Steve en Julius in hegtenis geneem vir spoed

Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr

Die gewildste Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyer ook Donderdagaand op die N4 naby Bronkhortspruit in hegtenis geneem.

Hofmeyr verskyn Maandag in die Bronkhorstspruit landdroshof nadat hy na bewering 169 kilometer per uur gery het.

Hy is op borgtog van R500 vrygelaat.

Hofmeyer was laat vir sy konsert by die Forever Resort Badplaas. Ná die spoedlokval wat gelei het tot sy inhegtenisname, het die konsert veel later begin.

In ‘n soortgelyke voorval is die leier van die EFF (Ekonomiese Vryheidsvegters) Julius Malema, ook vir spoed in hegtenis geneem.

Malema sal in die Vanderbijlparkse landdroshof verskyn nadat hy Donderdagaand vir ‘n spoedoortreding gevang is.

Malema het glo teen 215 kilometer per uur gery op die N1 in die Vaalgebied.

Hy was op pad na die swart woonbuurt Alexandra, in Johannesburg, om plakkers te gaan toespreek.

Hofmeyr en Malema sal benewens die spoedoortredings albei ook glo aangekla word van roekelose en nalatige bestuur.

7 thoughts on “Steve en Julius in hegtenis geneem vir spoed”

  1. Sou dit nie lekker wees indien hulle ou Julias sommer net daar vergeet nie !

    Ten minste het Steve erken hy het fouteer, was nalatig en onverantwoordelik.

    NIETEMIN, met hierdie boodskap aan Julius verdien Steve ‘n groot THUMBS UP !
    “Hier is plek vir net een tronkvoël in hierdie tronksel, Julius. Skuif op vetgat.”

    Julius mag straks nog apartheid die skuld gee vir sy roekelose en nalatige “bestuursvernuf” !

Maak 'n opvolg-bydrae