoorlike dienste aan dorpe en stede te verskaf. Hy versprei vergeelde boeke van Leon Louw en Frances Kendall van die Vryemarkstigting waarin ‘n kantonstelsel vir Suid-Afrika in die vooruitsig gestel word.

Tydens ‘n vergadering van aktiviste iewers in Pretoria, staan iemand op en sê: “Hierdie korrupte Afrikastaat en sy groep plunderaars sal vanself in duie stort. Om te oorleef, kort ons twee goed: kapitaal en veiligheid.”

Daar word aan die werk gespring. Landwyd word honderde koöperatiewe spaarverenigings gevestig en binne enkele maande vloei miljarde rande uit die banke daarheen. Agterna word dit in produktiewe toerusting, geboue, goud en buitelandse valuta omgesit. By die Reserwebank van Suid-Afrika, wat deur ‘n Litause goewerneur, me. Gill Marcus, beheer word, word daar kop gekrap oor waarom die land se geldvoorraad skielik met twintig persent gedaal het. Die groot vier banke sukkel om genoeg deposito’s te in en die sentrale bank weet nie of hy rentekoerse moet laat styg of daal nie.

“Hierdie is ‘n oorlog, ‘n lae-intensiteitskonflik,” sê nog iemand in ‘n kafee in Randburg. “Daar is die semantiese oorlog, die daaglikse propagandakanon met woorde soos ‘apartheid’ en ‘rassisme’ wat oopgetrek word, maar dan ook die terreur in die vorm van plaas- en huisaanvalle wat voortwoed. Ons is besig om die semantiese oorlog op die internet en op sosiale media te wen, maar die fisieke oorlog teister ons steeds. Die gruweldade en uitwissing vind deurlopend plaas.”

“Wel, ons is goed op pad om ‘n nuwe finansiële stelsel vir Afrikaners te vestig,” antwoord sy gespreksgenoot. Hy is effens bles, met ‘n welige goudbruin snor. “Ons het reeds meer as 100 miljard rand se deposito’s en met al die geld wat nou in Afrikaner-mikrobedrywe belê is, begin ons ‘n tekort aan mannekrag ondervind en ons wil nie volksvreemdes begin aanstel nie. Dit laat ons met ‘n probleem, ook wat veiligheid betref. Wie gaan ons oppas? Ons kan nóg op die polisie, nóg op privaatveiligheidsmaatskappye vertrou. Ons moet so gou moontlik gemeenskapsveiligheidsdienste vestig, saamwerk met buurt- en plaaswagte. Die resep is reeds daar: dit moet net uitgebrei word.”

Via die internet, sms’e en ander alternatiewe media word ‘n reuseveldtog geloods. Met behulp van amptelike demografiese statistiek oor taal en ras, word min of meer bepaal waar Afrikaners in die land woon en só word sektore afgebaken en die veiligheidsbehoeftes bepaal. In rustige landelike gebiede sonder veel volksvreemdes is slegs monitoring en nooddienste nodig. Maar in stedelike gebiede met groot plakkerskampe, asook landbougebiede waar plaasmoordenaars deur radikale akademici en buitelandse NRO’s aangehits word, is privaatreaksie-eenhede met wapens, voertuie en kommunikasietoerusting nodig. Dit kos ‘n paar honderd miljoen rand.

Geloftedag op 16 Desember 2013 is die eerste keer in die geskiedenis dat Afrikaners nie net toesprake maak  en koffie drink nie, maar ook – soos Jode by sinagoges – onder mekaar aandele in veiligheidsmaatskappye en -koöperasies verkoop. Teen Maart 2014 is groot dele van die land reeds baie veiliger. Die ANC-minister van veiligheid en sekuriteit verskyn op TV om aan te kondig dat die misdaadkoers gedaal het, “vanweë die volgehoue harde werk van my amptenare”. Die meeste Afrikaners hoor dit egter nie, want hulle kyk nie meer SAUK nie en lees ook nie die Nasperskoerante wat reeds jare lank ‘n semantiese oorlog teen hul eie lesers voer nie.

Gedurende 2014, 2015 en 2016 ontwikkel daar geleidelik ‘n nuwe kultuur onder Afrikaners. Teenoor die selfvernietigende individualisme en spreekwoordelike broedertwis van die verlede, ontstaan nou ‘n gees van saamstaan en “kom ons word sáám sterk en vry”. Die groot statussimbool is nie meer dié van die Bantoe, “kyk hoe duur is my motor” nie, maar “kyk hoeveel doen ek vir my volk”. ‘n Soort Spartaanse gees van oefening en paraatheid, dog ook trots op Afrikaans-wees, neem oor by die ou, leë materialisme en masochisme waarmee hulle só lank deur die hoofstroommedia en die korporatiewe adverteerders gebreinspoel is.

In dié jare verrys nuwe supermarkte en kafees, maar ook hoëtegnologiebedrywe. By Kleinfontein, oos van Pretoria, word een wolkekrabber ná die ander gebou wat kantore huisves van waar ‘n horde jong Afrikaanse programmeerders IT-dienste aan veral Duitsland verskaf. Afgetrede Duitse onderwysers word opgekommandeer om verkoopsmense taalvaardig te maak. Maar in Duitsland self word kantore in al die vernaamste stede geopen waar die toegewydheid, die hardwerkendheid en professionaliteit van die Afrikaner-Silicon-vallei besig word. Boonop daal die rand aanmekaar en is die Afrikaners se tariewe uiters mededingend as dit in euro omgereken word.

Insgelyks op Kleinfontein, word ‘n hospitaal en opleidingsentrum vir verpleegpersoneel gebou wat nie net mediese sorg aan Afrikaners verskaf nie, maar operasies teen mededingende tariewe aan Britte verskaf. Oral in Brittanje verskyn geteikende internetadvertensies: “Need an op? Come to Kleinfontein, your medical paradise.”

Iewers bestuur ‘n finansiële komitee die toevloei van buitelandse valuta en kapitaal na die Afrikanerekonomie. Heelwat daarvan word op allerlei vindingryke maniere geneutraliseer sodat die res van Suid-Afrika op sy gewone trant voortsukkel, met ‘n swak rand, stagflasie, vervallende infrastruktuur en staatskuld wat hand oor hand toeneem.

Tekens van voorspoed en welvaart begin onder Afrikaners sigbaar raak. Maar hulle ry steeds verslete klein motortjies en bakkies, met ‘n horde volkseie werktuigkundiges wat hul voertuie onderhou. Rondom Orania in die Noord-Kaap verrys ‘n tweede tegnopool waar veral laboratoria opgerig word, wat globale navorsingsdienste aan maatskappye in die Noordelike halfrond verskaf. Daar word ook hotelle, vakansie-oorde en konferensiesentrums opgerig wat toeriste van oor die aardbol aanlok, met goeie diens en volmaakte veiligheid.

Teen 2020 is Suid-Afrika se staatskas so byna-byna leeggesteel. DIe begrotingstekort beloop 30% en die staatskuld trek by 120% van BNP. Tyd om van die staat se bates te begin aankoop. Van die vervalle staatshospitale word vir ‘n appel en ‘n ei aan Afrikaners verkoop, met natuurlik ‘n bietjie omkoopgeld wat die transaksie olie, soos dit maar gewoonlik die geval met ‘n Suid-Afrikaanse staatsamptenaar is. Desperate ANC-amptenare verkoop selfs van hul tolpaaie om inkomste te verkry.

Vanaf 2015 begin Afrikanerkantonne een ná die ander onafhanklikheid van die sentrale regering verklaar, kragtens artikel 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet wat luil:

Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ʼn gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ʼn territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.

In wese is dit ou blanke munisipaliteite, tesame met omliggende plase, wat afstig. Die sentrale regering staan magteloos om die proses van afstigting te keer, want sowel die grondwet as die internasionale reg maak daarvoor voorsiening. Een van die eerste dorpe wat tot dié stap oorgaan, is Heidelberg, hoofsaaklik om die Hoër Volkskool van ondergang te red. Toe die Heidelbergkanton tot stand kom, is dit asof ‘n sluis oopgetrek word en oral in die land vind vergaderings plaas waar selfbeskikking uitgeroep word. In plaaslike en internasionale howe woed allerlei hofsake, maar intussen steur gemeenskappe hulle nie meer aan die ANC-munisipaliteite, die staat of, les bes, die Ontvanger van Inkomste nie. Groot verwarring heers in die Suid-Afrikaanse howe, wat geen saak van die Ontvanger teen ‘n oud-Suid-Afrikaanse belastingbetaler kan aanhoor alvorens daar uitsluitsel kom oor watter hof in die nuwe kantonne oor jurisdiksie beskik nie.

Die Kantonale Bank van Heidelberg doen fluks sake en begin selfs sy eie geldeenheid uitreik wat so min of meer aan die euro gekoppel is. Die eerste wolkekrabber is reeds in Heidelberg in aanbou om in die vraag na kantoorruimte en verblyf te voldoen.

Binne die eerste paar jaar van die nuwe Afrikanerbeweging, ontstaan ‘n groot mannekragtekort. Pensioenarisse word heropgelei, van skootrekenaars voorsien en selfs tieners op skool begin op ‘n vroeë ouderdom deeltyds werk omdat die ontluikende Afrikanerekonomie voortdurend nuwe werknemers benodig. Volgens beskikbare syfers, behaal die groeikoers in sommige jare ‘n ongehoorde 20 persent! Soos wat Afrikaners loskom van die parasitiese, korrupte stelsel van Suid-Afrika, is hulle soos atlete wat met gewigte aan geoefen het en nou skielik vry kan hardloop.

Vliegtuie uit Australië, Nieu-Seeland en Kanada is skielik volgepak met terugkerende Afrikaners wat onmiddellik in die netwerk van kantonne opgeneem word. Hul kinders word weer aan Afrikaans blootgestel met dubbelmediumonderrig in Afrikaans en Engels, met ‘n geleidelike oorskakeling na Afrikaans.

Met die staatskas wat leeg bloei, verklaar die ANC-bewind hom bereid om van sekere kampusse ook ontslae te begin raak. Pretoria, Potch en Bloemfontein word sommer gelyk aan ‘n Afrikanerkonsortium verkoop. Die bestaande kleurlingrektore en blanke apparatsjieks wat dié instellings oor die jare probeer verengels en venietig het, word voor die voet afgedank. Hulle word nie eens toegelaat om hul lessenaars leeg te maak nie, maar word deur veiligheidspersoneel van die perseel verwyder. Die akademiese personeel word insgelyks gesuiwer van marxiste, feministe en ander geestelik versteurdes wat met ‘n pakkie valium huis toe gestuur word.

Teen 2020 doen Der Spiegel die eerste groot artikel oor “Das Afrikanerwirschaftswunder” en ‘n horde internasionale TV-joernaliste sak op die Afrikanerkantonne toe om ondersoek in te stel na die geheim van hul verbysterende sukses. Hulle kom agter die spaarkoers is omtrent dertig persent en daar bestaan ‘n stelsel van permanente opleiding waaraan almal deelneem, van kleuters tot bejaardes in hul sewentiger- of tagtigerjare – alles in Afrikaans. Meesal loop mense in kortbroeke, tweekleurhemde en vellies rond en stel meer in hul finansiële beleggings as in verbruik belang. Kort-kort skenk ‘n ryk Afrikaner ‘n vleuel aan ‘n hospitaal, skool of universiteit wat aangebou word en waar nog werk vir sy volksgenote geskep word.

Selfs met die diaspora-Afrikaners terug in die vaderland, raak die arbeidstekort egter nypend. Soos in Japan, is daar oral outomate wat koffie, tee en koeldranke bedien. Selfbedieningsrestaurante wat deur een of twee mense bedryf word en wat slegs van weggooibare borde en eetgerei gebruik maak, is die norm.

Daarom word ‘n nuwe immigrasieplan soos laas in die vyftigerjare van stapel gestuur. Lande en gebiede in Europa word geïdentifiseer waar armoede en werkloosheid heers en werwingskantore word geopen om jong immigrante na die Afrikanerkantonne te lok. Tot ‘n honderdduisend Europese immigrante word jaarliks met skepe na Suid-Afrika gebring, met Afrikaanse lesse en ‘n inburgergeringskursus wat reeds op die skip begin, nes in die vyftigerjare. Die nuwe immigrante word deur die Afrikanerekonomie geabsorbeer en van die vervalle stedelike gebiede in Pretoria, Roodepoort en Randburg word herwin om hulle te kan huisves. Die Gilde van Afrikaanse argitekte hou jaarliks ‘n groot kongres waar nuwe boustyle en tegnologie wat die minimum arbeid vereis, bespreek word. Dit gaan egter ook daaroor om ‘n nuwe Afrikaanse omgewing te skep, wat tegelyk modern en inheems Afrikaans is. In die kafees waar jy self jou koffie by ‘n masjien moet gaan tap en jou koeksister uit ‘n outomaat val, argumenteer filosowe, kunstenaars en teoretici oor presies wat suiwer Afrikaanse argitektuur of kuns sou wees en wat nie.

Intussen ploeter Suid-Afrika op sy ingeslane weg voort. Die utopie van gelykheid, kollektiwisme, nie-rassigheid, regstellende aksie, diversiteit, bemagtiging en die eerwaarde Jesse Jackson se “reënboognasie” word gaandeweg verwesenlik. Dit lyk min of meer soos Zimbabwe met werkloosheid in die orde van tagtig tot negentig persent. Trouens, vele Zimbabwiese immigrante begin noordwaarts emigreer omdat omstandighede daar beter as in Suid-Afrika is.

Omdat die ekonomiese koek – of eerder ‘n kolwyntjie – al hoe kleiner word, is daar ook meer politieke konflik tussen die lede van die regerende elite. Sluipmoorde tussen leiers van partye, maar ook binne partye neem toe. Mevrou Zille word tussen die oë deur ‘n Zoeloe-sluipskutter uit Nkandla gepot en die gemiddelde standaard van politieke dans op die verhoog styg ‘n paar kerwe.

NAVSFED se embleem, wat reeds vir internasionale byeenkomste gebruik is
NAVSFED se embleem, wat reeds vir internasionale byeenkomste gebruik is

Die Afrikanerkantonne het hul eie probleme en word ietwat multikultureel, want al hoe meer Pools, Frans, Duits en Nederlands word op straat gehoor soos wat nuwe immigrante aankom.

Teen 2022 word die netwerk van Afrikanerkantonne die grootste ekonomie in Afrika en steek dié van Suid-Afrika verby. Groot dele van wat steeds Suid-Afrikaanse grondgebied is, word deur Afrikanerboere en -entrepreneurs opgekoop met die oog op herwinning en uitbreiding.

Om lid van die Olimpiese Komitee te word, het mens nie ‘n onafhanklike staat nodig nie. Daarom is die eerste stappe om ‘n Afrikaner- Olimpiese Komitee te vestig reeds in 2012 deur organisasies wat met volkseie sport gemoeid was, soos die Nasionale Afrikaner Volkseie Sportfederasie (NAVSFED) geneem om ‘n aansoek om lidmaatskap in te dien.

In 2014 is die aansoek ingedien en reeds vanaf 2016 neem ‘n Afrikanerspan aan die Olimpiese Spele deel.

* * *

“En al die pad vanuit Suider-Afrika (op Frans praat die aankondiger van Afrique australe wat so min of meer die hele streek beteken, dus van geen spesifieke land nie, want daar is atlete vanuit Namibië ook in die span), die Afrikaners!”

Skielik word die hele Stade de France stil, ademloos. Die skare staar hulle aan, asook die anderhalf miljard televisiekykers wat op daardie oomblik na die openingseremonie van die 2024-spele kyk. Met ligte tred, gemaklik, stap ‘n sestigtal vreemde wesens uit die verre Suide die stadion binne. Hulle dra gemaklike klere: wit linnebroeke, groen kleurbaadjies met ‘n Springbokembleem op, maar – knipogie na ‘n oorlog lank gelede – vilthoedens met die een rand opgeslaan. Die vroue-atlete dra ‘n soort postmoderne kappie, met lang wit linnerokke wat by die mans se broeke pas. Hulle sweef soos Walkurebruide die stadion binne.

Dan haal die mans hul hoedens van hul koppe af en wuif vir die skare, om ‘n verskeidenheid blonde en donker haardosse, met selfs ‘n rooikop onder hulle, te ontbloot.

Die applous is oorverdowend. Nie net is die verwagtinge groot vir die span uit die Suide van Afrika nie, maar met hul ligte dog sonbruin velle, straal hulle iets besonders, amper goddeliks, uit. Voor stap ‘n jong meisie in haar lang rok en stylvolle kappie. Aan ‘n stok dra sy die eeue oue oranje-blanje-blou, waarvan die kleure skokkend helder onder die flitsende kameras vertoon.

In die span is daar ‘n Pool of twee wat inderhaas kantonale burgerskap moes verkry en Afrikaans nog bietjie krom en skeef praat, maar soos wat eers Albanië en dan Algerië agter die Afrikanerspan inval, bestaan daar min twyfel oor wie in dié geledere die ware A-span is.

Op die pawiljoen sê die Franse seunskind aan sy pa: “Natuurlik, dis die Afrikaners!”

Mais oui, dis hulle,” antwoord die vader, ietwat verleë. “Hoe kon ek hulle met Skandinawiërs verwar? Aan die ander kant, vir Afrikane lyk hulle só… wit. Ek wens die Franse span kon só gelyk het.”

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Steven Kruger

    mmmmpraat so reg na my hart

  • Tine

    Ai hoe tjank ek nou! PRAGTIG. Ek wil in daardie land woon

    • Ta Stienie

      Ek tjank saam met jou Tine.

  • Marthinus

    “Die akademiese personeel word insgelyks gesuiwer van marxiste, feministe en ander geestelik versteurdes wat met ‘n pakkie valium huis toe gestuur word.” HAHA!

  • Ratel

    Ek hou hiervan Dan.

    Maar jy het een ding uitgelos. Wat van die Nuremberg verhore? Sekere mense sal moet pa-staan.

    • Dis waar… Verraaiers, ens. Ons sal vra dat hulle uitgelewer word.

      • DirtyHarry

        Cant we put them against the wall,Dr Roodt?
        Firing squad…?

        • Ratel

          Oh, but we can. And we must.

          HeHe…

          • DirtyHarry

            No last meals though…

        • Moemf

          So twee-twee op n slag, agter mekaar, mens wil nie nog koels onnodig op hulle mors nie.

          • Arnieann

            Vang hulle almal en laat hulle stem wie eerste, tweede, derde ens gestraf moet word.
            Die een met die minste stemme sal gespaar word, word aan hulle belowe.
            Die skuldigste een sal die deur sy eie makkers verraai word.

          • Ou_Man

            Hehehe – verraaier verraai verraaier – hehehe!

        • 11petrus2

          nie noual nie……laat hulle eers n bietjie ‘panikeren’, soos die ‘poldermense’ !!!

  • Seg

    Ai tog, is ons terug na die ou Suid Afrika se sprokies verlede of op ‘n nagmerrie droom waaruit ons wakker geword het? Nee ons is nog steeds in die nuwe Suid Afrika waar ons dit nie so op ‘n skinkbord gaan kry soos hulle dit van ons gekry het nie Dr. Dan. Ons sal daarvoor moet veg al is dit met ons bloed.

    • Ons moet eenvoudig ons regte deur die howe en met lydelike verset opeis. Die weermag is in elk geval hopeloos en ek hoor die ou MK registreer nou as ‘n politieke party wat die ANC gaan opponeer!

      Ons ergste stryd is in eie geledere, teen die Kruiperkaners en meelopers.

  • Marthinus

    Dit maak my dag, dit voel of ek daar was nou net.

  • Ratel

    Ag liewe moer tog.

    Ek het nie geweet wie NAVSFED is nie, en ek het slegs van AVS geweet. Ek gaan google toe maar. Ek kom toe op hierdie juweeltjie af.

    “Daar bestaan klaarblyklik onduidelikheid onder die publiek oor die verhouding tussen Afrikaner Volkseie Sport en NAFSFED. Vanweë NAFSFED se optrede in die verlede het die hoofbestuur van AVS in Januarie 2011 alreeds ‘n besluit geneem dat AVS nie met NAFSFED kan saamwerk nie.”

    Wat is dit met die ou spulletjie? Hoekom moet almal altyd elkeen in sy eie rigting in aanf@k? Hierdie goed is belangrik vir die Afrikaner se voortbestaan, maar elkeen wil op ‘n kleinlike en eintlik bespotlike manier, sy eie kleim afsteek net om die klein groepie net verder te verdeel. Dit raak nou ‘n narresirkus van gat-toestekery en onderduimse agterbaksheid wat die groter saak skade aanrig.

    Ek se fire die hele topbestuur van altwee van hierdie bewegings, stel ‘n nuwe sambreel organisasie met ‘n nuwe naam aan sodat dat die groter saak en die Afrikaners se belang op ‘n slaggie kan begin baatvind. Hierdie kleinlikhede moet nou begin end kry.

    Dan, jy skep ‘n mooi prentjie, en dit gee ‘n ou hoendervleis. Dit gee my egter hoendervleis van bemoerdheid en afgryse as ek moet lees dat die soveelste edel poging om iets vir die Afrikaner tot stand te bring deur die kortsigtige optredes van idiote, burokrate en sogenaamde “leiers” gekelder word.

    Dan, ek is jammer om te se, maar as ons nie hierdie euwel van mishopies gaan uitroei nie, gaan ons nooit hierdie utopie wat jy hierbo skets, bereik nie.

    • Johann de Waal

      Ek lewer graag my kommentaar laer af. Ek wil net hier noem dat dit geen utopie is wat dr. Roodt hier skep nie. Dit is slegs die begin van ‘n tydlyn wat moontlik tot iets soos ‘n utopie mag lei.
      (Ratel, dankie vir die inligting i.v.m. NAVSFED.)

      • Ratel

        Ek lees jou Johann.

        Hoe gaan ons egter van die verdeling onder ons ontslae raak, want dit kelder dalk nog die tydlyn voordat dit behoorlik uit die spreekwoordelike wegspringblokke gekom het?

        Ons kan doodeenvoudig net nie meer toelaat dat kleinlike opinies en hardkoppigheid die groter doel skade aanrig nie. Dit gaan hier om ‘n volk se oorlewing en nie oor die brose ego’s van individue nie. As elke ou op ‘n egotrip wil gaan, hoekom stig ons hier op Praag nie maar ons eie volkseie sportliggaam, net om ook ‘n punt te bewys nie? Dit sal hulle leer! Dan kan hulle lekker op hulle eie aansukkel. Ons sal ons eie ding doen.

        Hiedie kortsigtigheid irriteer my grensloos.

    • Marthinus

      Huis skoon maak tyd Ratel.

      • Riempies

        Hoogtyd!!

    • Daar is mos nou die SK, oftewel die Strategiese Komitee waar al die organisasies bymekaarkom, een keer per maand. Volgende vergadering vind dié week plaas. As iemand kwessies het wat ons daar kan opper, laat weet my. Maar oor sport, sportsimbole, ens., sal daar beslis een beleid moet kom.

      Wat vir my lekker van NAFSVED is, is dat hulle ‘n hofsaak teen die SA Rugby-unie gewen het om hul Springbok te mag gebruik. Sover ek verstaan, is dit ook as ‘n handelsmerk geregistreer, dus kan die Sprinbok onder die boom oral waar hy wil, gaan pronk!

      • Arnieann

        Is dit al wat ons op hierdie stadium van die werksaamhede van SK mag weet???

      • Ratel

        As NAVSFED tans die hoegrond beklee, en hulle geloofwaardigheid bewys het, dan moet AVS, al is dit skoppend en skreeuend, na die onderhandeltafel toe gesleep word.

        Dan, al die rolspelers op alle gebiede moet bewus gemaak word van die feit dat daar nie meer plek is vir splinterorganisasies nie. As daar dan sambreelorganisasies gestig moet word wat hierdie ander organisasies kan saamsnoer, dan moet dit so wees. Ons moet ten alle koste leiers begin identifiseer en aanstel sodat almal aan die wa kan kan begin trek. Al trek elkeen aan sy eie juk moet almal ten minste net in dieselfde rigting begin trek.

        Ons gebrek aan geloofwaardige leiers is ons grootste ondergang en niks sal tot stand kan kom sonder samehorigheid, of dalk net die afwesigheid van twis, nie.

        Julle moet by die SK aan hierdie kwessie, ASAP, begin aandag gee. Sunette kan nie alles doen nie.

  • des1

    ‘n Pragtige storie of ‘n werklikheid in wording – ek stem vir die laaste. Nie omdat ons wil nie, maar omdat ons kan.

    • Riempies

      “Omdat ons kan” het n knop in my keel veroorsaak en n traan in my oog!

  • Arnieann

    Ons is so besig om te veg, dat ons nie kans kry om hierdie werk te doen nie,.

  • Ta Stienie

    Terwyl die trane loop besef ek hoe volksvreemd hierdie land vir ons geword het

    • Seg

      Nie net volksvreemd nie maar binne in sy moer in my antie.

  • Johann de Waal

    Briljante artikel, dr. Roodt. Dankie vir die moeite.

    Notas:

    * Tikfout: “Teen 1922 word die netwerk van Afrikanerkantonne …” sal eintlik “Teen 2022 word die netwerk van Afrikanerkantonne …” lees.

    Hierdie artikel bevat al die boustene vir ‘n manifes. Daarom bied ek graag die volgende voorstelle. (Moontlik is daar iets wat u of die lesers geval.)

    1. Vanaf die ouderdom van vyf jaar word Afrikaners aan vyf tale blootgestel en mettertyd in hulle volkome, vlot gebruik ingewy. Dit is Afrikaans (eie taal), Duits (vir ekonomiese Europese skakeling), Frans (belangrike taal t.o.v. intl. polisiëring; potensiële bondgenoot in ‘n vrye Quebec), Russies (oorwegend-blanke wêreldmag), en Engels (taal van die opposisie).

    Nog vyf keusetale wat ekstra gedurende die tienerjare bestudeer kan word sluit in Latyns (insl. die studie van klassieke werke in Latyns), Mandaryns (op grond van getalle), Pools (die Pool is die naaste ding aan ‘n Afrikaner wat ek nog in Europa teëgekom het), Portugees (Suid-Amerikaanse state bied soortgelyke demografiese probleme as Suid-Afrika; met Brasilië hebber van die grootste ekonomie binne daardie blok), en Arabies (taal van ‘n wrede, argaïese kultuur uit die steentydperk; hier gaan dit om paraatheid).

    Voetnota: Vergeet van Nederlands. Die huidige bewoners van Nederland kon net sowel ruimtemannetjies gewees het; hulle stap daar tussen die ou geboue en museums rond, soos toeriste, met geen aandeel of skakel aan dit wat daarbinne gehuisves word nie.

    2. ‘n Verbot op georganiseerde godsdiens.

    Daardeur word die toetrede van parasitiese, destruktiewe kerkorganisasies tot die kantonne verbied. Verder sal dié verbot die verspreiding van Islam na die betrokke gebiede verhoed, siende dat Islam nie buite die kollektief kan fungeer nie (d.w.s. buite georganiseerde godsdienspraktyke nie).

    3. T.o.v. belasting

    Een van die volgende:

    A. Buiten BTW op goedere sal geen ander belasting gehef word nie.

    of

    B. Teenwoordigheid van ‘n omvattende belastingstelsel; MAAR: elke burger, vanaf 20 jaar, ontvang ‘n minimuminkomste vanaf die staat tot die dag van sy/haar dood; op huidige geldwaarde sowat R12 000 per maand; ongeag of hy werksaam is of nie, ongeag sosiale klas.

    Keuse B hierbo verseker ‘n kussing m.b.t. riskante beleggings in eie besighede en vergemaklik dus die uitoefening van entrepeneurskap.

    4. Die wettiging van hennep (d.i. “hemp”)

    Daar is twee vorms van marijuana – die een wat gerook word en jou IK drasties inperk, en hennep. Laasgenoemde is maklik om te verbou en lewer alles vanaf brandstof tot papier tot boumateriaal tot materiaal vir klere. Verder is al daardie produkte uiters duursaam. Die hennepgewas is goedkoop en maklik om te verbou. Die potensiaal vir ‘n lonende kontantgewas lê daarin opgesluit en kan boonop steun aan verskeie volkseie industrieë bied.

    5. Vir die IT-sektor

    Bekostigbare, kragtige rekenaars wat nie soos tradisionele persoonlike rekenaars lyk nie. Bestel onderdele op groot maat vanuit die Ooste, vervaardig die eenhede in die kantonne (vir die plaaslike mark sowel as uitvoer).

    Dit is die Sjinese benadering teenoor die IT-sektor. Dit is ‘n model wat ons ook kan volg. Boonop, met die Afrikaner se werksetiek en meganiese vermoëns sal die produkte waarskynlik heelwat duursamer as die Sjinese variante wees.

    Die volgende is my voorgestelde spesifikasies vir so ‘n rekenaar.

    Let wel: Alles hieronder vorm een eenheid. (Sleutelbord en muis is afsonderlik.) Elke onderdeel is reeds op die mark en in groot maat teen bekostigbare pryse vir vervaardiging beskikbaar.

    Ingeboude IPS monitor (resolusie 1280 x 800)
    HDMI aansluiting (vir koppeling aan HD beeldradios en vertoon teen tot 1920 x 1080 resolusie)
    ARM Cortex-A9 MPCore vier-kern CPU (1.8 Ghz)
    ARM Mali 400 MP vier-kern GPU
    Geheue: (tydelik) 2 GB DDR3 RAM
    Geheue: (vas) 32 GB FLASH
    Bedryfstelsel (OS): nuutste weergawe van Android
    Internettoegang deur Wi-Fi, Ethernet en 3G
    Ingeboude 2 megapixel kamera (vir video en foto’s)
    Ingeboude luidsprekers plus klank-uit koppeling
    Aansluitings vir toebehore bv. muis, sleutelbord, hardeskywe, ens. deur USB 3.0 en Bluetooth

    Gebruiker benodig geen muis of sleutelbord nie. Invoere is deur middel van “capacitative touch screen”; asook ingeboude mini-stuurstang en knoppies vir hulle wat dit verkies. (Afsonderlike muis en sleutelbord kan wel deur USB 3.0 of Bluetooth met die rekenaar skakel.)

    Koste van onderdele: Ongeveer R1 250 teen huidige geld- en markwaarde (met in ag geneem dat onderdele op groot maat bestel word).

    Dit het my ‘n handjievol minute geneem om met hierdie stel spesifikasies vorendag te kom (en ek is geen deskundige op die gebied nie). Ander sal waarskynlik beter kan doen.

    • Seg

      Johann waarvan praat jy? Realiteit of fiksie?

      • Ratel

        Fiksie is maar net iets wat nog nie deur hardewerk en innoverende denke ‘n realiteit geword het nie. Dit is in wese dieselfde ding op verskillende stadiums.

        • Seg

          Ratel kom ons wees realisties en gebruik ons energie om oplossings vir die huidige probleem te kop ry en dit op te los. Indien dit behaal is kan mens na sulke tipe van goed en innovasies kyk en op die proef stel. Stel doelwitte en prioriteite en werk daarvolgens. Om rond te spring soos ‘n kat op ‘n warm plaat is nutteloos.

          • Arnieann

            Seg !!
            Teenoor my het jy gebieg dat jy nie ‘n plan het nie.
            Ek wil graag weet of jy Orania steun, en daar sou gaan woon het as dit jou sou pas.
            As jy nie van Orania hou nie, Wat van Kleinfontein?
            Of over geset synde; Hoe moet ‘n plek wees voordat jy daarheen sal verhuis?
            Ns. Ek sal nie op Orania gaan woon nie. Vir die selfde rede dat ek nie in Durban of Putsonderwater sal gaan woon nie.

          • Seg

            Arnie Jy is reg ek het dit nie net voor jou gebieg nie, my vriend, ek het dit hier op die forum al ‘n paar keer geseg en ek seg dit weer. Ek het ook geseg ek is nie ‘n politikus nie en weet baie min van politiek af. Ook geseg dat ek seg wat my gesonde verstand my seg en wat ek dink. Nie ander mense se sienswyse nie. Ook het ek geseg dat daar mense in poste is wat betaal word om die werk te doen. Ek het ook geseg dat ons nie weet waar die Afrikaanse staan nie aangesien ons gewone mense niks hoor nie. Ons weet nie wat om te doen nie.
            Weet nie waarheen my wil vat nie of die doel van jou vraag nie, maar nee ek sal nie in een van die twee plekke op hierdie stadium gaan bly nie ek het my persoonlike redes daarvoor.
            Ek het op hierdie forum nog nie een enkele voorstel gesien van enige forum gebruiker van wat om te doen nie of wat die oplossing is nie.

          • Arnieann

            Ek stem saam Seg. Wie is die persone wat betaal word om ons saak te veg?
            Ek probeer jou nie in ‘n hoek dryf nie, maar slegs om te sien waar ons saam stem en waar nie.
            Daar moet ‘n basis wees waarop die meerderheid saamstaan alvorens planne in plek geplaas kan word.

          • Seg

            Arien ek praat van die politici soos Mulder wat se werk dit is om by hulle beloftes te bly en dit waarvoor hulle daar is doen en dit nie doen nie.
            Jy weet Arnie ons is ‘n paar hier op Praag wat menings lig. Dit is net onmoontlik om uit die paar ‘n mening te kry oor hoe die Afrikaner oor die algemeen voel of dink.

          • Arnieann

            Hoe gaan ons ‘n antwoord uit Mulder wurg???

          • Seg

            Waarvan ek praat. Hoor niks van hom nie. Wat beteken hy? Hoe stem mens so iemand uit? Ons het ‘n voet in die parlement wat niks vir ons beteken nie. Is dit nie die ideale geleentheid om so druk op die regering te sit nie.

          • Arnieann

            Seg ! Ek poog al vir jare om daardie punt deur geforseer te kry.
            Dit help niks. Mulder verseg om hoegenaamd in debat te tree, of om vraë te beantwoord.
            Hy skryf nie eens ‘n artikel wat Praag kan plaas sover ek weet nie.
            Nou wat nou????

          • Seg

            Is daar nie ‘n plek op die FV+ se webwerf waar mens vertoog kan rig nie? Gaan ‘n bietjie kyk. Wat van ‘n petisie teen die man? Vra maar net, want ek het ook nie ‘n oplossing nie.

          • Arnieann

            Jy word eenvoudig morsdood geignoreer op hulle web werf.
            Het al probeer.

          • Riempies

            Arnie die feit van die saak is dat die ANC hoogswaarskynlik deur FW de Klerk en veral Pik Botha en Roelf Meyer geadviseur was om vir Pieter Mulder n adjunk ministerspos aan te bied – hulle het geweet die NP moet vou sodra hulle verraad deur gedring het na die Afrikaners op grondvlak.

            Ek glo dat Pieter Mulder gevang is met n slapriem – maar nogsteeds efektief uitgeskakel as as die enigste deelnemende Afrikaner party. My opinie grond ek daarop dat as Pieter Mulder werklik n verraaier is – hoekom opponeer Solidariteit die VF+ maar werk saam met die DA?
            Pieter Mulder sit vasgevang in n situasie wat hy moes voorsien het maar nie het nie. Wat ek teen Pieter Mulder het is dat hy nie hom losmaak van die Vf+ party nie – dit is wat ek sou gedoen het vir my volk.

          • Arnieann

            Mulder se totale stilswye laat my ook so dink.
            Maak nie saak watter kant toe hy beweeg nie,sy bas gaan brand.

          • Ratel

            Ek sou se dat doelwitte stel en prioriteite uitwerk deel van harde werk en innoverende denke is, Seg.

        • Davel Dick
          • Arnieann

            Kontak my asb.
            arnieann@lantic.net

          • Davel Dick

            Goeie middag vriend.
            Jy het gevra ek moet jou kontak.
            Dick Davel

          • Arnieann

            Dit is korrek Dick. Sal dit waardeer.

          • Ratel

            Dick, middag.

            Ek het die link gevolg, en ek het vinnig twee goed gesien wat interessant lyk.

            Ten eerste, wat is die regering se antwoord op die petisie, en ten tweede, watse slegte nuus het Bettie Langner gehad?

            Sal dit moontlik wees om ‘n bietjie meer lig te werp?

    • Riempies

      Johann baie dankie vir jou insette – dit is waar ons gewone mense ons deel kan doen en jy het uitstekende idees hier beet.

      • Johann de Waal

        Riempies, ek waardeer die gawe woorde.

        Ek kan weens werk en gesinslewe nie gereeld langer insettte op PRAAG plaas nie. Ek lees wel graag wat julle hier te sê het. Dus wil ek ook vir jou bedank – vir die bydraes wat gelewer is en daardie wat nog kom.

  • doring

    Lieflik! Daar is geen verbod op droom nie! En dis heeltemal moontlik, elke punt hier opgehaal!

  • 11petrus2

    Ek het gister na n lang tyd, terwyl ek met die trein deur die appel -en peer boorde van Sint Truiden, Limburg ry, oppad na waar ek tans n nuwe ‘knutselaar’ waardigheid aanleer, n Pragtige Bolandse winterson deur die donker herswolke sien breek. Ook vir Afrikaners en Vriendgenote het daar by Kleinbegin, Suid-Afrika op 10 Oktober 2013 n nuwe oggendson deur donker Afrika wolke gebreek!

    • Riempies

      Marthinus jy het my nou van nuuskierigheid na my Pharos laat gryp – kry niks naasteby so soos “knutselaar” daar nie – wat beteken die woord?

      • 11petrus2

        Self-doener; as tydverdryf dinge maak,

        • Riempies

          Dankie – Dit klink vir my of ek ook al n hele paar jaar daarmee my besig hou 😉

  • petergmurray

    Nou waar is my kommentaar wat ek 1 minuut gelede hier gepos het?

    • Arnieann

      Waar op aaaaarde was jy??
      Lyk my selfs Disqus het geskrik. Hehe.

    • Arnieann

      Het gehoor jy werk hard aan ons saak.
      Wat is besig om te gebeur Peter???

    • gas

      Wat het van jou geword Mnr. Murray?

  • petergmurray

    Ek was ondermeer weg omdat ek ‘n probleem met Disqus gehad het, en dit lyk of die ou probleem weer opgeduik het. Ek het ‘n lang artikel geskryf waaraan ek vanmiddag 1 uur en 50 minute aan gewerk het. Dit is nie hier nie. Waar is dit? Ek sal nie terugkom voordat dit nie hier gepubliseer word nie!

    • Arnieann

      ‘n Paar mense se kommentare het verdwyn, om dan later weer te verskyn.
      Ek hoop regtig jy het daardie skrywe gebêre. “Save”
      Ons moet dit sien.

  • Juan Olivier

    Ek dink nie dis so goeie idee om gebiede wat 90% nie boere is op te naam in die nuwe staat nie. Hulle kan ons dan net maklik uitstem

    • Natuurlik, dis waarom die kantonne so ‘n goeie idee is. Ons neem net die dele waar ons in die meerderheid is. Net soos Midvaal en Potchefstroom tans die enigste dorpe met nie-ANC-burgemeesters buite die Wes-Kaap is. Maar Heidelberg, Roodepoort, Randburg, Bloemfontein, die hele Pretoria, ens., kan almal kantonne word.

      • Arnieann

        Hoe vêr is die proses al gevorder met die opstel van wetgewing.

      • Boerseun.Z.A.R

        Yes,let the DA run themselves under the ANC.

    • Johann de Waal

      Daardie gedagte lei ons tot die volgende vraag: Watter vorm sal die demokrasie in hierdie nuwe staat inneem?

      Dit is belangrik om te let dat sogenaamde demokratiese lande, in die wêreld vandag, steeds nie kan ooreenkom omtrent die betekenis van demokrasie en die toepassing van daardie demokrasie nie. Byvoorbeeld, in die V.S.A. bepaal die stem van 538 kiesers (die “Electoral College”) wie president en adjunk-president word, nie die burgery nie. Noord-Korea is ‘n demokrasie, met slegs een party en slegs een kandidaat. Antieke Griekeland, die geboorteplek van demokrasie (volgens geskiedkundiges), het deur ‘n hele reeks vorms van demokrasie beweeg, om so hulle deugde te toets, insluitende ‘n vorm waar slegs persone ouer as dertig jaar kon stem (en dan ook slegs opgevoede mense).

      Ek sou graag dat dr. Roodt iewat meer oor die rol en vorm van demokrasie in sy voorgestelde landsvorm uitwei.

      • jan

        Slegs Boere./ afrikaners wat sonder alle vreemde arbeid klaarkom mag kwalifiseer vir so ‘n Volksstaat.
        So eenvoudig soos dit.
        Geen stemreg vir diegene met vreemde arbeid.
        .Werkverskaffing aan die wit plakkers is deel van die oplossing van die Afrikaner armoede.
        Maar die afrikaner nedersettings sal verseker nie verbeteringskole en dwelm -rehabilitasiesentras vlugtelingskampe vir kriminele kan wees nie.
        Daar is ‘n balans in hierdie besettingsstrategie.

  • petergmurray

    Ek het nie my skrywe “gebêre” nie, want dit is deel van die kommentare op “Elf jare van nou af….”. Presies net soos wat ek nou hier skryf in hierdie kommentaarkollom. Ek gaan mos nie ‘n afskrif maak en bêre van hierdie kommentaar nie. Blykbaar moes ek eers geregistreer het, en toe kommentaar gelewer het.

    • Arnieann

      Ai tog Peter. Dit sal jammer wees as ons nie jou skrywe kan lees nie.
      Amper twee uur se dinkwerk nou daarmee heen.

    • Kan jy onthou wat jy geskryf het? Ja, dis beter om eers op Disqus in te teken, en dan iets te begin skryf. Maar gewoonlik as ek ‘n langerige kommentaar hier of op Facebook skryf, kopieer ek dit eers ingeval daar iets verkeerd gaan terwyl dit geplaas word. As jy van Google Drive gebruik maak, is dit maklik genoeg om dit net op ‘n nuwe dokument daar te plak, dan stoor dit outomaties aanlyn en selfs al konk jou rekenaar heeltemal in, het jy nog ‘n afskrif.

  • betjie

    Is daar enigsins tans ‘n “veilige” instansie waar die Afrikaner-miljoene behoue kan bly ingeval van ‘n wereldwye finansiele ineenstorting …. enige tyd van nou af of wanneer ookal in die toekoms?

    • Ja, daar is sekerlik maniere. Daar is byvoorbeeld ‘n diens waarmee mens fisieke goud in ‘n Switserse kluis kan koop wat direk aan jou behoort, dus geen kredietblootstelling aan enige bank nie.

      • Edkrause

        Ek wil graag die aandag vestig op die ontstaan en groei van digitale geld. Google Bitcoin, Ontsaglik baie kan oor hierdie onderwerp gese word, maar dit kom in kort daarop neer dat hierdeur die beheer oor jou geld aan die regering ontneem word.

        Wat dit interessant maak is dat Bitcoin nie die enigste digitale geldeenheid hoef te wees nie, maar dat elke groep of land wat mense het met intelligensie en vermoe so iets kan ontwikkel. Dit vat baie breinkrag.

        Toe Bitcoin in die begin 90’s ontstaan het, was dit maar ‘n paar sent/op ‘n dollar werd. Nou kos dit meer as $130 per Bitcoin!!

        Die mense se vertroue is besig om te skuif. Ek sou seer sekerlik kan aanraai om hierdie as deel van totale strategie te sien!

      • Ru

        Dan ekt verneem van `n maatskapy wat edelmetale verkoop, dat mens silwer mag koop van dieselfde maatskapye wat goud en platina aan juweliers voorsien? Ekt altyd gewonder hoekom was die britse geldeenheid aan silwer gekoppel en nie aan goud soos meeste lande nie?

  • Johan van Wyk

    Goeie naand Dr Roodt.

    In jou toekomsvisie het jy verskillende beleidsmaatreëls nodig;

    Beplanningsmaatreëls
    Bestuursmaatreëls
    Produksiemaatreëls
    Die optimale ontwikkeling, benutting en bewaring van natuurlike hulpbronne
    Mannekrag
    Navorsing
    Die ontginning en uitbouing van alle markte
    Stabiliteit onder die Afrikaners
    Verhoogde doeltreffendheid en produktiwiteit
    Gesonde en weerbare landbou ondersteunings aspekte
    Markinligting
    Stabilisasie van pryse en inkomste
    Verbruikersbevordering
    Landboubank – finansiering
    Administratiewe doeltreffendheid
    Wisselkoerse
    Inflasie
    Nood en ramphulpmaatreëls
    Voedselsubsidies

    Die lys gaan nog aan en aan.
    Mens moet ook nie uit gedagte hou die gelate aanvaarding van die persoonlike dilemma waarin die Afrikaner hom bevind nie. Hierin kan ons eers kyk na die Afrikaner se eie handves van menseregte. Hulle regstelsel, kommisies van ondersoeke na menseregte skendings.

    Hierna volg die arrestasie vereistes van die publiek op die ANC hoë’s vir bedrog, korrupsie en moord.

    Baie kan nog geskryf word – maar ek dink dat jy die prentjie sal verstaan.

    Liefde groete

    Johan van Wyk

    • Johann Theron

      Jou poging kan gekontrasteer word met myne – Net om weg te spring het ek afleidings gemaak vanaf basiese Kanton/Kommune internet inligting. Die oorhoofse voorstel vir bespreking aangepas in die SA konteks is as volg:
      1.
      Die plaaslike Kanton benadering moet gesien word as ‘n parallele stelsel tov die reeds bestaande stelsel. Een bestaande voorbeeld wat hierdie motiveer is die “Traditional Leaders”.
      2.
      Daar hoef nie onderskeid gemaak te word tussen stedelike en plaaslike kantonne of kommunes nie. Die gedagte aan ander tipes Kommunes soos ekonomiese of landbou kommunes is ook nie regtig nodig nie. In beginsel kan dit egter gedefinieer word maar dit is baie moeite en die motivering is eerder om heelwat meer tyd te spandeer aan risiko-voorkomings maatreels. Maw as dit risiko verlaag kan spesiale Kommunes gekonstitueer word.
      3.
      Agv die parallele benadering word vir SA slegs 1 Kanton voorgestel met verspreide Kommunes. ‘n Trustgebied basis word hier voorsien as regsteun waar die areas nie uitsluitlik itv individuele eiendomme hoef te wees nie.
      4.
      Selfstandigheidsareas word voorlopig gesien as volg;
      a. Gesondheid
      b. Welsyn
      c. Wetsvoorkoming
      d. Opvoeding
      e. Innovasie
      f. Grootmaatdienste
      g. Omgewingsake
      h. Alternatiewe energiesake

      Mens moet natuurlik so min as moontlik verantwoordelikhede vat. In breë trekke is bg verantwoordelikhede groepeerbaar in gesondheid, sekerheid en stelsels. Die (internasionale) ekonomiese basis is dat indien jy slegs na hierdie 3 groepe kyk, sal jy jou ekonomie met 61% verbeter. Dit sal goed wees om met die plaaslike/oorsese Switserse kulturele attaché(s) te kan gesels. Maar ek sal dit maar los vir die slim ouens.

  • Shannon

    Geagte Dan Roodt,
    graag wil ek net die volgende sê :
    Ummmm, uhh …. kwit nee ! Ek’s nou dronk geslaan. Ek sal eers moet tee maak.

  • Shannon

    Shjoe ! Daar vang u my toe nou onkant. Hier sit ek en voorberei vir nog `n aflewering reaksionêre joernalisme gerig op FW De Klerk of selfs met Mev Zille as teiken en siedaar, u kyk toe sowaar na die horison en adem die toekoms met hoop. En watter wonderlike bietjie bespiegeling is dit nie ! Man ek sit nou sommer en trane afvee.

    Maar wag ! Dottor Roodt, terwyl ek nou so die snot wegvee van my glibberige gesig af en met bewende hande jou skouers vas gryp, moet ek vra – ‘Sal hier `n opvolg wees ?’ Trouens, is hierdie nuwe energie van u op die selfde verdwyn pad as die edel wesens op u edel planeet – toe die Vogons op hulle kom land het ? Of gaan ons van nou af ons self toespits op progressiewe postulasies ?

    Ek weet, dis ondraaglik ! Om vir dae aan een te trek innie letterkunde woestyn sonder om `n sopie antie-F.W. wyn te vat … dis soos om die rug te draai op sigarette. Vasbyt !

    Kom ons maak dit nou waarheid. Ontketen die gesprek !

    PS : Verdomde ingenieurs ! Wat weet hulle nou. Sal hulle ook nie eers nodig hê innie kantonne nie. As of hulle al ooit iets vir die letterkunde beteken het !

    • jan

      Ja Shannon – kuratiewe mediese industrie is nie ontwikkeling nie – dis nie ‘n primêre nywerheid nie – dis hoogstens die ongevalle van industrie / nywerheid. Dis ‘n noodsaaklike sekondêre nywerheid. Die Boere en ingenieurs sorg vir die primêre nywerhede.

      Maar ontwikkeling werk soos kernfisika – wanneer die ‘kritiese massa’ van die energiebron [geestelik maw mense] bereik word dan vind die reaksie [ontwikkeling] plaas. Dit kan splitsing of fusie [beteken atoom of enige bron van energie soos ‘n Gesin/Volk] tot gevolg hê.]

      Sien Shannon selfs jy kan ‘n bydrae lewer deur die geestelike vure aan te blaas of te blus – ongelooflik!

      Jy EN EK is soos die seuntjie wat nie meer Sondagskool toe wil gaan nie omdat die Juffrou net gedurig vertel van die ‘F@*ing plae’

      Laat ek jou vertel dat die kern ‘splitsing’ oorweligend moontlik is en dat fusie omtrent onmoontlk lyk.

      Maar dat daar ‘n ‘meltdown’ sal kom onder die wittes is absoluut seker.

      • Shannon

        Die ‘F@*ing plae’ ! hoe lag ek nou ;

        Duime vas. Ons wag.
        Virrie splitsing.

  • Seg

    Peter is dit nie juis die Afrikaner se ondergang
    nie? Die fyt dat elke Afrikaner beweging sy eie agenda het en op sy ashoop
    koning wil kraai nie? Is dit nie so dat die Afrikaner nie die son wil sien skyn
    op sy mede Afrikaner nie? Die dag wanneer al die Afrikaners saamstaan is die
    dag wanneer daar iets positief sal ontstaan. Waarom al hierdie splinter groepe
    as almal dieselfde doelstellings het.

    • petergmurray

      Ek sien dit nie as splintergroepe nie. Daar is, sover ek weet, slegs 3 “gebiede” op die tafel. Die een in die omgewing van Pretoria en Kleinfontein, die een “iewers in die omgewing van Vryheid”, en die Noord-Kaapopsie.
      DGHT werk nie teen die Orania Beweging nie, ons is deel van die groter Oranjeland-gebied.
      Orania konsentreer op die ryk Afrikaners, en ons probeer om vir die arme verstote Afrikaners binne Oranjeland ‘n alternatief te bied. Ek weet van verskeie mense wat sê dat hulle deur Orania se mense weggewys is.
      Daar is 20 000 verarmde bejaardes in wit plakkerskampe. As die Orania Beweging môre sê dat daardie 20 000 verstotelinge is welkom op Orania, dan is ons pogings nie so dringend nodig nie. Maar ek kan die lesers byna waarborg, hulle sal nie daar welkom wees nie.
      Die dorpie Orania is nie die volkstaat nie. Dis die eerste van verskeie groeipunte. Ek sou graag wou sien dat Orania ‘n sukses moet wees, en miskien ons hoofstad, met eie universiteit word. Maar enigiemand met verstand sal tog besef dat ‘n land nie net uit ryk snobs kan bestaan nie.
      Ons het ‘n Christelike plig om na ons bejaardes en ons armes ook om te sien.
      Ons wil op Prieska met ‘n tehuis vir enkelouers begin; ons wil op Strydenburg met ‘n kiboets begin; ons wil op Hopetown met ‘n ambagskool begin (en miskien ook ‘n onderwyskollege en ‘n verpleegsterskollege). Daar is ruimte (‘n behoefte) aan sulke instellings.
      Oranjeland (of Afrikanerland, of net wat jy dit wil noem) is groot genoeg vir ons almal. Die voorlopige grootte is 100 000 vk/km, maar dit sal van volksgenote self afhang van hoe groot stuk aarde hulle wil beset.
      Ondersteuners van die 2 gebiede in die noorde het hul eie redes waarom hulle daardie dele as hul volkstate wil hê, en ons respekteer dit.
      Ons (die Orania Beweging en De Goede Hoop Trust) het ons redes waarom ons die WESTE verkies.
      Een van die reds is omdat ons VEILIGHEID eerste stel. Een van ons kritici het aan my gesê:”Man, ons is nie bang vir die k4’s nie, ons skiet die hel uit hulle uit!” Toe vra ek vir hom waarom is daar dan al 70 000 blankes vermoor. Die sowat 4,5-miljoen blankes in Suid-Afrika bestaan nie 100% uit “rekkies”, wat hulself met moderne wapentuig kan verdedig nie. Vele blankes (waarskynlik die meerderheid) kan nie hulself verdedig nie. Daar is bejaardes, gestremdes, vrouens, kinders, ensovoorts, wat van ander afhanklik is.
      DGHT wil aan diesulkes ‘n veilige hawe in die Karoo bied.
      Slegs 1% van Suid-Afrika se moorde vind in Oranjeland plaas, terwyl 19,8% van die moorde in Gauteng plaasvind.
      Oranjeland het genoeg onbesoedelde water om 25-miljoen beskaafde Afrikaners van voldoende hoeveelheid skoon drinkwater te voorsien.

      • Trippie Trip

        Kan duidelik sien waarom oud-Praagers u bydraes gemis het !

        PUIK OPSOMMING !

      • petergmurray

        Vir diegene wat graag wil weet wat min-of-meer ons gebied se “buitelyne” is, kom loer hier in.
        Die gebied se fisiese middelpunt is die distrik WILLISTON, maar dit is ook een van die droogste distrikte. Williston se grootste bate is sy gunstige demografie. Ek weet nie wat die syfers vandag is nie, maar ek twyfel of dit veel verskil van 1980 se syfers toe die bruin gemeenskap net sowat 2 200 méér as die blankes was. Daar was toe geen swartes nie, en 100% van alle huishoudings was Afrikaanssprekend.
        Orania is, uit die aard van die saak, ook 100% Afrikaans, maar is ‘n dorp en nie ‘n distrik nie. Orania kan op die oomblik as die “volkstaat” se middelpunt beskou word, omdat die dorp al min-of-meer deur al die groeipyne van ‘n nuwe dorp gegaan het. Daar is 2 skole, wat genoeg wedywering aan mekaar bied, maar Orania kort ‘n universiteit om die siklus te voltooi.
        Hopetown kan, as 2de groeipunt, Oranjeland se nywerheidshoofstad word, en Orania die “akademiese” hoofstad. Altwee lê teenaan die Oranjerivier, wat van die sogenaamde “waterprobleem” ‘n klug maak. ‘n Bietjie verder stroomop lê die dorpie Vanderkloof, wat ook groot moontlikhede bied.
        Afhangende van presies waar voornemende volkstaters hul kleims gaan afsteek, sal Vanderkloofdam waarskynlik die vryheidsgebied se een hoekbaken (die Suidoosbaken) vorm. Dit kan wees dat die dorpies Petrusville en Philippstown ingesluit gaan word, maar hulle kan ook buite die grens val. Dit is vir besetters self om te besluit.
        Iewers naby die punt waar die Vaalrivier by die Oranjerivier aansluit, in die omgewing van Douglas, sal die Noordoosbaken wees.
        Die wesgrens is, uit die aard van die saak, die see (Atlantiese Oseaan), maar die 2 hoekbakens is debatteerbaar. Die dorpie Kleinsee is tans te koop. Dit sou ideaal gewees het om dit in ‘n diepseehawe te ontwikkel, maar aangesien dit so naby aan die dorp Springbok lê, en aangesien die Xhoi en die San reeds aanspraak op dele van Noord-Kaap se noordelike helfte het, sou dit net billik wees om aan hulle die hawens van Alexanderbaai, Port Nolloth, Mc Dougallsbaai en Kleinsee te gee. As ons alles vir onsself vat, kan hulle, die ANC en die internasionale gemeenskap dalk vir ons groot probleme gee.
        As alternatief vir Kleinsee kan Hondeklipbaai ‘n goeie alternatief wees. Dit sal dan ons Noordwesbaken wees. Die Suidwesbaken is ook oop vir bespreking, maar sal waarskynlik Elandsbaai wees.
        As mens dan genoemde 4 bakens met reguitlyne met mekaar verbind, het jy min-of-meer die buitelyne van Oranjeland.
        Aangesien daar 3 distrikte binne die gebied val wat tans nog deel van die provinsie Wes-Kaap is, kan dit dalk ook vir probleme sorg. ‘n Mens weet nie of Wes-Kaap daardie distrikte – Clanwilliam, Vredendal en Vanrhynsdorp – sommer maklik sal afstaan nie, maar soos ek voorheen genoem het, niks verhoed volksgenote om hulle in enige distrik in Suid-Afrika te vestig nie. Dis net dat daardie 3 distrikte dalk nie deel van ‘n vryheidsgebied in die Sentraal-Karoo kan word nie.

        • petergmurray

          Benewens die feit dat ons VEILIGHEID eerste stel, heg ons ook groot waarde aan KONTAK met die buitewêreld.
          ‘n Gebied in die binneland sal, uiteraard, slegs per vliegtuig met die buitewêreld verbind wees. Padvervoer en treinvervoer sal sy beperkings hê in tye van onrus en oorlog, daarom sal ons gebied, met sy lang kuslyn, ‘n voorsprong op ‘n gebied in die binneland hê.
          As mens Kleinsee buiterekening laat, is daar nog Hondeklipbaai; Groenriviersmond; Papendorp; Strandfontein; Doringbaai; Lambertsbaai; en Elandsbaai wat vir ontwikkeling oorweeg kan word. Verdere navorsing sal nodig wees om te bepaal of daar dalk ander plekke is – waar daar tans nog geen mense woon en infrastruktuur bestaan nie – wat ook in ‘n diepseehawe ontwikkel kan word.
          Niemand kan in die toekoms sien nie, maar ‘n mens weet nooit of ons dalk die hulp van ons stamlande gaan nodig kry (of dalk omgekeerd) nie. Die Atlantiese Oseaan sal ons dan met lande soos Spanje; Portugal; Frankryk; België; Nederland; en Duitsland verbind. Ook van ons vriende wat ook na onafhanklikheid smag – Catalonië; Baskeland; Vlaandere; en Skotland; sal dan maklik bereikbaar wees.
          ‘n Internasionale Lughawe kan op Orania gebou word, en sekondêre lughawens op Hopetown, Prieska, Carnarvon, Calvinia, Lambertsbaai, en Kamieskroon.
          Ek is ook ‘n voorstander van die vervanging van die huidige smalspoornetwerk met dié van ‘n stelsel wat gelyk is aan Europa se breë spore. Ek het die voordele daarvan gesien toe ek in 2006 van Amsterdam na Parys met die Thalys teen 300 km/h gereis het.

          • Sakkie

            Pragtig! Kan nie wag om die Groot Trek II na die Suide mee te maak nie!

          • petergmurray

            Ek persoonlik, dink dat die “Groot Trek” na die Suide en na die Weste veel groter en veer eerder sou gewees het, as dit nie vir die skaarste aan kontant was nie.
            Gelukkig en ongelukkig het ons (wat van Wes-Europese afkoms is) nie die mentaliteit van die Xhosas nie. Ek het in die sewentiger jare in die Boland gewoon, en vroeg in die tagtigerjare in Kaapstad self. Die getal Xhosas in die Skiereiland was op 150 000 geskat. Toe loop bou die Nasionale Party-regering ‘n reuse stad – Khayelitsha – vir die swartes op die Kaapse Vlaktes. ‘n Vriend wat eers by Departement Behuising en later vir Departement Arbeid gewerk het, het vir my gesê dat hulle opdrag “van bo” ontvang het om voorsiening te maak vir gemiddeld 330 huisgesinne per dag uit die Transkei. Ek self het daardie rooi busse uit die Oos-Kaap gesien wat op die N1 en die N2 in Kaapstad se rigting gery het, elke keer as ek oor naweke in ‘n oostelike rigting gery het.
            Ek ken nie die jongste syfers nie, maar daar moet seker nou al miljoene Xhosas wees wat in die provinsie Wes-Kaap woon.
            Wanneer ons, wat beskaafde mense is, na ‘n oorsese land gaan, moet jy heel eerste vir jou ‘n goeie werk kry in daardie vreemde land. Daarna gaan jy na die ambassade of konsulaat en doen aansoek om ‘n werkspermit en ‘n verblyfspermit. Nadat jy hierdie 2 dokumente in jou hande ontvang het, doen jy aansoek om ‘n huis of losies by jou nuwe werkgewer. Eers wanneer al hierdie dokumente in orde is, en as jou land se polisie en Departement Binnelandse Sake toestemming gegee het dat jy ‘n skoon kriminele rekord het, en dat jy jou land mag verlaat, kan jy op die vliegtuig of skip gaan klim waarmee jy emigreer.
            (Toegegee; om na ‘n vreemde land te emigreer, en om net van een deel van jou geboorteland na ‘n ander deel te trek, is twee verskillende dinge, maar die beginsel van GOEIE BEPLANNING geld nog steeds).
            Ek het ‘n tyd lank by ‘n firma in Windhoek gewerk wat losies en behuising in Windhoek gereël het. Eendag kry ons berig van mense uit die Rand (Oos- of Wes-Rand, kan nie meer onthou nie) wat dringend ‘n huis in Windhoek soek. Die verkeerspolisie het kom kla dat die personeel van ‘n meubelvervoervragmotor besig is om meubels op die stoep van die hoofposkantoor in Windhoek af te laai. Hulle sê toe hulle is al 2 dae in Windhoek, en niemand kan vir hulle sê by watter huis om dit af te laai nie. Die eienaars sit in die woonwapark waar hulle in hul motor geslaap het, want hulle kry nie ‘n huis in Windhoek om te huur nie.
            Hierdie verhaaltjie is nou maar net ‘n bewys van wat KAN gebeur as blankes nie hul huiswerk doen nie. Daardie gesin uit Gauteng het gedink hulle kan maar net ry, sonder om eers ‘n blyplek in Namibië te gaan soek, en hulle het geen adres aan die meubelvervoerders gegee nie.
            In die geval van die swartes in die Skiereiland; as jou vel swart is, is beplanning nie nodig nie. Jy klim eenvoudig op ‘n reeds oorvol bus, jou bagasie word op die reeds oorvol dak van die bus gelaai, en bo-op die bagasie laai jy jou hoenderhok. Die busbestuurder ken nie sy padreëls nie, en weet nie dat brugge se standaard-hoogte 4,3 meter is, en dat ‘n vrag nie hoër as 4,1 meter mag wees nie.
            Nou word daar gery tot by ‘n oop stuk grond langs die N-7 in Milnerton, en die nuwe Kapenaars uit Transkei word net daar afgelaai. Hulle slaap sommer net daar vir die nag. Die volgende dag soek hulle “bou-materiaal”. Enigiets om hul skuiling mee te bou. Of dit nou wettig of onwettig is, hulle steel sinkplate, hout, planke, plastieksakke, en enigiets wat hulle kan kry. Nou is die gesin honger. Hulle sluip in die nag rond en steel enigiets waarmee hulle kos kan koop. Na ‘n week of meer ontdek die polisie hulle daar, en na gesprekke met die owerhede word hulle in hop-huise geplaas. Intussen is daar duisende bruinmense, afstammelinge van die Xhoi, wat al 20 000 jaar in die Wes-Kaap rond swerf en in skuilings teen tafelberg gewoon het, wat nie vir Hop-huise “kwalifiseer” nie.
            * Dit, is die verskil tussen wit en swart, tussen beskawing en barbarisme. Ons mense, volksgenote wat in begunstige posisies is, moet probeer om die minder gegoede volksgenote te help om te trek. Moses het aan Farao gesê:”Laat my volk trek!” Nou wil ek aan die ryk en die bevoorregte volksgenote sê:”Laat my volk trek!”
            Ons wil nie dat ons mense soos die Xhosas Kaap toe trek nie. Nee, ons wil soos beskaafde mense trek. Johannesburg was tot onlangs die wêreld se “gevaarlikste” stad. Nou het Kaapstad Johannesburg van daardie eretitel beroof. Saam met Mitchellsplein, daardie reuse bruin woonbuurt van Kaapstad, wat al dekades lank met bendegeweld geteister word, is die Kaap se swart woonbuurtes – oud en nuut – nou die wêreld se gevaarlikste gebiede.
            Diegene wat nog nie weet nie, hier is die name van gebiede wat besoekers soos die pes moet vermy: Khayelitsha; Mitchellsplein; Guguletu; Nyanga; Kruispad; Manenberg; Bonteheuwel; Langa; Bishop Lavis; Bridge Town; en Athlone….om maar net die ergstes te noem.
            Ironies genoeg, dis net die gebiede om Kaapstad wat gevaarlik is. As jy 50 km weg van die stadkern is, gaan dit sommer heelwat beter. Die buurdorpe soos Melkbosstrand; Malmesbury; Paarl; Stellenbosch; en Somerset-Wes; is heel mak. Maar onthou, daar waar liberale Afrikaners woon, mense wat nie selfwerksaam is nie, en die swartes van kos en werk en blyplek voorsien, daar sal misdaad ook dienooreenkomstig styg.
            Daar is nog baie plekkies op die platteland waar volksgenote uit die noorde kan gaan woon, maar huise is peperduur. En dit is waaroor ek in hierdie bydrae wil skryf. Huispryse in die Kaap is hemelhoog. Binne 100km van die Kaapstadse internasionale lughawe sal mens nie maklik ‘n huis onder R1-miljoen kry nie. Ek vind dit ‘n groot jammerte, want ons volk van 3-miljoen mense bestaan uit meer as 1-miljoen verarmde mense, wat nie sulke duur huise kan bekostig nie.
            Die alternatief is om van die GERIEWE weg te bly. Trek na die Suid-Kaap of na die Noord-Kaap, waar daar minder Xhosas is, maar waar daar veel minder geriewe is.
            In die George-Mosselbaai-omgewing is dit heel anders, want daar is ‘n groot lughawe, ‘n seehawe, en alle geriewe waaraan mens maar kan dink, maar vir iemand soos ek, wat as kind dikwels daar gekom het, is dit skokkend om te sien hoeveel swart werknemers die oud-Transvalers vir hulle aangeskaf het. Op een ou (hy moet seker ‘n Kapenaar wees) se hekkie is daar ‘n kennisgewing:”Valies, julle is baie welkom, hou net jul ousies in Transvaal.”
            Aan die Weskus is die lewe veel meer primitief, en volksgenote van elders sal vir ‘n tyd lank ‘n pionierslewe moet voer, maar in ruil daarvoor is daar minder swartes. En as jy GEEN swartes om jou wil sien nie, trek dan Karoo toe!!!
            * Die punt wat ek wou maak, is dat volksgenote mekaar moet help, sodat meer mense na die weste en na die suide kan trek. Ons soek veral mense wat in die gebied wil belê, maar ons is ook grootliks van skenkers afhanklik. Dit gaan nie hier oor “handouts” nie, maar ons wil infrastruktuur skep vir wanneer die bom bars, en duisende volksgenote – soos die Xhosas – sonder beplanning, die pad gaan vat en na die weste en die suide gaan vlug.
            Help ons om die infrastruktuur langs die Oranjerivier en miskien ook langs die Olifantsrivier vir vlugtelinge te skep. Ons voorsien dat tentedorpe orals gaan opskiet. Prieska en Hopetown se mense het hulle al geestelik voorberei vir sulke toestande, maar dié twee dorpe gaan te min wees. Tente, woonwaens, opslaanhuisies, en ander vorms van tydelike verblyf, sal nodig wees.
            ** Ek sien al hoe sekere lesers van Praag vir my lag, en vir my sê ek is ‘n bangbroek, maar ek glo aan beplanning. Ek wil nie dat 1-miljoen volksgenote op Windhoek se poskantoorstoep moet gaan plak nie.

  • jan

    Dankie Dan vir die nuwe rigting – alles is moontlik wat jy skryf en nog veel meer.
    En die feit dat daar so baie veskillende pogings is is wonnerlik.
    Soos die Iere sê: “Liefie jys lelik maar jys MYNE!!”

  • Dieannerou

    Dit is al lankal my persepsie dat selfbeskikking spontaan sal gebeur. Een van die belangrikste take wat ons agterwee laat is om ons mense in te lig oor wat selfbeskikking is en wat dit vir hulle kan beteken. Daar word nou aan wetgewing gewerk rondom selfbeskikking maar Orania en Kleinfontein bestaan al jare en brei uit so kom die vraag nou by my op het ons wetgewing nodig om oor onself te kan regeer? Moet ons nie eerstens ons mense sover kry om die konsep aan te neem nie, sal wetgewing dan nog nodig wees indien almal besef dis die antwoord op ons probleem?

    • Shannon

      Let nou nou op hoe die akademe en die anner herbivore jou aan staar met glaserige oë … voor hulle afduik en voort neuk met gras slurp.
      Iemand het hulle vertel dat hulle – nes Piet Retief – grond toegestaan sal word, nou glo ons almal dit.

      Wat ek wil weet is, wie die eerste een gaan wees wie opstaan en Madem vertel dat sy nie `n slafin mag aanhou in ons gesuiwerde Kanton nie.

      • Johann Theron

        Hallo Shannon – Kantonne is slegs vir slawe bedoel – nie vir elite nie.

  • Johann Theron

    Jou poging kan gekontrasteer word met myne – Net om weg te spring het ek afleidings gemaak vanaf basiese Kanton/Kommune internet inligting. Die oorhoofse voorstel vir bespreking aangepas in die SA konteks is as volg:
    1.
    Die plaaslike Kanton benadering moet gesien word as ‘n parallele stelsel tov die reeds bestaande stelsel. Een bestaande voorbeeld wat hierdie motiveer is die “Traditional Leaders”.
    2.
    Daar hoef nie onderskeid gemaak te word tussen stedelike en plaaslike kantonne of kommunes nie. Die gedagte aan ander tipes Kommunes soos ekonomiese of landbou kommunes is ook nie regtig nodig nie. In beginsel kan dit egter gedefinieer word maar dit is baie moeite en die motivering is eerder om heelwat meer tyd te spandeer aan risiko-voorkomings maatreels. Maw as dit risiko verlaag kan spesiale Kommunes gekonstitueer word.
    3.
    Agv die parallele benadering word vir SA slegs 1 Kanton voorgestel met verspreide Kommunes. ‘n Trustgebied basis word hier voorsien as regsteun waar die areas nie uitsluitlik itv individuele eiendomme hoef te wees nie.
    4.
    Selfstandigheidsareas word voorlopig gesien as volg;
    a. Gesondheid
    b. Welsyn
    c. Wetsvoorkoming
    d. Opvoeding
    e. Innovasie
    f. Grootmaatdienste
    g. Omgewingsake
    h. Alternatiewe energiesake

    Mens moet natuurlik so min as moontlik verantwoordelikhede vat. In breë trekke is bg verantwoordelikhede groepeerbaar in gesondheid, sekerheid en stelsels. Die (internasionale) ekonomiese basis is dat indien jy slegs na hierdie 3 groepe kyk, sal jy jou ekonomie met 61% verbeter. Dit sal goed wees om met die plaaslike/oorsese Switserse kulturele attaché(s) te kan gesels. Maar ek sal dit maar los vir die slim ouens.

  • Johann Theron

    Hier is afleidings gemaak vanaf basiese Kanton/Kommune internet inligting. Die oorhoofse voorstel vir bespreking aangepas in die SA konteks is as volg:
    1.
    Die plaaslike Kanton benadering moet gesien word as ‘n parallele stelsel tov die reeds bestaande stelsel. Een bestaande voorbeeld wat hierdie motiveer is die “Traditional Leaders”.
    2.
    Daar hoef nie onderskeid gemaak te word tussen stedelike en plaaslike kantonne of kommunes nie. Die gedagte aan ander tipes Kommunes soos ekonomiese of landbou kommunes is ook nie regtig nodig nie. In beginsel kan dit egter gedefinieer word maar dit is baie moeite en die motivering is eerder om heelwat meer tyd te spandeer aan risiko-voorkomings maatreels. Maw as dit risiko verlaag kan spesiale Kommunes gekonstitueer word.
    3.
    Agv die parallele benadering word vir SA slegs 1 Kanton voorgestel met verspreide Kommunes. ‘n Trustgebied basis word hier voorsien as regsteun waar die areas nie uitsluitlik itv individuele eiendomme hoef te wees nie.
    4.
    Selfstandigheidsareas word voorlopig gesien as volg;
    a. Gesondheid
    b. Welsyn
    c. Wetsvoorkoming
    d. Opvoeding
    e. Innovasie
    f. Grootmaatdienste
    g. Omgewingsake
    h. Alternatiewe energiesake

    Mens moet natuurlik so min as moontlik verantwoordelikhede vat. In breë trekke is bg verantwoordelikhede groepeerbaar in gesondheid, sekerheid en stelsels. Die (internasionale) ekonomiese basis is dat indien jy slegs na hierdie 3 groepe kyk, sal jy jou ekonomie met 61% verbeter. Dit sal goed wees om met die plaaslike/oorsese Switserse kulturele attaché(s) te kan gesels. Maar ek sal dit maar los vir die slim ouens.

    • Shannon

      Ek het pesoonlik `n idee wat met joune oorfleuel – ek het voorgestel `n oorhoofse beheer liggaam wat op `n nasionale basis die departemente van sekerheid, welsyn, kuns + kultuur en inovasie bestuur op so `n manier dat die een dept. die ander voer.
      Solank alle geld na die buite land gekanaliseer word om kompiterende rente te verdien en solank jou betrokke gebiede genoegsaam finansiëel onafhanklik bly kan dit basies die plaaslike regering word wat die omliggende metropole mettertyd insluk.
      Maar ek sê weer, geen onafhanklikheid van enige mate sal bereik word solank die deelnemers nie plegtig sweer om hulle eie tonge uit te ruk indien hulle betrap word met vreemde aarbeid nie. Ek hoor al reeds hoe praat die stommerike reeds weer van lokasies net so klip gooi buite hul kantonne.

      • AntiLies

        GEEN LOKASIES of massas volksvreemdes in die Nuwe Afrikaner land nie. Die wat daar werk sal streng veroordeel word eers.

        • Shannon

          “veroordeel word”
          deur wie ? Jy ?

          Julle Boere kannie sonder julle bediendes klaar kom nie Antie. Die kiem is in julle bloed.

          • AntiLies

            wat bedoel jy ‘julle Boere’?

  • Jacques le Roux

    Pragtige verhaal. Ek kry ‘n knop in my keel, en ‘n traan in die oog.

    Is dit ooit moontlik. Ja, maklik. Baie sal val daarvoor.

    Die slot paragraaf moet net lees:

    En die bestuur van die Koöperatiewe Spaarvereniging, mnre Swart, Botha, Van Rensburg en Deventer vlug China toe met almal se geld.

  • kyk.fyn

    Tien jaar te vroeg. Die groot meerderheid van die afrikaner volk sal eers ordentlik keelvol wees wanneer elke iedere een die slagoffer van gewelds misdaad en regstellende aksie was. Dit sal nog so ‘n rukkie vat daarvoor.

  • Pasop

    Om in die toekoms in te kyk is alleen moontlik vir ons Almagtige Hemelse Vader. Dat Hy soms so ‘n klein bietjie van Sy groot plan met die klein besmette mensdom deel is wel waar. Die wat sulke boodskappe ontvang, word profete genoem, en die Bybel is propvol van hulle boodskappe, waarvan groot gedeeltes reeds waar geword het. Maar net een klein waarskuwinkie: wanneer jy jouself profeet noem terwyl jy nie die boodskap direk van God ontvang het nie, dan loop jy op dun ys. Dan Roodt, ek hoop van harte dat jy waarlik jouself tot die Here Jesus Christus bekeer het, want as jy nie het nie, gaan jy die paar oorgeblewe getroue Afrikaners van die wal af in die sloot in help.

  • Tammy Cox

    Dit is wonderlik, ek het sommer nou weer moed. Dit kan werk!

  • AntiLies

    Maggies, omtrent ‘n lekker lees. My gunsteling reëltjie is natuurlik ou zille wat dit tussen die oë kry.

    Nouja, ons plan is vir ons voorgelê, so nou kan ons daaraan begin werk, mense.

    Eerste op die lys: kry ons geld uit die ANC se hande uit en in koöperatiewe spaarverenigings in.

    Waar begin ons?

  • BOERIE

    Dis baie idealisties, maar ek dink daar gaan nog baie bloed vloei voor ons selfbeskikking bereik. Hier moet ons in gedagte hou die nuwe linkse beweging of liewer net nog ‘n herhaling van ou ANC se radikale elemente, met die EFF wat die ANC se mag gaan verdeel of laat taan. Daarmee saam toenemende onrus in 2014 verkiesing wat volgens my mening eskaleer in 2015. Dit kan tot gevolg hê ‘n burgeroorlog meestal tussen Malema en Zuma(as hy nog daar is), die totale insinking van die ekonomie lei ook dat swartes meer wit grond beset, plundering inkluis van plase. Hierby plaasmoorde eskaleer, wittes kan ook uitbeweeg, vlug uit stede want arm swartes stroom in gebiede waar wittes oorwegend gebly het. Wit vlugtelinge soek dan elders heenkome tot in die Karoo. As jy verstaan wat ek met smeltkroes bedoel van die Afrikaner, is hierdie die finale aanslag teen wittes en Afrikaners-die wat oorgee -daar gaan seker baie wees soos nou gaan hulle by die nuwe SA hetsy dit ‘n meer militante swart regime is of hensoppers onder ‘n Swart, Engelse- jingo DA regering met swart leiers (minder moontlik) skaar. Die minderheid sal bymekaar kom en “veg” hetsy met wapens en/of ekonomies met beskikbare middele. Voor ons weer vryheid bereik gaan baie dinge gebeur, die ergste-indien dit nie alreeds erg is nie, lê nog voor vir die Afrikaner. Soos genoem kan hulp vanuit die buiteland ons baie help. Orania en Kleinfontein gaan wel baie groei maar of hul hierdie omstandighede gaan weerstaan gaan net tyd leer. Kantonne sal eers kan ontstaan as die ekonomiese en politieke situasie stabiliseer. Soos dit nou lyk gaan dit juis nie. Ons kan nie ‘n alternatiewe ekonomie skep solank die Rand swak is nie.

    • AntiLies

      ons hoef nie te wag vir bloedvergieting om die eerste stap te neem nie: kry Afrikaner geld uit die banke uit en sit dit in koöperatiewe spaarverenigings in. Geld is ons redding, en ons moet dit beskerm voor dit te laat is.
      as alles ware Afrikaners hul geld so herbelê en sodoende beskikbaar te stel aan Afrikaner welsyn en projekte kan ons binne 10 jaar heeltemal op ons eie bene staan, onafhanklik.
      En wanneer daai dag aanbreek sal ons die afrika-spel speel: die ou wat die sterkste is, is baas… finish en klaar. Dan sal ons die ANC met sy bedelbakke by die Afrikaner hekke wegwys, met geweld as ons dan moet.